Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend§ 3. Hollandse Toneel.In hierdie tydperk leef die Hollandse toneel weer op. 'n Luister soos voorheen bereik hy egter nie. Daar word naar verhouding minder gespeel; die gehore is meer beperk; die lokale kleiner en minder geskik vir grootse onderneminge. Veral Boniface is van die Kaapse toneel verdwyn. In Natal laat hy hom egter nie onbetuig op toneelgebied nieGa naar voetnoot6). Die Metodistiese invloede leef nog na in die ‘privaatheid’ van die geselskappe, in die grotere nadruk op die goeie sedelike uitwerking van toneel gelê, en in enkele ander dingeGa naar voetnoot6). Besonder tiepies van die Hollandse toneel is die manier waarop dit gedurende die Anti-Bandiete Agitasie die weerspieëling word van maatskaplike toestandeGa naar voetnoot7). Die leiding is veral in die hande van jonge, gebore Afrikaners, die voortsetters van die tradiesie geleer in die vorige periode. Die herlewing begin met Tot Nut en Vermaak in 1842, sedert 1844 verenig met Door Yver Vruchtbaar, 'n nuwe geselskap, uit 1843. In 1847 sal hierdie beroemde ou geselskap T.N. en V. verdwyn, hoewel hy ongetwyfeld onder gewysigde naam nog 'n tydlang voortleef. Maar sedert 1849 bestaan (weer)Ga naar voetnoot8) Door Yver bloeit de | |
[pagina 442]
| |
Kunst, wat met onderbrekinge tot 1910Ga naar voetnoot1) voortbestaan. Soos T.N. en V. in die eerste helfte van die 19de Eeu die groot bestendige geselskap was, so word D.Y. bl. de K. dit in die twede helfte. Die groot figuur van die geselskap was J.C. CombrinkGa naar voetnoot2). Sy eintlike tydperk van belang val egter buite ons bestek. Alleen van 1866-1886Ga naar voetnoot3) sal D.Y. bl. de K. deur die Rederykerskamer Aurora (onder die leiding veral van Melt Brink) oorvleuel word. Ons sien in hierdie periode hoe die toenemende verengelsing van Kaapstad die Hollandse toneel in die gedrang bring. Dit, saam met die opkoms van vaste populêre Engelse beroepstoneel (Sefton Parry e.a.), sal die Hollandse toneel byna tien jaar lang oorweldig, tot in 'n volgende periode, die ontwaakte Hollands-Afrikaanse nasionale bewussyn die Hollandse toneel 'n nuwe periode van bloei laat tegemoetgaan. | |
a. Tot Nut en Vermaak.Tot N. en V. begin in September 1842Ga naar voetnoot4) met die volgende advertensie: ‘Privaat Hollandsch LiefhebberyGa naar voetnoot5) Schouwburg Tot Nut en Vermaak. De Inteekenaren worden verwittigd, dat de vertooning op Woensdagavond den 14den dezer, zal plaats hebben, en worden verzocht hunne Toegang-kaartjes’Ga naar voetnoot4) by die Zuid-Afrikaan te kom afhaal. Vermelding van ander voorstellinge vir hierdie jaar besit ons nie. Dit lê egter voor die hand dat hierdie voorstelling nie die enigste sou gewees het nie. Die jaar 1843 word die mees produktiewe op gebied van Hollandse toneel in hierdie tydperk. Tot Nut is in wedywering met 'n ander geselskap, Door Yver Vruchtbaar. Vandaar ook dat dit so goed adverteerGa naar voetnoot6). Die geselskap begin reeds vroeg. Vir Vrydag 5 MeiGa naar voetnoot6) - hierdie dag bly die gewone tot 1844Ga naar voetnoot7) - word aangekondig, die ‘eerste Vertooning van dit Saizoen... In de Roelandstraat, No. -’. 'n Intekenlys lê by die Zuid-Afrikaan. Daar volg op 2 JunieGa naar voetnoot8): De Trouwring (Lembert) en Het Zal Laat Worden (Meyer). | |
[pagina 443]
| |
Van hierdie voorstelling sou Sam Sly gesê hetGa naar voetnoot1): ‘the apparatus and company (was) not sufficiently arranged or organised to pass judgment. Of course, it came not within the pale of criticism. It is sufficient to remark that the audience were pleased, and went away satisfied’. Dan verbeter sy mening wel laterGa naar voetnoot2)! 14 JulieGa naar voetnoot3): De Verzoening, of De Broedertwist (Kotzebue) en Wie Weet waar voor het Goed is? (Kotzebue, vertaal deur van Esveldt Holtrop). By hierdie geleentheid sou 'n Engelsman wat aanwesig was, gesê het dat hy die stukke nie kon verstaan nie maar kon ‘perceive the passions and mark the exits’Ga naar voetnoot4). 8 AugustusGa naar voetnoot5) (Dinsdag): Het Verloren Kind (Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop) en De Verwarring (Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop). 13 SeptemberGa naar voetnoot6) (Woensdag): Volsan, of De Menschenhater door Tegenspoed (naar die Frans deur J.D. Villenhoven), Tsp. in 3 Bed., met nuwe kleding en dekorasies, en Het Misverstand, of Elk is een Dief in Zyne Neering (vertaal deur v.d. Vijver), Bs. met sang in 1 Bed. - In die sang kan ons duidelik die wedywering met D.Y.V. herken, wat daarmee begin hetGa naar voetnoot7). 27 OktoberGa naar voetnoot8): De Kluizenaar op het Eiland Formentera, Tsp. in 5 Bed. van Kotzebue, en Jocrisse in (eenen) Nieuwe Dienst (Dorvigny), ‘voor deszelfs (T.N. en V.) zesde en Laatste Representatie.’ Beide stukke is oubekendes sedert lange tyd. 'n Vrugbare jaar word ook 1844, maar nou deur die verbonde kragte van die twee voorheen wedywerende geselskappe. Dit sal dus goed wees om eers die lotgevalle van Door Yver Vruchtbaar na te gaan. | |
b. Door Yver Vruchtbaar.In die vorige tydperk het twee geselskappeGa naar voetnoot9), een in Kaapstad en een in Stellenbosch, onder hierdie naam bestaan. Hierdie geselskap sal egter 'n nuwe wees, miskien met enkele lede van die ou geselskappe of met die kindere van voorheen daarin, deur wie die ou naam weer in lewe kon geroep wees. Onder ‘Liefhebbery Tooneel’Ga naar voetnoot10) word in Julie aangekondigGa naar voetnoot11), dat ‘Het Privaat Hollandsch Liefhebbery Tooneel Gezelschap Door Yver Vruchtbaar... voor hunne eerste | |
[pagina 444]
| |
