Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend§ 4. Die OpvoeringGa naar voetnoot1).a. Skouburge.Die Afrikaanse Skouburg bly die vernaamste setel van toneelbeoefening. 'n Eie lokaal het Tot Nut en Vermaak van 1817-'18. Van die Afrikaanse Skouburg verneem ons een en ander. Die grootste sorg word voortdurend hieraan bestee; die Afrikaanse Skouburg bly sy goeie naam handhaaf. Prior noem die binnegebou in 1810 ‘sufficiently neat’Ga naar voetnoot2). In 1815Ga naar voetnoot3) word beweer: ‘Previous to our last conquest of the colony, the Dutch had erected a theatre, but an inelegant and untasteful one’ - maar die uitspraak sal ingegee wees deur die feit dat die Hollandssprekendes as oprigters daarvan aangesien word! Ernstiger is die uitspraak (1818) van AragoGa naar voetnoot4); ‘The theatre is a little bijou of bad taste and cleanliness’. Hierteenoor staan die vermelding as 'n ‘pretty theatre’ in 1820Ga naar voetnoot5): en ‘regular built’ (1822Ga naar voetnoot6) d.w.s. heeltemal volgens | |
[pagina 158]
| |
die eise van 'n erkende skouburg. Reeds gedurende 1807-'08 het dit geblyk dat die Franse geselskap, d.w.s. die ‘Hollandse’ burgery, 'n eie lokaal hetGa naar voetnoot1). Dit word 1817 voor so iets weer vermeld word. T.N. en V. verkry sy eie lokaal. Die redesGa naar voetnoot2) kan verskeie gewees het: die Hollandssprekendes was in die eerste plek op hulself vir ondersteuning aangewysGa naar voetnoot3) en het dus oor 'n kleiner publiek as die Engelse beskik; die Afrikaanse Skouburg kon as gevolg maklik te groot...en te duur vir hul behoeftes gewees het; as liefhebbers was daar 'n goeie organisasie nodig om spelers sowel as gehoor saam te bind; 'n eie lokaal vir repetiesies ens. was besonder gewens; die sug naar geslotenheid en ‘onder ons’ teenoor onaangename krietiek en onaangename publiek sal gegeld het. Op 21 Maart 1817Ga naar voetnoot4) verskyn die volgende berig: ‘Benodigd: - By den opbouw van den nieuwen geprojecteerden Schouwburg in de Tuin Uitvlugt, eenige Handlangers, tegens promte betaling, 's maandelyks. Adres by W.A. Lacable, of J.C. Gie.’ Hierdie berig is van groot belang. J.C. Gie is die man van T.N. en V. 'n Splinternuwe komediehuisGa naar voetnoot5) word gebou, geen pakhuis as sodanig verkleed nie. Hierdie gebou het ongeveer JulieGa naar voetnoot6) klaargekom. In 1818 loop dit mis met T.N. en V. Begin 1819 word die hele inrigting van sy ‘komediehuis’ in sekwestrasie verkoopGa naar voetnoot7). Vir 'n paar jaar hoor ons nie meer van T.N. en V. nie. Maar ongetwyfeld was hierdie gebou dieselfde waarin die Hollandse geselskap van 1820-21Ga naar voetnoot8) gespeel het. | |
b. Dekors en Kostuums.Talryke advertensies met die mededeling dat stukken ‘met nieuwe Schermen, Decoratien en Costuums’Ga naar voetnoot9) plaasvind, bewys hoe veel aandag en koste aan dekors en kostuums bestee word. Soos in die vorige periode het die aard van die meeste stukke dit trouens meegebring: sangspele, ballette, pantomiems en romantiese kykstukke soos MontoniGa naar voetnoot10) e.a. Dis duidelik dat die Engelse en Boniface in hierdie opsig die meeste werk en moeite sal gehad het. 'n Geskiedenis wat hom herhaal is dat die uitgawes die innames oortrefGa naar voetnoot11), so duur was dikwels die toebereidsels. | |
[pagina 159]
| |
c. Bestuur.In die algemene bestuur van die Afrikaanse Skouburg kom geen verandering nieGa naar voetnoot1). Hul handelinge weerspieël soms op interessante wyse die lotgevalle van die toneel. Die jaar 1810 was 'n maer jaar, en vóór Augustus word heeltemal nie gespeel nie. As gevolg - die voorafgaande vet jare het hul blykbaar ontwen - word 'n vergadering van eienaars byeengeroep op 5 JulieGa naar voetnoot2), om te oorweeg om die Skouburg ‘aan 't Gouvernement te koop aan te bieden, terwyl er nu sedert geruimen tyd weinig of geen gebruik van denzelven ... is gemaakt’. By afwesigheid van lede word instemming veronderstel. Hier skyn egter niks van te gekom het nie. Op 31 Oktober 1812Ga naar voetnoot3) word die Skouburg onvermydelik vir enkele maande - ongetwyfeld weëns die pokkies - gesluitGa naar voetnoot4). Of Strombom na 1809 Tesourier gebly het, weet ek nie. In 1815 is H. Murray dit. Soos voorheen word die rekeninge jaarliks opgemaak en ‘uitdelingen’ - wanneer dit die geval is - uitgekeer. Dit gebeur in 1815Ga naar voetnoot5), vir sover berig, en ook in 1821Ga naar voetnoot6). Van 1818Ga