Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend§ 5. Die OpvoeringGa naar voetnoot4).a. Skouburge.Na die verlies van die ou Skouburg op die Boereplein sal dit lange tyd duur voor daar weer 'n dergelike openbare gebou tot stand kom. Die garnisoenspelers kom natuurlik die beste van die geval af. Hulle besit 'n eie bevredigende lokaal in die kaserne. Maar die spelers uit die burgery beleef 'n moeilike tydperk. Hulle word genoodsaak om hulle toevlug tot pakhuise e.d.g. te neem, wat hulle vir toneelspel inrig. Nie altyd was hierdie lokale bevredigend nie. Ongetwyfeld het hierdie gebrek aan 'n geskikte gebou toneelbedrywigheid teengehou, veral van Engelse kant. Die Hollandssprekendes was van oudsher gewoon om eie private lokale te gebruik; en is trouens die eerstes onder die burgery wat in hierdie periode voor die dag kom. So vind ons spoedig Tot N. en V. terug in 'n eie lokaal in Roelandstraat. Maar die Engelssprekendes kon hul beswaarliker aan so'n toestand gewen. Hulle wou en sou 'n behoorlike nuwe skouburg hê. Met die totstandkoming daarvan het dit moeilik gegaan. Hulle eerste poging misluk. Tenslotte bring hulle dit sover - egter net vir 'n paar jaar. Die skouburg blyk nie bevredigend te wees nie, raak tot niet en die ou storie begin van vooraf aan.
Die geskiedenis van die Garnisoenskouburg is die gouste vertel. Dit bly in die eerste plek die lokaal van die Garnisoensgeselskap. Vir ander geselskappe was daar sekere beperkingeGa naar voetnoot5) aan verbonde, o.a. die spesiale verlof wat altyd nodig was van die militêre owerheidGa naar voetnoot6). Ook die plek waar | |
[pagina 475]
| |
dit geleë was, word as 'n beswaar gevoelGa naar voetnoot1). Die gebruik van die lokaal skyn gratis te gewees hetGa naar voetnoot2). Ander geselskappe speel dus alleen onder besondere omstandighede daarin: by gebrek aan 'n ander lokaalGa naar voetnoot3), in samewerking met garnisoensliefhebbersGa naar voetnoot4), of by geleentheid van hefdadigheidsvoorstellingeGa naar voetnoot5). GroomGa naar voetnoot6) sprekende teen 1857-'58 deel die volgende mee oor die Garnisoenskouburg: ‘This theatre was in an immense room on the second floor in that part of the barracks on the Ziekestreetside, and was most conveniently fitted up with boxes, pit, and gallery, stage scenery, orchestra, dressing rooms, etc.! It held a very large audience, and was frequently used at this period for dramatic performances by the non-commissioned officers and men of the 73rd Regt.’ Dit was ongetwyfeld groter as die ander private lokale, hoewel dit nog altyd betreklik klein beteken. Origens word dit o.a. ‘this elegant little Theatre’ genoemGa naar voetnoot7). As sulks, was dit dus seker 'n heel geskikte lokaal. Die geskiedenis van die ander lokale begin - vir sover bekend tenminste - in 1841.
Die verlies van die ou Skouburg op die Boereplein moes al gou gevoel geword het. Onder 6 November '41 verskyn die volgende advertensie in die Cape Town Mail: ‘It is proposed to build a new and commodious Theatre, to be called the Royal Victoria, for the rational amusement of the public, both English and Dutch; in 500 shares, at £ 10 each. One pound to be deposited on each share, and the remainder to be paid by instalments.’ Sodra die aandele geneem is, sal 'n vergadering van aandeelhouers, 'n Komitee van Bestuur vir die bou van die skouburg ‘on the most approved plan,’ kies. ‘The business of the Theatre, when finished, to be managed either by a committee appointed for that purpose, or let, (as a party are willing to take the same, and give security for the amount, at a rate which would give the shareholders 8 per cent for their money) as the managing committee may think most advantageous to the shareholders.’ Alle gelde sal in die Regeringsbank gedeponeer word, in | |
[pagina 476]
| |
naam van die aandeelhouers, vir gebruik deur die Boukomitee alleen naarmate die vooruitgang van die gebou dit vorder. ‘That, when finished, there shall be a performance once in every week, in English, and a talented company be engaged from England, (assisted by a few amateurs) so as to merit the approbation of the public. And, that the public may enjoy a rational (as well as moral) amusement, as cheaply as possible, the prices of admission to be the same as in London. That, occasionally, the performances be appropiated for charitable purposes. Any lady or gentleman wishing to forward so laudable an undertaking, any donation will be thankfully received by Mr. Dyason, Keizersgracht, at the Commercial Exchange, the Public Library, the office of the Zuid-Afrikaan, or the Office of the Ware Afrikaan at which places, lists of shareholders will lie open, for the inspection of the public.’ Grappig is al die ‘douceurtjes’ in die stuk: die skouburg is vir die Engelse en Hollandse publiek; 8% diwidend word in sig gestel; ‘moral’ sowel as ‘rational’ vermaak word beoog - en so goedkoop moontlik; die liefdadigheid word nie vergeet nie. Hierdie eerste poging vir die bou van 'n skouburg misluk egter. In 1845 word die plan hervat met meer sukses. GroomGa naar voetnoot1) vertel in verband hiermee, sprekende oor 1843: ‘Not long after this, during business hours three young men (stellig van All the World. - F.B.Ga naar voetnoot2) one of whom was young Mr. H. Carpenter, a clerk at Thomson, Watson & Co., called on my employer with a prospectus and plans for building a small theatre at the corner of Drury Lane and Constitution street, the shares in which were, I think, £. 10 each, and a stipulation with the architect and builder that should the scheme not prove a success the building should be so constructed as to be readily turned into dwellinghousesGa naar voetnoot3). Sufficient shares were taken, and the building was rapidlyGa naar voetnoot4) completed with separate entrances to the boxes, pit and gallery. Mr. Carpenter a few years later fell off the top of the Devil's Head into a deep ravine and was killed on the spot... A very largely attended funeral followed’Ga naar voetnoot5). Van Sam Sly verneem ons die meeste ander dinge van belang in verband met hierdie skouburg. Onder 5 Junie 1845 skrywe hy onder hoof Theatres and Fancy Balls: | |
[pagina 477]
| |
‘By advertisement it will be seen that a project is afloat for the erecting of a new and commodious theatre, worthy the attention of a fashionable community, and to meet the necessary wants of the times.’ Hy wei uit oor hierdie benodigdhedeGa naar voetnoot1) en wat vir morele e.a. gesigspunte die ondernemers in die oog moet hou, en vervolg: ‘It appears to us, that if the shares had been £. 5, instead of £. 10, they would have been more convenient to many. Or if, instead of shares the sums were gifts, this might prevent a similar disaster, as on a former occasion, when the shares were all collected and sold, and the building was purchased for other purposes. Thus destroying the original intention, not mentioning what benefit may have accrued from the change’Ga naar voetnoot2). Daar volg op 3 Julie (maar 4 Junie onderteken) die prospektus van die nuwe skouburgonderneming. Dis byna woordelik dieselfde as die advertensie van 1841Ga naar voetnoot3), met die volgende wysiginge:
1. Wat betref die afbetaal van die aandele: Die Komitee van Bestuur vir die bou ‘be empowered to receive from the shareholders one pound sterling on each share, as a deposit, and the said Committee shall give four weeks notice any time they may require a further £. 1 per share, till the whole shares are paid up.’
2. Gelde sal gedeponeer word ‘in one of the banks, in Cape Town,’ in naam van die aandeelhouers, ‘and no shareholder to be liable for any more than £. 10 each share.’