Vertooning’, vermoedelik op 21 JulieGa naar voetnoot1), sal opvoer Clemence en Waldemar, Tsp. in 3 Bed., deur Pelletier Volméranges, gevolg deur Het Losse Schot (vertaal deur v. Esveldt Holtrop), Kl. Bs. in 1 Bed. Die voorstelling moes 'n sukses gewees het. Op 4 AugustusGa naar voetnoot2) word dit ‘op byzonder en dringend verzoek’ herhaal, met De Gevaarlyke Buurman (Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop) as ekstra toevoeging. Vermoedelik op 1 SeptemberGa naar voetnoot3) volg Blanko, of De Onzigtbare Man, Trs. met ‘Koorzang en Dans’, en Vier Schildwachten op een Post (Vogel, vertaal deur Sauer). Hierdie sang-element was dit wat T.N. en V. tot soortgelike onderneminge geprikkel hetGa naar voetnoot4). Op 6 OktoberGa naar voetnoot5) word Blanko op besondere versoek herhaal, gevolg deur De Horoskooptrekker, of De Speculant in Effecten (Haanegraaff). As vyfde en laaste voorstelling volg op Dinsdag 21 (?) NovemberGa naar voetnoot6), Robert Maxwell, of De Offerdood, Tsp. in 3 Bed. van Kotzebue, en De Wonderdocter, of Le Medecin malgré Lui, van Molière, Kl. Bs. in 3 Bed. Van hierdie voorstelling het ons 'n verslagGa naar voetnoot7) van ‘Een Oud Liefhebber van 't Tooneel’. Robert Maxwell heet 'n ‘wel gekozen stuk voor het Kaapsch Publiek... Als gewoonlyk deden de liefhebbers hun uiterste best en wedyverden om onder elkaar uit te munten. En, ofschoon men wezenlyk onregt doen zou door den een boven den ander te verheffen, kunnen wy echter niet afzien, om inzonderheid te gewagen van Robert en zyn zoon Henry, een knaapje van nog geen negen jaren.’ Maxwell se ontboeseming oor ‘de groote waarheid... dat onder honderd gevallen, de verachte negen-en-negentig maal beter is, dan de verachter’ het baie indruk gemaak. Die skrywer hoop dat die les geleer is om niemand wat eerlike werk doen, ooit te verag nie; ook om aan ander mense te doen ‘wat gy wilt dat u de menschen doen.’ Dan spreek hy die spelers toe: ‘Jongelieden, dat uw zedelyk schouwtooneel der “menschelyke hartstogten en daden”, tot nut en vermaak, lang moge bestaan en werkzaam zyn, is (myn) hartelyke wensch.’ Die stukke wat gespeel word, wek die indruk dat D.Y.V. die voortsetting tot op sekere hoogte van V. en K. uit die vorige tydperk, kan wees. Belangwekkend is ook, dat in hierdie verslag van die spelers as ‘jongelieden’ gepraat word. Ongetwyfeld het hul sukses gehad. | |
[pagina 445]
| |
c. Tot Nut en Vermaak en Door Yver Vruchtbaar.In 1844 smelt D.Y.V. en T.N. en V. saam, en bestaan verder as ‘Het Privaat Hollandsch Tooneellievend Gezelschap, spelende onder de Vereenigde Zinspreuken T.N. en V. en D.Y.V.’ Tot 1847 bly hul vermoedelikGa naar voetnoot1) alleen die baan beheers. Op Woensdag 5 JunieGa naar voetnoot2) begin hulle met Natuur en Pligt ens. (Pelletier Volméranges), en De Dronkaard (Kotzebue), Ks. in 2 Bed. - beide stukke oubekendes. Sam Sly gee ons 'n verslag hiervan in die Cape Town MailGa naar voetnoot3) en knoop daar tegelykertyd 'n pleidooi aan vas vir die toneel teen die nog altyd voortbestaande Metodistiese tendense. ‘All the world is (still) out of Town’, sê hy, maar die winter is op hande. Hy volg met 'n goeie beskrywing daarvan. Die dae word korter, die lug koud, die reën begin, ou Boreas waai, die blare val. Junie is ‘the Knight of the Woful Figure or Sorrowful Countenance.’ Die seekolevuur begin. ‘The muff comes out and the parasol goes in. There is a “titivating up” of houses; - white wash (ens.)... Amidst this desolation and gloom... how is Cape Town to be amused?... The Gunny Bags and the PunjumsGa naar voetnoot4) may fill the pockets, but will they feed and satisfy the mind?’ Hoe gaan die mense van so 'n klein gemeenskap, hul oë van rondloer en hul tonge van kwaadspreek weerhou? Op watter gemeenskaplike basis, watter ‘common ground of contentment and satisfaction, unanimity and affection’ kan hoog en laag tesame | |
[pagina 446]
| |
kom? ‘The play, the play's the thing.’ Dit is die groot panacea teen alle ennui. ‘Did you ever see a Dutch play, Mr. Editor, have you any particular qualms of conscience, any very great objections to these things? If not, I beg leave to observe, I took a stroll into Roeland-street, last evening, for the purpose of witnessing two companies “rolled into one”, and the bill of fare on hot pressed primrose tinted gilt edged paper, was politely put into my hands: I cannot read Dutch, so could not understand the play, but I found everybody was satisfied and everybody laughing. You have not even seen the house? Well, here it is. You enter Mr. de Vos's wine store in Roelandstreet, and first pass through a kind of lobby or refreshment room, where there is one form to sit upon, and a counter for the confectioner, cook, wine merchant, ale and porter man, ginger beer merchant and milkman. Two printed notices ornament the walls in Dutch and English, that Smoking is not allowed and a glass chandelier hangs above. You then mount steps at two side doors, and come at once to the very dress boxes and pit of the Theatre. The ladies of course have the best berth, and sit round, Dutch fashion, stoep fashion, separate and apart from others, in the boxes, which are ornamented from one end to the other with crimson festoons and gold over head, and two elegant chandeliers - one of cut glass, and the other of ormolu, - throw a cheerful light from the centre of the roof. There is a pretty dropscene, and many of the others are extremely well executed by native artists. The music is not bad, if it were a little more subdued; but there it would seem as if the loudest were the best man, - so each strives to blow his face to a point. Great regard seems to be paid to the dressing amongst the audience. I have rarely seen so many jewels, - so many low frocks, - so many long cork screw curls, - and so much tittering amongst a Dutch community. Who says young ladies from Holland cannot laugh? I am sure that very pretty face to the right, in the white frock, next to the black one, can never be sad, if judgment is to be formed by the eh! ehs! and hah! hahs! that now escape it, whilst intent upon “Matz Bartel, de Dronkaard”. It is a pity a larger house cannot be obtained, for a more rational and innocent amusement than these amateur performances can scarcely be desired for a dull season and a long night. Many are the scruples amongst rigid disciplinarians against these things; but as friend Keene writes me, “it would be as inconsistent to expect a dramatic representation at church as it would be to hear the truths of Revelation at the | |
[pagina 447]
| |
