Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend§ 4. Bestryding van Toneel.Van aktiewe toneelbestryding soos in die vorige periode is in hierdie geen sprake nie. Daar het, om mee te begin, nie dieselfde drang toe bestaan nie. Na die oorweldiging van die toneel deur die Metodistiese magte in die vorige tydperk, word dit 1832 voor eersgenoemde weer 'n noemenswaardige en dan nog skoorvoetende begin maak. Ongeveer 1841 sê 'n besoekerGa naar voetnoot2) aan die Kaap: ‘There is neither opera nor theatre, nor park, nor concerts, nor court, nor news’ - wat 'n bietje sterk gegeneraliseer is, maar baie waarheid bevat. As die toneel tenslotte vaart gekry het, pas hy goed op dat hy die sedelikheidsvaandel hoog hou. Meer as dit, die sterk punt van sy verdediging word selfs dat mense juis die sedelikheid ondermyn deur die toneel nie te ondersteun nie. Immers - dit is die kern van Sam Sly se betoë - die toneel verdryf ledigheid, wat die duiwel se oorkussing is! Hierby voeg hy soms die waarde van die toneel as teengif vir die oorweldigende geldmaaksug van die KaapGa naar voetnoot3). Sam Sly is tiepies van die Engelse beskouing van die saak. Hulle verdedig die toneel veral as 'n onskuldige vermaak, wat origens nuttig en sedevormend is: ‘a rational (as well as moral) amusement’Ga naar voetnoot4). Die hakkies tiepeer! By die Hollandssprekendes daarenteen, is die aktuele lering en stigting wat van die toneel uitgaan, hoofsaak. Hulle verdedig die toneel as skool van goeie sedes. ‘Tot Nut en Vermaak’ met ‘Tot Nut’ op die voorgrond, is inderdaad die kortste en mees juiste samevatting van hul sienswyseGa naar voetnoot5). Soos in die vorige, staan in hierdie tydperk die opvatting oor toneel nie op homself nie. Dit is 'n onderdeel, hoewel | |
[pagina 465]
| |
die vernaamste, van die opvatting oor vermake as geheel. Besonder interessant is dit om te sien hoe die propaganda vir gesonde vermaak langsaam maar seker deurwerk, hoe die ou Metodistiese opvattinge verdwyn of opvlam, gewysig word of hulself bly handhaaf. Die propaganda gaan die meeste uit van Engelse kant: Sam Sly (W.L. Sammons). Van Hollandse kant is dit minder, soos dit minder nodig was. Die Hollandssprekendes het hul die beste gehandhaaf in die vorige periode teen die Metodistiese aanval, hulle is die eerste wat hulself die volste herstel in hierdie periode. Hulle standpunt, wat eintlik konsekwent dieselfde bly, met sy grote erkenning van die plaas van ‘sedelikheid’ in toneel, was origens die mins aanvegbare van Metodistiese kant. Tog moes almal ly onder die verval wat ingetree het op gebied van vermaak. So vind ons dat van Hollandse kant ook stemme opgaan vir die aanwakkering van gesonde vermaakGa naar voetnoot1). In Junie 1843 begin Sam Sly met sy African Journal, 'n weekblad, wat die vooropgesette doel het om letterkunde en amusement te bevorder. Nie allien moes die inhoud op sigself vermaak verskaf nie: vermaak in die algemeen moes ook aangemoedig word. Hierin het Sam Sly ongetwyfeld geslaag. Wat meer is, sy werk word erken en gewaardeerGa naar voetnoot2). Hy was persoonlik 'n oortuigde Christen; hy hou later selfs 'n winkel met Christelike lektuur aan; tegelykertyd was hy onbekrompe, en iemand wat die waarde van 'n hartlike lag, van gesonde vermaak goed begryp het. Tiepies van hom is die betoog wat hy in Junie 1844 in die Cape Town MailGa naar voetnoot3) hou, naar aanleiding van 'n voorstelling van T.N. en V. Hy verdedig toneel as 'n gesonde gesellige vermaak, 'n pragtige middel teen die kwaadpraat en kwaaddoen wat anders so ligtelik uit niksdoen voortvloei. Dis bowendien 'n volksvermaak wat die voorkeur bo alle ander verdien; 'n skool ‘for the natural moralities of life.’ Keer op keer hamer hy op hierdie aambeeld van gesonde vermaak en waar hy kan, gee hy die oordrewe godsdienstiges 'n steek. Vir sommige voorbeelde verwys ek eldersGa naar voetnoot4). Ander haal ek hier nader aan. In 1845 word 'n sterk beweging op tou geset om Kaapstad weer 'n skouburg te besorgGa naar voetnoot5). Die voorstel geniet natuurlik Sam Sly se volle ondersteuning en hy skryf onder hoof ‘Theatres and Fancy Balls’ o.a.:Ga naar voetnoot6) ‘The general complaint amongst Indians, and others who | |