naar voetnoot7) word J.T. Buck as Tesourier vermeld, en sal dit bly, (tenslotte selfs volle eienaar word), tot die verkoop van die Skouburg in 1839. Dit lyk of daar taamlik gereeld hand aan die Skouburg gehou word; ofskoon blykbaar alleen onder drang van die bespelers, en soms uit hulle sak. Veral as daar beroepselemente by kom, skyn die saak fluks aangepak te word. So berig Cuerton aan die begin van sy professionele onderneming in 1815 dat hy ‘voornemens (is) om alles te repareren op de meest uitvoerlike en nette manier’Ga naar voetnoot8). In 1816 word reparasies aangebring, maar hierdie keer die eienaars bygehaal. Op 16 JulieGa naar voetnoot9) hou hul 'n vergadering om ‘de reparatie van het gebouw in overweging te nemen.’ Om diè rede word selfs 'n keer nie gespeel nieGa naar voetnoot10). Op 2 NovemberGa naar voetnoot11) kan die gelukkige spelers weer aankondig: ‘De Schouwburg, verscheidene Reparatien ondergaan hebbende, zal weder open zyn’ ens. Die pakhuise onder die Skouburg word as steeds verhuurGa naar voetnoot12). Die jaar 1818 was 'n baie drukke speeljaarGa naar voetnoot13). Geen wonder dat aannemers gevra word om 'n jaar lang die Skouburg | |
[pagina 160]
| |
‘in goede reparatie van buiten te houden’Ga naar voetnoot1). Maar vir die verbetering van binne - die toneel self - moes die spelers in eie sak grypGa naar voetnoot2). Sulke belangrike verbeteringe word aangebring, dat alleen daardeur Men Doet vir Montoni (Duval) kan opvoerGa naar voetnoot3). Op 17 Februarie 1821Ga naar voetnoot4) word vyf aandele van die Skouburg uit die boedel van wyle Thos. Wittenoom - nog een van die oorspronklike eienaarsGa naar voetnoot5) - uit die hand te koop aangebied, anders sal dit per veiling geskied. Dit heet hierby: ‘Het gebouw is in een goede staat van reparatie, en de de ontvangsten van Huur derzelve en Pakhuizen, belopen, op een overslag, gedurende de 4 laatste jaren, op 3000 Rds. 's jaars’ - werklik 'n goeie opbrengs. Hierdie berig help ons begryp hoe, soos Bird vertel, die aandele in 1822 in die hande van Engelse gekom hetGa naar voetnoot6); temeer waar die Hollandssprekendes hulself intussen vir 'n eie skouburg gaan interesseer hetGa naar voetnoot7). | |
d. Inwendige Bestuur en Indeling; Pryse.Die indeling van die Afrikaanse Skouburg in balkon (boweloges, soms alleen loges genoem), bak (onderloges, parterre, ‘pit’), en gaandery (gallery) bly voortbestaan. Soms kom staanplase - by afwisseling in alle dele van die huis - by en skyn selde minder te kos as die gewone plekkeGa naar voetnoot8). In 1818 verryk die grote toeloop tot die Engelse voorstellinge die skouburg met nog ses bowelogesGa naar voetnoot9), en vermoedelik met 'n portaal (lobby)Ga naar voetnoot10). Ook ander plekke word as loges ingedeelGa naar voetnoot11). Die indeling van die skouburg van T.N. en V. is nie met sekerheid te sê nie. Vermoedelik het dit uit parterre, met loges en gewone plekke bestaanGa naar voetnoot12). Die Engelse voorstellinge bly hul meer openbare karakter behou; die Hollandse hul meer geslote. By die Engelse is intekenlyste 'n uitsondering. Dit kom meestal voor as beroepselemente hul verskyning maak en seker van ondersteuning wil wees,Ga naar voetnoot13) of by 'n liefdadigheidsvoorstellingGa naar voetnoot14). Bowendien gebeur die intekening in volgorde, sonder lootjiestrekkeryGa naar voetnoot15). By sulke geleenthede het die beroepspelers self | |
[pagina 161]
| |
die lyste in hande. Soortgelik is die kontrole van die lootjies by benefiese-voorstellinge deur die betrokke persone selfGa naar voetnoot1). By die Hollandsspekendes is intekenlyste en lootjiestrekkery op die voorgrondGa naar voetnoot2). Soms was dit die gewoonte om die intekenlyste rond te stuurGa naar voetnoot3). Alleen here is lede van die geselskappe. Vir dames en non-lede bestaan dames- en vreemdelingekaartjiesGa naar voetnoot4). T.N. en V. se beriggewing is gedurende 1817 - 1818 baie volledig. Dit gee een van die duidelikste beelde van die organisasie van 'n liefhebberygeselskap wat ons besit, en verdien dat ek daar in besonderhede by stil staan. Die ‘Tooneellievend Gezelschap Tot Nut en Vermaak’, berig onder 12 JulieGa naar voetnoot5) 1817 aan die Intekenare ‘dat Commissarissen (uit de acterende Leden)’ op bepaalde dae en ureGa naar voetnoot6) op die Heregrag 31 sal ‘vaceren om Entré Biljetten’ uit te deel. N.J. Ley is Sekretaris. Op 26 JulieGa naar