Theatre; but the theatre is the school for the inculcation of the natural moralities of life; it never has been, excepting in ancient Greece, considered as having anything to do with religion.”’ En by hierdie volk was die gode verheerlikte mense, met eienskappe wat die Christen sou verafsku. And yet: ‘even amidst all this, though they themselves (die gode) were secretly given to all the crimes which are now urged against the frequenters of the theatre, yet was their stage distinguished for the high tone of its morality, pagan though it was... The theatre is one of our most innocent enjoyments; and one which, when rightly employed, is deserving of the patronage and support of all who wish to preserve the middle and lower classes from more soul destroying amusements; for one charge against the theatre has never been brought, that of encouraging intoxication, a sin which more or less infects almost every recreation of the lower classes.’ Miskien, sê Sam Sly, dat hy later weer die onderwerp aanroerGa naar voetnoot1). Op 14 JunieGa naar voetnoot2) word Natuur en Pligt (Pelletier Volméranges), op besondere versoek, herhaal, gevolg deur Het Zal Laat Worden (Meyer), Bs. met sang in 2 Bed. Hierdie sang word 'n kenmerk van die voorstellinge hierdie jaar. Daar volg op 2 AugustusGa naar voetnoot3): Eleonora(e) van Rosalba ens., Tsp. in 4 Bed., naar die Frans (uit Pujos en Dabaytua, vertaal) deur J. Kisselius, ‘met nieuwe Costumes en Decoratien’, en De Kalkoen van Breda (van Ray), Bs. met sang. 18 Sept.Ga naar voetnoot4) (Woensdag): Armoede en Grootheid (Kotzebue), Tsp. in 3 Bed., en Het Huishouden van Jan Steen (Westerman), Bs. met sang in 2 Bed. 16 OktoberGa naar voetnoot5) (Woensdag): Carolina en Walmond, of De Geboe(t)te Misstap (Fallee), Tsp. in 4 Bed., en De St. Nicolaas Avond, of Het Bezoek door den Schoorsteen (H. Kup), Kl. Bs. in 1 Bed. 15 NovemberGa naar voetnoot6): De Trouwring (Lembert), Tsp. in 3 Bed., en De Engelsche Goederen (Kotzebue), Kl. Bs. in 2 Bed. Van Sam Sly het ons weer een en ander in verband met hierdie voorstellingGa naar voetnoot7). Hy wil nie oordryf nie, sê hy, ‘to say therefore, that Cape Town possesses an elegant theatre and superior actors, is to say the thing that is not true; but to remark that the | |
[pagina 448]
| |
House is convenient and neat, and that the performers are fully capable of pleasing their audience, is only adding that which is just and deserving. If as some maintain Civilization and Intellectuality are governed by the state of the drama, but as others also as strenuously affirm is only indicative of a low and external condition, then Africa and the Cape, according to the one or other opinion, must be highly exalted or debased. But no speculations or reasonings will add a mite to either scale. We have a theatre, and we have amateur actors’. Laat ons die beste daarvan maak, sê hy, vermake is skaars. ‘To begin let us once moreGa naar voetnoot1) draw an outline of the Dramatic soil, from a different aspect than before’. Hy beskrywe die skouburgGa naar voetnoot2), langer as breed, en gelyklopend van vloer, wat lastig is vir goed sien. Die aankleding ens. kom aan die beurt. Hy vervolg: ‘The orchestra, consisting of six fiddles, one clarionet, two bass viols, two trombones, and a flute, has much improved since we heard it before, being more subdued, and keeping the harmony within the compass of the house. The actors and actresses, also, have gained confidence and more ease by practice, and seem to make their “exits” and “entrances” with less embarrassment. But what is there to be alarmed at, when only uncles, aunts, and cousins are in front. The business of the evening is carried out too long, and the dialogues chosen, are not sufficiently rapid and changeful. Some little interlude in the shape of dancing or a song, might whet the appetite for a three act piece, without which neither glasses of milk, nor glasses of water, seem to satisfy, or to banish dullness and weariness. The method also - too prevalent at the Cape - of females herding together - which in this instance, perhaps is unavoidable, in order to give the ladies the best seats - may be another reason why perfect satisfaction is not manifested, for without the mingling of the sexes happiness can never be said to have attained its highest fruition. But since the aim... of all exhibitions is to please, and... these Amateur efforts appear to be appreciated and to afford an innocent amusement, in a “work-a-day” world’, mag hulle alle sukses hê. As laaste voorstelling van die seisoen, ‘Christmas! and the hot! weather coming’, gee Sam Sly die ‘Bill of Fare’ weer, ‘merely hinting that the De “Heers” - are all veritable men of substance, and not of straw, but that soms of the ladies are “made up”, and though with assurance enough to face an audience, don't like to be “put down in | |
[pagina 449]
| |
the bill”, or “shown up” in the Journals; but their names are familiar to every one, for who does not know Mynheer -, O -’. Sam Sly laat die rolverdeling volg. ‘Heren’, ‘Jonge Heren’, ‘Mejufvrouwen’ en ‘Jongejufvrouwen’ neem deel. Hul name word egter nie vermeld nie. Van besondere belang is hierdie mededeling as bewys dat dames, getroude en ongetroude, deelneem aan die Hollandse voorstellinge. Die jaar 1845 is 'n vermindering op 1844 - tenminste vir sover ons kan nagaan. Die seisoen begin met 'n liefdadigheidsvoorstelling vir ‘acht behoeftige weeskinderen’, op Woensdag 28 MeiGa naar voetnoot1). Opgevoer word: Het Kasteel van Tourville, of De Hollandsche Zeelieden in Frankryk (Ruysch), Tsp. (comedy) in 3 Bed., gevolg deur Vier Schildwachten op eenen Post (Vogel, vertaal deur Sauer), Kl. Bs. in 1 Bed. Sam Sly sêGa naar voetnoot2): ‘The Performance was well received, but the house (in Roeland-Street) was thinly attended, in consequence of the suspicious state of the weather’. Dit word September voor ons weer van 'n voorstelling hoor. Dan gebeur die vermelding terloops deur Sam Sly. Sou die geselskap intussen gespeel het sonder enige advertensies soos hier, sonder ook dat Sam Sly dit opgemerk het? Sam Sly berig onder 11 September dat 'n voorstelling sou plaasvind, ‘weather permitting’. Dit vind plaas op Woensdag 17 SeptemberGa naar voetnoot3) in Roelandstraat met: Montoni ens. (Duval, vertaal deur Bruggemans), in 5 Bed., met nuwe kostuums en dekorasies, gevolg deur De St. Nicolaas Avond ens. (H. Kup). Sam SlyGa naar voetnoot4) sê dat die voorstelling ‘was deserving of high praise for the very brilliant and effective manner in which the pieces were represented, both by character, costume and scenery. It were invidious to single out names... where merit was so equal. And since the modesty of these amateurs petitions silence, we abstain from shocking their nerves, by throwing more into type than a general expression of approval at the very cheerful and gay appearance of the house, and the fashionable and rich costumes of the ladies that graced it by their presence’. Hy sou alleen korter opvoeringe aan die hand wil gee deur korter stukke te speel. Daarby kan dan sang of dans as intermezzos dien, beide vir afwisseling en vir 'n kleine aanvulling. Op Woensdag 3 DesemberGa naar voetnoot5) volg tenslotte Loon der Waarheia | |