[pagina 466]
| |
visit the Cape, as well as amongst the residents themselves, is, that we have no amusements - nothing to break into a dull monotony, and to vary one cuckoo strain of “Sales and Stores” and “Stores and Sales” again. The complaint is just - we are fixed to one Idea, so that if we are not careful, we shall sell ourselvesGa naar voetnoot1) - to whom is not mentioned, for fear of the consequences. If the projectors and committee act up to their proposals and intentions, and never lose sight of their credentials of prudence, respectability and spirit - without which any... Theatre in a limited community must fall -; if their “amusements” be strongly tinctured with “morality” - and the promise is not stifled in the performance -; if the follies and targets at which they aim, be more remote than near, or if occasion warrants a more local observance, they “do their spiritings gently”, and kindly; then will a new theatre be found a great acquisition, and afford a subject where now it is difficult to find one, unless it be “small talk” or “tittle tattle”. Should any such building arise, the Drama will fall under our special care and notice; and we shall not spare pains nor stationery, to do justice to... the new Theatricals, and to sketch their representations for the perusal of the Old Country. (Tiepies Engels! - F.B.) For after all the play “The Play's the thing”, says Hamlet; and “Is there no play to ease the anguish of a torturing hour”? asks another.’ Wat betref ‘Fancy Balls’ het hy gehoor dat planne daarvoor aan die gang is. Die groot moeilikheid sal wees om te weet ‘where to draw the line’: ten opsigte van die toelaatbare publiek met die oog op de verskille van stand en kleur aan die Kaap. Hy reken soiets moet heeltemal nie probeer word nie. Laat kom wie wil. ‘The true sensibility will act for itself’. In sy aanbeveling van 'n voorstelling kort hierna sê Sam Sly onder die hoof ‘Make your choice’ o.a.: ‘It will be discovered by this day's journal, that four attractions and exciting doors will be opened shortly for the lovers of the Polka, the Drama, Science and Wesley; namely the New Wesleyan Chapel at Rondebosch, this morning...; the theatre in Roelandstreet; this evening..; the “Steam and the Steam Engine”, Lecture by Rev. J.C. Brown, tomorrow...; and the 3rd Subscription Ball at the Exchange Rooms, on Tuesday..!’Ga naar voetnoot2) Die vermake gaan vooruit. Inderdaad geen maand hierna | |
[pagina 467]
| |
nie kan Sam Sly skrywe:Ga naar voetnoot1) ‘They say that Balls and Amusements are on the increase, and that the Cape is arousing out of a long slumber’. En 'n jaar van tevore het Sam Sly nog gekla, dat intekenbals ‘are the only remaining relic of amusement at the Cape on a grand and universal scale without which (there reigns)... more than cloisteral gloom and sadness’. Trouens in Maart 1845 sê hy nog dat vakansies aan die Kaap is: ‘Dull beyond all dulness, Horrible, most Horrible’Ga naar voetnoot2). Teen 1845 kan ons sê, het die gety definitief gekeer ten gunste van behoorlike vermaak. 'n Nuwe (Engelse) skouburg is aan komGa naar voetnoot3); sedert Julie 1845, veral sedert 1846, het ons veel meer vermelding van Engelse toneelGa naar voetnoot4). (Die Hollandse toneel gaan sy gewone gang). Bals: inteken-, masker-, wedrenne-, e.a. is meer as gewoonlik aan die orde van die dagGa naar voetnoot5). Daar word selfs die ‘Cape Assembly Rooms’ ingerig as besondere feessaal vir dans en soepeegeleenthede. 