Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend
[pagina 515]
| |
Bylae II.
| |
[pagina 516]
| |
Met die Afr. Sos. Huis gaan dit na 1835 hoe langer hoe slegter. Teenstra (Vruchten ens., I, P. 372) praat in 1835 van ‘eene weinig bezocht wordende societeit, staande op de Heeregracht’. Veral die agteruitgang van die gewone winterbals (Bylae III; Col. 3 Apr. 1828), sal die Afr. Sos. Huis getref het. Misskien doen die opkomende Metodisme die sosieteit ook kwaad. (Vgl. bls. 349 e.v.). Sou tenslotte die ou inrigting ongeskik geword het? In 1830 vind die laaste winterbals in die Afr. Sos. Huis plaas (Bylae III); in 1831 word die gebou op 'n publieke vandiesie aan 'n private firma verkoop, (C. Adv. 317 Des. 1831; Alm. 1832). Terselfdertyd sal vermoedelik die lokaal by Groenpunt van die hand gesit gewees het. (Sien begin en G.G. 30 Mei '34). Die gebrek aan 'n dergelike geselligheidslokaal moes hom dadelik laat voel het. Tensy aan die ou inrigting doelbewus 'n einde gemaak is deur ongeskiktheid, deur teenstand teen bals ens. Immers, reeds begin 1832 (C. Adv. 8, 11 Febr., 7 Jul. '32) hoor ons van 'n nuwe ‘South African Club’ in Kaapstad, wat vermoedelik aandele uitgee. (Lit. Gaz. 2 Jan. 1832). In 1833 (Z.A. 14 Jan. 33) is die Sosieteit op die Keisersgrag gevestig. Dit word aangegee (Alm. de L. 1836) as die ‘South African Society and Clubhouse, 4 Keizersgracht’. Behoudens die voorvoeging ‘South (Zuid)’ en die meer gewone gebruik ‘Club’ i.p.v. ‘Society’ is die ou naam behou: (Vgl. Z.A. 14 Jan. '33; C. Adv. 1 Feb., 25 Nov. '37 e.v.). Voortaan is dit 'n gewone klub vir here. Winterbals is 'n saak van die verlede. Biljart, kaartspel ens. is die gewone vermake. (Polson, A Subaltern's ens., (1835) P. 77 e.v.). In 1843 word dit nog 'n ‘capital club’ genoem (Nicholson, The Cape ens. P. 13 e.v.). Die S.A. Klub se nuwe lewe duur 'n aansienlike tyd. Vermoedelik het die eksploitasie deur verpagting plaasgevind. (G.G. 28 Aug. J. Solomon is van plan om die klub op te gee en 'n winkel te open). In 1838 (G.G. 17 Aug.) vra die sosieteit 'n huis te huur vir gebruik as klub, vir 'n jaar of meer, by voorkeur op die Here- of Keisersgrag. F. Hope teken homself Sekretaris. Vermoedelik is die sosieteit toe naar die Heregrag, h.v. Kasteelstr. (In 1840 is hul tenminste daar. Alm.) In 1839 adverteer die Klub sy tarief. Volle pension is verkrybaar. Die pryse is goed. Die Klub bly 'n sentrum vir sportbedrywigheid (C. Adv. 22 Jan. '44). In 1846 is die Klub weer op die Keisersgrag. (No. 10. Alm. 1846). In 1849 kom dit tot 'n end. Blykbaar het die Anti-Bandiete Agitasie deur die wrywing tussen burgery aan die een kant, militêre en amptenare aan die ander, hom die nekslag gegee. Immers die moeilikheid is ternouernood verby of ons hoor van 'n nuwe klub met die Goewerneur as beskermheer ens. (Exc. Gaz. 26 Jul. 1850). W.H. Hiddingh, Sekr.; ook C.T. Mail. 23 Sept. '51). Maar intussen op 30 Jun. 1849 word die ou S.A. Klub ontbonde ‘there being only five members who are desirous that he Club should be continued.’ (C. Adv. 7 Jul. '49; C.T. Mail id.). |
|