3. Onder die plekke genoem waar lyste ooplê vir die publiek kom die Ware Afrikaan nie meer voor nie. Die volgende kom egter by: ‘The Society Houses, the Cape of Good Hope, South African and Colonial Banks, the Offices of Sam Sly, and Commercial Advertiser.’
Aanvanklik gaan dit goed met hierdie onderneming. Eind JulieGa naar voetnoot4) gee Sam Sly reeds te verstaan dat die skouburg werklik aan kom is; begin AugustusGa naar voetnoot5) sê hy: ‘A new theatre is about to be opened shortly.’ Die Akte van TransportGa naar voetnoot6) is gedateer Januarie 1846. Hiervolgens verkoop sekere mnr. William White aan Petrus Cauvin en John Francis LongGa naar voetnoot7) as ‘trustees’ van die Drury Lane Skouburg, 'n stuk grond op Constitution Hill, met 'n | |
[pagina 478]
| |
front van 76 voet op 'n steeg (Drury Lane) en op die ho van 'n publieke weg (Constitutionstraat). In Februarie 1846Ga naar voetnoot1) vertel Sam Sly onder ‘Public Buildings - die stuk verdien die volledigste weergawe ook om sy verdleersame inhoud -, ‘With the march of mind and Manillas two important buildings are now showing bold fronts, and lifting their lofty heads in Cape Town, the completion of which will have a singular effect upon men and manners. The one that lighten our darkness and streets-speaking unprofanedlyGa naar voetnoot2) - and the other to enlighten our minds and reform the age. The one to throw a blaze upon our mirrors and the other to hold the mirror up to nature and to reflect its virtues and vices. In short, the one to keep us from running against an post, or falling over a Hottentot Venus, and the other to exhibit Deaf as a Post, and the Invisible Girl; or, dropping the figurative, The Gas Works and The New Theatre. The former begins to show its character... Drury Lane and Constitution Hill, is also much advanced, and the scene of “Exits and Entrances,” side boxes, foot lights, pit, and dress boxes will soon be discoverable, and we shall soon hear of the printed orders, that “horses' heads are to point so and so in setting down and in taking up”. And in the Journal and on the walls will be placarded, - “This evening Her Majesty's Servants will perform Sandilla, the Kaffir Chief or the Weathercock;Ga naar voetnoot3) after which the much admired farce of Lucy Long, or Keep your time Miss Lucy”!Ga naar voetnoot4) The whole to conclude with a Comedy in one act, by a professional Gentleman of the Cape, called Received Payment, or Call again to-morrow can 't you?’Ga naar voetnoot5) Tenslotte beskryf hy nog 'n gebou ‘to point us to the skies’, die nuwe Engelse Kerk in Harringtonstraat. In AprilGa naar voetnoot6) sê Sam Sly: ‘We shall soon have the pleasure of reporting progress as to the new English Theatre, now erecting on Constitution Hill, which the wags call Drury Lane. But the sooner the remainder of the instalments are paid up, the sooner the building will be completed.’ ‘Drury Lane Theatre’ die spotnaam! Immers die offisiële naam was ‘Royal Victoria’. Tog sal die spotnaam die naam word wat bly. Die Hoopstraat-Skouburg sal hom binnekort die naam ‘Victoria’, toeeienGa naar voetnoot7). Die aanvanklike goeie vooruitgang van Drury Lane Skouburg was nou verby. Dit sloer met die bou. In JunieGa naar voetnoot8) sê | |
[pagina 479]
| |
Sam Sly, na hy die vooruitgang van die Rooms-Katolieke Kerk op die Looyersplein en die van die Engelse Kerk in Harringtonstraat beskrywe het, ‘But a few yards from this (nl. die Engelse Kerk), and staring it as it were out of countenance, is Drury Lane Theatre, at present dreary lane, the late floods having washed down part of the walls thereof, and put a stop to all progress in the building. The real Tragedy of the Kaffir disturbances will postpone for a time, the artificial Comedy, to be produced under this roof - but being placed on Constitution Hill, if its constitution be good, it will survive the relapse.’ As die ou Hoopstraat-Skouburg in Junie 1846 tot ‘Victoria Theatre’ gerenoweer isGa naar voetnoot1), sê Sam SlyGa naar voetnoot2), wat hierdie skouburg nie bevredigend vind nie, ‘For two hundred years has Cape Town been planted, and at present cannot boast a theatre - one in every respect worthy of its pride and consequence’. Hy vergelyk Kaapstad met Sydney, wat reeds in 1840 'n skouburg teen 'n uitgawe van £ 8000 en met 'n jaarlikse huur van byna £ 1000, gebou het. Op sy beste kan Drury Lane Skouburg dus eind 1846 klaargekom het. Dan kan dit in die seisoen van 1847 in eerste gebruik geneem gewees het. As Groom gelyk het sou dit inderdaad die geval weesGa naar voetnoot3). Maar dan moet die Franse geselskap se reklame van ‘newly-built theatre’ in 1848, alleen as relatief, in die algemeen waar beskou word; of as dit letterlik bedoel is, as onjuisGa naar voetnoot4). Vermoedelik is dit toe in sommige opsigte afgebou en in ander gerenoweerGa naar voetnoot5). Die skouburg word geprys vir sy besonder goeie inrigtingGa naar voetnoot6). Teen die end van 1848 verskyn 'n advertensie wat baie lig gooi op Drury Lane Skouburg as geldelike beleggingGa naar voetnoot7). Die heer W. White (dit blyk dat hy nog altyd 'n groot aandeel in die eiendom besitGa naar voetnoot8) gee kennis dat hy op Maandag 6 November sy eiendom op Constitution Hill, soos reeds geadverteer, per publieke veiling sonder reserwe sal laat verkoop, en terselfdertyd ‘peremptorily to the highest bidder Drury Lane Theatre! with all the Scenery, Decorations, upwards of 200 well selected Play Books and other Properties belonging thereto in order that the Advertiser, who is about leaving the Colony, may realize his interest therein. The Property being positively to be sold, offers an excellent | |
[pagina 480]
| |
opportunity, for the investment of Capital, as the Theatre is fitted up - complete, at an expense of £ 700, and has been let, during last season to Theatrical Companies at a rental of £ 12 per month. The Theatre has been expressly built and adapted to the adjoining Dwelling House with a view to the consolidation of the two properties into oneGa naar voetnoot1), which the intended departure of the advertiser prevents and offers means of Communication; which will greatly add to the comforts of Visitors and the convenience of Actors. N.B. Liberal Strykgeld and Bonusses will be given.’ L.P. Cauvin het, volgens Treble ViollGa naar voetnoot2), die skouburg gekoop vir £ 235. In Julie 1849Ga naar voetnoot3) word die verkoop geadverteer van ‘A Theatrical Wardrobe, containing Velvet, Satin and other Costumes, beautifully trimmed with Gold Lace, etc. in great variety. Ladies' Dresses with and without Trains. Hats, Feathers, Stage Boots and Shoes, Gauntlets, Cloaks and Masks. Also, a quantity of Books and Miscellaneous Articles, the property of a Gentleman about quitting the Colony.’ Sou hierdie heer nog steeds mnr. White gewees het? Na die Franse beroepspelers was die ‘Private Amateurs’ in Drury Lane in 1848Ga naar voetnoot4). Drury Lane blyk lang nie die publiek te voldoen nieGa naar voetnoot5). Die verlugting veral was sleg. Die publiek het behoefte gevoel aan 'n goeie skouburg en 'n goeie saal. Hulle het moeg geword om vir opvoeringe, konserte edg. van die een lokaal naar die ander te swerf. In Oktober was die saak voor die publieke aandag, en dit word begryplik dat die bestuurder van Drury Lane homself moeite gee om sy skouburg te redekoreer en verander. Begin 1849 speel die ‘New English Theatrical Company’ in Drury LaneGa naar voetnoot6). Teen die end van die jaar vind ons vermelding van 'n voorstelling van Tot Oef. en Verm. daarinGa naar voetnoot7). In 1850 is Lycett in Drury LaneGa naar voetnoot8). Hy gee homself besondere moeite om die skouburg van binne te verbeter en vermooi. Miskien gebeur dit deels onder drang van 'n hernude poging in Junie 1850 vir die bou van 'n nuwe skouburg. Immers so'n verlange kon alleen voortvloei uit ontevredenheid met die bestaande. Iemand pleit in Sam SlyGa naar voetnoot9) vir 'n ‘Theatre Royal’, met 'n kapitaal van £ 5000 in aandele van £ 10. Hy wys op die groot sukses van die Garnisoensgeselskap en van ander, ver- | |
[pagina 481]
| |
moedelik deur die eentonige lewe van die Kaap. Hy hoop hy sal die aandag van die Kaapse publiek kan wek vir die onderwerp. As eerste stap wend hy hom tot Sam Sly ‘seeing what you have ever evinced, to encourage and foster all that relates to the amusement and elevation of the masses, and to blend commerce with relaxation’. Die bestaande geriewe vir vermaaklikhede is onvoldoende. Die voorgestelde kapitaal is nodig vir die grotere behoeftes van 'n groeiende stad soos Kaapstad. Veertig jaar gelede is 'n skouburg gebouGa naar voetnoot1) deur publieke inskrywing. Die Kaap van sy dag, met 30.000 inwoners, met tal van vreemdelinge steeds in sy hawe, en daagliks groeiende, kan so'n skouburg bekostig, en goed laat betaal. As gevolg van die ‘perversion’ in gebruik van die ‘ou’ skouburgGa naar voetnoot2), ‘the public of Cape Town have been almost wholly deprived of the means of enjoying the most intellectual and improving entertainment ever introduced among mankind’; hoewel hul daar steeds die grootste belangstelling, onder watter omstandighede ook, voor getoon het. 'n Beter skouburg, met 'n hoër peil van speel kan dus seker op ondersteuning reken. So'n gebou kan ook gebruik word vir ‘balls, concerts, lectures, etc.’, waarvoor die grote Beurskamer nou moet dien, tot groot ongerief van die handelsgemeenskap. Die skrywer gee saaklike besonderhede en teeken homself ‘Spectator’. Ons hoor niks verder van die voorstel nie. Begin 1851 is Parker in Drury LaneGa naar voetnoot3). In MeiGa naar voetnoot4) heet die heer Albert French bestuurder van Drury Lane en gee konserte. Maar sy sukses is gering en hy verdwyn gou. In Junie hoor ons van 'n voorstelling van D.Y.b.d.K. in Drury LaneGa naar voetnoot5). Maar dan is dit uit met Drury Lane, vermoedelik spoedig hierop. Waarom sou anders 'n geselskap soos D.Y.b.d.K. in 1852Ga naar voetnoot6) 'n nuwe lokaal betrek; 'n nuwe Engelse geselskap in 1854Ga naar voetnoot7) in die lokaal van D.Y.b.d.K. gaan, terwyl allerweë gekla word oor die kleinheid en ondoeltreffendheid daarvan; en tenslotte Parry in 1855 'n nuwe lokaal inrig in die Beurs?Ga naar voetnoot8) Waarom veral sou sedert eind 1853 weer 'n beweging aan die gang wees vir 'n nuwe skouburg? Drury Lane was te ongeskik en is afgedank. Direk sal ook blyk dat besware bestaan teen die Garnisoenskouburg. | |
[pagina 482]
| |
Reeds in September verneem ons van 'n plan wat gaande isGa naar voetnoot1) vir 'n nuwe skouburg, deur 'n maatskappy met aandele. Dan hoor ons:Ga naar voetnoot2) ‘It is proposed to form a joint-stock company for the purpose of erecting a theatre in Cape Town to consist of 400 shares at £ 5 each, £ 2 per share to be paid up as soon as the 400 shares shall have been subscribed for, the second payment of £ 1 per share, to be paid two months after the first, and the third payment of £ 2 per share to be paid six weeks after notice shall have been given by the directors. No shareholder shall be allowed to possess more than ten shares in his own right and every shareholder holding not less than five shares, will be eligible as a director!’ Begin 1854Ga naar voetnoot3) verneem ons: ‘A New Theatre. - The inconvenience of the Garrison Theatre having been felt, owing to certain restrictions and its peculiar locality a party of gentlemen have it in contemplation to erect a new one, and are in quest of a suitable site to commence operations.’ Teen die end van die jaar hoor ons van 'n gelykluidende plan, blykbaar dieselfde, van Hollandse kantGa naar voetnoot4), daar hulle hul Breestraat-Skouburg te beperk vind. Van al hierdie voornemens kom niks tereg nie. Dit sal 1857 word voor 'n skouburg deur die energie van ParryGa naar voetnoot5) tot stand kom. Maar intussen, na 1851, het Drury Lane Skouburg vergoed tot 'n end gekom. Die Garnisoenskouburg en Drury Lane was by uitstek Engelse skouburge. Eweneens Engels was die Rosestraatlokaal in 1844Ga naar voetnoot6) en Parry se ‘Drawing Room Theatre’ in die Beurs in 1855Ga naar voetnoot7), waarmee Parry werklik iets buitengewoons tot stand gebring hetGa naar voetnoot8). 'n Lokaal wat eintlik Hollands was, maar 'n tydlang vrywel verengels en selfs 'n Engelse naam kry, is die Hoopstraat-Skouburg, in sy Engelse tyd as ‘Victoria Theatre’ bekend. Hierdie skouburg heet in die begin van hierdie tydvak nog dikwels ‘Liefhebbery Tooneel’, en sal dieselfde gewees het as die ‘Liefhebbery Tooneel’ van die vorige tydperkGa naar voetnoot9). In 1843 speel D.Y.V. in die ‘Liefhebbery Tooneel’Ga naar voetnoot10) sonder enige verdere aanduiding van plaas. All the World speel daar ook, en dui dit aan as ‘Amateur Theatre’ (Liefhebbery Tooneel) in Hope-Street.Ga naar voetnoot11)’ Dat die benaming ‘Liefhebbery Tooneel’ 'n gewone is, sien ons uit die aankondiging van 'n konsert in 1844 in die ‘Liefhebbery | |
[pagina 483]
| |
