Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend
[pagina 233]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
§ 3. Hollandse Toneel.a. Tot Nut en Vermaak.Die Hollandse liefhebberytoneel vind sy mooiste en duursaamste uitbloei gedurende hierdie periode in hierdie geselskap. Tot 1836 speel die geselskap ononderbroke voort. Boniface se geselskappe (Honi Soit, Door Yver bloeit de Kunst, en Vlyt en Kunst) mag soms oorweldigender en skitterender lig uitstraal; onverstoord, vernaam en bestendig bly Tot Nut sy lig versprei. 'n Vername oorsaak hiervan sal T.N. en V. se selfkennis gewees het. Die geselskap het hom blykbaar goed gewag van iets onderneem wat hy nie kon uitvoer nieGa naar voetnoot1). Hy het betreklik min gespeel, ongeveer vierkeer per seisoen, maar dan goed ingestudeer - af! Daar is my geen enkele ongunstige kritiek oor T.N. en V. bekend nie. Inteendeel steeds samel die geselskap die hoogste lof in. Met die algemene herlewing van toneel in 1822, is T.N. en V. dadelik op die voorgrond. Onder J.G. TredouxGa naar voetnoot2) as Toneelmeester (in 1826 reeds 20 jaar ‘toneeldirecteur’Ga naar voetnoot3), hernuwe die geselskap sy bedrywigheid. Tredoux bly definitief die leierGa naar voetnoot4) tot die end van 1824, miskien ook in 1825 en begin 1826Ga naar voetnoot5). Vir 21 SeptemberGa naar voetnoot6) - Saterdag, soos elders - word aangekondig, in die Afrikaanse Skouburg, Volsan, of De Menschenhater door Tegenspoed, Tsp. in 3 Bed., uit die Frans van Villenhoven, en De Deserteur, ‘Kluchtig Bs.’ in 1 Bed., naar die Hoogduits van Kotzebue, vertaal deur van Esveldt Holtrop. Die geselskap was so vriendelik om die Skouburg op 18 September - waarskynlik 'n repetiesiedagGa naar voetnoot7) - aan die Engelse geselskap af te staan met die gevolg, dat hul eie ‘eerste representasie’ tot Dinsdag 24 September moes uitgestel wordGa naar voetnoot8). As twede voorstelling volg op 19 OktoberGa naar voetnoot9) Ransdorp, oorspronklike Hollands Tsp. in 3 Bed., deur A. van de Wart, | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 234]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
en De Vreesachtige uit Vooroordeel, wegens zyne Geboorte op Zondag (Perinet), Bs. in 3 Bed. naar die Hoogduits deur G.C de Greuve. As derde en waarskynlik laaste voorstelling vir die jaar, word op 23 NovemberGa naar voetnoot1) ten tonele gevoer: Makin, of De Ontdekking van Madera, oorspronklike Nederlandse Tsp. in 3 Bed., ‘van den beroemden Barbaz’, gevolg deur Het Losse Schot, Bs. (Interlude) in 1 Bed. naar die Hoogduits van J.S. van Esveldt Holtrop. Tot slot De Lotery Briefjes, Bs in 2 Bed. deur Ward Bingley. Reeds op 22 Februarie 1823Ga naar voetnoot2) kondig T.N. en V. sy voorneme aan om enige toneelvoorstellinge vir die nuwe seisoen te gee. Die intekenlyste 1ê by Tredoux. Boniface vind dit nodig om duidelik te maak dat sy geselskap nie dieselfde as die van T.N. en V. is nie. Dit wettig die vermoede dat T.N. en V. eers in 1822 herleef hetGa naar voetnoot3). Die geselskap speelGa naar voetnoot4) in die Afrikaanse Skouburg, en geniet gewoonlik die patronasie van die Goewerneur en vrou - ook in volgende jareGa naar voetnoot5). Vir 5 AprilGa naar voetnoot6) word aangekondig De Ortenbergsche Familie, oorspronklike Hollandse Tsp., in 3 Bed. deur C. Vreedenberg, en Het Geschenk, of De Gelukkige Misvatting, Bs. deur H. Ogelwight Jr. Beskikbare intekenplase word bekend gemaak. Intussen het T.N. en V. reeds op 8 MaartGa naar voetnoot7) Natuur en Pligt, of De Zoon Regter over Zyn Vader (Pelletier Volméranges) van die publiek versoek. ‘De Eigenaar hetzelve willende verkoopen, wordt daarvoor een goeden prys uitgeloofd; doch verkiezende ter leen uittereiken, zal aan hem met en benevens den dank van 't gezelschap; den vryen toegang tot den Schouwburg worden verleend, by de representatie van 't opgem. stuk’. Die stuk het voor die dag gekom - vanweë die aanloklike voorstelle? Op 22 MaartGa naar voetnoot8) betuig die geselskap die heer (regter?) Kekewich ‘den meesten dank’ vir sy afstaan van die stuk. Dit sal so spoedig moontlik vertoon word. Dit gebeur op 26 AprilGa naar voetnoot9) as twede voorstelling van die jaar. Die stuk heet 'n tafereel in 5 Bed. naar die Frans van Pelletier Volméranges. Verder word opgevoer Het Strandregt, Bs. in 1 Bed. naar die Hoogduits van A. von Kotzebue. By hierdie geleentheid tree 'n gebore Afrikaner, die heer J.G. de Villiers, namens die Toneelmeester op. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 235]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Daar volg op 7 JunieGa naar voetnoot1): Haat en Liefde, tafereel in 4 Bed. deur C.F. Bonin, en De Spraakloze, Bs. in 1 Bed. deur von Kotzebue, vertaal deur van Esveldt Holtrop. 18 Junie, WoensdagGa naar voetnoot2): Makin, of De Ontdekking van Madera (Barbaz), (reeds 1822 gespeel), en die ‘Groot Concert De Batailje van Waterloo, of La Belle Alliance.’ Dat T.N. en V. hierby ‘vereenigd (is) met Liefhebberen der Muziek’ word verklaarbaar. 2 AugustusGa naar voetnoot3): De Militaire Stand, Tsp. in 2 Bed., van Arresto, en De Listige Weduwe, Bs. van A. von Kotzebue. Hiermee het die voorstellinge blykbaar afgesluit. In 1824 begin T.N. en V. met 'n intekenlys eers vir twee voorstellingeGa naar voetnoot4). Op 10 JulieGa naar voetnoot5) vind plaas: De Kluizenaar op Formentera, Tsp. in 3 Bed., deur Kotzebue, en De Naamgenoten, Bs. in 2 Bed., deur M. Westerman; op 21 Augustus volg De Onechte Dochter, Tsp. in 5 Bed., ‘origineel Hollands’, deur J.P. Meyer, en Het Huwelyk van den Capucyn (Pelletier Volméranges), Bs. in 3 Bed., vertaal deur A. Tack. Met hierdie voorstellinge moes dit goed gegaan het. Ons kry op 28 AugustusGa naar voetnoot6) 'n twede intekenlys, gevolg deur 'n voorstelling op 5 OktoberGa naar voetnoot7) (Dinsdag) met De Verkeerde Schaamte, Tsp. in 4 Bed., en De Echtgenoot Kluizenaar, Bs. in 4 Bed., beide deur Kotzebue. In 1825 vermeerder die voorstellinge; ons kry bowendien met die opkoms van die koerante 'n reeks leerryke kritieke. In MaartGa naar voetnoot8) heet dit al: ‘The sons of Melpomene are all preparing for action, and it is expected that the entertainments of the coming winter, will be distinguished by various novelties. We are informed that the Dutch Amateur Company Tot Nut en Vermaak, intend performing about the 15th of next month, Pamela (Pelletier Volméranges en Cubières Palmezeaux), Rondborstige (Poujol en Bandouin) etc.’ Inderdaad volg op 16 AprilGa naar voetnoot9) weer as eerste van 'n intekening op ‘twee Representatiën’, Pamela, of De Zegepraal der Onschuld, Tsp. in 4 Bed., naar die Frans van Volméranges en Cubières, en De Gryze Man, of De Rondborstige, Bs. in 3 Bed. By hierdie geleentheid en voortaan word in de ‘Liefhebbery Tooneel (Amateur Theatre)’ gespeel. Van hierdie voorstelling | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 236]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
word gemeldGa naar voetnoot1) (in Hollandse vertaling): ‘Het Theater werd Zaterdag l.l. geopend door het Hollandsche Liefhebbery Gezelschap voor een groot en brilliant getal toezieners. De rollen werden over het algemeen wel gespeeld, en gaven algemeene voldoening. Het doet ons leed dat wy door de Engelsche Heeren nog geene toebereidselen zien maken.’ Op 4 JunieGa naar voetnoot2) volg die twede voorstelling: De Broeders op de Toets, Tsp. (ComedyGa naar voetnoot3), in 3 Bed., naar die Frans van Pelletier Volméranges, en Uilenspiegel (Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop). Hiervan lui dit: ‘Wy zyn zeer geamuseerd geworden... De talenten door de Leden van dit Gezelschap aan den dag gelegd in de uitvoering van beide Stukken, en voornamelyk het nastuk, verdienen grooter lof dan ons bestek ons toelaat... Wy waren getroffen over het brilliante voorkomen der Boxes, en de geheele Schouwburg was doorgaans opgepropt met de aanzienlykste ingezetenen.’ Hul sukses het die geselskap verder aangespoor. Op 6 AugustusGa naar voetnoot4) volg De Graaf van Waltron, of De Subordinatie, Tsp. in 5 Bed., naar die Hoogduits van H.F. MöllerGa naar voetnoot5), en De Gevaarlyke Buurman (Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop), Bs. in 1 Bed. Ook hierdie voorstelling was ‘to the utmost satisfaction of a crowded house. We cannot but compliment the Amateur Gentlemen on their taste in the various dresses, and good arrangement of the scenery; and we are proud to acknowledge, that this difficult piece was represented to admiration.’ Die Goewerneur en baie vername ingesetenes was aanwesig. Die blad sou graag 'n kritiek van die voorstelling van sy Hollandse korrespondent ontvang hetGa naar voetnoot6). Op 17 SeptemberGa naar voetnoot7) volg De Verzoening, of De Broedertwist, Tsp. in 5 Bed. naar die Hoogduits van Kotzebue, en De Deserteur (Kotzebue vertaal deur v. Esveldt Holtrop), Klugtige Bs. in 1 Bed. Die geselskapGa naar voetnoot8) vra dringend om 'n twede eksemplaar van die voorstuk te leen. Die verslag is soos gewoonlik alles lof en prys; De Verzoening heet ‘een zeer aangenaam toneelspel. De hoofdkarakters werden zeer goed gespeeld. Alleen kwam de kostume van den Dokter Blom met die van den Advocaat niet overeen. Wat echter het spelen betreft men kan niet meer begeren; inzonderheid wat aangaat tooneel en uitdrukkingen; ook de vervaardigde decoratiën, voornamelyk de | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 237]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
zaal, zouden geen oneer doen aan een Nederlandschen Schouwburg. Wy hopen nog dikwyls door dit gezelschap ons vergast te zien door representatiën.’ Die laaste voorstelling word aangekondig vir 19 NovemberGa naar voetnoot1) met Edele Harten door Driften Geslingerd, of Gevolgen van Jeugdige Ligtzinnigheid (Eberstein), Tsp. in 5 Bed., en Niets en Iets, of De Vyf Gestorvenen, klugtige Bs. in 1 Bed. deur W.D. StoopendaalGa naar voetnoot2). Die laaste stukkie moes erg in die smaak geval het. By 'n benefiese wat volg word dit op besondere versoek herhaal. ‘Een trouwe Komedieganger’ het selfs spesiaal daarom in die koerant gevraGa naar voetnoot3). By hierdie benefiese op 3 DesemberGa naar voetnoot4), ‘ten voordeele eenes behoeftigen Huisgezins,’ is verder De Kluizenaar op Formentera van Kotzebue opgevoer. Allesins is dit 'n baie bevredigende jaar. Nie veel nie maar goed, is kennelik die wagwoord van T.N. en V., in teenstelling met, oor die algemeen, Engelse geselskappe. Die verrigtinge van T.N. en V. gaan op die ou voet voort in 1826, net dit heet weer onder goedkeuring van die Lt.-Goewerneur. Reeds in MaartGa naar voetnoot5) - ‘de morgenstond heeft goud in de mond’! - kondig T.N. en V. sy voorneme aan om in die a.s. winterseisoen ‘eenige Representatiën te vertoonen.’ Tog word dit 10 JunieGa naar voetnoot6) voor die eerste voorstelling met De Burgemeester (von Brühl), Trs. in 5 Bed., en Jocrisse in een Nieuwen Dienst (Dorvigny), Tsp. in 5 Bed., aangekondig word. Per slot van rekening word die voorstelling uitgestel tot Woensdag 5 JulieGa naar voetnoot7). Sou in hierdie uitstel reeds invloed van die toneelbestryding, wat teen die end van 1825 'n eerste vertoning maak, te sien weesGa naar voetnoot8)? Ek is geneig om dit aan te neem, temeer waar die verslag hieroor deur 'n korrespondent in die Commercial AdvertiserGa naar voetnoot9), niks anders as 'n ‘apologia’ vir die toneel is nie. Tegelyk sou ons kan raai dat die rede van die uitstel, in die terugtrek deur ouers van hul kinders (by ballette ens.) aan opvoeringe, gelê het (11 Julie '26). Die korrespondent gee uiting aan ‘hoe genoegelyk’ hy toe ‘eenige uren’ deurgebring het. Hy wys op die leersaamheid van die stuk; laak huisvaders wat hul kinders aan die skouburg onttrek het; prys 'n toneel van sulke sedelike voortreflikheidGa naar voetnoot10). Op 26 AugustusGa naar voetnoot11) volg De Onechte Zoon (Lover's Vows), | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 238]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Tsp. in 5 Bed. naar Kotzebue, en 't Zal laat Worden (Meyer), Bs. in 1 Bed. ‘De Schouwburg was zeer brilliant wat betreft de aanschouwers, en het stuk werd met die goedkeuring ten uitvoer gebragt, als dat gezelschap altoos smaakt. Het nastukje ... beviel algemeen. Wy hopen eerstdaags dit gezelschap weder op te zien tredenGa naar voetnoot1)’. De Onechte Zoon (Kotzebue) het blykbaar sukses gehad. 'n ‘Boxnemer en twee andere’ persone maak ‘applicatiën’ vir 'n weervertoningGa naar voetnoot2). T.N. en V. wil hieraan die volgende week voldoen, mits hulle voor a.s. Saterdag ‘voldoende intekenaren krygen kunnen tot het bestryken der onkosten’. As nastuk volg De Gevaarlyke Buurman (Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop). Op 12 September (Dinsdag) - dus reeds 'n week later - is die lyste nog ‘slechts’ ope tot a.s. SaterdagGa naar voetnoot3). Of die voorstelling werklik plaasgevind het weet ek nie. Die laaste voorstelling van die seisoen vind plaas op 11 NovemberGa naar voetnoot4) met De Boodschaplooper Uit Behoefte (Laloue en Ménissier), Tsp. in 3 Bed. naar die Frans, en De Burgerraad, Bs. In verband hiermee skryf ‘C.P.’ 'n lang briefGa naar voetnoot5). Hy en 'n aantal van sy vriende het die moeite en opofferinge van die geselskap altyd besonder op prys gestel om hulle in die afgelope seisoen ‘nu en dan dezelfde verlustiging’ as in die geval van De Burgerraad te besorg, en hy hoop van harte dat die geselskap in die a.s. winter ‘wederom even veel lust en opgewektheid mag gevoelen, in het bevorderen des genoegens van het toneel. Wat nu het stuk zelve aanbelangt, nauwelyks had zich de blyde mare verspreid dat de De Burgerraad zou vertoond worden of zy zette reeds by voorbaat de lachspieren van een ieder in beweging’, want al bestaan so'n amp nie meer in Kaapstad nie, so het daar in die laaste tyd gebeurtenisseGa naar voetnoot6) voorgeval, wat die vermoede kon wek dat die voorstelling seker op die een of ander persoon sou slaan. Gevolglik was die nuusgierigheid groot om die stuk te sien. ‘Vrouwen kwelden hunne mans, kinderen plaagden hunne ouders, ja, selfs bedienden hielden aan by hunne meesters. Menig Ryksdaalder, zoo lang bewaard, werd er by die gelegenheid ten offer | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 239]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
gebragt om een kaartje magtig te worden’. (Die beskrywing lyk 'n bietjie ‘digterlik’ - F.B.) Aan hierdie spanning is per slot van rekening voldoen. ‘Het groot aantal toeschouwers getuigde van de belangstelling in het stuk’. Ternouernood was die gordyn op en het die ‘Burgerraad’ gekom, of van alle kante het krete van herkenning opgegaan: hy sou diè wees en daardie, ens. Die skaterlag was algemeen en is voortgesit deur die feit dat vrywel elke toneel en gesegde op plaaslike toestande kon toegepas word. Dit was inderdaad 'n geval, onder gedurige toejuiging, van Ridendo Dicere Verum Quis Vetat. ‘De styl van het stuk was over het algemeen zuiver, bevallig en levendig; kleine smetten (kunnen)... over het hoofd (gezien) worden... De kiesche smaak der liefhebbers... heeft een enkel tooneel weggelaten omdat de lompe en dubbelzinnige uitdrukkingen daarin, kuische ooren een weinig zouden hebben gekwetstGa naar voetnoot1)’. Met soveel oordeel by stukke durf geen ouers hul kinders, of mans hul vrouens van toneel weg hou nie. Hier word die dwaashede van mense, waar dit berisping of bespotting verdien, voorgestel; bowendien word sommige gebreke veel beter ‘door... het belagchelyke bestreden dan door ernstige tegenkantingen en bewysredenen’. So sal seker De Burgerraad enige amptenare gewys het op die ware betekenis van Eed en Plig; vooral om nie te stem soos hul vroue of ‘Mr. Gozewyn’ begeer nie, maar soos eerlike, ryp beraad en gesond verstand hul ingee. Van die akteurs het Constantia ‘uitmuntend gespeeld en het doet haar hart eer aan dat zy den braven Ferdinand boven den zotten Didericus heeft verkoren. Foei! aan zulk een Burgerraad.... moet zoo een lief meisje hare hand niet schenken. Fan K.... verdient allen lof... ongedwongen en natuurlik... en hy bezit misschien zulk een groote mate van de zoogenaamde Vis Comica als Acteur als Plautus... als schryver. Julia, Didericus, Lambertus, Ferdinand, Geconstitueerdens, allen hebben zy voldaan’. Gelukkig dat die wesenlike Didericus lynreg in stryd is met die rol, en 'n gesonder brein besit as hierdie sotGa naar voetnoot2). Kort en goed, almal het hul bes gedoen, ‘de decoratien en costumes waren met smaak gekozen en le tout ensemble heeft de verwachting zelfs verre overtroffen’. 'n Mens kan jou ternouernood voorstel dat 'n dergelike goedmoedige eer-en-deug-verheffende, alles-wat-kan-aanstoot- | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 240]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
gee-vermydende verslag, enige mens tot ergernis kon wees. En tog was dit so. Iemand wat hom noem ‘Geen Burgerraad’Ga naar voetnoot1), maak aanmerking op hierdie brief ‘pronkende met een uithangbord... Liefhebbery Tooneel’Ga naar voetnoot2). Hy dryf die spot met ‘C.P.’ se spelling ‘Burgeraad’ i.p.v. ‘Burgerraad’, en gee te kenne dat die ‘verspreiding van die blyde mare’ heeltemal nie so spontaan toegegaan het nie. Deels was dit as gevolg van gerugte versprei omtrent die persone op wie in die stuk gedoel is, aangesien ‘dat sierlik stuk’ voor 2 deser maar aan baie weinig bekend was, deels as gevolg van 'n ‘dom rekwest (waarmee) zekere A.B. en de man met de groote tamaaye zilvere beker’, mense in hul huise lastig geval het na dato Julie l.l. Bowendien skyn nie alleen die lagspiere nie maar ook die skryfspiere van ‘C.P.’ in beweging te gewees het. Anders sou hy hom ‘A.J.L.P.’ i.p.v. ‘C.P.’ onderteken het. Die brief is langdradig (gegronde kritiek inderdaad! - F.B.) en vele woorde is bymekaar gestel ‘als melkwater, geen zout, geen peper, zal ik, zal ik niet, ja’Ga naar voetnoot3) ens. Waar die Burgerraad so as model vir die amptenare kan dien, is dit jammer dat die stuk nie reeds 33 jaar vroeër ‘aan dezen uithoek’ vertoon is nie. Dan sou geen kotter met'n onbekwame Sous-Luitenant gestuur gewees het om Mauritius ten noorde op te soek nie, dan sou mense hulself nie j.l. Junie verbeel het dat die verstand in die strate van Leyden op te raap is nie, en almal gestem het soos iemand van aldaar, wat egter te bang is om sy mening op skrifte gee in verband met Ordonnansie No. 19; dan sou 'n mens nooit verneem het dat 'n soldaat ‘die weg loopt meer couragie heeft als een die staan blyft’ ens., en ‘wat het voornaamste is, neef A.J.L.P. zou nooit zoo een excellenten brief in de Courant geplaatst hebben’. Agter die hele gedoente sal natuurlik allerlei persoonlike, sowel as publieke kwessies, geskuil het. Die opvoering is en bly intussen 'n interessante geval: die eerste een bekend, waarin die toneel tot weerspieëling van heersende maatskaplike toestande gebruik word. Vroegtydig in Maart 1827 kondig T.N. en V. die hervatting van sy wintervermake aan, en begin met op die beproefde manier te vra om ‘geriefd te worden met het Ks. De Resignatie, of De Anarchisten.’. Op 21 AprilGa naar voetnoot3) vind die eerste voorstelling plaas met De Kwade Luim, Tsp. in 4 Bed. naar Kotzebue, en De Brandschatting (Kotzebue), Ks.; op 19 JulieGa naar voetnoot4) volg De Moeder aes Huisgezins, | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 241]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
of Is er Geene Orde voor Edele Huisvrouwen?, Tsp. in 3 Bed., en De Verwarring, Bs. in 5 Bed., albei van Kotzebue (die laaste vertaal deur v. Esveldt Holtrop). 'n Ander voorstelling op 25 Augustus bepaal, word uitgestelGa naar voetnoot1). Dit lyk onwaarskynlik dat dit dieselfde voorstelling kan wees as die wat eers 10 NovemberGa naar voetnoot2) volg met De Trouwring (Lembert), Tsp. in 3 Bed., en De Huisdokter (Ziegler). Uit 1828 - dit het reeds geblykGa naar voetnoot3) - was die beriggewing sleg. Die eerste melding wat ek van T.N. en V. besit is baie laat en wek die sterkste vermoede - deur die woordjie ‘nog’Ga naar voetnoot4) - dat hul reeds vooraf gespeel het, soos trouens oudergewoonte te wagte val. Onder 20 AugustusGa naar voetnoot5) heet dit ‘met blydschap kunnen wy het publiek vermelden dat wy van goeder hand vernomen hebben, dat het Tooneellievend Gezelschap T.N. en V. nog een of twee Representatiën geven zal voor het einde van dit Winterseisoen.’ Op 27 AugustusGa naar voetnoot6) kondig hul aan, en op 17 September versoek hul De Speler, of Revenge PraagGa naar voetnoot7) te leen; en op 18 OktoberGa naar voetnoot8) word hierdie Tsp. in 5 Bed. naar die Hoogduits van Iffland met Het Zal laat Worden (Meyer), Bs. in 1 Bed. met sang, opgevoer, onder patronasie van Goewerneur en vrou soos vroeër. Opvallend is hier weer die intrede van sang in voorstellinge. Onder 29 OktoberGa naar voetnoot9) word, sonder verder aanduiding, aangevra: ‘Het Komedieboek De Krokodil, De Bedrogene Broeders, of De Geretourneerde Afrikaan, Bs. in 1 Bed.’ Vermoedelik was die versoek van T.N. en V. afkomstig: die enigste Hollandse geselskap in hierdie jaar bekend. Van 'n voorstelling word niks verneem nie. Die volgende paar jaar (tot 1831) gee 'n veel meer bevredigende beeld. Oudergewoonte begin T.N. en V. met 'n versoek (in April) om ‘het klugtspel De Kalkoen van Breda (van Ray) ter leen.... voornemens zynde in het a.s. winterseisoen enige stukken te vertoonen’Ga naar voetnoot10). Op 6 JunieGa naar voetnoot11) volg, onder goedkeuring en patronasie soos voorheen, De Lasteraar, Tsp. in 5 Bed., naar die Hoogduits van Kotzebue, en De Kalkoen van Breda, of Menig Voordeel Komt Onverwacht (van Ray) oorspronklike Bs. met sang. ‘Uit | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 242]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
hoofde van de grootheid der beide stukken’ moet ekstra vroeg aangevang word - 5.45 presiesGa naar voetnoot1). Die sangelement van die vorige jaar bly gehandhaaf. As twede voorstelling word aangekondigGa naar voetnoot2) Julius van Sassen (Zschokke) in 4 Bed., deur die skrywer van Aballino, en De Sint Nicolaas Avond, of Het Bezoek door den Schoorsteen, oorspronklike Hollandse Bs. deur H. KupGa naar voetnoot3). Tog het die geselskap nie voor 22 AugustusGa naar voetnoot4), ‘vereenigd met het Zuid-Afrikaansch Liefhebbery Muzyk Gezelschap’ - wat die voorafgaande musikale elemente kan verklaar - tot die voorstelling gekom nie. Wat was die rede? Die skipbreuk van L'Eole het die Kaapse liefhebbers tot grote ywer opgevoer in die hoë diens van weldadigheid. Waar selfs die oproep om ‘Nut en Vermaak te paren’Ga naar voetnoot5) so duidelik sinspeel op die geselskap, kon hulle natuurlik nie agterbly nie. Iedereen het egter sy eie gang gegaanGa naar voetnoot6). Die Engelse geselskappe het hulle s'n gegaan; T.N. en V. syne. Die tyd was vermoedelik te kort om die stukke, reeds in studie, klaar te kry. Twee vroeër gespeelde stukke word opgevoer op 18 JulieGa naar voetnoot7): De Verzoening van Kotzebue, en 't Zal laat Worden (Meyer), Bs. ‘Ten voordeele der Schipbreukelingen’ ens., heet dit. Hierna het toe die ander voorstellinge plaasgevind. Tenslotte volg op 31 OktoberGa naar voetnoot8) deur ‘Het Hollandsche Vereenigd Tooneellievend en Muzyk Gezelschap T.N. en V.’ Siegfried von Lindenberg (Bunsen) in 3 Bed., en De Engelsche Goederen, Ks. naar A. von Kotzebue. Van hierdie voorstelling vermeld 'n korrespondent dat dit ‘op de... gewone meesterlyke wyze’ uitgevoer is. Die nastuk was ‘zeer klugtig.’ Alle rolle was ewe goed. ‘En wy rekenen het ook onze pligt het Muzykgezelschap den hoogsten lof toe te zwaayen voor de aangename wyze waarop de onderscheidene Muzykstukken werden uitgevoerd.’ Tussenin die voorstuk het 'n Amateur van die Engelse geselskap bekend gemaak dat hul geselskap a.s. Maandag Pizarro (Sheridan) (‘in het Nederduitsch De Dood van Rolla’) en Black-Eyed Susan (Jerrold) sal speel. Dit was die eerste voorstelling van BoothGa naar voetnoot9) en getuig van 'n heel vriendskaplike verhouding tussen Engelse en Hollandse liefhebbers. In 1831 begin die geselskap sonder vermelding van musikale liefhebbers, stip op tyd, met: De Bruidskroon, of De Droom- | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 243]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
verskyning, Tsp. in 4 Bed naar die Hoogduits van H. CunoGa naar voetnoot1), ‘met nieuwe Costumes’, en De Eerste April, origineel Hollandse Bs., met zang door M. Westerman.’ Hierdie jaar bly die geselskap baie aandag wy aan kostuums ens., waarskynlik onder die verkwikkende invloed - of deur belening? - van BoothGa naar voetnoot2). So word die volgende voorstelling op 17 JulieGa naar voetnoot3) met Eleonore van Rosalba, of De Puinhoopen van Paluzzi (Pujos en Dabaytua), Tsp. in 4 Bed. naar die Frans (vertaal) van J. Kisselius, opgevoer ‘met nieuwe costumes en decoratiën’. As nastuk word Het Glas Water (v. Guttenberg) Bs. in 2 Bed., vervang deur 'n oubekende, 't Zal laat Worden (Meyer). By die volgende voorstelling op 21 AugustusGa naar voetnoot4) vind eersgemelde nastuk plaas, tesame met De Man in Drie Gedaanten, of De Balling (Pixéricourt), Tsp. in 3 Bed. getrokke uit die Hoogduitse stuk Aballino, Der Grosze Bandit (Zschokke), met nuwe kostuums, ens. Natuur en Pligt, of De Zoon Regter over zynen Vader, (Pelletier Volméranges), 'n bekende uit 1823, word te leen versoek. Blykbaar het die geselskap nie altyd moeite gedoen om sy boeke te bewaar nie. Met hierdie stuk, op besondere versoek, en met Niets en Iets (Stoopendaal), eweneens 'n bekende uit 1824, vind die laatste voorstelling op 23 OktoberGa naar voetnoot5) plaas. Die eerste voorstelling in 1831 geskied op 28 MeiGa naar voetnoot6) met Robert, of De Struikroovers (Lamartélière, vertaal deur Witsen Geysbeek), Tsp. in 5 Bed., en De Kalkoen van Breda (van Ray), ens., met sang. Op 9 JulieGa naar voetnoot7) volg De Geduchte Regtbank (Lamartélière)Ga naar voetnoot8) van SchillerGa naar voetnoot9) ‘(zynde een Vervolg van Robert, of De Struikroovers),’ Tsp. in 5 Bed., uit die Hoogduits van Kotzebue.Ga naar voetnoot10) Van hierdie voorstellingGa naar voetnoot11) en van die vorige heet dit dat ‘Schiller'sGa naar voetnoot12) uitmuntend Tsp. De Geduchte Regtbank, vervolg | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 244]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
op Robert, voorheen met zeer veel eclat.... vertoond’, opgevoer is ‘met nieuwe decoratiën en costumes, welke zeer smaakvol en prachtig waren. Wy hebben den Schouwburg dikwyls bezocht en hebben er ons immer uitnemend vermaakt, doch nimmer zoo als by deze twee laatste gelegenheden; - en alhoewel al de rollen op eene zeer bekwame wyze volvoerd zyn geworden, kunnen wy echter niet nalaten Robert en Maurits allen lof toe te zwaayen’, vir die tal van voortreflike tonele waarin hul hul onderskei het in beide vertoninge. Genoeg dat ‘dezelve de algemeene goedkeuring hebben weggedragen en dat het publiek met verlangen uitziet naar de aankondiging van eene nadere vertoning. Insgelyks betuigen wy ook onze byzondere goedkeuring ten opzigte van het Gezelschap van den Muzyk-minnenden Amateur Beck’. Op besonder aangename wyse het die geselskap die publiek tussen die bedrywe onderhou; mag hulle by verdere geleenthede ook die publiek as orkes vergas, ‘daar hetzelve in geene geringe mate tot de vermaken van den avond heeft toegebragt’. Op 10 SeptemberGa naar voetnoot1) word op besondere versoek De Graaf van Waltron, of De Subordinatie, Tsp. in 3 Bed., naar die Hoogduits van H.F. Möller, met nuwe dekorasies en kostuums, en De Dronkaard, Ks. in 2 Bed. naar Kotzebue, gespeel. 'n Berig onder 7 OktoberGa naar voetnoot2) van 'n korrespondent dat nog 'n voorstelling binnekort sou volg, word nie verder bevestig nie. Uit 1832 is twee voorstellinge bekend. Die stukke is oubekendes. Maar eers word op 26 MeiGa naar voetnoot3) De Gevaarlyke Buurman (Kotzebue, vertaal door v. Esveldt Holtrop) te leen gevra. Op 16 JunieGa naar voetnoot4) volg die eerste representasie daarvan, met Robert ens. op besondere versoek. Die Zuid-AfrikaanGa naar voetnoot5) sê hiervan: ‘The house which was well lighted up, was crowded with spectators, among whom.... several of the most respectable families of Cape Town. The principal characters in the first piece were performed in a masterly manner. The good order which prevailedGa naar voetnoot6), together with the agreeable music’, het baie die plesier van die aand verhoog. Die hoop word uitgespreek dat die volgende voorstelling gou sal volg. Die Commercial Advertiser bevestig ditGa naar voetnoot7). ‘The Entertainments were in a style highly creditable to the Amateurs. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 245]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Their exertions... were eminently successful and rewarded by loud and frequent plaudits. In two or three of the scenes in the first piece considerable feeling and pathos were exhibited by Robert, Maurits and Sophia van Northal, and the attention paid to costume and Situation (stand) (so little within the power of Amateurs generally) is entitled to specific notice. The house was respectably filled. (From a Correspondent)’. Die lof was nog nie genoeg naar die mening van alle toeskouers nie. Op 23 JunieGa naar voetnoot1) kom ‘Eene gewezene Amateur’ die hulde deur die korrespondent aan die geselskap gebring, onderstreep en sê dat nie alleen die genoemde rolle uitstaande was nie, maar dat Forban ‘als een nog jong Amateur byzonder heeft uitgemunt en vergeten wy vooral niet Fips in het nastuk, en Hollman als de gevaarlyke Buurman, en hopen wy verder’ op nog meer genoeglike aande. Vervolgens vind plaas op 4 AugustusGa naar voetnoot2) De Onechte Zoon, (Kotzebue) en De Sint Nicolaas Avond (H. Kup). Die verslae hieroor is in dieselfde trant as voorheen. Die Zuid-AfrikaanGa naar voetnoot3) praat van ‘agreeably entertained... The house was respectably attended... The choice and masterly execution of the first piece gave universal satisfaction; nor were they (the audience) the less amused with the after piece, which made them return home in a pleasant humour.’ Die Commercial AdvertiserGa naar voetnoot4) is vollediger. Die gehoor was ‘crowded and genteel... The Company maintained their reputation for correctness of scenery and costume and the entire arrangements of the house were conducted with great propriety. (Weer 'n pluimpie vir T.N. en V. se organisasie). The performance... was respectable; all the Amateurs exerted themselves to please and judging from their reception by the spectators,... successfully. Very judicious’ het in besonder Frederik die Baron en Wilhelmina gespeel. Die toneel waar Frederik homself aan sy vader openbaar, het baie toejuiging uitgelok. Die Graaf van der Mulde ‘played, as he always does, with a vein of rich comic humour and Jan Baas the Boer was very facetiously enacted. The after piece... appeared to convulse the audience with laughter. Our old friend 'Germain' with his protean powers was full of clever drollery and Doctor Horvell, Storb, Valcour and the rest united in giving full effect of this laughable farce.’ Die jaar 1833 word ingeluiGa naar voetnoot5) met: ‘Het is met byzonder genoegen dat wy... vernomen hebben dat het oude (veelseggend! - F.B.) Tooneel Gezelschap Tot Nut en Vermaak | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 246]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
