Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend
[pagina 343]
| |
§ 4. Bestryding van Toneel.Een van die eerste uitinge van sedelike kritiek op die toneel aan die Kaap is uit Mei 1824Ga naar voetnoot1). Schiller in Kabaal en Liefde word beskuldig van ‘uitdrukkingen iets vry en zelfs onkuis - dat het gehoor van ons Kaapsch publiek kwetst’ te besig. Een van die redene waarom sulke treurspele, veral van Schiller nie moet opgevoer word nie! In Oktober van dieselfde jaarGa naar voetnoot2), by geleentheid van 'n Engelse opvoering, skrywe ‘A True Friend’, onder opskrif ‘To hold up to vice its own image’ as volg: ‘I sometimes go to the Theatre...... and have beheld no Augean stable to cleanse, as we discover oft times in the purlieus of Drury Lane and Covent Garden. But if we, the audience behave well’ kan hulle dieselfde van die spelers verwag. Die skrywer moet waarsku teen die taal van een van die here spelers. ‘Horror thrilled through the house... by his very thoughtless unguarded and tremendous imprecations.’ In 1825 vind Boniface dit nodig om te verseker dat sy veranderinge van Limaçon ‘nooit ten koste der welvoegelykheid of der strengste zeden gedaan werden’Ga naar voetnoot3). Van bestryding van toneel, in die eintlike sin van die woord, is hier nog geen sprake nie. Maar ons merk die diepere strominge wat aan werk is; ons kry 'n idee van die bestryding wat kom. Die eerste werklike aanval op toneel vind plaas in 1826. Die Hollandse toneel moet dit ontgeld. Suasso de Lima met sy kindertoneel is die sondaar wat die aanval onmiddellik uitlokGa naar voetnoot4). ‘Serieus’ vind dit sy plig om onder datum 25 September in die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch TydschriftGa naar voetnoot5), Iets over het Dansen en de Tooneelspelen te skrywe. Hy veroordeel byna sonder uitsondering die toneelspele van die tyd. Nog meer veroordeel hy die optree van kinders in allerlei danse in verband daarmee (vgl. ook Boniface in hierdie opsigGa naar voetnoot6). Maar die hoogtepunt van verontwaardiging bereik hy ten opsigte van hele stukke deur kinders opgevoer. (Hier trek hy alleen teen de Lima te velde.) Hy sê dat ‘de meer en meer toenemende zucht tot Danspartyen en Tooneelvermaken.... een gewigtige hinderpaal in de bevordering eener zedelyke opvoeding’ is. Om nie te kan dans nie word as die ergste | |
[pagina 344]
| |
gebrek en grootste skande in die opvoeding beskou. Dans is wel goeie oefening maar gee te veel aanleiding tot ongebondenheid. Mense wil graag met hul bekwaamhede voor die dag kom. Vandaar allerlei bals en danspartye. Die nuttige en goeie kom daardeur in die gedrang. Die toneel is in die 15de Eeu deur Rederykersgeselskappe in Holland ingevoer. Doel was om volksgebreke in die lig te stel. Die toneel het baie nut gestig, met wat tereg ‘een school der zeden’ genoem is. Maar teenswoordig, uitgesonder geskiedkundige toneelspele, is daar alleen stukke met 'n ‘verpestende liefdesgeschiedenis’, terwyl ‘wraakneming, onbetamelyke eerzucht’ ens. as lofwaardig voorgestel word. Wat betref die s.g. sedespele, daarin word die mens in uiterstes van deug en ondeug, as 'n engel of as 'n duiwel, voorgestel. Die mens word dus onwaar en verkeerd, en dus bedrieglik voorgestel, soos jammerlike lewenservaring later moet leer. Hierdie stukke word gewoonlik deur klugspele gevolg, wat met hulle ‘reeks van losse en dubbelzinnige uitdrukkingen (en) een schandelyke misbruik van Gods naam.... waarlyk ook eene schrale zedekunde’ leer. Die teenswoordige toneel is dus baie afkeurenswaardig en skadelik ‘vooral voor kinderen en jongelieden’. Tog is daar huisvaders en -moeders wat hulle kinders so te sê vir toneel opbring, ‘met eigen hand tot Theaterpoppen vormen’, hoewel hulle graag dieselfde kinders as ‘nuttige leden der maatschappy en deugdzame Christenen’ eendag wil sien. 'n Vloed van sedeloosheid sal hierdeur die land oorstroom. ‘Ingetogenheid en zedigheid’ verminder by die opkomende geslag, ‘onverschilligheid en minachting omtrent den Godsdienst’, die ware geluk, neem toe. 'n Mens kan God en Mammon tegelyk nie dien nie. Vir Mammon skyn aan die Kaap selfs voorkeur te bestaan. 'n Bewys? Vir katkisasie kan nouliks tyd gevind word. Dan nog word die maklikste predikant uitgesoek. Maar vir die toneel is daar tyd en moeite te oor. Tot toppunt, help sowaar die skole, van wie mens teenstand sou verwag en wat mens sou reken ‘kweekhoven van Burgerlyken en Christelyken deugd’ te wees, mee in hierdie sedebederf ‘eener onbedachtzame jeugd’. ‘Thans treft men er in ons midden eene aan (n.l. die van de LimaGa naar voetnoot1) - F.B.) alwaar men er hoofdwerk van maakt om kinderen toneelstukjes van buiten te laten leeren, en met wat oogmerk? Om van hen eenen troep kleine comedianten | |
[pagina 345]
| |
te vormen, die men onlangs (tot een bewys in welk eenen hoogen graad van volmaaktheid de opvoeding der kinderen hier reeds geklommen is) ten toneele heeft zien verschynen; en van deze school, let wel!! las men onlangs in de courant dat het was gebleken dat aldaar de Godsdienst op den voorgrond werd geplaatst’. Teen sulke toestande moet met alle mag en krag gewerk word. Dis duidelik dat so'n aanval in hierdie besonder gesaghebbende Hollandse tydskrif, nie ongemerk verby gegaan kon word nie. 'n Antwoord aan ‘Serieus’ volg in die vorm van 'n pamflet, Iets over het Dansen en Toneelspelen deur J. Suasso de Lima. Die geskrif word spesiaal in die koerant aangekondig en verskyn 15 MeiGa naar voetnoot1). Op die tietelblad kom die gebruiklike persoonlikheid voor: ‘Gy, sprak hy, gy die my beticht,
Gy hinkt, ik niet. -
Gellert’.