'n ‘Amateur Musical Society’ gee gereeld suksesvolle konserteGa naar voetnoot6). Die wedrenne gaan hul ou gangGa naar voetnoot7). Daar vind selfs weer 'n ‘Race-week’ toneelvoorstelling plaasGa naar voetnoot8). 'n Tiepiese Wesleyaanse ‘vermaak’ wat opkom is tallose ‘lectures’ oor allerlei leersame onderwerpeGa naar voetnoot9). En, 'n paar jaar later, in 1849, kan Sam Sly die ondersteuning van die Kaapse publiek aan amateursopvoeringe nie genoeg prys nieGa naar voetnoot10). Natuurlik laat die Metodisme hom nog geld. Maar dis lang nie in dieselfde mate soos voorheen nie. Dis meer in die algemeen teen vermaak, en wat toneel in besonder betref, meer in obstruksionistiese sin, as stilwerkende, verhinderende element, dan in militante sin. Die hele periode trouens is meer een van stryd vir toneel teen gevestigde Metodistiese opvattinge, as vir Metodistiese opvattinge teen toneel. Ten eerste dan, bly die Metodistiese gees in obstruktionistiese sin voortbestaan, 'n voortbestaan wat meermale reaksie en bestryding uitlok. Dit het ons reeds verskillende kere gesienGa naar voetnoot11). Dit sien ons in nog 'n paar gevalle. By die opening van die nuwe skouburg in Hoopstraat sê Sam SlyGa naar voetnoot12) o.a. ‘If this be conducted with spirit and decorum | |
[pagina 468]
| |
(toegewing aan die Metodistiese gees! - F.B.), it may dispel a good many of those gloomy clouds that gather below as well as above the mountain's brow’. Sam Sly skryf 'n brief in 1853 aan die MonitorGa naar voetnoot1), waarin hy besonder teen die Commercial Advertiser, die vernaamste mondstuk van die Metodisme, teen die growwe materialisme juis van die ultragelowiges, te velde trek. Bo-aan die brief staan: ‘Mutton! Mutton!! Mutton!!! Mutton and Morality, Pork Punjums and Piety served up together in the same dish, are all the rage just now in Cape Town; as advocated in our Commercial Advertiser, and flying gratuitous sheets, wherein small news is chopped up for hungry maws with weak and yet rapid digestions, and doled out fresh on Tuesdays, Wednesdays and Saturdays and served up cold or hashed on the intermediate days’. Dit is alles, per slot van rekening, 'n poging om tegelykertyd die hemel te bereik en die aarde te behou, van ‘blending the mental with the physical.’ Maar wat word intussen van die muse en die lettere, deur hierdie vermenging van ‘fact and fiction, wool and wisdom?’ Tog is daar miskien 'n kans oor vir poësie, mits dit nie te verhewe en te ver verwyder van alledaagse onderwerpe is nie. Hy gee dus ‘a few mutton sonnets, which although served upGa naar voetnoot2) before, we think, will go down as well as other dishes.’ Hy dien die sonnet op, met ‘mutton chop sauced up with it’. 'n Mens kan sekerder ‘aim at the head, where the stomach is also interested.’ Die verse volg. Eers kom 'n proloog ‘I sing of mutton...
.........................
The sturdy Briton still is named John Bull
'Tis said bull-beef alone will fill John full.
And when his body will no more contain
He stows it in his head by way of brain.’
Sam Sly spot met die oorwig wat eet bo dink by die meeste mense het; in die eet weer het ‘mutton’ die oorwig. ‘Oh, may that Inkle never find a Yarico,
Who no enjoyment finds in mutton haricot’ -
En ‘neck or nothing be the fate of that one,
Not prone to neck of mutton when a fat one.
So mutton, in its vast variety
Be 't mine to sing despite satiety.’
Daar volg 'n sonnet Mutton Alive. 'n Lam word aan- | |
[pagina 469]
| |
gespreek. Watter oogste is nie reeds van sy rug verkry nie! En al spyt dit die digter: wat sou hy nie lekker smaak nie! ‘Still less thou think'st whilst thou for food art bleating,
Thou art thyself such excellent good eating.’