voetnoot7) word nader berig dat op 'n bepaalde dag en tydstip ‘de trekking der Loges in de nieuwe Schouwburg zal geschieden. De Leden Dames medebrengende, worden verzocht zich in vyf te verdelen, op welke dag ook de Dames-Kaartjes zullen worden afgegeven’. Ley teken homself as sekretaris ‘uit naam van Commissarissen’. Ons sien dus: die geselskap het werkende (‘acterende’) en ander lede, wat alleen uit here bestaan; kommissarisse tref alle praktiese reëlinge in verband met die opvoering - vermoedelik by beurteGa naar voetnoot8); die sekretaris handel uit naam van kommissarisse; toegangsbiljette, vermoedelik vir die gewone plekke, word sonder meer aan lede afgegee, maar vir die die loges word lootjies getrek; vir dames word afsonderlike kaartjies uitgereik; die meeste besoekers kom in kleine partytjies. Die geselskap staan onder patronasie van die GoewerneurGa naar voetnoot9). Om 6 uur word die deure geopen. Om 6.30 vang die voorstelling aan. Op 16 AugustusGa naar voetnoot10) volg die berig: ‘De Heeren Directeuren adverteren de Heeren Intekenaren, dat op Dingsdag tusschen 10 en 1 uren, de trekking der Boxen, elk in eene | |
[pagina 162]
| |
afgescheidene Bank bestaande, zal plaats hebben. De Heeren worden verzogt hen met elkander, hetzy in 10 voor eene, of 20 voor twee Boxen (de Dames mede gerekend), te willen voegen, zoo zyl. begeren naby elkander Plaatsen te erlangen’. By die twede voorstelling van Donderdag 21 Augustus ‘worden de Heeren verzogt hunne Diplomas, en voor de Dames derzelven, Kaartjes by de Deur der Zaal aan de Bode af te geven, zullende niemand dan tegens afgave van hetzelve, met zyne of hare eigene naam beschreven, en door Commissarissen of Toneelmeester getekend, aldaar mogen binnen gelaten worden. By de trekking zal de annonce van de stukken welke zullen vertoond worden, op de Tafel leggen. De Toneelmeester zal op Woensdag den 20, van 10 tot 5 uren (d.w.s. daags tevore) vaceren, tot de uitgaaf van de Dames Kaartjes.’ 'n Waarskuwing volg teen indringers in die geselskap; iets waaroor al die geselskappe toentertyd te klae hetGa naar voetnoot1) en wat T.N. en V. later 'n baie onaangename ervaring besorg.Ga naar voetnoot2) Dis duidelik dat die loges van die skouburg uit 'n deel van die parterre, in die vorm van afsonderlike banke met 10 plekke, bestaan. Die besoekers kom in partye, groter as voorheen, en kry een of meer banke vir hulself. Toelating geskied alleen op vertoon van persoonlike diplomas of kaartjiesGa naar voetnoot3). Die stukke word by die trekking aangekondigGa naar voetnoot4). Die geselskap het 'n toneelmeester wat hul eintlike hoof is. Daar is 'n Direksie (bestuur), wat uit meerdere Direkteure bestaan. Dit sal die algemene liggaam van kontrole gewees het. Die geslote karakter van die voorstellinge kom duidelik uit. Die persoonlike kontrole, die opkoms van die gehoor in partye, bewys die ‘onder ons’ karakter van die geleentheid. Dit is eintlik 'n geselligheidsbyeenkoms van famieliesGa naar voetnoot5). Hulle vergader tot nut en vermaak op ‘kunstlievende’ grondslag. Hierdie organisasie duur so voort, behoudens enkele wysiginge en aanvullinge. So moet o.a. oordragte van plaasbewyse aan dames bekend gemaak word om verwarring te voorkomGa naar voetnoot6). Die trek van lootjies gebeur nie alleen opnuut voor elke voorstelling nieGa naar voetnoot7), maar die lede skyn dit self te doen of te mag doenGa naar voetnoot8). ‘De Directie verzoekt dat een ieder der Leden, die by de Trekking adsisteert, zich vooraf zal gelieven in staat te stellen, om de Dames en Heeren die in de door hem getrokkene Box zullen plaats hebben, aan den presenten Directeur op te gevenGa naar voetnoot9)’. | |
[pagina 163]
| |
Vir non-lede van die geselskap word voorsiening gemaak in die vorm van vreemdelingekaartjies. Ekstra dameskaartjies bestaan, vermoedelik vir die dames van vreemdelingeGa naar voetnoot1). Buiteliede wat 'n uur van Kaapstad woon word as vreemdelinge aangemerk sedert 1818Ga naar voetnoot2). Verder sal vreemdelinge uit Engelse offisiere, Indiese besoekers e.a. bestaan uitGa naar voetnoot3). Behoudens sodanige vreemdelinge ‘wordt het verondersteld dat niemand dan Inteekenaren zullen toegelaten worden’Ga naar voetnoot4). Pryse of ledegelde vermeld T.N. en V. nie. Die pryse bly taamlik reëlmatig. Interessant is hoe selfs hier die prysaanduiding van die Hollandssprekendes hul weer geslote, familiale