besloten heeft aan de menigvuldige verzoeken van het publiek gehoor te geven en nog voor het einde van het Saisoen eenige Representaties ten tooneele zal voeren’. Ek mag hier ook wys op die herleefde bedrywigheid van Boniface sedert 1833Ga naar voetnoot1). Die eerste voorstelling vind plaas op 24 AugustusGa naar voetnoot2) met De Kwaade Luim, Tsp. in 4 Bed., naar Kotzebue (vertaal deur v. Esveldt Holtrop), en De Engelsche Goederen (Kotzebue), Ks. in 1 Bed. HierbyGa naar voetnoot3) het die geselskap ‘volgens gewoonte veel goedkeuring... weggedragen. De pogingen der Liefhebbers om weder nieuwe acteurs bekwaam te maken, hunne delicate manier om de Inteekenaren te verrassenGa naar voetnoot4) met den Koorddansen (erg in die smaak toe - F.B.), die tusschen het Tooneel en Klucht spel, de toejuiching der Aanschouwers wegdroeg, verdienen alle ondersteuning. De Schouwburg was als opgepropt - en verscheidene aanzoeken om Entre Beletten moesten van de hand gewezen worden. De Muzyk van het Liefhebbery Gezelschap onder... den Heer Beck, was mede zeer goed, en het is zeer opmerkelyk om het onderscheid te zien in de orde, welke by de representatiën der Hollandsche Liefhebbers heerscht, boven die welke zoo aanstootelyk geschonden wordt in de Engelsche vertooningen’. 'n Mooi getuienis. Die Hollands-Afrikaners het origens veel meer keuring toegepas. Hulle het alleen intekenaarsGa naar voetnoot5) toegelaat. Die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch TydschriftGa naar voetnoot6) beaam die lof: ‘Het alreeds genoeg bekend en algemeen geacht... Gezelschap heeft het Publiek weder verrast’ met die genoemde stukke. 'n Twede voorstelling word hierdie jaar gemeld, op 12 OktoberGa naar voetnoot7), met Julius van Sassen (Zschokke), Tsp. in 4 Bed. deur die skrywer van Aballino, en Jocrisse in een nieuwen Dienst (Dorvigny), Klugtige Bs. in 3 Bed. Die voorstelling het plaasgevindGa naar voetnoot8) ‘voor een respectabel en opgepropt huis’, aangesien dit die laaste van die seisoen sou wees, en ‘een begunstigd amateur, die het huis dikwyls in een geschater van lagchen had gezet, zyn afscheid zou nemenGa naar voetnoot9). Het treurspel werd met veel bekwaamheid uitge- | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 247]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
voerd, voornaamlyk de hoofdrollen, waardoor zy hunne gevestigde reputatie nieuwen luister byzetten’. Jocrisse was ‘zeer grappig’ en het die toeskouers'n tydige verademing na die droewige passasies van die treurspel verskaf. ‘Tusschen de stukken toonden twee jonge Afrikaanders hunne vaardigheid op de slappe koord’. Waarskynlik was dit in wedyver met D.Y.b.d.K. wat ongeveer 'n maand tevore met die eerste ‘Zuid-Afrikaan’ in hierdie kuns gedebuteer hetGa naar voetnoot1). 1834 is 'n voortsetting op dieselfde voet as 1833. Eers berig 'n korrespondentGa naar voetnoot2) in Mei dat ‘these veterans of the Sock and Buskin, after reposing in easy attire of private life... are again eager for the fray. Their first onset will be early next month... a full muster’. Maar dit word 2 AugustusGa naar voetnoot3) voor daar volg Frederik de Groote te Spandau, of Het Lasterschrift (Dorvo), Tsp. in 3 Bed. naar die Frans (vertaal) deur C. Vreedenrerg, met 'n klein ballet, en Meester Vink, of De Vermiste Diamant, Bs. in 3 Bed. met sang, naar die Frans van Desaugiers en Gentil (vertaal deur v. Ray). ‘Muzyk en Ballet gearrangeerd door... C.E. Boniface, wordende het laatste gedirigeerd door den Heer W. Boonzaayer’. 'n Merkwaardige geval van samewerking van Boniface met 'n ander geselskap. Van hierdie voorstelling getuig die Commercial AdvertiserGa naar voetnoot4): ‘Ofschoon zy eenigszins laat in het saizoen zyn begonnen hebben deze veteranen... niets van hunne reputatie verloren. In toneel, costumes, decoratiën, boven alles in die hoofdbehoefte, nauwkeurigheid, overtreft dit Gezelschap al deszelfs mededingers... De actie (= spel, Eng. “action”) was uitnemend’Ga naar voetnoot5). Frederik de Grote, die sonderling en despoot, ewenas die Generaal, Wed. Zietern, e.a. was bekwaam uitgebeeld. 'n Aangename afwisseling was die balletdans, ‘met zeer veel smaak uitgevoerd... eene liefhebbery bende verbeterde... deszelfs uitwerksel. Een nieuw toneel van den vesting Spandau, geschilderd door een liefhebber, werd zeer toegejuicht’. Ook verder was daar herhaalde toejuiging. In die nastuk ‘verdiende Vink als een ridder van den Vingerhoed en Schaar algemene toejuiching.’ Dit gaan tussen hom en twee skelm knegts, Bergerac en Champagne, | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 248]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
oor 'n verlore diamant. Die Goewerneur en famielie was aanwesig; die huis gevul met 'n deftige geselskap. Soos die ander geselskappeGa naar voetnoot1) kom T.N. en V. in 1835 in beweging vir liefdadigheidsdoeleindes by geleentheid van die ontsettende Kafferoorlog. Een voorstelling word gegee; die enigste bekend hierdie jaar. Die bloei van die Kindergeselskap Kunst en Smaak, naas die besondere tydsomstandighede (Kafferoorlog) kon hieraan mede-oorsaaklik gewees hetGa naar voetnoot2). Op 19 JunieGa naar voetnoot3) word opgevoer: De Verzoening, of De Broedertwist, Tsp. in 5 Bed. naar Kotzebue, en De Twee Kraayen, Bs. 1836 volg met twee voorstellinge, laat in die seisoen. Op 26 AugustusGa naar voetnoot4) vind die eerste plaas met: De Kluizenaar op Formentera, die bekende van Kotzebue, en De Yverzuchtige Vrouw Bekeerd, in 1 Bed. van dieselfde skrywer; op 28 OktoberGa naar voetnoot5) die twede met Dertig Jaren, of Het Leven van een Dobbelaar, ‘Tsp. dat in drie dagen afspeelt, met nieuwe decoratiën; vry gevolgd naar het Fransch van Victor Ducange en Dinaux door B.A. Fallée’ Verder volg De Deserteur 'n oubekende van Kotzebue (vertaal deur v. Esveldt Holtrop). 'n ‘Correspondent’Ga naar voetnoot6) prys die keus van die stuk as 'n tafereel uit die menslike lewe waarin die noodlottige gevolge van dobbelspel klaar in die lig gestel word. Die opvoering lewer die duidelikste bewys ‘dat deze kweekelingen van Thalia haar weder niet te vergeefs hunne gaven ten offer hebben gebragt.’ Dit val moeilik ‘de palm der overwinning’ aan iemand in besonder onder die amateurs toe te ken. Die jeugdige amateur wat in die rol Amelie so voortreklik gespeel het, het 'n regmatige aanspraak gehad op die herhaalde toejuiging wat die publiek hom gegee het. ('n Man klaarblyklik in die rol van 'n vrou - F.B.). Die skwyer wil van amateurs wat al so dikwels tot nut en vermaak van die publiek poginge met so goeie gevolg aangewend het, nie te veel verg nie, maar sou dit erg op prys stel as De Dobbelaar herhaal word. Die ondersteuning van die publiek sal seker nie ontbreek nie. Van so'n weeropvoering hoor ons niks nie. Vermoedelik was dit die swanesang van T.N. en V. in hierdie tydperk. Eers 1842 hoor ons weer van opvoeringe. Die gedurige aanvalle van dwepers teen toneel kon hier van invloed gewees | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 249]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
het.Ga naar voetnoot1), ofskoon die Hollandssprekendes hul minder daaraan gesteur het as die Engelse. Miskien was dit die natuurlike uitputting na 'n lang bestaan; miskien was die rede te veel behoudende ou kragte aan die een kant, wat versuim het om hul aan te pas by nuwe behoeftes, miskien te weinig jongeres aan die ander kant om die werk voort te sitGa naar voetnoot2). Dit sou ‘last but not least’, inteendeel, kan saamhang met die moontlikheid, dat tweedrag weer sy verderflike kop opgesteek het. Daar bestaan nl. in 1837 'n nuwe geselskap Tot Oefening en Vermaak, wat ongetwyfeld 'n vertakking van T.N. en V. is. Die naam is 'n al te duidelike variasie op die oue. Sou dit miskien van die jongere lede gewees het? Of gewoon van sommige lede? Die feit dat T.N. en V. nog tot 1839Ga naar voetnoot3) voortbestaan, maar nie speel nie, kan wys op 'n ernstige verlies van kragte. Intussen kan Tot Oef. en Verm. as dit 'n heeltemal afsonderlike geselskap is, kragte van T.N. en V., ook aan die afdraend, bygekry hetGa naar voetnoot4). | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
b. Tot Oefening en Vermaak.Vir die gemak en waarskynlike samehang met T.N. en V. behandel ek die geselskap hier. Wat daar trouens van te sê val is gou gesê. Die bestaan van die nuwe geselskap was kortstondig, maar een voorstelling is sekerGa naar voetnoot5) van hom bekend. Na nogal taamlik veel voorafgaande gesloer voerGa naar voetnoot6) ‘Het nieuw Hollandsche Private Tooneellievende Gezelschap, spelende onder de zinspreuk Tot Oefening en Vermaak’ op 12 Augustus '37 in die ‘Liefhebbery Tooneel’ op: Roland de Monglave, of De Zegepraal der Onschuld, ‘beroemd Tsp. met nieuwe Kleeding, Decoratiën’ ens. in 4 Bed., naar die Frans van Loaisel Tréogate deur M.G. Engelman; en die ‘welbekende’ (inderdaad! - F.B.) Monsieur Tonson (Moncrieffe) in 2 Bed., uit die Engels vertaal deur B.J.v.d. SandtGa naar voetnoot7). Tussenin ‘zal de Indische Dans worden uitgevoerd door eenen Amateur, gevolgd door eenen Dans op de slappe koord’; ekstra attraksies waarvan die soort bietjie vergeet wasGa naar voetnoot8). Die musiekgeselskap De Getrouwheid assisteer by die geleentheid. Hierna het die geselskap waarskynlikGa naar voetnoot9) die weg van alle vlees gegaan. Miskien het die beroepsvermake van 1837-'38 daar | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 250]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
veel toe bygedraGa naar voetnoot1). Origens sal die bekende vyandige elemente van die tyd hul uitwerking gehad hetGa naar voetnoot2). Van 1849-51, in die volgende periode dus, herleef weer 'n geselskap van die naamGa naar voetnoot3). Tenslotte verneem ons die einde van T.N. en V. in 1839. Afgesien van die algemene ongunstige toestande vir toneelGa naar voetnoot4), wat eindig met die verkoop van die Afrikaanse Skouburg; afgesien van persoonlike redeneGa naar voetnoot5), kon die oorheersing van masels en maagloop in 1839, so selfs dat 'n biddag uitgeskryf wordGa naar voetnoot6), die genadeslag toegedien het. Die berigte in verband met die afsluiting van T.N. en V. deel ons tenslotte heelwat leersaams mee. Die eerste berig in Maart luiGa naar voetnoot7): ‘In den loop dezer maand zal aan den Schouwburg (Liefhebbery Tooneel) per publieke vendutie worden verkocht al de uitmuntende en door de beste kunstenaars ... alhier, vervaardigde meubelen en Decoratiën, bestaande in Achterdoeken, Coliezen, Friezen met derzelven lynen Rollen enz., almede de prachtige en kostbare Costumes en uitgezochte Collectie Komedieboeken, toebehoorende aan... T.N. en V. Om deze gelegenheid voor de jonge Liefhebbers van het ToneelGa naar voetnoot8) zoo gunstig mogelyk te maken zal inmiddels het bovenstaande tegen een billyken prys uit de hand te koop zyn... Byzonderheden... by J. Stigling, opzigter van den Schouwburg’. Tog het dit met die verkoop nie vlot gegaan nie. In JunieGa naar voetnoot9) word berig, waarskynlik naar aanleiding van dergelike opgekome aansprake: ‘Alle degenen welke eenig regt vermeenen te hebben op de Theatre Costumes, gouden Epauletten, Tressen, Sabels, Degens, en een drie honderd tal meest geliefde Toneel-, Bly- en Treurspelen, toebehoorende aan T.N. en V’ kan dit voor 25 deser by Onderget. afhaal ‘tegen betaling van achterstallige Kamer-huur penningen’. So nie sal alles verkoop word op sy kommissie vir rekening van wie dit aangaan. Tenslotte vind hierdie vandiesie op 1 JulieGa naar voetnoot10) plaas. Onder opskrif ‘Geen Komedie meer!’ word geadverteer dat ‘aan | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 251]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
den gewezen Schouwburg op het Boerenplein... by publieke veiling, zullen worden verkocht, alle de prachtige Decoratiën, toebehoord hebbende aan het Tooneellievend Gezelschap T.N. en V.’ Hiermee neem ons tot 1842 afskeid van T.N. en V. Dan herleef dit weer. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
c. Door Yver Vruchtbaar.Hierdie geselskap was naar alle waarskynlikheid 'n vertakking van T.N. en V. Immers sy Toneelmeester was J.G. Tredoux, voorheen van T.N. en V. Onder 22 Augustus 1826Ga naar voetnoot1) word aangekondig: ‘The new established Dutch Amateur Company (Door Yver Vruchtbaar) will perform on the 9th September.’ Die geselskap geniet die patronasie van die Lt.-Goewerneur en voer opGa naar voetnoot2): Het Schandmerk, of De Twee Galeiboeven, (Boirie, Carmouche & Poujol, vertaal deur de Quack), Tsp. in 3 Bed. met dans, en Getrouw tot in den Dood, Bs. in 2 Bed. van M. Westerman, mede met dans. Goewerneur en famielie sal aanwesig wees. Lootjies by 4 Keeromstraat, d.w.s. by die woonplaas van J.G. TredouxGa naar voetnoot3). Tredoux was dus nie meer aan T.N. en V. verbonde nie; meer nog, hy stig 'n aparte geselskap. Daar moes duidelik iets onaangenaams gebeur het waarin Tredoux die verliesende party was, anders sou hy nie tot sulke skerpe opposiesie oorgegaan het nie. 'n BriefGa naar voetnoot4) wat direk na die voorstelling verskyn versterk hierdie vermoede. Duidelik blyk daaruit die bestaan van kwaadwilligheid teen Tredoux. Die skrywer noem homself ‘Een vriend van de Goede Orde’ om dadelik verklaarbare redes, en sê: ‘Ik heb... in den Schouwburg een genoeglyk avond doorgebragt; het nieuw... gezelschap D.Y.V. heeft alle pogingen aangewend, om het publiek zoo door hun debuteeren als dansen te voldoen, waarin zy ook wel geslaagd zyn. ‘Tog moet hy sy verwondering te kenne gee ‘over den Direkteur, die gedurende twintig jaren zoo kiesch was’ in sy toelating van twyfelagtige indiwidue tot bywoning, dat hy diè houding eensklaps laat vaar het, aangesien daar soveel onfatsoenlike persone aanwesig was. ‘Ik wil echter gelooven dat de Direkteur er geen schuld aan heeft, en den een of ander (zeker geen zyner vrienden) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 252]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
hem deze kool heeft gestoofd, door verkeerde namen op te geven; ik hoop intusschen dat hy deze waarschuwing ten beste zal duiden, wil hy ten minste fatsoenlike lieden by zyn vertooning hebben’. In antwoord op hierdie briefGa naar voetnoot1) sê J.G. Tredoux, dat hy voort sal gaan om sy goeie naam te behou. Die voorval was toe te skrywe aan mense wat verkeerde name opgegee het en aan die ‘zilvere lootjes der proprietairen’. In die vervolg sal goed opgepas word. Op 28 OktoberGa naar voetnoot2) word opgevoer De Broeders, Tsp. in 5 Bed. van Kotzebue, en Het Glas Water, Bs. in 2 Bed. van von Guttenberg. Met die Lt.-Goewerneur se permissie i.p.v. patronasieGa naar voetnoot3) word op 31 Maart 1827Ga naar voetnoot4) opgevoer: De Verzamelaar, of De Onverwachte Ontmoeting, Tsp., Origineel Hollands, en Pachter Veldkomyn van Tippelskerken, of Het door List verbroken Huwelyk, Bs. in 5 Bed. van Kotzebue. Hiermee verdwyn die KaapseGa naar voetnoot5) D.Y.V. vergoed gedurende hierdie tydperkGa naar voetnoot6). Sy bloei was gering. Het die onaangename gebeurtenis by die eerste voorstelling van meet af 'n skadewee gewerp oor die geselskap se verdere bestaan? Die onverstoorde voortbestaan van T.N. en V. maak waarskynlik dat, vir sover wel, nie die beste kragte van T.N. en V. met Tredoux meegegaan het nie. Bowendien verkeer juis sedert eind 1826 Tredoux in haglike finansiële omstandighedeGa naar voetnoot7), wat van groot invloed op die loop van omstandighede moes gewees het - miskien selfs sy leiding van die deeglike, deftige T.N. en V. gekos het. Het, na begin 1827, die kragte van D.Y.V. weerGa naar voetnoot8) opgegaan in T.N. en V? Later bestaan daar ook 'n gelyknamige geselskap in Stellenbosch. Het een en (of) anderGa naar voetnoot9) van die Kaapse geselskap in Stellenbosch tereggekom en die stoot gegee tot die oprigting van die geselskap daar? Naar die antwoord val alleen te gis. Die waarskynlikheid van soiets is egter nie uitgeslote nie. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 253]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die oorslaan van die tooneelvuur van Kaapstad naar Stellenbosch lewer verder 'n belangwekkende stukkie toneelgeskiedenis op. Dieselfde organisasie word in Stellenbosch teruggevind; dieselfde soort, en dikwels name, van stukke. Gelyktydig met die grote bloeityd in Kaapstad tussen 1830 en '40, bereik Stellenbosch syne (1833-'38). | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
d. Stellenbossche Liefhebberytoneel.Ga naar voetnoot1)Reeds 1829 het die eerste toneelkuns sy verskyning in Stellenbosch gemaak. Dis 'n verder bewys van die logiese samehang wat dikwels tussen wedrenne, bals en toneel as vermaaksoorte bestaan het. Tegelykertyd toon Stellenbosch reeds 'n godsdienstig-onverdraagsame kant wat hom in die verre toekoms meer sal kenmerkGa naar voetnoot2). 'n Korrespondent verhaal onder ‘Stellenbosch’Ga naar voetnoot3): ‘Op l.l. Zaterdag den 25 April werden wy vereerd door het zien vertoonen van een Tooneelstukje in het Turfclubhuisalhier, hetgeen geheel nieuw voor ons was, daar wy zeker hadden gedacht, dat zulks in deszelfs geboorte zoude zyn gesmoord gewordenGa naar voetnoot4), - dan eendragt magt makende, wierd het doorgezet door een klein aantal voorstanders, aangemoedigd door den WelEdelen Heer Van Pyneveld, - en aan de verwachting wierd ten vollen beantwoord. Het Tooneel, prykende met eene schoone zinspreuk, deed onze verbeelding stadswaarts leiden. Eene kleine toepasselyke prologue werd door een der Amateurs uitgesproken, waarby de toegevendheid der aanschouwers in hunne beoordeeling, daar de meeste liefhebbers nimmer een Tooneel betreden hadden (dus wel sommige reeds - in Kaapstad?), werdt verzocht, en bevatte verder eenige aanmerkingen over de zinspreuk, waaruit wy het volgende slechts herinneren. 'Tooneelkunst, steeds bemind, geëerd en aangebeden,
Door elk wien zuivere smaak bestiert, -
Die d'echte wysgeer roemt, wier schoon tot baak der zeden
Ter vorm van 't jeugdig hart, weleer beoefend wierd.
Die in oud Romes wal, met hellen luister bloeide,
Den Vader der welsprekendheid,
By grooten Roscius ter leerschool heeft geleid -
En 's Burgemeesters hart aan dat des spelers boeide.
Laat dweepzucht, dan 't Tooneel vervloeken,
De Wysgeer zal toch steeds een baak in 't zelve zoeken.'
(Dit word ons helaas nie meegedeel wat die sinspreuk was nie. - F.B.). | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 254]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
De kleeding en decoratiën verwierven algemeene goedkeuring. Het stukje De Verstrooying (De Verstrooiden van Kotzebue bedoel?) heeft deszelfs goede uitwerking grootelyks te danken aan I. Otjes naive uitdrukkingen en onbewimpelde houding, - haar minnaar beantwoordde ook, - zoo mede onze verstrooyde Kapt. Menghoorn, - in een woord, alles voldeed - en de gulle toetreding van het muzikaal Gezelschap hetwelk grootelyks toedroeg tot de genoeglyke uitspanning van dien avond zal steeds gewaardeerd blyven.’ Het die geselskap langer voortbestaan, waar ons nie van weet nie? Miskien. As in 1833 weer met speel begin word, gaan die voorstelling uit van ‘ Het Nieuw (ek kursiveer - F.B.) Stellenbossche Toneel Gezelschap Door Yver Vruchtbaar’Ga naar voetnoot1), onder patronasie van D.J. van Ryneveld, die Siviele Kommissaris daar.Ga naar voetnoot2) Dan begin ook die grote bloeitydGa naar voetnoot3). Die eerste vermelde voorstelling het in die ‘Schouwburg’Ga naar voetnoot4) plaasgevind op 28 September 1833Ga naar voetnoot5) - op Saterdag, soos in vervolg - met: Charlotte Blandford, of De Wedergevonden Vader, Tsp. in 2 Bed. deur M.G. Engelman, en De Dochter van Pharao, Ks., in 2 Bed. deur Kotzebue (vertaal deur v. Esveldt Holtrop). Op 26 OktoberGa naar voetnoot6) volg De Kluizenaar op Formentera (Kotzebue), Tsp. in 2 Bed., en De Listige Weduwe, of De Temperamenten (Kotzebue), Bs. in 1 Bed. Die laaste voorstelling van die jaar, 'n weeropvoering van die voorafgaande, op besondere versoek, vind plaas op 2 NovemberGa naar voetnoot7). Dit pleit vir die sukses van die vorige keer. Uit 1834 is drie voorstellinge bekend. Hulle vind plaas in die ‘(Stellenbossche) Liefhebbery Tooneel - (Stellenbosch) Amateur Theatre.’ Die eerste op 31 MeiGa naar voetnoot8) was met De Onechte Zoon, Tsp. in 5 Bed., en De Spraakelooze (vertaal deur v. Esveldt Holtrop), Bs. in 1 Bed., beide naar Kotzebue. Op 26 JulieGa naar voetnoot9) volg Menschenhaat en Berouw, ‘zeer beroemd Tooneelspel’ van Kotzebue, en De Man naar de Klok, (von Hippel, vertaal deur Maas), Klugtige Bs. in 1 Bed. Die ‘laatste Representatie in dit Saizoen’ van ‘het Hollandsche Tooneellievend en Vereenigd Muzyk Gezelschap... | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 255]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
D.Y.V. (Ten voordeele van het Muzyk Gezelschap)’ vind plaas op 8 NovemberGa naar voetnoot1) met De Twee Vrymetselaars, Tsp. in 3 Bed., naar die Frans (Pelletier Volméranges, vertaal deur v.d. Vyver, en 't Zal laat Worden (Meyer), Bs. met sang. Uit 1835 is alleen èèn voorstelling bekend, ‘Ten voordeele van de Noodlydenden aan de Grenzen’ vanweë die Kafferoorlog, soos ook die ander Kaapse geselskappe liefdadigheidsvoorstellinge gegee hetGa naar voetnoot2). Die voorstelling vind plaas op 7 MaartGa naar voetnoot3), weer deur die Verenigde Toneel en Musiekgeselskap, met Elize van Wallenthorst (anoniem), oorspronklike Hollandse Tsp. in 3 Bed., en De Brandschatting, Bs. in 2 Bed. naar Kotzebue. Dat nie meer gespeel word nie sal waarskynlik aan die tydsomstandighede, die Kafferoorlog, gelê het. In 1836 vind D.Y.V. - sonder musiekgeselskap - sy gewone koers met drie voorstellinge. Hulle vind plaas op 4 JunieGa naar voetnoot4): De Ring (Schröder), Tsp. in 3 Bed., en De Wonder Doctor (Molière), Klugtige Bs. in 3 Bed. 23 JulieGa naar voetnoot5): Eleonora(e) van Rosalba, of De Puinhopen van Paluzzi (naar die Frans van Pujos en Dabaytua, vertaal deur Kisselius), Tsp. ens. ‘met geheel nieuwe decoratien en costumes’, en die ou gunsteling 't Zal laat Worden (Meyer), Bs. met sang. 29 OktoberGa naar voetnoot6): De Graaf van Waltron, of De Subordinatie ens. (Möller), en De Helleveeg, Kl. Bs. in 1 Bed. deur A. Loosjes. Hierna begin die kennelike agteruitgang van D.Y.V. Uit 1837 is alleen twee voorstellinge bekend: op 29 AprilGa naar voetnoot7), die eerste met Armoede en Grootheid, Tsp. in 3 Bed. naar Kotzebue, en Ephraim, of De Bedrogene Jood, Ks. in 1 Bed.; op 19 AugustusGa naar voetnoot8) Dertig Jaren, of Het Leven van een Dobbelaar, (Ducange & Dinaux, vertaal deur Fallée), Tsp. ens.,Ga naar voetnoot9) en De Uniformrok van den Veldmaarschalk Wellington, Bs. in 1 Bed. In 1838 volg die laaste vermelding van D.Y.V. Op Woensdag 24 OktoberGa naar voetnoot10) voer die geselskap, verenig met die musiekgeselskap, 'n oubekende op: Eleonora(e) van Rosalba (Kisselius); verder Uilenspiegel (Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop), Ks. in 1 Bed. Gelyktydig dus met die ondergang van toneel aan die Kaap, gaan die toneel op Stellenbosch dieselfde weg. Die redene sal analoog gewees hetGa naar voetnoot11). 'n Herlewing in die volgende tyd- | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 256]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
perk, soos in Kaapstad, bly egter uit. Later in die 19de eeu sal toneel weer sterke kerklike teenstand in Stellenbosch ondervindGa naar voetnoot1). | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
e. Kindergeselskappe.Dis 'n nuwigheid wat in die eerste plek te danke is aan die inisiatief van J. Suasso de Lima. Bekend is die deelname van kinders aan ballette en pantomiems in die voorafgaande tyd, veral voor 1815. 'n Enkele maal het 'n kind as groot seldsaamheid in toneelstukke opgetree. Gedurende 1810 en 1811 was daar selfs 'n geselskap ‘Jonge Toneel (en Dans) Liefhebbers’Ga naar voetnoot2). Maar suiwer kindergeselskappe, soos hier, het nie tevore bestaan nie. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
1. Tot Oefening en Smaak.Die eerste kindergeselskap is van 1825-'26, en afgesien van de Lima, kan ons die persoonlikheid daarin, en waarskynlik die daadwerklike deelname van J.G. Tredoux daaraan, sien. Om mee te begin, is die direkteur van die geselskap - nominaal tenminste - niemand anders nie as J.G. Tredoux Jr. Dat in hierdie keuse die bekende naam 'n rol sal gespeel het, spreek vanself. Die kinderpsigologie laat ons bes begryp dat Tredoux Jr. ook graag die taak sou wil aanvaar, en die voorbeeld van sy vader navolg. Tegelykertyd is dit vanselfsprekend dat die inisiatief en leiding van volwassenes daaragter moet gesoek word. Kinders kom nie vanself tot sulke onderneminge nie. Nou blyk die ‘auctor intellectualis’ spoedig de Lima te wees, toe hoofonderwyser van die Evangeliese Lutherse Skool; maar dat Tredoux Sr. met de Lima sou saamgewerk het, lê voor die hand. Temeer val dit aan te neem met die oog op die persoonlikheid van de Lima. Wat ook al sy bekwaamhede was, hy kon beswaarlik 'n ervare regisseur gewees het. Seker was de Lima wat die Kaap betref, 'n nuweling op die gebied van toneel. In teenstelling was Tredoux Sr. 'n egte ‘ou rot.’ Maar waarom sou de Lima en Tredoux juis tot kindertoneel en in hierdie tyd gekom het? Die aanleiding moet gesoek word in die heftige vyandskap wat 'n poos tevore openlik tussen de Lima en Boniface ontbrand hetGa naar voetnoot3). Dat Tredoux meewerk is dadelik verklaarbaar uit die skerp wedywering wat tussen Honi en T.N. en V. bestaanGa naar voetnoot4). Boniface het veral in 1825 geweldig sukses met sy kinderballette ingeoesGa naar voetnoot5). | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina t.o. 256]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
(Foto A. Elliott, Kaapstad).
Karkatuurvoorstelling van J. Suasso de Lima. (Met vriendelike toestemming van kol. Rose, Kaapstad). | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina t.o. 257]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
(Foto A. Elliott, Kaapstad).
Portret van J. Suasso de Lima in Vrymesselaarsdrag. (Met vriendelike toestemming van kol. Rose, Kaapstad). | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 257]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Dis duidelik, dat die beste manier om hom te oortroef sou wees om kinders nog meer te laat presteerGa naar voetnoot1). Hiertoe het de Lima se skoolmeesterskap, en Tredoux se toneelervaring, 'n pragtige geleentheid gebied. Voor ek die lotgevalle van die kindergeselskap bespreek is dit nodig om eers die lewe en persoon van de Lima na te gaan.