Later in die jaarGa naar voetnoot1) bespreek die Monitor 'n brief wat in die Port Elizabeth Telegraph verskyn het, een van 'n reeks wat jare tevore deur Sheridan Knowles geskryf is in verdediging van die Britse drama teen die dominees. ‘It is to be regretted that only one of the series should have appeared in this colony, where the drama seems so little understood’, temeer waar Knowles een van die grootste Britse dramatisie is, met by die dertig stukke, ‘all of the highest standard of art, and of the most taintless morality.’ ‘The friends of the drama may rest assured, a defeat will not be known, while it has a champion like Mr. Knowles’. Ten twede kom militante uitinge van Metodistiese kant voor. Om mee te begin, bestaan van 1845-'46 (?)Ga naar voetnoot2) weerGa naar voetnoot3) 'n Metodistiese orgaan, die Cape of Good Hope Christian Magazine. Sam SlyGa naar voetnoot4) kenmerk dit tereg as ‘one long grave sermon with a few Hymns as Interludes and respites’. Hierdie tydskrif het lank nie vir ons die betekenis wat die South African Christian Recorder in die vorige tydperk gehad het nie. Dis slapper van toon en minder militant, en teen toneel afsonderlik voer dit nooit oorlog nie. Dit tiepeer die Metodisme goed in hierdie tydperk: 'n mag wat langsaam aan taan is, maar nog gedug van invloed, en wat af en toe opvlam in sy ou felle krag. Teen die end van 1844 het 'n traktaatjie verskyn: Realities, not Appearances; or, Is the World Christian? Addressed especially to the Upper ClassesGa naar voetnoot5). Die blad bespreek dit natuurlik in goedkeurende sin. Dis die ou beweringe oor vermake wat alleen die vleeslike luste wek, alle hoëre strewe dood, die wet van Christus onteer. Godsdiens in huisgesinne word eerder onderdruk as aangemoedig. Die skrywer het in hierdie stuk veral bals op die oog. Dit was toe die mees algemeneGa naar voetnoot6) vorm van vermaak. Dit bly dit verder en ondervind, soos te begrype val, die meeste regstreekse bestryding in hierdie tydperk. | |
[pagina 470]
| |
Sam Sly het ewe tevore die traktaatjie veroordeelGa naar voetnoot1). Hy sê dis 'n aaneenryging van feite waarmee die oordeel al lang bekend is, maar wat die wil of gevoel moeilik vind om te volg. Die skrywer besien die lewe alleen van die donker kant. Hy maak uit dat om die salighede van die hiernamaals te geniet, moet ons alle genot van hierdie lewe laat vaar. Hierdie leerstelling is reeds inkonsekwent en teenstrydig met die ‘scheme of Providence and beauties of Nature’, soos ons dit vind. Sonde het nog geen natuur lelik gemaak of ons ons vermoë om dit te geniet ontneem nie. So is dit met ons gewone genoegens en vermake. In hulself besit hul geen kwaad nie. Mense met rein harte en deugsame beginsels kan van vermake in die ruimste sin gebruik maak. 'n Man met somber gesig is nie altyd die beste Christen nie; 'n opgeruimde man daarenteen dikwels wel. Kort hierop, ongeveer die tyd wat die bals begin, is dans weer aan die pen in die bladGa naar voetnoot2). Dit gebeur in die vorm van 'n samespraak tussen Flutterella, 'n danslustige, en Clara, 'n ernstige jong meisie. Die stuk heet Are you not Going to the Ball to-night? en is van ‘Dialogus’. Die kern van die betoog is dat dans 'n ydele, dikwels skadelike vermaak is; 'n vermaak wat op homself nie verkeerd is nie, maar tot verkeerde dinge lei. Op dieselfde soort gronde word ‘gaming’ (dobbelspel) by kaarte kort hierop veroordeelGa naar voetnoot3). Interessant in hierdie betoë is dat vermaak nie meer onvoorwaardelik veroordeel word nie. Die vermaak self sou nie verkeerd wees nie - maar die gevolge daarvan! Die stryders teen vermaak draai dus enigermate by. Maar die hoogtepunt in die Christian Magazine word eind 1845 deur ‘Luke’ bereikGa naar voetnoot4). ‘Luke’ trek te velde teen ‘Oratorios - | |
