Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend
[pagina 506]
| |
Hoofstuk IX
| |
§ 1. Grahamstad.Wat hierdie plek betref gee ek soos voorheen LaidlerGa naar voetnoot2) die woord. ‘During December 1841’, sê hy, ‘it was decided at a public meeting at Grahamstown to build a theatre to be styled 'The Albany Amateur Theatre', at a cost not to exceed £ 1.000, which sum was to be raised by selling 1.000 shares of £ 1 each. The talent was already there, and also an evident desire to make headway, but during the two following years Eastern Province papers made no mention of drama. The project was evidently dropped, for on 30th July 1844 the Amateur Musical Society gave their first performance in the Commercial Exchange, Grahamstown. No further news is gleaned until January 1858Ga naar voetnoot3), when a notice of the opening of the theatre appeared, and a conjurer from Cape Town gave a performance.’ Grahamstad wil dus 'n openbare skouburg by openbare inskrywing bou, maar soos in Kaapstad in dieselfde tydGa naar voetnoot4) misluk die plan. Intussen is Laidler se gegewens nie volledig tot 1858 nie; een en ander kan ek aanvul. Chase vermeld (1843)Ga naar voetnoot5) van Grahamstad dat ‘a theatre for amateur theatrical performances is about to be re-established.’ Vermoedelik het Kaatje Kekkelbek in 1844 op die Grahamstadse toneel die eerste lig gesienGa naar voetnoot6). Dit is nie alleen 'n deels gesonge, deels gesproke oorspronklike tussenbedryf nie, maar ook een van ons oudste voortbrengsels, gedeeltelik tenminste, in Afrikaans. Die inhoud van die stuk is tiepies | |
[pagina 507]
| |
van sy tyd. Dit steek veral die draak met die filantropiese dwaashede teenoor kleurlinge en Kafters, met die filantropiese onregverdighede teenoor boere in besonder van die Regering en van Exeter Hall se sendelingekliek in die tyd. Kaatjie is die tiepe van Hottentot- of kleurlingmeid vir wie drink, steel en tronktoe gaan die gewone sake van haar daaglikse bestaan uitmaak. Dis die maklikste manier om aan die kos te kom. Van verkeerdheid is geen sprake nie. As mense soos die sendelinge en regering wil dwaas wees, moet jy sien om daar sooveel moontlik profyt van te trek. Kaatjie is dus bedorwe; in die grond van die saak is sy nie so sleg nie. Ons voel dat met verstandige leiding sou 'n mens iets van haar kan maak. Veral win sy ons simpatie deur haar eerlike ongeveinsde uitblaker van eie handelwyse en beskouinge; deur haar ewe eerlike, openhartige kritiek van alle persone en toestande, hoog en laag. Kaatje Kekkelbek is spreekwoordelik geword in Suid-Afrika as 'n tiepe van grappige diensmeid-babbelaarster, wat, sonder om 'n blad voor die mond te neem, hoog en laag onder die roede van haar tong laat deurloop. In 1853Ga naar voetnoot1) word onder ‘Amateur Theatricals’ vermeld: ‘The officers in garrison at Grahams Town had announced their intention of giving a variety of entertainments in the Theatre Royal of that town on Thursday last’. Ons het dus garnisoenstoneel in Grahamstad, daar bestaan 'n skouburg. Dit was die tyd van die KafferoorlogGa naar voetnoot2); sou kapt. Hall van Kaapstad miskien onder hierdie spelers gewees het?Ga naar voetnoot3) Ongeveer twee maande later het ons 'n verslag van 'n voorstelling van hierdie geselskapGa naar voetnoot4), waaruit blyk dat hul reeds meer gespeel het. Op Dinsdag 11 Oktober het die geselskap in die Garnisoenskouburg, Grahamstad, Love à la Mode (Macklin), en The Three Clerks opgevoer, ‘the playing of the various actors winning golden opinions from all sorts of people. The band of the Cape Mounted Riflemen played in their usual excellent manner several new pieces of music and the house broke up amidst much laughter and applause. The JournalGa naar voetnoot5) announces that H.E. the Governor was present, and appeared in excellent health and spirit, and adds - “We are very sorry to observe that this is announced as the last performance, and we think the thanks of our fellow-townsmen are due to the officers | |
[pagina 508]
| |
who have contributed so much to the amusement of this otherwise dull capital.”’ Meer vind ek nie van Grahamstad gedurende hierdie tydperk vermeld nie. |
|