Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend§ 5. Die OpvoeringGa naar voetnoot1).a. Skouburge.Vir die grootste deel van die tydperk 1822-'39 bestaan daar drie skouburge aan die Kaap: 1. Die ‘Afrikaansche’, ‘Zuid-Afrikaansche’ of ‘Kaapsche (Cape Town) Schouwburg’Ga naar voetnoot2). 2. Die ‘Liefhebbery Tooneel (Amateur Theatre)’. 3. 'n Garnisoenskouburg in die Kaserne (1825-'28, 1834-'38Ga naar voetnoot3). Tot 1824 vind ons alleen vermelding van die ou ‘Afrikaansche Schouburg’ aan die Kaap. In 1825 maak die ‘Lief- | |
[pagina 359]
| |
hebbery Tooneel’ sy verskyningGa naar voetnoot1), bestaan in 1838 nogGa naar voetnoot2), ook vermoedelik daarnaGa naar voetnoot3). Sou hierdie Liefhebbery Toneel, waarin Tot Nut die eerste begin speel, dieselfde wees as die van die vorige periode waar Tot Nut in gespeel het?Ga naar voetnoot4) Die ‘Liefhebbery Tooneel’ was by uitstek die skouburg van die HollandssprekendesGa naar voetnoot5). Van 1825-36, solank T.N. en V. bestaan, bly dit sy lokaalGa naar voetnoot6). Na hom in 1837, speel Tot Oef. en VermaakGa naar voetnoot7) daarin. So ook die Kindergeselskap Kunst en Smaak van 1835-'36Ga naar voetnoot8) met 'n enkele uitsonderingGa naar voetnoot9). Boniface se geselskap, V. en K., in die periode 1834-'38Ga naar voetnoot10), speel in hoofsaak in die Liefhebbery Toneel, anders in die Afrikaanse (Kaapse)Ga naar voetnoot11) SkouburgGa naar voetnoot12). Vóór hierdie tyd, by Honi (1823-'28?) en Door Yver (1833), van Boniface, was die voorstellinge uitsluitlik in die Afrikaanse SkouburgGa naar voetnoot13). Engelse geselskappe speel alleen by hoë uitsonderingGa naar voetnoot14) in die Liefhebbery Toneel. 'n Enkele afwyking is die Private Amateur Company, 1834-'35; maar ook sy laaste voorstelling is in die Suid-Afrikaanse SkouburgGa naar voetnoot15). In teenstelling met die Liefhebbery Toneel was die Afrikaanse Skouburg by uitstek - uitsonderinge het ek alreeds vermeld - die plek vir Engelse geselskappe. Die (Garrison) Amateur Company (1822-'28Ga naar voetnoot16), All the World 1830-'34Ga naar voetnoot17), die English Theatricals (1823-'30)Ga naar voetnoot18), die Private Amateur Company (1837-'38)Ga naar voetnoot19) almal speel daar. Merkwaardig is hoe sommige geselskappe aan onderskeie name vir dieselfde plek blykbaar kleef, b.v. die Garrison Amateur Company aan ‘African Theatre’, All The World aan ‘South African Theatre’ en English Theatricals aan ‘Cape | |
[pagina 360]
| |
Town Theatre’. Miskien was dit doelbewus terwille van onderskeiding tussen die geselskappe, miskien 'n kwessie van voorkeur tussen verskeie gewone benaminge, miskien gewoon willekeur. Dat aparte skouburge kon bedoel wees is uitgesloteGa naar voetnoot1). Waar die name nie konsekwent gebruik word nie, moet aan toeval, verwarring of sorgeloosheid gedink wordGa naar voetnoot2). Verder was die Garnisoenskouburg in hierdie periode uitsluitlik EngelsGa naar voetnoot3). In verband met die skouburge kry ons verder interessante mededelinge uit ander bronne. TeenstraGa naar voetnoot4) wat in 1825 aan die Kaap was, vertel in verband met die Afrikaanse Skouburg die volgende: ‘De Schouwburg welke in 1798Ga naar voetnoot5) gebouwd werd, is een te klein, maar fraai steenen gebouw; vooral het tooneel is van weinig belang. Hy die een menigte coquette, onwelvoegelyk gekleede jonge meisjes wil zien, ga naar het Boerenplein, op welks Zuidoostelyke hoek men dit gebouw vindt, en nu des Zaterdagsavonds zeer sterk door de Kapenaars bezocht wordt. Wy bezochten den Schouwburg en namen plaats in het parterre, om hetwelk in een halven cirkel, gelyk een hoefyzer, de loges rondloopen, waarvan er zich echter geene boven elkander bevinden. Hier laten zich nu de in gaas, zyde, kant en dun neteldoek gekleede dames in menigte zien. Zoodra de gordyn valt, maakt men rechtsomkeert, en ziet de vrouwen en meisjes dezer plaats byna geheel naakt. Nu, wat gedoogt een warm klimaat niet! Men kan ook hier te recht met Muralt zeggen (Lettres sur les Anglois et les François), over de Franse vrouwen sprekende: ‘Hier is men zeer ver af van die gematigdheid; de vrouwen ontblooten zoowel haar lichaam, als haren geest. Zy vergeten dat zy hare bevalligheden misbruiken, wanneer zy die op alle tyden ten toon spreiden; de mannen waren verplicht haar zulks te herrinneren’. 'n Ander beskrywing van 'n Kaapse skouburgGa naar voetnoot6) van die tyd vind ons in die South African Grins or the Quizzical Depot of General HumbugGa naar voetnoot7), 1825, deur ‘Paddy to a friend in the Emerald Isle’. | |
[pagina 361]
| |
‘Och never before in all my born days
Did I ever see players with such outlandish ways;
The theatre itself the quaintest I've seen,
Outside somewhat shabby, inside very mean.