Joseph Suasso de Lima is gebore in Amsterdam op 27 Junie 1791Ga naar voetnoot2). Van Portugees-Joodse afkoms het hy reeds op jeugdige leeftyd in vrye oortuiging naar die Kristendom oorgegaan en lid geword van die Nederduits Hervormde KerkGa naar voetnoot3). Hy het in die regte gestudeer en op baie jeugdige leeftyd daarin gepromoveer. 'n Paar jaar lang het hy sy beroep in Amsterdam uitgeoefen. In 1816 vertrek hy naar Nederlands Oos-Indië as amptenaar ‘in dienst van den geliefden en dierbaren Koning der Nederlanden’Ga naar voetnoot4). Sy vrou vergesel hom en beval onderweg van 'n dogtertjieGa naar voetnoot5), wat egter korte tyd na hul aankoms in Batawië sterfGa naar voetnoot6). De Lima se loopbaan in Indië was kort en roemloos. Die Hoë Raad van Justiesie het spoedig rede gesien om hom te skors in sy amp op grond van misbruik van dokumente aan hom toevertrou. Ons kan hierin miskien 'n eerste van die reeks ongelukke sien wat de Lima deur sy hele lewe trou agtervolg het, ongelukke meer 'n gevolg van verkeerde as misdadige handelwyseGa naar voetnoot7). De Lima besluit om naar die Kaap te gaan. Onder 8 Augustus 1818 verskyn die volgende berig van hom in die Kaapsche Courant: | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 258]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
‘De ondergetekende, door Zyne Excellentie den Gouverneur als Beëdigd Translateur alhier toegelaten zynde, zoo biedt hy deszelfs dienst aan tot het vertalen van in de Hebreeuwsche, Grieksche, Latynsche, Arabische, Maleische, Chineesche, Malabaarsche en andere oostersche talen, zoo ook in het Fransch, Spaansch, Hoog- en Nederduitsch en zal hy door deszelfs aan den dag te leggen yver, de achting der inwoneren en vreemdelingen trachten te verdienen. Dis 'n advertensie wat inderdaad 'n baie goeie idee gee van de Lima se uitgebreide talekennisGa naar voetnoot1), alleen miskien bietjie oordrewe wat betref die oosterse tale. Met sulke en met ander literêre werk het de Lima aanvanklik sy brood verdien. Hy gee werke by intekening uit en word so ongeveer die erkende geleentheidsdigter, privaat en publiek, van die KaapGa naar voetnoot2). Hy kondig reeds November 1818Ga naar voetnoot3) by intekening aan: De Groote Dichters, Ongelukkig Leesboek, vry gevolg naar die Frans met 'n voorrede oor ‘'t Voortreflyke der Dichtkunst.’ In 1821 verskyn in AmsterdamGa naar voetnoot4) ‘Voor Reekening van den Dichter’ 'n bundel Gedichten opgedra aan hoofregter sir J.A. Truter. Daar kom o.a. allerlei geleentheidsgedigte in voor. Tot uitgawe, sê de Lima, het hy gekom op aandrang van sy weldoeners, wat iets van sy ‘letteren’ verlang het. Reeds vroeër het hy letterkundige werk gedoen: onder Napoleon drie naamlose werkies geskrywe, en in 1814 en 1815 vertalinge van ‘geschiedenissen, alsook van werken van smaak’ gemaak. Die beoordeling hiervan was goed. Hy was verder lid van ‘verscheidene letterkundige kringen zoo te Amsterdam als elders.’ Tot hernude letterkundige beoefening het hy na 1816 eers deur meer vrye tyd aan die Kaap gekom. In 1821Ga naar voetnoot5) bied H. Terhoeven 'n paar eksemplare aan van 'n Hollandse gedig (2 dele) deur de Lima. Watter gedig bedoel word, een van die reeds genoemde of 'n nuwe, weet ek nie. In 1822 verskyn, ook by intekening, Raymond, naar die Frans deur de Lima, by N. Cotray, Amsterdam. De Lima se voorberig is 'n warme pleidooi vir die ‘gastvrye en geliefde menschenvrienden’ aan die Kaap. Hy kom op teen die reisbeskrywers wat die Kapenaars as ‘onheusch en | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 259]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
onbeschaafd’ voorstel. Hy hoop nog vurig om naar sy dierbaar vaderland, Nederland, terug te keer. (Dit het 'n ydele hoop geblyk - F.B.). Origens is Raymond 'n tiepiese kort sentimentele roman van die tyd. Begin 1823Ga naar voetnoot1) word de Lima aangestel as skoolmeester van die Evangeliese Lutherse Hoofskool aan die Kaap, 'n skool vir blankes van Lutherse oortuiging. Hierdie skoolmeesterskap was die aanleiding tot de Lima se Geschiedenis van de Kaap de Goede Hoop, reeds 1824 aangekondig, maar eers 1825 verskyn. Die boekie is in vraag en antwoord vorm. Die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch TydschriftGa naar voetnoot2) sê daarvan dat ‘op byna elke bladzyde... eene absurditeit of onwaarheid’ staan. Dit is ‘kreupel geschryf... beneden alle critic’. Hierdie kritiek is eensydig. Die boekie getuig m.i. van 'n gesonde pedagogiese opvatting vir sy tyd. Vorm en inhoud maak dit baie bevatlik vir die kindervermoë. Dis bowendien pionierswerk, 'n eerste geskiedenisboek vir skole in Suid-Afrika. Vir ons tyd is dit van besondere waarde om allerlei kultuur-historiese mededelinge uit daardie tyd, wat daarin voorkom. In dieselfde jaar 1823 wat sy skoolmeesterskap begin, vind ons de Lima op toneelgebied in samewerking met Boniface. Hy vertaal L'Enragé van Boniface as De DolzinnigeGa naar voetnoot3) en dit word opgevoer. Die vriendskap was van korte duur. As konkurrente op gebied van onderwys, maar veral van letterkundeGa naar voetnoot4), het felle vyandskap tussen die twee ontstaan. Hieraan sal Boniface se eienaardige temperament sonder twyfel die meeste skuld gehad het. Dit lyk bowendien of Boniface homself aan growwe ondankbaarheid teenoor de Lima skuldig gemaak hetGa naar voetnoot5). Met 'n betreklik onskuldige gedig Teleurgesteld van de Lima in die South African Chronicle van Oktober 1824, het die vyandskap tot 'n uitbarsting in die openbaar tussen die twee gekom. Talryke bytende en persoonlike hekelskrifte het heen en weer gevlieg, waarin de Lima, deur sy grotere mate van selfbeheersing en deur sy meer gegronde en hoërstaande kritiek op Boniface, miskien die beste daarvan afgekom hetGa naar voetnoot6). Tot 1826 het die eerste ronde in hierdie stryd geduur. In die lig van hierdie skoolmeesterskap en stryd met Boniface moet de Lima se kindertoneel (1825-26) gesien wordGa naar voetnoot7). Die kindertoneel het ook 'n ander onverwagte gevolg gehad. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 260]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
In die Neaerauitsch Zuid-Afrikaansch TydschriftGa naar voetnoot1) word beswaar gemaak teen die s.g. verderflike sedelike uitwerking van sulke toneel op kinders. De Lima het dit toe verdedig in 'n brosjure Iets over het Dansen, en Toneelspelen (1825), en miskien in 'n gedig Het Gebruik en Misbruik der Tooneelliefhebberyen. Maar met die geselskap was dit gedaan. Hoe lang de Lima onderwyser aan die Lutherse Skool gebly het, weet ek nie. In Mei 1826Ga naar voetnoot2) was hy dit nog. In 1825 verskyn 'n geleentheidsgedigGa naar voetnoot3) van de Lima oor die koms van die s.s. Enterprize, die eerste stoomboot aan die Kaap; en mede in verband hiermee: Het Stoomvaartuig: deszelfs beschryvingGa naar voetnoot4) ens., Kaapstad 1825. In Januarie 1826Ga naar voetnoot5) het de Lima met De Verzamelaar begin, 'n weekblad in Hollands. Beoog word om die ‘opkomenden letterbloei’ te bevorder. ‘Godgeleerde en staatkundige gevoelens’ word onaangeroer gelaat; ‘loutere waarheidsliefde, onderwys en nut’ nagestreef. Met hierdie blad volg de Lima op die voetspore van Fairbairn en Bridekirk, en word die vader van die Hollands-Afrikaanse koerantewese. De Zuid-Afrikaan in 1830 is 'n regstreekse voortsetting van die begin deur de Lima gemaakGa naar voetnoot6). Dit het egter moeilik gegaan. Die bestaan van De Verzamelaar was baie sukkelendGa naar voetnoot7). 'n Nuwe stoot het die blad gekry toe die ou Kaapsche Courant tot Cape of Good Hope Government Gazette omgedoop en van formaat en inhoud verander word. Ontevredenheid oor die verengelsing en die ander veranderinge het onder die Hollandssprekendes ontstaan. De Lima het die geleentheid aangegryp om van 1 Januarie '27Ga naar voetnoot8) sy blad die Kaapsche Courant, Afrikaansche Berigter, of De Verzamelaar, te noem, en die ou formaat van die Kaapsche Courant daaraan te gee. Al gou was dit egter dieselfde sukkelstorie oorGa naar voetnoot9). In 1830 kom De Verzamelaar deur de Lima se vyande tot 'n end, en word De Zuid-Afrikaan op die puinhope daarvan opgerig. Verskeie kere daarna probeer de Lima De Verzamelaar te laat herleefGa naar voetnoot10), maar met weinig sukses, uitgesonderd waarskynlik van 1843-47 (8?). Ook andersins was die lewe van de Lima tussen 1826 en 1830 vol wederwaardighede. In 1826 begin hy'n Nederduitse | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 261]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
LeesboekeryGa naar voetnoot1), die eerste van sy soort aan die Kaap. Hiermee sal dit nie veel beter as met sy Verzamelaar gegaan het nie. Op 30 Maart '27Ga naar voetnoot2) word ‘uitgelezene boeken’ van hom deur die sekwester verkoop. Met allerlei mense raak hy in moeilikheid, veral deur die persoonlikhede in sy koerantGa naar voetnoot3); ook om ander redesGa naar voetnoot4), veral geldelike, sodat hy selfs met aanranding bedreig wordGa naar voetnoot5). De Lima se gedurige geldelike moeilikhede was eintlik die grondoorsaakGa naar voetnoot6) van al sy swarighede. Dit was 'n wedersydse opdrukkery van belang vir skuld tussen hom en andere, waardeur hy dikwels in hofsake gewikkel wasGa naar voetnoot7). Met die ‘lieve echtgenote’ wat hom in 1819 aan die Kaap weer 'n dogter geskenk hetGa naar voetnoot8), en wat hy so dikwels in sy gedigte besing het, loop dit mis. In 1828Ga naar voetnoot9) moet hy kennis gee dat hy geen aanspreeklikheid vir skulde deur Gertruida Bakker gemaak, erken nie, daar hy reeds byna drie jaar gelede van haar het moes afsien ‘wegens haar uitnemend slecht gedrag.’ Die grootste smaad van sy lewe moes de Lima egter die volgende jaar ondervind. Op 19 Desember 1829Ga naar voetnoot10) word hy tot 'n maand tronkstraf veroordeel weens diefstal. Die uitspraak wek by my die indruk van 'n tegniese bevinding, geforseer deur de Lima se vyande. Misdadige opset ontbreek m.i. Ook de Lima troos hom met ‘Le crime fait la honte et non pas l'échafaud’. Ek kan origens nie merk dat die veroordeling hom maatskaplik of andersins enige kwaad gedoen het nie. Die publiek sal dus van dieselfde mening gewees het. Intussen was de Lima ook in 'n skuldaksie veroordeelGa naar voetnoot11). | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 262]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Op 6 Maart 1830Ga naar voetnoot1) is hy finaal insolvent. Uit hierdie insolventskap het die gewelddadige toeeiening van de Lima se drukpers ens. deur P. van Breda voortgevloeiGa naar voetnoot2), 'n toeeiening wat geboorte gegee het aan De Zuid-Afrikaan as opvolger en voortsetter van De VerzamelaarGa naar voetnoot3). Per slot van rekening behou van Breda die pers maar moet skadevergoeding aan de Lima betaal. Boniface, eerste redakteur van De Zuid-Afrikaan, sal stellig 'n hand in hierdie geskiedenis gehad het. Die volgende jare sien grote literêre bedrywigheid aan die kant van de Lima. Geleentheidsgedigte is besonder aan die beurt. Blykbaar was de Lima se bestaan moeilik. Einde 1830Ga naar voetnoot4) verskyn Gedenkschrift ter Herinnering aan het Vyftig-jarig Bestaan der Evangelische Luthersche Kerk aan de Kaap. Sedert 1832 verskyn sy Almanakke - by uitstek Hollands, in teenstelling met die Engelse van Greig en later van van de Sandt - wat tot omstreeks 1840 voortgesit wordGa naar voetnoot5). Einde Desember 1832Ga naar voetnoot6) verskyn: Eene Verzameling Hollandsche, Engelsche en Hoogduitsche Gezelschaps Liederen, benevens... drinkconditien...’ vir oujaarsdag ens. Daar volg: Ter Herinnering aan... het Leggen van den Hoeksteen der nieuwe Nederduitsche Hervormde Kerk in de Kaapstad op den 18 April 1833: op Verzoek tezamen gebragtGa naar voetnoot7); 'n pamflet De Stad en het Kasteel van AntwerpenGa naar voetnoot8) - toe natuurlik op die voorgrond deur die Nederlands-Belgiese vraagstuk; Waar... Rapport van 't Gebeurde... op de publieke byeenkomst... op de Beurs op... 8 Oktober 1834Ga naar voetnoot9). Vermoedelik het de Lima weer 'n eie pers bemagtigGa naar voetnoot10), want Januarie '34Ga naar voetnoot11) kondig hy nogmaals De Verzamelaar as maandwerk aan. In Julie 1835 verwelkom die Literary Gazette weer die herlewing. Was De Verzamelaar intussen doodgegaan of nog altyd nie herleef nie? By de Lima word evenwel in 1834 allerlei gedruk en uitgegeeGa naar voetnoot12). Van homself kondig hy 'n pamflet met 'n teks as opskrif, teen ‘zekere lasterzieke’ persone aanGa naar voetnoot13). | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 263]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
In 1835Ga naar voetnoot1) begin hy 'n ‘Boek-, Papier- en Prentenwinkel’, Kerkstraat 30, dikwels verryk met die predikaat ‘Hollandsch en Uitheemsch’Ga naar voetnoot2), wat hy jarelank het en waarmee dit selfs 'n tydlang besonder goed gaan. Ook boekbindery word gedoen. Hy kom tot 'n twede winkel in 1838Ga naar voetnoot3) en brei uit tot 'n ‘Zuid Afrikaansche Bazaar en Boekwinkel’ in 1839Ga naar voetnoot4), met 'n leeskamer daarby. Selfs De Verzamelaar maak weer sy verskyning in '39Ga naar voetnoot5). Tot 1840 gaan alles goed. In die boekhandel is hy gewoonlik in maatskappy met die juffroue Theron. Intussen moes de Lima 'n hele boel van die gewone moeilikhede ten opsigte van Boniface en geldsake deurmaak. Ons het gesien dat in 1828 de Lima sy vrou reeds drie jaar tevore verlaat het weêns haar slegte gedragGa naar voetnoot6). Hy het vermoedelik direk daarna by die juffroue Theron, Anna Catherina en Magdalena, gaan inwoon. Magdalena (Leentje) was in besonder sy goeie vriendinGa naar voetnoot7). Dit lyk my onwaarskynlik om enige kwaad in hierdie verhouding te sienGa naar voetnoot8). Die Therons, ook die manlike lede, skyn besonder goeie en troue vriende van de Lima te gewees hetGa naar voetnoot9). Hoe dit sy, hierdie saamwonery het tot baie lasterpraat aanleiding gegee. In Clasius van Boniface, in 1834 opgevoer, | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 264]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
word die spot met de Lima en sy ‘meesteres’, op weinigverhewe of kunssinige wyse, fel-persoonlik gedryweGa naar voetnoot1). Dis hierna in November 1834, wat de Lima sy pamflet teen sekere lastersieke persone aankondigGa naar voetnoot2) met 'n teks, Ps. 52, Vs. 4 as opskrif: ‘Uwe tong denkt enkel schade, als een geslepen scheermes, werkende bedrog.’ In November 1835 is de Lima weer geassosieer met 'n kindergeselskap, in so ver tenminste, dat hulle 'n stuk van hom, Aballino Junior, opvoer. In hierdie opvoering moet ons weerwraak sien op Boniface se ClasiusGa naar voetnoot3). In 1836 kom hierdie vyandelikhede tot 'n hoogtepunt en word de Lima se karakter skitterend gehandhaaf. Eers val egter die dood van de Lima se vrou te vermeld. Onder 1 April '36Ga naar voetnoot4) wordt berig: ‘Overleden - Geertje Bakker van Texel in Noord-Holland, oud 55 jaren en 10 maanden. Huisvrouw van Mr. J. Suasso de Lima.’ Wat van haar kind geword het, weet ek nieGa naar voetnoot5). Kort hierna gee sekere J.J. de Kock, een van Boniface se konfraters en o.a. sekretaris van Boniface se geselskap Vlyt en KunstGa naar voetnoot6), 'n liedereboek uit, waarin hy op beledigende wys die spot dryf met de Lima en sy vriendinne, in besonder een daarvan. Na die gewone voorafgaande haatlikhede in die koerante tussen de Kock en ClasiusGa naar voetnoot7), word de Kock in 'n geregsaakGa naar voetnoot8), deur een van die dames Theron ingestel, tot skadevergoeding veroordeelGa naar voetnoot9), en ontvang bowendien 'n strenge veroordeling van die regter. Intussen probeer Boniface en Ley in Mei 1836 om de Lima vir skuld gevange te set. Die poging mislukGa naar voetnoot10). 'n Soortgelyke poging van v.d. Berg in Februari 1837 ondergaan dieselfde lot. Wat meer is, de Lima verkry in 'n teenaksie sy rehabilitasieGa naar voetnoot11). In April 1837 is de Lima en de Kock nog altyd aanmekaar. Iemand, blykbaar de Kock, het 'n brief aan die Commercial Advertiser geskryf oor die saak waarin de Lima c.s. gelyk gekry het vir beledigingGa naar voetnoot12). De Lima weerlê hierdie brief, m.i. oortuigendGa naar voetnoot13). Vervolgens kondig de Kock 'n antwoord aan teen die ‘scandalous lie’ van de LimaGa naar voetnoot14). Ek kan egter hierdie antwoord nie vind nie. Hierna was die ergste verby. Met de Lima se boekhandel | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 265]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
gaan dit goed. Hy teken selfs op allerlei lyste vir geskenke, ens. inGa naar voetnoot1). Apart van sy prente, jaarboekies, ens.Ga naar voetnoot2) verskyn nog van de Lima tot 1839: 1835. Huisbraken en diefstallen in de KaapstaaGa naar voetnoot3). 1836. Verzameling Gezelschapsliederen, ens.Ga naar voetnoot4) 1837. De Zwervende Jood. Tooneelspel, in 5 delen. Uit het Fransch vertaald door J. Suasso de Lima, in de Kaapstad, 1837Ga naar voetnoot5). 1838. Welkomsgroet aan Z.K.H. Prins Willem Frederik Hendrik van Oranje - by geleentheid van sy besoek in die Bellona aan die KaapGa naar voetnoot6). Van 1840 gaan dit slegter met de Lima. Aanhoudend wissel hy van adresGa naar voetnoot7). In 1846 word 'n versoek van sekere Brink om de Lima insolvent verklaar te kry, afgewys omrede dat de Lima reeds in sekwestrasie isGa naar voetnoot8). Origens word De Verzamelaar tot 1848 genoem. Dit ontvang selfs lof. Chase noem dit ‘a useful paper for the DutchGa naar voetnoot9).’ Van 1844-47 word de Lima in die Almanak spesiaal vermeld as ‘editor and proprietor of the Verzamelaar newspaper’. Miskien het dit in 1849 Het VolksbladGa naar voetnoot10) geword. De Lima is later aan hierdie blad verbonde en sedert 1850 heet hy nie meer drukker nie. Verder heet hy met meer of minder veelvuldigheid in hierdie jare ‘sworn translator and book-binder,’ en van 1848 ‘bookseller’. Die dames Theron en de Lima bly saamwoon, en waar hy nie as boekverkoper vermeld word nie, heet dit soms van hulle dat hulle 'n ‘Stationery and Book Warehouse’ hetGa naar voetnoot11). Vanaf 1850 heet de Lima ‘stationer and bookseller’, soms met ‘sworn translator’ vermeerder. Intussen tree de Lima in 1848 ook as een van die kaartjesverkoopers en as souffleur van die Franse geselskap opGa naar voetnoot12). Die laaste jare van de Lima se lewe moes rustiger gewees het as voorheen. Hy was toe werksaam op Het Volksblad. Van sy hand het verskyn sedert 1840Ga naar voetnoot13): 1840. Nieuwe Geaichten. Kaapstad. 1844. De Taal der Kapenaren tegen de schandelyke aanranding derzelve van Prof. Changuion. Kaapstad. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 266]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
1846. Ter Verjaring... van P.B. BorcherdsGa naar voetnoot1). 1847. Bedenkingen omtrent het maandwerkje...van P. van der Schalk. 1847. Het gesprokene in de St. Stephens Kerk. 1851. Vaarwel aan Sir A. Stockenstrom. 1854. Census of the Municipalities of Cape Town etc.Ga naar voetnoot2) 1856. Heilgroet by de Gouden Bruiloft van P.B. Borcherds (ens.)Ga naar voetnoot3). 1857. Titles and index to Ordinances etc. 1825-'56Ga naar voetnoot4). In 1857 het de Lima 'n aangenome seun van nege jaar verloor. Hierdie gebeurtenis het hom diep getref. Op 19 Desember 1858 kom sy eie moeisame lewe tot 'n endGa naar voetnoot5).
De Lima was ongetwyfeld 'n man wat in baie opsigte ons bewondering afdwing. Sy algemene kennis op gebied van taal- en letterkunde moes geweldig uitgebreid gewees hetGa naar voetnoot6). In besonder was hy deurknee in Nederlands. Interessant is in hierdie verband 'n vergelyking tussen sy geskrifte en die van Boniface. De Lima se taalgebruik is ryk, heg en veral betekenisvas. Boniface se gebruik, in besonder vóór 1830, is betreklik arm, tastende en veral betekenislos. Hy weet nie altyd die juiste woord vir sy gedagte te vind nie; staan dikwels net daarnaas; Franse woorde en uitdrukkinge speel hom deur die hoofGa naar voetnoot7). Na ds. Meent BorcherdsGa naar voetnoot8) is de Lima die eerste oorspronklike beoefenaar van Nederlandse letterkunde aan die die KaapGa naar voetnoot9). Sy werk is tiepies van die tyd. Hy behoort tot die skool van Bilderdyk, Feith en Tollens. Sy werk het dus weinig literêre waarde. Van des te meer belang word dit uit kultuur-historiese oogpunt. De Lima was die erkende geleentheidsdigter en -skrywer, privaat en publiek, gedurende sy leeftyd aan die KaapGa naar voetnoot9). Dat hy soms baie vleiend optree, is begryplik. Kruiperig kan ek sy werk egter nie noem nie. Apart van die kultuur-historiese waarde, sal hierdie soort | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 267]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
werk veel waarde gehad het in sy handhawing van Nederlands as kultuurtaal in die vernaamste maatskaplike kringe en aangeleenthede, openbaar en privaat. Des te groter word die waarde van hierdie en ander werk waar de Lima homself altyd so sterk ‘Diets’ getoon het. Vir die Nederlandse taal het hy in die bres gespringGa naar voetnoot1); altyd deur bly hy vurige Oranjis en vaderlander. Tegelyk het hy hom in sy nuwe omgewing ingeleef, ‘getrouw Zuidafrikaan’ gewordGa naar voetnoot2). Vir sy besondere verdienstes in verband met die Kaapse toneel, regstreeks deur eie werk en voorstellinge, onregstreeks deur sy invloed op b.v. Boniface, verwys ek eldersGa naar voetnoot3); eweneens vir sy verdienste as vader van die Hollandse-Afrikaanse koerantewese. Hierby moet gesê word dat die belangrikheid van De Verzamelaar, sedert 1840, waarskynlik merkbaar toegeneem hetGa naar voetnoot4). Van meer belang en meer gewaardeerd was sy Hollandse almanakkeGa naar voetnoot5). In besonder het hy, as 'n betroubare samesteller van statistieke gegewens, veral van naamlyste, baie gunstig bekend gestaanGa naar voetnoot6). Tog was per slot van rekening die persoonlike invloed wat hy uitgeoefen het, lank nie eweredig met sy bekwaamhede en bedrywighede nie. Opvallende gebreke naar persoon en aard was die vernaamste oorsake daarvan. Sy uiterlike moes onsmaaklik gewees het: ‘A face very much like a baboon, and a body like Pope’Ga naar voetnoot7). Dit het dikwels tot spotterny in skrif en beeld aanleiding gegeeGa naar voetnoot8). Die uitwerking wat sy kreupelheidGa naar voetnoot9) op sy skoeisel gehad het, het geboorte gegee aan die uitdrukking, vandag nog bekend: ‘Ou de Lima een-voet-skoen’Ga naar voetnoot10). Naar aard was sy grootste gebrek sy gedurige onvermoë om geldelike verpligtinge na te kom. Met sy bankrotskappe en sy talryke skuldmoeilikhede het ons reeds kennis gemaakGa naar voetnoot11). Dit het hom waarskynlik ten enemale ontbreek aan oppassendheid, sorgvuldigheid en spaarsinGa naar voetnoot12). Sy Vrymesselaar- | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 268]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
skapGa naar voetnoot1) sal hom stellig baie behulpsaam gewees het om telkens weer op die been te kom. Met dit al sal dergelike moeilikhede nie sy maatskaplike aansien verhoog het nie, te meer waar hy in hierdie verband soms rare en allesbehalwe verheffende ondervindinge gehad hetGa naar voetnoot2). Dieselfde Vrymesselaarskap van de Lima pleit teen die besit van ander ondeugde as die reedsvermelde. Dis bekend dat vir toelating tot Vrymesselaar moet aan baie hoë eise van karakter en gedrag voldoen word. Poginge om ander smette op sy karakter te gooi is verydelGa naar voetnoot3). Sy tegniese skuldigbevinding van diefstal het uit 'n skuldkwessie en persoonlike vyandskap voortgevloeiGa naar voetnoot4). Inteendeel blyk uit al sy geskrifteGa naar voetnoot5) dat de Lima steeds geprobeer het om 'n ernstige en getroue Kristen te wees, besiel met die beste wense vir sy medemenseGa naar voetnoot6). Soms takloos en 'n bietjie astrantGa naar voetnoot7), was hy in die grond van die saak baie goedig, welmenend en opreg. Met die Therons was hy trou en duursaam bevriendGa naar voetnoot8). Hy moes sterke onselfsugtige liefde geken het. Toe 'n aangenome seun in 1857 deur 'n ongeluk oorlede is, skrywe hy:Ga naar voetnoot9) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 269]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
‘Scheiding.
Myn George, moet ik van u scheiden?
O neen, ik zal weldra by u zyn;
Ik ken niet meer het woord “verblyden”
In 's levens rampwoestyn.
Gy, gy behoeft niet meer te vrezen,
Gy zyt by de engelenschaar.
Ik, ik zal weldra by u wezen -
Myn hart wordt dat gewaar.’
As 'n digterlike uiting het hierdie reëls geen waarde nie, maar as 'n uiting van diepe menslikheid des te meer. Inderdaad die ou man se geslae gees het hierdie verlies nie weer te bowe gekom nie. Presies 'n jaar daarna is hy oorlede en begrawe in die grafkelder van sy goeie vriende die Therons.
Maar om terug te keer tot die kindergeselskap. Eers verskyn onder 19 Augustus 1825Ga naar voetnoot1) die volgende berig: ‘Door het thans opgerigte Toneellievend Kindergezelschap Tot Oefening en Smaak zal met goedkeuring en bescherming van Zyne Excellentie de Gouverneur en Lady Charles Somerset, eene Representatie worden ten Tooneele gevoerd. De lyst der Inteekening ligt in de Keeromstraat 4. Die begin is ongetwyfeld bemoedigend genoeg. Op 23 Augustus kondig die Chronicle met genoeë die kindergeselskap van J. Suasso de Lima aanGa naar voetnoot2), waarvan die Direkteur nege jaar oud is. Die rol van de Lima in verband met hierdie geselskap word duidelik. Op 10 SeptemberGa naar voetnoot3) volg: Het Dal van Almeria (uit die Hoogduits, deur v. Esveldt Holtrop) en De VerjaringGa naar voetnoot4), beide Tsp. in 1 Bed., en De Nachtwacht (Körner), Bs. in 2 Bed. Kort stukkies almal. ‘Het tooneel zal door de Afrikaansche jeugd en het orchest door Afrikaansche Liefhebbers bezet worden.’ Hierdie kindertoneel het uit die staanspoor strenge afkeuring ondervind weëns die beweerde verderflike invloed wat dit op die jonge gemoedere sou hê, die eerste afkeuring van toneel van Hollandsche kant bekendGa naar voetnoot5). Suasso de Lima het die toneel natuurlik verdedig. Te lang was die lewe van die geselskap egter nie, waarby hierdie afkeuring, afkomstig van 'n toonaangewende blad, soos die | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 270]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift seker van groot invloed sal gewees het. Uit die begin van 1826 is nog èèn voorstelling bekend. Dan verdwyn die geselskap. Hieraan voorafgaande versoek die geselskap te leen ‘De Vriend der Kinderen (Mme de Genlis) (8 deelen).’Ga naar voetnoot1) Op 8 AprilGa naar voetnoot2) volg: De Regter, Tsp. in 3 Bed. naar die Frans van mev. de Genlis, ‘voor dit Kindergezelschap vertaald’, en Die een Kuil graaft voor een ander valt er gemeenlyk zelfs in; tenslotte volg De Moedwillige JongenGa naar voetnoot3). Om afkeurende kritiek te voorkom word bygevoeg ‘Alle deze stukken zyn voor kinderen geschikt en wekken de goede zeden op... Het orchest zal door Liethebbers bezet worden.’ Die skouburg waarin gespeel word, word nie gemeld nie. Vermoedelik was dit die Liefhebbery Toneel, soos in die geval van T.N. en V., D.Y.V. e.a. geselskappe. Intekenlyste bestaan; vreemdelingelootjies word afgegee. Verder het die geselskap nogal las van persone wat kosteloos wil binnedring of grote proewe besoekGa naar voetnoot4). | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
2. Kunst en Smaak.Tien jaar (1835) na die vorige maak hierdie kindergeselskap sy verskyning, en voer 'n korte maar vrugbare bestaan. Hierdie keer skyn die Lotz famielie daaragter te sit, in besonder J.W. LotzGa naar voetnoot5), waarskynlik die steun van N.J. Lotz, bekend in verband met Honi SoitGa naar voetnoot6). Slegs eenkeer kom de Lima daarby te pas. Hij maak 'n tooneelstukkie vir die geselskap wat nogal teenstand ontmoetGa naar voetnoot7). Die geselskap voer nagenoeg om die maand nuwe stukke op, maar gee daarnaas talryke weeropvoerings, en moes reeds bestaan het voor ons daarmee kennis maak. Immers die eerste bekende voorstelling is 'n weeropvoering. ‘Op a.s. Dinsdag den 30 dezer (Junie) zal door het Jeugdig Minor Hollandsche Tooneelgezelschap Kunst en Smaak, op speciaal verzoek, ten tweede male worden vertoond, De Kluizenaar op Formentera (Kotzebue), gevolg van De Twee | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 271]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Jagers en het Melkmeisje (Anseaume). De lyst ligt ter teekening en lootjes zullen op den vertoondag te bekomen zyn by
J.W. Lotz, Secr.Ga naar voetnoot1) 16, BreestraatGa naar voetnoot2).