Tooneel’Ga naar voetnoot1), sonder enige verdere aanduiding. Origens verneem ons niks van die ‘Liefhebbery Tooneel’ in 1844 nieGa naar voetnoot2). In 1845Ga naar voetnoot3) word geadverteer: ‘To Amateurs. - To let, the well-known Store in Hopestreet, Cape Town, neatly fitted up as a Private Theatre. It may be had for a Season, single Evening, or on Lease. For further particulars, apply to Plein-street, Cape Town. P.J. Haupt & Co’. Dat dit met die verhuur moeilik gegaan het, blyk uit die talryke herhaling van die advertensie. Miskien het dit selfs heeltemal nie destyds geluk nie. In 1849 verneem ons dat Lycett sy intrek daarin neemGa naar voetnoot4). Soos Groom sê: ‘He had fitted up a theatre in the upper story of Haupt's large wine store in Hope-Street... The upper store mentioned was divided lengthwise by a wooden partition for about half the length of the store, which was crossed by a partition about midway in the length of the store, one side being devoted to the refreshment department and promenade, the other to the auditory, which was fitted up much after the Roeland-street plan, but with a gallery at the street end. Behind the middle partition was the stage and dressing-rooms, arranged respectively on each side.’ In Julie 1850Ga naar voetnoot5)Ga naar voetnoot5) adverteer P.J. Haupt & Ko.: ‘To Let, The Theatre and Theatricals, in Hope-Street, Cape Town, with immediate posession’. Hierdie lokaal in Hoopstraat sal stellig 'n ander gewees het, as die ou ‘Liefhebbery Tooneel’. As dit tevore 'n skouburg was, sou dit seker as sulks in 1845 geadverteer gewees het - veral 'n bekende as die ou ‘Liefhebbery Tooneel’ (of na 1845 ‘Sans Souci’ Skouburg [1848] of ‘Victoria Theatre [1849] soos dit by tussenpose heet). Die hele bewoording van die advertensie maak duidelik dat die heer Haupt 'n wynpakhuis - hy lê nadruk op die welbekende pakhuis - as 'n skouburg ingerig het, met die doel om dit saaklik te verhuur. Ook Groom se verwysing daarheen bevestig hierdie opvatting. Nêrens blyk dat dit die ou ‘Liefhebbery Tooneel’ kon gewees het nie. Bowendien gebeur dit selde dat verskillende gereeld spelende geselskappe in dieselfde private lokaal speel. Was die ‘Liefhebbery Tooneel’ en Haupt se pakhuis een, dan moes Lycett en Hoop en Trouw (Tot Oefening en Vermaak)Ga naar voetnoot6) in één skouburg in 1849 gespeel het. Dit lyk my volkome onwaarskynlik, en word selfs byna onmoontlik as ons bedink dat H. en T. reeds in | |
[pagina 484]
| |
1848 in die Hoopstraat-Skouburg speel, terwyl Groom (1849) duidelik praat van 'n wynpakhuis in skouburg verander, en oor die algemeen die indruk wek dat Lycett dit uitsluitlik gebruik het. Kortom, ek reken ons het met twee lokale in Hoopstraat te doen: die ou ‘Liefhebbery Tooneel’ en Haupt se pakhuisGa naar voetnoot1) Dat ons van die ou ‘Liefhebbery Tooneel’ in 1845 niks hoor nie, kan aan die slegte toestand daarvan gelê het. In Junie 1846Ga naar voetnoot2) word berig: ‘Victoria Theatre. Hope-street. This Theatre having undergone a thorough repair, with the addition of new scenery, dresses, and decorations will be opened to the Public on Thursday Evening July 9th 1846. Further particulars in a future advertisement’. ‘A new Theatre in Hope-street’ noem Sam Slv dit, vergelykenderwyse gesproke natuurlik. - Ongetwyfeld is die ‘Victoria Theatre’ die ou ‘Liefhebbery Tooneel’Ga naar voetnoot3). Dit blyk All the World te wees wat die skouburg in 1846 open en daar nog speel in 1848Ga naar voetnoot4). Begin 1848Ga naar voetnoot5) was ook die Franse geselskap van Dalle Case daarin wat dit verdoop tot Sans Souci Theatre - 'n naam wat met hul weer verdwyn. Hierna word net gepraat van die Hoopstraat-Skouburg, soos by All the Worla in 1842, en by H. en T. (Tot Oefening en Vermaak) 1848-'49Ga naar voetnoot6). Verwarring met Haupt se lokaal is sedert 1849 nie uitgeslote nieGa naar voetnoot7). In 1850 speel Parker, wat hom ‘eienaar’ noem, in die Hoopstraat-SkouburgGa naar voetnoot8); in 1851 en 1852 speel D.Y.b d.K.Ga naar voetnoot9) verskeie male daarin; in 1851 tree J. Russell daarin opGa naar voetnoot10). Hiermee eindig die geskiedenis van die Hoopstraat-Skouburg tensy ons Groom se noem daarvan in 1856 as juis moet aanvaarGa naar voetnoot11).
Die by uitstek Hollandse skouburgGa naar voetnoot12) in hierdie periode is die Roelandstraat-Skouburg. Ons kan aanneem dat T.N: en V. daarin van 1842-1847 gespeel het, hoewel ons eerste vermelding nie voor 1843 is nieGa naar voetnoot13). Daar bestaan meer volledige beskrywinge van die inrigting, die aard van werksaamheid ens. van hierdie skouburg, as van enige ander een. | |
[pagina 485]
| |
Om mee te begin is daar GroomGa naar voetnoot1). Die skouburg was die ‘large red-brick store in Roeland-street, nearly opposite the large gates leading to the gardens of the Normal School... I found the ground floor converted into a very pretty theatre with stage etc., and a row of single-lined boxes running down both sides of the very long room. They were tastefully decorated with drapery and contained the youth, and I may say the middle-aged beauty of Cape Town, dressed in their best, and such a lot of pretty smiling faces graced these comfortable stalls that I was not surprised that the occupants of the central portion of the room or pit, all of the masculine gender, were both old and young (the jeunesse dorée of Cape Town) on tip-toes of expectation for the performance.’ Hy beskrywe die musiek en die opvoeringGa naar voetnoot2) en vervolg: ‘During the intervals refreshments were brought in, cakes, jellies, lemonade, milk etc., and handed round to the occupants of the stalls, and quite a lively conversazione took place, when the merits of the actors were duly criticised by the audience. It had quite the effect of a large family party. Everybody seemed to know everybody else, and nothing but pleasure and good-will seemed to be the order of the day. I believe these amateur theatricals were supported by contributions from the materfamilias and paterfamilias of the subscribers and when a performance took place a suitable number of tickets was sent round to the various families.’ Sam Sly gee ons ook 'n paar beskrywinge. Vir die een verwys ek eldersGa naar voetnoot3). In die anderGa naar voetnoot4). vertel hy eers een en anderGa naar voetnoot5) oor die verdienstes van die skouburg en sy spelers, oor die gehoor en oor die stand van toneel aan die Kaap, en vervolg: ‘There stands the theatre in Roeland-street - that belonging to the English Amateurs is in Rose-street - built for Mr. de Vos as a wine store, consequently is not as 'broad as it's long', but much longer than it is broad, perhaps for Theatrical purposes inconveniently so, rendering it difficult at the farthest seats to catch a proper sight and hearing of the stage business, not more from the distance than from the evenness of the Pit, which prevents those behind from looking over the heads of those in front. But all is as neat and as clean as a new pin. The seats are covered with crimson cloth, as also are the backs of the dress gallery, in front of which all round hangs a festooned drapery of similar color, looped up, and trimmed with gold, ornamented also in the centre with the crown and cushion and with the two colors | |
