| |
| |
| |
Hoofdstuk II.
‘Klets!’ waai di sweep, en Ruiter, di vosbles, wat hotvoor trek, draai effentjies syn kop na Tromp, syn maat, as of hy wil se: ‘Toe, kerel, kom!’ en val weg, kop voor di bors. Tromp was klaar, en di ander vier vosse lat hulle ni nooi ni. Dit was mooi om te sien, hoe di span di bult uitloop. Ou Willem van Duren had syn werk om hulle te hou; byna lig hull hom op van di voorkis, en Willem wae tog gen mager buitelandertji ni, mar 'n Afrikaner, twe honderd pond swaar. ‘Sal ek help, oom,’ seg 'n jong man, wat naas oom Willem sit en di sweep had. ‘Ne wat, Gerrit! hulle sal net nou bedaar.’ ‘Stryk Tromp!’ roep 'n jongetjies stem uit di wa, ‘lat ons sien hoe hy sal maak.’ ‘Moe nie, Gerrit!’ roep 'n vrouwestem angstig, ‘jy sal ons lat verongeluk.’ ‘Wees mar ni bang ni, Tanta!’ seg die jongman, ‘ek is slimmer as so, die perde draf al.’
‘Skaam jy jou ni, Willem! om so te ja ni,’ vra die vrou wat eerste gesproke het. ‘Skaam jy jou ni, en dit nog al as jy van die kerk af kom! Jy vergeet dat jy diaken is. Ek het my amper vaal geskrik.’
‘Og ne, Letjie! Dit moet jy tog ni sê ni, jy is mos tog te gewoon and' ja,’ antwoord Willem toen hy lag lag omkyk, ‘Gerrit het mar effentjies met di sweep geklap. As 'n man so 'n span vosse het, dan moet hy mar ja,
| |
| |
al was hy oek so ernstig as Calvyn, waarvan meneer so dikwils preek. Jy is oek lang nog ni vaal ni, jy siet daar regte mooi uit, is dit ni waar ni, Gerrit?’
Dit was oek gen leugen ni. Tante Letjie was 'n mooi vrou, en Oom Willem lag van vergenoege toen hy haar beskou, soos ieder man doet wat syn vrou lief het. Wel was sy ni meer jong ni, mar dit doet daar niks an toe ni. Ek seg dikwils: 'n jong meisie is mooi, daar stry ek ni teen ni; mar 'n vrou, omring van kinders, wat haar lief het, en waarop sy met vriendelike oge neersiet; 'n vrou wat jy op haar gesig kan lees dat sy moeder is, en haar huis kan in orde hou; 'n vrou, wat met die jongste kind op die skoot, die besware van die oudste seun kan anhoor, en hom raad ge; met één woord, 'n godvreesende huismoeder is oek mooi; en idereen wat syn hoed ver so een ni afneem of haar nie mooi vind ni, makeer iets in syn oog of in - syn hart.
Gerrit had hem oek omgedraaid, mar kyk daarom ni te veul na tante Letjie nie, mar wel na 'n jongmeisie wat naas tante sit. Sy was oek wel die moeite wêrd om te beskou, want sy siet daar uit as 'n roosknop wat net wil opegaan. Jammer mar dat sy so treurig lyk.
Di meisie was Annie Bronsveld, wat op weg was na Oom Jan. Sy was met haar broertje, 'n jongetjie van omtrent 15 jaar, vroeg van huis gegaan, en had
| |
| |
Oom Willem, wat met di wa van di dorp kom, ontmoet. Tante Letjie had geseg, dat sy mar op die wa moes klim - dan kon haar broertji mar met di kar ankom. Gerrit Verhoef, wat by Oom Willem woon, het ver haar geknik om mar ja te sê; en om di waarheid te vertel, Annie doet graag wat Gerrit wil hê. Gerrit was dan oek 'n goeije jong man. Vroeg wees geworde, had Oom Willem h om groot gemaak, en nou had Gerrit met transport ry dit tog so ver gebring, dat hy vyf span osse en twe bokwaens had, en ordentlik geld verdien. Mar Gerrit wou meer hê. 'n Jaar gelede had hy eenmaal een aand ver Annie iets soetjies in di oer gefluister. Sy is toen rooi geworde, mar het tog ni ‘ne’ geseg ni. Nou seg party mense dat sy an Gerrit verloof is, mar Annie seg ni so ni.