karakter toon, teenoor die meer openbare van die Engelse. Die Hollandssprekendes gee die voorkeur aan 'n berekening per loge van soveel en soveel plekke, die Engelse aan 'n berekening per afsonderlike plek. Die ou Franse geselskap van 1809 sluit nog aan by die Engelse pryse van die vorige periode en bereken boweloges 1½, onderloges 2 en gallery 1 Rd(s) resp. Boniface en Villet het gewoonlik die beheer van die lootjiesGa naar voetnoot5). Eienaardig is dat nog steeds die boweloges minder gereken word as die parterreloges. Hiermee hou dit egter opGa naar voetnoot6). Die Engelse bereken bak (pit) en balkon (boxes) gewoonlik gelykop; die Hollandssprekendes balkon ([syde]loges) iets meer. Die ander FranseGa naar voetnoot7) wat opvoer en die jeuggeselskappe (Frans en Hollands), 1809-'11, bereken hoër pryse. Gewoonlik reken hulle per (bowe)loge, met ses of ag plekke, verder per afsonderlike plek. Die gewone pryse vir balkonGa naar voetnoot8), parterre, gaandery bedra 2½ - 2½ - 1½ Rds. Soms kos parterre 2 Rds. T.N. en V. in 1809Ga naar voetnoot9) sluit hom nou by hierdie pryse aan en bereken sydeloges 15 of 18 (vir 6 of 8 plekke), parterreloges 12 (6 plekke), en gaandery 1½ Rds. resp. Boniface in 1813 vra vir sy ballet nie min nie: 4-3-2 Rds. resp.Ga naar voetnoot10). Hy reken die voorstelling natuurlik as 'n besondere. Origens verneem ons van hom (Honi in 1815), of T.N. en V. (1817-18) of Men Doet (1819) geen pryse nie. Honi berigGa naar voetnoot11) alleen van parterre, gallery en staanplase; | |
[pagina 164]
| |
T.N. en V. van ‘boxes’ van 10 plekkeGa naar voetnoot1); Men Doet van loges van 4 à 6 personeGa naar voetnoot2). Wat die staanplase betref, die kom meermale voor, soms in loges, soms in parterre, soms in gallery. Hulle skyn selde minder te kos as ander plekkeGa naar voetnoot3). Die Engelse reken loges en parterre gewoonlik gelykop. Vir die tydperk 1811-'14Ga naar voetnoot4) is die pryse vir loges en parterre 2 Rds., gallery 1 Rd.; oor die geheel dus, miskien iets goedkoper as die Hollandse geselskappe. Cuerton probeer in 1815Ga naar voetnoot5) professionele toneel begin, en reken pryse oor die algemeen 'n halwe riksdaler duurder as die vorige. Sy voorbeeld werk aansteeklik en die Engelse geselskappe na hom (1815-1818) reken in die reël 3 en 1½ Rds.Ga naar voetnoot6) By besondere geleenthede b.v. liefdadigheidsvoorstellinge, word besondere pryse berekenGa naar voetnoot7). Soos voorheen lê Engelse intekenlyste, of is toegangsbewyse vir Engelse voorstellinge verkrybaar, by o.a. allerlei openbare plekke. Die Hollandse intekenlyste en lootjies daarenteen berus by private burgers, meestal persone wat direkte belang het in die voorstellinge of wat lede is van die geselskap wat opvoer. Tenslotte bestaan die ou moeilikheid oor toegangsbewyse by die deur voortGa naar voetnoot8). Gewoonlik word dit geweier. Die Engelse laat dit sedert einde 1816 toeGa naar voetnoot9). Op die eerste gesig vergelyk die pryse uit hierdie tydperk dus duurder met die van die voorafgaande, en word dit in die twede helfte duurder as in die eerste. In die werklikheid sal die vermeerdering nie so groot gewees het nie. Die riksdaler, nominaal van 'n waarde van 4/2, het gedurig waardevermindering ondergaan. In 1823 sal dit op 1/6 vasgestel word. Dit is dus te begrype dat die pryse hoe langer hoe duurder sal skyn te word, terwyl dit in werklikheid nie so is nie. Niettemin kan hul nie goedkoop genoem word nie. | |
e. Tyd.Soos voorheen bly Saterdag die speeldag by uitnemendheid; alleen Tot Nut en Vermaak skyn in 1817 op verskillende dae te speel, by voorkeur Donderdags en Dinsdags. Ook die ure van speel behou hul vroeëre kenmerkeGa naar voetnoot10). Die non-Engelse begin vroeër as die Engelse; buitengewone | |
[pagina 165]
| |