[pagina 486]
| |
and arms meeting over. There are also two elegant chandeliers, burning sperm candles. That drop scene is also well painted, representing an ancient city in ruins; but the base of one of the temples is disfigured by a peep-hole through which curiosity or timidity has been anxious to look.’ Sam Sly bespreekGa naar voetnoot1) die orkes, die spelers, die werksaamhede van die aand, merk op die gewoonte van vrouens aan die Kaap om saam te hokGa naar voetnoot2), wat skadelik is vir die geselligheid van die geleentheid, en gee tenslotte die program weer. IemandGa naar voetnoot3) wat aan die Kaap was gedurende 1844-1845 getuig: ‘There is a Dutch Amateur Theatre it is true, but the society is limited - exclusiveGa naar voetnoot4) - and decidedly more expensive than it is worth.’ Behalwe T.N. en V. vind ons in Roelandstraat die Afrikaanse spelers van die Engelse opvoering in 1843Ga naar voetnoot5); All the World in 1845Ga naar voetnoot6); en die English Private TheatricalsGa naar voetnoot7) in 1847. Dan is die rol van die Roelandstraat-Skouburg uitgespeel. In November 1847Ga naar voetnoot8) verskyn die volgende leerryke advertensie: ‘Sale of the Fittings etc. of the Dutch Theatre in Roeland-Street. By Tender. The undersigned will receive Tenders till the 25th inst., for the above consisting of 22 Benches side and circle Boxes, the Stage (for which 150 Deals were used), Side Scenes, Drop Scenes, Clothing etc. etc. as per Inventory to be seen on Application to the Undersigned, where the terms can also be ascertained. As some English Companies are about to be established next year it offers a favourable opportunity to Capitalists, the rent received by the present Company from others having been £ 10 for each Performance, and the cause of the Company breaking up being solely the want of sufficient support from the Cape Dutch Public. Die verkoop by tender wou nie luk nie. Op 18 DesemberGa naar voetnoot9) gee Werdmuller kennis dat Mr. C.W. Adams die hele inhoud van die skouburg sal verkoop ‘this morning (Saturday) | |
[pagina 487]
| |
at his Commission Sale without the least reserve.’ So kom ook die Roelandstraat-Skouburg tot 'n end. 'n Paar jaar later is D.Y.b.d.K. in volle bloei en rig 'n eie lokaal in: die Breestraat-Skouburg (1852-'54Ga naar voetnoot1), hoek van Bree- en Dorpstraat. Dit word die Hollandse skouburgGa naar voetnoot2), en heet ‘welingericht’. Die lokaal was egter baie klein; 'n gebrek wat later dermate gevoel word dat dit oorsaak word van die ontruiming van die gebou, en deur die mislukking van planne vir 'n groter skouburg, tot die einde van die geselskap. Ook 'n geselskap van jonge Engelse amateurs, die City Amateur Theatrical Society, speel in die Breestraat-Skouburg in 1854Ga naar voetnoot3). | |
b. Inwendige Bestuur en Indeling; Pryse.Uit een en ander het die inrigting van die skouburge reeds duidelik geword. Loges (Boxes), Parterre of Bak (Pit) en Gaandery (Gallery) bly die gewone indeling. Intekenlyste bestaan voort, met intekengelde blykbaar vooruit betaalbaarGa naar voetnoot4). Die uitsonderinge op intekenlyste is in die eerste plek die Garnisoensgeselskap; verder, gewoonlik professioneel-gekleurde geselskappe. Oor die algemeen behou die Hollandse geselskappe 'n meer gesloteGa naar voetnoot5), ‘private’ karakter as die Engelse. T.N. en V., D.Y.V. e.a. gee nooit hul pryse aan nie. Tog was toegangskaartjies (die woord ‘lootjes’ duik nog maar 'n enkele keer opGa naar voetnoot6), altyd verkrybaar. Die pryse ondergaan oor die algemeen 'n vermindering: die meesgewone is 4/-, 2/6, 1/6 of 3/-, 2/-, 1/6. Aanvanklik is die eerste reeks die gewone; later oorheers die goedkoper pryse. By buitengewone geleenthede heers natuurlik buitengewone pryse. So kos die plekke van die een liefdadigheidsvoorstelling van D.Y.b.d. K. in 1855Ga naar voetnoot7) 5/-; Dalle Case begin met 'n eenheidsprys van 7/6Ga naar voetnoot8); Parry se pryse begin by 5/-Ga naar voetnoot9). Famieliekaartjes (van vier gewoonlik) teen verminderde pryse kom in gebruikGa naar voetnoot10). Eintlik is dit 'n gebruik wat van konserte oorgeneem word. | |
c. Dekors en Kostuums.Op hierdie gebied het hierdie tydperk stellig minder gepresteer as die vorige - sirkusvoorstellingeGa naar voetnoot11) natuurlik uitge- | |
[pagina 488]
| |
sonder. Uit die aard van die saak het die kleiner lokale waarin die geselskappe moes opvoer hulle ondernemingsin gestrem. 'n Boniface of Booth was daar nie meer om gedurig ets nuuts te onderneem nie. T.N. en V. presteer ongetwyfeld nog die meesteGa naar voetnoot1). Sam Sly prys hulle valskerm (drop-scene) en ander dekors, baie waarvan uitstekend gedaan is deur plaaslike talentGa naar voetnoot2). Meermale word die lof herhaalGa naar voetnoot3). T.N. en V. se uitverkoop in 1847 wys op 'n ryke voorraad aan allerlei benodigdhede. Die ander Hollandse geselskappe presteer minder, tenminste ons hoor van minder. Van Tot Oef. en Vermaak verneem ons alleen één keer van nuwe skerme ens.Ga naar voetnoot4); van D.Y.V. nooitGa naar voetnoot5). D.Y.b.d.K. kondig verskeie kere nuwe kleding ens. aanGa naar voetnoot6), en oes ook soms lof in daarvoorGa naar voetnoot7). Naas T.N. en V. kom die garnisoenspelers te staan, tenminste sedert 1850. Hulle kondig verskillende kere nuwe dekors ens. aanGa naar voetnoot8). As hulle in 1851 'n keer hulle voorraad van die hand sit, heet dit 'n ‘beautiful collection’Ga naar voetnoot9). Lof bly nie uit nieGa naar voetnoot10). Plaaslike skilderstalent vertoon homselfGa naar voetnoot11). Van die ander Engelse geselskappe verneem ons weinig. All the World open die gerenoweerde Hoopstraat-Skouburg (‘Victoria Theatre’) in 1846 met baie nuwe dekors ens.Ga naar voetnoot12). Van almal oes Lycett egter die meeste roem inGa naar voetnoot13). Parker se geselskap ontvang lofGa naar voetnoot14) en natuurlik ParryGa naar voetnoot15). Drury Lane Skouburg (of die heer W. White), skyn 'n massa kosbare kostuums ens. te besit hetGa naar voetnoot16). Die koste van kostuums ens. word gewoonlik uit die innames bestry, maar soms het die spelers nie alleen hulleself van kostuums voorsien nie, maar ook op tekorte inbetaalGa naar voetnoot17). | |
d. Tyd.Die verskeidenheid van geselskappe en vermake het ook verskeidenheid van speeldae in die lewe geroep. Vir die eerste paar jaar van hierdie tydperk bly Vrydag die gewone dag vir almalGa naar voetnoot18). Sedert ongeveer 1845 verander die toestand. Soms het | |
[pagina 489]
| |