naar aanleiding van 'n uitlating van ‘Serieus’. Die stuk, sê de Lima, is kennelik teen hom gerig. Hy verdedig homself. Met bewyse uit die Bybel laat hy sien hoe gebruiklik dans was by die godsdiensoefening van die ou Hebreërs. Dans is immers ‘eene aangename beweging des ligchaams, die door kunst aan het maatgezang, het zy van stem of speeltuig gelyk gemaakt en daarmee overeen gebragt wordt’. Ook by die ou klassieke volkere was die dans in ere. De Lima gee aanhalinge waarin die te strenge opvattinge van Godgeleerdes in die laaste tyd oor dans veroordeel word. Dans is 'n gesonde oefening en 'n natuurlike gebareuiting van die mens. Natuurlik word dans soms misbruik. Maar ongetwyfeld bekyk ‘Serieus’ die saak van die ‘zwarte zyde’. Wat toneelspel betref klim de Lima ‘Serieus of Myne Heeren Serieus’,Ga naar voetnoot2) in, omdat hy om agter 'n skuilnaam versteek. Uit dweepsug of onkunde vra hy? Die goeie boom is tog nie skaam vir sy vrugte nie! Hy beveel ‘Serieus’ aan om Samuel Johnson's Preface to Shakespeare te lees om te weet wat 'n goeie drama is. Aan die hand van Velly et Villaret, Histoire de France gaan de Lima die geskiedenis van die drama sedert die Oudheid kortliks na. Hy wys verder op die kamerspele van die jongleurs, die misteriespele en ‘zedespelen’ (moraliteite - F.B.) sedert die 14de Eeu - in besonder in die kerke. | |
[pagina 346]
| |
In 1670 het in Alkmaar ‘alleen Geestelyken’ die toneel betree. Vondel, Hooft, Pater, Sixtinus, J. Vos, Langendyk het almal vir toneel gewerk. R. Feith, ouderling van die Hervormde Kerk in Zwolle, vervaardiger van baie Evangeliese sange, het ook komediestukke gemaak. So ook Lavater, die Godsvriend. Tal van digters en skrywers in Nederlands, Engels en Latyn haal de Lima aan, waar die toneel as plek van nut en vermaak en ‘spiegel des levens’ geprys word. Die natuur het in ons 'n sekere trek gelê om die ervaringe van ons medemense te ken. Hierdeur word vertellinge, toneelspele, ens. die aangenaamste tydkortinge. ‘Het toneel is eene nabootsing of vertooning van menschelyke karakters en bedryven, eene versierde (= verdigte - F.B.) historie die door gaans meer gevoel veroorzaakt dan eene wezentlyke zaak. Door een wel uitgewerkt tooneel worden alle de hartstogten (gevoelens, emosies in breedste sin. - F.B.) in beweging gebracht’. Hierdie besondere eienaardigheid van die mens kan tot die edelste doel gebruik word. Die toneel vul die begrensdheid van eie ervaring van ‘de gemeene (= gewone. - F.B.) hoop van menschen’ aan. Daardeur word kennis van deug en ondeug verkry, word die siel geoefen in ‘de grootste gevoeligheid en sterkst bevestigde hebbelykheden van deugd’. Net soos werklike gebeurtenisse uit die lewe maak dus die drama ons hartstogte gaande. Iemand word aangehaal wat sê ‘Het tooneel (is) een leerzamer inrigting als de kansel zelf’. Ook Paulus het die dramas van sy tyd bygewoon en gelees. Tenslotte versoek de Lima met rus gelaat te word, soos hy ander met rus laat. Toneeluitspanning van tyd tot tyd bevorder alleen goeie sede. De Vriend der KinderenGa naar voetnoot1) uit die Hoogduits vertaal, is bevorderlik in die rigting. So ook Le Theatre des Enfan(t)s in Frans van Madame de Genlis. Indien ‘serieus’ sy vertoog uit persoonlike vyandskap geskryf het, moet hy ronduit met sy naam voor die dag kom. ‘Een verstandige Godsdienst gaat gepaard met opregtheid.’ Tydens ds. Fleck is 'n toneelvertoning ten behoewe van die armes gegee, wat deur die Kaapsche Courant vermeld en nooit deur ds. Fleck verbied is nie. En nou sou ‘serieus’ toneel wil afkeur! Hy hoop ‘serieus’ sal meer byval kry as dusverre ‘met uitzondering van den eenvoudigen en onnoozelen C.B. die niets met my meer wil te doen hebben, omdat ik tegen u (in?) het Harnas was!’ | |
[pagina 347]
| |