Op 1 AugustusGa naar voetnoot3) volg in die Liefhebbery Toneel, blykbaar ook verder, De Schaking uit het Serail (Bretzner, vertaal deur Brender à Brandis), Tsp. in 4 Bed., ‘Met nieuwe Kleeding en Decoratien,’ en die ‘welbekende’ Bs. in 2 Bed. 't Zal laat Worden (Meyer). ‘N.B. Een Muzyk Gezelschap zal vriendelyk assisteren.’ Vervolgens vind plaas op 12 SeptemberGa naar voetnoot4): Claudine (v.d. Willigen), Tsp. in 3 Bed. en De Hoefsmíd (Quétant, vertaal deur Menkema). 19 SeptemberGa naar voetnoot5): De Hoefsmid, Ks. in 2 Bed. (herhaal dus), De Twee Jagers ens. (Anseaume), Ks. in 1 Bed., en tenslotte 't Zal Laat Worden, Ks., almal met sang. 24 OktoberGa naar voetnoot6): Incle en Yariko (Colman Jr.), Tsp. in 3 Bed. (uit Engels vertaal. - F.B.), en De Dronkaard, Ks. van KotzebueGa naar voetnoot7). 30 OktoberGa naar voetnoot8): Weeropvoering van die voorafgaande stukke. Reeds 16 OktoberGa naar voetnoot9) voorlopig aangekondig, vind op 21 NovemberGa naar voetnoot10) plaas: Aballino Junior, of De Kleine Bandiet, ‘kluchtig treurspel in 3 Bed., door eenen Amateur’, en Monsieur Tonson (Moncrieffe), Ks. in 2 Bed. ‘uit het Engelsch vertaald door den Heer B.J. van de Sandt’Ga naar voetnoot11). Aballino het 'n verder aanbeveling: ‘Voor eenigen tyd geledenGa naar voetnoot12) het Trs. Aballino, De Groote Bandiet (Zschokke), vertoond zynde, zoo zal... het tegenovergestelde worden vertoond, genoemd Aballino Junior’ ens. Die voorstelling vind plaas in ‘de Stads SchouwburgGa naar voetnoot13)’; anders is die gewoonte in die Liefhebbery ToneelGa naar voetnoot14). By hierdie geleentheid het N.J. Lotz, Breestraat 16, en P. Ley, saam met die Zuid-Afrikaan (J.W. Lotz)Ga naar voetnoot15), die lootjies ens. in hande. Intussen lok die aangekondigde voorstellinge twee uitvoerige briewe in die Commercial Advertiser van 14 November uit. Die eerste is ongedateer en trek te velde teen Aballino Junior onder opskrif ‘De Schouwburg. - “Everything a man pleases | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 272]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
to be offended with is a libel” - Johnson's Definition of a Libel.’ In verband met Aballino Junior wil die skrywer ‘het Kaapsch publiek voor misleiding behoeden, het publiek van Zuid-Afrika met den aard van het stuk en het onderwerp waarop hetzelve zinspeelt bekend maken’. Hy beskrywe die groot sukses wat Vlyt en Kunst 'n tyd gelede gehad het met Aballino, De Groote BandietGa naar voetnoot1) (Zschokke), waarby die benyders nie ontbreek het nie. Hul opset om foute te vind het egter nie geluk nie, waardeur hul naar ander middele moet gryp om die hoë reputasie van V. en K. te belaag. ‘Een klein, spytig, alombekend Peruaansch JoodjeGa naar voetnoot2) deed zich op, om dit stuk, genaamd Aballino Junior, ter wêreld te zenden, en overreedde een party onnozele kinders dit prulschrift op het groot tooneelGa naar voetnoot3) ten uitvoer te brengen!! Ik behoef geene aanmerkingen over den aard van het stuk te maken, want een ieder die den schryver kent, weet zyne talenten, en uitmuntende smaak, en het is maar al te waar, “Een kwade boom kan geen goede vruchten te voorschyn brengen”’. Hy wil dus die kinders van K. en S. aanraai ‘hun lesboek in hand te nemen en braaf te leeren wat goed of kwaad is, voor zy trachten den eenen te vermaken door een anderen te benadeelen. Het publiek oordeele voor zich zelf, want indien men de jeugd tot zulks wil aansporen, of zulke wanbedryven goedkeuren, wat kunnen wy van hen in meer gevorderde jaren verlangen? - Een zesjarig Inteekenaar en Vriend der Jeugd.’ Die twede brief is gedateer 2 November, prys Aballino Junior aan, en is onderteken deur ‘Een Intekenaar’. Die skrywer het die ‘welvaren onzer Kaapsche Jeugd ter harte’. Daar hy veel lof gehoor het van K. en S., het hy deur nuuskierigheid intekenaar geword van die geselskap. Sy eerste bywoning van 'n voorstelling, die van 24 Oktober, was 'n teleurstelling. As rede is hiervoor opgegee dat die jonge Amateur wat beide ‘Incle’ en die ‘Dronkaard’ moes speel, siekGa naar voetnoot4) was. ‘Echter hield een ieder zich tevreden’. Toe volg die weeropvoering op 31 Oktober, waarvoor die intekenaars gratis toegangskaartjies verskaf is, aangesien die geselskap self nie tevrede met die vorige opvoering was nie. ‘Welk eene edelmoedigheid heerscht er niet onder dit gezelschap!!!’ | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 273]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
‘Ik begaf my dien avond naar hun SchouwburgGa naar voetnoot1), en de vertoning werd met zooveel bekwaamheid ten uitvoer gebragt, dat een ieder zich verblydde ooggetuige daarvan te zyn geweest. Aldaar werd ook aangekondigd dat het Gezelschap in de Stads SchouwburgGa naar voetnoot2)’ vervolgens Aballino Junior ens. sou opvoer. Die skrywer dring by die Kaapse publiek daarop aan ‘eene edele daad van ondersteuning’ aan die geselskap te bewys. Daarvoor sal hul ‘rype voldoening’ geniet, ‘zullende dit Gezelschap als dan ook niet dralen, hunne uiterste vlyt aan te wenden om... vermaak, vreugd en leerzaamheid (te bevorderen), als zynde dit ook een spiegel waarin elk mens zyne gebreken zien kan, en... de middelen aan de hand gegeven worden, om dezelve te heelen. “Komt landgenoten al te zamen,
Laat ons deze plan beramen,
En laten w'hen ook betoonen,
Hun vlyt met milde gunst te kroonen.
Denkt dat een weldaad aan de jeugd
Ons strekken zal tot zielenvreugd”’.
Na hierdie voor en teen vir die voorstelling, hoe het dit tenslotte daarmee afgeloop? ‘Beter’, sê die Zuid-AfrikaanGa naar voetnoot3), ‘dan men van een Jeugdig Liefhebbery Gezelschap, voor de eerste maal in het openbaar spelende... (in het groote Komediehuis) zoude hebben kunnen verwachten. De Jongeheer F. LangermanGa naar voetnoot4) heeft de moeyelyke rol van Aballino tamelyk wel uitgevoerd; maar die van M. Morbleu was uitmuntend. Wy hebben daarin weinig of niets te verbeteren gevonden. Zoo heeft ook de Jongeheer J. Stegman(n), de beide rollen van Grimaldi in Aballino, en Tom King in M. Tonson, zeer wel gespeeld’. Natuurlik ook die ander verdien seker die lof ‘dat zy over het algemeen redelyk wel hebben gespeeld’. Die publiek word aangemoedig om die geselskap te steun as hul in die a.s. winter weer speel, en as hul sorg om dit ewegoed te doen. ‘Jammer dat... zoo weinig gezelschap tegenwoordig was, het geen wy gelooven dat grootelyks aan de sterke Zuid-Oostewind moet toegeschreven worden; bovendien is de korte zomeravond ongeschikt voor Komedieavond’. Laat die geselskap hom ewenwel nie ontmoedig nie, maar voorberei om in die a.s. winter weer op te voer. ‘Waarschynlik zeer aangenaam’ vir die publiek sou dit wees | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 274]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
as met die ander geselskappe, T.N. en V. en K. ooreengekom kan word om beurt om beurt te speel, ‘Daar allen liefhebbers zyn, heeft men geene reden om voor tweedragt (dat monster dat tegenwoordig onder ons de orde van den dag isGa naar voetnoot1)...te vreezen. Zy hebben allen zonder onderscheid den dank by het publiek verdiend van aan hetzelve eenige genoeglyke avonden te hebben willen bewyzen Et voluisse sat, A.Z.’ Daartoe ‘verzocht zynde’ word inderdaad 'n weeropvoering aangekondig, as binne 8 dae genoegsaam intekenaars hulself by N.J. Lotz opgeeGa naar voetnoot2). Of die plan verwesenlik is weet ek nie. Uit 1836 is nog een voorstelling bekend. Op 10 JunieGa naar voetnoot3) vind plaas die ‘beroemde’ Tsp. De Struikroovers van Kalabrien, of De Onveilige Wildernis (Loaisel Tréogate), en die welbekende Ks., met sang, De Hoefsmid (Quétant, vertaal deur Menkema Jr.). Hierna verneem ons nie meer van kindergeselskappe nie. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
f. Honi Soit Qui Mal Y Pense.Dit staan vas dat voor 1823 Boniface soos gewoonlik bedrywig was op gebied van toneelGa naar voetnoot4). Eers in hierdie jaar egter vond ons definitiewe vermelding. Dit word die tydperk waarin Honi sy langdurigste en beroemdsteGa naar voetnoot5) bestaan voer. So'n suiwere roem as die van Tot Nut en Vermaak sal dit ewenwel nie gewees het nie; miskien ook iets van die spreekwoordelike berugtheid gehad het. Boniface het sy persoonlike (b.v. met de Lima) en politieke vete (b.v. met die ‘filantrope’ aan die Kaap) grotendeels as dramaturg uitgeveg. Daardeur het sy optrede groot momentele betekenis gekry. 'n Ander vraag bly dit hoeveel van sy werk duursame waarde besit. Gelukkig kan ons sê dat Boniface se sug om te hekel en te spot oor die algemeen werk van groot kultuur-historiese waarde opgelewer het. Werk van literêre waarde (vir sover bekend tenminste) kry ons maar 'n enkele maal. Maar dan is dit werk van wesenlike waarde. Ook toon Boniface homself die opportunis. Om die Engelse in die gevlei te kom, speel hy soms Engelse stukke. Natuurlik was daar versagtende omstandighede. Boniface was taalmeester, en het geen geldelike bed van rose gehad nie. Bowendien het die anti-Engelse gevoel eers in die dertiger | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 275]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
jare deur slawe e.a. kwessies regtig hoog begin loop. As dit die geval word toon Boniface homself weer ware ‘Zuid-Afrikaan’. Boniface maak in 1823 opnuut sy verskyning met die volgende advertensieGa naar voetnoot1): ‘Afrikaansche Schouwburg. - Aangezien er thans twee Hollandsche Tooneellievende Gezelschappen zyn, vindt de Ondergeteekende zich genoodzaakt ter voorkoming van alle misverstand (nogal nodig by Boniface - F.B.) het Publiek te verwittigen, dat het Gezelschap welke hy de eer heeft te dirigeren, en dat van Tot Nut en Vermaak twee afzonderlyke Gezelschappen uitmaken; en dat de Intekeningslyst van het eerstgen. van heden af, niet meer rondgebragt zal worden, maar by den Heer J.A. Rouvière, Houtstraat 33, tot den 15 Maart ter intekening gereed zal liggen, zullende op dien dag de eerste vertooning reeds plaats hebben. Hieruit blyk m.i. duidelik dat die geselskap voor 1823 weer bestaan het. In die tweekoppige aanduiding van die geselskap kan 'n stukkie geskiedenis opgeslote lê. Dit kan slaan op 'n samesmelting van Men doet wat men kanGa naar voetnoot2) en Honi. Of sou dit terug te bring wees tot Boniface se Franse afkoms en taalmeesterskap? Origens word die aanduiding ‘Fransch’ weggelaat en tereg. Alleen eenkeer, in 1824Ga naar voetnoot3), speel die geselskap 'n Franse stuk. Dit is 'n kort stuk en word stellig deur Boniface se leerlinge gespeel. Rouvière bly Boniface se troue wapenbroederGa naar voetnoot4) Reeds by hierdie geleentheid kry ons 'n voorproef van wat dikwels sal gebeur. Die geselskap beloofGa naar voetnoot5) meer as wat hy kan uitvoer. Veral sondig hy wat betref die aangekondigde tyd. Hierdie eerste voorstelling vind eers 20 Maart plaas met Het Geweten, ens. naar Iffland (vertaal deur Steenbergen v. Goor), en De Keukenhelden (naar die Frans, skrywer onbekend), Ks. in 1 Bed., en ‘op Rym’. Van die stukke word gesê dat die intekenare wat die eerste stuk graag in EngelsGa naar voetnoot6) wil lees, ‘worden gerefereerd | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 276]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
aan den German Theatre, waarin zy hetzelve zullen vinden onder den Titel van Conscience; en aangaande het nastukje allen worden verzocht om zich met Voltaire's Tancrede bekend te maken dewyl het eene Parodie daarvan is.’ Die geselskap geniet die goedkeuring en patronasie van die Goewerneur hier en verder, en speel in die Afrikaanse Skouburg, gewoonlik Saterdags. Vervolgens vra BonifaceGa naar voetnoot1) - ewenas so dikwels T.N. en V.Ga naar voetnoot2) - ‘te koop of te leen van zyn of hun Edele’ die stukke: ‘Rinaldo Rinaldini (Vulpius?), - De Roovers, van Schiller, - Verzoening en Rust (Graaf von Soden), - Ubaldo, of De Dood van Rolla (Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop), - Komplimenten en Wind (Bretzner), - en De Vrolyke Luim (Arresto)’. Op 19 AprilGa naar voetnoot3) kondig Boniface die twede voorstelling aan vir 17 Mei. Hy betuig tegelykertyd sy dank aan die verskillende here wat hom met die gevraagde toneelstukke verplig het. ‘Deze heuschheid’ spoor hom aan om nog die onlangs verskene klugspel, tenminste as 'n goeie vertaling daarvan aan die Kaap te kry is, te vra, n.l. Bêtise sur Bêtise, ou Les Pointes de François Guillaume, M. Dargencours. By die twede voorstelling word gespeel: Verzoening en Rust, 'n vervolg op Kotzebue se Menschenhaat en Berouw, Tsp. in 5 Bed., naar die Hoogduits van Graaf von Soden, en De Belachelyke Zelfmoord (Martainville), Bs. in 1 Bed. Boniface se voorliefde om spektakelstukke van groot en moeilike aard op te voer, sonder dat die stukke altyd te vlot van stapel loop, kom spoedig voor die dag. Onder 7 Junie kondig hy aan die intekenlys vir Rinaldo Rinaldini (Vulpius?) en nog twee ander voorstellinge. Die loges is reeds vol. Die spoed waarmee dit gebeur het ‘doet nu den Directeur hopen, dat hy tegen den bepaalden tyd in staat zal zyn om dit groot, prachtig en zoo zeer na verlangd Tooneelstuk (Rinaldo) te zullen vertoonen. (Grand Spectacle of Rinaldo). De Intekenaars zullen zich als dan kunnen overtuigen dat hy niets verzuimd heeft, om aan deze vertooning, (zooveel als zulks hier doenlyk is) den glans by te zetten, welke dezelve vereischt, en hy vleit zich, wanneer de kunstenaars (artists) in alle vakken, die hem daartoe zullen assisteren, hunne talenten willen gebruiken, dat hy aan het Kaapsche Publiek een tooneel zal vertoonen, zooals tot dus verre nog nooit in Afrika gezien wierd.’ Boniface se energie, goeie bedoelinge en ondernemingsin val nie te loën nie. Van 'n leie dak het dit egter met die | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 277]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
opvoering nie gegaan nie. Onder 19 Julie, Kaapsche Courant, word berig dat nie alleen die ‘zwaare toebereidselen’ nie, maar ook die ‘zeer ongunstig weer’, die voorstelling vertraag het. Maar ‘heden’ sal die dag van vertoning ‘met eenige zekerheid’ bepaal en bekend gemaak word. Te koop word gevra ‘36 oude sabels, tegen een redelyke prys’. Wel 'n bewys van die uitvoerige kostumering. Tenslotte op 23 AugustusGa naar voetnoot1) vind Rinaldo (Vulpius?) plaas: ‘groot Melodrama in 5 Bed., getrokken naar het Hoogduitsch uit de bekende Geschiedenis van dezen naam: gemengd met Zang, Dansen en Militaire Manoeuvres. De Directie niets gespaard hebbende om dit groot stuk met de vereischte pracht te vertoonen, zoo zyn Costumes en Decoratiën gansch nieuw, en naar een byzonderen smaak, waarvan de Afrikaansche Schouwburg tot heden nog geen voorbeeld geleverd heeft’. Die pryse moet geweldig gewees het. Alleen reeds ‘Staande en Vreemdelingsbiljetten’ kos 7 Rds., nominaal 28/-; in werklikheid ongeveer 10/6. Hierdie opvoering was nie in alle opsigte 'n sukses nie. Op 30 AugustusGa naar voetnoot2) betuig die Direksie ‘haar opregt hartenleed voor de onverwachte (en de Amateurs zelfs vervelende) talmery (delay) waarmede de Representatie... is afgeloopen; doch verzekert... tevens, dat zulks aan de onervarenheid der werklieden, die zich te voren met... de veelvuldige Decoratien niet genoeg geëxceerd hadden, alleen is toe te schryven’. By die volgende opvoering van die stuk op 13 September sal dit seker verhelp word, tenminste as daar genoeg intekening is om die ‘kostbaar stuk’ te laat deurgaan. Die weeropvoering vind inderdaad plaasGa naar voetnoot3). Dit pleit vir die sukses van die eerste opvoering in ander opsigte. ‘Opdat de (2de) Vertooning op eenen behoorlyke tyd mogte eindigen’ word 'n half uur vroeër begin. Op Maandag 6 OktoberGa naar voetnoot4) volg De Dolzinnige, of De Gewaande Dolleman, ‘Bs. in 1 Bed. uit het Fransch van C.E.B. zynde alhier 3 malen achter een vertoond op den Franschen Schouwburg in het jaar 1807 onder den titel L'EnragéGa naar voetnoot5), - en thans vertaald door den Heer J. Suasso de Lima’, en Celina, of Het Kind des Geheims, Tsp. in 3 Bed. uit die Frans van Pixéricourt (vertaal deur Engelman), ‘gemengd met dansen en zang; en eindigende met een Ballet Pastoral.’ Die ballet was duidelik die grote gebeurtenis van die aandGa naar voetnoot6). Daar word in besonder van | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 278]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
vermeld: ‘De Direkteur durft den Heeren Intekenaren voorspellen dat zy zeer aangenaam verrast zullen worden, want nooit heeft men tot hiertoe meer smaak en sierlykheid aan den dag gelegd, dan de Heer J.L. Petersen by de compositie en directie van dit Herder Ballet’. J.L. Petersen - 'n baanbreker en oubekende op hierdie gebiedGa naar voetnoot1). En die ballet het sukses gehadGa naar voetnoot2). Interessant veral, met die oog op komende gebeurtenisse, is die samewerking tussen de Lima en Boniface. Miskien vind die latere sterke vyandskap juis hier sy oorsprong. Beide wil in besonder as literêre kunstenaars aangesien word. Tussen 'n oorspronklike werk en 'n vertaling daarvan kan allig vergelykinge getrek word! Op 1 November volgGa naar voetnoot3) Komplimenten en Wind (Bretzner) ens., en tenslotte op 13 DesemberGa naar voetnoot4), op besondere versoek, 'n herhaling van Celina (Pixéricourt, vertaal deur Engelman) ens. met Herderballet, ‘welk ballet door de goedkeuring die hetzelve by deszelfs Representatie heeft mogen genieten, verder geene aanprysing verdient’. Die eerste voorstelling in 1824 vind plaas op 1 MeiGa naar voetnoot5) met KabaalGa naar voetnoot6) en Liefde, Trs. in 5 Bed. uit die Hoogduits van Schiller. Hiervan word gesêGa naar voetnoot7) dat die stuk ‘niet met zeer groot, doch met een redelyk succes vertoond geworden is. De decoratien waren zeer fraai, de costumes prachtig, en onder de verschillende karakters die de luidruchtige toejuichingen van den schralen auditoire hebben verkregen, heeft zich Ferdinand als een meester, en de President, en de Hofmaarschalk, als twee excellente leerlingen, van hunne rollen gekweten. Louise ontbrak het niet aan gevoel, maar slechts nu-en-dan aan kracht’ teenoor 'n menigte wat hom soms ‘eer door onnatuurlyk geschreeuw en wilde, razende gebaren, dan door eene zachte stem, en simpele gestes laat overmeesteren. Lady Milford heeft ons een tydlang ook zeer wel bevallen, - jammer slechts dat wy op 't laatst iets mannelyks aan haar ontwaard hebben dat haar (anders bekoorlyk) exterieur, eenigszins ontsierd heeft’. Origens verdien die liefhebbers alleen alle dank vir hul moeite om vermaak te verskaf. Evenwel sou die krietikus die Direksie graag wil afraai om ‘zulke lange en vermoeyende treurspellen (vooral) als die van Schiller, op dit klein tooneel te voeren’. In die oorspronklike mag Schiller baie genoege aan sy lesers gee, in Hollands het ‘zyn styl | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 279]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
iets styfs, zyne verhalen iets omslachtigs en onverstaanbaars, en zyne uitdrukkingen iets vry en zelfs onkuis, - dat het gehoor van ons Kaapsch Publiek kwetst. En dat hy in alle gevalle (ten minste in de Roovers en in dit treurspel) somtyds te hoogdravend is, heeft aan het gedrag van eenige onzer jonge Beaux-esprits gebleken, die in 't midden van de krachtigste, ja ysschelykste verhalen, geschaterd hebben van 't lagchen’. - Inderdaad bedenklik, maar sou met die oog op spelers en gehoor die skuld alleen aan die stuk gelê het? Die kritiek is eerlik en nie te mals nie. Hiermee is die voorstellinge met net een groot stuk, wat Boniface sedert sy oplewing in sekere mate gekenmerk het, op 'n end. Die raad om lang vermoeiende treurspele te vermy skyn hy ter harte te geneem het. Op 29 MeiGa naar voetnoot1) volg De Verwarde Schaking, Bs. in 3 Bed. van Kotzebue, en die sangstukkie, in Frans, Les Deux Chasseurs et la Laitière (Anseaume), ‘opera comique en un acte’ (Comic Opera), 'n oubekende uit 1803Ga naar voetnoot2). Die stukkie het sukses gehadGa naar voetnoot3). Hierdie twee voorstellinge het 'n eersteGa naar voetnoot4) intekeningslys gehad. Ook by T.N. en V. was hierdie soort intekening toe die gewoonteGa naar voetnoot5). 'n Twede intekeningGa naar voetnoot6) volg vir twee voorstellinge, waarvan die eerste plaasvind op Dinsdag 29 JunieGa naar voetnoot7) met: ‘Het Geschiedkundig en nog nooit hier vertoond tooneelstuk Hugo ae Groot,’ Tsp. in 4 Bed. van Kotzebue ‘met de toevereischte nieuwe Decoratien en in de Kledingen der 17 eeuw’, en De Dronkaart, Ks. in 2 Bed. eweneens deur Kotzebue. Prysvermindering word aangekondig ‘opdat elk die in dit Nationale stuk belang neemt (Boniface se Hollands laat meermale iets te wense oor - F.B.) in staat gesteld zy, de vertooning daarvan te kunnen bywonen’. Ons het meer die sterke neiging van Boniface gesien ‘to let every advertisementGa naar voetnoot8) tell a story’. Meestal is dit 'n hele verhaal tot aanprysing van die stukke, soms tot regpraat van wat voorheen krom was. Vir die res van die jaar is die verhouding andersom. Byna elke aankondiging dien om die vorige voorstelling reg te praat. Daar vind plaas op 31 JulieGa naar voetnoot9): ‘Jerome Pointu, Bs. in 1 Bed. van D'Orvigny (Dorvigny), en De Barbier van Seville, of De Onnutte Voorzorg, Bs. gemengd met zang in 4 Bed. uit het Frans | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 280]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
van Beaumarchais met deszelfs Ouverture, door den vermaarden Rossini; eene serenade voor fluit, Guitarre (Boniface se spesialiteitGa naar voetnoot1) - F.B.) en Basson door Amon; onder welke zal worden gezongen, Rossini's favorite Aria Di Tanti Palpiti, en de overige Zangmuziek door Paesiello’. Nog drie representasies vir die seisoen word aangekondigGa naar voetnoot2) waarop intekenaars kan inteken ‘voor alle 3 of voor 2, of slechts voor een... naar verkiezing’. - Dit klink naar handeldrywe! By twee voorstellinge bly dit per slot van rekening. Die eerste vind plaas op 18 SeptemberGa naar voetnoot3) met De Oost-Indien Varer, Tsp. in 4 Bed., uit die Hoogduits van Arresto (vertaal deur Steenbergen v. Goor) en De Verstrooiden, Kl. Bs. van Kotzebue in 1 Bed. Hierby - apart nog van 'n besonder nadruklike waarskuwing oor misbruik van toegang by die deurGa naar voetnoot4) - word berig, ‘De Heeren Intekenaren kunnen zich ditmaal verzekerd houden dat (schoon men hen den noodigen tyd zal vergunnen om zich ververschingen te laten toedienen) deze en de volgende Representatie van dit Gezelschap op een decent (reasonable) uur zullen eindigen’. Laat ophou bly dus 'n klagteGa naar voetnoot5). Die twede voorstelling word vir 23 OktoberGa naar voetnoot6) aangekondig met De Echtgenoot Kluizenaar, Tsp. in 1 Bed. deur Kotzebue, en Tot Middernacht, of List tegen List, Bs. in 3 Bed. uit die Frans van Dumaniant (in vertaling van Ruloffs of Maas). ‘Een stuk waarvan het oorspronkelyke bekend is onder den titel van Guerre-Ouverte, ou Ruse contre Ruse; en in het Engelsch The Midnight Hour (vertaal deur Mrs. Inchbald), - waarin men buiten het origineel lied nog een nieuw heeft bygevoegd met Guitarre-accompagnement genaamd La Tempête’. Hierin kan ons Boniface se musikale bekwaamhede herken. ‘N.B. De Amateurs die tot nog toe verzuimd hebben om hunne costumes aan de Direktie van dit Gezelschap terug te zenden, worden voor het laatste vriendelyk verzocht, om zulks voor den 13 der a.s. maand November te willen doen, zullende na dien tyd geen consideratie meer voor de nalatigen worden gebruikt (in order to prevent legal measures being adopted)’. Dinge moes al ver geloop het! Sou hierdie onaangename ‘versoek’ aan die adres van die amateurs, die ‘onvoorziene toeval’ veroorsaak het, wat maak dat tenslotte eers op 13 NovemberGa naar voetnoot7) die voorstelling ‘zeker’ | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 281]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
plaasvind, en dat dit tegelykertyd heet ‘de laatste... voor dit jaar’? Die jaar 1825 kenmerk homself deur oorspronklike werk van Boniface en van openlik laaiende vyandskap met de Lima Eers gaan ander toneelbedrywigheid van Boniface vooraf. Die jaar begin met 'n nuusberiggie van die Chronicle op 2 MaartGa naar voetnoot1). ‘It is understood, the indefatigable manager of... Honi intends opening this season with a Ballet, and a piece of Molière. We are at all times happy to witness the performance of this company; but we beg particularly to recommend more attention to the hours of performance. The audience of late have felt great inconvenience and disappointment in this respect’. Op 16 MaartGa naar voetnoot2) volg 'n ‘uitnodiging’ waarin ‘tot het uitvoeren van het kluchtig Ballet, De Burger Edelman (Molière) een getal van niet minder dan 24 dansers’ gevra word. Here liefhebbers wat die geselskap soos voorheen ‘met hun talent in die kunst’ wil assisteer, kan op 'n lys by Rouvière inteken. Opmerklik is dat die geselskap hier en voortaan gewoonlik heet ‘Het Zuid-Afrikaansche Tooneel Gezelschap (S.A. Amateur Company)’ ens., en reeds in 1825 Engelse stukke speel; in 1827 selfs uitsluitlik. Die verengelsingspoginge van lord Ch. Somerset vind 'n duidelike weerkaatsing in hierdie opportunistiese handelwyse van BonifaceGa naar voetnoot3). Onder 13 AprilGa naar voetnoot4) word kennis gegee dat ‘het lezen en uitdeelen der rollen van den Burger Edelman (Molière)... op a.s. Zaterdag om 5 uur des namiddags (Houtstr. 33) plaats zal hebben’. Rouvière bly die troue bondgenoot van Boniface. Op 28 MeiGa naar voetnoot5) vind die voorstelling plaas. Die stuk word aangekondig as 'n ‘Kluchtspel (a musical piece) in 5 Bed. Gemengd met zang en dans en eindigende met een klein ballet, door kinderen uitgevoerd. (Dit stuk is een vrye vertaling uit het Fransch van Molière's Bourgeois Gentilhomme’), deur ‘C.E. Boniface, Directeur en Medespelend-lid des Zuid-Afrikaansch Tooneellievend Gezelschap onder de motto: Honi’ ens.Ga naar voetnoot6). Wat die tyd van aanvang betref ‘daar kan men staat op maken’. Tot slot volg 'n strenge waarskuwing aan jonge here wat hul intekengelde nog nie betaal het nieGa naar voetnoot7). Van hierdie voorstelling moet 'n handbiljet bestaanGa naar voetnoot8). Die rolbesetting van die stuk was as volg: | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 282]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die opvoering, verneem ons, het plaasgevindGa naar voetnoot4) ‘voor eene zeer aanzienlyke menigte van toehoorders. De Amateurs volbrachten hunne rollen met veel nauwkeurigheid, en het gebouw weergalmde meermalen van gelach en handgeklap’. By die blyspel is ‘nauwlettendheid ongepast.... en als wy een grys baard vonden die hetzelve (die Bs. - F.B.) uitkreet, hebben wy ons altyd de woorden van Bolingbroke te binnen gebragt, “dat ernsthaftigheid het kenmerk van bedrog is; en dat de ezel het ernsthaftigste dier, - de ernsthaftigste vogel, een uil, - de ernsthaftigste visch, een oester, - en de ernsthaftigste mensch een gek is”. Het binnenste van het gebouw is sedert voorleden winter veel verbeterd, en het Tooneel | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 283]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
leverde eene zeer fraaye vertooning op. Zyne Excellentie de Gouverneur was niet tegenwoordig maar Hoogstdeszelfs Loge werd vervuld door eenige Heeren ongetwyfeld gelast om die zoo lang als heilig beschouwde plaats te bekleeden. - (Van eenen Correspondent).’ Die skrywer neem geen blad voor die mond nie, en gryp blykbaar die geleentheid aan om een en ander te roskam. Was lady Somerset tog aanwesig by hierdie opvoering? Maar wat van die logebesetting? Of was daar 'n onbekende weeropvoering van die stuk? Immers die volgende verhaal - van 'n origens baie betroubare bron - bestaan in verband met 'n opvoering van De Burger Edelman in hierdie tydGa naar voetnoot1). Groom het 'n informant wat lede van Boniface se geselskap in hierdie tyd noemGa naar voetnoot2). ‘I well remember says my authority... an official not 100 miles from Fort Beaufort, then a lad of 10 or 12 years, (t.w.L.H. MeurantGa naar voetnoot3) - F.B.) after performing the very difficult, female character of, “Kaatje” in De Burger Edelman (a Dutch translation of Molière's Le Bourgeois Gentilhomme made expressly for Honi (etc.) by Boniface) being called for by Lady Charles Somerset into her box, and receiving a kiss from her ladyship amidst the thundering applause of the house’. Die handskrif van hierdie vertaling bestaan nogGa naar voetnoot4). Die vertaling is oor die geheel nougeset en sorgvuldig gedaanGa naar voetnoot5). 'n Enkele maal veroorloof die vertaler hom ondergeskikte vryhede, wat selde afbreuk aan die oorspronklike doen en soms selfs verbeteringe isGa naar voetnoot6). | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 284]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die Nederlands is, behoudens enige GallisismesGa naar voetnoot1), AnglisismesGa naar voetnoot2) en enkele ondergeskikte taalfoutjiesGa naar voetnoot3) werklik, bewonderenswaardig. Die AfrikanderismesGa naar voetnoot4), deur die verhoogde lewendigheid en kleur wat dit aan die stuk in die oë van die Kaaps-Hollandse gehoor moes gee, verdien eerder aanbeveling as afkeuring. Swak of onjuiste vertalinge kom selde voorGa naar voetnoot5), daarenteen gelukkige aanpassingeGa naar voetnoot6). Kortom Boniface verdien alle lof vir sy werk. Hy weet die gees van die oorspronklike goed te bewaar; hy laat sy karakters 'n soepele, lewende Hollands spreek. Op 9 JulieGa naar voetnoot7) volg Luim en Goedhartigheid, Tsp. in 3 Bed. uit die Hoogduits van Bindseil, en Het Misverstand, of Elk is een dief in zyne Nering (vertaal deur v. d. Vyver), in 1 Bed. met sang. Dan kom de Lima op die lappe. Onder 19 JulieGa naar voetnoot(8) word die Amateurs van Honi ens. ‘vriendelyk uitgenoodigd om de lezing en uitdeeling der Rollen van... De Vrouw met twee Mannen (Pixéricourt, vertaal deur v. Ray) en Limaçon de Dichter (Boniface) op 20 dezer... namiddags in het gewoon locaal te komen bywoonen’. Jongehere wat in die Groot Ballet wil meedans word versoek om hulself ten spoedigste te meld. Op 20 AugustusGa naar voetnoot9) vind plaas De Vrouw ens., Tsp. in | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 285]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
3 Bed. uit die Frans van Pixéricourt ‘met geheel nieuwe Decoratien, Kleeding, Muzyk, etc. In hetwelk twee nieuwe Quadrilles, zullen worden gedanst en eindigende met een fraaye Illuminatie en een groot finaal ballet van 48 figuren, meestendeels door kinderen uitgevoerd. Hetzelve zal (uit hoofde van het ballet) voorafgegaan zyn door Limaçon de Dichter (Boniface), Bs. in 1 Bed.’ Intekening is alleen per twee (aparte)Ga naar voetnoot1) voorstellinge. ‘De zware kosten door dit Tooneelstuk veroorzaakt en de onzekerheid die men koestert of deszelfs succes groot genoeg zal zyn om het twee malen achtereen te vertoonen, heeft deze maatregel noodzakelyk gemaakt. De gordyn zal precies om 7 uur opgaan; en daar het stuk en deszelfs ballet redelyk lang zyn, zoo wordt een ieder vriendelyk verzocht om zich deze bepaling van tyd ook ten nutte te maken’. Daar word gewaarsku teen ‘ongenoode gasten’Ga naar voetnoot2). Wat was presies die omstandighede wat tot hierdie hekeling van de Lima gelei hetGa naar voetnoot3)? In 1823 werk hy immers nog met Boniface saamGa naar voetnoot4). Om hierdie stryd, om die persone van die strydendes, om veel van die dramatiese lewe uit hierdie tyd en ook daarna goed te verstaan, is dit nodig om die saak goed na te gaan. Op 27 Oktober '24 verskyn 'n gedig in die Chronicle, in 15 koeplette, deur ‘S.D.L.’ onder tietel van Ieder wordt teleurgesteld. By hierdie gedig het in besonder die angel in die stert gesit. Die laaste vers het gelui: ‘Ja, zelfs het schouwtoneel der zeden,
Waar in de tyd ras heenen snelt,
Wil men tot zyn vermaak betreden
Doch vindt zich ook te leur gesteld.’