Gerrit wis goed, hoe die sake by Annie haar vader staat, en daarom had hy ver haar so jammer. Hy het hom voorgeneem om hulle te help, al sou dit hom oek nog so veul kos. Syn plan was klaar, mar hy het met nimand daaroer gesproke ni. Hy wou eers sien wat Oom Jan sou doen.
Toen di pêrde weer bedaar het, draai tante Letjie sig na Annie en seg, ‘Wel Annie, was jou ma oek op di dorp?’
‘Sy was Saterdag so 'n ogenblikkie op di dorp, om met Mr. Pay te spreek, sy kan pa ni alleen laat ni,’
| |
| |
was di bedrukte antwoord van di meisie.
‘En wat het Mr. Pay geseg?’
‘Hy seg dat Pa moet betaal, want dat hy ni langer uitstel wil ge ni, as ons nou mar di plaas kan verkoop, dan sou alles nog gaan, daar sou nog 'n bitjie geld oerskiet; mar nou kan Oom Jan, volgens testament di plaas ver £1500 kry,’ en dan skiet daar niks oer ni
‘Dat is di snaakste testament, wat ek ooit van gehoor het,’ seg Oom Willem! ‘Oom Jan het seker sk lm gewerk.’
‘En nou gaat jy oom Jan vra?’ seg tante Letje.
‘Ja, ma het an hom geskrywe om van syn reg af te sien, of £3000 ver di plaas te ge’
‘Eer di ou dit doet, moet daar meer gebeur,’ seg oom Willen.
‘Hy kan maak wat hy wil,’ val Gerrit in. ‘Ik seg, jou vader sal wel geldkry om Mr. Pay te betaal’
‘Van wie dan?’ vraag Annie verrast.
‘D t is myn saak,’ antwoord Gerrit met 'n glimlag. ‘Ek sal jou dit morre aand wel vertel.’
‘Wil jy dan morre al weer ry G rrit?’ seg Oom Willem. ‘Is jy ni bang dat jou ou ryperd sal praat ni.’
Annie werd by di gesegte van Oom Willem vuurrooi, en kyk by di venstertji uit.
‘Hy sal wel nog hou,’ seg Gerrit, ‘mar myn osse is weg, en ek den k
| |
| |
hulle is in di laagte by Koningin's Vley.’
‘Jou osse is teunswoordig dikwils weg,’ seg Oom Willem, wat wou terre, ‘vroeger, dit was in di tyd toen Annie 'n paar maande by Oom Jan was, loop hulle altyd weg na Zaaifontein, nou gaat hulle 'n goeje end verder.’
‘Dit kom omdat Oom Jan my en myn osse oek so verwilder h[e]t, dat ons ver Zaaifontein bang is. Oom Jan kan myn glad ni verdra ni.’
‘Mar dit is jou eie skuld, Gerrit,’ seg Annie, ‘jy het Oom Jan oek ver niet so kwaad gemaak.’
‘Wat het jy dan an Oom Jan gedaan?’ vra Oom Willem, en kyk Gerrit an, ‘jy het tog ni zyn geldkis bygeloop ni.’
‘Weet Oom dit ni? Ek het gedog dat alle mense daar van weet, omdat di hele wereld daar o'er gesproke het. Dit was mar net 'n grap.’
‘Vertel dan,’ seg Oom Willem, want hy hou van 'n grap.
‘By di laaste grote kollekte, toen idereen wat gege het om di nuwe kerk te bou, het Oom Jan een koper dubbeltji in di zakki gegooi. Di diaken, wat by di deur gestaan het, het dit gesien, en is so kwaad geworde, dat hy di dubbeltji weggesmyt het. Ons jonge mense, het dit gekry, en daar toen 'n gatji ingeboor, en in 'n briefi na Oom Jan gestuur. In di briefi staan dat hy di dubbeltji op syn borst moes dra. Wie of dit vertel het weet
| |
| |
ek ni, mar van di tyd af kan Oom Jan myn glad ni meer verdra ni.’
‘Dit was oek verkeerd om met 'n ou mens te spot,’ seg tante, ‘as Oom Willem syn plig doet, moes hy jou net dugtig vermaan.’
Oom Willem lag ongelukkig te lekker om te vermaan, al wat hy seg was, ‘Ek sou di ou syn gesig wel wou gesien hê toen hy di brief oopgemaak het.’
‘Ek het daar daarom spyt van,’ antwoord Gerrit, ‘ek is na Oom Jan gegaan om exkuus te vra, mar hy was te dwars, hy wou niks hoor ni.’
