Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend§ 3. Engelse Toneel (Garnisoen).As die Engelse, die garnisoen, in 1811 weer begin speel, gaan hul presies op die ou voet voort. Ligte stukke (met heel veel herhaling van populêre) word opgevoer in die Afrikaanse Skouburg. Sedert hulle laaste optree in die begin van 1809 het meer as twee jaar verby gegaan sonder speel. Vir die resGa naar voetnoot4) van 1809 kon hulle uitgeput gewees het of kan die bloei van die Franse toneel en die weeropkoms van T.N. en V. hulle verdring het. Maar die vernaamste rede sal waarskynlik die vertrek van sommige ou kragte - hul word nie meer genoem nie - en gebrek aan nuwe gewees het. Seker sal dit die vernaamste gewees het in 1810. In die jaar word enkel 'n viertal ‘jeugvoorstellinge’ in die twede helfte daarvan gegee. Die skouburg het so weinig aftrek dat die eienaars selfs van verkoopGa naar voetnoot5) praat! Bals en konserte sal geen oorsaak gewees het nie want die is nie veelvuldiger as gewoonlik nieGa naar voetnoot6). Of sou die geval in 1810 van dr. Halloran, die valse predikant, wat baie opskudding weëns laster, selfs teen die hoogste | ||||||||||
[pagina 142]
| ||||||||||
magshebbers, veroorsaak het, die gemoedere so gaande gemaak het, dat hul aan toneel nie dink nieGa naar voetnoot1). In 1811 kom weer roering in die watere. ‘De Afrikaansche Schouwburg, thans ingehuurd tot het vertoonen van Engelsche Schouwspelen eens in de veertien dagen’, sal op Saterdag 8 Junie, onder goedkeuring van die Goewerneur geopen word met: The Citizen (Murphy) Bs., en All the World's a Stage (Jackman), Ks., - twee oubekendes. Per slot van rekening word ‘De Comedie’ tot 15 Junie uitgestelGa naar voetnoot2). Die volgende voorstelling vanGa naar voetnoot3) The Heir at Law (Colman Jr.), Bs., met 'n herhaling van The Citizen, vind eweneens eers plaas op Woensdag 10 Julie, na 'n uitstel van 29 Junie - dis 'n interessante mededeling - ‘uit hoofde van het Heilige Avondmaal’ op Sondag 7 JulieGa naar voetnoot4), natuurlik van die Nederduits Hervormde Kerk. Dus selfs ag dae voor H. Avondmaal is te kort! Sou die uitstel met voorbereidingsdienste saamgehang het? Dit sal nog meer gebeur en pleit vir die deelname van Hollandssprekendes aan die Engelse voorstellingeGa naar voetnoot5). Tot dusver was die voorstelling openbaar. Geen intekening het vooraf plaasgevind nie. Maar die onkoste blyk te groot om op die manier voort te gaanGa naar voetnoot6) - miskien het die ondersteuning ook kort gekom - en intekening vir loges en parterre op 'n reeks van vyf ‘vertoningen’ word voorgestel. Die plan verval onmiddellik weer, om onbekendes redes, en alles bly op die ou voet. Maar miskien het dit die publiek wakker gemaak. Die eersvolgende voorstelling vind plaas op Saterdag 27 JulieGa naar voetnoot7) met: Lovers' Vows (Kotzebue) Bs., en Raising The Wind (Kenney), Ks., - weer 'n oubekende. Lt.-Kol. Dennis en Lt. Prescott, K.H. - teken hulself as ‘Directeuren’. Dit is 'n novum, en laat dink aan invloed van bals en wedrenne. Die ondertekening gebeur ook by die volgende voorstelling. By gebrek aan ander vermelding bewys hierdie name dat ons met die garnisoen te doen het. Die verdere voorstellinge vind plaas - Saterdags - op
| ||||||||||
[pagina 143]
| ||||||||||
In 1812 volg 'n voortsetting op dieselfde voet. Direkteure heet nou - by die eerste twee voorstellinge - lt. Hansen, A.B.G., en lt. Prescott, Kon. Art. Laasgenoemde bly homself dus vir die Engelse toneel beywer. Daar word opgevoer - op Maandags i.p.v. Saterdags - in die Afrikaanse Skouburg, ‘geëngageerd voor vertoonen van Engelsche Comedien’ ('n nuwe vertaling!) vir die seisoen op
Daar sou oorspronklik alleen ‘Zes-avonden’ gespeel word. Op Maandag 26 OktoberGa naar voetnoot10) vind egter 'n laaste ekstra voorstelling plaas. ‘Op byzonder verzoek’ word Speed the Plough (Th. Morton), Bs., en ‘een Muzikaal Klugtspel’ opgevoer. Onmiddellik hierop word ‘De Schouwburg voor dit Saisoen onvermydelik gesloten’. Die rede sal die pokkies-epidemie gewees het, hoewel toe eintlik reeds verbyGa naar voetnoot11). Vanaf 1813 staan die Engelse toneel 'n paar jaar lang in die teken van sekere heer Cuerton. Voorstellinge vind plaas onder sy ‘Directie’ in die Afrikaanse Skouburg. Die heer Cuerton was naar alle waarskynlikheid 'n gewese toneelkunstenaar, om te oordeel naar die sang- en speelbekwaam- | ||||||||||
