Di geldduiwel (onder ps. Neef Jan wat Versies Maak)
(1882)–Jan Cachet Lion– Auteursrechtvrij
[pagina 25]
| |
Hendrik Bronsveldt was ni van di flukste ni en daarby was hy sieklik. ‘As ek mar eers hier woon, dan sal dit anders lyk,’ dag Gerrit. ‘Di plaas moe ni verkog worde ni. Oom Hendrik is mar swak, al is hy Annie haar vader. Sy aart na haar ma. As sy mar net ver myn wil wag.’ ‘Dag Gerrit, wil jy afsaal,’ klink 'n vrolike stem, en Annie haar broertji, wat veul van Gerrit hou kom na hom toe. ‘Hoor jou rypêrd is mooi lyfskoon.’ ‘Ja,’ seg Gerrit, ‘di veld is redelik. Waar is jou ma?’ ‘Binne,’ was di antwoord. ‘Anni het haar oge al rooi gekyk na di bult.’ Gerrit knelter die pêrd en gaat in. Toen hy binne kom werd hy deur Annie haar moeder vrindelik ontvang, en Annie, hoewel sy ver haar ongemerk hou, groet hom tog vriendeliker as sy 'n ander sou gegroet hê. Oom Hendrik was in di kamer, siekelik en knorrig. Gerrit moes eers 'n lang verhaal anhoor van allerhande teenspoed, terwyl tante Sannie van di geleentheid gebruik maak om di kamer bitji an kant te maak. Anni was in di kombuis Eindelik had Oom Hendrik uitgepraat, en gaat Gerrit syn pêrd besorre. Voor hy uitgaat siet hy tante Sannie staan, gaat na haar toe en seg: ‘Tante! as dit vanaand stil is, moet ek met oom en tante 'n bitji praat. Ek het iets te vertel.’ | |
[pagina 26]
| |
Tante kyk verwonderd op, mar ge gen ander antwoord ni as ‘ja.’ Na di ete en huisgodsdiens seg sy ver Gerrit, dat hy mar in di kamer na Oom Hendrik moes gaan, en dat sy net nou sou kom. Sy gaat, en Annie wat 'n bitji nuwskierig was gaat by di deur staan. Idereen wat dit geprobeer het weet dat dit ni so gemaklik is om 'n ernstig gesprek te begin ni. Dit onderwind Gerrit oek. Di woorde bly hom in syn keel sit, en as tante ni ver hom jammer gekr en gevraag het wat hy wil ni, dan weet ek nie hoe hy sou deurgekom hê ni. Op tante haar vraag begin hy 'n hele stori, reg hartelik, mar erg deurmakaar, want sweepslaan kon Gerrit veel beter as praat. Eindelik begryp hulle tog wat hy wil sê. Syn plan was, nadat hy gehoor het dat Oom Hendrik in moeielikheid was, om hom te help. Hy wou 'n wa en soveul osse verkoop, dat hy Oom Hendrik £400 kon leen. Di geld kon oom mar terugge wanneer dit gelege was. Gerrit s[o]u wel gou genoeg opboer, en weer 'n wa en osse koop. Annie haar ouers was regte verwonderd, en tante merk wel, dat hier wat agter sit. Sy begin hom uit te vra, en di hele boel kom toen uit. ‘Ja, tante,’ stotterde Gerrit, ‘Annie het ver myn geseg, dat sy myn liefhet en op myn sal wag totdat ek genoeg het om te trou, as oom en tante wil. Annie is nou weg gegaan, | |
[pagina 27]
| |
mar tante kan haar mar vra. Ek denk so, as ek oom nou help, dan kan oom my later weer help.’ Eers wil di ou mense van Gerrit syn plan ni hoor ni, vooral tante ni. Sy wil ni, dat Gerrit hom ver hulle sal opoffer. Gerrit bepleit syn saak egter so mooi, dat hulle eindelik toege. Hy praat toen so gemaklik, dat dit was as of al di sorge somar weg was. ‘As boetie Jan ons nou mar nie oer syn geld opdruk ni,’ seg oom Hendrik, dan sal alles reg kom.’ ‘Myn broer is wel gierig, mar so verkeerd sal hy tog ni wees ni. Hy sal ons ni ongelukkig maak ni.’ Hoewel dit al laat was, kry Gerrit tog nog tyd om 'n bitji met Annie te praat. Wat hy gepraat het weet ek ni; mar dit weet ek, dat hy regte tevrede gaat slaap het. |
|