Terwyl op di wa so gepraat werd, was hulle by di uitdraaipad na Zaaifontein gekom. Oom Willem hou stil en Annie klim af.
‘Nou tot morre, Annie,’ fluister Gerrit, toen Annie op haar kar klim, ‘hou mar kourasie, alles zal reg kom, so's Oom Jan Brand seg.’
In gedagte versonke, en zonder met haar broertje te praat, ry Annie vort. Lus om na Oom Jan te gaan had sy ni, mar haar ma kon ni weg ni, en daar sy geen ou'er broer had ni, moes sy dit mar doen. Eer sy daarom dog, was sy op Zaaifontein, en hou di kar voor di deur stil.
‘Hier is ons,’ seg haar broertji, ‘kom Geswind, help uitspan.’
Toen di kar stil hou, was Oom Jan tog so vrindelik gewees om uit te kom en syn niggie af te nooi; mar toen Annie binne was, en Oom Jan niks anders se ni as, ‘Sit mar Annie,’ voel
| |
| |
zy tog dat sy 'n werk op haar geneem het, wat moeilik was. Sy wist ni hoe sy sou begin ni. Haar broertji het di kar uitgespan, en is toen binne toe gekom om Oom Jan te groet, maar is dadelik weer uitgegaan, om syn perde water te ge. Oom Jan loop sonder een enkel woord te praat, en di arme Annie werd so verlege dat sy byna begin te huil. Eindelik kom daar uitkoms.
‘Hoe gaat dit met sus Sannie,’ vra oom Jan toen hy klaar had met rondloop.
‘Ma is vris, groetnis oek oom,’ antwoord Annie,’ mar pa is siek. Di dokter se as daar gen verandering kom ni, dat pa seker di tering sal kry.’
‘Wat dokter,’ grom di ou,’ waarom stuur julle pa ni na ou tante Grieta ni, sy weet seker net so veel as di dokter, en ver haar hoef julle ni te betaal ni. Di dokter help oek om jou pa so arm te maak.’
‘Myn liwe oom! dis tog mar di eerste maal wat di dokter kom, en ons het al di huismiddels, van tante Grieta gebruik, mar niks wil help ni Pa blyft mar so. Di dokter se: dat di verdriet di ergste is. Mr. Pay was by pa gewees en toen is dit so erg geworde.’
Oom Jan begrijp wel waar Annie na toe wil, mar daar hy gen lus had om dit ver haar gemakkelik te maak ni, bly hy dood stil; dit maak toen dat Annie weer moes begin, terwyl di ver legenheid haar wange lat rooi worde.
| |
| |
‘Ma het myn gestuur om van oom te vra wat oom van di briefi seg wat ma geskrywe het,’ seg sy eindelik bewende.
En moes jy dan express om di antwoord hiernatoe kom,’ grom oom Jan.’ Waarom kom jou pa of jou ma ni. Wel so gaat dit. Nooins word nou al in mans sake gebruik. Dit is seker oek weer een van di nuwighede.’
‘Pa is te siek en ma kan pa ni alleen laat ni, myn broertji is nog te klein. Ag oom! help ons tog, anders sal al ons goed verkog worde en ons weet ni waarnatoe ons moet gaan ni. As oom nog 'n bitji geld wou leen, dat pa Mr. Pay kon betaal, dan sou ons opsukkel.’
‘Jy is 'n meisi, en verstaat niks’ bromde oom Jan. ‘Jou pa is te swak om te boer en jou ma kan gen boerdery bestuur ni. Jou pa moet mar di plaas an myn afstaan en dan kan hy op di dorp gaat woon. Hy sal daar wel wat verdien.’
‘Ons huisgesin is te groot om op di dorp te gaan woon; mar as oom van syn reg wil afsien, of ver pa £3,000 ver di plaas wil ge, dan kan ons na di Transvaal of Griqualand West gaan, en weer 'n stukki grond koop’
‘Van myn reg afsien, nooit!’ antwoord oom Jan.’ ‘Myn oerlede vader wis wel: dat jou pa, di grond ni sou kan hou ni, en daarom het hy dit juis so gemaakt. Ek sal ni afsien of meer ge ni. Seg mar gerus an jou pa, dat
| |
| |
ek hom £1,000 sal ge, daarme kan hy Mr. Pay betaal en ver myn oek, hy kan dan syn los goed oerhou.’,
‘Dit is te min, antwoord di meisi,’ ons het nog meer te betaal, en ons sal niks oer hou ni.