die geselskappe vaste speeldae, soms nie. So speel T.N. en V. in 1845 gewoonlik op WoensdagGa naar voetnoot1), van 1846-'47 gewoonlik op DinsdagGa naar voetnoot2). Tot Oef. en Vermaak speel op geen vaste dag in 1849Ga naar voetnoot3) nie, op Donderdag in 1851Ga naar voetnoot4); D.Y.b.d.K. gewoonlik op Donderdag van 1851-'55Ga naar voetnoot5). By die Engelse en ander geselskappe is 'n vaste speeldag die grote uitsondering. Tot die, wat 'n vaste dag het, kan ParkerGa naar voetnoot6) en LycettGa naar voetnoot7) se geselskappe in 1850 behoort; ook die Garnisoensgeselskap in 1850 en '52Ga naar voetnoot8), en miskien in 1847Ga naar voetnoot9). Miskien het in die algemeen Woensdag ook enigsins die voorrang gedurende die eerste jare na 1850Ga naar voetnoot10). Die ure van speel word oor die algemeen 'n halfuur later. Opening 6.30 n.m.; Aanvang 7.30 n.m.Ga naar voetnoot11). Natuurlik is daar baie uitsonderinge op hierdie reël b.v. vroeër aanvang (7 uur)Ga naar voetnoot12) - veral in die Garnisoenskouburg met opening, om 6.30 n.m.Ga naar voetnoot13) -; sowel as later (8 uur)Ga naar voetnoot14). Om 1855 is Parry se ure: opening 7 uur; aanvang 7½ uurGa naar voetnoot15). Dit sal by diè tyd ongetwyfeld die meesgeskikte ure gewees het. Op tyd beginGa naar voetnoot16), sowel as op tyd eindigGa naar voetnoot17), word op prys gestel deur die publiek. T.N. en V. waarsku eensGa naar voetnoot18): ‘N.B. De Deuren zullen stellig niet voor half 7 uren worden geopend’ - teen mense wat te gretig was om die beste plekke te kry? Maar laatkomers bly ook aan die orde. EenkeerGa naar voetnoot19) verneem ons by 'n Engelse liefdadigheidsvoorstelling dat plekke tot die end van die eerste bedryf bewaar sal word - 'n guns! | |
e. Publiek.Die publiek behou sy kenmerke van vroeër, behalwe dat sy gedrag oneindig minder aanleiding gee tot maatreëls daarteen of klagtes daaroor. Hiervoor sal allerlei redes bestaan het. Nie alleen was die vermake minder nie; maar hulle het 'n veel meer geslote karakter gedra, d.w.s. daar is veel meer | |
[pagina 490]
| |
keuring op die toegelate persone toegepas. Miskien ook het die Metodistiese agitasie tenminste hierdie goeie gevolg vir vermake gehad, dat dit inderdaad die openbare maatskaplike sedes verbeter het. En veral - Boniface was sedert 1844 nie meer aan die Kaap nie, Boniface met sy persoonlike toneel en persoonlike vyande, vrugbare bodem vir die aankweek van wangedrag, vir die veroorsaak van allerlei wanordelikhede. Tog bly 'n enkele van die ou toestande voortbestaan. Dikwels word gewaarsku dat geen geld aan die deur aangeneem of kaartjes daar verskaf word nie; so by EngelseGa naar voetnoot1) (behalwe dat ons dit nooit van die Garnisoensgeselskap verneem nie), as by Hollandse geselskappeGa naar voetnoot2) (behalwe dat ons dit nooit van H. en T. (Tot Oef. en Vermaak) verneem nie). Stellig het dit egter dikwels plaasgevind. Groom vertel dat by Lycett se voorstellinge in 1850Ga naar voetnoot3) ‘two well-known members (van die Vrymesselaarslosie-F B.) and townsmen... Mr. James Templeman and 'Sandy' Mathieson... took the money at the doors.’ Eenkeer maak T.N. en V. ‘de Inteekenaren indachtig dat de Inteekeningsgelden vooruit betaald moeten worden, en dat de Tresorier tot den ontvangst daarvan tegenwoordig zal zyn;’Ga naar voetnoot4) 'n ander keer sê die geselskap dat die deure nie voor half sewe oopgaan nieGa naar voetnoot5). Oor die algemeen val daar weinig op te merk oor die gedrag van die publiek in die skouburg. 'n Enkele maal lok dit onaangename aanmerkinge uit, veral ten opsigte van die engelebakGa naar voetnoot6). Nuut is die beskuldiging teen die Kaapse publiek eenkeer ingebring, dat hul 100 jaar agter op gebied van toneeletiket is, omdat hul mnr. G.V. Brooke met geen welkomsapplous by sy eerste verskyning begroet het nieGa naar voetnoot7)! Daarenteen word die goeie orde wel eens geprysGa naar voetnoot8); maar, ook nuut, die gedrag van die akteurs eenkeer sterk gelaakGa naar voetnoot9). Nie alleen Kaapstad nie, maar ook omgewing bly die toneel ondersteunGa naar voetnoot10). Inderdaad professionele elemente begryp die waarde van hierdie ondersteuning so goed dat die Italiaanse Sirkus van 1847 vir spesiale omnibusse sorg om | |
[pagina 491]
| |
mense van Wynberg en omgewing te vervoerGa naar voetnoot1), 'n voorbeeld wat navolging ondervindGa naar voetnoot2). Dit spreek vanself dat mense wat op hul gemak gestel was of op enige afstand gewoon het, beswaarlik te voet naar die komedie sou kom. Die omnibusse is later 'n hulp, maar die meeste mense sal in eie of gehuurde voertuie gekom hetGa naar voetnoot3). Sam Sly verwys reeds grappigerwyse in 1846 naar die ‘printed orders’ vir ‘horses heads’ wat in een of ander rigting moet staan, ‘in setting down and taking up’ by sulke geleenthede. Parry, die handige saakman, sit in sy advertensies hoe laat ‘carriages may be ordered’Ga naar voetnoot4). Selfs die orde van inry gee hy eenkeer aanGa naar voetnoot5): ‘Carriages and Cabs are requested to set down and take up with the Horses' Heads towards the Library’. Die besorgdheid oor die tydige ophouGa naar voetnoot6) van voorstellinge sal grotendeels aan die aanwesigheid van hierdie soort publiek toe te skrywe wees. | |
f. Kritiek.Die koerante bly taamlik reëlmatig kritiek uitoefen, in besonder die Cape MonitorGa naar voetnoot7). Die kritieke van hierdie blad is van 'n besonder loflike gehalte. Dit getuig van uitgebreide kennis en veel insig en is van 'n besonder opbouende aard. Te graag wil dit egter soms die goeie verheerlik. Dan kom die Commercial Advertiser dit met opvallend koele en nugtere kritiek temperGa naar voetnoot8). Naas die Monitor kom die African Journal van Sam SlyGa naar voetnoot9) te staan. Ook diè lewer waardevolle kritieke, maar is veral van belang vir sy onvermoeide stryd vir gesonde vermaak, in besonder toneel (‘The Play, the Play's the thing’), sedert 1843Ga naar voetnoot10), 'n stryd wat hy tenslotte met besondere sukses bekroon sien. Ook die Hollandse toneel kry sy meeste kritiek - uit Engelse bron! Sam Sly, in Cape Town MailGa naar voetnoot11), en veral African Journal moet hier genoem word. Die kritiek erken die ‘sedelike’ element in toneelGa naar voetnoot12) en wag nie om teen ongewenste stukke, uit diè oogpunt besien, op te tree nieGa naar voetnoot13). Soos gewoonlik vergewe dit baie op gronde van liefhebberyGa naar voetnoot14) en liefdadigheid. Sam Sly is in die opsig milder as die Monitor. Tog laat hulle hulle nie somar met | |
[pagina 492]
| |
enigiets tevrede stel nie. Die slae val waar dit nodig is en in die geval van professionele kragte soos Brooke en Parry word niks oor die hoof gesien nie. In opbouende sin word twee dinge die amateurs steeds voorgehou: ‘Hold the mirror up to nature’ (Monitor en Sam Sly); werk hard (Monitor). Origens behou die kritiek die kenmerke van voorheen. | |
