| |
| |
| |
Di geldduiwel.
Hoofstuk I.
Oom Jan van Linge was ryk. ‘Baing ryk,’ so seg al di bure. Twe extra plase, vyf duisend skape; perde en beeste in oervloed. Hoe veel geld hy onder di mense had wis nimand, want hy spreek daar nooit oer ni. Hy was ryk en moes wel ider dag ryker worde, want hy had gen uitgawe ni. Vrou of kinders had hy ni. Hy het één kind gehad, 'n seun; mar di was in di Vrystaatse oorlog met di Basutos geval, en voor 'n paar jare is syn vrou oek gestorwe. Waarom di seun van Oom Jan as Vrywilliger na di Vrystaatse Komando gegaan is, weet ek nie, di mense het daar veel oer gepraat, mar een van di ouderlinge vertel dat hy eens met Oom Jan daar oer gesproke had, mar so 'n antwoord gekry het, dat hy nooit weer gewaag het om te praat nie. Hoe dit oek was, doet daar niks an toe ni. Een ding is seker, Oom Jan was ryk.
Daar was egter een man wat nooit seg dat Oom Jan ryk was ni, en dit was di man wat dit eintlik di beste moes weet; namelik, Oom Jan self, Hy klaag altyd so vreselik, veral as imand by hom kom om geld te leen,
| |
| |
met goeije sekuriteit en flukse rente; mar op syn armste was hy as di diaken kom, of om di waarheid te se, toen di diaken vroeger gekom het, want di goeje man had dit al lang opgege om iets uit Oom Jan te haal. In di kerk kom Oom Jan oek maar min. Dit was ni syn skuld ni, mar di fout was di ou leeraar, wat di sleg gewoonte had om di mense di waarheid te se, want dit is mo[s] anstotelik. Eens het Meneer oer Matt. 12:45 gepreek, en geseg dat een van di sewe geeste di ‘geldduiwel’ was Oom Jan is toen kwaad geworde, en pas toen mar syn skape op, op Zaaifontein.
Op Zaaifontein was dit oek ni al te mooi ni. Daar was wel groote krale en 'n groot land; mar di huis was net soos Oom Jan syn vader dit een maal lat maak het. Dit was 'n lang gebouw met 'n groot voorhuis en twe slaapkamers, zonder kombuis.
‘'n Kombuis is te deftig,’ seg Oom Jan, ‘daar word oek te veel vuur gemaak.’ Meubels was oek net min. 'n paar ou stoele, 'n paar tafels, en houte katels, 'n paar kaste, en dit was al. ‘Wat ni by myn wil kom ni, kan mar weg bly,’ seg di ou, en so het di meeste mense dan oek gedaan.
Dit was Juny maand en baing koud, tog het Oom Jan vroeg opgestaan. Of dit di vroeg opstaan was weet ek ni, maar Oom Jan was nukkerig. Syn mond was so dig toe as syn geldtrommel. Voor di vuurhek leg 'n paar verkleumde lammetjies om weer reg te
| |
| |
kom mar of dit sou luk, is te betwyfel, di vuurtjie was so klein. Oom Jan het al di hele morre sit uitreken hoe duur een miskoek is.
‘Baas,’ hier is weer 'n lammetji,’ seg 'n Hottentot, wat inkom, ‘drie is al dood.’
‘Ja, dood, dit wis ek wel,’ brom Oom Jan, ‘hulle gaat almal dood, breng die ding hier en loop.’
‘Ja, Baas!’ seg Geswind, ‘mar di wagters wil loop met die skape en vra “tabak.”
“Tabak!” skreeu di ou, “tabak!” en al ons skape gaat van jaar dood, loop of ek.........’
Geswind wag nie langer ni, mar lat vat.
‘Die ou baas is net kwaad van oggend,’ seg Geswind an syn ou meid, ‘hy het vervas nie lekker geslaap ni.’
‘Ek glo dat ou Baas nooit lekker slaap ni,’ seg di ou meid, ‘hulle sê dit spook in die kamer.’