[pagina 450]
| |
(Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop), Tsp., en Uilenspiegel (Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop), Ks. Sam Sly sê hiervan:Ga naar voetnoot1) ‘The young Dutch amateurs of the sock and buskin... T.N. en V. en D.Y.V. entertained their friends by the pleasing performances of Loon der Waarheid. If a true version be sent us (and it is wished), it shall appear in our next’. Hier het ons, soos tevore, 'n mededeling dat ons met jonge toneelspelers te doen hetGa naar voetnoot2). In 1846 het ons weer gereelde mededelinge van opvoeringe. Op 3 AprilGa naar voetnoot3) vind die eerste voorstelling plaas met Roland de MonglaveGa naar voetnoot4) ens. (Loaisel Tréogate, vertaal deur Engelman), met nuwe kostuums ens., gevolg deur Het Misverstand, of Elk is een Dief in zyne Nering (vertaal deur v.d. Vijver), Bs. met sang. Sam Sly sêGa naar voetnoot5) dat die voorstelling van die geselskap plaas gevind het ‘in their private theatre in Roelandstreet, to a respectable audience, but (it was) not so full as we have seen it.’ Daar volg 'n vermelding van die rolverdeling met die gewone naamlose ‘Heren, Mejufvrouwen en Jongejufvrouwen’. Hy trek weer te velde teen die tydgees. ‘Unwilling to turn critic on performances evidently intended to please, which require every encouragement to foster in a dull and phlegmatic age, where amusements are too rare, and business too monopolizing, or we could have wished, amidst the splendour of the dresses, more attention were paid to the attitude and the voice, and the one made suitable to the other, in unison with the advice of Hamlet to his players. In the Afterpiece several songs were dovetailed with performances, which electrified the audience by their humour and novelty.’ Hy vertel van die vooruitgang van die Engelse ‘Drury Lane Theatre’Ga naar voetnoot6). Daar volg op 30 AprilGa naar voetnoot7) (Donderdag): Volsan ens. (Villenhoven), Tsp. in 3 Bed., en De Kalkoen van Breda ens. (van Ray), Kl. Bs. met sang. 18 AugustusGa naar voetnoot8) (?) (Dinsdag): Valvaise en Adelaide, of De Zegepraal der Vriendschap over de Liefde (Wiselius), Tsp. in 5 Bed., en De Listige Weduwe, of De Temperamenten (Kotzebue), Kl. Bs. 20 OktoberGa naar voetnoot9) (Dinsdag): De Burgemeester (von Brühl), | |
[pagina 451]
| |
Tsp. in 5 Bed., en De Bloemenkrans, of De Minnaar in den Boom (v.d. Sprong), Bs. in 1 Bed. In 1847 bereik die geselskap weer grote produktiwiteit. Tegelykertyd is dit die laaste wat ons iets verneem daarvan. Die rede sal spoedig nog nader blyk; gebrek aan ondersteuning van die Hollandse publiek. Daar word opgevoer op 30 AprilGa naar voetnoot1): De Ortenbergsche Familie (Vreedenberg), Tsp. in 3 Bed., en De Eerste April (Westerman), Bs. met sang in 2 Bed. 8 JunieGa naar voetnoot2) (Dinsdag): Robert of De Struikroovers (Schiller), Tsp. in 5 Bed., en De Gevaarlyke Buurman (Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop), Bs. in 1 Bed. - 'n Ekstra eksemplaar van Robert word te leen gevra; 'n handelwyse wat herinner aan vroeër daeGa naar voetnoot3). 27 JulieGa naar voetnoot4) (Dinsdag): De Lauwerkrans, of Het Gezag der Wetten (Ziegler), Tsp. in 5 Bed., en Een Uur Achter Slot, of De Brief van Aanbeveling (Honig), Bs. 7 SeptemberGa naar voetnoot5) (Dinsdag): Gustavus, of De Zweedsche Mynwerkers (Lamartélière), geskiedkundige Tsp., en De Dubbelde Vader (Hagemann, vertaal deur van Dinsen Jr.), Bs. 2 NovemberGa naar voetnoot6) (Dinsdag): De Baron van Felsheim, of De Slag by Friedberg (Bernos), Tsp. in 3 Bed., Uilenspiegel (Kotzebue vertaal deur v. Esveldt Holtrop), Bs. in 1 Bed. Van hierdie voorstelling word getuigGa naar voetnoot7): ‘De vertooningen van dit gezelschap... overtroffen vele verwachtingen. Het Ballet in het tweede bedryf ingevoerd, werd zeer smaakvol uitgevoerd zoo ook de andere dansen’. Onheilspellend gaan die verslag voort: ‘Hoewel de schouwburg by die gelegenheid tamelyk gevuld was bleef er evenwel plaats over voor verdere ondersteuning; en tenzy het by toekomstige gelegenheden blyke dat tooneel-vertooningen in de Nederduitsche taal waardig zyn behouden te worden, zal het Kompliment, door (het) gezelschap van Kaapsch Hollandsch publiek gedaan, van toepassing zyn, te weten: dat de eenigste oorzaak waarom het gezelschap voornemens is af te breken, is, het gebrek aan genoegzame ondersteuning van den kant van hetzelve’. Die geselskap verdwyn inderdaad van die toneel deur gebrek aan ondersteuningGa naar voetnoot8). Dit is dus die eerste geval van die einde van 'n Hollandse toneelonderneming, deur die toenemende verengelsing van die Kaap. Die laaste sal dit, helaas, nie wees nie. Besonder kenmerkend origens vir die Engelse | |
[pagina 452]
| |
invloed, is die ontstaan in hierdie jaar van 'n Engelse geselskap, blykbaar bestaande uit Afrikaners en onder leiding van 'n Afrikaner, A. van BredaGa naar voetnoot1). Nog 'n algemene mededeling oor T.N en V. laat ek volg voor ek van die geselskap afskeid neem. GroomGa naar voetnoot2) vermeld, sprekende teen 1857, die volgende: ‘During this and previous yearsGa naar voetnoot3) since 1843 the Amateur Dutch Company, whose motto was Tot Nut en Vermaak, gave occasional performances of Dutch pieces principallyGa naar voetnoot4) at the Drury Lane Theatre; a drama and a farce, and sometimes a Ballet, in which a number of children, who were being instructed in ordinary dancing, appeared in very neat costumes, and then executed some complicated evolutions under the guidance of their teacher, to their great delight and to that of their elders, who, of course, came in crowds to witness their darlings' progress. Among the names of the amateurs of that period, I recall those of Boonzaier, Combrink, C. Spolander, Des Wages (Desvages? - F.B.) Wentzel, Wannenberg (-burg - F.B.) and Keytel. There was later a company with the motto: Door Yver bloeit de Kunst’. Miskien was dit tenslotte alleen enkele van die spelers van T.N. en V. wat moed opgegee het. In 1848 maak 'n nuwe geselskap Hoop en Trouw - veelseggende naam! - sy verskyning, om van 1849-1851 as Tot Oefening en Vermaak sy bestaan voort te sit. Dat ons verband moet soek tussen hierdie nuwe geselskap en die ou T.N. en V. en D.Y.V. lyk my bo alle twyfel verhewe. Onmiddellik ook op die naamswysiging van H. en T. tot Tot Oef. en Verm. kom 'n ander geselskap voor die dag: Door Yver bloeit de Kunst. Sou daar verband bestaan tussen hierdie twee gebeurtenisse? Dit lyk my waarskynlik. Dan kon die saak hom as volg toegedra het. Aangenome dat Hoop en Trouw die grote kern van T.N. en V. en D.Y.V. was, het daar miskien geskil ontstaan tussen die twee samestellende dele. Die ou Boniface-groep, die D.Y.V.