Hierdie versie - hoe onskuldig dit lyk - het 'n gevoelige plek van Boniface geraak n.l. sy talryke uitstellinge van opvoeringe. Niks is pynliker as die waarheid nie. Boniface se reaksie hierop is sterk. Hy slaan terug, maar ons voel maar te duidelik: ‘Qui s'excuse, s'accuse.’ Ten eerste volg onmiddellik op die gedig in dieselfde uitgawe - blykbaar het die Redakteur Boniface ondertussen in kennis daarmee gestel - die volgende: ‘In antwoord op dit gerymd of ongerymd stukje, ten minste op deszelfs stroof die het uitstellenGa naar voetnoot5) der Komedie ter bedoeling | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 286]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
schynt te hebben, heeft de Direkteur van het Gezelschap, die den Rymer (want Dichter kan men de man niet noemen, die een' onzer Vaderlandsche Recensenten reeds over zyn ManiaGa naar voetnoot1) bestrafte), aanleiding gaf om weder op zyne veel te laag gestelde Lier te kratsen, slechts aan te merken, dat dit coupletje van zyn eigen maaksel, beslist ten eenen maal hoedanig men over het geheele stuk moet oordelen: “Een schryver hoopt dat men zyn schriften,
Met roem, en eer, en glans vermeld!
Maar ziet zich hekelend beschiften,
En is ook wis te leur gesteld!”’
Ook 'n offisiële verklaring verskyn omtrent die uitstel. Onder ‘Afrikaansche Schouwburg’ word berig: ‘De Directie en de overige Amateurs van... Honi (ens.) met leedwezen vernomen hebbende, de teleurstelling van eenige hunner Intekenaars, wegens het plotselyk uitstellenGa naar voetnoot2) van den Vertooning, die op voorleden Zaterdag stond plaats te hebben; kunnen niet nalaten’ om hul te verseker nie, dat toe smiddags om 3 uur, deur ‘een onvoorzien toeval’ so'n besluit geneem is, ‘een' Bode met een Circulaire’ aan alle abonnees in haas afgestuur is om hul soveel moontlik van die opskorting te verwittig, en as iemand om 6 uur namiddag hiermee of met 'n briefie aan die deur van die Skouburg aangeplak, onbekend gebly het, dit aan tydsgebrek en nie aan versuim te danke was nie. Die voorstelling sal begin a.s. maand plaasvind. ‘De Direkteur van dit Gezelschap die sedert het jaar 1809, altoos gewoon geweest is, zyn personeel belang aan het algemeen vermaak op te offeren, zal alweder trots zyn, te kunnen toonen, dat hem niets ter wereld heiliger is, dan het houden van zyne beloften en het volbrengen van zyne engagementen.’ Onder 3 NovemberGa naar voetnoot3) moet Boniface nogmaals van hom laat hoor - 'n dreigende voorbode van wat de Lima op die toneel te wagte is: ‘De Teleurstelling werd in dit weekblad op l.l. Woensdag zoo meesterlyk bezongen, dat een Liefhebber der Poëzy, zynde door het lezen van dat stuk geheel te leur gesteld geworden, biedt thans in eene dichterlyke geestdrift deze Fransche coupletten over hetzelfde onderwerp met hetzelfde aantal Stanzas, den auteur van het bovengemelde ter vertaling aan. Rira bien, qui rira le dernier. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 287]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Que chez Momus, ou chez Thalie,
Un peuple inconstant et bourn(r?)u,
Désormais à la comedie
N'ira que pour se voir deçu
I. Boncafe.’
Tenslotte berig die Chronicle onder 10 November: ‘De storm die zich reeds lang heeft zaamgepakt, is eindelyk los gebroken, en reeds werkelyk hebben er vyandelykheden tusschen de Heeren Boncafe en S. de L. als vertegenwoordigers der Franschen en Hollanders plaats gehad.’ Die blad wil as bemiddelaar optree; en is dus vir verdere vyandelikhede geslote. Vir ‘bekendmakingen van een vredelievenden aard’ is daar egter graag plek. ‘De tempel van Janus is derhalve gesloten’. Onder 17 NovemberGa naar voetnoot1) verskyn 'n gediggie van ‘Philoteknus’ uit Simonsbaai om weerwraak af te keur; vertroosting aan te raai in die steun van eerlike vriende; oordeelvelling van self skuldige mense af te keur. Sou dit 'n vermaning wees aan die adres van Boniface en de Lima? In 1825 duur die stryd voort, heftig, persoonlik en langdurig, veral aan die kant van Boniface. De Lima is veel beheerster en minder persoonlik. Hy het minder toegeslaan as Boniface, maar raker. Bowendien het Boniface deur sy onbeheerste natuur en oordrywing, homself veel meer blootgestel. Daarenteen kon hy, behalwe wat betref de Lima se uiterlike verskyning en enkele ondergeskikte persoonlike eienaardighede, weinig vatplek aan de Lima kry. Boniface wek eerder die indruk van 'n stampende, magteloos-woedende persoon, as 'n woeste, honende oorwinnaar, hoeseer hy as die laaste wil voorkom. Onder 18 Mei 1825 verskyn 'n brief in die Chronicle van ‘Affront’, wat later blyk Boniface te wees. Hy stel hom voor as 'n ongelukkige Kaapse perd en vra om plaatsing van 'n Rekwest van een oud Paard aan zynen niet jongen Heer. Hy spreek die aan as ‘Beroemde onvermoeyelyke Luchtschermster! ware Luchtbal! en (schoon niet transparant) doorluchtige Heer’! ens. Hy vra gehoor vir sy klagte en ontferming oor sy toestand. Hy is uitbestee by 'n vriend van sy meester wat ‘geen paarden verstand of verstand van paarden heeft’, en hom geen ete gee nie omdat hy rusie met sy meester het. Hy gee die versekering dat hy niks met die herrie te maak het nie en dat ‘de dood van een onschuldig | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 288]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
paard niets veranderen kan aan het ontwerp van twee harde menschenkoppen. Ongelukkige doch steeds toegenegen en Dw. Paard, Affront.
P.S. Verzoekt om 'n beetje haver voor van avond!’
Boniface het dit hier weer met de Lima aan die stok - soos spoedig blyk. Naar die ware toedrag van sake kan ek in hierdie verband alleen gis. Sedert 1 Februarie 1824Ga naar voetnoot1) was Boniface hoof van die pasopgerigte skool van sekere D. van Reenen by Rondebosch. Vermoedelik het hy hierdie baantjie gekry deur voorspraak van de Lima, met wie hy in 1823 nog dik bevriend wasGa naar voetnoot2). Stellig het hy baie vriendskap van de Lima ontvang voor die uitbarsting teen die end van 1824. Hy het selfs onderdak van hom genietGa naar voetnoot3), en was miskien 'n assistent van hom. So word dit duidelik dat Boniface) van de Lima as sy ‘meester’ kan praat, en dat ons in van Reenen die ‘vriend’Ga naar voetnoot4) van sy meester kan sien, by wie hy ‘uitbestee’ is. Dat Boniface in die verdrukking sal kom as sy meester en sy meester se vriend met mekaar rusie maak is begryplik. Die ‘ete’ waarom hy versoek sal agterstallige betaling gewees het. Met ons kennis van de Lima kan ons so'n toestand wel begryp. Stellig was Boniface nie in sy skik met Rondebosch nie. Einde 1825 moes hy die spul daar opgegee het. Onder 6 Januarie 1826Ga naar voetnoot5) vra hy assistente vir die Latynse skool aan die Kaap. Onder 7 MaartGa naar voetnoot6) begroet hy op grappige wyse sy a.s. terugkeer metterwoon in die stad - hy het meer tyd ook vir lesseGa naar voetnoot7). Op 25 April is hy daar ‘den Hemel zy dank’Ga naar voetnoot8). Intussen bly die antwoordGa naar voetnoot9) aan ‘Affront’ natuurlik nie uit nie. De Lyfheer van het Paard Affront gee dit in vier | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 289]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
verse onder die spreuk ‘Mala cuncta dicit, quisquis ingratum vocat’. Hy spaar sy woorde oor die ‘ondankbaarheid’ nie. ‘Vervloekt gedrocht, uit 's afgronds kolken,
Door afgunst, smaad en nyd geteeld;
Gy monster-dier by alle wereld-volken,
Wie schetst wel immermeer uw valsch verfoey'lyk beeld?’
‘Verachting’ van die ‘veinzende gelaat’ word uitgespreek. Deug en plig, waardering van weldaad, godsdienstige gevoel, eerlikheid, ontbreek natuurlik. ‘Gy zyt een vuige hoop van alle lasteringen,
Die zwadder en vergift door long en adem spreidt;
Onteerster van den mensch, een ramp voor stervelingen,
Gy pest der maatschappy, gy heet ondankbaarheid!
Bien vous fasseGa naar voetnoot1). 24 Mei.
Inimicus Ingratitudinis.’
Dis duidelik die skrywer was goed in die leer by Bilderdyk. Taal en styl is tiepies van de Lima; die inhoud word gedeeltelik letterlik deur hom kort daarna herhaalGa naar voetnoot2); ten oorvloede staaf verdere gebeurtenisse sy outeurskap. Origens is dit een van de Lima se heftigste uitvalle. Boniface beantwoord - sy bloed kook natuurlik! - met die volgendeGa naar voetnoot3): ‘Mynheer de Redakteur! Verder verskyn die volgende ‘Bekendmaking’, 'n berig van besondere belang, aangesien ons kan aanneem, dat die werke hierin genoem stellig geskryf is, hoewel waarskynlik nie uitgegee nie. ‘De dichter I. (C?) Boniface, door de algemene ziekte aangetast zynde, is voornemens om binnen kort, zes extracten van zyne werken (Fransch en Hollandsch) naar het voorbeeld | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 290]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
van Q. in the CornerGa naar voetnoot1), te publiceeren. De nummers zullen uitgegeven worden in de volgende orde:
N.B. De twee Tooneelstukken zyn zeer eerbiedig aan eene der Hollandsche Amateur GezelschappenGa naar voetnoot5) opgedragen. De prys van ieder nummer zal zeer gering wezen; om reden dat tegenwoordig L'Esprit n'est pas cher.’ De Lima beantwoord direk metGa naar voetnoot6): ‘J. Suasso de Lima is voornemens de zes volgende werkjes uit te geven, onder de spreuk Bene meritos honora. No. 1. De nieuwe aankomeling, of De straat tussen Rossika en Sardinië, een Fragment in rym. No. 2. De noodlottige advanturier, of Don Quichot in de vlakteGa naar voetnoot7), een los ontwerp, in rym. No. 3. De dwalende Robbert, een heldenzangGa naar voetnoot8) (N.B. in tooneelgewaad). No. 4. De man in vier gedaanten, of Musicus, Acteur, Gaskonjer en TaalmeesterGa naar voetnoot9), Bs. in 1 Bed. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 291]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
No. 5. De dolzinnige Wandelaar, of Een nieuwe reis op de Tafelberg, een dichtstuk. (Rym)Ga naar voetnoot1). No. 6. Het Prozaïsch Paard, of De Satirique Gek, in tweestryd met een poëtischen EzelGa naar voetnoot2), half proza half poëzy. N.B. By inteekening, uit hoofde dat de rymer bevreesd is voor het weinige debiet’. Hierdie laaste sin was eerlik. Maar dit was nie takties nie. Boniface beantwoord dan ook metGa naar voetnoot3): ‘Nota Bene!!! En enkele dae tevore was Limaçon de Dichter vir opvoering aangekondigGa naar voetnoot6). In hierdie lig moet Limaçon gesien word, ook die Kindergeselskap van de LimaGa naar voetnoot7). Jammer genoeg is die Hollandse kritiek by die geleentheid van die voorstelling nie geplaasGa naar voetnoot8) nie. Die Engelse was alreeds geset. Gemeld word datGa naar voetnoot9) ‘a numerous and respectable audience’ aanwesig was, ten spyte van die slegte weer. ‘The performers went through their parts with great credit to themselves,... The music was excellent, and the little troops of dancers greatly delighted the company.... frequently.... | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 292]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
shouts of applause, especially at the brilliant spectacle at the Groot Finaal. We cannot but individualize Julius (die jonge Meurant - F.B.Ga naar voetnoot1)) who is always a favourite with the public, and who did not fail to amuse the audience; but Isidorus Fritz (M.C. WolffGa naar voetnoot2) was inimitably well managed, and his expressions of countenance and attitudes characterise him a great observer of nature’. Van Limaçon word niks meegedeel nie. Die groot gehoor en ander getuienisGa naar voetnoot3) maak egter duidelik dat dit groot opsien verwek het. 'n Zamenspraak tusschen Limaçon een Dichter en een Prozaisch Gaskonjer deur de Lima, word aangekondig op dieselfde dag as die kritiek verskyn. Hierin pak de Lima vir Boniface aanGa naar voetnoot4). Boniface beantwoord met 'n ‘Alleenspraak’: De Twee Slakken, of Limaçon Sen. en Limaçon Jun. Naar vorm, gedeeltelik dramaties, en naar inhoud, is beide stukke baie belangwekkend. Baie persoonlike mededelings van die twee hoofpersone kom daarin voor. Ons kry 'n besonder skerpe kyk op die standpunt en gedragslyn van albei. Sterk lig word gegooi op hul onderskeie karakters. Die vernaamste kenmerke van hul werk tree voor die dag. Beide stukke is betreklik kort. Elders laat ek hul volledig volgGa naar voetnoot5). Neem die samespraak van de Lima. Die waardige toon hiervan val op. De Lima veroordeel Boniface uit 'n hoë sedelike standpunt. Boniface se ondankbaarheid en lastersug word veral gelaak. De Lima se persoonlikhede raak onaangename karaktertrekke van Boniface vir sover de Lima self of die publiek daaronder te ly het. Ongemotiveerde, gewoon persoonlike uitskellery is dit nie. Verder is de Lima se taal suiwer en ryk. Daar sit vrywat tiepering in sy twee karakters. Neem nou Boniface se antwoord: De Twee Slakken. Die toon hiervan verskil radikaal met die van de Lima. Boniface wil sy vyand met bytende spot vernietig. 'n Enkele maal kry hy miskien iets van 'n ‘bon mot’ tereg. Oor die geheel egter is die stuk niks anders as 'n stroom van minderwaardige fel-persoonlike uitskellery of geforseerde geestighede nie. In hoofsaak moet die bloot uiterlike van de Lima dit ontgeld! Verder is de Lima se grootste sonde dat hy 'n ‘Rymelaar’ is! Karakter-openbaring is die stuk veral - van Boniface self! | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 293]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Wat 'n onbeheerste kwesbare natuur moes hy besit het. 'n Mens kry jammer vir hom dat hy soveel gal moes uitstort om so weinig te bereik. Boniface se styl is lewendig, maar sy woord- en sinsgebruik toon duidelik sy Franse herkoms aan, b.v. woorde en uitdrukkinge soos ‘favorite huisgewaad’, ‘Rhetorique’, ‘om affaires in de stad gelokt zynde’, ens. Leersaam is wat Boniface meedeel oor die stuk Limaçon self. Dit heet eintlik De Intrigue aan het venster en is van Kotzebue. Boniface sou alleen 'n paar ondergeskikte veranderinge aangebring het om de Lima 'n bietjie te bespot. Immers sê hy, as hy werklik de Lima krachtig wou aanpak sou hy 'n oorspronklike stuk geskryf het, heel wat anders van inhoud! 'n Stuk van drie bedrywe wat speel in Holland, Indië en Afrika. Ongeveer tien jaar later skryf Boniface werklik 'n stuk oor de LimaGa naar voetnoot1). Maar die heele opset is verander, hoewel hy die verskillende feite weet in te bring. Hoër as in De Twee Slakken styg die toon dan nie; inteendeel dit val eer laer. Moontlik het Boniface iets verder geskryf onder skuilnaam van Vyfstar of Wraak. Hierop sou 'n Antwoord aan Vyfstar of Wraak, tesame met 'n antwoord aan die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift wat de Lima se verdediging van toneel afgekeur het, kon geslaan hetGa naar voetnoot2).
Om terug te keer tot die groot gang van Honi se geskiedenis. De Vrouw ens. was populêr. Op 3 SeptemberGa naar voetnoot3) word dit op besondere versoek herhaal, met ballet natuurlik. Die Direkteur moet daarop wys dat alleen die lengte van hierdie stuk, met ballet, die opvoering van 'n nastuk verhinder. ‘Doch daar het eenige kluchtige Praatjesverkoopers behaagd heeft te vertellen, dat het nog eens vertoonen van Limaçon, de Dichter, ware verboden geworden, zoo vindt hy zich genoodzaakt om een ieder te verzekeren, dat dit gerucht geheel ongegrond en logenachtig is. Tot voorkoming van misverstand word intekenaars verwittig dat die weeropvoering van hierdie stuk 'n afsonderlike voorstelling is, nie die twede nie waarvoor ingeteken isGa naar voetnoot4). Hierdie twede voorstelling volg op 24 SeptemberGa naar voetnoot5) en bestaan uit De Papegaai(y), Tsp. in 3 Bed. van Kotzebue, en Het Huwelyk van Jocrisse (uit die Frans deur Fallée), in 1 Bed. Bedekte konkurrensienyd kan ons in die volgende berig | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 294]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
sien. ‘De Dirigerende Leden van... T.N. en V. (ten minsten die geenen welke de Representatie van morgenavond zouden wenschen by te wonen), worden vriendelyk verzocht om zich met den inhoud van eene circulaire aan hun gerigt, bekend te maken’. By hierdie voorstellingGa naar voetnoot1) was 'n ‘talryke menigte aanschouwers’ aanwesig, w.o. die Goewerneur en ander ‘voorname persoonen. De Decoratien en acteurs lieten niets te wenschen overig (sic! - F.B.), en de aandacht der aanschouwers was zoo gespannen, dat men geen het minste geritsel hoorde. Wy vernemen dat gezegd Gezelschap voornemens is de volgende reize een Engelsch kluchtspel op te voeren. Wy hebben reeds een door dit Gezelschap zeer wel uitgevoerd Fransch stuk bygewoondGa naar voetnoot2), en hopen dat hetzelve in deze onderneming even gelukkig slagen zal’. In Engels heet dit: ‘It is highly creditable of the talents and good sense of this amusing company of amateurs, that they have resolved to be the first of the colonists to introduce the English language in the Cape Theatre... They may be assured of a full house and candid hearers’. Boniface het geweet hoe die wind waai - en die Engelse ook! Hierdie betekenisvolle gebeurtenis as laaste voorstelling van die jaarGa naar voetnoot3), vind plaas op 15 OktoberGa naar voetnoot4). Die voorstelling is opgedra aan, en ‘allervleyendst en aanmoedigendst’ aanvaar deur lady Somerset. Gespeel word De Vrouw ens. (Pixéricourt vertaal deur v. Ray) ‘met geheel nieuwe Decoratie, costumes, Muzyk enz. en in welk 2 nieuwe Quadrilles zullen worden gedanst’. Verder by hierdie ‘eerste poging om alhier in de Engelsche taal te spelen’, vind plaas The Liar, Bs. in 2 Bed., deur Sam. Foote, ‘eindigende met het groot finaal ballet van 48 figuren, meestendeels door kinderen uitgevoerd en de brilliante en verbeterde illuminatie’. Weer verskyn die eienaardige berig aan T.N. en V., vermeerder met ‘zoo talryk als die ook thans zyn mogten’, en ‘een niet rondgaande (circulaire)... dezelve met hunne naamteekeningen te honoreeren’. Van hierdie voorstelling bestaan 'n handbiljet in die Kaapse Openbare Bibliotheek, volledig tot in alle besonderhede. Die handbiljet is die twede van Honi wat ons hetGa naar voetnoot5). Dit is van besondere waarde vir die mededelings omtrent die spelers en balletdanse wat dit ons verskaf. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 295]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Van De Vrouw (Pixéricourt) word meegedeel:
Boeren en Boerinnen doorwelke de Eerste Quadrille (De Vrouw, enz.) wordt gedansd:
Twede Quadrille (De Man, enz.):
Van The Liar ens. (Foote) was die rolverdeling:
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 296]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
En dan | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Ballet.Eerste Introductie.
Hornpipe: - De Heer M. Pentz Jun. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Tweede Introductie.1. Vier Jonge Heertjes en Vier Jonge Juffertjes: -
2. Vier andere Jonge Heeren en Vier andere Jonge Juffers: -
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Solos.
Pas de Deux.
Pas de Trois.
Pas de Quatre. De Heeren: W. Burnet, J.H. Wagner, De Jongejufrouw A. Siegruhn en J.C. Geyer. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 297]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Groot Finaal.
N.B. Daar tot het leedwezen van het Gezelschap zelve, de tooneelschikkingen voor het ballet enigszins talmend zullen zyn, verzoekt men echter van de kant der Aanschouwers een weinig geduld, en dat uit eerbied voor de voorname persoone aan wie deze Repres. is toegewyd, eene decent stilte mogt worden in acht genomen!’ Die verslag van die voorstelling lui:Ga naar voetnoot1) ‘Wy kunnen met regt zeggen dat de Amateurs zich meesterlyk van hunne rollen in beide stukken kweeten, welke door een onophoudelyk handgeklap werd goedgekeurd. In het voorstuk vertoonde zich een troep dansers welke ruikers in de boxen (geoccupeerd door Lady Charles en Miss Somerset, Sir Rich. Plasket, enz.) en parterre wierpen, hetwelk niet weinig toedroeg tot het vermaak van den avond. Na het afloopen der beide stukken was het Tooneel zeer prachtig verlicht, en de jonge troep begon het ballet, dat zeer veel genoegen verschafte’. Dis duidelik: 1825 moet 'n baie suksesvolle jaar vir Honi gewees het, ewenas vir T.N. en V. Vir Honi was dit verder 'n hoogtepunt. Hierna begin die aftakeling. Die vertrek van Lady SomersetGa naar voetnoot2), wat die geselskap altyd trou ondersteun het, sal stellig 'n meewerkende faktor gewees het. Onder 28 Februari '26Ga naar voetnoot3) gee Honi kennis dat hulle voornemens is ‘dit jaar twee Representatien in 't Hollandsch en twee in 'n Engelsch te geven, welke beurtelings zullen plaats vinden’. 'n Hollandse en 'n Engelse intekenlys sal rondgestuur word, met keuse van intekening op twee of vier voorstellinge. Die eerste voorstelling, in Hollands, sal begin April plaasvind. Die Engelse blyspel The Miser, naar Moliére, word te leen gevra, Houtstraat 33. Die besitter ‘kan verzekerd zyn dat gezegde stuk onbeschadigd en met dank aan hem zal worden geretourneerd’ - 'n veelseggende versekering! | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 298]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Onder 14 MaartGa naar voetnoot1) betuig die geselskap sy hartlike dank vir die onbekende persoon wat ‘op zulk eene heusche wyze’ The Miser te leen gegee het. ‘Een vry Entree-Billet, voor dit gansche Saisoen, zal ter dispositie leggen van den geen die in staat zal zyn om eene beschryving van het boek, zoo wel als eene voldoende oplossing van de Initialen L.O.D. waarmede het briefje dat het boek vergezelde, is ondertekend, aan de Directie van Genoemde Gezelschap te geven’. - Die Intekenlyste is ope en die eerste stuk sal De Twee Grenadiers (Patrat vertaal deur Kup) wees. Op 30 AprilGa naar voetnoot2) volg Het Toegemetselde Venster (Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop), Tsp., in 1 Bed. uit die Hoogduits, en De Twee Grenadiers, of Het Misverstand, Bs. in 3 Bed. uit die Frans van Patrat (vertaal deur Kup). Van die ander opvoeringsplanne van Honi word niks verneem nie. Sou dit in duie geval het? Dis moontlik. Immers die regterhand van Boniface, die horlosiemaker en handelaarGa naar voetnoot3) Rouvière, verlaat die KaapGa naar voetnoot4). Hoe dit sy, vroeg in 1827Ga naar voetnoot5) roer die geselskap hom alweer. Die eerste voorstelling vir die seisoen, in Engels, word aangekondig in die loop van Mei met The Fashionable Lover, Tsp. (Comedy) in 5 Bed. deur R. Cumberland, en Botheration, or (A) Ten Years' Blunder (Walley, Chamberlain en Oulton), Ks. in 2 Bed. ‘De Directeur van dit Gezelschap maakt staat op de assistentie van die Heeren Amateurs wier talenten en verkleefdheid hem van ouds bekend zyn; en steunt insgelyks op de medewerking van die Engelsche Heeren, welke hem by eene vroegere gelegenheid zoo vriendelyk hunne hulp hebben aangeboden.’ TenslotteGa naar voetnoot6) vind die voorstelling plaas op Dinsdag 12 Junie. Boniface het self die lyste in handeGa naar voetnoot7). Vir 1827 word niks vermeld nie. Sou dit, soos elders, deels aan die slegte beriggewing van 1827-'28Ga naar voetnoot8) gelê het? Waarskynlik nie. Boniface se finansiële toestand het baie sleg geword. Weens bankrotskap word in Junie 1827Ga naar voetnoot9) ‘eenige komediekleederen enz. en boeken’ van hom verkoop; ja, tot sy tee- | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina t.o. 298]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
(Foto A. Elliott, Kaapstad).
Tietelblad van De Nieuwe Ridderorde of De Temperantisten. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 299]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
en tafellepels toe daarnaGa naar voetnoot1). Begin 1829 is sy bankrotskap nog nie opgehef nieGa naar voetnoot2). Uit die aard van die saak moes hierdie toestande ongunstig gereageer het op sy toneelbedrywigheid. Behalwe die volgende voorstelling uit 1828 sal weinig of geen plaasgevind het nie. Eind JulieGa naar voetnoot3) word berig: ‘The South African Amateurs return thanks to those ladies and gentlemen who favoured them with their company on the 22nd inst., and beg to apologise for the interruptions experienced during the Evening, but to assure them that precautions will be taken to prevent their repetition for the future. They further beg te notify that the celebrated Melodrama of Lodoiska (Kemble) is under preparation, and will be brought forward, with entire new Scenery and Dresses in the course of the ensuing month.’ Op 3 SeptemberGa naar voetnoot4) word bevestig dat ‘Lodoiska and other Entertainments will take place in about ten days.’ Dit is die laaste hoor van Honi. As Boniface later weer laat speel (1833) heet sy geselskappe andersGa naar voetnoot5). Ander bedrywighede neem Boniface intussen in beslag, bedrywighede waaruit tenslotte Boniface se hernude toneelaktiwiteit voortspruit. In 1828 het Boniface beëdigde vertaler gewordGa naar voetnoot6). In 1829Ga naar voetnoot7) skryf hy die geskiedenis van L'EoleGa naar voetnoot8). In 1830 word hy medeoprigter en eerste redakteurGa naar voetnoot9) (tot OktoberGa naar voetnoot10)) van De Zuid-Afrikaan. Eind 1831 was hy kort maar ernstig siek, en ondervind by hierdie geleentheid baie belangstelling van die kant van die publiekGa naar voetnoot11). Hierdie belangstelling kan pleit vir 'n sekere mate van maatskaplike aansien en populariteit. Dit alles, tesame met sy taal- en musiekmeesterskap, veral tesame met sy noodsaaklikheid vir finansiële herstel, kan voldoende verklaar waarom Boniface enkele jare volkome afsydig van die toneel staan. Die jaar 1832 lui die nuwe periode van Boniface se dramatiese arbeid in; in hierdie jaar enkel op literêre gebied, van 1833 ook op speelgebied. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
g. De Temperantisten.In 1832 was die Kaap in rep en roer oor kragtige Metodistiese pogings om drankbestryding te bevorder. Veral die Hollandse bevolking voel hulself tot verset teen hierdie pogings genoodsaak. Boniface vind homself gedwonge hieraan uiting te gee. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 300]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Sy ou liefde vir hekel en spot in dramatiese vorm kom weer bo. Hy styg van persoonlike tot maatskaplike hekeling. Met De Temperantisten rehabiliteer hy homself as mens en kunstenaar volkome, in één slag, in die oë van die grote Kaapse publiek. Met sy persoonlike en dramatiese naam in ere herstel, gaan hy 1833 oor tot die stigting van 'n geselskap. De Temperantisten is 'n mylpaal in die geskiedenis van toneel en lettere aan die Kaap. Dis die oudsbestaande oorspronklike dramatiese werk in Suid-Afrika; dis, gedeeltelik tenminste, die oudste monument van doelbewus geskrewe literêre AfrikaansGa naar voetnoot1). Dis bowendien die eerste direk-bewuste hekeling van maatskaplike toestandeGa naar voetnoot2) in die Hollands-Afrikaanse letterkunde. Die stuk is nooit gespeel nie. Dit was ook nie die bedoeling nie. Allesins egter verdien dit noukeurig die aandag. Die ‘kluchtspel’ is opgedra ‘aan een gruwelyk gehoond en gelasterd volk, dat nogtans aan de Stichters zelven, van de Temperance Society het voorbeeld van Matigheid... zou kunnen geven; - aan de Zuid-Afrikaanse Kolonisten.’ Die ‘Voorberigt’ moet veral ‘geen uitheemsche lezer overslaan’ nie. Die skrywer begin deur die woord ‘Temperance of Matigheid’ te verklaar. Dis van die ‘Humbug geslacht.’ Dit beteken totale onthouding van brandewyn en ander gedistilleerde dranke; weinig of geen gebruik van wyn. Met hierdie woord ‘Matigheid’ is meestal die woord ‘Society’ of ‘Genootschap’ verbonde. Boniface toon uit 'n geleerde skrywer aan hoe sulke ‘Societies’ 'n besondere voorliefde van die Engelse is, 'n ras baie ‘susceptible de s'abandonner aux conceptions les plus extravagantes.’ Die Kaap is eweneens ‘Razend Sociable’. Alleen die geraasmakende ‘Temperance Society’ het egter sy (Boniface) ‘slapende Muse opgewekt’. Die hele gedoente sê hy, het begin met die koms van 'n Amerikaanse fregat op 6 Desember 1831 in Tafelbaai. Die ‘Reverend Kapelaan’ daarvan het die smeulende vuur van drankbestryding à la Yankee, van die Kaapse ‘Doctors en Reverends’, aangeblaas. Vir 26 Januarie 1832 word deur middel van die ‘berugte’ South African Commercial Advertiser 'n ‘Public Meeting’ in die Beurs aangekondig. Die meesopvallende kenmerk van hierdie matigheidsvergadering was die onmatigheid, in gedrag, van die deelnemers. Die gehoor het hulself aan geraas, die sprekers, in besonder die ‘Reverends’, hulself aan persoonlikhede, teen die antimatigheidsgenootskappers te buite gegaan. Toe o.a. een | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 301]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
spreker, 'n teenstander, net die woord ‘Chastity’ gebruik, het 'n twintigtal ‘English Ladies’ die vergadering verlaat. Belaglik! Die middel om dronkenskap, by Hottentotte inbegrepe, radikaal te genees, sou bestaan in onthouding van alle sterke drank, in matige gebruik van wyn. Mondeling en skriftelik word so'n belofte afgelê. Die leiers van die gemeenskap moet voorgaan hierin. In besonder word veel van hulle voorbeeld verwag. Verwaande, blinde en belaglike denkbeelde noem die skrywer hierdie opvattinge. Dis alles alleen self-advertensie en pedanterie. Die redevoeringe van hierdie ‘Reverends’ bestaan uit ‘ratelende verbiage (van) ongerymdheden, laffe stories en onwaarheden.’ Die algemene benaming Cape of Good Hope Temperance Society is die suiwerste vrypostigheid vir so'n ‘magere corporatie.’ So'n genootskap is totaal onnodig aan die Kaap. Dit wek 'n valse indruk en is niks as ‘libelleus’ teenoor die blanke bewoners van Suid-Afrika nie. Matigheid is altyd een van hul kenmerkendste deugde gewees. Die skrywer se aanval op die ‘Matigheids Genootschap’ is ‘een loutere Caprice’. Hy behoort aan geen faksie nie. Maar hy is reeds buikvol van die heersug, die Theocratia van 'n aantal yverzuchtige ‘leegloopers onder den...dekmantel van Godsdienst en Philantropie’. Vir hulle wil hy aan die kaak stel. Die wanverhouding van die twee eerste bedrywe met die twee laaste, sê hy, is te wyte aan die feit dat die eerste tonele reeds in die pers was, voor die skrywer nog self geweet het hoe die stuk sou eindig. Die stuk is ‘een gebrekkig kind,’ wat hy sonder bekommering in die wêreld stuur. ‘Het moet gelyk zyn vader zyn fortuin zoeken.’ In die voorberig het Boniface dus duidelik gemaak wat aanleiding gegee het tot sy stuk. Hy het sy lesing gegee van die stigtingsvergadering van die Matigheidsgenootskap. Dis die spil waar alles om draai. Ek gee dus, voor ek tot 'n beskouing van die stuk oorgaan, die verslag weer soos dit in die Commercial Advertiser van 17 Desember '31; 1 en 8 Februari '32 ('n blad aan die kant van die Genootskap) te vinde is. Kennis hiervan is onontbeerlik vir 'n juiste begrip van die stuk; nie die mins om die vernaamste persone daarin te herken nie. Daaruit blyk dat by die stigtersvergadering van 28 Januarie eerw. Hough in die stoel was. Dr. Philip het in 'n lang rede en in baie lewendige taal die kwaaie gevolge van dronkenskap geskilder, Amerika tot voorbeeld opgehou en die matigheidsbeweging onder die Hottentotte geprys (vgl. Boniface). Dr. Bailey het gewys op die vele gevalle van ‘Delirium Tremens’ in die Somerset-Hospitaal (van- | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 302]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
daar die naam vir hom by Boniface). H. Buckton het op humoristiese wyse gewaarsku teen oor Venus struikel deur van Bacchus af te val, en het hom daardeur 'n storm van verontwaardiging en belediginge op die hals gehaal, in besonder van eerw. Pears op die vergadering (later ook in die Commercial Advertiser van Fairbairn). Ook het hy met sy woorde, die dames op die vlug geja (vgl. Boniface). H. Ross was bly dat die dames vertrek het; hy reken dit was alleen 'n plan om die debat te stuit en wil openlike bespreking hê. Eerw. Pears vra verskoning aan Buckton en steun Ross. Die Prokureur-Generaal help orde in die vergadering bring. Dr. Adamson, dr. Fairbridge, die heer Pillans praat as medestanders van die beweging. Kapt. Stöckenstrom wys o.a. op die skandelike tonele van dronkenskap op dorp en platteland. Ook die here Hutchison, Adamson (weer), dr. Oakes en die heer Rutherford voer o.a. die woord. Hierna lewer dr. Macartney 'n rede waarin hy matige gebruik van alle drank verdedig (vgl. Boniface) teenoor sy kollegas. Hy eindig met ‘You may be all very wise and your plans very fine, But believe me my friends, there's nothing like wine.’ Die Prokureur-Generaal hou 'n dubbelsinnige rede. H. Ross is teen onmatigheid, maar sien geen heil in so'n genootskap nie. Indien iets gedoen word moet dit radikaal wees. Hy is reeds 31 jaar in die Kolonie en het nog nooit 'n Afrikaner dronk gesien nie. Die heer A. M'Donald beweer op heftige manier dat daar geen behoefte vir 'n matigheidsgenootskap aan die Kaap is nie. Die heer W. Bird vind 'n matigheidsgenootskap onnodig. 'n Mens kan dieselfde bereik deur reedsbestaande instellinge. Hy beweer dat al genoeg gedoen is om hul gewete vir 50 jaar gerus te laat inslaap.
