Die stilstand word gevoel en klagtes bly nie uit nie. 'n ‘Old Maid’ kla eind 1831 (C. Adv. 17 Des. 1831) in 'n baie grappige brief oor die afwesigheid van bals en die verkoop van die ‘Club House (with) the dear delightful ball-room’, met al sy herinneringe. Sy betwyfel haar kanse om nou ooit aan 'n man te kom! Iedereen praat net oor ernstige dinge in hierdie s.g. ‘Age of Intellect’, maar vergeet wat jong meisies toekom. Waar bly die manne van die stad? Hulle moet oppas anders neem sy nog haar toevlug naar ‘gekleurde’ manne!
'n ‘Old Bachelor’ antwoord op hierdie brief (C. Adv. 18 Jan. 1832) en stel 'n ‘mask’ (maskerbal) voor, daar hy gewone bals ‘tedious, tiresome, dull, vapid, stupid concerns’ vind, ‘an unvarying scene of walking, waltzing and quadrilling till supper and quadrilling, waltzing and walking till daylight’.
In Mei 1832 (C. Adv. 5 Mei 1832; sien bls. 220) verwag iemand maar min dans daardie jaar en dring op toneel aan. Direk op hom beveel iemand anders 'n dansklub aan op die lees van die Londense ‘Dancing Academies’ geskoei, met dansmeester ens. (Vgl. bls. 221). Van gereelde bals kom egter niks tereg nie.
In 1833 en 1834 verneem ons alleen van sporadiese bals b.v. 'n intekenbal ter ere van lady Cole in die Beurs (C.Adv. 17 Apr. 33 e.v.), en een met dieselfde doel deur die offisiere in die kasteel (C.Adv. 15 Mei '33; waarby o.a. 'n hele onaangename geskiedenis hom afspeel tussen goewerneur Cole en regter Wylde. Z.A. 13 Sept. '33); 'n ‘Race-Ball’ (C.Adv. 13 Sept. '33); 'n ‘Fancy Ball’ by die Goewerneur (C.Adv. 24 Mei 1834).
In 1834 (C.Adv. 18 Jun.) gee ook die Beurs kennis dat die akkomodasie vir publieke byeenkomste o.a. intekenbals, byna klaar is. In 1833 hoor ons van intekenbals soos voorheen. (C.Adv. 17 Jun. '35 e.v.). Lady D'Urban is beskermvrou. Die bals is gewoonlik vier in getal en vind plaas in die Beurs. Van nou af aan gaan die intekenbals hul gereelde gang gedurende hierdie tydperk.
Afgesien van die intekenbals het ons gewoonlik die wedrennebals (vgl. behalwe die reeds genoemde, K.C. 22 Sept. '15, G.G. 12 Sept. '28 e.a.; Bylae I.), en Goewerneursbals. (B.v. K.C. 29 Jul. 1809; 10 Aug. '16; 19 Apr. 17 e.v.). Van ‘Bachelors' Balls’ verneem ons eerste in 1822 (K.C. 27 Jul. '22; vgl. Verz. 20 Aug. '28). Lady Somerset in 1825 is die persoon wat eintlik ‘Fancy Dress Balls’ aan die Kaap begin. (K.C. 9, 30 Sept. '25). Daarna word dit 'n gereelde ding, en neem selfs ergerlike vorme aan b.v. in die gemaskerde ‘Rainbow Dances’ van kleurlinge en blankes. (Sien verder; Vgl. Verz. 24 Sept. '28). Dit is natuurlik alles meer of min openbare bals. Private danspartye spreek vanself.
Die Kapenaars was lief vir dans. Le Vaillant (Reizen ens. I. P. 25-27) en de Jong (Reizen ens. I. P. 130) het reeds hieroor in die 18de eeu aanmerking gemaak en dit gewoon 'n danspassie genoem. Teenstra in 1825 (Vruchten ens. I. P. 372) bevestig dit. Die Kapenaars sê hy, is ‘over het algemeen dolle liefhebbers van muzyk en dans, spelen en drinken.’ 'n ‘Civil Servant’ sê in 1822 (State ens. P. 164-166): ‘Dancing is the favourite amusement of the Cape ladies’; daar is private en publieke bals; die Kaap staan in weinig agter by die beste Londense danskuns. ‘Waltz and quadrille’, vervolg hy, is nou die goeie toon. Ook in hierdie opsig is daar ‘High Life below Stairs’ (Sinspeling op die bekende klugspel). Slawe en gekleurdes het hul ‘Rainbow Dances’, w.o. blanke manne nie ontbreek nie, en wat nie bepaald bevorderlik vir die sedelikheid is nie. (Die naam met die oog op die vermenging van kleure, is duidelik!) Negers (slawe en vry swartes- F.B.) het gewoonlik Sondags hul negerdanse op die rand van die stad. Polson (1835) (A Subaltern's ens. P. 77 e.v.) vertel van die bals in die Beurs, van die Indiese besoekers, ens. Trouens byna iedere reisbeskrywer laat hom uit oor vermake, o.a. dans soos hier beskrywe, aan die Kaap. Ewe noem ek hier United Service Journal 1834, II. P. 62 e.v.; Sketches of the Cape P. 62; Howison, European ens. 1834, I. P. 327. Webster Voyage ens. P. 242; A.W. Cole, The Cape ens. (1841), P. 160 e.v.; en ander reisbeskrywinge b.v. Chase, Howison en 'n Bengali verderop.
Ek het reeds gewys op die vermoedelike invloed van die Metodisme op die tot stilstand kom van dans in 1831. Vir daarna word die Metodistiese teenstand 'n voldonge feit. In sy grote verband behandel ek dit elders. (Vgl. bls. 349 e.v., 464 e.v.). Hier vul ek een en ander aan.
In 1835 as die intekenbals weer begin, hoor ons direk allerlei teen dans. Eers publiseer die Commercial Advertiser 'n brief waarin die aanwesigheid van predikante op bals onverklaarbaar gevind word. By die twede intekenbal vind ‘Paul Pry’ dit nodig om teen hierdie brief op te kom, en om in 'n verslag (C.Adv. 12 Aug. '35)