Bylae VI.
Verengelsing van die Kaap.
(Vgl. bls. 54).
John Barrow (Reizen ens. I. P. 67) vertel reeds hoe die teenwoordigheid van die Engelse (± 1796) die meisies tot ‘merkbare vordering’ in Engels bring. Trouens lady Anne Barnard wys gedurende die eerste Engelse besetting daarop, hoe veel gouer die vrouens die Engelse ‘rapprochement’ skyn te aanvaar as die manne. Hierdie mededeling word verklaarbaarder as 'n mens bedink dat die toenadering grotendeels op dinees en bals en deur middel van jong offisiere moes plaasvind. (Vgl. Lady Anne Barn. P. 56 e.v.; P. 83 e.v. [1913]). Hierdie invloede mag nog oppervlakkig en vry onbelangrik heet. Die mans hou hulle self afsydig, en dit is die hoofsaak. Ook Craufurd (Narrative ens. P. 50 e.v.) getuig dit en sê: ‘Dutch manners remain prevalent.’ Wat lady Anne verder getuig b.v. by geleentheid van die ‘Races’ (P. 189 e.v. [1913]) laat ons die keersy van die penning sien: die byna onoorkoomlike kloof tussen Engelse aanmatiging en bewussyn van eie vootreflikheid en die gevolglike beledigde gevoel van eiewaarde by die Hollandssprekendes. (United Service Journal 1834 II. P. 54 e.v.; Sketches of the Cape). Trouens 'n eie landgenoot wys al op die Engelsman se onhebbelikheid ‘to stigmatize with the name of error and consider as an aberration from propriety’ alles wat verskil van sy eie opvattinge. (Gleanings in Africa P. 47; vgl. Notes ens. by a Bengali. 1821; State ens. by a C.S., P. 151.e.v.). Tog beskuldig die Engelsman, hierdie ‘unbending creature’ (State id. P. 151 e.v.) die Hollandssprekendes van ‘rust en reserve’ omdat hulle weier ‘to conform to our modes’ (Sketches of India 1816. P. 225
Vgl. Notes ens. P. 98 e.v.), omdat hulle hulle Hollandse samelewing bly handhaaf! So duur die toestand voort tot ± 1825, behoudens 'n bietjie verengelsende invloed van wedrenne, bals, toneel ens. (State id. P. 164 e.v.).
In 1825 kan Teenstra nog getuig (Vruchten ens.I.P. 131 vgl. ook P. 360): ‘DeHollanders hebben hier toch boven de Engelschen in alles de voorrang; ook noemen zy Holland het Vaderland.... De Hollandsche taal en zeden blyven hier de hoofdrol spelen..... alhoewel enigszins verbasterd’. (Beter sou wees: ‘veranderd’. Ons moet natuurlik in hoofsaak dink aan Afrikaanse invloede. Op P. 370 noem Teenstra 'n Engelse gebruik - werklike verbastering dus - wat by maaltye al veelvuldig ingesluip het). Tegelykertyd hoor ons die voorbodes van die ‘Sturm und Drang’ periode wat sal volg op Somerset se magsmatreëls tot verengelsing: ‘Vele familiën.... verstaan zelfs geen woord Engelsch.... dan de Engelschen beginnen er thans meer werk van te maken, om hunne taal hier meer algemeen te doen gebruiken, echter geloof ik, dat dezelve door de Kapenaars nog langen tyd als eene vreemde taal beschouwd zal worden.’ Cowper Rose (Four Years ens. 1829) uit dieselfde tyd bevestig die afgesonderdheid van Engels- en Hollandssprekendes; maar, sê hy, die verengelsing gaan langsaam voort, in elk geval wat ‘Cape Town Society’ betref. ‘Indian Visitors’ of (‘Hindoos’ as gewone naam, vgl. Polson, A Subaltern's ens., P. 77 e.v.) naas Engelse offisiere, bly hulle aantrekkingskrag uitoefen; menige Hollandse meisie vind op die manier 'n man.
Dis duidelik: die Kaap bly oorwegend 'n Hollandse gemeenskap, maar die Engelse neem geleidelik in aantal en invloed toe, veral op sosiale gebied.
Iemand vind in 1842 (C. Wilkes U.S. Exploring Exped. Dl. II P. 348, 1842) dat ‘9/10 ths of the inhabitants... still have a Dutch look’; 'n mens kan, tot sy verbasing veel verder kom met Hollands as met Engels.
In 1843 was die Kaap nog ‘emphatically Dutch’, in taal, sedes en gewoontes. (Vgl. Groom: Drama in Cape Town, in Cape Ill. Mag. Sept. 1899.)
Die elemente van verderf was egter aan die werk, hoe langer hoe yweriger. In 1843 moet die Ned. Z.A. Ts. sy verskyning staak weëns gebrek aan ondersteuning; in 1844 wanhoop dr. Changuion aan die herstel ooit weer van die Nederlandse taal in Suid-Afrika, d.w.s. hy wanhoop eintlik aan die voortbestaan van 'n Dietse taalvorm