Die persone van die stuk heet (vir die mededelinge in die voetnote het ek 'n dankbare gebruik van Greig se Almanak van 1832 e.v. gemaak):
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 303]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 304]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Hottentotten onlangs tot de orde ingelyfd.
Klaas Galgevogel. Hans Droogekeel. Piet Dronkelap. Dampje Waterschuw. Manus Kal(k)fachter, een Representant van het volk van Bethelsdorp, naar de Kaapstad afgezonden om aan de Broederschap hulde te doen, en tot Ridder te worden geslagen. Griet Drilbouten, zyne Gemalin. Drukkers, Letterzetters, Knechten, Settlers en Philipynen.’
Die stuk speel in Kaapstad, ses maande na die vorming van 'n Matigheidsgenootskap aldaarGa naar voetnoot4).
Die inhoud van die stuk is as volg: Quizz en Call-his-Son is vir die grootste deel van die eerste bedryf in gesprek. Hulle laat ons die wrok sien van die Anti-Temperantiste oor die beledigende behandeling wat hul in die openbare stigtingsvergadering van die genootskap ondergaan het, veral Quizz aan die hande van Muilpeeren. Wrok ook oor die voorlopige oorwinning van die Temperantiste, die ‘doortrapte huichelaars.’ Kalfachter en Grietje Drilbouten van Bedelsdorp (Bet- | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 305]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
helsdorp - F.B.) kom op en verneem in die suiwerste Afrikaans naar die ‘Onion’ van die ‘Malligheid-Gewerskaf’ (‘Matigheids-Genootschap’, wat die skrywer 'n geleentheid gee om verder te sinspeel op die ‘kluitjes’ (leuens - F.B.), nie die ‘Onions’ van mnr. Humbug nie). Bethelsdorp wil ook so 'n genootskap hê, ‘om de pret, ziet Minneer? - niks as om de pret, maar’. Galgevogel kom op en sal hulle naar die ‘Union’ neem. Riddersporen probeer aan Quizz 'n brief van Muilpeeren besorg, maar Quizz weier absoluut iets met laasgenoemde te doen te hê en loop in woede weg. Hy praat van hul ‘Jesuitisch leugen en lasterachtig Commercial Advertiser Uw gansch Genootschap bestaat alleenlyk uit dweepers, dromers en dwaazen.’ Riddersporen en Muilpeeren (wat erken dat die helfte van sy optrede gewoon ‘Comediestreken’ is) besluit om die brief, wat versoening beoog, op die grond te laat lê in die hoop dat iemand dit sal vind en aan Quizz besorg. Issegrim, kom op en raak in gesprek met Riddersporen en Muilpeeren. As opregte Ier verdedig hy die gebruik van die weldadige drank teenoor ‘laffe water’; ook terwille van die koloiale handel. Riddersporen en Muilpeeren gaan weg. Issegrim in alleenspraak, praat oor die dwaasheid ‘van 'slands welvaart te vernielen... onder voorwentsel van een aantal leeglopende Emigranten, alsmede het lieve Hottentots geslacht het onmatig drinken af te leren’. Hy sien die brief op die grond en besluit om dit aan Quizz te bring. Going-Gone kom driftig op. Hy praat met Quizz; noem die ‘Temperance’ gedoente alles ‘humbug.’ Hy gebruik deur-'n-tyd die uitdrukkinge ‘no advance... going... gone’, wat natuurlik die aanleiding tot sy naam is en as 'n identifikasieteken vir die groot publiek dien. Issegrim vaar teen die genootskappers uit as ‘waanwyzen’ en ‘eerbegerigen’. Going-gone, as brandewynstoker, wil hulle vir skadevergoeding dagvaar omdat hulle ‘Brandewynstokers’ as Gifmengers bestempel het. Issegrim raai hom dit af. Al verloor die Temperantiste die saak sal hulle tog nie ophou nie. Maar hy raai hom aan om Quizz te gaan spreek. Miskien weet hy 'n ander plan om die Temperantiste te takel. Hy vra hom om die brief mee te neem en gaan weg. Going-gone vertrou die saak van die brief nie. Hy wil Andrew Everdry, wat daarlangs kom, oorhaal om die brief naar Quizz te neem. Hierdie emigrant en leerling ‘Tumberlantist’ (toespeling op Tumbrel = Beker - F.B.) vertrou die saak ook so dadelik nie. Hy neem 'n baie astrante houding aan soos dit iemand pas wat 'n navolger is van die metode à la vuis van Muilpeeren. As Going-gone hom | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 306]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
oortuig dat hy miskien 'n fooi van Quizz kan kry, en hom bowendien goed op brandewyn trakteer, willig Everdry in. Ede om geen brandewyn te drink nie is immers van geen betekenis nie; daar word teenswoordig ‘mee-gemorst.’ Intussen het Everdry die brief oopgemaak. Ons maak kennis met die inhoud daarvan. Muilpeeren gaan gewoon op sy knieë om Quizz ekskuus te vra. Hy nooi Quizz selfs uit op 'n maaltyd by hom. Die twede bedryf begin met 'n geheime komiteevergadering van die Temperantiste. Deur die wangedrag van sommige lede begin hul in aansien verloor. Gevalle word behandel. Jack O'Groggy sal weens dronkenskap gerojeer word. Dr. Delirium Tremens wat in die openbaar twee dosyn bierglase gekoop en daarby gesê het dat hy Punch daaruit in die winter meen te drink, se glase moet gekonfiskeer en hyself skriftelik berispe word. Kalfachter, alhoewel deur spieritus besoedel, omrede van die feit dat Galgevogel hom naar die ‘Union Tavern’ i.p.v. die ‘Temperance Union’ geneem het, sal tog as afgesant van Bethelsdorp as Ridder in die Orde opgeneem word. Andrew Everdry, aangekla in grappige Duits-Hollands van Druiloor, word aangemerk as deserteur weens sy brandewyndrink met Going-gone. Jopie Melchior van Kortenek, wat nog daagliks handel drywe in brandewyn en dit selfs proe; en Rector Muilpeeren wat pruime, in brandewyn gelê, geëet het onder die kwinkslag dat dit verbode was om brandewyn te drink maar nie om dit te eet nie, sal beide hulself voor die vergadering moet regverdig of gestraf word. Tenslotte word O'Groggy en Everdry se gevalle opgeskort en 'n amendement aangeneem, wat spieritus met water gemeng vir Temperantiste toelaat. Tussendeur die behandeling moet blyk dat Krikie se belangstelling in die genootskap enkel uit 'n besigheidsverlange ontspruit. Die suiwer water wat die Temperantiste volop gebruik is die pure jenewer. Ds. Humbug verheug hom aanhoudend dat die oortreders van die ‘Europische ras’, nie Hottentotte is nie. In die derde bedryf is O'Candid en Macthirsty aan die skaak. Loveclaret sit daarby. Hulle ontken wat die Temperantiste betref dat ‘They are all very wise and their plans very fine,’ maar is dit hartroerend eens dat ‘Believe me, my friends, there's nothing like wine’ - en brandewyn! Spotvogel kom by. Hy vertel van die afdwalers uit die geledere van die Temperantiste; ook dat Quizz en Muilpeeren versoen is en saam die volgende vergadering toe gaan; en dat Kalfachter sal ingewy word. Hyself het | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 307]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
gesorg om by die ope vergadering te kan wees. Hy wil die Temperantiste so 'n bietjie beloer. Melchior kom binne en word tot die drink van brandewyn verlei. Hy beloof Macthirsty tot die ope vergadering toe te laat. Hulle neem Melchior in die maling om die breek van sy belofte, maar versteek hom darem as sy kollega-Temperantis, Delirium Tremens, binne kom Ook diè word tot die drink van Punch verlei. Hy en Macthirsty raak in 'n geweldige stryery oor die kwaaie gevolge van drank. Macthirsty beskuldig Delirium Tremens van oordrywing in sy argumente; self toon hy die goeie kant van drank aan. Hulle word tenslotte baie persoonlik; Macthirsty voel beledig en sin op wraak. Spotvogel vertrek met Delirium Tremens. O'Candid wat ondertussen weg was, kom terug en vertel Macthirsty van 'n plan van die Anti-Temperantiste om die Temperantiste tot skande te bring. Die plan is as volg. Die Temperantiste word as voorbereidende maatreël te ete gevra by anti-Temperantiste. Die sal sorg dat hul goed bedrink gemaak word. Daarna sal die anti-Temperantiste naar die ope vergadering van die Temperantiste gaan wat na Kalfachter se inwyding plaasvind. Die Temperantisteoortreders sal in die ope vergadering voorkom. Hulle mag verdedigers hê. Die sal uit anti-Temperantiste bestaan. Hulle sal van die geleentheid gebruik maak om die Temperantiste te ontmasker. Ons woon 'n bakleiery by tussen Waterschuw en Galgevogel. Droogekeel en Dronkelap probeer keer, maar met weinig sukses. Dronkenskap is natuurlik die oorsaak van alles - alhoewel die betrokkenes lede is van die Orde! Die spul wil hul verbroeder met Druiloor as een van hul ‘Zelschap’. Hy loop verontwaardig weg! Die ander gaan weer drink. Sipdrams kom hoogdronk op. Hy en Waterschuw, wat agtergebly het, gaan broederlik gearmd vergaderingtoe, Sipdrams al singende ‘Give me Woman, War and Wine’. In die vierde bedryf word Kalfachter, in geslote vergadering, onder allerlei uitvoerig-beskrewe, geparodiëerde ridderlike gedoente, tot Ridder in die Orde ingelyf. Kalfachter self het van alles natuurlik die minste begrip! Ds. Humbug jaag die aanwesige settlers en Hottentotte weg as te sleg in vergelyking met sy Betheldorpse eksemplaar, Kalfachter. Die ridders verlaat die saal om hul te gaan verklee. Kalfachter hou Krikie teë om te hoor wanneer sy vrou geridder word. ‘Zy moet mus ook belet worde om geen zoopies meer te drink.’ Hy moet verneem dat vroue nie geridder word nie. Kalfachter verslae, bly alleen agter. Hy besluit om | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 308]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Grietje te probeer dietsmaak dat sy in dieselfde bootjie as hy is, ‘dat zy ook geen brandewyn meer mag proeven; en dat zy stom, blind, doof en schurft zal worden as zy maar effentjes durf... Grietje (wat haar by die aanvang van die verrigtinge onder die tafel versteek het met een van die kraffies water van die Temperantiste, dus met jenever by haar - F.B.), het tafelkleed oplichtende en haar hoofd van onder de tafel uitstekende. Ja, morgen bak wy! - Grietje zal zeggen dat jy dat lieg! - want ik had alles gehoord. (Zy kruipt uit).
Kalfachter, geheet verslagen.
O vader Dampie, help ons dan maar!
Grietje, in hare handen slaande.
En Grietje zal voor jou uitlache, en gaar geen drop water meer zuip; aspres nou om jou te vererge! (Zy slingert)!
Kalfachter.
Ach foei toch, Grietje! - Heb jy dan nie gezien watter belofte ik daar strakkies hat moete doen, nie? Heb jy dan geen hart in jouw lyf?
Grietje.
Wat raak my jouw belofte? - Ik hat niks nie gebeloof nie! - Ikke nie’.
So'n toestand is vir Kalfachter totaal onhoudbaar, veral waar hy merk dat die ander ridders onder die skyn van water, jenewer drink. Hy vertrek met Grietjie om sy ‘takkelasie’ te verkoop en sopies te drink! Die ope vergadering vind plaas. Die oortreders van die reglemente moet voor die Ridders verskyn. Die Ridders self is net goed aangedaan (as gevolg van die maaltyd), veral Ds. Humbug en Sir John Brute. Al die teenstanders is aanwesig in die vorm van publiek. Humbug hou in gloeiende woorde aan sy gehoor die kwaaie gevolge van dronkenskap voor - hoewel hy self ver heen is! Die gevalle van oortreding kom op die tapyt. Issegrim verkry vir Everdry 'n ligte vonnis, op grond van die feit dat as water met brandewyn gemeng, geen water meer mag heet nie, dan mag brandewyn met water gemeng, ook geen brandewyn meer heet nie. Macthirsty se ongevraagde verdediging van Delirium Tremens, wat boos weggeloop het toe hy sy onvermoede beskuldiging | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 309]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
hoor, is aanvanklik 'n ‘damn with faint praise’ van die beweging. Dan word Macthirsty opgewonde. Hy begin die Ridders self slegmaak. Die Ridders protesteer. Die vergadering begin wanordelik word. Sommige Ridders verlaat die saal. Om die verdedigers stil te kry word hulle die een na die ander gevra om by die Ridders te kom sit. Humbug en Brute drink hoe langer hoe meer water (jenewer), en word hoe langer hoe dronker. Loveclaret se verdediging van Sipdrams, wat gerojeer word, is 'n grappige lofsang op drank. As O'Candid vir Melchior wil verdedig, verloop die vergadering in die grootste wanorde. Immers Humbug en Brute is albei stomdronk, en kan die vergadering nie meer lei nie. Die laatste van die ander Ridders verlaat nou die saal. Going-gone word tot die stoel geroep. Die anti-Temperantiste maak vreugde oor die einde van die ‘Temperance-humbug’. Die stuk sluit met 'n epiloog waarin Call-his-son die gehoor toespreek. Die Groot Kommandeur is aan ‘Jenever-beroerte dood, waarvan ‘de Temperance de enkele oorzaak is’. Sy lyk sal gebalsem en as ‘'n Keepsake’ aan die Staatsmuseum geskenk word! Die stuk is by die 200 pp. octavo. By sommige tonele (b.v. IV-3) kom uitvoerige beskrywinge voor. Enkele persone is soms lang aan die woord. Waar sulke gedeeltes egter met die eintlike handeling weinig te doen het kan hul beswaarlik in 'n korte opsomming tot hul reg kom. Soos dit is, is van eintlike intriege weinig sprake. Boniface sê self in sy voorberig dat hy vervaardig het ‘een kluchtspel dat schoon ontbloot van Intrigue, nogtans de gelukkige eigenschap bezit van, gelyk eenen getrouwen spiegel een klein getal Intrigans terug te kaatsen’. Werklike intriege kry ons alleen teen die end van die stuk. Dan dien dit meer om die stuk tot 'n end te bring as tot iets anders. Ons sien hoe die anti-Temperantiste in die kamp van hul teenstanders deur lis weet te dring, en laasgenoemde roemloos uit die veld te slaan. Tog bereik Boniface wat hy beoog in verband met sy ‘intrigante’. Hoe doen hy dit? Al is daar weinig intriege, is daar handeling genoeg. Maar losse. Die handeling dien om die reeks taferele waaruit die stuk eitlik bestaan, aan ons oë verby te voer. Ons het essensiëel 'n blyspel van situasie en nie van intriege nie. Ongetwyfeld is dit ook die beter en natuurliker vorm vir 'n stuk met die doel en opset van De Temperantisten. Die skrywer wil 'n bepaalde maatskaplike verskynsel, 'n toestand wat volgens sy mening ongesond is, hekel. Kan hy dit verbind met 'n spannende intriege, soveel te beter. Noodsaaklik vir die sukses van die stuk is dit nie. Hoofsaak is die uitbeelding | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 310]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
van toestande: die situasie. Hiervoor is handeling 'n eerste vereiste. Intriege is bysaakGa naar voetnoot1). Bysaak word ook die karakteruitbeelding. Van belang is die persone alleen as draers van die toestand. Hulle word eensydig en oppervlakkig voorgestel. Die neiging is om eerder tiepes as indiwidue voor te stel. Om saam te vat: De Temperantisten is 'n blyspel van situasie, met weinig intriege maar volop handeling. Toestande word skerp gehekel, maar gaan gepaard met 'n eensydige uitbeelding van persone, 'n uitbeelding eerder tieperend as indiwidueel. Boniface is in sy doel om 'n klugtige blyspel, 'n burlesk, 'n hekelstuk te skrywe m.i. wonderlik geslaag. Alles is erg gesjargeerd natuurlik, soos ons by 'n man van Boniface se temperament kan verwag. Tog nie so dat Boniface sy eie doel verby strewe nie. Boniface beheers sy stof op 'n manier wat bewondering afdwing. Met alle kante van die saak, wetenskaplik, sosiaal, algemeen of plaaslik, was hy volkome op hoogte. Hy weet dit alles tot uiting te bring, sonder om ooit langdradig of wydlopig te word. Hy weet sy saak naar alle kante kragtig voor te stel, die regte persone op die regte tyd en plek te laat spreek. Sy sjargeer kan ons geniet omdat dit, hoe sterk dikwels, byna altyd 'n genoegsame grond van waarheid bevat, om dit aanneemlik te maak. Bowendien word Boniface nooit te fel-verbitter of banaal-persoonlik soos in sy hekeling van de Lima nie. Die persoonlike elemente wat hy bybring het steeds betrekking op die geval, en is nie daar net terwille van hulself nie. Seker van sy saak, gésel Boniface onmeedoënloos die dwepery en dromery, die huigelary, die oordrywing en gebrek aan werklikheidsin van sy teenstanders. Skamper veral klink sy lag as hy die Hottentotte in hulle naakte werklikheid voorstel. Dodelik honend is sy aan die kaak stel van die dwase filantropie van die dag, sy bespotting van 'n dr. Philip wat oorgelukkig is solank oortreders maar ‘geen Hottentotten’ is nie, en wat die ‘Europische ras’ natuurlik geheel en al benede sy aandag vind. Satanies is sy genoeë as hy met vers en kapittel in die vorm van aanhalinge in voetnote, die onmatigheid in woord, uitdrukking en handelwyse van leiers van die Matigheidsgenootskap soos John Fairbairn kan aantoon. Boniface se krag, trouens die hele krag van die anti-Temperantiste, het m.i. ook nie gelê in suiwer teenargumente nie, | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 311]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
maar in die doeltreffende bespotting van die beweging as sulks. Die oordrywing en onnodigheid daarvan, die gemis aan werklikheidsin, die dwepery, in besonder die dikwels skrille teenstelling tussen woord en daad van die voorstanders het volop stof tot bespotting gelewer. Ons kan seker wees dat nie al die vermelde oortredinge versinsels was nie! Wat ons veral geniet deur die hele stuk is die sataniese skaterlag oor die hele dwase matigheidsgedoente. Fyne humor bereik Boniface nieGa naar voetnoot1). Maar ongetwyfeld is hy soms geestig. Neem b.v.Ga naar voetnoot2) die pruime-in-brandewyn geskiedenis van Muilpeeren as dit voor die oordeel van die Ridders kom.
‘Puff.
Hoe kon zyne tegenwoordigheid van geest hem aldus begeven?
Krikie.
Wel, omdat de geest van brandewyn den anderen geest altyd op de vlugt jaagt. Weet gy dat niet?
Sir J. Brute, half terzyde naar Krikie ziende. Hoor my dien lompert eens aan!
D. Humbug, voor hem inschenkende. Enfin, waarde Broeders! wy moeten daarom dan den moed niet laten zakken, en ten eerste adviseeren... (Hy drinkt. De bottel gaat rond).
Barbarubra.
Wy dienen vooraf te moveeren.
Bacchanalia. En secondeeren.
Scotus. En dan resolveeren.
Puff, op zyn horologie ziende. En vervolgens adjourneeren.
Krikie.
Maar vooral publiceeren.
D. Humbug, tegen Bacchanalia. De Secretaris moet alles notuleeren.’ | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 312]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die ‘eerens’ pas buitengewoon in die mond van die verskillende persone, nie die mins in die van die drukker, Krikie nie, steeds op sake belus! Luister na Loveclaret teen die end van die vierde bedryf in verdediging van die dronkenskap van Tommy StipdramsGa naar voetnoot1). ‘Sobere Ridders! Wy zyn niet voornemens eenen daad te ontkennen... Ja, sobere Ridders! Wy zyn dronken geweest. Dronken in de volle gramatikale beteekenis van het woord! - Edoch,.. beweeren wy dat wy ons den luisterryken tytel van Temperantisten niet onwaardig gemaakt hebben. Het was wel eene volmaakte, doch tevens eene veroorloofde, een gentlemanlike, - wat zeg ik - eene pryzenswaardige Dronkenschap! (De Ridders kyken elkander met verwondering aan). Hoe menige Koning! - Hoe menige Minister! - hoe menig lid van het Britsche Parlement!Ga naar voetnoot2) - Ja, hoe menige Ridder Temperantist zoude ons zulk een nobele Dronkenschap kunnen benyden! - Geen Brandewyn, geen Rum, geen Whisky of dergelyke trash dat met recht door het Matigheid Genootschap ter eeuwige verdelging gedoemd is, heeft tot deze Dronkenschap gecontribueerd; - het was een Wyndronkenschap, sobere Ridders! - en van welke soort wyn nog al! - Buitenlandsche wyn, loutere claret die myn Client uit zuivere patriotismusGa naar voetnoot3) tot eene enorme quantiteit heeft ingezwelgd, teneinde men daaraan zynen yver mogte zien om spoedig alle soortgelyke vreemde vochten van de tafel onzer Kolonisten te doen verdwynen, opdat de Kaapsche wyn alleen het slagveld moge behouden. Nu, vraag ik, (wanneer men in aanmerking neemt zoo als elk weldenkend mensch behoort thans te doen, the depressed state of the wine trade) kan men een grootere blyk van Vaderlandsliefde geven, dan zich aan alle de smertelyke gevolgen der dronkenschap te...’ (Hy word stil gemaak). Die grappige is 'n opvallende kenmerk van die stuk. In besonder kom dit uit waar Hottentotte optree. Nie dat dit nie soms dik opgelê is veral in woord- en sinspelinge nieGa naar voetnoot4)! Maar oor die algemeen getuig dit van skerp obserwasie aan die kant van die skrywer, met 'n besondere oog vir die komiese in die onderlinge verhouding van kleurlinge. Neem b.v. die volgende met die oog op die soepelheid van Hotten- | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 313]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
totse huweliksbandeGa naar voetnoot1). Quizz vra aan Grietje of sy saam met Kalfachter by die Union moet wees.
‘Grietje.
Ja, Minneer; ik en myn man, zaam.
Quizz, op Kalfachter wyzende.
Is die vent uw man?
Grietje. Hy is nou myn man ja.’ (Lê nadruk op die woord ‘nou’! - F.B.)
Kostelyk is die bakleitoneelGa naar voetnoot2). Galgevogel, Droogekeel, Waterschuw en Dronkelap kom op - goed lekker. ‘Waterschuw in eene groote Hottentotsche gramschap, komt met zyne uitgetrokken baatje op; smyt het op den grond; rolt zyne hemdsmouwen op; stelt zich in postuur om te vechten, en roept uit: Kom nou! - Ik is nou klaar voor jou. - Kom nou!
Galgevogel, die door Dronkelap wordt tegengehouden. En wat wil jy maak?
Waterschuw.
Wel kom nou, as jy een kerel is!
Droogekeel, tegen Waterschuw, dien hy tracht tegen te houden. Ach! moe toch nie bakkelyen nie!
Galgevogel tegen Dronkelap. Laat voor my los! - Weg! (Hy wil zich los wringen).
Dronkelap. Ik wil nie.
Waterschuw tegen Galgevogel. Ik wil jou kloppen dat jy geen raad weet.
Galgevogel. Jy, voor my kloppen? - Jy?
Waterschuw, zich met de vuist op de borst slaande. Ja, ik!
Droogekeel, altyd voor hem staande. Dampie, luister!
Galgevogel. Als ik jou kryg, Waterschuw!.... | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 314]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Waterschuw. Nou kom! - Ik is mus klaar.
Galgevogel. Ik sla-je al jouw tanden uit je smoel.
Dronkelap, hem altoos tegenhoudende. A-ch! watter gekkigheid! Moe nie.
Waterschuw. En ik trap op je pens dat je de darmen de keel uitvliegt’. Ens.
In hoeveel dorpe in die Westelike Provinsie word nie gereeld nog sulke tonele afgespeel nie! Wie, wat dit meegemaak het, herken nie direk die lewende woord, uitdrukking en gebaar, die tiepiese kleurlingsnoewery nie! Dink ook aan die toneeltjie waar Kalfachter ontdek dat drank wel vir hom, maar nie vir Grietje verbode is nie! Ook afgesien van die Hottentotte het ons veel grappigs. Besonder klugtig is b.v. die openbaring van Delirium Tremens, niks minder as ‘Hoofd-Medicus’ van die Orde nie, se oortreding in verband met sy Punch-voornemens.
‘Puff vervolgt. Verder verklaarde de Deponant dat de naam van dezen Punch-drinkende Temperantist is: ‘Delirium Tremens’.
Allen met de grootste verwondering. Ah!......
Sir J. Brute, opstaande en de handen in elkaar slaande. De!.... D. Humbug, ook zoo. Li!.... Krikie, ook zoo. Ri!.... Bacchanalia, ook zoo. Um!.... Scotus, ook zoo. Tre!.... Barbarubra, ook zoo. Mens!.... Puff, ook zoo. Delirium Tremens. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 315]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Allen laten zich met de diepste droefheid op hunne stoelen vallen; en dekken hunne aangezichten met hunne zakdoeken. Een oogenblik stilte.
D. Humbug, op een klagende toon. Onze Hoofd-Medicus!’ Ens.
Verder doen ek enkele aanhalings uit D. Tremens en Macthirsty se geleerde redetwistery. 'n Besonder goeie greep van die skrywer is om Spotvogel, as derde persoon, allerlei aanmerkinge tussendeur te laat gooi. Om afwisseling aan te bring is dit besonder goed geslaag.
‘Macthirsty. Hebt gy niet, in uwen yver om de verwoesting te beschryven welke de Bibendi-intemperantia aanrigt, positief gezegd dat de meeste uwer Patiënten een maal door Delirium Tremens aangegrepen nimmer weder op de been kwamen?Ga naar voetnoot1)
D. Tremens, met eene verkropte gramschap. Mynheer!....
D. Tremens. Gy zyt een Satiricus!.... Zult gy er niet in toestemmen dat de Onmatigheid vele ziektens na zich sleept?
Macthirsty. Res ipsa loquitur. - Doch, er zyn ook vele soorten van Onmatigheden, zoo wel in 't moralis als in 't naturalis, waarvan de eene meer, de andere minder gevaarlyk is. Byvoorbeeld, het Onmatig werken brengt voort eene Subita nervi solutio of plotselinge verslapping der zenuwen.
D. Tremens.
Of anders gezegd: verval van krachten.
Spotvogel. En men sterft er ook van’, ens.
'n Bietjie dik opgelê en grof, maar met sprekende vergelykinge wat 'n Afrikaanse leser besonder moes amuseer, is b.v.:
‘D. Tremens, Met eene toenemende doctorale drift. Wel! hebt gy dan niet in vele gevallen de Cellulosa Tunica intestinorum geheel verkrompen als eene uitgedroogde varkensblaas; de Columnae cordis zoo slap als een koekmakkerank; | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 316]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
de Festula pulmonalis vol zwarte vezeltjes als een ongeveegde schoorsteen....gevonden?’