g. Spelers en Stukke.Op gebied van Hollandse en Engelse toneel toon hierdie tydperk sy heel besondere kenmerke. Op gebied van Hollandse toneel steek die feit uit van die kragtige insiatief deur ‘jongelieden’ geneem. So by D.Y.V.Ga naar voetnoot1), so, (tenminste na die samesmelting met D.Y.V.) by T.N. en V.Ga naar voetnoot2), so by D.Y.b.d.K.Ga naar voetnoot3) 'n Geselskap jeugdige Engelse amateurs maak eweneens hul verskyning in 1854Ga naar voetnoot4). Ten opsigte van name is ons die slegste af wat betref die Hollandse spelers. Baie min het tot ons gekom. Beskeidenheid (of vrees vir kritiek) het hulle (soos ook Engelse amateurs) verbied om hulle name in verslae toe te laatGa naar voetnoot5). Alleen van T.N. en V. se lede het ons enige volledige mededelingGa naar voetnoot6) deur Groom. Hy vermeld die here Boonzaier, CombrinkGa naar voetnoot7), C. SpolanderGa naar voetnoot8), Desvages, Wentzel, Wannenburg en Keytel. Die enigste ander name wat ons besit is van die here C.J.O. WerdmullerGa naar voetnoot9) van T.N. en V., P.J. RichterGa naar voetnoot10) van D.Y.b.d.K. (as ons aanneem dat sekretarisse van geselskappe ook meegespeel het), LangermanGa naar voetnoot11), HerholdtGa naar voetnoot12) en J.C. CombrinkGa naar voetnoot13) van dieselfde geselskap. Maar ons kan stellig aanneem dat die Hollandse amateursGa naar voetnoot14) wat Groom noem in verband met die Engelse opvoering in Roelandstraat in 1843Ga naar voetnoot15), by uitstek Hollandse spelers sou gewees het, t.w. die here RoubaixGa naar voetnoot16), Maynier, de Waal en Combrink - laasgenoemde egter 'n ander as J.C., wat toe plus minus vier jaar oud moes gewees het! Miskien kan A. van Breda ook onder hierdie getal gereken wordGa naar voetnoot17). Oor die geheel ontvang hul baie lof. | |
[pagina 493]
| |
Van die Engelse spelers het veel meer name tot ons gekom, hoewel ook by hulle in die algemeen die verbod gegeld het van name nie te noem nie. Maar nie altyd word die hand hier ewe streng aan gehou nie. Bekende spelers word dikwels sonder skroom genoem. By hele of halwe beroepspelers, waarvan in hierdie periode 'n hele aantal is, word natuurlik heeltemal geen terughouding betrag nie. Die garnisoenspelers staan vooraan in orde van bekendheid. Uit die vroegste tyd (1842) is bekend die name van die here D. M' Donald, Wellesley en PriestlyGa naar voetnoot1). Die heer M. Donald skyn die leier te gewees hetGa naar voetnoot2). Die geselskap wat soos 'n paal bo water uitstaan, nie alleen onder die garnisoensgeselskappe nie maar ook onder die ander Engelse geselskappe, is die van kapt. Hall van die 73ste Regt., wat met korte onderbrekinge van 1850-1855 aan die Kaap gespeel hetGa naar voetnoot3). Aan Hall se geselskap verbonde was J.L. FitzpatrickGa naar voetnoot4), wat reeds tevore, veral in Shakespeareaanse rolle, eweneens ongetwyfeld in garnisoenstoneelGa naar voetnoot5) naam gemaak het. 'n Ander vername speler van die geselskap was kapt. FisherGa naar voetnoot6). Ander bekende spelers was die here Pitt, SalterGa naar voetnoot7), HensloweGa naar voetnoot8), KirtonGa naar voetnoot9) (hierdie twee in komiese rolle, eersgenoemde in besonderGa naar voetnoot10), en Korporaal BishopGa naar voetnoot11). Minder bekend lyk die heer BellevilleGa naar voetnoot12). Miskien was lt. Johnson ook 'n medespelerGa naar voetnoot13). Van die dames word mevv. OswinGa naar voetnoot14), ArlingtonGa naar voetnoot15) en LoosemoreGa naar voetnoot16) genoem - die laaste twee in besonder. Die spelers uit die burgery is oor die algemeen minder bekend. Van sommige geselskappe het ons volledige besonderhede, van ander weinig of niks. Van All the World weet ons weinig, daar die name in verslae verswyg moet word. Alleen by een geleentheid word die name met voorletters aangeduiGa naar voetnoot17), waaruit ons sou kan aflei dat kommissaris Heyneman (H.) en toneelmeester Long (L.)Ga naar voetnoot18) - dus die leier van die geselskap, en soos elders blyk 'n kopstuk in die beweging vir 'n nuwe skouburgGa naar voetnoot19) -, onder die spelers was. Waarskynlik was die ander twee vermelde kommissarisse, die here Norton en A. v. Breda, dit ookGa naar voetnoot20). | |
[pagina 494]
| |
In 1847 is A. v. Breda sekretaris van 'n geselskapGa naar voetnoot1), wat vermoedelik uit Afrikaners bestaan, en Engelse stukke speel, soos in 1843 ander voor homGa naar voetnoot2) gedoen het, naar Groom ons meedeel. Van Parker se geselskap, in 1847 tenminste, het ons 'n opgaweGa naar voetnoot3). Sy vernaamste speler was mnr. Russell (alias Hughes) - stellig dieselfde wat later die Franse helpGa naar voetnoot4) - in komiese rolle. Parker is ‘manager’, en Hughes ‘Stage Manager’. Vir die ander lede verwys ek eldersGa naar voetnoot5). Van Lycett se geselskap deel Groom ons die vernaamste lede mee. Daarvoor verwys ek eldersGa naar voetnoot6). Alleen wys ek in besonder op KirtonGa naar voetnoot7) as een van die lede. Van die City Amateur Theatrical Society in 1854 ken ons alleen die name van die Direkteur, J. BoxerGa naar voetnoot8), van J. AshleyGa naar voetnoot9), en 'n speelster mev. Arlington, - reeds elders genoemGa naar voetnoot10). Ongespesifeerd is J.R. TaylorGa naar voetnoot11). Die spelers dusverre genoem was vir die grootste deel amateurs. Geen amateur nie was Parker. Russell was beslis 'n halwe beroepspeler. Miskien was KirtonGa naar voetnoot12) en die dames Oswin, Arlington en LoosemoreGa naar voetnoot13) ook semi-professioneel by die Garnisoensgeselskap. Mev. Loosemore was dit stellig by Lycett se geselskap. Volle beroepspelers was verder Dalle Case c.s. in 1848Ga naar voetnoot14), Gustavus Brooke c.s. in 1854-'55Ga naar voetnoot15), Parry in 1855Ga naar voetnoot16). Dramatiese kunstenaars soos T.P. HillGa naar voetnoot17) en mev. GreigGa naar voetnoot18) moet ook as beroepsliede beskou word. In hoeverre neem dames deel aan die toneel? By Hollandse sowel as Engelse geselskappe, by liefhebbery- sowel as beroepgeselskappe, is die deelname algemeen, uitgesonder alleen volgens die getuienis van GroomGa naar voetnoot19), reg aan die begin van die tydperk. Natuurlik (dink aan die garnisoen) kom nog talryke gevalle voor waar mans in vrouerolle optreeGa naar voetnoot20). Maar oor die algemeen lyk die geselskappe goed voorsien van damesGa naar voetnoot21). | |
[pagina 495]
| |
Dikwels kom in die geselskappe goeie singkragte voor. By die Hollandse geselskappe word hulle veral benut vir blyspele met sangGa naar voetnoot1), die ou tradiesie. Komiese e.a. tussenliedere kom eers later by onder Engelse invloedGa naar voetnoot2). By die Engelse word sulke kragte veral vir komiese e.a. tussenliedere gebruikGa naar voetnoot3). Afgesien van ballette, nog steeds 'n sterke voorliefde by die Hollandse geselskappe, neem kinders 'n enkele maal aan opvoeringe deelGa naar voetnoot4).