Shabby tin sconces the wax lights support,
Whose droppings the coats of the gentleman court;
From experience I speak, for 'twas my own lot
To sit under one and get a wax shoulder knot.
The play-acting mania closely doth rage
For a cure the poor patients go on the stage!
Whenever the Dutch folks perform a piece,
The house smells swately of smoke and of grease,
For the men they allow their pipes to smoke.
And in lieu of wax they burn tallow lights.
Which smell nation strong on a hot, sultry night;
Under England's fair motto some of themGa naar voetnoot1) act,
Which to the front of the curtain is tacked,
And with the aid of Honi soit qui mal y pense
Thay manage sometimes to get through a romance,
And say of their smoke and sad frenzy stinks,
Bad luck to the spalpeen who evil thinks.’
WebsterGa naar voetnoot2), 'n paar jaar later, deel mee: ‘The only place of public amusement in Cape Town is the theatre. The performance there must not be criticised, as it depends mostly on the efforts of amateurs; butGa naar voetnoot3) Dutch plays besides English are sometimes performed.’ 'n Uiting in soortgelyke toon, met meer beslister lof aan die Hollandse geselskappe vind ons in 1833Ga naar voetnoot4). Die waardevolste mededeling egter met die oog op die verskeidenheid van skouburge aan die Kaap, is een uit 1835 van N. PolsonGa naar voetnoot5), wat as ‘Indian Visitor’ en offisier alle rede gehad het om goed op hoogte van Kaapse vermake en plekke van vermaak te wees. Onder ‘The Theatre’ vertel hy: ‘Of these there are three in Cape Town, one in the town where an amateur company occasionally performs with much zeal and some success, a second in the regimental barracks where the Officers occasionally exhibit their histrionic powers, | |
[pagina 362]
| |
and a third where a Dutch amateur company frequently delights their audiences with the dramas of their fatherland.’ Hierdie mededeling klop volkome met die konklusies wat ek elders reeds getrek het. Oor die Garnisoenskouburg, uit sy eerste tyd van bestaan, besit ons 'n paar waardevolle mededelings. GroomGa naar voetnoot1) vertel, sprekende oor die tyd van lord Ch. Somerset en van Honi, d.w.s. ± 1825, die volgende: ‘There was also in those days a garrison theatre in the barracks on the Zieke Street side at which non-commissioned men of the various regiments in garrison used to occasionally give performances.’ 'n Berig uit 1833Ga naar voetnoot2) oor 'n dans in die kaserne bevestig dit: ‘The room appropriated for the dancers was a portion of that part of the building formerly devoted to the dramatic Thespians of the Sons of Mars, and from its size well adapted for the purpose.’ Ons kom tot die gevolgtrekking dat wat betref die eerste tydperk van die Garnisoenskouburg, moes die ‘Gentlemen of the Garrison’ in die Afrikaanse SkouburgGa naar voetnoot3) gespeel het, die manskappe in die kaserne-lokaal. Vanaf 1834 is die offisiere klaarblyklyk self in die GarnisoenskouburgGa naar voetnoot4). | |
b. Dekors en Kostuums.Oor die algemeen skyn die Engelse geselskappe voor 1830 die saak nogal kalmpies op te gevat het. Alleen van die English Theatricals het ons in die opsig 'n paar maalGa naar voetnoot5) spesiale vermelding. All the World (1830-'34) is veel aktiewerGa naar voetnoot6), en het selfs eens 'n besonder geskilderde toneeldoek wat Tafelberg en -baai voorstel, by 'n stuk wat aan die Kaap speelGa naar voetnoot7). In 1833 word verskeie maal iets heel besonders bereikGa naar voetnoot8). Onder invloed van All the World veral sal die ander Engelse geselskappe vanaf 1834 tot meer lewe op hierdie gebied gekom hetGa naar voetnoot9). Van die Hollandse geselskappe word aan T.N. en V. verskeie male besondere lof toegeswaai vir sy dekors ens.Ga naar voetnoot10). 'n Besondere verjonging in hierdie opsig ondergaan die geselskap in 1830 en 1831, onder invloed van All the WorldGa naar voetnoot11). Net soos laasgenoemde kan T.N. en V. in 1834Ga naar voetnoot12) wys op | |
[pagina 363]
| |
'n nuwe toneel deur 'n liefhebber geskilder. T.N. en V. se uitverkoop in 1839 bewys ten oorvloede sy groot besit aan dekors ens.Ga naar voetnoot1). T.N. en V. se opvolger (?)Ga naar voetnoot2) Tot Oefening en Vermaak, (1837), set die ou tradiesie voortGa naar voetnoot3). Die Stellenboschse D.Y.V.Ga naar voetnoot4), en die Kindergeselskap Kunst en Smaak volg dieselfde spoorGa naar voetnoot5). Mees van almal strewe natuurlik Boniface om sy voorstellinge luister by te set deur enscenering en kostumering. So by HoniGa naar voetnoot6); so by Vlyt en KunstGa naar voetnoot7). Ongetwyfeld het Boniface soms veel bereik. | |