Hy bly die godsdiens eer en sy jongelinge inskerp, maar in diè voege ‘dat de Heilige Schrift de zuil der waarheden maar eene vyandin van dweepzucht, bygeloof en domheid is. - December 1825’. Ongetwyfeld 'n stuk wat op pote staan, en veel meer geleerdheid nie alleen nie, maar veel meer begrip van die eintlike wese en waarde van toneel en van sy verhouding teenoor godsdiens toon, as die stuk van ‘Serieus’. Ongetwyfeld ook verdraagsamer van inhoud. Soos dikwels egter in sulke gevalle praat die twee teenstanders langs mekaar verby. ‘Serieus’ sien byna alleen die slegte kant van dans en toneel; de Lima byna alleen die goeie. Ook bepaal de Lima hom wat dans betref, vrywel tot toneeldans. Intussen beskrywe die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch TydschriftGa naar voetnoot1) se resensent de Lima se brosjure as 'n ‘ellendig voortbrengsel’, en daar volg 'n redaksionele naskrif - waarin die blad sprekenderwyse ingevoer word - vry breedvoerig hieroor. Die skrywer van die naskrif sou dan à posteriori bedreig gewees het oor die stukkie Iets over het Dansen en Tooneelspelen, in die blad, waar so ‘veel gezond verstand’ van die ‘brave Serieus’ in deurgestraal het. Eintlik het hy lof vir die stuk verwag, maar ‘nauwelyks verscheen ik in het openbaar of Mr. Suasso de Lima deed aankondigen dat ik welhaast dapper door hem gelaarsd zoude worden (om met vader van Riebeeck te spreken).’ Natuurlik was hy ontstel oor den ‘toorn van dien voorbeeldeloozen, dien braven, eerlyken Godsdienstige Schoolonderwyzer.’ Sy vriende het hom egter gerusgestel, ten eerste met die belofte van ‘een stevig onderkleed van bordpapier’, ten twede met die versekering dat dit geen Spaanse of Portugese kolonies met auto-da-fés was nie. Maar dit was nie lang nie of sy teenparty verskyn ‘met een boeksken van 12 bladzyden in octavo in de hand, waarin hy poogde te bewyzen, dat het dansen niet alleen nu en dan geoorloofd, maar zelfs een Godsdienstige pligt was’, en dus met voor- en nagebed kon begelei word. Hoe behendig en vlug sy redenasie was, ‘in een Protestantsch en Christen land zynde viel deze speculatie verkeerd uit.’ Terstond was daar twee partye. Die Joodsgesindes, maar weinig, het hul by de Lima geskaar, maar die Christelik-gesinde party by ‘Serieus’, ‘zettende zulk een ernstig gezigt op tegen den dansmeester, die den Schouwburg boven den kanzel verhief’, dat hom alle lus tot laars of auto-da-fés ontgaan het. | |
[pagina 348]
| |
Dis duidelik: die teenparty het of de Lima se beweringe sleg gelees of moedswillig daar betekenisse ingelê en draaie aan gegee wat op sy sags gesê - onbillik was. 'n Repliek van de Lima op die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift het begin 1826 gevolgGa naar voetnoot1). Die inhoud is my egter onbekend. Tog het ‘Serieus’ die beste van die stryd afgekom, wat die duidelikste blyk uit die manier waarop hy voortgaan om allerlei moraliserende stukke in die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift te skrywe. So verskyn begin 1826Ga naar voetnoot2) 'n stuk oor Gebreken in de opvoeding der Kinderen, waarin hy te velde trek teen loterye - 'n algemene ding aan die KaapGa naar voetnoot3) - as 'n soort dobbelspel. Sydelings word steke aan dans en toneel toegedien. So ook in 'n stuk uit 1827Ga naar voetnoot4) oor uithuisigheid van Mnr. Graaguit en vrou, en die gevolge daarvan op die opvoeding van kinders, wat in slawehandel agtergelaat word. Die beste bewys egter vir die sukses van ‘Serieus’ is dat de Lima in sy enigste kinderopvoering van 1826, spesiale nadruk lê op die feit dat die stukke die ‘goede zeden’ opwek!Ga naar voetnoot5) Op 18 April 1826 volg in die Chronicle 'n gedig oor Het Gebruik en Misbruik der Tooneelliefhebberyen. Van wie se hand dit is, is onbekend. Die stuk neem 'n onbevooroordeelde standpunt in. ‘Vraagt iemand waar de Deugd, al spelend, wordt geleerd;
Waar meenig dwalend hart tot kennis wordt gekeerd;
Waar men de aêloudheid ziet herleven voor onze oogen;
Waar men, door kunst misleid en eerlyk wordt bedroogen;
Waar 't hart geroerd wordt door des naastens ramp en leed;
Waar men zyn leegen tyd, ten nuttigste besteedt?