voorstellinge het spesiale ureGa naar voetnoot1); die aanvangsuur wissel met die jaargetyGa naar voetnoot2). Die ure van die Engelse in 1809Ga naar voetnoot3) (opening om 6 uur en aanvang om 7 uur) moet eintlik tot die van die vorige tydperk gereken word. Die Engelse se wesentlike werksaamheid uit hierdie tydperk begin in 1811Ga naar voetnoot4). Die ure toon 'n verskil met die van vroeër aan. Tot 1812 vind die opening om 6.45, die aanvang om 7.30 plaas. Van 1813Ga naar voetnoot5) tot 1818 kry ons 'n vervroeging: opening om 6, aanvang om 7 uur, d.w.s. 'n terugkeer tot die ure van die vorige tydperk. Die periode stem dus vir die grootste deel met die vorige ooreen, en eindig op dieselfde speeltyd. Uitsonderinge op hierdie ure is veral aan die seisoen toe te skrywe, die somer, wat later ure gewens maakGa naar voetnoot6). Die Hollandssprekendes tot 1810Ga naar voetnoot7) het baie vroeë ure: opening om 5, aanvang om 6 uur. In 1811Ga naar voetnoot8) is dit 6.30 en 7 uur, waarskynlik naar die voorbeeld van die Engelse, wat nog later opvoer. (Honi se meesgewone aanvangsuur in 1815 is 7 uurGa naar voetnoot9). (Opening vermoedelik om 6 uur, soos by die Engelse). T.N. en V. open in 1817Ga naar voetnoot10) om 6 en begin om 6.30 uur. So ook in die gewone seisoen van 1818. Men Doet se gewone ure in 1819 is dieselfdeGa naar voetnoot11) as die van T.N. en V. Vir uitsonderinge op die reël, is, soos by die Engelse, die jaargety in die eerste plek verantwoordelikGa naar voetnoot12). Die vroeëre ure van die Hollandssprekende burgery bly opvallend; ofskoon 'n kleine verskuiwing tot later ure op te merke val. Tenslotte sal die aanvangsure nie so stip geëerbiedig gewees het nie. In 1818Ga naar voetnoot13) moet die Engelse geselskap waarsku dat ‘the curtain (will) rise positively (volstrekt) at half past 7’. | |
f. Sensuur.Hierin val geen veranderinge te meld nie. Soos steeds begin alle voorstellinge ‘met de sanctie, permissie, approbatie, goedkeuring’ of hoe dit heet van die Goewerneur. Van | |
[pagina 166]
| |
‘Patronasie’ van die Goewerneur se vrou hoor ons die eerste in Julie 1813Ga naar voetnoot1) by die Engelse geselskap onder Cuerton, wat self vermoedelik 'n professioneel was en dus die reklamewaarde van sulke name besef het. Sonder twyfel kan ons daar verder 'n navolging in sien van die bestaande gebruik by konserte, bals ens. Die Hollandse geselskappe volg direk in die voetspoor van die EngelseGa naar voetnoot2). Na die dood van lady Somerset word die Goewerneur self beskermheerGa naar voetnoot3) (naas sy ‘sanctie’ ens.), en bly dit in die vervolg, saam met sy vrou, tenminste as sy daar is. | |
g. Publiek.Van die publiek val vrywel dieselfde as voorheen te sê. Enkele getuienisse wil ek aanhaal om dit nader te staaf. BurchellGa naar voetnoot4), toe hy aan die Kaap in 1810 was, het die Skouburg gesluit gevind deur gebrek aan spelers; maar het tog 'n paar konserte bygewoon, waarvoor hy alleen lof oor het. Die konserte het uitgegaan van Hollandssprekende liefhebbers onder leiding van 'n musiekmeester. Wat Burchell vertel van die vrywel uitsluitlik Hollandse gehoor by hierdie geleentheid sal in hoofsaak van toepassing wees vir ander geleenthede, wat uit dieselde publiek bestaan hetGa naar voetnoot5).’ The greater part of the audience’ sê hy, ‘were ladies. They were dressed extremely well, and quite in the English fashion; and for personal beauty, they ought not easily to yield the prize, even to our fair countrywomen. As a mark of good sense in the company it should be noticed, that here was none of the talking and chattering which are too often heard at concerts, and serve only to distinguish the tasteless lounger from the lover of music, or perhaps, sometimes, bad performances from good. It was over soon after nine o'clock, this being the hour at which most of the Dutch parties break up. (Die skouburg begin hierdie jareGa naar voetnoot6) om 6 uur). ‘At this time lanternsGa naar voetnoot7) are seen moving about in all directions; and as the different parties pass each other, they greet their friends with a Wel te rusten’Ga naar voetnoot8). Die aangename gees van die Hollandse voorstellinge, die gasvryheid teenoor Engelse besoekers, die ondersteuning wat die Hollandse burgery aan die Engelse toneel gegee het, het al elders geblykGa naar voetnoot9). Tog | |
[pagina 167]
| |
skyn Engelse steun, veral van offisiere, ook nie by Hollandse opvoeringe te ontbreek het nieGa naar voetnoot1). Van ver het die mense in die omgewing van Kaapstad gekom. Daar was talryke ‘buitenplaatsen’ ens. van vermoënde mense by Groenpunt, Rondebosch ens.Ga naar voetnoot2), mense wat die komedie ondersteun het. En deftig soos die gehoor soms was! ‘Dames en Heeren, die Loges mogten nemen, worden verzogt hunne knegts vooraf in dezelve te stellen; zullende echter na het eerste bedryf dit niet langer plaats vinden’. So klink dit by die Engelse Komedie in 1811Ga naar voetnoot3). Trouens die hoë pryse wys ook op 'n vermoënde gehoor. Origens duur dieselfde moeilikhede soos voorheen onverminderd voort. Uittentreure heet dit ‘Geen lootjes worden aan de deur verkogt of geld aan de deur aangenomen’Ga naar voetnoot4), maar veel meer van die Hollandssprekendes as die Engelse. Laasgenoemdes adverteer openlik in 1816, dat kaartjes aan die deur verkrybaar isGa naar voetnoot5) - eers alleen vir die gallery, daarna vir ander plekke. Ander bekende waarskuwinge word herhaalGa naar voetnoot6). ‘Niemand zal door de agterdeur van het Theater toegelaten worden uitgezonderd diegenen, welke na de private Loges gaan’ (d.w.s. die Goewerneur, Lt.