c. Bestuur.In die algemene bestuur kom weinig verandering behalwe dat J.T. Buck tensotte die volle eienaar van die Afrikaanse Skouburg word. Vrywel volledige eienaar sal hy teen 1828 geword het. Na 1827 vind ek tenminste die jaarlikse byeenkoms van eienaars nie meer vermeld nieGa naar voetnoot8); in 1831 wordt van die ‘voornaamste eigenaar’ gepraatGa naar voetnoot9), en in 1839 is dit hy wat as alleen-eienaar die gebou verkoopGa naar voetnoot10). Diwidente word tot 1827 taamlik gereeld uitgekeerGa naar voetnoot11), - hoewel nie altyd gereeld opgeëis nieGa naar voetnoot12). Pakhuise bly hulle voordelige rol vervulGa naar voetnoot13). Besondere voorregte soos die besit van silwer lootjes van toegang vir eienaars bly in swangGa naar voetnoot14). Die sorg van die eienaars bly tot die gebou as sulks bepaal. Maar dis duidelik dit het soms moeite gekos om hulle tot die nodige verbeteringe te beweeg. Onder 2 April 1825 vind Buck dit nodig om in 'n brief in die Kaapsche Courant 'n berig van die Chronicle teen te spreek. Met die oog op die a.s. winterseisoen het die blad beweer dat die komediehuis lewensgevaar sou oplewer vanweë die toestand van dak en solder. Waarheid is, sê Buck, dat die reparasie aan die dak reeds gedaan is, en dat mense toe aan die solder en ander gedeeltes van die huis besig was, | |
[pagina 364]
| |
gedeeltes ‘die naar alle waarschynlikheid zullen voltooid zyn, voor en aleer het Publiek met de a.s. Vertooningen... worden begunstigd.’ Inspeksie van die gebou staan iedereen vry tot bewys hiervan. In hoeverre kort hieropGa naar voetnoot1) die klag van gebrek aan hulpmiddele ‘as regards the scenery’, waardeur Engelse geselskappe teengehou word om te speel, aan die adres van die eienaars gerig was, val alleen maar te gis. In ieder geval word direk hierop 'n aanmerklike verbetering in die buitenste van die gebou gekonstateerGa naar voetnoot2). Nieteenstaande soortgelyke koste en agterstallige rekeningeGa naar voetnoot3), het die Skouburg nog profyt opgelewerGa naar voetnoot4). In 1828 word gekla oor die te donker kleur van binneGa naar voetnoot5). In 1837 word sekere veranderinge aangebring aan die trap van die SkouburgGa naar voetnoot6). Gedurende 1838-'39 verneem ons tenslotte die verkoop van die Skouburg deur die eienaar J.T. BuckGa naar voetnoot7). | |
d. Inwendige Bestuur en Indeling; Pryse.Die bly onveranderd. Loges, bak en gaandery bly die gewone plaasindeling, soms met staanplek vermeerder. Van T.N. en V. verneem ons geen pryse nie. Die oorsaak moet gesoek word in die besonder geslote karakter van die geselskap. Van Boniface en die Engelse geselskappe verneem ons dit welGa naar voetnoot8). Teen die end van die periode sterf die prysaanduiding volgens die Hollandse muntstelsel weg, en word die Engelse die gewone. Origens bly die Hollandse geselskappe hulle kenmerke behou. Boniface in ClasiusGa naar voetnoot9), kenskets die organisasie as volg: ‘de verkooper der Lootjes, de Drukker derzelven, de Directeur van het gezelschap, de Secretaris, de Tresaurier, de Commissarissen, het gansche gezelschap, met Deurwaarder, Souffleur en Parukmaker’. Intekenlyste bly voortbestaan. Lootjiestrekkery skyn in die jare onmiddellik voor 1830 te verdwyn. Die pryse bly goed: 4-3-2 Rds, of 6-5-3 sjielings gewoonlik. Die betreklik dure toegang tot die gaandery sal gelê het aan die begeerte om ongewenste elemente daaruit te hou. | |
[pagina 365]
| |
e. Tyd.Saterdag bly die gewone speeldag, behalwe teen die end van hierdie tydperk. Sedert 1836 is weekdae meer gewoonGa naar voetnoot1); dit lyk of Saterdag vermy word. Ons kan hierin stellig die invloed van die aksie teen vermaak en SabbatsontheiligingGa naar voetnoot2) herken. Die ure van speel toon wysiginge. Hollands en Engelssprekendes vertoon geen verskil meer nie. Hulle tyd is dieselfde, alleen onderhewig aan invloede van seisoen of besondere omstandighedeGa naar voetnoot3). Die gewone tyd is opening om 6, aanvang om 7 uurGa naar voetnoot4) - dus oor die algemeen dieselfde as voorheen. Laatkomers bly aan die ordeGa naar voetnoot5). | |