'k Wyze u een schouwtooneel, bestuurd door wyze Mannen!
Maar zoekt gy een' plaats waar Deugd en Wysheid is verbannen;
Waar ligte en ydele tooi het oog tot wellust trekt;
Waar elk onzedig woord, 't gejuich des volks verwekt;
Waar wansmaak, vuile boert en taalbederf regeeren;
Waar men den tyd verspilt met drinken, vloeken, zweeren;
Waar men door dartelheid het kuisch gemoed ontstigt?
'k Wyze u een schouwtoneel door Dwazen opgerigt!’
'n Kritiek van 11 Julie 1826Ga naar voetnoot6) oor 'n voorstelling van T.N. en V. is niks anders as 'n verdediging van toneel | |
[pagina 349]
| |
naar aanleiding van ‘Serieus’ se aanvalle nie. Afgesien van die genoeglikheid sê die korrespondent, ‘hoe leerzaam teffens was 't voorstuk, waar wy de deugd zagen beloonen en de ondeugd hare welverdiende straffen ontving, ja mogte elke huisvader die met het vooroordeel tegen den Schouwburg bezield is, hier tegenwoordig zyn geweest, hy had welligt dit veroordeel van hem verwydert, en zyne kinderen welken hy mogt hebben onttrokken, weder aangespoord dit gezelschap by te staan, daar hy de overtuiging had kunnen wegdragen van de zedelykheid, welke door dit gezelschap in 't kieschen hunner stukken in acht genomen wordt. Onkuischheid en slechte grondstellingen kunnen even zoo hunnen loop vieren buiten den Schouwburg als in denzelven... waarom... dan tegenkantingen... tegen hen, die ons door nuttige voorbeelden, en vermakelyke ogenblikken den tyd doen veraangenamen? Neen! laten wy liever hen aanmoedigen, en daardoor dezelfde voldoening wegdragen, dat (hoezeer blind vooroordeel en dwepery hen laken) de deugd echter in hen altoos haren vriend en voorstander eerbiedigen zal.’ Dieselfde geselskap laat kort daarop 'n toneel uit 'n stuk weg teneinde kuise ore nie te kwets nie. Weer verdedig die krietiekus die toneel op grond van sy vermoë om al laggende die waarheid te sêGa naar voetnoot1). Met toneel word dans gewoonlik in een asem genoem. As in verband met Saterdagaandbals gesê word ‘Goede Hemel! welk een wonderlyke overgang van de danszaal naar de Kerk!’Ga naar voetnoot2) kan ons aanneem dat die toneel, aangesien opvoeringe gewoonlik Saterdagaande plaasgevind het, die gevolge van hierdie bestryding sal ondervind het. Later word dit sekerGa naar voetnoot3). Moet ons afgaan van Nederlandse toestande was dit iets verskrikliks vir 'n dominee om in 'n skouburg gesien te wordGa naar voetnoot4). Interessant is, in hierdie verband, die besondere vermelding in 1830 deur De Zuid-AfrikaanGa naar voetnoot5) van die eerste opvoering van Douglas in Edinburgh, 'n stuk van 'n predikant (eerw. Home) grotendeels deur predikante - hoewel in die geheim! Stellig het hierdie agitasie van reaksionêre Kalwinisme en opkomende Metodisme sy invloed gehad op die merkbare agteruitgang van toneel 'n paar jaar lang, sedert ongeveer 1827. 'n Duidelike weerklank daarvan het ons in verband met die eerste toneelspel op Stellenbosch in 1829. Dit slaag, ten spyte van dweepsug, veral deur die steun van die ‘Civiele | |
[pagina 350]
| |
Commissaris’ van Ryneveld. Die toneel word geloof as leermeester van goeie sedeGa naar voetnoot1). Sedert ongeveer 1830 word die aandag van die Metodistiese yweraars wat voortaan die hoofrol speel in anti-vermaaklikheidsagitasie, in besondere beslag geneem deur allerlei ander filantropiese en hervormingswerk. Tallose genootskappe word gestig vir die sedelike en maatskaplike verbetering, vir die opvoeding en verchristeliking van die inboorlingrasseGa naar voetnoot2) - genootskappe waarvan die vermaarde ‘Temperance Society’ uit 1832, waarmee ons reeds kennis gemaak het, een was. Teen 1835 was hierdie koorsagtige genootskappery bietjie bedaar. Naas reaksie by die publiek en naas 'n teenslag soos' in verband met die Matigheidsgenootskap, sal terselfdertyd 'n aansienlike mate van bereiking by die yweraars mede die oorsaak hiervan gewees het. Maar nou keer hulle hul met vernude krag teen die ‘sondige’ vermake van bals, perdewedstryde, en veral toneel. Nie dat intussentyd die toneel e.a. vermake heeltemal alleen gelaat was nie. All the World vind dit nodig om in 1832 in verband met sy planne te verseker, dat hul hul stukke sorgvuldig sal kies; so ook hul geselskap ‘so that no ladys eye or ear may be pained by indecorum of any kind’.Ga naar voetnoot3) Kort hierop in dieselfde jaar, gee 'n Presbiteriaan uiting aan sy afkeer van toneelGa naar voetnoot4), terwyl die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift hom in 1833Ga naar voetnoot5) ongunstig oor toneel uitlaat, hierdie keer egter om 'n spiksplinternuwe rede. A.N.E. C(hanguion) beweer o.a.: ‘Zullen wy van het tooneel zwygen? In hoeverre de voorstellingen lof of afkeuring verdienen, zullen wy, om niemand te kwetsen, onaangeroerd laten. Maar op de vraag: is het, onder de bestaande omstandigheden, in het geheel wenschelyk, dat in de Kaapstad een schouwburg bestaat, antwoordt de schryver... volmondig neen; en wel omdat... by de voorstellingen van den afgeloopen winter huisgezinnen... deftig uitgedost en opgetuigd gezeten hebben... (die) iederen stuiver noodig hebben om in de behoeften van hunne huishouding te voorzien. Waar... tooneel zulke gevolgen heeft, en die moet het in een kleine | |
[pagina 351]
| |
stad waar men heelwat aan de ydelheid opoffert altyd hebben, daar is het zeker ten hoogste nadeelig.’ Kon die toneel alleen deur rykes staande gehou word, en kon minderbemiddeldes hulself genoegens ontsê wat hul te duur is, kry die saak 'n ander kleur. Hoeseer die skrywer voorstander van musiek is en ‘wie, die aanspraak op beschaving maakt, zou dat niet wezen’, twyfel hy selfs of aan konserte deur deurtrekkende kunstenaars nie te veel uitgegee is nie. Kosbare genoegens is vir kleine stede net so skadelik soos vir mense van klein besit Teenoor hierdie afkeuring staan egter dat sedert A.N.E. Changuion, wat liberaalGa naar voetnoot1) van godsdienstige oortuiging was, aan die Redaksie van die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift in 1833Ga naar voetnoot2) gekom het, vir die eerste keer vermeldinge van toneel in die ‘Kronyk’ daarvan verskynGa naar voetnoot3). Verder blyk duidelik uit die voorafgaande naskrif dat Changuion in prinsiepe nie teen toneel gekant was nie. Bowendien vind ons gedurende hierdie jare verskeie gevalle van samewerking tussen toneel en genootskappe vir liefdadigheidGa naar voetnoot4). Oor die geheel is dit duidelik dat van aktiewe vyandskap teen toneel geen sprake is tussen 1830 en 1835 nie. Trouens die toneel het intussen 'n hele oplewing gehad: die Engelse sedert 1829 met All the World's a StageGa naar voetnoot5); die Hollandse sedert 1833 met, in besonderGa naar voetnoot6), Boniface se geselskappe. Teen die end van 1835 begin die eerste aanvalle in die groot stryd teen vermaak, 'n stryd wat in 1836, sy hoogtepunt bereik. Die stryd begin by bals in 1835. 'n Sterke aanval word daarop gemaakGa naar voetnoot7), wat in 1836 voortduurGa naar voetnoot8). Iemand kan o.a. nie die noodsaaklikheid insien waarom Christelike werk nie die wintervermake kan uitmaak i.p.v. dans, kaartspel, wedrenne ens. nieGa naar voetnoot9). In 1836 ontbrand ook 'n hernude felle drankbestrydingsaksieGa naar voetnoot10). Terselfdertyd word die aanval teen toneel gerig. Die | |
[pagina 352]
| |
moes dit die swaarste van almal verduur, en tenslotte byna volkome die nederlaag ly. Die aanval beginGa naar voetnoot1) naar aanleiding van 'n skouburgramp in St. Petersburg. ‘A Non-Amateur’ moraliseer daaroor. Hy gee die verhaal van sekere Engelse regter, wat 'n verdaging van die hof sou geweier het by 'n gewaande Oordeelsdag, toe dit ook werklik daarnaar gelyk het. Die regter sou verklaar het ten alle tyde en plaatse gereed te wees om deur Christus gevind te word ‘judging righteously’. Seker sou mens in baie ander bedrywe ewe gereed vir Christus kon wees, as die dood of die Oordeelsdag skielik kom, ‘but who could be without regret if found, in the same manner in a Theatre??’ Heftiger is die aanval van ‘Philemon’Ga naar voetnoot2), by geleentheid van die opvoering van Othello in Junie deur V. en K.Ga naar voetnoot3). Hy vra: ‘In frequenting the Theatre, do not professing Christians, pointedly violate their baptismal vows? In doing so on the eve of preparation for the “Lord's Day”, do they not pour contempt on that sacred institution? In listening to... Othello, do they not unnecessarily contract a horrible familiarity with passions and deeds of the most fiendish character... and give up their minds to be polluted by language so gross? is not the guilt of such persons great, and their danger imminent?’ Laat alle ware Christene tog vir sulke verdwaaldes bid! In dieselfde trant is 'n brief van ‘Gentlemen of Cape Town’Ga naar voetnoot4) (Let wel, van die Here! - F.B.) teen 'n opvoering van She Stoops to Conquer. ‘The lady is to “stoop”... “stoop” low indeed. She “stoops” to trickery and deceit... to meanness and degredation... to vulgarity, gross impurity and foul abuse. And all for what purpose? Why; to win a man that no high (not to say pure) minded woman would ever deign to countenance - a man of bad address, bad manners and bad morals, - a man who can speak only... language of the basest sort’, 'n man, 'n gemene verleider van onskuldige meisies. Dames van Kaapstad! Sal jul deur die opvoering by te woon julle onregstreekse goedkeuring aan sulke gedrag en persone heg? Ongeveer gelyktydig het die hewigste aanval plaasgevind teen toneel, wat die hoogtepunt van die stryd uitmaak. Sedert 1835 het die geesdrywers nie minder as 'n eie blad aan die Kaap nie, - die South African Christian RecorderGa naar voetnoot5). Hierin | |
[pagina 353]
| |
kom in Augustus 'n stuk voor: Amusements of the Stage. Dis 'n resensie naar aanleiding van 'n reeks preke oor die toneel deur eerw. C. Best van Sheffield. Die stuk is oorgeneem uit The Christian Observer. Deur middel van alle koerante word die aandag van die publiek daarby bepaalGa naar voetnoot1). 'n Afsonderlike oordruk word gratis versprei. Die toneel, beweer die stuk, is ‘not of the Father, but of this world’. Dit moet al rede genoeg wees om dit te veroordeel. Soos die toneel nou is (nie soos dit miskien kan wees nie) is dit ‘unchristian and of a demoralizing character... utterly opposed to the spirit of our holy religion’. Veertien jaar lang het eerw. Best jaarliks oor die toneel gepreek. Met sukses. Die aantal besoekers van voorstellinge in Sheffield het afgeneem. Iemand, vroeër aan die toneel verbonde, maar nou bekeerd, gee Best se werk uit, wat ‘simpel, earnest and convincing’ is. Enige argumente van die heer Best word gegee. Om mee te begin is daar ‘the contrariety of the theatre to that spirituality of mind which is an essential part of the Christian character’. Nie alleen is daar ‘the gaiety of the general scene’ nie, maar ‘the mind is powerfully affected by some creation of a vain fancy, the feelings are aroused, the passions stimulated, the imaginations heated, and during the paroxysm of mental excitement life is transformed into a dream, and is embellished with various impracticable and unattainable pleasures’, en valse voorstellinge word gegee aan ‘the errant and youthful mind... When this intellectual fever subsides, (it leaves) the mind relaxed, weakened, wearied, unfitted for ordinary employment and sick of sober realities’. Bowendien wek die toneel 'n onversadigbare honger naar hierdie soort belewinge waardeur dit ‘opposed is to sobriety and spirituality’. Christelike deugde soos nederigheid, tevredenheid, vergewingsgesindheid, word deur die toneel vernietig. Selfs die goeie karakters doen kwaad, want hul goedheid is nie die goedheid van die voorbeeld van Christus en van Gods Woord nie. Naar aanleiding van die teks ‘Fools make mock at sin’ sê Best in die twede preek, dat met ondeug, met sonde op die toneel gespot word. Dit word nie alleen as 'n grap beskou nie, maar verheerlik, selfs toegejuig, veral ‘the sin of licentious profligacy’. Die skyn is nie verenig met: ‘loving God with all our hearts and our neighbours as ourselves’ nie. (Derde preek). | |
[pagina 354]
| |
Onder die naam van onskuldige vermaak en onder die skyn van skoonheid en deug (4de preek: ‘Lead us not into temptation’) bring die toneel gevaar. ‘It is a mixture of a little good with much evil’, en die bietjie goed moet alleen as lokmiddel dien. Die toneel is 'n ‘engine of Satan’ en eintlik gevaarliker as ‘scenes of any shameless wickedness’. In die s.g. hekeling van skynheiligheid ens. word godsdiens en kerk bespotlik gemaak, maar tegelykertyd word die sonde in die skoonste kleure voorgestel. Hoe dikwels moet ‘respectable females’ skaamte gevoel gedurende ‘scenes of painful impropriety and evil’. In Sheffield besoek veel minder vrouens die skouburg sedert Best se optrede. Ons kan ons voorstel dat 'n dergelike aanval groot indruk op goedgelowige Christene moes maak, ook op non-Metodiste. Reken hier nog die Metodiste self by, toe in die volheid van hul krag en invloedGa naar voetnoot1), en ons besef die krag van die aanval wat die toneel getref het. Trouens orals in die land (vgl. Grahamstad)Ga naar voetnoot2) was hul invloed groot. Wat toneel betref sien 1836 dus die hoogtepunt van die aanval. Dieselfde is die geval met die ander vermake. Natuurlik is die stryd lang nie op 'n end nie. Langs die hele