-ders, skei hul af van Hoop en Trouw en stig 'n nuwe geselskap D.Y.b.d. Kunst, 'n ou naam van die groep, nog uit 1833Ga naar voetnoot5). Daarop rekonstitueer die oorblywende deel van H. en T., die ou T.N. en V.-groep, hulself as Tot Oef. en Vermaak, eweneens 'n ou naamGa naar voetnoot6) van Tot N. en V. | |
[pagina 453]
| |
d. Hoop en Trouw (1848-'49),
| |
[pagina 454]
| |
Willigen), Tsp. in 3 Bed.; divertissement is De Spraaklooze (Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop); tot slot volg op herhaalde versoek van verskillende toneelliewende vriende, die klugtige blyspel ‘welks uitvoering de goedkeuring van elk aanschouwer weggedragen heeft, Getrouw tot in den Dood’ (Westerman). Inderdaad hierdie blyspel moes in die smaak geval het, om binne korte tyd driemaal opgevoer te word. Intussen beveel Het Volksblad die onderneming as volg aan: ‘Dit Gezelschap is nog de eenigsteGa naar voetnoot1) die het kwynende bestaan van het Kaapsche Tooneel rekt, en wy hopen, dat de ondersteuning die het ontvangen moge, hetzelve meer kracht en leven geven zal. Een ding echter moet men vooral niet uit het oog verliezen, dat stukken gekozen worden, die, terwyl zij de aandacht boeien, te gelyker tyd een liefde tot het goede en een afkeer van het kwade in het gemoed werken. Ter bereiking van dat doel werd de Schouwburg ingesteld, en wanneer daaraan beantwoord wordt, is dezelve een der verhevenste inrichtingen waarop een maatschappy roem kan dragen.’ - Die ou Metodisme werk nog altyd deur Daar volg op 23 AugustusGa naar voetnoot2): De Deserteur (Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop), Tsp. in 5 Bed.; 'n komiese lied, De Dood klopt aan de Deur as divertissement, gevolg deur 'n dans; tenslotte Dirk Menschenschrik (Holberg), Kl. Bs. Die divertissement klink nogal luguber! Op 4 SeptemberGa naar voetnoot3) (Dinsdag) word De Deserteur herhaal; ook die komiese lied, ‘waarin (De Dood) den zinger onverwachts een bezoek in zyne waare gedaante geeft.’ Verder word gesing 'n ‘sentimenteele zang: - De Aanpryzing tot Deugd, op de Guitare en geaccompagneerd door de Fluit, expresselyk voor deze gelegenheid’; 'n ‘Komieke Dans’ vind plaas. Tenslotte word op versoek Sans Quartier ens. (uit 1848) opgevoer. Die voorstelling is ten behoewe ‘van eene ongelukkige familie’. Pryse word spesiaal verlaag. Die voorstellinge van die res van die jaar word gekenmerk deur die Anti-Bandiete Agitasie. Interessant is hoe die toneel weerGa naar voetnoot4) tot maatskaplike strydperk verhef word. Na 'n uitstel vanweë ‘de aankomst der Bandieten’, word op Woensdag 26 SeptemberGa naar voetnoot5) opgevoer: De Molen by Auerstad (Ernst, vertaal deur Sauer), Historiese Tsp. in 4 Bed.; Dirk Menschenschrik (Holberg), op besondere versoek. Tussenin vind plaas as divertissement 'n ‘sentimenteele zang Vriendschap en Liefde, geaccompagneerd door de Guitare en Fluit’, en 'n komiese lied Het Wellustig Leven. | |
[pagina 455]
| |
Op Dinsdag 30 OktoberGa naar voetnoot1) vind plaas: Zoë ens. (Mercier, deur Lijnslager); as divertissement ‘'n sentimenteele zang, Geene Bandieten, Origineel, door een Zuid Afrikaan’, gevolg deur 'n komiese dans; tenslotte De Logen om Best Wil (Garrick), ‘vermakelyk Bs. in 2 Bed.’ Op die laaste voorstelling van die jaar, op Maandag 3 DesemberGa naar voetnoot2) in Drury Lane Skouburg, word Geene Bandieten as divertissement tussendeur herhaal. Ook word 'n ‘Zeeman's Hornpyp en de Dans der Hooglanders’ uitgevoer. De Neger(s) (Kotzebue, vertral deur Witsen Geysbeek), Tsp. in 3 Bed., en Vier Schildwachten op eenen Post (Vogel, vertaal deur Sauer) word opgevoer. Waarskynlik vind die voorstelling in Drury Lane Skouburg plaas, omdat 'n groot gehoor verwag word met die oog op Geene Bandieten. Gedurende 1850 verneem ons niks van Hollandse toneel nie. Dit was 'n besondere bloeijaar vir die Engelse toneelGa naar voetnoot3), en miskienGa naar voetnoot4) het dit die Hollandse totaal oorvleuel. In 1851 vertoon Tot Oef. en Verm. homself verlaas in 'n paar liefdadigheidsvoorstellinge vir die noodlydendes deur die KafferoorlogGa naar voetnoot5). Die geselskap speelGa naar voetnoot6) op Donderdag 23 Oktober in die Garnisoenskouburg, wat hulle ‘goedgunstiglyk verleend’ is deur die kommandant, lt.-kol. Cole, en voer op ‘het prachtig Historisch Stuk in 4 Bed. genoemd De Toveres Sidonia (Zschokke, vertaal deur Engelman). Door den Schryver van Aballino, met nieuwe Schermen, Kleeding Decoratien. Waarna het zeer koddige kluchtspel..met zang,’ De Kalkoen van Breda ens. (van Ray). De Toveres Sidonia moet 'n sukses gewees het. Op Donderdag 13 NovemberGa naar voetnoot7) word dit herhaal, vir dieselfde doel soos voorheen, en word gevolg deur 'n komiese lied en die vermaaklike klugspel De Geveinsde Zotheid door Liefde. | |
e. Door Yver bloeit de Kunst (1849-'55).Oor die vermoedelike wyse van ontstaan van D.Y.b.d.K. is reeds een en ander gesêGa naar voetnoot8). Hierdie geselskap word, in die twede helfte van die 19de eeu, wat T.N. en V. was in die eerste. Vir Dinsdag 19 JunieGa naar voetnoot9) word aangekondig dat ‘Het Privaat Hollandsch Tooneellievend Gezelschap spelende onder de zinspreuk Door Yver bloeit de Kunst’ sal opvoer Charlotte Blandford, of De Wedergevonden Vader (vertaal deur Engelman), Bs. in 2 Bed., gevolg deur De Man van Veertig Jaren (Kotzebue), Bs. in 1 Bed. | |
[pagina 456]
| |