f. Publiek.Die publiek wat die toneel ondersteun bly onverander behalwe dat die Engelse deel daarvan toeneem deur die geleidelike toename van die Engelse bevolking aan die Kaap, en dat die gedrag van die publiek in sommige opsigte vererger en dikwels tot sterke afkeuring aanleiding geeGa naar voetnoot6). Origens word die toneel hartelik ondersteun. Die Goewerneur bly gul met sy patronasieGa naar voetnoot7) en persoonlike aanwesigheid by opvoeringeGa naar voetnoot8). Die moeilikhede wat die gedrag van die publiek betref, het voorheen veral voortgevloei uit pogings om ongeoorloofde toegang tot die voorstellinge te verkry. Dieselfde moeilikhede duur nie alleen voort nie, selfs in 'n erger graad, maar die gedrag van die gehoor, tenminste 'n deel daarvan, binne die gebou, neem soms besonder ergerlike vorme aan. Ten eerste het die ou moeilikhede voortgeduur. So word lootjies nog konsekwent nie aan die deur verskaf nieGa naar voetnoot9). Aan hierdie bepaling skyn die Hollandse geselskappe die hand | |
[pagina 366]
| |
strenger te gehou het as die EngelseGa naar voetnoot1). Interessant is dat ons hier die moeilikhede selfs in Grahamstad terugvindGa naar voetnoot2). Bywoning van grote proewe word nie toegelaat nieGa naar voetnoot3) - op gevaar van ‘beledigingen’ heet dit selfs eenkeerGa naar voetnoot4). Van die Hollandse geselskappe kom hierdie waarskuwinge, wat begryplik is deur hul suiwerder liefhebberykarakter en samestelling uit die burgery. Vriende kan soms lastig wees! Soms was die grote proewe blykbaar wel oopgestel vir die publiek. Maar onreëlmatighede maak daar gou 'n end aanGa naar voetnoot5). Besoeke aan die spelendes onder die spel word afgekeur omdat dit ‘niet alleen onaangenaam is, maar te dikmaals eene vertraging in het ten uitvoer brengen der rollen te weeg brengt’Ga naar voetnoot6). Soortgelyk is die waarskuwing: ‘Niemand word op het tooneel op de Vertoondag toegelaten als zy die er werkzaam zyn’Ga naar voetnoot7). Pogings om tot die opvoeringe kosteloos deur te dring tier voort, en lok strenge waarskuwings uit. So word indring by die agterdeurGa naar voetnoot8) van die Skouburg verbied; niemand word sonder lootjies toegelaat nieGa naar voetnoot9) (blykbaar die ‘vergeet’ of ‘sal later regmaak’ storie); Tot Oefening en SmaakGa naar voetnoot10), die kindergeselskap, waarsku ‘dat men Contra-lootjes zal afgeven, en dat zonder aanzien van personen, niemand, met geen billet of contramerk voorzien, ingang zal verleend worden’Ga naar voetnoot11); kinders sonder biljette word niet toegelaat nieGa naar voetnoot12). Boniface se geselskappe veral laat krasse waarskuwinge hoor. Honi berig in 1825Ga naar voetnoot13): ‘De Directie van dit Gezelschap zal geene Bons meer aannemen; en de prettige jonge heeren die sedert twee jaren hunne briefjes niet hebben gehonoreerd, worden met eens gewaarschuwd, dat men van dezelve een schildery heeft gemaakt, die men van zins is op a.s. Zaterdag aan den ingang des Schouwburgs te doen hangen; met een toepasselyke | |
[pagina 367]
| |
leuze onderaan’. Weer so'n tiepies gekke uitlating van Boniface! Soortgelyk is 'n kennisgewing van All the WorldGa naar voetnoot1): ‘This being the last night of the Company's performance, Subscribers are respectfully requested to settle the resp. amounts... at the office of the South African Commercial Advertiser as early as possible’. Hierdie stelsel van biljette op krediet skyn taamlik algemeen te gewees hetGa naar voetnoot2). Kort na die voorafgaande, versoek HoniGa naar voetnoot3) biljethouers om hul biljette te behou opdat kommisarisse 'n middel het om ‘ongenoode gasten te kunnen onderscheiden.’ D.Y.b.d.K. versoek in 1833Ga naar voetnoot4) ‘die personen die gewoonlijk op den speelavond indringen zonder lootjes, zulks niet te herhalen, willen zy zich niet aan publieke affronten blootgesteld zien.’ Uit die moeite om gevoelighede te spaar, kan 'n mens tot die gevolgtrekking kom dat soms mense van fatsoenlike stand sulke praktyke moes uitgeoefen het. V. en K.Ga naar voetnoot5) waarsku in 1838Ga naar voetnoot6) dat hoegenaamd geen lootjies aan die deur sal verkoop word nie en dat ‘dezulke die zich dezen keer weder zullen schuldig maken aan het vervalschen der lootjes, zullen zonder onderscheid des persoons worden geprosequeerd’. Met die oog op dergelike toestande is dit geen wonder nie dat V. en K. in 1834 by die opvoering van ClasiusGa naar voetnoot7), dit wenslik ag om mense alleen by intekening toe te laat nie, soos T.N. en V. trouens reeds sedert 1832Ga naar voetnoot8) doen met uitstekende resultate vir die goeie orde.Ga naar voetnoot9) Ten twede word die gedrag van die publiek, veral 'n deel daarvan, binne die Skouburg, dikwels