[pagina 471]
| |
Sacred Music’. Hy raas en tier in blinde verontwaardiging, in felle fanatieke drif daarteen. Ook die toneel moet onder die roede van sy tong deurloop. Trouens, dit sou juis die toneel wees wat die hele boel die meeste verpes. ‘Luke’ skrywe naar aanleiding van 'n reeks ‘oratorios or sacred concerts’ wat in Grahamstad ten behoewe van die kerkfondse plaasgevind het. Neem, sê hy, b.v. Händel se operas. Dit is verskriklik. Tekste uit die Bybel, die naam van God word oneerbiedig uitgeskree. Dis gewoon godslasteringe. Hy haal Richard Watson aan wat sê, dat 'n ‘simple ball or concert’ geen waarskuwing nodig het nie. Iedereen weet dis verkeerd. Maar ‘sacred music’ of ‘charity’ konserte is gewoon duiwelsliste om sulke dinge aanneemlik te maak. In hierdie geval stel die musiek die lyde van die Verlosser voor. ‘The performers (are)..... priests and priestesses of that temple of Satan, the theatre, from which more moral evil flows than perhaps from any other single source. These are hired to sing such subjects; to imitate the sacrificial wailings of my blessed Lord, and to play upon cat-gut the sorrow which redeemed the world!’ Christus se lyde word vir vermaak gebruik. ‘The Oratorio performers are... a solemn mockery of God, being for the recreation of individuals who avowedly assemble for any but that of worship.’ Dat ‘Luke’ se aanval groot indruk gemaak het, kan ek nêrens ontdek nie. Maar ons kry 'n idee van die eienaardige geestesgesteldheid wat hierdie soort mense dikwels besiel het. In die volgende jaarGa naar voetnoot1) (1846) word ‘moderne’ jonge dominees onder hande geneem. ‘They are expert in hunting, sporting, playing cards, dancing at balls, clapping at theatres,’ maar vir siekebesoek het hul nie veel sin nie. Die ander stokperdjies van die Metodiste kom een vir een aan die beurt in die blad: dronkenskapGa naar voetnoot2), sabbatsontheiligingGa naar voetnoot3), wedrenneGa naar voetnoot4). By laasgenoemde is ‘Dialogus’ weer aan die woord in 'n samespraak. Die toon is oor die algemeen veel gematigder as in die vorige tydperk. Tenslotte kan ons van die Christian Magazine afskeid neem | |
[pagina 472]
| |
met die volgende aanhaling daaruitGa naar voetnoot1). Onder die hoof Negative Religion kry ons, met weglating van die woordje ‘not’, 'n uitstekende katalogus van die sondes - vermake inklusief - waaraan die meeste sterwelinge hul skuldig maak. ‘They do not profane the Sabbath. They do not neglect the ordinances of God's House. They do not live without a form of prayer. They do not take the holy name of God in vain. They do not defraud their neighbour. They do not neglect the poor and needy. They do not run a round of gaiety and follyGa naar voetnoot2). They are not seen on the race-ground. They do not frequent the theatre. They do not take their place at the card table. They do not appear in scenes of riot and dissipation. They are not drunkards. They are not swearers. They do not bring their children up without some regard to religion. They do not cast off the fear of God.’ Maar hulle het God nie lief nie, gaan nie heeltemal in Hom op nie, stel Sy woord nie bo alles nie, het nog nie Sy vrede nie, en dus... Die eerste vermaak wat vervolgens aan die beurt kom, is weer dans. In Mei '48Ga naar voetnoot3) kondig die Commercial Advertiser aan, dat ‘May I go to the Ball? - A Tract for the Times’, gratis verkrygbaar is van ‘A.S. Robertson, Heerengracht’. Die stuk lok 'n lang en skerp brief uit van ‘Common Sense’, in die Cape Town Mail van 17 Junie '48. Hy verdedig eintlik vermaak in die algemeen. Onder die opskrif May I go to the Ball? noem hy die stuk van hierdie naam 'n ‘sophistical little impertinence’. Dit betoon al die ‘narrowmindedness and incapacity’ van mense met oordrewe ywer en baie min kennis, ‘puritanical witlings’ wat die saak van ware godsdiens dikwels meer skade doen as openlike ongelowiges. Hierdie soort godsdienstige opvattinge wat 'n tydlang verdwyn het, het hulself ‘of late years’ heropenbaarGa naar voetnoot4), en is helaas, weer 'n verspreiding ‘upwards from the rash and ignorant, by pertinacity and conceit operating on timidity or love of popularity. Unsoundness and delusion are at their base’. Ten eerste trek hierdie soort puriteine die godsdienstige | |