Ten opsigte van oorspronklike werk is hierdie periode buitengewoon armoedig. Van Boniface verskyn in 1843 'n Engelse stuk - die verengelsing maak vooruitgang! - Kockincoz or the Pettifogging Lawyers' Plot, Pro Causo de Libello. Translated from the Burlosutacrifanpatoistish-Language. By the Author of Clasius. Farce in one Act. Cape Town 1843Ga naar voetnoot5). Ek het die stuk te laat in hande gekry om daar enige studie van te maak, maar 'n vlugtige insae toon reeds dat dit 'n suiwere voortsetting in die lyn van De Temperantisten en Clasius is, die lyn van hekel en spot van toestande of persone wat Boniface onsimpatiek of vyandig gesind is. As hekeling van persoonlike vyande van Boniface staan die stuk nader aan Clasius; in toon en gehalte skyn dit nader by De Temperantisten te staan, - kleur, lewe, rake skildering, goeie karakterisering, geestigheid te besit. Die Engels is voortreflik. Ongetwyfeld het Bonifacf besondere talent vir tale besit. Een en ander van hierdie hoedanighede sien ons reeds in die tietel en in die aangee van die dramatis personae van die stuk met die weergawe waarvan ek sal moet volstaan in my melding van hierdie werk. In Kockincoz kan ons stellig ‘De Kock en Co.’ herken. ‘Burlosutacrifanpatoistish-language’ staan vir ‘Burlo-south-african-patois-language’ (Bespotlike Suidafrikaanse patoistaal). Dit sal 'n spotterny met ‘Kaaps-Hollands’ (Afrikaans) en met die Hollandse uitspraak, in casu vermoedelik van de Kock, van die Engelse woorde wees. Naar alle waarskynlikheid het Boniface rusie gekry met sy vroeëre konfrater J.J. de Kock, C' seun. Immers in 1846Ga naar voetnoot6) heet laasgenoemde ‘general agent, and sworn translator’. | |
[pagina 496]
| |
Die Dramatis Personae heet: ‘Lord Demur, - A Judge and his Court at the same time. Squire Ricordo, - Master of the Rolls. Harry Clamorous, - Usher of the Court. Mr. Crow, - A Pettifogging Lawyer of Babbling celebrity and matchless impudence. Mr. Crump, - Another ditto, but neither so noisy nor so bold. Mr. Crab, - Another ditto, who has a better opinion of himself than any body else. Mr. Clash, - Another ditto, frequently at war with the formers, and a most obstinate old fellow. Timothy Whisky, - An Innkeeper. Molly, - His female servant. Miss Loosee, - A very respectable English Girl of the Kromelboog kidney. Margaret Slaaibek, - A Bastard Hottentot Young Lady. Hans Stompneus, - A Fish-boy of the same race. Abdol Trambambuli, - A Malay Gentleman. Scene: - Caperstown.
In 1844 verdwyn Boniface van die Kaap. In Natal set hy sy werk voort en skrywe o.a. The Natal Bluetts, 'n soort musikale klugspelGa naar voetnoot1). Maar met Boniface verdwyn vrywel alle drang tot skeppende arbeid aan die Kaap. Ons kan ons voorstel wat sy pen sou gemaak het van die Anti-Bandiete Agitasie in 1849. Al wat ons kry is 'n ‘sentimenteele zang, Geene Bandieten, Origineel door een Zuid Afrikaan’Ga naar voetnoot2). Origens bestaan die bekende tussenbedryf Kaatje Kebbelbek waarskynlik uit 1844Ga naar voetnoot3). Van All the World word 'n proloog vermeld deur 'n Kaapse heer in 1845Ga naar voetnoot4). In 1853 vertaal 'n Kaapse amateur De Lotery Prys, of No. 2,5,3,8, uit die Engels van P. HoareGa naar voetnoot5). Hiermee is die geskiedenis van oorspronklike werk ten einde. Wat betref die onoorspronklike werk, toon die Hollandse toneel agteruitgang, weer deur die verdwyning van Boniface. Buitengewone stukke word nie meer gespeel nie. Dit bly meestal herhalinge van ou bekende stukke van melodramatiese, sedekundige, of histories-romantiese aard: stukke van Kotzebue, Iffland en veral Franse soortgenote. | |
[pagina 497]
| |
Opvallend is egter die aantal oorspronklik Hollandse stukke wat gespeel word. T.N. en V. (of voortsettinge daarvan) tree onder die Hollandse geselskappe die meeste op die voorgrond, en bly sy aard getrouGa naar voetnoot1) deur nie alleen in vergelyking met ander die grootste aantal Hollandse stukke op te voer nie (byna 'n derde van sy totaal teen ongeveer 'n vyfde by die ander); maar deur in vergelyking met homself in die voorafgaande tydperk sy aantal te vergroot. Die stukke wat gespeel word is meestal van die bekendste uit die tyd. Westerman bly verreweg die meesgespeelde outeur. As toneelspele van hom vind ons Siegfried van Hohenwart, 'n ‘haarsträubende draak’, volgens WorpGa naar voetnoot3), en die ‘vermaarde’ Rozella en GuidoGa naar voetnoot4) 'n ‘comedie larmoyante’Ga naar voetnoot5); as blyspele Het Huishouden van Jan SteenGa naar voetnoot6), De Eerste AprilGa naar voetnoot7), Getrouw tot in den DoodGa naar voetnoot8) (driemaal in dieselfde jaar opgevoer). Die laaste twee stukke is bekend uit die vorige tydperkGa naar voetnoot9). Eweneens bly in die smaak die ‘zeer koddige’ Kalkoen van Breda van van RayGa naar voetnoot10) (verskeie kere opgevoer). Het Zal Laat WordenGa naar voetnoot11) van Meyer, De St. Nicolaas AvondGa naar voetnoot12) van Kup, De HelleveegGa naar voetnoot13) van Loosjes maak almal 'n weerverskyning. De Bloemenkrans van van der Sprong word 'n paar maal gespeelGa naar voetnoot14). Ander blyspele is van minder belangGa naar voetnoot15). Liedjies tussendeur bly algemeen. Vermaarde toneelspele uit die tyd wat, behalwe die van Westerman, gespeel word, sentimentele familiedramas of histories-romantiese stukke, is: Carolina en WalmondGa naar voetnoot16) van B.A. Fallée, Het Kasteel van Tourville van RuyschGa naar voetnoot17), Valvaise en AdelaideGa naar voetnoot18) (Walwais en Adelheia) - stuk van betekenisGa naar voetnoot19) van Wiselius, De Ortenbergsche FamilieGa naar voetnoot20) uit 'n roman van Kotzebue deur Vreedenberg, De Onechte DochterGa naar voetnoot21) van Meyer (tweekeer gespeel), Claudine van van der WilligenGa naar voetnoot22) (ontleen aan 'n Franse verhaalGa naar voetnoot23), Frederik en Charlotte van 't HoenGa naar voetnoot24) en Nathan van Genève van WarnsinckGa naar voetnoot25). Van nuwe stukke word gewoonlik - tenminste deur D.Y.b.d.K. - spesiale vermelding gemaakGa naar voetnoot26).Ga naar voetnoot2) | |
[pagina 498]
| |
Die Engelse toneel toon ook weinig verandering. Behalwe vir 'n Shakespeareaanse oplewing deur die arbeid van FitzpatrickGa naar voetnoot1) en LycettGa naar voetnoot2) bly die stukke in die melodramatiese en humoristies-sedekundige skool van D. Jerrold, Sheridan Knowles en soortgenote. Romantiese en historiese stukke word taamlik veel opgevoer. Vermaak meer as nut, bly die oorwegende faktor in hulle keuse van stukke. Na 1850 veral word ligte vermaaklike stukke en variété hoe langer hoe meer die hoofsaak. Die opera comique bly homself by tussenpose vertoon. |
|