erg gelaak. Hiervoor was die jeugdige gedeelte van die bevolking, die publiek van die gaandery, in besonder aanspraaklik. By 'n Engelse voorstelling in 1824 word melding gemaak van ‘extremely noisy Gods’, een waarvan die hoofspelers selfs so goed nagekoggel het - dat hy sukses gehad het en moes uitgegooi word. Dat 'n uitgelese party by dieselfde geleentheid georganiseer het om die bak alleen met hul lede te vul, word begryplik as ons uit dieselfde jare verneem: ‘Care will be taken that no improper persons enter the pit’Ga naar voetnoot10), 'n andermaal gevariëer wat plaasbepaling betref tot ‘boxes’Ga naar voetnoot11) of ‘logessen’Ga naar voetnoot12) (sic! - | |
[pagina 368]
| |
F.B.); soms is dit gewoon 'n mededeling in die algemeenGa naar voetnoot1). In 1825Ga naar voetnoot2) moet Honi, met die oog op die besondere aanwesigheid van lady Charles Somerset, 'n spesiale beroep op die publiek doen, om by oponthoude tussen toneelwisselinge 'n ‘decente stilte’ te bewaar - oponthoude wat trouens meer gebeurGa naar voetnoot3). Oor die algemeen skyn dit in hierdie jare erger by die Engelse as by die Hollandse voorstellinge toe te gegaan het. In 1829 word gepraat van ‘jolly Gods’ by Booth se twede voorstellingGa naar voetnoot4). In 1832Ga naar voetnoot5) word die goeie orde van T.N. en V. geprys. In 1835Ga naar voetnoot6) word dit selfs in besonder vergelyk met die ‘aanstotelyke’ gebrek aan orde by die Engelse voorstellinge, wat gestaaf word deur weiering van All the World ongeveer dieselfde tyd, om ander dan vriende van die persone aan die tooneel verbonde, tot die gallery toe te laat weens rusverstoringeGa naar voetnoot7). Eweneens word van V. en K. begin 1834Ga naar voetnoot8) gesê, dat die huis ‘stil’ was, iets wat die Engelse liefhebberygeselskap wel sou doen om na te volg. 'n Duursame toestand, in elk geval wat V. en K. betref, was dit nie. Nog voor die end van 1834Ga naar voetnoot9) word berig: ‘De Directie, om wanorde en onrust voor te komen, heeft zich een Lyst doen overhandigen van eenige turbulente knapen, die zich nog onlangs als zulken hebben doen kennen; en heeft besloten om hun geene admissie te verleenen.’ 'n Toestand van demoralisasie, waaraan die ‘persoonlike’ toneel van Boniface teen de Lima hierdie jaar, stellig sy deel sal gehad het. Die Kindergeselskap Kunst en Smaak kondig in 1835Ga naar voetnoot10) aan: ‘De Commissarissen zyn benoemd tot het houden van goede orde. De Regulatien daartoe vereist, zyn mede te zien.’ In 1838 word sterke aanmerking gemaak, by geleentheid van 'n voorstelling van V. en K. (?)Ga naar voetnoot11), op die ‘schandelyke ongebondenheden’ van die ‘Gaandery’ gedurende die nastuk. By die voorstellinge van M. Decanis ongeveer dieselfde tydGa naar voetnoot12), word die gedrag van die gaandery so ‘schandelyk’, dat hy genoodsaak voel om geen lootjies meer vir diè deel van die huis te verskaf nie, en ‘eenige Dienders present’ te hou om die goeie orde te bewaar, en te sorg ‘dat geen Levenmakers (disorderly persons) zullen worden ingelaten.’ Enkele aanmerkinge van algemene aard bly oor om te noteer in verband met die skouburgpubliek. | |
[pagina 369]
| |
Grappig is die versoek van T.N. en V. in 1822Ga naar voetnoot1) aan die here om die passasie in die parterre vry te laat. In 1824 word Kabaal en Liefde (Schiller) dusdanig melodramaties deur Honi opgevoer, dat die ‘jonge Beaux-esprits’ van KaapstadGa naar voetnoot2) luid uitskater van die lag! Laatkomers bly aan die orde. T.N. en V. kondig aan in 1823Ga naar voetnoot3) dat die gordyn om 6.30 presies sal opgetrek word ‘zonder naar iemand te wagten.’ Honi in 1825Ga naar voetnoot4), by die eerste opvoering van De Vrouw ens. (Pixéricourt, vertaal deur van Ray), sal presies om 7 uur begin, daar die stuk lang is, en ‘een ieder wordt vriendelyk verzocht om zich deze bepaling van tyd ook ten nutte te maken.’ In 1826 word die nieubakke D.Y.V. 'n hoogs fatale poets gebak. Deur misbruik van name en van die silwerlootjies van eienare het vyande van D.Y.V. 'n hele boel twyfelagtige indiwidue, by die eerste voorstelling van die geselskap ingesmokkel! Dis duidelik, intekenlyste het nie alleen gedien om geselskappe van die nodige steun te verseker nie! Dat kleurlinge soms hul weg in die skouburg gevind het, kan 'n mens uitmaak uit 'n berig van T.N. en V. in 1829Ga naar voetnoot5) dat ‘geene Slaven of Vryzwarten op de Gallery (zullen) toegelaten worden.’ Tenslotte bly ‘buiten de stad residerende personen’ die voorstellinge ondersteunGa naar voetnoot6). | |