Waarskynlik het die geselskap hierna, tenminste in 1849, in vergetelheid teruggevalGa naar voetnoot1). Dieselfde rede waarom Tot Oef. en Verm. nie opgetree het in 1850Ga naar voetnoot2) nie, kan gegeld het vir D.Y.b.d.K. Daarenteen kan die eerste aankondiging van die geselskap se hernude optrede in 1851 die indruk wek dat hul tog gespeel het in 1850. Die geselskap kondig aan dat hulle ‘voor hunne eerste representatie van dit seizoen’ (sou ‘dit seizoen’ slaan op 1850 of 1849? - F.B.) op 26 JunieGa naar voetnoot3) in Drury Lane Skouburg sal opvoer: De Kluizenaar op het Eiland Formentera, (Kotzebue), Tsp. in 2 Bed., en De Deserteur (Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop), Kl. Bs. in 1 Bed. Die geselskap speel op Donderdag by hierdie geleentheid; ook gewoonlik vir die res van sy bestaan. Nog tweekeer word hierdie jaar gespeel, beide kere in die Hoopstraat-Skouburg. Op 28 AugustusGa naar voetnoot4) vind plaas Frederik en Charlotte, of De edelmoedige Beloning der Deugd ('t Hoen), Tsp. (Comedy) in 3 Bed., en Ieder Veege zyn eigen Vloer (vertaal deur v. Esveldt Holtrop), Ks. in 1 Bed.; op 9 OktoberGa naar voetnoot5) Nathan van Geneve, (Warnsinck), Tsp. (Play) in 3 Bed., en De Listige Weduwe ens. (Kotzebue), Bs. in 1 Bed. - 'n oubekende. Eienaardig is dat waar ander geselskappe hierdie jaar soveel vir liefdadigheidGa naar voetnoot6) doen, hierdie geselskap niks van soiets laat blyk nie. Ook in 1852 volg die voorstellinge, die eerste in die Hoopstraat-Skouburg, die laaste twee in die nuwe Breestraat-SkouburgGa naar voetnoot7). Daar vind plaas op 10 JunieGa naar voetnoot8): Storb en Werner, of De Gevolgen van een Tweegevecht, (De Boirie en Bonel, vertaal deur v. Beulingen), Tsp. (Drama) in 3 Bed., en De Uniform Rok van Wellington, Kl. Bs. in 1 Bed. 12 AugustusGa naar voetnoot9): De Kluizenaar ens. (Kotzebue), Tsp. in 2 Bed.; en De Minnaar op de Proef, of Het Zonderlinge Tweegevecht (naar die Hoogduits, vry vertaal deur de Boer), Bs. (Farce) in 3 Bed., ‘in de NieuweGa naar voetnoot10) en tot dat einde welingerigte Schouwburg, met de nieuwe Decoratien, Costumen, enz’. 16 September:Ga naar voetnoot11) De Onechte Dochter (Meyer), Tsp. in 5 | |
[pagina 457]
| |
Bed., en Uilenspiegel (Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop), Kl. Bs. in 1 Bed., in die nuwe skouburg ens., soos voorheen. In 1853 bereik die geselskap sy hoogtepunt in die nuwe skouburg. Op 28 AprilGa naar voetnoot1) open hulle die seisoen met ‘Westerman's vermaarde Tsp. (Comedy) in 4 Bed. Rozella en Guido, of Het Regt der Natuur, met geheel nieuwe Kleeding en Decoratien. Waarna het Bs. (Farce) met zang, in 2 Bed., De Lotery Prys, of No. 2, 5, 3, 8., door Prince Hoare Esq., en uit het Engels vertaald door een Amateur, alhier. N.B. Beide stukken zullen voor de eerste maal op het Kaapsch Tooneel vertoond worden. Die heer P.J. Richter, 67 Breestraat, blyk die sekretaris van die geselskap te wees. Dit heet van hierdie voorstellingGa naar voetnoot2), dat die vertaling van De Lotery Prys ‘met veel smaak en juistheid’ uitgevoer was. ‘De decoratien en kleeding beantwoordden volkomen aan de schoonheid der stukken zelve, en de uitvoering als een geheel genomen, liet niets te wenschen overig. Alleen willen wy opgemerkt hebben dat de rol van den abt meer bedaardheid en deftigheid van toon vordert. Guido zou ook wel doen geene noodeloze gestien te maken, en wanneer hy in het eerste tooneel zyn penseel nederlegt, om met zyne moeder te spreken, niet zoo dadelyk vuur te vatten. Er waren eenigen onder de toebehoorders voor wie de schoonheid van het tooneel blykbaar eene vreemde zaak is, en het kan misschien niet ongepast zyn dezulken te herinneren, dat hun gedrag by die gelegenheid niet zeer te pryzen was. Daar velen uit hoofde van het bestek van den Schouwburg geene plaatsen konden krygen, en anderen de wensch hebben uitgedrukt om de beide stukken nog eens te mogen zien, zullen dezelve op morgen avond voor de tweede maal worden vertoond’. Inderdaad het die weeropvoering op Dinsdag 3 Mei, op ‘Byzonder Verzoek’ gevolg. Op 14 JulieGa naar voetnoot3) volg Hariadan Barbarossa, of Het Beleg van Reggio, pragtige Tsp. (Drama) in 3 Bed., naar die Frans deur Fallée, ‘met geheel nieuwe kleeding’ ens., waarna De Bloemenkrans, of De Minnaar in den Boom (v.d. Sprong), aangenaam Bs. (Farce) in 1 Bed. ‘Gelyk by eene vorige gelegenheid’ sê die Zuid-AfrikaanGa naar voetnoot4), ‘zoo merken wy ook nu aan, dat wy een gezelschap jeugdige amateurs niet te streng mogen beoordeelen. Zy trachten | |
[pagina 458]
| |
toch den liefhebber van het tooneel voor een oogenblik te doen vergeten dat hy leeft in eene stad met 30.000 inwoners - en deze de hoofdstad van Zuid Afrika - voor wie de vermaken, de schoonheden van 't tooneel niets aanlokkelyks schynen te hebben, voor wie het eene verborgenheid schynt te wezen dat het tooneel oorspronkelyk het middel is geweest ter voorplanting van beschaving en kennis, de oefenschool waarin mannen van naam hunne loopbaan begonnen hebben’. Na hierdie bittere aanmerkinge aan die adres van die Kaapse publiek, bespreek die koerant die voorstelling in besonderhede. ‘Barbarossa werd meesterlyk uitgevoerd en wy... wenschen het gezelschap geluk met zyne aanwinst. Alle (rollen) gaven bewyzen van gemaakte vordering en van zorgvuldige oefening. Het was ons aangenaam te bemerken dat Ramire op onze vorige aanmerking heeft acht gegeven; zoo hy in de toekomst eene meer krygshaftige houding aanneemt, zou hy met meer voordeel uitblinken. Stephano hoewel pas van een hevige ongesteldheid bekomen, heeft zyne rol vry wel ten einde gebragt; doch het was blykbaar dat een veinsaard geen juiste vertegenwoordiger in zyn persoon vindt. Doch waartoe meer? Maar het nastukje? Wat hierin gebrekkig was werd ruimschoots vergoed door vriend Taps, den vrolyken Frank en het beminnelyk Roosje. Blydschap, gramstorigheid, gevoeligheid, droevigheid, deze zyn alle gemoedsstemmingen welke niet maar zoo in een oogenblik verdwynen. Zy worden door gebaarden aangeduid maar eindigen niet met dezelve. Indien men ook hierop voortaan wil acht geven, zal het doel van dezen wenk bereikt zyn.’ Van besondere belang in hierdie mededeling is, dat ons met jonge liefhebbers te doen het, w.o. blykbaar dames. Vir begin AugustusGa naar voetnoot1) word aangekondig Eleonora(e) van Rosalba ens. (Pujos en Dabaytua, vertaal deur Kisselius), 'n ou gunsteling, en De Nachtmerrie, of De Vampyr, vry gevolg naar die Hoogduitse Das neue Sonntagskind (Perinet), Kl. Bs. met sang, in 2 Bed. ‘N.B. Het Nastuk is nooit te voren op het Kaapsche Tooneel vertoond’. Dit word ewenwel 8 SeptemberGa naar voetnoot2) voor die voorstelling, die laaste van die seisoen, plaasvind. Die verslagGa naar voetnoot3) hieroor sê, dat ‘beide stukken werden op eene zeer voortreffelyke wyze uitgevoerd. Jammer maar dat | |
