| |
Hoofdstuk VI.
Dit was 'n lieflike oggend. Di onweer was oer, en Oom Jan staat vroliker op as hy in lange tyd gedaan het. Geldduiwel het syn sin gekry en di gewete was stil gemaak. Di eerste wat hy doet was na di spruit te gaan kyk.
Di gesig van di spruit lat Oom Jan syn opgeruimdheid bedaar. Hy trek 'n skewe gesig. Di spruit was sterk.
‘Dit is fout,’ seg di ou, ‘hoe kom ons deur?’
Daar is seker niks in di wereld wat 'n mens syn geduld meer op di proef stel as 'n volle spruit of rivier, of as 'n mens op reis is ni, en Oom Jan had mar min geduld. Hy loop op di wal
| |
| |
heen en weer, om te sien of di water ni sak ni mar dit lyk eer of di spruit groei.
Di ander mense was oek opgestaan, en toen hulle Oom Jan by di drif siet gaat hulle na hom toe. Ider een geef syn opinie, di een seg, ‘'n Mens kan deur,’ di ander seg, ‘Ne.’
‘Dit lyk ni mooi ni, Oom Jan!’ seg Morris, ‘Ons kom van morre ni deur, ten minste ni met di kar ni.’
‘Ken je di drif,’ was di antwoord.
‘So effentjies, mar ni heel goed ni, di spruit lyk sterk.’
‘Wel, ons kan 'n paar uur wag.’
‘Ek weet ni,’ seg Morris, ‘di spruit groei nog stadig. Hoor, dit is spytig.’
‘Stuur 'n Kaffer deur met 'n brief, Morris,’ seg Oom Jan na enige ogenblikke.
‘Dit sal ni gaan ni, mar ek denk om self te perd deur te ry. Geef myn mar 'n prokurasie. Te perd sal ek wel deur kom.’
‘Waar 'n perd kan deur, kan 'n kar oek deur. Ek ge gen prokurasie ni.’
‘Oom vertrou oek nimand ni; ek seg mar di spruit is sterker as Oom denk.’
Met andag beskou di ou di water. ‘Kom, Morris! lat mar 'n man voor ry, wat di drif ken, dan sal dit wel gaan.’
Morris kyk na di water, di spruit was mar lelik.
| |
| |
‘Soos oom wil,’ seg hy op laas, ‘myn perde is goed en water gewend. Kan oom swem?’
‘Seker beter as jy,’ was di antwoord, want oom Jan begin al ordentelik warm te worde.
‘Kom, Gerrit, vat tog 'n perd en help ons deur, kerl!’ seg Morris; mar eer Gerrit kon antwoord seg oom Jan: ‘Lat Witbooi liwer deurlei. Hy woon hier en ken di drif. Gerrit sal ons lat verongeluk.’
‘Hoor, oom! jy is tog 'n dwarskop,’ seg Morris wat kwaad werd, ‘ken jy di drif, Witbooi?’
Ja, seur! as basi myn net een shilling ge, dan sal ik deurlei.
‘Mar ik wou tog liver dat jy dit doet, Gerrit!’ seg Morris
Oom Jan vertrou myn nie. Hy denk dat ik hom sal lat verongeluk,’ antwoord Gerrit, lat hom nou sien, dat hy klaar kom.
Oom Jan en Morris gaat toen inspan terwyl Witbooi 'n perd opsaal. Oom Jan neem syn bondeltje klere uit di kar kissi en set dit op di banki, mar eers neem hy daar 'n rolletji uit, wat baing na banknote lyk. Di rolletje steek hy in syn binne baatjisak.
As oom iets van waarde het moet oom dit liwers hier lat bly,’ seg Morris, wat dit gesien het.
Oom Jan skrik ‘Dit is mar papiertjies.’
Di Hottentots span di perde in, Gerrit bly by di drif, en di nuwsgierigheid had ook Annie daar gebring.
| |
| |
‘Is di spruit gevaarlik,’ vra sy.
Ja, seker, as ek ten minste myn suster haar plaas, so op myn gewete het ry ek van dag ni in ni,’ antwoord Gerrit.
‘Foei tog, Gerrit! hoe kan jy tog so praat, jy moet jou liwer mar klaar hou om te help.’