-Goewerneur, Koloniale Sekretaris en Admiraal)Ga naar voetnoot7); ‘een ieder wordt op het ernstigste verzogt niet agter op 't Toneel gedurende het spelen te komen’, of word dit ronduit verbiedGa naar voetnoot8); ‘Geen mensch hoegenaamd zal in de Repetitie worden toegelaten, dan degenen die tot het Vertoonen dezer twee stukken behoren’Ga naar voetnoot9); ‘Geen Entré zonder lootjes’Ga naar voetnoot10). Die eerste en laaste, en waarskynlik voorlaaste waarskuwinge slaan natuurlik veral op poginge om kosteloos binne te dring; enigermate verklaarbaar uit die oor die algemeen hoë pryse. Hoe dries die poginge soms was, het alreeds 'n keer geblyk by die Engelse KomedieGa naar voetnoot11). Elders word dit gestaaf. In 1818 word eers gewaarsku dat hul ‘every precaution to prevent the intrusion of improper visitors’Ga naar voetnoot12) sal gebruik; daarnaGa naar voetnoot13), ‘It having come under the observation of the Committee of Management, that certain Persons | |
[pagina 168]
| |
assuming the Character of respectability, are in the habit of attending the Doors of the Theatre, for the purpose of passing into the House, by means of false Tickets or Checks given to others going out; Notice is hereby given that any Persons, who may for the future be found in similar attempts at fraud, will have their Names handed over for prosecution.’ Geen wonder nie - 1818 was 'n bloeijaar vir Engelse toneel en die pryse was hoog. Dieselfde klaaglied word deur die Hollandse geselskappe gesing. In Augustus 1817Ga naar voetnoot1) gee T.N. en V. ‘hunne verwondering te kennen over de onbeschaamdheid van eenige Personen, van zich in 't Gezelschap te dringen’. In Junie 1818Ga naar voetnoot2) lei diè soort gedrag tot 'n hoogsonaangename voorval - en vermoedelike skeuringGa naar voetnoot3) - by T.N. en V., wat hom selfs genoodsaak sien om die toevlug tot 'n berig in die koerant te neem teneinde die ware toedrag van sake in die lig te stel. ‘Een onaangenaame gebeurtenis plaats gehad hebbende in de Toneellievende Societeit Tot Nut en Vermaak op laatstleden Zaturdag (d.w.s. 6 Junie); gevoelen Directeuren zich genoodzaakt de volgende korte schets van het gebeurde publiek te maken. Omtrent 7 uur 's avonds, kwam er in het Huis een Gezelschap van twee Dames, vergezeld door twee Heeren, waarna ontdekt wierd dat een dier Heeren geen Intekenaar was en tegenstrydig met de existerende wetten, zich in het Huis had gedrongen, hetwelk door een der Directeuren aan gemelde Heer wierd bekend gemaakt, en ter zelver tyd verwittigd, dat de acterende Leden geweigerd hadden om te spelen uit hoofde zyner tegenwoordigheid zonder Entree Billet. Gemelde Heer betuigde zyne onwilligheid om het Huis te verlaten; een der Amateurs wiens pligt het was, volgens de Regulatien der Societeit, ging op het Toneel, aan het Gezelschap bekend makende, dat, als de Persoon die het Huis was ingedrongen, hetzelve niet verliet, gene Vertooning dien avond zoude plaats hebben. Hierop volgde een geraas en handgeklap van een gedeelte des Gezelschaps, welke den Heer noodzaakte, die bewyzen had gegeven het Huis vrywillig te verlaten, zyn besluit te veranderen. Kort daarna is er eene inschikkelykheid met gem. Heer getroffen, en hy werd als een Lid van het Huis aangenomen. - Directeuren zouden hunnen pligt by het Publiek verzuimen, indien zylieden nalatig waren te verklaren, dat de rede welke hun genoodzaakt heeft deze onaangename gebeurtenis in aanmerking te nemen, is, dat het aan hun bekend gemaakt is, dat | |
[pagina 169]
| |