‘Dit spyt my, mar ek kan daar niks an doen ni. Ek kan oek ni met 'n vrou praat ni. Seg mar an jou vader dat ek Vrydag aand by hom sal wees; ik wil oek myn geld he, ik het dit nodig. Saterdag moet ek op di dorp wees.’
Te vergeefs beproef Annie om Oom Jan van gedagte te lat verander. Di ou bly onbewegelik.
‘Jy praat verniet Annie. Ek sou seker ver jou nog di meeste doen, want jy is di enigste van di hele klomp, wat 'n bitji verstand het mar jy loop nou oek agter di ellendige Gerrit an, en ek sal dit di vabond nog betaald zit, dat hy my beledig het.
‘Dit was mar 'n grap,’ stamelde Annie.
‘'n Grap,’ bulder oom Jan, wat mar bly was om iets te vinde om kwaad om te worde. ‘Een grap, ek seg jou hy is 'n vabond di transportryer.
Di vloed van oom Jan syn woorde was nou onkeerbaar. Di arme meisi geef dan oek mar di moed op, en lat haar broertji inspan. ‘Seg mar an jou pa, dat ek Vrydag aand daar sal wees’ was oom Jan syn laa te woorde.
Vergenoegd siet oom Jan di kar weg ry. ‘Dit het ek goed gedaan,’ seg
| |
| |
hy by sig self. ‘Ek moet Hendrik Vrydag aand mar opdruk, dan sal hy wel di koopbrief teken. As ek mar ni te sag is ni. ‘Reg so,’ seg Geldduivel daar binne.
‘Daar kom al weer 'n karretji oer di bult. Dit lyk 'n buggy. Dit is zeker seur Morris,’ seg Gezwind. ‘Ek ken syn twe wit perde.’
‘Goed so, Geswind, blyf mar by di deur om te help uitspan,’ antwoord oom Jan, terwyl hy op syn manier lag. ‘Ek is bly dat hy kom.’
Binnen korte tyd was di buggy voor di deur, en Oom Jan gaat 'n paar stappe verder as gewoonlik om Mr. Morris te ontvang, iets wat door Morris met 'n glimlag opgemerk werd.
‘'n Man is welkom as hy geld breng, oompie,’ seg Morris toen hy inkom.
‘Ek het jou di deur nog nooit belet ni, Morris?’
‘Waar kom jy van daan?’
‘Ek kom van jou swager Hendrik, seg Morris. ‘Dit slet daar mar treurig uit. Ek het gehoor dat hy osse wil verkoop, hy had wel osse, mar durf dit ni verkoop ni, omdat Mr. Pay hom met ek weet ni wat gedreig het ni, as hy syn osse verkoop, eer hy Pay betaal het. As dit so gaat sal Pay seker alles kry. Hy is 'n slimme ou kerel.’
So! seg oom Jan na 'n rukki, het jy niks van di grond gehoor ni?
‘So wat. Hendrik wou ni praat ni mar tog het hy geseg, dat hy, als hy
| |
| |
mar kon, syn grond sou verkoop; mar dat hy dit eers an oom moes afstaan. Hy het myn toen om raad gevraag.’
‘En wat het jy geseg,’ vroeg oom Jan haastig.
‘Dat hy mar moes wag totdat oom dood is, was di antwoord, Oom is tog al oud.’
‘Ek sal langer lewe as een van julle,’ roep Oom Jan toornig, ‘jy moet ni met myn spot ni, Morris, of ek word kwaad.’
‘Wel ek denk, Oom Jan is taai,’ seg Morris, ‘wat sig di moeite ni wou ge om Oom Jan, goed te maak ni; daar hy di regte middel in syn sak had. Lat ons mar oer iets anders praat. Ek het di geld ver di osse in myn zak, haal mar di bewysi.’
Toen Oom Jan van geld hoor was hy somar goed. Hy gaat di bewysi haal solang as Morris di geld tel.
Terwyl Morris so besig is, wil ons hom effentjes beskou. Hy was 'n klein lewendige bolandertji. Hy handel in alles, mar koop liefste ve op. Di mense hou oer algemeen veul van hom.
‘Jy het seker weer 'n goeije slag geslaan met di osse,’ seg Oom Jan, terwyl hy di bank note één ver één andagtig beskou.
‘O, ne, Oompie! Ek het verloor. Ek denk Oom Jan het seker al meer as een slapeloos nag o'er myn gehad.’
