Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend§ 3. Kingwilliamstown.Van opvoeringe hier verneem ons eerste in 1854. Die aanwesigheid van buitengewoon groot aantalle troepe was waarskynlik die aanleidingGa naar voetnoot3) hiertoe. Op Woensdag 29 Maart word opgevoer The Irishman in London (Wm. Macready). Hulle word gevolg deur die Ethiopian SerenadersGa naar voetnoot4) ‘who elicited rounds of applause’. Die Goewerneur, Generaal en gevolg was aanwesig en ‘appeared to be highly amused with the excentricities of Box and Cox (J.M. Morton), which went off remarkably well. It is understood that a fresh drama is in preparation with new scenery, dresses, etc’. Meer vermelding vind ek nie van Kingwilliamstown in hierdie periode nie. |
|