‘So!’ antwoord Geswind, terwyl syn oge so groot word as hoendereiers.
‘Ja,’ seg di meid, ‘daar is al baing mense in di kamer dood! Ek weet ni hoe die ou Baas dit daar so alleen uithou ni.’
‘Ne wat,’ seg Geswind, ‘di ou kerl het dit lekker. Hy tel al aande syn geld. Mar ek moet nar di kraal, anders slaat di ou seker van morre.’
Di ou meid het tog di waarheid gesproke. Dit het di aand en nag in Oom Jan syn slaapkamer gespook, erg
| |
| |
gespook, sodat Oom Jan mar weinig geslaap het.
As een van di lesers nou meen dat hy sal hoor van swarte of witte gedaantes, met horings of vurige oge, met twe of dri perde koppe, dan kan hy di stukki gerus mar oerslaan, want sulke spoke is daar ni. As ek van spoke spreek dan meen ek ni spoke wat precies om twaalf uur deur di sleutelgat kom nie; want 'n fatsoenlik spook kom mos nooit vroe'er ni; mar dan meen ek spoke wat uit di hart kom, en wat ek mar die naam sal ge van gewetesspoke. Di gewetesspoke is lastige dinge; as hulle snags kom pla, dan kan jy mar gerus opstaan, want dan slaap jy tog ni meer ni. Di gewetesspoke het dit ver Oom Jan net lastig gemaak, hom syn nagrus ontnome, en daarom was hy nou nog nukkeriger as anders.
Die vorige aand is Oom Jan vroeg in di kamer gegaan, om, soos hy tot di vrou van syn bywoner seg, 'n bietji te gaan lees. Eers wag hy tot alles stil was, toen sluit hy di deur toe en maak 'n grote sterke wakis, wat in di hoek staan, ope. Regte langsaam, want Oom Jan was nooit haastig ni, haal hy een stuk na di ander uit di kis en sit dit opsy. Eers kom daar party ou verslete klere, toen syn kerkklere, twintig jaar oud, mar nog bruikbaar; toen 'n grote State Bybel en eindelik di geldtrommel. Met 'n glimlag kyk hy na di trommel, net soos 'n jongetji na syn bruid, as hy ouers ge- | |
| |
vraag het. Versigtig set hy di trommel op tafel en begin toen di goed weer in te pak. Toen hy di Bybel anvat, was dit net of hy efventjies skrik. Dit was die Bybel van syn oerledene vrou. Hy wil dit oopmaak, mar di knippe was stram. Dit was oek al te lang ni ope gewees ni. Eindelik gaat dit tog ope. Op di eerste blad was syn geslagregister. Daar staat syn naam, en di naam van syn oerlede vrou. Daar staat oek di naam van syn gestorwe seun. Hy kon dit ni help ni, mar hy moet dit eers o'erlees. Daarna begin hy in di Bybel te blaai. Amper het hy gelees, mar hy hoor iets. Dit was 'n muis wat oer die tafel geloop het. Hy kyk op, siet syn geldtrommel, en toen was dit klaar met lees. Di Bybel werd in di kis geleg, en di geldtrommel ope gemaak.
