Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend§ 4. Pietermaritzburg.Na die besetting van Natal deur die Engelse hoor ons ook van toneel in Pietermaritzburg. Sam SlyGa naar voetnoot5) neem die volgende berig uit De Natalier oor: | |
[pagina 510]
| |
‘Amateur Theatre. Mr. F.S. Berning Ws, lately from Cape Town, begs respectfully to inform the Public of Natal, that having brought with him an excellent Collection of Plays, most of which have been performed with the greatest success in the South African Metropolis; he intends with the assistance of young Amateurs of both sexes, which he trusts he will soon be able to obtain in Pietermaritzburg, to form a Theatrical Company, in the midst of which the most respectable Inhabitants of this town may by subscription and at a very cheap rate procure to themselves and fly every now and then an instructive and harmless evening recreation. For further particulars apply at the Office of the Natalier, where Lists are laying open for subscription’. Die taal van hierdie advertensie is nie onberispelik nie. Dit lyk baie of dit 'n vertaling uit die Hollands is. Ek sal my nie verwonder nie as Boniface daar agter sit. Hy het in 1844 naar Natal gegaan en was 'n medeoprigter van De NatalierGa naar voetnoot1). Ook toneelwerk het hy daar gelewerGa naar voetnoot2). Dit heet: Bluettes franco-nataliennes; ou recueil de contes, fables et autres petites pieces en vers et en prose, à l'usage des etudians et des amateurs de la langue francaise dans le pays de Natal. No. 2. Le Latanier, conte. (La mort du Latanier et la metamorphose de ses feuilles en papillotes, vaudeville à grand spectacle. 2 pts). Hs. Pietermaritzburg, 1846. (Dit is kennelik 'n hekelstuk op De Natalier. - F.B.). Van toneel op hierdie grondslag hoor ons nie meer nie. Blykbaar het daar niks van gekom nie. Ons volgende berigte is uit 1846 en dan is dit garnisoenstoneel. Sam SlyGa naar voetnoot3) sê: ‘We find that several balls and suppers, and dramatic performances have taken place, and united more hearts and hands, than the most perfect systems of jurisprudence or logic’. Hy gee dan enkele verslae uit De Natalier van Januarie weer. Dit blyk dat ‘the 45th Regt. at Fort Napier followed out the festivities of “New Year's Day” by an Amateur Performance the following evening, in one of the large Rooms of their Barracks which was tastefully fitted up for the occasion’. Die voorstuk was Zorinski (Th. Morton) Tsp., die nastuk Honest Thieves (Knight). ‘The characters were ably sustained’. Tussenin ‘a Highland Fling was danced in character, and with Highland energy, - after which “Jim Crow”, just come from Kentucky, sang his adventures with excellent effect; music lent its charms to an evening, than which we have seldom spent one more delightful. | |
[pagina 511]
| |
His Honor the Lt. Governor, the Commandant and Officers of the Garrison, with a number of the Gentry from Town, honored the performance throughout with their presence. We have heard another performance is in contemplation, if so, we hope the treat will equal the last, and conclude with our best wishes for its success. We would recommend the erection of a Theatre, the necessary funds to be raised by subscription, and will feel most happy to render all the assistance in our power for this object’. 'n Korrespondent in De Natalier gee nog 'n paar aanvullende besonderhede. Die voorstelling was op Vrydag 2 Januarie. Die Lt.-Goewerneur was op 'n dinee ontvang deur die 45ste Regiment, en daarna (om half-nege) het almal die komedie bygewoon. Dit was die twede voorstelling van die regiment sedert hulle aankoms in hoofkwartier, en het algemene voldoening gewek. ‘I at the same time trust, that ere long we shall see a permanent Theatre, which will greatly tend to drive dull care away; indeed, so dull are we getting at Pietermaritzburg, that had it not been for the presence of the military here, we should drudge along, and forget that life was worth living’. Op 3 Januarie het die Regiment die dames en here van die stad op 'n ‘Dejeune’ ontvang; ook van ander eetmale en bals van regimentsweë word melding gemaak. Tenslotte, in De Natalier van 23 Januarie, vermeld die korrespondent: ‘The hints which your last week's journal threw out on the subject of the erection of a Garrison Theatre, has been taken up, and met with the patronage of the Lt. Governor and Commandant. A play will come off on Monday week next, and I should propose with the view of forwarding the building which is now in progress, that all civilians attending should be charged a dollar or two shillings on admission’. Hiermee eindig ons mededelings vir hierdie tydperk.
Tenslotte rekapituleer ek kortliks wat ek my in die deel wat op hierdie werk volg, voorstel om te doen. Na 1855 is dit met die oorheersing van liefhebberytoneel aan die Kaap gedaan. In die 2de helfte van die 19de eeu neem Engelse beroepstoneel die oorheersende plek in. Engelse liefhebberytoneel bestaan voort, maar neem 'n volkome ondergeskikte posiesie in. Soortgelyke toestande vind ons terug in die res van Suid-Afrika. | |
[pagina 512]
| |
Vir sover die Hollandse toneel voortbestaan, bly dit by uitstek aan die Kaap (eers laat in die 19de eeu b.v. in Pretoria) en bly dit suiwer liefhebberytoneel. Sedert 1868 beleef dit daar 'n grote opbloei deur die ontwakende nasionale bewussyn van die Hollandssprekendes. J.C. Combrink en Melt Brink word die vernaamste figure op hierdie gebied. Tegelykertyd maak die Afrikaanse toneel sy verskyning, en sal met die begin van die 20ste eeu hoe langer hoe meer die enigste vorm van Dietse toneel word... tot 1927! Dan maak Verheyen e.a. weer hul verskyning met Hollandse toneel. Al hierdie toneel hoop ek om te behandel. Ook hoop ek as die groot tydperk van Hollandse toneel in die 19de eeu afgeloop is, om, aan die hand van die stukke wat gespeel is, 'n uitgebreider studie van hul aard en literêre waarde te maak, en om na te gaan in hoeverre ons daarin 'n weerspieëling van Kaapse (Suidafrikaanse) maatskaplike toestande kan sien. |
|