opgeruimde gemoed saal hy voor di huis deur af en gaat in.
Kyk! wat is dit? Oom Willem wat altyd opgeruimd is, sit met 'n knorrig gesig te rook, dat di damp so trek, en Tante Letje praat oek ni!
‘Hoe gaat dit hier, Oom?’ vra Gerrit.
‘Dit gaat mar miserawel; Zwartbooi het net nou kom se dat een van di beeste siek lyk. Hy denk dat dit longsiekte is. Ek het 'n perd lat haal om na di veld te ry en di beeste an te keer.’
‘Wat, longsiekte onder di beeste!’ roep Gerrit, vreeslik onsteld, ‘dan is ek ongelukkig.’
‘Dit is spytig,’ seg Oom Willem, ‘mar wat kan 'n mens daar an doen? Dis werelds goed.’
‘Mar ek is heeltemal ongelukkig en Annie oek,’ roep Gerrit uit, en word doodbleek.
Oom Willem kyk verwonderd op en wil vra, mar tanta skud haar kop, en haar man bly stil. ‘Kom Gerrit,’ seg sy, ‘drink mar eers koffi. Dit sal wel beter gaan; denk daaran, voor en teenspoed kom van Bo.’
‘Mar ek het so veul teenspoed, tante! Ek het jare ver di osse gesukkel, en nou ek iets goeds daarme wil doen, gaat hulle dood. Ander mense doet kwaad met hulle goed en het voorspoed.’
‘Moet ni so praat ni,’ seg Tante Letjie, sag mar ernstig. ‘Ek h t meer deurgestaan as jy, en ek weet