‘Ek het nog nooit 'n vekoper krediet gege ni,’ seg Oom Jan, ‘jy is di eerste.’
| |
| |
‘Dankie ver di eer, mar ek wil weer osse en hamels koop.’
Oom Jan had eers ni, toen had hy 'n paar, eindelik 'n klomp. Ve was duur. Di hele dag gaat om met koop en verkoop. Dit was reeds donker, toen hulle van di kraal terug kom.
Na di ete sit di twe mans weer te praat. 'n Klein bitji oer politiek, en toen was di storie geld. Van geld kom dit op grond, en van grond op di plaas van Hendrik.
‘Ek wou dat dit myn plaas was,’ seg Morris, ‘ek het daar 'n goeije koopman voor.’
‘Wie is dit, en wat wil hy ge?’ vraag Oom Jan vurig.
Morris maak as of hy di vraag ni verstaan ni, en ge gen antwoord.
Oom Jan werd kwaad, mar bedwing hom. ‘Hendrik kan ni verkoop ni,’ seg hy eindelik, ‘vollens di testament, moet ek di plaas kry ver £1500.’
‘So het hy my geseg,’ antwoord Morris, ‘maar altemit is daar nog iets an te doen,’
‘Hulle kan gen testament omgooi ni,’ seg Oom Jan haastig.
‘Dit gaat my ni an ni,’ seg Morris en trek syn skouers op.
‘Hendrik moet di plaas an my verkoop,’ seg Oom Jan.
‘Nou Oompie! as jy ver myn £100 wil ge, dan sal ek jou £4000 ver die plaas besorre; mar dan moet ons Saterdag voor twaalf uur op di dorp wees om die koopbrief te skrywe.’
| |
| |
‘Dit sal ek nooit doen ni,’ seg Oom Jan, ‘dit is te veul. Wie is di man?’
Morris haal syn pyp uit en begin te rook. ‘Besigheid is besigheid, Oompie! soos die Engelse sê. £3900 is waarlik nie te min nie, en £100 ver my is waarlik nie te veul nie. Sorg mar dat jy Saterdag voor twaalf uur op di dorp is. Maar wil jy ni, oek goed.’
Oom Jan had gen lus om di saak op te ge ni, en hou an, Morris moes di naam van di man noem, mar di bolander was te ouderwets daarvoor, en seg dat hy vaak had.
Toen Oom Jan siet dat hy ni vorder ni, begin hy toe te ge. Eers beloof hy £20, toen £50, toen £75, mar Morris had mar vaak, eindelik beloof hy £100 ‘Di handelaars is oek so agter geld,’ sug Oom Jan. ‘Wel o s weet, om geld te maak,’ antwoord Morris, wat Oom Jan syn sug verstaan het. ‘Mar ons sorre ver ons famieli. ‘Ek is gek na geld,’ voeg hy daar skerp by, ‘mar as jy ver Hendrik wil help, dan moet jy dit om mynontwil ni laat ni. Ek siet dan van die £100 af.’
‘Ek het niks met Hendrik te maak ni,’ antwoord Oom Jan knorrig, ‘hy moet di plaas verkoop. Ek sal hom wel later help.’ Morris lag. ‘Waar sal ek ver Oom ontmoet? Morre moet ek na Paddakop, en oermorre moet ek na Willem van Duren, Gerrit Verhoef wat by hom woon het myn geseg dat hy 'n paar span esse het om te ver- | |
| |
koop. Ek wil dit graag hê. Hy het mooi osse.’
‘Jy moet oppas ver di Gerrit,’ seg Oom Jan bits, ‘myn hottentot seg dat di beeste ni skoon is ni.’
‘Dit is snaaks,’ antwoord Morris, ‘ek ken Gerrit al lang, hy het myn nog nooit bedroge ni, mar ek sal dit wel uitvinde.’
‘Kom Vrydag middag hier, dan kan ons same na Hendrik toe gaan, altemit kan jy myn nog bitji help, mar jy moet daar met niemand oer praat ni.’
‘Goed!’ seg Morris, en di twee gaat slaap. Morris droom lekker van syn honderd pond; mar Oom Jan had dit swaar. Geldduiwel was ni te vrede ni. Dat hy £100 moet afge was tog al te swaar. Di gedagte dat hy 'n goeije slag kon slaan en Mr. Pay wys dat hy hom ni nodig had ni geef hom eindelik rus.
Ja dis wonnerlik waardeur 'n mens soms rus kan kry.
|
|