maak of ook iets in die sak kry; van konserte vir liefdadigheid of van deurreisende artieste wat 'n ekstra duitjie wil verdien.
Na 1818 word dit 1822 voor ons weer van gereelde intekenkonserte hoor. (K.C. 15 Jun. 22 e.v.). Hulle vind plaas in die Sosieteitshuis (soos die bals vgl. Bylae III). Sedert 1826 (by die bals 1835) vind hulle in die saal van die ‘Koopmansbeurs’ plaas. (Vgl. Wagner e.a. verderop). Dames -en vreemdelingekaartjies word beskikbaar gestel soos by toneelopvoeringe. (Vgl. bls. 161). Nagmaalsvieringe (vgl. bls. 142 [1811]) lei tot verskuiwing van datums.
Soms vind ons die musiekgeselskappe met toneelgeselskappe verbonde. (B.v. met T.N. en V., sien bls. 235, 242, 244; D.Y.V., Stellenbosch, sien bls. 254; V. en K., sien bls. 322 e.v.; Tot Oef. en Verm., sien bls. 249; All the World sien bls. 217, hier 'n ‘Amateur Band’.). 'n Aantal bekende leiers (musiekmeesters gewoonlik) en geselskappe verdien om genoem te word. Die heer Wagner word in 1826 geprys as die man wat die ‘first public Amateur Concert’, dus geen intekening en geslotenheid nie, in Suid-Afrika invoer. Ons hoor taamlik veelvuldig van hom, meestal met sy geselskap. (B.v. C. Adv. 2 Sept. '26 e.v.; Chron. 26 Sept.. 3 Okt. '26 - wat o.a. melding maak van afguns teenoor lede van die geselskap -; G.G. 27 Jun. '28; C.Adv. 9 Sept. '29; C.Adv. 29 Jun. '31; Z.A. 8 Okt. '41).
Sedert Okt. 1824 bestaan die Musiekgeselskap De Vriendschap van die heer Beck. (Verz. 15 Okt. '28). In 1828 word dit geprys omdat dit, vir 'n plek soos die Kaapse ‘uithoek’, reeds so lank bestaan! Hierdie bestaan sal nog veel langer wees In 1840 hoor ons nog daarvan (de Lima, Ged. 1840. P. 139. Vgl. voorheen Z.A. 29 Jul. 1831). Hierdie geselskap sal dieselfde gewees het as die ‘Z.A. Liefhebbery Muzyk Geselschap’ (vgl. T.N. en V. sien bls. 242 e.v.), en speel 'n hele tyd (minstens sedert 1829) met T.N. en V. saam. (Sien bo).
Besonder bekend is die geselskap Harmonie en Eendragt van die heer Beil. Dit word o.a. gereeld vermeld by die Fees van die Augsburgse Konfessie van die Lutherse Kerk. (C.Adv. 29 Jun. '31; Z.A. 15 Jun. '32; 31 Mei 28 Jun. '33; C.Adv. 22 Jun. '33 e.v.). Die geselskap verleen sy medewerking by die inwyding van die Nuwe Herv. Kerk in Kaapstad in 1833 en al die lede word opgenoem. (de Lima, Ter Herinnering ens. 1833). Met Vlyt en Kunst speel hul geruime tyd saam. (1834 e.v.; sien bls. 322 e.v.). In 1836 (G.G. 1 Jul.) help hulle by 'n konsert van die heer Douchez, 'n deurreisende harpkunstenaar wat egter agterbly! In 1840 hoor ons van Harmonie en Eendragt in Loopstraat 42. (Z.A. 25 Sept.). 'n Benefiese vir Beil, wat sukkelende is met sy gesondheid, vind plaas in 1847 (C.Adv. 9 Jun.). Op 26 Jan. 1852 is hy oorlede. (C.T. Mail, 2 Jul. '52). In 1837 en '38 hoor ons van 'n geselskap De Getrouwheid (Z.A. 11 Aug. 1837), wat met Tot Oefening en Vermaak verbonde is. In 1838 (Ned. Z.A. Ts. P. 315) span die liefhebberygeselskappe van Kaapstad en Stellenbosch saam om prins Willem Fred. Hend. van Oranje musikaal te verwelkom (vgl. bls. 339). De Getrouwheid bring hom op eie houtjie 'n serenade. (Z.A. Mei '38.) Die vermelding van Stellenbosch is nie iets nuuts nie. (B.v. C.Adv. 2 Mei, 26 Des. '29. Hier speel die geselskap by geleentheid van die skoolsluiting). Verder is dit met D.Y.V. verbonde. (Sien bo). Selfs op die Pêrel hoor ons van 'n musiekgeselskap (Z.A. 6 Aug. '30).
Die Engelse begin sedert 1830 meedoen aan musiekgeselskappe, maar bestaan veral as musiekkore en het soms kerklike assosiasies. So kry ons 'n ‘English Church Choral Society’ (C.Adv. 16 Febr. 1831; Alm. 1824; G.G. 31 Okt. 44), 'n ‘Amateur Musical Society’ (C.T. Mail 13 Jun. 1844 e.v. met ledetal, intekengeld ens. volledig vermeld; verder G.G. 18 Jul. '44; C.Adv. 22 Aug. '46). Hierdie geselskap veral het 'n paar jaar groot sukses. H. Carpenter (sien bls. 340) as sekretaris speel die groot rol daarin. Vermoedelik is hy einde 1847 of begin 1848 dood. Sedert 1848 in elk geval hoor ons nie meer van die ‘Amateur Musical Society’ nie. Maar 'n ‘Choral Society’ (die oue?) met J.M. Thorpe as Sekretaris laat van hom hoor. (C.Adv. 6 Sept. 48, 16 Maart 1850(?).) Vir die ‘Amicable Club, Musical Section’ in 1848 verwys ek elders. (Sien bls. 440; C.Adv. 5 Juli '48 e.v.).
In 1854 (C.Adv. 30 Maart e.v.) maak die ‘Singing Class’ van die ‘Cape Town Mechanical Institution’ opgang met hul konserte. En in 1835 hoor ons van oratorios. (C.Adv. 3 Mei; Mon. 23 Jun. '55).
Leermeesters gee konserte om hulself bekend te stel of om reklame te maak, ook natuurlik om iets te verdien. (B.v.J. Bertrand, K.C. 22 Nov. '17, 21 Sept. '22; Mnr. White, Col. 13 Mei '28; Mnr. Logier, Col. 24 Jun. '28; M. Gautrott, C. Adv. 21 Febr. '35 e.v.; M. Douchez G.G. 1 Jul. '36, 16 Jun. '37; C. Schultze, Z.A. 7 Okt. '50, C.Adv. 18 Apr. '54; Mnr. Birkmann(?), C.Adv. 18 Apr. '54, e.a.).