[pagina 459]
| |
men by zoo veel inspanning, en zulk eene blykbare begeerte om algemeene genoegen te verschaffen, zich bedienen moet van zulk een klein gebouw. Niets zou derhalve aangenamer zyn dan te vernemen dat men geslaagd is in het plan hetwelk men thans op het oog heeft, te weten, om voor het a.s. seizoen eene maatschappy te vormen tot het daarstellen van een geschikten Schouwburg door middel van aandeelen’Ga naar voetnoot1). In 1854 word die eerste voorstelling aangekondig vir 18 MeiGa naar voetnoot2) met die ou gunsteling Roland de Monglave ens. (Loaisel Tréogate, vertaal deur Engelman), en Het Bankroet van den Schoenlapper (Martainville, vertaal deur de Quack), Kl. Bs. in 1 Bed. met sang. Tussenin vind 'n divertissement plaas. Die plek is die Skouburg, Breestraat, hoek van Dorpstraat, soos voorheen. Op versoek beveel die Zuid-Afrikaan die voorstelling in besonder aanGa naar voetnoot3), en sê o.a.: ‘Wel uitgevoerd wordende (en hieraan twyfelen we niet, oordeelende volgens onze kennis aan het voorledene) zal men zich niet beklagen van de gelegenheid gebruik gemaakt te hebben.... De meeste oplettendheid zal besteed worden om de dames te geryven.’ Tenslotte vind die voorstelling op Dinsdag 23 Mei plaasGa naar voetnoot4) ‘omreden van de ongesteldheid van den Tooneelmeester’. Die voorstelling het plaasgevind ‘voor een zeer aanzienlyk gezelschapGa naar voetnoot5). De stukken.... werden beiden voortreffelyk uitgevoerd en zeer gunstig ontvangen; laatstgenoemde vooral werd met daverend gejuich begroet. De amateur door wien het Divertisement werd uitgevoerd, werd met onbegrensde toejuiching overladen, en werd na het tooneel verlaten te hebben, andermaal voor de gordyn geroepen door de onophoudelyke encores van het gezelschap’. Vir 12 OktoberGa naar voetnoot6) word die ‘laatste’ voorstelling van die seisoen aangekondig met ‘het prachtig tooneelstuk Adelaide van Beyeren’, naar die Frans van Loaisel Tréogate, met byvoeging van 'n ‘Prachtig Ballet in 4 Bed.’, waarna het Ks. De Dronkaard, of De Boer Edelman (Kotzebue), in 2 Bed. Die Zuid-Afrikaan verseker ‘de beminnaars van het tooneel’ dat hul in die geleentheid gestel word om ‘een uurtje van aangename zoowel als leerzame uitspanning’ te geniet. Die geselskap reken op ruime ondersteuning. ‘Het Ballet is zeer fraai, en de kinderen door wie hetzelve zal worden uitgevoerd zyn volkomen voor de taak toegerust’. In die verslagGa naar voetnoot7) sê die Zuid-Afrikaan dat die voorstelling | |
[pagina 460]
| |
die ‘gezelschap - alle jeugdige amateurs - tot eer strekt. De grootsche tooneelen in Adelaide... werden zeer juist uitgevoerd’, en veral in die laaste bedryf, waar Adelaide, dood gewaan, haar plotseling in die ontslote grafnaald aan die wanhopige Hertog Frederik openbaar, ‘was de indruk... zoo levendig dat eene aanhoudende en verdovende toejuiching het gevolg was. Het Ballet, waardoor het stuk besloten werd, was zeer smaakvol niet alleen, maar ook met juistheid door het achttal kinderen uitgevoerd’. Luide toejuiging was veelvuldig en dit was selfs nodig om te verduidelik dat'n ‘encore’ van die halfuurlange ballet onmoontlik was. Weer moet die koerant sê hoe jammer dit is dat die geselskap hom met so'n ‘eng en beperkt gebouw’ moet vergenoeg. ‘Hetzelve vindt zich hierdoor zoo zeer gedrukt dat het eindelyk besloten heeft zyne vertooningen te staken, en na de aangekondigde vertooning van morgen avond den schouwburg te onttakelen.’ Dat hierdie besluit baie leedwese sal veroorsaak spreek vanself. Maar hierdie voorneme blyk duidelik, sê die blad, uit 'n verklaring (deur die blad volledig weergegee), wat by die voorstelling gedoen is. In hierdie verklaring kondig die spreker o.a. 'n weeropvoering vir 12 Oktober aan, terwille van diegene wat geen plek by daardie geleentheid kon kry nie, en vervolg: ‘Deze zal dan onze laatste vertooning op deze plaats zyn; daar dit gebouw voor onze einden geheel ongeschikt is en hetzelve zal gevolgelyk onttakeld worden om voor de eene of andere bezigheid plaats te maken. Kunstmin spaart geen Vlyt. Deze aloude zinspreuk zien wy wederom bewaarheid in de onvermoeide pogingen van hem (die heer LangermanGa naar voetnoot1) volgens die Engelse lesing), die, ofschoon zyn plan om eene meer geschikte inrigting van eenen aard als de onze daartestellen, uit gebrek aan deelneming reeds eenmaal is misluktGa naar voetnoot2), zyn voornemen heeft geuit nog eene kans te wagen by het edelmoedig Kaapsch publiek. Indien dus ook deze geenen byval vindt, dan neemt ons toneelbestaan een einde.’ Maar hulle hoop vir die beste, dat hul ondersteuners diè gevoel vir die skone en goeie het, dat hulle genoop sal voel naar vore te tree. Reeds het een van die nuusblaaieGa naar voetnoot3) op uitmuntende wyse uitgewy oor die gebrek aan plekke van openbare vermaak in Suid-Afrika, aan plekke veral, ‘die strekken kunnen ter oefening, verlichting en veredeling van den geest, dat edelste deel van den mensch.’ Die geselskap sluit hom volkome by hierdie sienswyse aan, en hoop dat die volgende seisoen 'n einde aan hierdie gebrek sal sien. | |
[pagina 461]
| |