lienie duur dit voortGa naar voetnoot3). Maar die hewigheid is veel verminder behalwe miskien wat betref drankbestrydingGa naar voetnoot4) - wat egter nie eintlik onder gewone vermake val nie. Ook die SabbatsontheiligingGa naar voetnoot5) kom op die voorgrond as 'n nuwe aanval, en bly nie sonder invloed op die toneel nie. Vir die ware Sondagstemming moet mens al die Saterdagaand die gees begin voorberei. Dus geen skouburgbesoek ens. nieGa naar voetnoot6). Maar die swaarste slae was geslaan. Die verdere uitwerking was in hoofsaak 'n kwessie van tyd. Intussen begin die reaksie homself openbaar. Tiepies is in hierdie opsig dat dit hom veral in die Hollandse blaaie toon. Oor die algemeen het hulle weinig meegehelp in die ‘Hetze’ teen vermaak. Hierdie houding is baie begryplik. Die agitasie was 'n direkte oorwaaiïng uit Engeland naar die Kaap, | |
[pagina 355]
| |
ongesien of dit vanpas of onvanpas, verdien of onverdien gekom het. Op gebied van politiek kry ons in daardie tyd dieselfde onbekookte invoer van teorieë en gedragslyne, plaaslike meninge en toestande vrywel ongeag. Die dwaasheid, in die onderhawige geval, om Suid-Afrikaanse sosiale toestande naar Engelse maatstawe te meet is vanselfsprekend. Die Kaap, afgesien van die besondere eienskappe uit klimaat ens. gebore, was nog by uitstek Hollands in sedes en gewoontes. Die verengelsing was oppervlakkig en betreklik gering. Terwijl die nie-blanke bevolking 'n hele groep op hul eie gevorm het. 'n Eerste bewys van die reaksie is 'n brief in De Meditator van 12 September van ‘Een Paard van zyn Eerwaarde’. Bakkers en slagters het Sondags geen werk nie. Hy wil ook kwytskelding van werk hê vir perde wat tot laat selfs snags moet werk, soos b.v. ‘by gelegenheden van Bals, Concerten, Comedies, en meer nog dan dit alles gedurende die duivelsche vermakelykheden welke men Races noemt.’ Die insinuasie is natuurlik ook rus vir homself op Sondags. Alles word op spottende toon gesê. Die saak word duideliker as ons in De Meditator van 13 Maart 1838 'n lofgedig op H. Ross en v. Breda lees omdat hulle Kaapstad weer Sondags brood verskaf het teen ‘'s Godsdienst verdrukkende magt’, en as ons hoor van 'n Ordinansie van 26 September 1838 ‘For regulating the sale of Bread’Ga naar voetnoot1). Ander tekens van reaksie openbaar hulself. Ons hoor van 'n blad Iets of Verzameling van Vermakelyke Stoffen, einde 1837Ga naar voetnoot2). Al meer en meer briewe verskyn om die spot te drywe met die Metodistiese geesdrywery op gebied o.a. van kleurlingversorging, Sabbatsontheiliging, drankbestrydingGa naar voetnoot3). Om terug te keer tot toneelbestryding. 'n Laaste naklank, hier van Hollandse kant, weer om heel besondere redes, vind ons in die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift van 1838Ga naar voetnoot4), waarin trouens sedert 1835 geen vermelding van toneel meer voorkom nie. Terloops word in 'n ‘Redevoering’ (preek) gepraat oor die opoffering van gesondheid aan kortstondige oomblikke van vermaak. ‘Het dansvermaak, kostbare verlustiging, spel, schouwburg’, verkwisting ens. word nagejaag ten koste van werkkrag, gesondheid, goeie gewete ens. Matigheid en deug is die ware. | |
[pagina 356]
| |
Origens verneem ons na 1836 nie van toneelbestryding nie. Sedert daardie jaar was die Metodisme definitief die heerser, en al handhaaf die ander vermake hulself deur hul diepere ekonomiese (b.v. drankgebruik, wedrenne) en sosiale (b.v. bals en kaartspel, veral in leidende kringe) wortels in die maatskappy, met die toneel, soveel vatbaarder vir strominge van openbare mening, was dit spoedig daarop gedaanGa naar voetnoot1). In 1838 verneem ons die laaste van voorstellinge. Dit sal 1842 word, voor, in die kerende gety teen die Metodisme, die toneel homself weer in 'n korte nuwe bloeiperiode openbaar. Daar bly ons alleen oor om die ‘laaste dae’ van die ou Afrikaanse Skouburg na te gaan. Op 21 Maart 1838Ga naar voetnoot2) verskyn die volgende kennisgewing: ‘South African Theatre. For Sale: The undersigned intending shortly to leave the Cape, offers the above Property for sale on terms very advantageous for the investment of capital. - John Thos. Buck’. Die advertensie word meermale herhaalGa naar voetnoot3) - sonder sukses. Op 18 AprilGa naar voetnoot4) kondig Buck aan dat indien nie voor 1 Mei uit die hand verkoop nie, sal die Skouburg op die dag by publieke veiling verkoop word, ‘by opslag en afslag met een duizend Ryksdaalders strykgela’. Dis 'n aansienlike som en wys op die moeilikheid om die gebou van die hand te sit, nieteenstaande dat ‘De gemiddelde netto inkomsten (ontstaande voornamelyk uit het verhuren van Pakhuizen onder den Schouwburg) gedurende de laatste 8 jaren meer dan Rds. 3.250 in het jaar geweest (zyn)’. Die veiling het plaasgevindGa naar voetnoot5), maar die verkoop het nie geluk nie. In Januarie 1839Ga naar voetnoot6) kondig Buck weer aan dat hy voornemens is om die Suid-Afrikaanse Skouburg ‘in de loop der aanst. maand te verkoopen’. Alle vorderinge daarop moet onverwyld opgegee word by Jamieson, Wingate & Ko., St. Georgesstr. 