‘Wees mar ni bang, dat ek jou liwe oom sal lat verdrink ni; daar kom hy al. Hou jou mar klaar, Klaas! en Jafta, van dag kan julle swem as di buggy, di groot klip an di hot kant kry dan gaat dit. Trek mar gerus julle skoene uit.
Klaas en Jafta doet soos geseg was, en Gerrit volg hulle voorbeeld.
Daar kom oom Jan. Witbooi reg voor. Morris het di leisels en oom Jan di sjambok. By di drif hou hulle stil. ‘Di spruit lyk miserawel van dag,’ seg Morris, ‘sal ons mar ni liwer omdraai ni?’
‘As jy bang is geef myn mar di leisels,’ was di antwoord.
Morris had gelyk. Di spruit lyk ni mooi ni. Omtrent tien tre onderkant di drif was 'n klein watervalletji en omtrent dertig tre la'er af een wat groter is met lelike grote klippe. Di spruit was sterk.
‘Pas op!’ skre Gerrit, ‘ho'er op, Witbooi! pas op ver di klip, an di hot kant.’
‘Ry in, Witbooi;’ roep Morris en di jong ry in. Di buggy volg. Di eerste vyf tre gaat dit goed, mar di
| |
| |
stroom was te sterk, di perde moes swem.
‘Slaat oom!’ skre Morris, ‘trek Nelson! trek England!’
Di perde doet hulle bes, mar dit help ni. Di stroom sleep hulle me. Eers gaat Witbooi met perd en al onderste bo. Toen kry di wiel di klip an di hotkant, di buggy val om en en dryf met perde en al stroom af.
‘Help, Gerrit! help di mense,’ gil Annie.
Gerrit was al in di water. Met syn mes tussen, di tande swem hy;’ Klaas en Jafta volg hom.
Di twe in di kar was gelukkig uitgeval. Morris, wat 'n flukse Afrikaner was, was al besig om in di swem di tuige los te sny, om op di manier perde te redde. Oom Jan had hy glad en al vergeet.
Gerrit vergeeet oom Jan ni, mar swem na hom toe. Met kragtige hand gryp hy hom by di kraag van syn baatje, en hou syn kop di water.
Dit sou alles goed gegaan het, mar ongelukkig was di batji baing oud en toen Gerrit oom Jan na di wal sleep, skeur di batje van agter middel deur
Help Klaas! skre Gerrit. Oom Jan spartel dat dit 'n aard het, en Gerrit gryp hem nou by di arm en sleep di ou na di wal. Hy let daar ni op dat di een helfte van di batje uitval en stroom afdrywe ni.
Net soos oom Jan grond kry werd hy reg. Di eerste, waarna hy kyk was na syn baatje.
| |
| |
‘Waar is myn halwe baatje!’ gil [h]y ernstig.
‘Dit gaat see toe, ou baas!’ riep Klaas.
‘Myn batje! myn geld, myn geld!’ gil di ou. ‘Daar is banknote in, baing geld. Ek is dood arm as ek dit nie weer kry ni.’
Nimand hoor hom ni. Gerrit en Klaas was weer ingegaan om Morris te help.
Oom Jan klim nou haastig di wal uit. Di stuk van di batje was by di waterval te'en 'n klip vas gedrywe. Met vonkelende oge siet oom Jan dit an.
‘Myn banknote! gil hy en dag an niks anders ni. Myn geld! myn geld!
Langsaam begin di batje los te gaan. Nog enige minute, en dit sou middel in di stroom wees.
Toen kon Oom Jan dit ni langer hou ni. Hy spring op, loop langs di wal en, voor dat imand hom kon hinder, was hy in di water.
Di stroom was sterk, di klippen lelik en glad mar dit lyk of Oom Jan weer jeugdige kragte gekry het. Half sw[e]m, half loop, kom hy deur di klippe. Hy klim op 'n klip en siet, hoe di batje los spoel. Nou dag hy an geen gevaar ni, hy maak 'n flukse spring, en hy het syn batje.
Di spring het egter syn kragte uitgeput. Toen hy wil terugkom, slaat di water hom onderste bo teen 'n klip. Di bloed maak di water rooi.
| |
| |
‘Help ver Oom Jan, help tog Gerrit!’ gil Annie op di wal.
Algar kyk om en Gerrit lat hom afdrywe, tot waar Oom Jan was. Hy was gen minuut te vroeg ni. Oom Jan was al bewusteloos, mar syn batje lat hy ni los ni.