g. Kritiek.Die ou Kaapsche CourantGa naar voetnoot7) waag hom in 1822 aan 'n paar kritiese verslaggies, vol loftuitinge. Blykbaar het die liefdadigheidsoogmerke van die geselskap hom die nodige moed gegee. Van 1824, met die opkoms van koerante in die gewone sin van die woordGa naar voetnoot8), word die kritiek iets reëlmatiger. Die Commercial Advertiser is die belangrikste in hierdie opsig, nie alleen deur die feit dat hy in hierdie tydperk die langste duur van enige koerant het nie, maar dat hy in besonder poog om volledige, eerlike, objektiewe en opbouende kritiek te lewer. Om hierdie rede het hy selfs 'n tydlang hooglopende rusie met All the WorldGa naar voetnoot9) gehad. As die Hollandse koerante met die Zuid-Afrikaan in 1830Ga naar voetnoot10) hulle eerste begin van betekenis maak, word hulle natuurlik in besonder die verslaggewers van Hollandse opvoeringe | |
[pagina 370]
| |
teenoor die Engelse koerante van Engelse opvoeringe. Tog is dit allesbehalwe 'n uitsluitlike verslaggewing. Oor die algemeen bly alle blaaie 'n veelsydige aandag skenk aan die sosiale bedrywighede van die hele gemeenskap. Soos hulle trouens die tweetaligheid betrag! 'n Kenmerk van die kritiek bly dat liefhebbery en liefdadigheid 'n menigte van sonde bedek. Kritiek op sedelike gronde maak sy vertoningGa naar voetnoot1). Name van spelers, uitgesonder die van hele of halwe beroepspelers (b.v. by die Engelse), word selde genoem. Indien wel is dit alleen van die meesbekendes. Aanduiding gaan gewoonlik volgens die rolname. Die rede hiertoe sal gelê het in die onwilligheid van die amateurs om hulself in eie persoon aan onaangename kritiek bloot te stelGa naar voetnoot2). Die kritiek is uiters waardevol vir sy feitlike mededelinge. Eintlik het ons verslae met krietiese opmerkinge. Naar objektiwiteit en eerlikheid word gestreef. Opbouende wenke word gegee. Grote kritiek is dit nie; tog allesins n'prysenswaardige, 'n kritiek wat besonder pas by sy tyd en omstandighede. | |
h. Spelers en Stukke.Die spelers bly verreweg oorwegend liefhebbers. Die Engelse geselskappe het 'n gedurige sprenkeling van hele, en waarskynlik halwe beroepspelers - veral die laaste. Met behulp van sulke kragte bereik hul hul grootste bloei. Beroepsakteurs was die here BoothGa naar voetnoot3) en HeathGa naar voetnoot4). Hulle staan in verband met All the World. Aan eersgenoemde in besonder het die geselskap sy grote bloei te danke. Origens is ek geneig sers. Corbishley van die (Garrison) Amateur Company (1823-26)Ga naar voetnoot5), die heer Whiley, eers van English Theatricals (1826-?)Ga naar voetnoot6), later van All the World (1830-34)Ga naar voetnoot7), en weer van die English Amateur Company (1835)Ga naar voetnoot8); die dames Delamore (1822)Ga naar voetnoot9), Green (1822-'24)Ga naar voetnoot10), Smith (1822),Ga naar voetnoot11) Johnson (1824-'27)Ga naar voetnoot12), Black (1823-'34)Ga naar voetnoot13), O'Brien (1825-'26)Ga naar voetnoot14) en Westcott (1831-'35)Ga naar voetnoot15) as halwe beroepspelers te beskou. Soos in die geval van volle beroepspelers word hulle soms spesiaal in advertensies genoem. In besonder ontvang hulle dikwels benefiesesGa naar voetnoot16). Van die dames word | |
[pagina 371]
| |
mevv. Delamore, Green, Smith, Johnson, O'Brien, alleen in verband met die Garrison Amateur Company genoem. Mev. Black debuteer blykbaar by English TheatricalsGa naar voetnoot1), maar gaan in 1825 naar die Garrison Amateur Company oorGa naar voetnoot2). In 1820 skyn sy, tot die Garnisoensgeselskap weer begin, vir die Engelse Komedie te speelGa naar voetnoot3). As die Garnisoensgeselskap in 1829 te niet gaan, keer sy naar haar ou geselskap terugGa naar voetnoot4), Daarna speel sy met All the World saamGa naar voetnoot5). In 1833 heet dit dat sy al elf jaar 'n ‘victorious campaign’ op die planke voerGa naar voetnoot6), en van plan is om die toneel te verlaat daar haar beroep - die van ‘mantuamaker’ volgens die Almanak van 1827 - al haar aandag verg. Haar beroep het haar blykbaar dusver nie genoeg ingebring nie. Vandaar haar speel. Teveel het sy stellig nie daaraan verdien nie. Vandaar tenslotte die benefiese in 1834Ga naar voetnoot7) deur die garnisoen, om haar met haar 4 kinders in staat te stel naar Europa terug te keer. Dit is die laaste hoor van mev. Black, ongetwyfeld die vernaamste speelster in hierdie tydperk, op die Engelse toneel. Mev. Westcott - haar man was ‘boot and shoemaker (schoen- en laarzenmaker)’Ga naar voetnoot8) - was diè speelster van All the World. Daarna is sy by die GarnisoensgeselskapGa naar voetnoot9). Of die ander dames stadsdames of vroue van die garnisoen was, kan ek nie seker sê nie. Met die oog op die besondere tydsduur van hulle verblyf vermoed ek die laasgenoemde. Ander dames, b.v. mev. BelfordGa naar voetnoot10) en GoulandGa naar voetnoot11), of ongenoemdesGa naar voetnoot12), was verbygaande verskynings. Onder die Engelse spelers voor 1830 blink die name uit van sers. Corbishley (1823-'26) - waarskynlik so goed dat die offisiere hom in hul geselskap opgeneem hetGa naar voetnoot13) - van die here Hanson Sr. en Jr.Ga naar voetnoot14) (1822-'26), Mills (1824-'25)Ga naar voetnoot15) en dr. M'Donnell (1822-'24)Ga naar voetnoot16). Laasgenoemde drie sal onder die ou kragte gewees het, waarvan die verlies einde 1826 gemeld wordGa naar voetnoot17). Vir die name van die ander ‘heren van de Garnizoen’ wat opduik, maar van minder belang is, verwys ek elders.Ga naar voetnoot18). Van 1830 word Booth en Whiley, 'n groot humorisGa naar voetnoot19), | |
[pagina 372]
| |
in verband met All the World die groot name. Heath is van minder belang. Na All the World speel Whiley vir die Private Amateur CompanyGa naar voetnoot1). Van minder belang is waarskynlik die heer StapletonGa naar voetnoot2). Van mnr. Westcott verneem ons as ‘Stage Manager’Ga naar voetnoot3). Onder garnisoenspelers sedert 1834 skyn kapt. Dunlevie die vernaamste figuur te weesGa naar voetnoot4). Onder die dames- en herespelers moes soms goeie singkragte gewees hetGa naar voetnoot5). Terloops wys ek op die eienaardige figuur van die Amateur TragedianGa naar voetnoot6). Wat betref die Hollandse geselskappe het vry veel name tot ons gekom, maar helaas, net van een kant. Die vernaamste spelers van Boniface se geselskap is ons bekend. Maar wie die steunpilare van T.N. en V. was, is ons vrywel volkome onbekend. Van laasgenoemde kan ons alleen sê dat ons in J.G. Tredoux en J.G. de Villiers vermoedelik twee steunpilare en spelers hetGa naar voetnoot7). Interessant is bowendien die mededeling in 1833Ga naar voetnoot8) dat T.N. en V. nuwe kragte aan oplei is - die kragte waarskynlik wat in 1842 T.N. en V. sal laat herleefGa naar voetnoot9). Veel meer weet ons daarenteen wat betref Honi en Vlyt en Kunst. GroomGa naar voetnoot10) vertel in verband met Honi dat ‘the principal performers (were) the late Distributor of Stamps, Jannie Overbeek; Michael Wolff; Jan Smalberger (Smalberg?); P. Auret; L.P. Biel; G. Martin; Miss Roselt; Miss de Necker and an official not 100 miles from Fort Beaufort’ - vermoedelik L.H. MeurantGa naar voetnoot11); afgesien van Boniface self. Hierdie name word bevestig deur die elders genoemde handbiljetteGa naar voetnoot12), waarby name kom soos: B. van de Sandt, D. Disandt, H. Roselt, W. Brandt, F. Waldek, de la Sablonière, A. de Waal, W. Burnet, R.S. Allemann, de la Colline, J. Terhoven, A. de Kock, J Herholdt, C. Brink, Munnik, mej. L. Meurant. Vir die name van ander deelnemers verwys ek eldersGa naar voetnoot13). Uit die tyd 1834 van V. en K. besit ons die nameGa naar voetnoot14): | |
[pagina 373]
| |
A.J. Lind, J. de Kock C.zn., J. Tyriiolm, E.J. de Roubaix, P. Baard, J.M. Wolhuter, die jongeheer H. Ley. Uit die voorafgaande is ook duidelik dat ons alle rede het om vroue in vrouerolle en mans in mansrolle te verwag, sowel by Engelse as Hollandse geselskappe, aangesien daar beide vroue- en mansspelers gevind word. Dit geld egter alleen baie betreklik. Meermale vind ons mans in vrouerolle, veral in garnisoenstoneelGa naar voetnoot1); 'n enkele maal selfs 'n vrou as jongelingGa naar voetnoot2). Enkele name van spelers van die Kindergeselskap K. en S. in 1835 het tot ons gekom: die jonge here J. Langerman, die sterspeler, J. Stegmann en Tom KingGa naar voetnoot3). By die Hollandse geselskappe het ons nooit beroepspelers soos by die Engelse nie. Dis enkel lief hebbers wat deelneem. Tog lyk dit of nie alles vir die liefde van die saak gedoen is nie. Boniface tenminste skyn daar persoonlike voordeel uit te gehad het. Hoe moet ons anders die volgende reëls van de Lima uit Boniface se Honi-tyd verklaar?Ga naar voetnoot4) ‘Wie stoort zich aan uw nyd en ook aan uw balletten?
Die dienende alleen om u wat bytezetten, -
Waar van gy dan, gaskon! als eenen banjer teert,
En in dien tusschentyd geen eenen jong'ling leert.’