Duidelik blyk hoe uitstekend die dialoog van Boniface is. Steeds is hy vlot; hy sê nooit 'n woord teveel nie; hy weet die regte woord in die mond van die regte persoon te lê. Sy Nederlands is uitstekend, skitterend selfs as ons bedink dat hy sy kennis daarvan aan die Kaap opgedoen hetGa naar voetnoot1). Dis 'n waardige voortsetting in die lyn van De Burger Edelman. Dit ontbreek natuurlik nie aan Afrikanderismes nie. So woorde en uitdrukkinge as: Basta!Ga naar voetnoot2), myn mond watertGa naar voetnoot3), hy schenkt voor hem (= zich) inGa naar voetnoot4), RegtGa naar voetnoot5)!, te lollenGa naar voetnoot6), ens. Iets werklik besonders bereik Boniface waar hy die volgende stukkie retoriek in die mond van Ds. Humbug - reeds half beskonke - lêGa naar voetnoot7): ‘Ah! (Hy veegt weder zyn mond af). Nu begint Temperantia eensklaps hare weldadige vleugels over den ganschen Aardbodem te verspreiden, en ons in de Amerikaansche taal met de bazuin der Faam op eene donderende wyze toe te roepen. (Hy slaat met zyneu vuist zoo geweldig op de tafel dat alle glazen springen en rinkinken)... Dat het onmatig gebruik van gedistilleerde dranken den mensch onvermydelik naar de dronkenschap, van de dronkenschap naar de werkeloosheid, van de werkeloosheid naar de armoede, van de armoede naar de wanhoop, van de wanhoop naar de krankzinnigheid, van de krankzinnigheid naar de beestachtigheid, van de beestachtigheid naar de ongeneeslykheid, van de ongeneeslykheid naar den dood, en van den dood naar den duivel voert! Deze droevige waarheid die zich sedert de schepping voor onze oogen had verborgen stygt nu plotselings omhoog als een allerschitterendste meteoor, en na het ander halfrond verlicht te hebben, komt nu van de oevers van het meer Ontario naar dit land der duisternis, der onkunde, der wreedheid, der verdorvenheid aanzweven!’ ens. Boniface se weergawe van die Afrikaans van die kleurlinge, soos ons dit reeds gesien het, is die lewende woord warm van hul mond opgevang. Hy moes 'n man van besondere opmerkingsgawe gewees het. Sy kleurlingtoneeltjies van die Kaap laat ons dink aan Bredero se volkstooneeltjies uit Amsterdam: so suiwer van miljeu, so waar en skerp van karakterisering. Die tegniek van die stuk is voortreflik. Boniface se jarelange ervaring as speler, toneelmeester en toneelskrywer sal hom | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 317]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
besonder te stade gekom het. Die indeling van die bedrywe en tonele is logies, doelmatig en eweredigGa naar voetnoot1); die voorstelling verflou nooit; die handeling bly konsekwent; die afwisseling van persone en tonele is juis gesien. Wat ook al gebeur of watter persone optree, alles is ondergeskik aan die skrywer se een oorweldigende begeerte: om die gehate Matigheidsgenootskappers deur sy spot te verbrysel. Dit bly die onveranderlike leidster, die gedurige kompas, die vaste leidraad wat hy nooit uit die oog verloor nie. Vandaar die groot eenheid van die stuk trots alle verskeidenheid; die dramatiese bereiking, wat die stuk ongetwyfeld het. Ons voel saam met Boniface dat die teenstanders vermorsel is - en dit verdien! Die stuk is eintlik geskrywe om geleesGa naar voetnoot2) te word, maar dit behoort m.i. ook 'n besonder speelbare stuk te wees. Ek het al daarop gewys hoe die karaktertekening ondergeskik is aan die skrywer se ‘leitmotiv’: die hekeling van die genootskappers. Karakterontleding van belang val dus nie te verwag nie. Die persone is tiepes, of die verpersoonliking van tiepiese eienskappe, soos hul name reeds aandui. So is Philipumpkin die aartshumbug en Hottentot-bewonderaar; Muilpeeren die man wat graag muilpere (klappe) uitdeel; Brute die man van brutale, onbeskofte baasspelerige optrede; Druiloor 'n vervelende trekpot; Spotvogel 'n spotter, ens. Soms word die tieperinge oordryweGa naar voetnoot3). Maar oor die algemeen kan ons sê is hulle besonder geslaag, word hulle goed volgehou, en dien inderdaad alleen daartoe om die hooftema uit te werk. Terselfdertyd het ons in hierdie tieperinge in sekere sin die mins oorspronklike gedeelte van Boniface se werk. Almal was bekende persone met besondere eienaardighede. Boniface gee hul weer tot op uiterlike kentekens toeGa naar voetnoot4). Met die lewende voorbeelde voor hom, was die karakterisering minder moeilik. Tog moet 'n mens Boniface bewonder vir sy selfbeperking. Hy gee alleen soveel persone en eienskappe as wat nodig is vir sy tema; hy vermy alles persoonliks behalwe wat nodig is vir sy onderwerp. Natuurlik moet 'n mens sy uitbeelding bewonder; die rake opmerkingsgawe wat ook hier in grote mate geld. Dit geld wat die Temperantiste en anti-Temperantiste betref. Die Leerling-Temperantiste en Hottentotte is nie tieperinge van bepaalde persone nie, maar abstraksies, algemene tiepes. O'Groggy, Sipdrams en Everdry is die tiepe van dronk ‘settler’. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 318]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Van afsonderlike karakterisering is geen sprake nie. Die name sou sonder om die minste verwarring te veroorsaak kan verwissel word. Hulle is soortgelyk in hulle besondere astrantheid, liefde vir drank en verbroederingsin met die kleurlinge. By die Hottentotte kry ons meer verskeidenheid van tiepe. In Galgevogel en Waterschuw, by die eerste iets meer as by die twede, kan ons die tiepe van Hottentot, altyd veglustig in dronkenskap, onderskei van die ander, die vreedsamer en lafhartiger tiepe. Griet Drilbouten is die onvervalste deursneetiepe van Hottentotmeid. Gemeenskaplik aan almal is natuurlik hul sug naar drank. Buitengewoon geslaag is hierdie tiepes. Die minste van alle persone in die stuk, indien wel, ly hulle aan karikatuur. Boniface het sy ‘volkies’ goed geken. Ek weet van geen dramatikus na Boniface - en hul aantal is legio -, wat Boniface in sy uitbeelding van die kleurlingtiepe, vandag nog vrywel dieselfde as toe, oortref nie. Ek kan my voorstel dat die stuk met sy onverbloemde voorstelling van persone en gebeurtenisse, vir die tydgenote, veral die anti-Genootskappers, geweldig vermaak moes verskaf het. Gaan ons die feite naGa naar voetnoot1), soos die hul werklik voorgedoen het, vind ons dat daar inderdaad stof te oor was vir 'n teenstander om tot 'n flinke hekelstuk te verwerk. Die openbare vergadering was sonder enige twyfel gekenmerk deur 'n besonder onverdraagsame gees en beledigende optrede van leiers soos Pears en Fairbairn teen andersdenkendes. Die Commercial Advertiser het hom sekerlik te buite gegaan in sy veroordeling en uitskel van die gedrag van anti-Genootskappers in die vergadering. Boniface verwys self daarnaar, dat baie van die sterkste woorde en uitdrukkinge wat hy gebruik, uit die mond of die pen van voorstanders van die Matigheidsbeweging afkomstig is. Dit ly ook geen twyfel nie dat daar gegronde besware was teen 'n dergelike beweging. Onder die vaste blanke bevolking aan die Kaap was dit nie nodig nie; inteendeel 'n belediging vir hulle. Die manier waarop die beweging die kleurlinge wou reghelp was sinloos. Bowendien kon dit die wynhandel, reeds in 'n beroerde toestand, alleen kwaad doen. Geen wonder dat dit die hele Hollandssprekende bevolking, die wynproduseerders en matige drinkers van gewoonte, asook die wynhandelaars en gereelde drinkers onder die Engelse, op hul agterste pote gebring het nie. Hulle het die beweging beskou, en essensiëel tereg, as weer een van die oordrewe vorms van Metodistiesfilantropiese ‘genootskappery’Ga naar voetnoot2) waarmee die Kaap, deur die | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 319]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
bedrywighede van sendelinge en hul geesverwante, reeds te veel behep was. Stuitend vir die blankes was in besonder die gedurige gelykstelling van wit en swart deur die ‘verbroederende’ filantrope. Die groot gros van die blanke bevolking was dus teen die beweging. Vanwaar dan die kennelike bedugtheid daarvoor? Die klompie filantrope wat daar agter gesit het, was klein maar invloedryk. In offisiële kringe in Engeland, en dus in die Kaap, het hulle vrywel alles te sê gehad. Dr. Philip was eintlik jarelank die wesenlike regeerder in Suid-Afrika. Dat die vrees nie ongegrond was nie bewys die feit dat die eerste ordonnansieGa naar voetnoot1) teen publieke dronkenskap uit dieselfde tyd is. Op stuk van sake het ons die ou botsing: die praktiese sienswyse van die inheemse bevolking tenoor die teoretiese van 'n groep nuwe inkoomlingeGa naar voetnoot2). Dat die Matigheidsgenootskap per slot van rekening weinig sukses moes hê, is duidelik. Die stroom van teenstand was te sterk. By 1834 was die Genootskap afgeskafGa naar voetnoot3). Terselfdertyd was die teenstand van die anti-Genootskappers nie altyd bo kritiek verhewe nie. Om, soos Boniface doen, die Genootskappers alléen as huigelaars en eersugtiges te wil uitmaak is kennelik oordrewe en onbillik. Mense as Fairbairn, Bailey, Philip was ongetwyfeld opreg in hul strewe, en was enkel met die beste bedoelinge besiel. Dat hul daarby oordryf, te fel en takloos opgetree, die werklikheid nie raak gesien het nie, is 'n ander saak. Ondertussen bly dit waar dat nie alle voorstanders hulle eie leerstellinge geëerbiedig het nieGa naar voetnoot4). Begin Junie kondig Boniface sy stuk aanGa naar voetnoot5). Dit sal in die loop van de maand verskyn; die skrywer het ‘kosten even min als moeite’ gespaar (enigsins in teëspraak met sy ‘Voorberigte’)Ga naar voetnoot6); die stuk is op ‘fraai papier’ gedruk, oor die 200 pp. groot, ‘daarenboven met een op koper gegraveerd Titelblad en Vignette versierd’. By verskyning sal dit 5 Rds. kos, maar intekenaars voor 15 Junie sal dit teen 4 Rds. kry. Dit verskyn tenslotte om één uur namiddags 29 Junie 1832. Goeie prys, noukeurige tydsaanduiding, persoonlike aftekekening van die eksemplare (teen ongeoorloofde nadrukke) deur Boniface, wys daarop dat die stuk met baie belangstelling verwag is. Sukses moet dit gehad het om te oordeel naar die woede van die Commercial Advertiser teen BonifaceGa naar voetnoot7), | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 320]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
sowel as naar die feit dat daar geen verder reklame van die stuk gevind word nie. Dit was blykbaar gou uitverkoop. Ander dinge bevestig dit. Boniface se hernude toneelbedrywigheid na Honi begin met De Temperantisten. In 1834 word van Clasius baie ophef gemaak as Boniface se ‘nieuwe kluchtig treurspel’Ga naar voetnoot1). In 1891 word Boniface nog geroem as Hollandse dramaturg kragtens hierdie stuk en ClasiusGa naar voetnoot2). Maar die beste bewys vir die sukses van Boniface is dat hy navolging uitgelok het. So verskyn in die Zuid-Afrikaan van 10 Augustus 1832, 'n stuk deur ‘Equity (Regtmatigheid’ oor die reis en lotgevalle van sekere John MacSycophant (Jan Pluimstrykers zoon, kennelik op John Fairbairn bedoel), wat met Synagoge-hulp (die Engelse Eerwaardes) die sterk man Bacchus wil bedwing. Gees en opset van die stuk, kensketsende name soos MacSycophant, MacRuddyface ens. herinner aan Boniface. Die stuk is duidelik in Engels geskrywe en in Hollands vertaal. Dit verskyn in albei tale. Ewe duidelik is dit nie van die hand van Boniface nie. Boniface sou sy identiteit nie versteek het nie; bowendien sou hy in Hollands geskryf het; en veral iets beters gelewer het. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
h. Door Yver bloeit de Kunst.Die geesdrywery en dwepery van die Metodistiese filantrope wat in verband met die drankkwessie so'n verset aan die kant van die burgery, die Hollandse in besonder, uitgelok het, skyn ook andersins beroering in die maatskaplike watere te gebring het. In reaksie vermoedelik op die oordrewe godsdiensywer en genootskappery van die vorige paar jaar, en aangemoedig deur die geslaagde verset in die drankvraagstuk, sien ons 'n hele maatskaplike herlewing op gebied van vermaak in 1833. Die koms van 'n nuwe Goewerneur wat ruimer gestaan het teenoor gesonde vermake as sy voorgangerGa naar voetnoot3), sal 'n groot meewerkende faktor gewees het. Die herlewing toon homself op allerlei gebied: balsGa naar voetnoot4), konserteGa naar voetnoot5) en toneel. Die herlewing op toneelgebied is in besonder merkbaar onder die Hollands sprekendes. Naas T.N. en V. ontstaan 'n nuwe geselskap aan die Kaap. Tot op Stellenbosch waai die geesdrif oorGa naar voetnoot6). ‘Het Hollandsch nieuw Tooneel Gezelschap Door Yver bloeit de Kunst’, speel ‘tot genoegen van het publiek’Ga naar voetnoot7) op Saterdag 10 AugustusGa naar voetnoot8) in die Afrikaanse Skouburg (ook hierna): De Jeugd van Hendrik den | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 321]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Vyfde, Bs. in 3 Bed., naar die Frans van Duval, en De Helleveeg, Ks. in 2 Bed. van A. Loosjes. Die heer T.J. van der Chys, Kerkstraat 7, het die reëlinge in hande. Die twede voorstelling word vir 31 Augustus aangekondigGa naar voetnoot1) en terselfdertyd word Clavigo (Goethe) te leen of te koop gevra. Die voorstelling vind egter plaas op 7 SeptemberGa naar voetnoot2). Clavigo, Tsp. in 5 Bed., word opgevoer, tesame met De Prins Schoorsteenveger en de Schoorsteenveger Prins, Bs. in 2 Bed. naar die Frans (skrywer anoniem). ‘Tusschen de beide stukken zal door een jonge Zuid-Afrikaan, binnen deze stad geboortig, en die nooit uit de Kolonie is geweest, op het Slappe Koord worden gedanst’Ga naar voetnoot3). Dis 'n soort tussennummer deur All the World begin, wat baie populêr geword hetGa naar voetnoot4). Dis die eerste vermelde geval van 'n Afrikaner in variété en op die slappe koord. Reeds die volgende maand het T.N en V. twee Afrikaners wat dieselfde kuns uithaalGa naar voetnoot5). Dis 'n waar bewys van Afrikaanse leervaardigheid. Die voorstelling moes 'n sukses gewees het. Op 28 September word Clavigo, op besondere versoek, herhaal; ook die koorddanse. As nastuk volg De Verwisseling, Kl. Bs. in 2 Bed. naar die Hoogduits van von GuttenbergGa naar voetnoot6). P.A. Ley word genoem as sekretaris van die geselskap. Tot 1849 bestaan geen geselskap meer van hierdie naam nie. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
i. Vlyt en Kunst.Sedert 1834 bestaan 'n geselskap Vlyt en Kunst, waarby J.T. van der Chys dieselfde funksie as by D.Y.b.d.K. beklee. In 1835 heet dit dat V. en K. al drie jaar bestaanGa naar voetnoot7), wat alleen moontlik is as D.Y.b.d.K. se bestaantyd daaronder gereken word. Tenslotte is die aankondiging van die eerste voorstelling van V. en K. 'n duidelike bevestiging van die veronderstelling dat V. en K. as 'n voortsetting van D.Y.b.d.K. moet aangesien word. Waarom dan die naamsverandering? Ek glo ons moet aan 'n rekonstituering dink. Boniface sal tot dusverre meegehelp het al word hy nie genoem nie. Van 1834 is hy die onbetwisbare leier. Dat met sy verandering in funksie 'n hele reorganisasie gepaar gaan, hoef geen verwondering te baar nie. Onder die patronasie (ook hierna)Ga naar voetnoot8) en in die teenwoordigheid van goewerneur en lady D'Urban, hoofregter sir John Wylde e.a., word op 12 AprilGa naar voetnoot9) deur die ‘Privaat Hollandsch | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 322]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Toneel Gezelschap Vlyt en Kunst, voor hunne Eerste Representatie in dit saizoen’Ga naar voetnoot1) opgevoer: Het Schandmerk, of De Twee Galeiboeven (Boirie, Carmouche en Poujol), Beroemd Tsp. in 3 Bed., uit het Fransch vertaald door Jan de Quack; gevolgd door Het Dorp aan de Grenzen, of De Hollanders en de Brabanders, Schets uit den tegenwoordigen tyd, (1831), Bs. met zang (Vaudeville), gedeeltelyk met nieuwe Muzyk, alhier gecomponeerd, in 2 Bed. door Mr. J. van Lennep, advokaat te Amsterdam. By deze Vaudeville zullen eenige Muzykale Liefhebbers speciaal assisteren.’ V. d. Chys en Greig het die lootjiesbedeling in hande, die plek van opvoering met weinige uitsonderinge word aangegee as die ‘Liefhebbery Toneel - Amateur Theatre’, ook in die toekoms. Die verslag hieroor sê: ‘Het Muzykaal Liefhebbery Gezelschap heeft op eene voortreffelyke wyze het orchest by die gelegenheid vervuld. Het huis was stil, een punt van groot aanbelang, dat het Engelsche Liefhebbery Gezelschap wel zoude doen na te volgen - Advertiser’Ga naar voetnoot2). Op 24 Mei volgGa naar voetnoot3) - Goewerneur ens. weer teenwoordig - Robert Maxwell, of De Offerdood, ‘beroemd Tsp.’ in 3 Bed. deur Kotzebue, en De Wonderdoctor, Ks. in 3 Bed. van Molière. ‘Eenige Muzykale Liefhebbers hebben zeer vriendelijk beloofd het Gezelschap gedurende dit Wintersaizoen in 't orchest te assisteren.’ Die verslag van die voorstelling vermeldGa naar voetnoot4): ‘Alle rollen.... werden met bekwaamheid gespeeld en de jonge lieden deden hun uiterste best, waarin het bleek dat zy volkomen slaagden door de herhaalde applaudissementen der toehoorders. Tusschen de stukken werd De Gekwetste Reputatie, of Het Komedielootje, een nieuw geschiedkundig kluchtig treurspel, door den Heer C.E. Boniface aangekondigd.’ Uit hierdie mededelinge blyk drie belangrike dinge: die geselskap bestaan essensiëel uit nuwe, jonge kragte (die kinders van omstreeks 1825)Ga naar voetnoot5); Boniface beheer die geselskap; Boniface en de Lima is weer aanmekaar, want Het Komedielootje is teen de Lima gerigGa naar voetnoot6). Op 4 JulieGa naar voetnoot7) word aangekondig aan ‘alle personen die | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina t.o. 323]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
(Foto A. Elliott, Kaapstad).
Spottekening van J. Suasso de Lima in Clasius. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 323]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
verlangend zyn, het nieuw Nastuk, door den Heer Boniface De Gekwetste Reputatie’ ens. te sien, dat hoegenaamd geen lootjies aan die deur van die Skouburg verkoop sal word nie, maar om alle ongereeldhede te voorkom, lê daar 'n intekenlys gereed. Tot voorstuk is die Sweedse (in die Engelse advertensie heet dit ‘Swiss’) De Vaandrig (van Schröder is naar die Duits), Bs in 3 Bed. gekies. Die voorstelling sal in die loop van die maand plaasvind. Boniface verwag dus grote toeloop, mede deur die roem van sy vorige klugspel: De TemperantistenGa naar voetnoot1). Op 19 Julie vind die voorstelling in die Afrikaanse Skouburg plaasGa naar voetnoot2). Die stuk op de Lima kry sy finale en meerbekende naam: Clasius, of Het Proces om een Komedielootje, in 2 Bed. met liedere. P.A. Ley neem die plek in van van der Chys. 'n Liefhebberymusiekgeselskap assisteer.
Clasius is nooit gedruk nie, maar word in verskeie keurige manuskripte in Kaapstad teruggevindGa naar voetnoot3). Vóór die tietelblad het ons 'n waterverftekening van de Lima in blou manel met wit broek aan, half-hoë hoed - voor afgeslaan - op, donker skoene aan, 'n rooi boek onder die arm en 'n stok in die hand. (Vgl. afbeelding). Mooi is hy ongetwyfeld nie en seker gelyk hy iets op 'n bobbejaan. Tegelykertyd het hy so'n goedige uitdrukking op sy gesig dat dit swaar val om te begryp hoe hy soveel vyandigheid kon verwek het. Op die tietelblad staan ‘Clasius, of Het Proces om een Komedie-Lootje. Kluchtig en Geschiedkundig Treurspel. In Twee Bedryven door Boniface.’ Daar volg 'n tekening van 'n byekorf met die Oog van God daarbo. Daaronder staan: Vlyt en Kunst - 1834. Die ‘Personen’ van die stuk is: ‘Clasius Stupidibus Bavianus een hoog befaamd Juris Doctor, Dichter, Drukker, Boekhandelaar, Taalmenger, Toneelmeester, Almanakmaker, Kunstplatenverkoper, Tolk, Nieuwsfabrikant, Boodschaploper, Brievenbesteller, Logogriphi-Charade Grafschriften, en Nieuwjaarswenschschryver ... [De LimaGa naar voetnoot4)]. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 324]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Het tooneel speelt te Kaapstad in het huis van Leonora, en vertoont een klein benaauwd vertrek dat niet alleen armoedig gemeubileerd, maar ook in de grootste wanorde is. Men ziet er onder andere, twee ongelyke stoele, een houten bank, en eene lende lamme tafel, in het midden van het Toneel geplaatst, waarop verscheidene oude boeken, eenige brochures, eene party couranten, en allerlei prullen leggen. De vloer van de kamer is buitendien bezaaid met brokken van geschreven papier, en aan een der zyde schermen is een gedicht geplakt, waarvan de titel zoo groot geschreven is dat de aanschouwers duidelyk kunnen lezen de woorden Limaçon Herrezen’. Die eerste bedryf open met Leonora en haar huisvriend, Poffer Blaasbalg, in gesprek. Clasius is weg om 'n lootjie vir die komedie te haal. Dit sal hom waarskynlik geweier word. Dan sal hy 'n saak maak en skadevergoeding eis op grond van die feit dat die weiering 'n aanranding van sy goeie naam is. Clasius en Nollie, Leonora se seuntjie, kom terug. ‘Clasius, zeer gaauw en met eene schelle stem sprekende, nypt nu en dan zyne oogen toe als hy lagt, en als hy denkt iets geestigs gezegd te hebben, steekt hy zyne beide handen in zyn huntingjackets zak; en maakt een zoort van Pirouette op een been.’ Clasius vertel dat hy Nollie met die geld vir die lootjie gestuur het. Dis hom geweier. Leonora wil dat Nollie nou sy verhaal van die weiering vertel. Dit vlot moeilik. Blaasbalg en Clasius val hom onophoudelik in die rede. Tenslotte wordt Leonora so kwaad dat sy met Nollie alleen gaan, na eers Clasius 'n oorveeg en Blaasbalg 'n stamp op sy buik te gegee het. Clasius deel Blaasbalg sy verdere plan de | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 325]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
campagne mee. Hy sal die geregsbode vir 'n lootjie stuur. Die geselskap weier weer. Dan wil hy (Clasius) die rede weet. Hulle weier om dit te gee of sê iets slegs van hom. Dan - ‘Ik laat de verkooper der Lootjes, de Drukker derzelven, de Directeur van het Gezelschap, de Secretaris, de Tresourier, de Commissarissen, het gansche Gezelschap, met Deurwaarder, Souffleur en Parukmaker dagvaarden...wikkel dien in een proces van injurie... verkryg reparatie van eer met ampele schadeloosstelling.’ Die geregsbode, Roeper, daag op. Ook hom is 'n lootjie vir Clasius geweier. Hy wil sy relaas van die gebeurde oorhandig mits hy ‘substantieele kroonen’ kry. Clasius gaan dit vra by Leonora Roeper oorhandig ook 'n kopie van Lawshark se ‘sommatie’, in opdrag van Clasius, vir die skadevergoeding. Clasius gee die kopie aan Blaasbalg om te lees, wat net waar hy kan dit opsetlik verdraaid of verkeerd voorstel, om Clasius kwaad te maak. So lees hy ‘P.S.dichter’ as ‘poes-pas dichter’ i.p.v. ‘Popularis ens.’; ‘almanakdrosser’ i.p.v. ‘maker’; ‘Gezwollene Knol’ i.p.v. ‘Gezworene Tolk,’ ens. Clasius eis tot skadevergoeding 'n ‘somma van 20 Pond St.’ - wat Blaasbalg, in die eienaardig verkorte vorm, verkies om te lees ‘S-t.’ d.w.s. 'n ruwe woord i.p.v. ‘sterling’. In 'n histeriese lagbui oor hierdie ‘grap’ vertrek Blaasbalg, en laat Clasius in wanhoop na oor die feit dat die hele stad binnekort met Blaasbalg in sy grap sal deel. Leonora kom terug, lag ook daaroor, maar troos Clasius soos 'n kind op haar skoot en sing 'n slaapdeuntjie met o.a. die volgende versie daarin: ‘Gy trapt als een eentje
Met uw korte beentje
En elk dryft met u de spot,
Uitgenomen Leentje’.
Lawshark verskyn, praat verengelste Hollands-Afrikaans, laat die lys getuies ten gunste van Clasius sien. Dis meeste name van Kaapse inwoners van rare karakter, b.v. ‘Moses van Flausen, de Geldwisselaar’Ga naar voetnoot1). Ook ‘Vrouw Truy Doorntak van den Helder, met haar kind’ (de L. se vrou wat hy laat staan het - F.B.), is daaronder. Hierdie getuies wil Clasius natuurlik liefs nie hê nie. Lawshark sê aan Clasius hy moet saamgaan hof toe. Leonora ys as sy dink dat sy miskien uiteindelik die gelag sal moet betaal. Maar Lawshark en Clasius, as regsgeleerdes, Lawshark in die Engelse juriste en Clasius in van Leeuwen en v.d. Linden, wat hy altoos | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 326]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
‘onder den arm’Ga naar voetnoot1) dra, verseker haar hulle kan nie verloor nie. Solank Clasius weg is om hom te gaan verklee, maak Leonora Lawshark tot nog 'n toekomstige huisvriend. Leonora hou van 'n ‘ongebondenheid als de hoenders’. [Vir die weeropvoering van Clasius het Boniface aan die ouderhoud tussen Leonora en Lawshark 'n toneeltjie bygevoeg. Dit heet die Castor en Pollux toneel. Leonora se verjaarsdag is aanstaande. Clasius wil haar 'n persent gee. Sy weet waar hy dit berg. Sy laat Lawshark dit sien. Dis 'n opgestopte bobbejaan. Dit sou Castor wees, by Clasius as Pollux. Clasius wil Leonora 'n treffende gelykenis van homself gee. En immers die gelykenis tussen Clasius en 'n bobbejaan is soos die van die beroemde klassieke tweeling. - Boniface het klaarblyklik in besit van 'n opgestopte bobbejaan gekom. Vandaar die toevoeging van hierdie toneel]. Ondertussen is natuurlik duidelik gemaak wat 'n berooide vent Clasius is; hoe hy van Leonora vir alles afhanklik is, en hoe hy daardeur selfs slae moet verduur. Van Leonora word te verstaan gegee dat sy 'n hoogsonsedelike vrou is, wat teenoor Clasius en ander almal ewe vrygewig met haar gunste is, en eintlik so haar bestaan maak. By Clasius word o.m. gesinspeel op sy veroordeling vir diefstalGa naar voetnoot2), toe hy gesê het ‘Who steals my purse steals trash’ ens., en op sy ballasmandjie-awontuurGa naar voetnoot3). In die begin van die twede bedryf kry ons 'n hele beskrywing van die lewe van Clasius. Dit gebeur in die vorm van 'n monoloog deur Leonora, gevolg deur'n verhaal wat haar seuntjie kamtig sou geleer het, aan haar. Clasius word natuurlik uitgemaak vir alles wat sleg is. Hy sou 'n ‘scribbelaar’ wees, 'n rymelaar, 'n ‘kombuis nieuws’ koerantskrywer. Boniface as sy literêre konkurrent sou hom volkome oortref het. Van sy huis het Clasius weggedros terwille van ‘zyne dierbare Leonora’. Leonora hou van die ‘krompoot... kabouter-mannetje’ alleen uit 'n perverse gril. Soos die een mens van 'n kat, hou sy van so'n ‘aap’. En natuurlik speel sy alsoluut die baas oor hom, nie sonder uitsluiting van lyfstraf nie. Hy sou 'n ‘Peruaansche dwerg’ wees, afgestam van 'n Spaanse Jood in die hoofstad van Peru (sinspeling op afkoms en naam van de Lima - F.B.), wat aldaar die dogter van 'n Amsterdamse kruienier tot sy vrou sou gekry het, omdat hy soveel op 'n aap gelyk. Immers sy was juis daar deurdat haar vader haar deur reise van 'n sieklike neiging vir sulke diere wou genees. Truy (naam van de Lima | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 327]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
se vrou - F.B.) en haar aap-man word naar Jakatra oorgetoor, waar haar man praktiseer as Zwiem Swamswem Lilleput J.D. (Sinspeling op de Lima se verblyf in Java en sy beroep as advokaat. - F.B.). Kort hierop is hul naar 'n land waar baie bobbejane is (sinspeling op Suid-Afrika), waar die natuur sy regte herneem het, die aap-man sy vrou verlaat en 'n wyf van sy eie soort onder sy mede-ape gesoek het. (Sinspeling op de Lima se verlaat van sy vrou en inwoon by Leonora - eintlik mej. Magdalena TheronGa naar voetnoot1) - F.B.). Blaasbalg kom op. Hy is net vrolik. Leonora vra hom hoe die geregsaak afgeloop het. Hy antwoord uitstekend, maar is so dubbelsinnig in sy uteensettinge, dat Leonora later nie meer weet hoe sy dit het nie. ('n Mens moet natuurlik in die oog hou dat Blaasbalg de Lima nie te vriendelik gesind is nie). So nydig as 'n spin tenslotte op Blaasbalg besluit Leonora om self te gaan verneem hoe die saak afgeloop het. Sy gaan haar ewe klaar maak om uit te gaan. Onderwyl keer Clasius terug. Blaasbalg deel hom mee dat Leonora nog in die onsekere verkeer oor die uitslag van die saak. Leonora kom terug. Clasius bring haar ook in die waan dat alles goed gegaan het. Hy gee breed op van die geleerde vertoë van sy prokureur en veral van homself. Tenslotte blyk dat die saak is ‘ge-dis-missed-ibus.’ Om hiervan presies die betekenis te wete te kom gaan Leonora naar Lawshark - onder dreiemente van straf by ongunstige opheldering. Clasius gaan hom verklee. Moorman die skout kom op. Blaasbalg versteek homself in 'n kamer naasaan. Moorman kom op 'n vordering van drie pond as gevolg van die geding. Clasius wat gemeen het om die geld van Blaasbalg te leen sit in die penarie. Moorman maak 'n inwentaris van die kamer. Die spot word gedryf met de Lima se geskrifte en ‘Kakelbonte Bibliotheek.’ Clasius, wat bang is vir Leonora se woede as sy terugkom, probeer om Moorman daar te hou, en wil hom ‘de Kaapstad schenken. Moorman: Waarom schenk gy my niet liever de Maan? Clasius, enigszins geraakt: Mynheer, het is een gedicht’Ga naar voetnoot2). Dit is nog een van die beste grappe in die stuk! Moorman vertrek. Clasius wens: ‘Was hier maar 'n oude draagstoel of een Ballastmand of een goienzak waarin ik my voor een halven dag kan versteken, zoo als ik wel meer gedaan heb!’ Dan verman hy hom! Hy sal hom verdedig. Leonora wat net tevore stilletjies ingekom het openbaar nou haarself. Clasius se moed vervlieg soos rook. Leonora weet dat | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 328]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Moorman by die huis was. Sy storm op Clasius af, slaan hom selfs met die skoen, en skop hom so dat sy haarself beseer. Dan kom Blaasbalg voor die dag. Hy sal haar, as vriend, die drie pond voorskiet. Die stuk eindig met 'n lied waarin die gehoor versoek word om medelyde met Clasius te hê. Tenslotte word meegedeel: ‘Dit stuk is voor de eerste maal op den Afrikaansche Schouwburg voor een talryke en respectabele menigte door de Amateurs van het Hollandsche Toneel Gezelschap Vlyt en Kunst den 19 Julie 1834 vertoond geworden en met eene buitengemeene toejuiging ontvangen, zynde de Rollen aldus verdeeld:
Soos ons kan verwag is hierdie stuk 'n verder bewys van Boniface se tegniese vaardigheid in die maak van toneelstukke. Die intriege sit vry goed inmekaar; daar is handeling en afwisseling genoeg; die taal is goed. Maar hiermee is ongeveer alles goeds gesê. Die dialoog pas nie altyd aan plaas of persone nie. Dikwels word dit geweld aangedoen om persoonlikhede te botvier, b.v. in die openingsgesprek tussen Leonora en Blaasbalg, in Leonora en Nollie se lewensbeskrywing van de L., ens. Van werklike geestigheid is geen sprake nie. Op sy hoogs kan ons 'n enkele keer praat van sekere grappigheid. Dan is dit by uitstek 'n komiek van situasie, nie van persoon nie: b.v. waar Leonora maar nie Nollie se verhaal uit hom kan kry deur die ander interrupsies nie; waar Blaasbalg se dubbelsinnighede haar aan die lyntjie hou omtrent die uttslag van de Lima se proses; waar Leonora onverwags op Clasius in sy toestand van ingebeelde moed afkom. Maar 'n komiek van persoon, van karakter! Daarvoor bly die skrywer vereers te laag by die grond. 'n Groot deel van die bespotting van Clasius draai om sy uiterlikheid, om sy gelykenis op 'n bobbejaan! Om laglus op te wek is dit tog 'n besonder primitiewe en banale middel. Tydgenote kon daar miskien plesier aan gehad het. Vir ons is dit ongenietbaar geword. Verder, vir sover die skrywer karakteriseer, oordrywe, sjargeer | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 329]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
hy aan die een kant te veel, motiveer hy aan die ander kant te min. Ten eerste, wat oordrywing betref, 'n paar voorbeelde. Leonora is 'n losbandige vrou en 'n feeks. Tot vervelenstoe, te pas en te onpas, word sy as sulks, veral as feeks, voorgestel. Daardeur kom selfs 'n beeldende toneel, soos haar tugtiging van Clasius aan die end, minder tot sy reg. Dieselfde geld vir die voorstelling van die gedurige berooidheid en onderworpenheid van Clasius. Deur sy onderworpenheid soms voor te stel as niks minder as die van 'n kind nie, so selfs dat hy op die skoot geneem of deur Leonora gewas word, moet die waarde van 'n toneel soos daar waar Leonora skielik op hom afkom op die end, verminder. Aan die ander kant is daar te weinig motivering by die karakterisering. De Lima word bespot as digter, joernalis, 'n wegdroster van sy vrou en wat dies meer sy. Maar nooit kry ons 'n enkel konkrete voorbeeld waar hy as sulks belaglik voorgestel word nie. By skeld- en spotterme, by banale persoonlikhede, bly dit. Van karaktertekening van enige waarde is dus weinig of geen sprake nie. Ons is per slot van rekening lang nie oortuig dat die proses om die komedielootjie so belaglik was nie. Hierdie indruk is veral toe te skrywe eensdeels aan die oordrewe voorstellinge van de Lima se dwaashede, waarby sy proses baie natuurlik lyk; andersdeels aan onvoldoende motivering van die weiering van die lootjie, waardeur Clasius se gedragslyn 'n redeliker kleur kry. Die vernaamste persone in die stuk is duidelik herkenbaar. Afgesien van karakterisering is die name tieperend. So Leonora en Clasius; so T. van der Kaas vir T. van der Chys, Bonikwast vir Boniface; so ou Mozes Flausen. Talryke besonderhede uit die lewe van die betrokke persone dra hulle deel by tot 'n juiste begrip. De Lima se lewensloop in besonder moet dit ontgeld. Begryplik is dat de Lima se getuie-vriende van die minste stadskarakters is! Talryke musikale gedeeltes kom in die stuk voor: liedjies om te sing in verband met die inhoud. Die liedere word trouens as 'n besondere aantreklikheid aangekondigGa naar voetnoot1). Die stuk is dus bedoel as ‘opera comique’. Nog val te wys op die vele Afrikaanse woorde en uitdrukkinge wat voorkom b.v. GonenGa naar voetnoot2); Bogt!Ga naar voetnoot3); banjen zeerGa naar voetnoot4); Basta!Ga naar voetnoot5) ens; op die growwe grappigheid van die s-t, toe wel makliker deur die beugel as nou; op die leersame kort beskrywing van hoe 'n toneelgeselskap destyds saamgestel was. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 330]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Tenslotte as ons hierdie stuk met De Temperantisten van vroeër vergelyk val daar 'n groot onderskeid om te konstateer. Die grote gedragenheid van die satiere in De Temperantisten mis ons hier ten enemale. Clasius het verreweg nie die literêre of kultuur-historiese waarde van De Temperantisten nie. Afgesien van die vermeerderde insig wat ons kry in die werk en karakter van Boniface sowel as in die van de Lima is die stuk van weinig belang. Maar dat diegene wat op so'n fel-persoonlike en weinig waardige wyse teen 'n ander kon van leer trek, self 'n ongelukkige moes gewees het, is onbetwisbaar.