Deur di ander geholpe bring Gerrit Oom Jan op di wal en in di huis. Di ou was bewusteloos en di bloed stroom langs syn gesig. Tanta Sannie en Annie, byna dood van skrik, doet wat hulle kan om hom by te kry.
‘Di affairetje sal myn ordentelik geld kost,’ seg Morris, toen hy syn stukkende buggy, weer op di wal had. Gelukkig is di perde gered. Mar daar kon oek gen seen by so 'n saak wees ni.
Met grote moeite het hulle met di stuk batje uit Oom Jan syn hande gekry. In di binne sak was di banknote, mar alles pap nat.
‘Pas op ver di papiertjes,’ seg tanta Sannie an haar dogter, ‘sit dit mar eers weg.’
Na veul sukkel kom Oom Jan tog by. Hy slaat syn oge op en kyk verwonderd rond.
‘Myn batje! waar is myn baatje?’ sug hy.
‘Hier is dit oom,’ roep Annie haastig, ‘hier is di papiertjies.’
‘Ge dit hier, myn kind!’ stamel Oom Jan, ‘laat dit hier voor myn oge droog worde. Di slegte Gerrit, waarom kon hy ni beter oppas ni. Wat 'n skade! Wat 'n skade!
| |
| |
Nimand spreek hem teen ni, want hulle wou hem ni steur ni. Eers lyk dit of Oom Jan spoedig sou beter wees, mar teen di agter middag kry hy kouw koors, en hulle was verplig om di dokter te haal. Gerrit bied hom gewillig an, nadat hy eers 'n boodskap na Oom Willem gestuur het. Di spruit was oek bitji gesak.
Toen di dokter di vollende dag kom, lyk Oom Jan weer beter, mar di dokter skud syn kop, en wou daar volstrek niks van hoor dat Oom Jan sou vervoerd worde ni. ‘Di ou kerl is te swak,’ seg hy. ‘Hy het te veul bloed verlies en ek is bang dat hy hom inwendig beseer het. Ek geloof ni dat hy sal deur kom ni, as hy nog iets te doen het, laat hom dit spoedig doen.’
Di arme Sannie voel nou, dat sy di broer, nietteenstaande al syn gebreke, tog lief het. Di gedagte dat hy sou sterwe skok haar, en veral dat hy so sou sterwe. Sy durf ni met hom praat ni, en skryf daarom 'n brifi an di predikant om tog te kom.
Oom Jan werd altyd swakker. Toen di ou leeraar kom siet hy wel dat dit met Oom Jan na di einde gaat. Hy had 'n lang gesprek met hom, mar het nooit vertel wat daar gesproke is ni. Hy blyf di nag op Koningin's Vley. Toen di dag anbreek siet Sanni dat haar broer sterwende was. Sy kniel voor syn bed neer. Oom Jan kyk haar an, steek di hand uit, en wil spreek, mar kon ni. Enige ogenblikke
| |
| |
later raak di leeraar haar an. Sy kyk op, en Oom Jan was dood.
Daar was mar min mense op di begravenis, dog daar was 'n bisondere erns. Di leeraar het gesproke; stil gaat dit naar di geopende graf. Toen di dragers terug kom staat di kindertjies van Oom Hendrik voor di deur.
‘Ons is nou ryk, meneer! Witbooi seg so, al Oom Jan syn goed 's nou ver ons,’ roep 'n klein jongetji van vyf jare, toen hy di predikant siet, ‘Ek is bly dat hy dood is.’
Dit was of al di anwesige skrik.
‘Stil myn kind!’ seg di leeraar met grote erns, ‘stil! men spreekt zoo niet.’ Hy wend hom tot di bystanders en voeg daarby: ‘Hoort broeders! dit kind in zyn onwetendheid predikt het ons, en zyn prediking is: Vreest, vreest den geldduivel.’
Oom Jan had gen testament wil maak ni en so kryg Sannie al syn goed. 'n Paar maande later woon Gerrit op Zaaifontein en Anni was by hem. Hy was o! so gelukkig. Met di longsiekte was dit goed gegaan. Hy het ni veul verloor ni, selfs syn mooi vooros was deurgekom. Hy leef tevrede en as hy soms bitji te veul oer syn osse spreek, dan was Annie daar om hom toe te roep: ‘Gerrit! pas op ver di Geldduiwel!’
|
|