Ook die koerant hoop dat die geselskap se wense vervul sal word. ‘Eene stad toch met 25,000 tal inwoners, en daarenboven een hoofdstad, zonder een geschikt Schouwburg, dit is zonder voorbeeld in de gansche beschaafde wereld!’ Op Dinsdag 17 Oktober het die weeropvoering tenslotte plaasgevindGa naar voetnoot1). Die hoop van die geselskap om 'n groter geskikter lokaal te kry word egter nie verwesenlik nie. In 1855 speel hul weer, maar onder prikkel van liefdadigheid, en met verlof van die bevelvoerende offisiereGa naar voetnoot2), in die Garnisoenskouburg. Die ‘Patriotic Fund’ vir die noodlydendes deur die KrimoorlogGa naar voetnoot3), is die voorwerp van hul ywer. Op 26 AprilGa naar voetnoot4) word opgevoer Hariadan Barbarossa ens. (Fallee)Ga naar voetnoot5) met ‘prachtig’ Ballet in 3 Bed., en De Deserteur (Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop), Ks. in 1 Bed. Met verlof van kol. Smith speel die ‘bende’ van die 73ste Regiment. Die onderneming het 'n vol (crowded) huis gehadGa naar voetnoot6). Die spelers het hul vroeëre roem nie alleen gehandhaaf nie, maar indien moontlik, selfs vermeerder. Die ballet is op meesterlike wyse uitgevoer; die herhaalde, welverdiende toejuiginge moes baie ‘strelend’ vir die kleines gewees het. Die blaasorkes verdien dank vir hul verlewendiging van die geleentheid. Mag hul steeds ondersteuning verleen by verdere opvoeringe vir so'n edele doel. Na afloop van die ballet het die heer Herholdt, 'n lid van die geselskap, 'n toespraak gehou, wat woordelik weergegee word. Die heer Herholdt druk sy ‘onvermengde’ vreugde uit oor die aanwesigheid van die gehoor. ‘Cabo's zonen’ weet om meegevoel te toon met die ongehoorde lyde van diegene, wat, ver van huis en in 'n onherbergsame oord, ‘vechten voor de zaak der vryheid en de magt van den despoot trachten te fnuiken, die geheel Europa onder zyne heerschappy wil brengen’Ga naar voetnoot7). Die seuns van die gryse Albion moet warm vir die doel van die fonds voel; die Kaapse publiek ken sy plig teenoor die lydende mensheid. | |
[pagina 462]
| |
Die geselskap is bly dat sy poginge om iets by te dra ‘tot zulk eene verhevene en menschlievende zaak’, dusdanig die steun van die publiek geniet. ‘Wy willen dan hopen dat gy het gebrekkige van onze vertooningen welwillend vergeven zult, en door uwe gedurige bywooning van de stukken die wy alhier ten tooneele willen voeren, ons in staat stellen zult eene aanzienlyke som als gift te mogen aanbieden.’ Die Engelse blaaie is van dieselfde oordeel as hierdie verslag. So b.v. die Cape MonitorGa naar voetnoot1), wat sê dat ‘The attendance... was very numerous, and the... amateurs were loudly applauded, their several parts being well sustained.’ By die £ 70 word vir die Fonds verwag. Ten slotte blyk dit £ 15 te wees, en 'n twede voorstelling vir dieselfde doel word aangekondigGa naar voetnoot2). Die voorstelling word aangekondig vir Dinsdag 12 JunieGa naar voetnoot3) met Het GeheimGa naar voetnoot4), pragtige Tsp. (Drama) in 5 Bed., deur die skrywer van Rinaldini; waarna, op besondere versoek, Het Groot Ballet, en tenslotte De Helleveeg (Loosjes), Ks. (laughable farce) in 1 Bed. Met verlof van lt.-kol. Pinckney sal die militêre blaasorkes aanwesig wees. Die Zuid-AfrikaanGa naar voetnoot5) in 'n ekstra klein aanbeveling, verwag, ‘oordeelende volgens den afloop der laatste vertooning... dat de tegenwoordige even talryk bygewoond, en even eervol ten uitvoer gebracht zal worden.’ Maar hy het dit misGa naar voetnoot6). Die voorstelling is ‘naar wensch ten uitvoer gebragt’, maar die ‘moeite en inspanning... en edele doel’ het nie die gewenste ondersteuning geniet nie. Dit kan drie oorsake gehad het: ‘1. De bedrukte staat des handels, welke ook op private personen invloed heeft. 2. De aangekondigde Engelsche vertooning op den volgenden avond in de BeursGa naar voetnoot7). 3. De verhooging van den prys der enkele billetten tot 5/-. Zoo het gezelschap mocht besluiten het zoo prachtig als leerryk Geheim andermaal ten tooneele te voeren, is het te hopen dat het die ruime ondersteuning zal genieten, waarop het met zoo veel reden aanspraak maken kan.’ Dit gebeur, maar hierdie keer neem die geselskap goeie voorsorge om 'n twede fiasko te voorkom. | |
[pagina 463]
| |
‘Op byzonder verzoek zal het... Gezelschap... op 28 JunieGa naar voetnoot1) ten tooneele voeren, tegen zeer verminderde pryzen, Het Geheim. N.B. De Vertooning zal geen plaats hebben tenzy al de Loges genomen zyn. Inteekenaren gelieven te bedenken dat de vertooningen niet gegeven worden uit eigen belang, maar alléén tot voordeel van Weduwen en Weezen - de lyders door den tegenwoordigen oorlog’. Die blaasorkes verleen sy steun soos gewoonlik. Die Zuid-AfrikaanGa naar voetnoot2) wys o.a. daarop dat geen beswaar meer teen die pryse kan bestaan nie, en dat die ‘Inteekenaren gelieven’ ens. besondere aandag verdien. Nog een feit verdien vermelding in verband met hierdie voorstellinge. In 'n kort stukkieGa naar voetnoot3) oor J.C. Combrink in 1911 lees ons: ‘It was rather by his activities out of working hours that J.C. has made himself memorable.’ Allerlei dade wat van persoonlike moed getuig het hy verrig. ‘But before these exploits he had been busy play-producing. He got companies together, drilled them, and taught them and produced plays in English and in Dutch, presenting his plays in theatres now gone and forgotten... The Balaclava Benefit which was given in the old Barracks in Caledon Square realised £ 50’. Hy is nou 72 jaar oud. Hieruit sou ons kan opmaak dat Combrink nie alleen deelgeneem het aan hierdie Krimvoorstellinge nie, maar selfs die hooffiguur daarin was. Hy sou dan egter 16 of 17 jaar gewees het! Die geselskap het wel uit jeugdigeGa naar voetnoot4) amateurs bestaan, maar sou selfs die leier so jeugdig gewees het? En wat van die here Richter, Langerman en HerholdtGa naar voetnoot5) as leiers? Ek glo Combrink sal meegespeel het, maar leier was hy nog nie. Dit word eers die geval in die volgende tydperkGa naar voetnoot6). Wat die £ 50 betref, sou dit 'n fout vir £ 15Ga naar voetnoot7) wees? Of was dit die gesamentlike som van al die voorstellinge? Hiermee sluit hierdie tydperk af. Dit word 1862Ga naar voetnoot8) voor ons weer van Hollandse opvoeringe hoor, van sekere Rederykerskamer ‘Aurora’ (blykbaar die voorloper van die meer bekende van 1866-1886)Ga naar voetnoot9), wat 'n liefdadigheidsvoorstelling gee vir die noodlydendes ten gevolge van die oorstroming | |
[pagina 464]
| |
op Kuilsrivier; dit word 1865Ga naar voetnoot1) voor D.Y.b.d.K. weer tot kragtige nuwe lewe ontwaak. Die Basoetoeoorloë van die Oranje-Vrystaat, maak die meegevoel van hul ‘land- en geloofsgenoten’ aan die Kaap wakker. Die liefdadigheid gryp soos vanouds naar die toneel om die lyers in die Oranje-Vrystaat te hulp te kom. 'n Nuwe bloeiperiode van Hollandse toneel begin aan die Kaap, gebore uit die opkomende nasionale bewussyn van die Afrikaner. |
|