Vervolgens sou in die loop van Augustus (Liefhebbery Toneel) plaasvindGa naar voetnoot1) Valmont de Saint Priest, of De Schipbreukeling, ‘een zeer prachtig Tsp. in 5 Bed. door J.E. de Witte van Haemstede, en op dringend verzoek van verscheidene ingezetenen herhaald worden Clasius’ ens. Clasius het sukses gehad. Op 15 AugustusGa naar voetnoot2) word die voorstelling vasgestel vir 6 September, Valmont ‘met nieuwe kleeding’ ens. J.J. de Kock heet Sekretaris van die geselskap; Ley behou die uitdeling van die lootjies. Om ‘onvermydelike redenen’ word die voorstelling uitgestel tot 13 SeptemberGa naar voetnoot3); en as nastuk word gemeld Nog net zoo (Boniface), met 'n ‘klein intermezzo van Castor en Pollux door eenen amateur.’ Die ‘amateur’ is BonifaceGa naar voetnoot4); Nog net zoo is Clasius. In die Castor en Pollux toneel bereik Boniface 'n laagtepunt van persoonlike bespottingGa naar voetnoot5). Die naam Clasius moes gesit het. Later moes De Lima dit onder die naam nog altyd ontgeld. Maar dan word die borde vir sy vyande verhangGa naar voetnoot6). Eers November weer speel V. en K., by hierdie en die volgende geleentheid in die Afrikaanse Skouburg. Die rede van die lang tussenpoos het gelê in die groot voorbereiding wat nodig was vir die volgende stuk De Burger Edelman (molière). Die koste aan die opvoering van so'n stuk verbonde het die liefhebbers aanvanklik laat besluit om die pryse te verhoog, temeer waar alle ewentuele oorskotte ‘tot een weldadig oogmerk’ bestem was. Egter ‘om geen ongenoegen aan hun vrienden te geven’ het hulle die plan laat vaar, maar hoop ‘dat deze hnnne laatste poging voor dit saizoen door een welgezind publiek krachtdadig zal worden ondersteundGa naar voetnoot7)’. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 331]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Op 15 NovemberGa naar voetnoot1) vind De Burger Edelman plaas, ‘kluchtig Bs. in 5 Bed., gemengd met Zang en Dans en vry vertaald van Molière's Bourgeois Gentilhomme, door C.E. Boniface. Met geheel nieuwe muzyk, costumes, enz., waarin verscheidene karakteristieke dansen zullen worden uitgevoerd als: De Dans der Snyders, der Koksmaten, der Turken, de Gavotte (deze door de Heer Garoute in persoon en vier zyner jonge Leerlingen); en eindigende met een groot prachtig Finaal, of Ballet Turc, door 21 Dansers volvoerd.’ Die gewone liefhebberymusiekgeselskap het hulle dienste vriendelik aangebied. Die publiek het die voorstelling kragdadig ondersteun. Immers begin DesemberGa naar voetnoot2) volg, op herhaalde versoek, 'n twede opvoering van De Burger Edelman, ‘in vele gedeelten grotendeels verlengd’, met 'n ander amusement... Pygmalion, het beroemd en wel bekend Grieksch Melodrama (Monologue) in een Bed. naar het Frans van Rousseau door den Heer Boniface. Met nieuwe kleeding, enz. De Rol van Galatea... in het Hollandsch door Mejufvr. Westcott.’ Ons kry dus drie stukke van Boniface in 1834: Clasius 'n splinternuwe, De Burger Edelman en Pygmalion, bekend uit 1825 en voor 1809 resp. Dit was 'n triomfjaar vir Boniface. Soos die ander geselskappe kom V. en K. in 1836 in vroegtydige beweging as gevolg van die KafferoorlogGa naar voetnoot3). ‘Clavigo’Ga naar voetnoot4) skrywe onder 18 FebruarieGa naar voetnoot5) dat hy verneem het dat V. en K. in die begin van a.s. maand 'n voorstelling sal gee, met 'n meesterwerk van Kotzebue, De Verzoening ens., en 'n klugspel van Loosjes ‘onuitsluitelyk (sic! - F.B.) ten voordeele van de Lyders op de Frontieren, door de Kaffer Inval. De Heer Boniface zal het amusement verfraayen met eenig Nieuw Muzyk, door hem zelve gearrangeerd’. ‘CIavigo’ doen 'n beroep op ‘de geest van liberaliteit’ van die publiek om sulke ‘menschlievendheid en zelfgevoel’ (sic! - F.B.) van die geselskap nie teleur te stel nie. Onder 21 FebruarieGa naar voetnoot6) kom V. en K. ‘Clavigo’ se berig bevestig. Die voorstelling sal 14 Maart plaasvind in die ‘Kaapsche Schouwburg (C.T. Theatre)’. Op besondere versoek word egter ‘het beroemd prachtig Tsp. Valmont’ (Witte van Haemstede) ens. herhaalGa naar voetnoot7) met De Helleveeg, ook 'n oubekendeGa naar voetnoot8) van Loosjes. 'n Divertissement kom by; 'n | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 332]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Liefhebbery musiekgeselskap het beloof om te assisteer. Die geselskap het ‘alles gedaan... om de vermakelykheden te verfraayen’ en vertrou op ‘de belangstelling van het publiek’. Tog vind ‘Clavigo’ dit nog 'n keer nodig om deur middel van 'n gedig (naar die vorm tenminste), Medelyden, die publiek aan te spoor. ‘Rampzalige aarde, ja gy zoudt ons roozen kweeken,
En 't menschdom krimpt van wee, waar uwe doornen steeken,
Ach, waarom bragt uw grond vergif en distelsGa naar voetnoot1) voort,
En werd op onze Grens de lieve vreê gestoord?’
Haar soons het so hard daar geswoeg.
‘Ach! welk een wreed gedrag, voor vreugde smarte te erven;
Gy Kaap'naar ziet haar smart, en laat hen hooploos derven!
Gedoemd voor Kaffer-pyl en arm by fyn gevoel,
Voor geen geweld bestand, en aller rampen doel.’
Kom voort menslievendheid, vermaan hy
‘Wy hebben 't paradys, zy hebben wildernis.’
Hoe kan 'n mens rus hê as sy medemens so ly? Kom dus
‘Schoone weldadigheid! Gy hebt den mensch beschaafd,
Zyn ruwe geest gevormd, met wetenschap begaaft.
Hy moest door u geleid zich tot een God verhoogen!’
('n Tagtigertoon! - F.B.)
Dis op weldadigheid se eis dat die mens in donker hole dwaal, ‘Geklonken rotsen splyt en yzeren gewelven.
Om als FerreiraGa naar voetnoot2) deedt, de glorie op te delven.’
Die aardryk se grondslag beef en kraak as Ferreira ‘....Met moed en list,
By donderend geweld Tyali'sGa naar voetnoot3) regt betwist.’
Wie lig die mens op sy tog as alles duister is, nooddruf hom kwel en die vreeslike donder hom dreig? ‘Aarselt dan niet meer, wees deelzaam met uw schat,
Gy krygt vergelding, meer dan Peru's ryk bevat.
Thalia ontvangt het geld, dat gy mildadig smyt,
In het goedwillend schoot van Cabo's Vlyt en Kunst’
Ongetwyfeld het ‘Clavigo’ dit goed gemeen. Of hy dit ewe goed gesê het? Die divertissement neem die vorm aan van musiek. M. Gautrott van MauritiusGa naar voetnoot4) in sy ‘edelmoedigheid en vriendelykheid’ assisteer gratis met twee vioolstukke, o.a. ‘Fantasie en Imitation du Robere(t?) Africaine' (op een instrument, hetwelk de Inboorlingen van de kust | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 333]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
van Mosambiek te Mauritius spelen), gecomponeerd door Mons. Gautrott, en toegewyd aan zyne vrienden, uitmakende het Muziek Gezelschap Harmonie en Eendragt.’ Ten spyte van die digterlike aansporinge van ‘Clavigo’, van die aantreklikhede van M. Gautrott, ens., was die voorstelling 'n mislukking, geldelik tenminsteGa naar voetnoot1). Die stukke was ‘well sustained’. M. Gautrott se vioolstukke was 'n ‘excellent performance’, maar ‘from the small audience, the amateurs, it appears, are unable to contribute any thing in furtherance of their benevolent object.’ Sou die mislukking veral toe te skrywe wees aan die feit dat die Engelse geselskap net drie dae vantevore 'n voorstelling vir dieselfde doel gehad hetGa naar voetnoot2)? Miskien. By voorkeur is ek egter geneig die vernaamste rede elders te soek. Dit het m.i. alweer gelê in onderlinge rusie onder die Hollandse geledere. Dit val op dat die lootjiesuitdeling by Bridekirk en Robertson berus. Weliswaar kom Ley weer by in Augustus en September - 'n tydelike versoening miskien? - maar direk daarop is hy meebetrokke in die kindergeselskap Kunst en Smaak, wat de Lima se stuk, opsetlik teen Boniface gerig, speel. Van enige verdere samegaan met Boniface hoor ons nieGa naar voetnoot3). Ook verneem ons uit 'n briefGa naar voetnoot4) in verband met die kindergeselskap hoedat benyders van Boniface soek om afbreuk aan sy voorstellinge te doen. Daar val dus selfs aktiewe vyandskap te konstateer. Opmerklik is dat daar hierdie jaar deur V. en K. veel meer in die Commercial Advertiser dan in die Zuid-Afrikaan geadverteer word. Dis duidelik: Boniface sal in jare, maar nie in streke, verander het nie. Vandaar onenigheid; vandaar, tenspyte van ‘Clavigo’ se poginge, wat die mislukking blykbaar vooruit gevrees het, die ongelukkige ervaring van die liefdadigheidsvoorstelling. Boniface se vyande was aktief gewees. Na ruime voorafgaande aankondigingGa naar voetnoot5) volg op 16 MeiGa naar voetnoot6), onder patronasie van lady D'Urban, ook in die vervolg, ‘met nieuwe kleeding, Decoratien en Costumes Kotzebue's beroemd prachtig Trs. Pizarro’ ens., en Jerome Pointu (Dorvigny), Ks. in 1 Bed., albei bekende stukkeGa naar voetnoot7), met die gewone musikale assistensie. Pizarro moes in die smaak geval het. Op ‘aanhoudende verzoek’ word dit op 13 Junie herhaalGa naar voetnoot8). Tot nastuk het gedien | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 334]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Warren's Blacking, 30 Strand, Ks. in 1 Bed., ‘uit het Engelsch vertaald door een Amateur’. Die voorstelling vind plaas in die ‘Kaapsche Liefhebbery Tooneel (Amateur Theatre)’ - ook in die vervolg. Hierdie klugspel was in sekere sin 'n besondere geleentheidsstuk. Die koerante was sedert 1830Ga naar voetnoot1) vol allerlei geestige en buitengewoon oorspronklike advertensies, met tekeninge en rympies (soms in die vorm van dialoge, oorspronklik of gevariëerd op aanhalinge uit bekende werke b.v. Hamlet), om Warren's Blacking, 30 Strand te adverteer. Dat hierdie reklame by die publiek ingeslaan het, bewys die maak selfs van 'n klugspel daarop. Vir die end van JulieGa naar voetnoot2) word aangekondig, met nuwe kleding ens. ‘het prachtig Trs. zoo lang in preparatie... Aballino, De Groote Bandiet (Zschokke)’, en 'n nuwe Ks., ‘uit het Engelsch vertaald door een Amateur’, Monsieur Tonson, of De Geplaagde Barbier (Moncrieffe). Tenslotte vind die opvoering op 15 Augustus plaasGa naar voetnoot3), waarby 'n kind van 10 jaar twee solos van bekende wysies op die fluit gee. Een van die gevolge van die opvoering van Aballino was - daar is reeds op gewysGa naar voetnoot4) - 'n parodie daarop onder die naam van Aballino Junior, deur de Lima. Die stuk word deur die kindergeselskap opgevoer en was in werklikheid teen Boniface, deur de Lima en ander ‘benyders’, gemunt. ImmersGa naar voetnoot5) ‘het groot en moeielyk stuk Aballino, De Groote Bandiet, werd voor een fatsoenlyk en groot audientie, zeer wel en prachtig uitgevoerd. De avond van vertooning was nauwelyks daar, of het Huis was opgepropt vol van deftige aanschouwers; eenigen, deels uit nieuwsgierigheid, en anderen met een groot vooroordeel, om zoo mogelyk fout te vinden; ja, men bracht zelfs boeken in den Schouwburg, (hetwelk zeer ongepast is by een Liefhebbery tooneelvertooning), ten einde te ontwaren of de Amateurs wel rotsvast waren. Het gelukte de benyders echter niet in deze hunne pogingen te slagen, want het stuk werd, (als zynde door Liefhebbers gedaan) onverbeterlyk uitgevoerd.’ Hierdeur het die afguns des te groter geword ‘en men moest trachten dat Gezelschap die reeds gedurende 3 jarenGa naar voetnoot6), met groote verliezen, het publiek heeft vermaakt, door de grootste en prachtigste stukken welke bekend waren; en die reeds twee malen ten voordeele der behoeftigen, hunne | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 335]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
pogingen hadden ingespannen, en wier gevestigde reputatie nooit het goed gevoelen van het geeerd publiek zal verliezen, zoo mogelyk ter neder te werpen.’ Tenslotte word in SeptemberGa naar voetnoot1) aan intekenare en publiek berig, dat sodra daar ‘genoegzame Intekenaars (zullen zyn) gevonden om de onkosten te bestryden.... met volstrekt nieuwe en toepasselyke kleeding’ ens. as laaste representasie die pragtige Trs. van Duval (vertaal deur Bruggemans), Montoni, of Het Kasteel van Udolpho (uit 1819 reeds bekend)Ga naar voetnoot2) sal opgevoer word. In die derde bedryf vind ‘de belegering van het kasteel.... en de Vernieling van hetzelve door Vuurvlammen’ plaas. Of dit werklik tot opvoering gekom het, vind ek nie vermeld nie. Dit lyk met die oog op wat in 1836 volg onwaarskynlik. Opvallend is die groot aantal herleefde stukke ook hierdie jaar. Hiermee was die hoogtepunt van V. en K. bereik. Ewenas die ander geselskappe begin hy hierna aftakel, deels deur die hernude Metodistiese beweging teen allerlei vorme van vermaakGa naar voetnoot3), en deels ongetwyfeld deur die professionele vermaaklikhede (poppespel ens.) wat later in 1837 en 1838, op die voorgrond komGa naar voetnoot4). Deels waarskynlik ook deur onderlinge verdeeldheid en innerlike verswakkingGa naar voetnoot5), en deels deur vermindering van Boniface se eie belangstelling en ywer in die toneelGa naar voetnoot6). In 1839 hoor ons nie meer van die geselskap nie. Miskien het 'n epidemie van masels en maagloop daardie jaar die nekslag aan die geselskap toegebringGa naar voetnoot7). Intussen laat V. en K. in 1836 vroeg van hom hoor. Reeds in JanuarieGa naar voetnoot8) word Men doet wat men kan, en niet wat men wil (Dorvigny, vertaal deur Ogelwight Jr.) te leen gevra. Vrye toegang tot die opvoering word in ruil vir die verskaffing van die stuk beloof. J. de Kock bly die sekretaris van die geselskap. Verdere vermelding aan die stuk bly egter uit. Op 11 JulieGa naar voetnoot9) volg Othello, of De Jaloersche Zwart, Trs. van Shakespeare, met nuwe kleding ens., en De Logen om best wil (Garrick). By hierdie geleentheid lok Othello 'n sterk protes uit van ‘Philemon’Ga naar voetnoot10) teen Christene wat nie alleen die voorbereiding vir ‘The Lord's Day’ deur skouburgbesoek op Saterdagaand ontheilig nie, maar nog erger doen deur naar 'n gruwelike en onsedelike stuk soos Othello te luister. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 336]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Origens moes die opvoering 'n sukses gewees hetGa naar voetnoot1). 'n Aankondiging volgGa naar voetnoot2) dat by voldoende intekening die ‘romanesk’ Trs. Montoni (Duval, vertaal Bruggemans) sal opgevoer word (die vorige keer het dit dus vermoedelik mislukGa naar voetnoot3), ‘met expresselyk.... vervaardigde Decoratien’ ens. Wat 'n kykstuk dit moet gewees het, word duidelik uit die volgende besonderhede wat gegee word: ‘1 Bed. - Front Gezigt van het Kasteel - prachtig geillumineerd. 2 Bed. - Groot Gevecht - Bestorming van het Kasteel door de Spanjaarden. 3 Bed. - Verwoesting door Vuur. 4 Bed. - Onderaardsch Gewelf. - Verschyning van den Geest uit een rots. 5 Bed. - Dood van Montoni en Orsino, door verraad.’ Die musiek is gekomponeer deur die heer W. Brandt. Tot slot ‘het welbekende nastukje met zang, op dringend verzoek, Nognet oo door den Heer Boniface’. Die Musiekgeselskap De Vriendschap assisteer. Dat Nognetzoo (Clasius) weer op die lappe kom, was toe te skrywe aan die persoonlike vete in die tyd tussen de Lima en een van Boniface se besondere bentgenote: J.J. de Kock, die Sekretaris van V. en K.Ga naar voetnoot4) In hierdie vete kom de Kock tenslotte aan die kortste end. Hy verloor 'n hofsaak. Geen wonder nie dat as die voorstelling eindelik op 10 SeptemberGa naar voetnoot5) plaasvind, ons verneem dat dit is ‘ten einde den Heer J.J. de Kock Cz. schadeloos te stellen van alle de kosten van zyn Ed. Proces’. By Montoni kom 'n ‘zeer prachtig Transparant door den Heer Poortemans’ by. Nog volg Het Fancy Bal!!! ‘Een komiek Ballet, in 1 Bed.’ In die ‘Zuid-Afrikaansche Schouwburg’ word gespeel. Die voorstelling sal 'n sukses gewees het. Reeds onder datum van 26 AugustusGa naar voetnoot6) was ‘alle de Loges in het rondeel verhuurd’, en word die parterre vir die geleentheid ‘als Loges voor zes zitplaatsen verdeeld en van kussens voor dames voorzien’. Die voorstelling vind plaas onder ‘sanctie’ van die Goewerneur en vrou. Vermoedelik word dieselfde as patronasie bedoel, aangesien die goewerneursvrou bygenoem word. Voor- | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 337]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
heen in hierdie jaar word hulle glad nie genoem nie. Of die stuk 'n besondere sukses was is twyfelagtigGa naar voetnoot1). Vanaf hierdie jaar begin die samewerking tussen Boniface en C. MollGa naar voetnoot2). Die jaar sluit met die volgende advertensie van Boniface: ‘Nieuwe Tooneelstukken. Aan Drukkers en Bestuurders van tooneelgezelschappen wordt by deze narigt gegeven dat de volgende komediestukken gereed zullen zyn, om in het licht te verschynen, tegen het einde der a.s. maand Maart, n.l.: In het Hollandsch -
In het Engelsch: -
En dat tenders voor het geheel of voor elk stuk afzonderlyk, meldende den prys in Sterling-Geld, in woorden voluit geschreven, met (indien vereischt wordt), de namen van twee respectabele Borgen ter behoorlyke volbrenging der voorwaarden... tot 1 Januari e.k. door den schryver van Clasius ontvangen zullen worden op zyne tegenwoordige residentie genaamd Le Reduit, naast het woonhuis van den Heer Elliott, Kaapstad. 28 November '36’. Hierdie advertensieGa naar voetnoot3) kan eenvoudig 'n vorm van satiere gewees het. Waarskynliker lyk met die oog op Clasius, Kockincoz e.a. dat die stukke wel geskrywe is of dat Boniface ernstig bedoel het om hulle (klaar?) te skryf, maar dat hy indien wel, tot die uitgawe nooit gekom het nie. Enige spore daarvan het ek tenminste nie gevind nie. Die tietels van die stukke is, soos gewoonlik, veelseggend. Tzatzoe was die Christen-Opperhoof van die Tinda KafferstamGa naar voetnoot4). In die meeste ander Hollandse stukke kan ons duidelik die wrok oor die verlore proses teen de Lima herkenGa naar voetnoot5). | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 338]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die eerste Engelse stuk - miskien die ander ook - slaan op die naturelle e.a. publieke vergaderinge teen die Engelse politiekGa naar voetnoot1). Ook in 1837 word vroeg begin. Reeds in JanuarieGa naar voetnoot2) word aangekondig dat die eerste voorstelling van V. en K. begin Maart sal plaasvind en bestaan uit ‘Shakespeare's much admired The Merchant of Venice in 5 Acts. To conclude with the laughable farce... High Life below Stairs (Townley) in 2 Acts’. Boniface voer soos tevoreGa naar voetnoot3) weer Engelse stukke op. Waarskynlik was die volgende aankondiging ook van V. en K.Ga naar voetnoot4). ‘The South African Amateur Company will perform within a few days Flodoardo van Overschie, of De Kleine Bandiet, To conclude with De Oude Rot’, in die ‘South African Theatre’. Dit duur geruime tyd voordat weer opgevoer word. Die aanwesigheid van M. Decanis met sy Fantasmagorie AutomatonGa naar voetnoot5) aan die Kaap, vermaaklikhede waaraan selfs die Sekretaris van V. en K., die heer de Kock, sy hulp verleen, sal seker sy deel hieraan gehad het. Op 19 AugustusGa naar voetnoot6) eers, in die Liefhebbery Toneel soos gewoonlik, volg op versoekGa naar voetnoot7) Shakespeare se Othello, of De Moor van Venetien en Dirk Menschenschrik (Holberg). In die nastuk sal ‘door een Groote Baviaan eenige kunsten worden uitgevoerd’. Daar word gewaarsku: ‘Er zyn slechts weinige boxen open’. Die Musiekliefhebberygeselskap De Getrouwheid assisteer. By hierdie geleentheid het 'n ernstige ongeluk plaasgevind in die skouburgGa naar voetnoot8). Een van die persone, sekere Snibbley, behulpsaam by die entre actes, het toevallig 'n pistool, in onwetendheid dat dit met hael gelaai was, op sy makker afgeskiet. Die haelkorrels het 'n gevaarlike verwonding in die bors van die ander veroorsaak. Doktore Bailey, Liesching en Somerville het dadelik die ongelukkige te hulp gesnel, wat daarna naar die Somerset Hospitaal vervoer is. Die | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 339]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
afvuurder self het 'n sware wond in die linkeroog bekom van die vuursteen wat afgevlieg het. Tenslotte word in OktoberGa naar voetnoot1) 'n voorstelling aangekondig. ‘Ten einde onnoodige onkosten voor te komen, zal de Plan de namen der stukken meldende, by tyds worden rond gezonden, en wanneer... gevuld...zullen de byzonderheden en de tyd... nader worden bekend gemaakt’. Indien wel, het die bekendmaking nooit in die koerante plaasgevind nie. Ek het reeds gesê dat die agteruitgang van V. en K. sedert 1836 o.a. kon gelê het in die feit dat Boniface se ywer self aan die afkoel was. In Julie 1835 was sy vrou oorledeGa naar voetnoot2) en in 1838 skyn hy heeltemal uit V. en K. te weesGa naar voetnoot3). V. en K. self skyn in twee groepe op te splits wat albei die ou tradiesie voortsit. Dit kan een van die redes gewees het, waarom laat in die jaar eers met speel 'n aanvang gemaak word. Naas hierdie innerlike verdeeldheid sal vermaaklikhede van 'n professionele aard 'n verdere rede gewees hetGa naar voetnoot4). In Mei 1838 het S.K.H. Prins Frederik Willem Hendrik, derde seun van die Prins van Oranje, aan boord van S.N.M.S. Bellona, op weg naar Holland van die Ooste, die Kaap'n besoek gebringGa naar voetnoot5). Hy is baie geesdriftig verwelkom; in besonder het die Hollandssprekendes vreugde gevierGa naar voetnoot6). Dit verbaas ons dus nie om te hoor nie dat V. en K. aan S.K.H. ‘geproponeerd (heeft) om gedurende zyn verblyf alhier eene Toneelvertooning ter (zyner) eere te geven, doch Z.K.H. hoogstdeszelfs dank betuigende voor de attentie, kon geen gebruik maken van dit eerbewys, uithoofde van hoogstdeszelfs kort verblyf alhier’. Onder 10 JulieGa naar voetnoot7) verneem ons dat aangesien daar verskeie versoeke tot die Sekretaris van V. en K. gekom het vir 'n toneelvertoning gedurende die seisoen, so sal intekening vir loges afgewag word tot 11 Julie, waarna sal besluit word of daar gespeel sal word of nie. Indien wel, sal die stukke gekies en later aan intekenare en publiek per advertensie bekend gemaak word. Veertien dae hiernaGa naar voetnoot8) word die publiek verwittig ‘dat eenige Dramatische Amateurs, op dringend verzoek binnen de eerstkomende drie weken, eene Toneelvertooning zullen geven, in den Kaapschen Schouwburg’ van De Jood en De Christen, | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 340]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
of De Gevolgen der Lichtzinnigheid, Trs. in 5 Bed., ('n verkapping van De Koopman van Venetië, in die Metodistiese gees van die tyd!), en Jantje Puk, of Den Doctor tegen Wil en Dank, Ks. in 3 Bed. van Molière. 'n Musiekgeselskap sal assisteer. ‘Daar er waarschynlik geen ander Hollandsche Tooneelvertooning gedurende dit saizoen zal plaats hebben, zal de Parterre behoorlyk worden opgedeeld in Loges, teneinde de dames te geryven... al de Loges meest geëngageerd zynde’. Dit beloof goed vir die sukses van die voorstelling. Naar aanleiding van hierdie voorstelling skrywe 'n ‘Onpartydigen Opmerker’Ga naar voetnoot1), dat sy onpartydige oordeel miskien nie deur ‘de Amateurs zal gelykt worden’ (sic! F.B.), maar hy kan kan geen ander uitspraak gee nie as wat waar is en met sy ‘geweten strookt’. Antonio was baie goed, veral in die gevangenistoneel; hy moet alleen langsamer praat om sy woorde veel meer klem te gee. Shylock was 'n meesterstuk. Veral die pond-vleistoneel was skoon en natuurlik, ja, onverbeterlik. Baie goed ook en vermaaklik was die geveg tussen Shylock en Antonio. Gratiano was baie goed, en verdien alle lof as jong amateur. Portia was meesterlik, in besonder in die vyfde bedryf. Die ondergeskikte rolle was almal baie goed. Die nastuk was ‘redelyk wel’. Puk was as gewoonlik baie goed; ook Rode en Sybille; Jabobine het haar bes gedoen en die publiek behaag. Die krietikus raai die liefhebbers af om sulke lange nastukke te kies. Hulle is ‘vervelend’. Die musiek was fraai en is herhaalde maal toegejuig. Maar die geselskap sou goed doen om ‘eens een voorbeeld te stellen’ aan diegene wat op die gaandery gedurende die nastuk hulself nie kon gedra nie, en dan sal ‘zulke schandelyke ongebondenheden (zeker) nimmer weder geschieden’Ga naar voetnoot2). ‘Het huis was zo vol als immer en de voldoening was algemeen onder dezulken die wisten te geven en te nemen’. Dis 'n vraag of hierdie spelers 'n deel van V. en K. was. Vermoedelik egter welGa naar voetnoot3). | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 341]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Op 9 SeptemberGa naar voetnoot1) voer ‘de Amateurs onder directie van den heer J.J. de Kock het welbekende Montoni (Duval, vertaal deur Bruggemans) ens. in 5 Bed.Ga naar voetnoot2), in die Liefhebbery Toneel op. In die twede bedryf het ons die “verschyning van den geest op de wallen van het Kasteel, met Vuurwerk,” en tussen die derde en vierde bedryf “het Gevecht en de vernieling van het Kasteel door Brand.” Tenslotte volg “een Komiek Ballet Dans.” By die voorstellingGa naar voetnoot3) was aanwesig “een zeer fatsoenlyke audientie.” Het stuk liep zeer wel af, en werd veel beter gespeeld dan twee jaren geleden door... V. en K.Ga naar voetnoot4). Een ieder weet dat Montoni niet weder zal kunnen worden ten uitvoer gebragt... als ten tyde van HoniGa naar voetnoot5) (ens.), doch wanneer men nagaat dat met uitzondering der drie voornaamste Rollen geen van allen ooit de planken van het Tooneel hebben betreden, dan moet men erkennen dat een stuk zoo moeielyk als Montoni door deze Amateurs buiten verwachting is uitgevoerd.’ Die geselskap verdien vir al hulle moeite om die publiek te vermaak, nie alleen lof en prys nie, maar die dank van die publiek. Die dans was baie vermaaklik en het algemene goedkeuring weggedra. Deur sommige dansers is baie vlugheid en kundigheid aan die dag gelê. Die musiek was baie goed; die Direkteur verdien alle lof vir sy ywer en smaak. Tenslotte kom die spelers hul hartlike dank betuig aan ‘het geëerd publiek voor de liberale ondersteuning... en berigten dat in dit saizoen geen verdere tooneelvertooning zal plaats hebben.
Uit naam der Amateurs,
J.J. de Kock C.Zn., Directeur.’
Tog volg op Woensdag 3 OktoberGa naar voetnoot6) 'n voorstelling van ‘eenige Amateurs van... V. en K.’ met: ‘Ziegler's beroemd Treurspel Het Veemgerigt, of Wreedheid en Grootmoedigheia, in 4 Bed. Waarna Een Divertissement, Gevolgd door De Dwarsdryfster (Rivière Dufresny, vertaal deur de Huybert), Kluchtig Bs. in 1 Bed.’ Sou de Kock ten spyte van sy dankbetuiging tog weer 'n | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 342]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
voorstelling gegee het? Dis moontlik - maar baie onwaarskynlik. Die tydruimtes tussen die opvoeringe 11 Augustus, 9 September en 3 Oktober, is baie kort met die oog op die moeilike aard van die stukke. Die aankondiginge meld altyd slegs'n deel van V. en K. wat speel, soms spesifiek onder De Kock genoem, soms nie, asof om 'n onderskeid te maak. De Kock kondig definitief aan dat hy na die voorstelling van 9 September nie meer speel nie. Met die oog hierop kry ek sterk die indruk of daar tenminste twee groepe spelers gedurende die jaar was, en miskien drie. Neem ons aan dat die waarskuwing by geleentheid van die voorstelling van 11 Augustus, nl. dat daar waarskynlik geen ander Hollandse voorstelling gedurende die jaar sou plaasvind nie, maar by die waarskynlikheid gebly het, dan val daar alleen twee groepe te vermoed, een vir die voorstellinge van 11 Augustus en 3 Oktober en een vir die van 9 September. V. en K. sou in diè geval in twee groepe opgesplits het, waarvan een die non-de Kockafdeling, die ander die de Kockafdeling was. Neem ons egter aan dat die waarskynlikheid waarheid geword het - waarom sou die spelers hulle hier alleen ‘eenige Dramatische Amateurs’ noem, waar hulle hul later as spelers van V. en K. aandui? - dan kry ons 'n derde groep, heeltemal buiten V. en K. Ek is geneig om twee groepe aan te neem. Die voorstelling van 11 Augustus sal deur dieselfde groep gewees het as die voorstelling van 3 Oktober, nl. die non-de Kockafdeling van V. en K. Hiernaas bestaan die de Kock-afdeling van V. en K. Vir die moontlikheid dat die spelers van 11 Augustus 'n derde aparte groep kon gewees het, verwys ek eldersGa naar voetnoot1). Miskien kon by die groep van 11 Augustus, sowel as by die de Kock-groep, ou ‘Tot-Nut(Oefening)-en-Vermakers’ hulself gevoeg het. Vandaar dan die vage manier van aanduiding en die vermyding van definitief V. en K. te noem. Ewe val nog te verwys naar die beroepskunstenaars met hul poppespel in 1837 en 1838Ga naar voetnoot2). Eenkeer het de Kock, van V. en K., selfs meegehelp. Hiermee is die storie van V. en K. vertel. Soos die verkoop van die ou Skouburg in 1839 die lui van die doodsklok vir byna al die ander toneelgeselskappe was, sal dit dieselfde vir V. en K. gewees hetGa naar voetnoot3). Dit word 1870 voor ons weer van 'n geselskap Kunst en Vlyt hoorGa naar voetnoot4). |
|