Ek denk altyd, dat 'n gierigaard in ons tyd ni meer so lekker kry as vroeger ni. Toen was dit niks as goud en silwer en dit moes ver 'n gierigaard tog al te mooi gewees he as di knapsak ope kom en di ponde so oer di tafel rol! Nou is dit alles papiertjies. Dis oek wel mooi, mar tog ni so harde geld ni. Oom Jan dag ten minste so, toen hy die rolletjies natel. Eers toen hy by di pak bewysies kom kry hy lekker. Dit was 'n ordentelik pak. Hy haal een daarvan uit en set dit op sy. Dit was 'n bewys ver duisend pond met di naam van syn swager Hendrik Bronsveldt onder an Toen oom Jan dit siet, lag hy, dat wil se:
| |
| |
hy trek syn mond skeef en lat syn stomp tande sien. Hy haalde toen 'n lang papier uit. Dit was di testament van syn vader. Dikwyls genoeg het hy dit gelees, mar hy lees dit weer andagtig o'er. Toen haal hy twe brifies uit syn sak, wat hy oek o'er lees, en toen bind hy bewys, testament en briefies by makaar; waarop hy alles in di trommel set en wegsluit. Toen gaat hy le en wil slaap; mar dit was mis. Toen kom di spoke. Eers was dit ver hom of hy weer jong was en met syn suster Sanni speul; hy dag toen hoe sy altyd ver hom gewerk het. Toen was dit weer, of hy syn oerledene vrou siet, jong en pleisieri[g], soos sy naas hom gestaan het op hulle trou dag. Toen siet hy weer syn seun in kwaad uitgaan, om nooit weer terug te kom ni; en dan herinner hy sig, hoe syn vrou nooit 'n woord oer di dood van syn seun gesproke het nie, mar toen di tyding kom ver hom so vreemd angekyk het, en toen altyd swakker geworde is; tot op haar einde. Hy siet syn vader op syn sterfbed en dit was of hy hom weer hoor fluister. ‘Jan! ek het di testament net gemaak soos jy dit wil he; mar denk nou om Sannie.’ So gaat dit vort, totdat oom Jan dit ni langer kon uithou ni en verplig was on kers op te steek en op te staan.
Om sig 'n bietji te herstel, sluit hy di kis ope en haal di pakki uit. Hy begin al weer te lees, en ons sal di vryheid neem om oek die bietjie brie- | |
| |
vies te kyk. Di eerste brievi was van 'n winkelier op di dorp, 'n seker Mr. Pay en lui as volg:
‘Waarde Heer?
Ik ben van morgen by uw zwager Bronsveldt geweest, om hem aan te zeggen dat hy de £400, die hy my schuldig is betalen moet; daar ik hem anders dagvaarden zal. Hy kan niet betalen en ik ben bang dat hy insolvent zal gaan. Ik denk nu, dat gy hem moet opschroeven en zyn plaats zien te krygen. Als gy die plaats hebt geef ik er niet om, om er £3,000 contant voor dien grond te geven, zooals ik u al gezegd heb; mar dan moet die £400 en de rente er af gaan. Ik heb den agent gevraagd, en hy zegt: Gy behoeft niet bang te wezen. Die plaats moet, volgens testament eerst u aangeboden worden voor £1,500. Hy zeg toch, gy moet maar oppassen, dat uw zwager niet bankroet gaat. Kom toch in het dorp om my te zien.
Uw ond. dienaar,
M. Pay.’
Di ander brief was van oom Jan syn suster en daarin skryf sy:
‘Waarde Broeder.
By ons gaat het nog mar altyd zwak, myn man is maar ziek en wy zyn allen recht ontsteld. Mister Pay was hier en hy wil ons dagvaarden, omdat wy zyn geld niet kunnen beta- | |
| |
len. Myn man zegt: wy moeten maar die plaats verkoopen en naar Transvaal trekken. Als broer nu de plaats koopen wil voor £3,000, dan kunnen wy onze schapen houden. Wy hebben maar 800; en al onze schulden betalen. Ik weet dat volgens testament, broer recht heeft om de grond voor £1,500 te krygen; maar ik reken op broer's barmhartigheid. De plaats is goed £3,000 waard, er zyn heel wat menschen, die het er voor geven willen. Broer moet toch aan ons denken. Wy houden anders geen kost over om te eten. Als gy niet £3,000 geven wil, geef dan toch zooveel, dat wy toch iets over houden.
‘Ik zou wel zelf komen om met u te spreken, maar myn man is te ziek. Ik zal daarom Annie sturen. Zy zal u alles vertellen, en gy kunt haar een briefje saam geven. Nu lieve broeder, denk toch aan uwe arme zuster, die vergaan moet als gy niet helpt.