Van Hollandse kant kry ons veel oorspronklike werk, gespeel en ongespeel. In dieselfde rigting sou verkopinge van toneel-materiaal van Boniface en die opeis van b.v. kostuums van spelers deur Honi kan wysGa naar voetnoot5). Boniface hou sy naam as ‘Cape dramatist’ hoog. Ou stukke fris hy op; De Dolzinnige (L'Enragé - deur niemand minder as de Lima vertaal nie) in 1823Ga naar voetnoot6); Pygmalion (Rousseau), 1834Ga naar voetnoot7). Nuwe word bygemaak en gespeel: De Burger Edelman (Molière), 1825-'34Ga naar voetnoot8): Limaçon de Dichter, 1825Ga naar voetnoot9), Clasius, 1834-'36Ga naar voetnoot10) - die laaste twee bekend as hekeling van de Lima. Nie gespeel nie maar uitgegee is: De Temperantisten, 1832Ga naar voetnoot11). Vir ander voorgestelde of werklik uitgegewe stukke van Boniface verwys ek eldersGa naar voetnoot12). Konkurrent tot op sekere hoogte op dramatiese gebied, hoewel hy absoluut nie in hoeveelheid of hoedanigheid met | |
[pagina 374]
| |
Boniface gelykgestel kan word nie, is J. Suasso de Lima. Sy aandeel aan De Dolzinnige het ons reeds gesien. Verder word van hom gespeel Aballino Jr. 1835Ga naar voetnoot1) - in weerwraak op Boniface. De Zwervende Jood uit 1837 was 'n vertalingGa naar voetnoot2) en ewenas Aballino nooit uitgegee nie. Vir ander voorgestelde of werklik uitgegewe stukke van de Lima verwys ek eldersGa naar voetnoot3). Tenslotte val die vertaling van Monsieur Tonson (Moncrieffe uit die Engels deur B.J. van de Sandt in 1835 te vermeldGa naar voetnoot4). Die vertaling van Warren's Blacking, 30 Strand (1835) was vermoedelik ook van homGa naar voetnoot5). Van Engelse kant met uitsondering van 'n enkele pro- of epiloogGa naar voetnoot6) word geen oorspronklike werk vermeld nie. Die ballet Jack at the Cape ens., sal Engels (uit Engeland) gewees hetGa naar voetnoot7). Die karakter van die onoorspronklike werk bly dieselfde as voorheen, behalwe dat daar 'n merkbare vermeerdering van beterrangse stukke te konstateer valGa naar voetnoot8). So kry ons by All the World naas meer stukke van ShakespeareGa naar voetnoot9), met o.a. Romeo and Juliet, Richard III, Julius Caesar, Sheridan se PizarroGa naar voetnoot10), veelvuldiger dramatiseringe van Scott se romansGa naar voetnoot11), en selfs die eerste volledige opera aan die Kaap: Der Freischütz van Carl Maria von Weber in 1831Ga naar voetnoot12). Die geselskappe na All the World volg meer of min in die verte. Van die Hollandse geselskappe lewer T.N. en V. soos gewoonlik die meer soliede en Hollandse kuns; Honi, later V. en K. die meer spektakulêre, ofskoon in die keuse van indiwiduele stukke Boniface soms 'n hoër peil bereik as T.N. en V. met b.v. De Burger EdelmanGa naar voetnoot13), Clavigo van GoetheGa naar voetnoot14), Het Dorp aan de Grenzen, van van LennepGa naar voetnoot15). Op | |
[pagina 375]
| |
gebied van die spektakulêre was Rinaldo Rinaldino (Vulpius?)Ga naar voetnoot1) en Montoni (Duval, vertaal deur Bruggemans)Ga naar voetnoot2) die hoogtepunt van Boniface. Origens bly die Hollandssprekendes voortgaan met die melodramatiese sedeskool van Kotzebue en Iffland of die romantiese van Schiller. Van laasgenoemde word gespeel Robert, of De StruikroversGa naar voetnoot3) (meermale) en Kabaal en LiefdeGa naar voetnoot4); van sy skool is b.v. Edele Harten door Driften Geslingerd, of De Gevolgen van Jeugdige LigtzinnigheidGa naar voetnoot5) (Eberstein). Die meeste stukke wat gespeel word is vertaal. Tog is die aantal oorspronklik Hollandse wat opgevoer word nie onaansienlik nie. In hierdie opsig staan T.N. en V. vooraan. Westerman - 'n bekende naam in die tyd - kom die veelvuldigste voor ten opsigte van verskeidenheid van stukke met De NaamgenootenGa naar voetnoot6), De Eerste AprilGa naar voetnoot7) en Getrouw tot in den DoodGa naar voetnoot8), almal blyspele, die twede met sang, en die laaste met dans. Van J.S. Meyer word twee stukke gespeel: De Onechte DochterGa naar voetnoot9) en 't Zal laat worden, Bs.Ga naar voetnoot10), laasgenoemde in veelvuldige herhaling, soms met sang. Populêr was ook (by T.N. en V.) die blyspele De Kalkoen van BredaGa naar voetnoot11) deur A.C. van Ray, en De St. Nicolaas AvondGa naar voetnoot12) deur H. Kup; De HelleveegGa naar voetnoot13) (by Boniface veral) deur A. Loosjes. Ander Hollandse stukke van verskillende skrywers kom sporadies voorGa naar voetnoot14). Onder hulle wys ek nogmaals op Het Dorp aan de Grenzen deur van Lennep. By afwisseling bly die opera comique in trek - so by Hollandse, soos soewe geblyk het, as by Engelse geselskappeGa naar voetnoot15). Dit hang natuurlik af van die aanwesigheid of anders van singkragte. Dikwels word by die Engelse losstaande liedere tussen die stukke deur gesingGa naar voetnoot16). |
|