[pagina 473]
| |
lyn te skerp. Daardeur sluit hul baie uit wat as gevolg daarvan volkome vervreemd raak van godsdiens. ‘Every difficulty we add to religion is a persuasive to irreligion.’ Ten twede, as godsdienstige persone van vermake, wat gewoonlik as onskuldig beskou word, volkome afsydig staan, sal die vermake nie ophou bestaan nie; maar wat wel gebeur is dat hul uitsluitlik in die hande van slegte mense verval, en daardeur gevaarlik word. Verbod van wat verkeerd geag word gaan nie noodwendig liefde vir die goeie kweek nie. ‘You will not make a child love Greek and Mathematics by taking away his tops and balls’. Maar soos hy van eersgenoemdes leer hou, sal hy vanself laasgenoemdes laat staan. Soos mense die ware godsdiens leer lief kry, sal hul die verkeerde en ligsinnige vanself laat vaar. Hierdie soort yweraars stel ‘matters of opinion above matters of conduct; ordinances of worship (above) regulations of the heart and conduct’; in kort, vorm bo inhoud, misbruik bo gebruik. Die maat van ware godsdiens kan nooit oorloop nie. Maar ware godsdiens is nog nie die besondere vorm (semblance) wat sommige daaraan wil gee nie, in oordrewe ywer om dit te verheerlik - altyd volgens eie, meestal verkeerd geleide, begrippe. Tog is hierdie vorm, die uiterlike voorkome, die skyn, hoofsaak by sulke mense; dit word aangesien as die oorsaak, i.p.v. die gevolg van godsdienstige ywer. Sulke mense ‘claim a greater zeal for religion in respect of their more frequent attention on religious ordinances - stricter observance of the Sabbath, abstinence from many amusements, greater activity in forming societies, circulating tracts, and the like’. Die s.g. laksheid egter van ander in sulke dinge ontspring nie uit minder godsdienstige ywer nie, maar uit wangeloof aan die verpligting aan of doeltreffendheid van obserwasies en middels van so'n aard. 'n Katholiek is nie 'n godsdienstiger man as 'n Protestant omdat hy meer vorme in ag neem nie! Trouens, dis bekend dat ‘nowhere is more zeal, or greater regard paid to devotional duties... than under the greatest corruption of doctrine’. Tenslotte sal gesonde verstand seëvier, glo die skrywer. Dit spyt hom alleen dat sy kennis nie uitgebreid genoeg is nie om ‘accredited theological casuists’ aan te haal, om sy uiteensettinge te staaf. Sulke aanhalinge skyn altyd baie invloed op die yweraars te hê en ‘might be expected to work wonders if they could be cited on the part of - Common Sense’. Hierdie verweer staan op pote. Ons kan daar seker van wees dat dit doel getref het. Begryplik word, kort daaropGa naar voetnoot1) | |
[pagina 474]
| |
die bekrompe, kleinsielige weiering van die Ladies' Benevolent Society om 'n benefiese te aanvaar van die Garnisoensgeselskap. Vergeefliker daarenteen is die enigsins idealistiese standpunt wat betref die gepastheid van liefdadigheidsvoorstellinge by geleentheid van 'n ramp soos die van die BirkenheadGa naar voetnoot1). Vir die volledigheid meld ek nog die skerpe wag wat gehou is op sterke taal of onsedelike uitdrukkinge. Die Garnisoensgeselskap moet dit in 1850 vir sy sterke taal ontgeldGa naar voetnoot2); Brooke dra sorg dat hy in 1855 kiese ore vir ongewenste uitdrukkinge spaarGa naar voetnoot3). |
|