pogingen zyn gedaan om anderen hieraan schuld te geven, die noch door aanrading of anderszins aangespoord zich met het gebeurde ingelaten of bemoeid hebben, dan alleen zoo als het zich heeft toegedragen.’ Dat T.N. en V. by sy volgende opvoeringGa naar voetnoot1) byvoeg: ‘N.B. Het wordt verondersteld dat niemand dan Inteekenaren zullen toegelaten worden’ - is begryplik. Eweneens teen indringers gerig sal die waarskuwing van Men Doet in 1819 gewees hetGa naar voetnoot2): ‘Geen mensch zal worden binnengelaten, dan die gene wiens naam op de Inteekenings-Lyst, of op zyn eigen kaartje bekend staat’. Tevore ook in 1816 by die opvoering van die Castle Spectre het die Engelse geselskap deur alleen intekenare toe te laat en kaarte persoonlik en onoordraagbaar te maak, soortgelyke stappe geneem om ongewenste (en hier veral kostelose) indringers te weerGa naar voetnoot3). Tenslotte moet Men Doet in September 1819Ga naar voetnoot4) 'n waarskuwing uit teen ‘degenen die de lieve gewoonte hebben, om zonder Lootjes Tooneel Vertooningen by te wonen, dat ditmaal maatregelen door 't gezelschap worden genomen, om hen hier in tegen te werken.’ Inderdaad, maatreëls ....! | |
h. Kritiek.Hierdie tydperk sien die eerste uitinge van bewuste kritiek aan die Kaap: die twee verslae uit 1818 in die Kaapsche Courant van die semi-professionele Engelse geselskapGa naar voetnoot5). Die kritiek doen sy tyd eer aan; maar sy verskyning self moet meer as 'n lapsus linguae as iets anders aangesien word. Immers die Kaapsche Courant moes enkel staatsblad wees sonder persoonlike meninge. Vryheid tot die kritiek het die blad gevind naar aanleiding van die deelname van die beroepspelers aan die voorstellinge. Die ander spelers word alleen baie in die algemeen genoem. Onbedoelde kritiek het ons in die aangehaalde passasies uit Prior en BirdGa naar voetnoot6). | |
i. Spelers en Stukke.Die spelers bly by uitnemendheid liefhebbers. In 1818 belewe die Engelse toneel 'n geweldige bloeityd deur die aanwesigheid van beroepspelers: die heer en mev. Cooke, | |
[pagina 170]
| |
mej. Williams en mev. BroughGa naar voetnoot1) - van wie die eerste drie ongetwyfeld persone van besondere talent was. Hulle was egter stellig nie die eerste Engelse beroepspelers van hierdie periode (die vorige sal geen gehad het nie) aan die Kaap nie. Die heer Cuerton, wat stellig toneelkunstenaar wasGa naar voetnoot2), het hul voorafgegaan. Hy skyn veral uit te munt in sangnummers en grappige rolle. Aan die Kaap het hy in elk geval as beroepspeler vir korte tyd opgetreeGa naar voetnoot3). Een van sy damesspelers was waarskynlik Mev. DelamoreGa naar voetnoot4). Die Engelse liefhebbers het soos gewoonlik in die eerste plek uit garnisoensoffisiere bestaanGa naar voetnoot5). Die direksie van 1811 en 1812,Ga naar voetnoot6) lt.-kol. Dennis, lte. Prescott en Hanson, sal ongetwyfeld medespelers gewees het (vgl. Cuerton, Boniface). Vermoedelik was die heer Hamilton Ross - 'n gewese offisierGa naar voetnoot7) - hierdie tyd ook speler. Eenkeer adverteer hy teen 'n beloning vir 'n verlore ‘Klugtspel in Manuscript, half ingebonden’Ga naar voetnoot8). 'n Ander keer gee hy biljette uitGa naar voetnoot9). In 1814 speel sekere heer Arnot as Harlequin met Cuerton saamGa naar voetnoot10). Miskien was hy offisier. In 1815 word kapt. Sheridan genoem, klaarblyklik 'n heel verdienstelike medewerkerGa naar voetnoot11). In 1817 speel kapt. CarterGa naar voetnoot12) ‘the celebrated amateur tragedian’, die rol van Shylock en van Octavian, in The Mountaineers (Colman). In 1818 ‘duik W. Pitt Esq.’ weerGa naar voetnoot13) op, wat liedere singGa naar voetnoot14). Damespelers word veelvuldiger onder die Engelse, hoewel hul nog die uitsondering bly. Cuerton kondig dames aan in 1815, w.o. waarskynlik mev. DelamoreGa naar voetnoot15). Daar is ook die meervermelde dames van die heer Cooke. Hoe sterk die afwesigheid van dames in die gewone voorstellinge gevoel word, vertel Bird onsGa naar voetnoot16). Dit was waarskynlik 'n rede te meer waarom die Engelse hul so gehou het aan komiese stukke. In sulke is manne nog die draaglikste in vrouerolle. Ongetwyfeld het die Hollandsprekendes dit beter gehad wat betref damesspelers. Prior vermeld reeds in 1810 die meespeel van damesGa naar voetnoot17). Bird bevestig dit in 1822Ga naar voetnoot18). Beide bevestig hul talente daarvoor; om die manne egter nie te | |
[pagina 171]
| |
vergeet nie. Afsonderlike spelers word nog nie vermeld nie, uitgesonder Boniface; moontlik kan Meurant, Riaux, AgronGa naar voetnoot1) en TredouxGa naar voetnoot2) mee gereken word. Eenkeer tree in 'n opvoering vir homself die heer Bourcherville opGa naar voetnoot3), eintlik 'n sanger-musikus.