‘Uw liefh. zuster,
Sannie.’
Om di twe briwe te kan verstaan, moet ek eers iets van Oom Jan zyn geskiedenis vertel. Jare lang had hy gewerk om te kry wat hy nou byna in hande had. Syn ouders het mar twe kinders gehad; hy en syn suster. Syn vader had twe plase, en het altyd geseg dat hy an ider kind 'n plaas wil ge. Dit was ni na di sin van Oom Jan ni. Hy wou alles he. Nou ider
| |
| |
sal wel opgemerk he dat as imand wil kwaad doen, dit dikwils gebeur, dat dit lyk as di omstandighede hom ver 'n tyd help. So was dit oek met Oom Jan. Sannie, syn suster, trou ni heeltemaal na haar ouders hulle sin ni. Haar man was fatsoenlik en goed, mar arm en wonderlik stadig. Toen begin Oom Jan te praat. Dag an dag, spreek hy met syn ouders wat by hom in huis was, om di testament te verander, anders sou di plase na hulle dood tog mar in ander hande kom. ‘Hendrik sal nooit di grond kan hou ni,’ was gedurig syn praatji, ‘hy is te sleg om te boer, lat my mar di grond kry, ek zal wel ver Sannie sorre.’ So hou hy an totdat syn ou'ers eindelik gedeeltelik toege. Een plaas ‘Koningins Vley’ werd an Sannie vermaak, mar met di kondisi dat sy, so lang as Oom Jan leef, ni reg sal he ni om di plaas an imand anders te verkoop ni as Oom Jan, en dat ver £1,500.
Na di dood van syn ou'ers was Oom Jan regte gewillig om an swa'er geld te leen oek was hy glad ni verdrietig om te sien dat syn swager langzamerhand armer word ni. Hy had nou byna syn sin. Droogte en andere omstandighede het syn swa'er byna onder gebring; hierby was siekte gekom, en syn swager wat nooit regte fluks was om te boer ni, had nou geheel moed opgege. Sus Sannie doet wat sy kon, mar di boerdery gaat mar agteruit. Dis oek mar moeilik om 'n wa teen te hou wat afdra'end gaat. Mr. Pay, di
| |
| |
winkelier op di dorp, stoot oek an. Hendrik Bronsveldt was an hem £400 skuldig, en nou wil Mr. Pay met Oom Jan 'n plan maak om ‘Koningin's Vley’ in hande te kry. Mr. Pay wil £3,000 ge, maar wis goed waarby hy 'n £500 kon verdien. Di laaste vergeet hy egter om aan Oom Jan te vertel.
Nadat hy di twe briewe gelees het voel Oom Jan ni lekker ni. Daar was stryd van binne. Gewete en geldduiwel kry twis. ‘Help jou suster,’ seg gewete. ‘Vyftien honderd pond! vyftien honderd pond wins!’ fluister geldduiwel. ‘Hulle sal gen kos he ni,’ seg gewete.’ ‘Jy kan hulle wel naderhand help vat maar eers di plaas,’ seg geldduiwel. So duur dit 'n tytji en geldduiwel begin te win. Dit is altyd so, as 'n mens met geldduiwel te doen het, en hy slaat hom ni met eens di harsens in ni, mar begint met hom te redeneer, dan win hy byna altyd. ‘Daar is mar mi[...] in die trommeltji,’ seg geldduiwel, en Oom Jan gaat kyk of geldduiwel reg het. Toen hy so rondvoel siet hy 'n koper dubbeltji, met 'n gaatji, in di trommel le. Hy vat dit, en kyk dit met 'n toornig gelaat an, gooi dit toen weer in di trommel, en seg, halfhard, ‘Ek sal hulle ni help ni. Hulle wil mos hulle dogter an di ellendige kerel ge. Laat hulle nou sien om klaar te kom.’ ‘Reg so,’ seg Geldduiwel, en Oom Jan gaat slaap.
|
|