44 - die nuwe besitter blykbaar van Buck se gewese eiendomGa naar voetnoot7). By hierdie geleentheid moes Buck die Skouburg kwyt geraak het. Onder 8 JunieGa naar voetnoot8) gee ‘de eigenaren van het Gebouw op het Boerenplein (voormaals gebruikt als een Schouwburg) kennis’ dat hulle geneë is om die gebou te | |
[pagina 357]
| |
verhuur vir enige ‘Cursus Voorlezingen over Zedelyke Onderwerpen’. Die gebou is natuurlik ‘uitmuntend geschikt’ daartoe en ‘ten einde zulk een nuttig en leerzaam onderhoud te bevorderen, zullen zy de huur zoo laag stellen als mogelyk’. J. Lawton en D. Williams onderteken die kennisgewing en in 'n voetnoot word bygevoeg: ‘Twee of drie Pakhuizen te huur onder het Gezelschaps Gebouw, zeer geschikt voor winkels en den Handel met Buitenlieden. Huur zeer matig’. H. Westcott, onder opskrifGa naar voetnoot1) ‘De Voormalige Kaapsche Schouwburg’, gee kennis van verkoop by vandiesie op die Paradeplein, op 13 Junie sonder reserwe, van ‘eene hoeveelheid Schermen, Vleugels (Wings) enz., wel geschikt voor Beschotten of Schutten in Pakhuizen, enz. Alsmede 18 Tooneel Lampen met Reflectors enz.’ Ook uit die hand te koop ‘eene groote verscheidenheid Mans en Vrouwen Tooneel en Fancy Kleederen’. By dieselfde geleentheid gee die here Williams en Lawton kennis dat hul sekere hoeveelheid toneelskerms, kostuums ens. in een van die pakhuise, ongereklameerd nieteenstaande allerlei kennisgewings, sal verkoop ‘voor rekening van wien het aangaat’ op 29 Junie. Alle moontlike reghebbendes daarop moet dadelik aansoek doen. Op 1 Julie volg tenslotte T.N. en V. met die publieke verkoop van al hul toebehoreGa naar voetnoot2). Soos gepas, is die Skouburg spoedig na sy verkoop in 'n kleurlingkerk, nou die St. Stephen's, veranderGa naar voetnoot3). ‘Great were the rejoicings among the “unco guid” and the rigidly righteous when the transformation took place’ sê ChaseGa naar voetnoot4). Dat meer as een hierdie verkoop, hierdie verkragting van die oorspronklike doel van die skouburg, met lede oë aangesien het, is begryplik. Vir verskillende getuienisse hiervan verwys ek eldersGa naar voetnoot5). Hier wil ek melding maak van 'n gebeurtenis in 1842Ga naar voetnoot6), waaruit dieselfde afgelei kan word en wat 'n paar ander belangrike punte raak. Onder die hoof ‘De Oude Schouwburg’ wys ‘de Eigenaars van de GebouwenGa naar voetnoot7), opgerigt voor de einden van eene | |
[pagina 358]
| |
Schouwburg, op het Boerenplein’, per advertensie, op 'n aansoek van hulle kant aan die Kaapse munisipaliteit vir verlof om twee kamers naas die trappe van die gebou te voltooi. Besware daarteen moet voor 'n sekere datum skriftelik ingedien word. Hulle gee die brief aan die munisipaliteit in die advertensie weer. Daarin wys T.J. Mathew ‘Voor myzelven en mede Eigenaren’ op die oorspronklike skenkingsreg van 30 vt. in alle rigtinge om die Skouburg, waarop egter alleen met verlof van die regering mag gebou word. Die vorige eienaar, die heer Buck, het met die bou van die kamertjies begin. Dit was alleen nog nodig om dit onder ‘plat’ te bring, toe die gebou aan hulle verkoop is. Die eienaars het die onvoltooide kamers hinderlik vir die oog beskou en besluit om tot die afbou oor te gaan, toe die ‘Stadscurator’ hulle teëgaan en sê dat hulle eers die toestemming van die Goewernement moet kry. Hulle het toe die Goewerneur genader en die was van gevoel, dat die ‘objectien door zekere ingezetenen van het Boerenplein tegen het... verzoek ingebragt niet veel overweging verdienen’, maar verklaar dat Kommissarisse van die munisipaliteit maar moet beslis. Die eienaars het die saak vertraag omdat Kommissarisse baie besig was, maar hoop dat alles nou gunstig vir hulle beslis sal word. Om naar die uiterlike van die gebou vandag te oordeel lyk dit nie of hul wens vervul is nie. |
|