Wat stukke betref staan op gebied van oorspronklike werk Boniface vooraan. Uit hierdie tyd dateer van hom: Robert, Chef de Brigands (naar Lamartélière), Tsp. in 5 Bed., ‘in Poezy’ in 1809Ga naar voetnoot4); Het Beleg en het Nemen van Troyen, Ballet Pantomime in 3 Bed., in 1813Ga naar voetnoot5); Sapho, Groot Ballet in 3 Bed., in 1815 - oorspronklik in FransGa naar voetnoot6); Dago, of De Spaansche Bedelaars, Tsp., Ballet in 3 Bed., 'n bewerking (naar Cuvelier?) in 1819Ga naar voetnoot7). Vir sover oor hierdie werk aanmerkinge te make val is dit reeds gedaan. Bewaar is ongelukkig, vir sover bekend, geeneen van die stukke nie. Daar bestaan geen rede om aan te neem dat behalwe die uitlegging by Het Beleg van Troyen ooit iets hiervan in druk verskyn het nie. Dit maak die verlies des te begrypliker. Hoeseer dit modewerk is en ingegee deur bestaande toneelinvloede, o.a. die van Cuerton, het ek aangetoon. Tog bly dit werk van besondere belang as poginge om aan die Kaap self mee te ding met ingevoerde Europese stukke; nie net altyd suig aan die Europese melkfles nie. Tieperend is weer dat die poginge uitgaan van die ‘Hollandse’ bevolking. Die Hollandse sin tot navolging blyk miskien uit die aard van die werk, maar terselfdertyd die Hollandse selfvertroue en ondernemingsin. Van Engelse oorspronklike werk is alleen die proloog van kapt. SheridanGa naar voetnoot8) bekend. Buiten hierdie kader het die Engelse hulself nie gewaag nie. Geestigheid is gewoonlik die uitstaande kenmerk van hul voortbrengsels. Oor die oorspronklike werk val nie veel te sê nie. Dit bly in hoofsaak by die oue. Tog val ook daarin vooruitgang, 'n hoëre strewe, te bespeur, selfs by die Engelse geselskap b.v. King Richard III in 1813; The Merchant of Venice in 1817 en Othello in 1818 van ShakespeareGa naar voetnoot9). Die Franse geselskap in 1809Ga naar voetnoot10) speel stukke van groter opset en betekenis as tevore b.v. Les Plaideurs, van Racine, Le Tambour Nocturne van Destouches, Le Jeu de L'Amour et du Hasard van Marivax, Robert, Chef de Brigands (Lamartélière), stukke van Molière e.a. in die lugtige genre; Les | |
[pagina 172]
| |
Deux Frères van Kotzebue, Le Comte de Comminge, van d'Arnaud e.a. in ernstiger genre. Maar die lugtige kant oorheers; die opera comique, ballet en pantomiem word gereeld beoefen. By die Hollandse geselskappeGa naar voetnoot1), ofskoon die voorstellinge nog soms uit één groot stuk, toneel- of treurspel bestaan, word die gewone tradiesie: 'n groot stuk van gehele of half ernstige inhoud, gevolg deur 'n korte lagstuk, meermale nog met sangGa naar voetnoot2). Die skool van Kotzebue en Iffland vier hoogty. Sedelikheid - die beloonde deug, die gestrafte ondeug -, en romantiek - kykstukke soos Robert (Lamartélière), De Struikro(o)vers (Loaisel Tréogate), Montoni (Duval), ens. - streef om die voorrang. Kan 'n stuk sedekunde, treurspel en klugspel in homself verenig, grens dit taamlik na aan die volmaakte soos blyk uit die voorstellinge van die jonge liefhebbers in 1811Ga naar voetnoot3). Tot Nut en Vermaak sou die suiwerste Hollandse geselskap kan heet. Tussen hom en die Engelse toneel kom die Frans-Hollandse Honi, onder Boniface, te staan. In sy groter, soms ernstige stukke, neig Honi naar die Hollandse kant toe; in sy liefde tot romantiek, sangspel, ballette en pantomiems, naar die Engelse. In die laaste sal veral die Franse aard van Boniface gespreek het; sin vir die spektakulêre en lugtige, maar 'n sin altyd meer geskool en kunssinnig as die van die Engelse, en in hierdie opsigte weer nader aan die Hollandse aard. |
|