[pagina 144]
| ||||||||||
hede wat hy aan die dag lê (soos tevore in Engeland, sê hy)Ga naar voetnoot1). Miskien was hy sang- en dansleraar aan die Kaap. Natuurlik tree hy op in samewerking met die garnisoensgeselskap. Die jaar begin met 'n ‘Militair Concert en eene Harlequin Pantomime onder 't bestuur van Mr. Cuerton, zynde tot voordeel der Weduwen en Wezen van de Troupes in dit Guarnisoen’ op Donderdag 17 JunieGa naar voetnoot2). Die liefdadigheid is alweer op die voorgrond om die publiek vir toneel warm te kry. Die heer Cuerton, Lelystraat 8Ga naar voetnoot3), gee die lootjies uit ens. Die pantomiem was 'n groot sukses. Dit word op Saterdag 17 JulieGa naar voetnoot4) ‘op byzonder verzoek’ herhaal, met The Village Lawyer (Mrs. Macready) daarby. Met Cuerton begin hier - dis in elk geval die eerste vermelding wat ek vind - die gewoonte om, apart van die goedkeuring van die Goewerneur, die beskerming in te win van sy vrou, soos allank die geval by konserte en bals was. Eers later word die beskerming van deelnemers self gevra. Die gewoonte word ook dadelik algemeen onder die Hollandse geselskappeGa naar voetnoot5). In hierdie tyd heet dit gevolglik: ‘Onder bescherming (patronagie) van Lady Theodosia Cradock’. Op Saterdag 14 AugustusGa naar voetnoot6) volg 'n verkorting van King Richard the Third; die derde keer waarin Shakespeare homself aan die Kaap bekend maakGa naar voetnoot7), maar hierdie keer in 'n ernstige stuk. Vir 'n derde maal word op besondere versoek, die pantomiem, met dans en sang, gegee. The Heir at Law (Colman Jr.), Bs., en The Mayor of Garratt (Foote), Ks., word op Saterdag 28 AugustusGa naar voetnoot8) gespeel. Cuerton se direksie word nie genoem nie. Ook die lootjies is elders te kryGa naar voetnoot9). Vermoedelik het ons met 'n afsonderlike voorstelling te doen. Hierna beheers die pantomiem van Boniface die Kaapse tooneel 'n paar maande langGa naar voetnoot10). Ongetwyfeld kan ons Cuerton as sy voorbeeld aansien. Laasgenoemde kom eers op Saterdag 23 OktoberGa naar voetnoot11) met The Village Lawyer (Mrs. Macready), en die Pantomiem van Robinson Crusoe, or Harlequin Friday (Sheridan), ‘waarin op byzonder verlangen ingevoerd zal worden de aangename zang van de Minzieke Snyder door Mr. Cuerton, ook een verbazende proef van kragt en een nieuwe dans op kruiken’. Ook van Cuerton? Natuurlik het die pantomiem sukses gehad. Dit word op Saterdag 6 NovemberGa naar voetnoot12) herhaal, tesame met ‘een nieuwe Dans genaamd The Sailor and His Bottle, en op byzonder verzoek zal Mr. Cuerton diverse Volks-Arias fluiten zulke als hy in 5 Schouwburgen in Londen gedaan heeft’Ga naar voetnoot13). | ||||||||||
[pagina 145]
| ||||||||||
Met Cuerton en Boniface het ons hier by uitstek met 'n pantomiem-jaar te doen. In die oorspronklike werk van Boniface bereik dit, in sekere sin, 'n hoogtepunt. Tot op sekere hoogte is die stukke ook kensketsend vir Hollandse en Engelse smaak: geleerd-klassiek, teenoor populêr-romantiek; Troje teenoor Robinson Crusoe; artistieke medewerking van professionele kragte teenoor variété van 'n toneelkunstenaar. Natuurlik bewerk die heer Cuerton sy pantomiem-goudmyn verder. Op Saterdag 16 April 1814Ga naar voetnoot1) word opgevoer: ‘Het groote ballet Don Juan, or The Libertine Destroyed (Shadwell). Met een Pantomime, genaamd de Three Witches, or Harlequin Reanimated’. Daar volg op Vrydag 10 Junie:Ga naar voetnoot2) Whistle for It, or The Banditti Destroyed (Lambe), nuwe toneelstuk in 2 Bed., en ‘een Harlequinsche Pantomime met nieuwe kleding en Decoratien’. Die sukses is weer so groot dat op besondere versoek altwee stukke op Dinsdag 28 JunieGa naar voetnoot3) herhaal word ‘verzeld met een nieuwe dans’. Op 13 AugustusGa naar voetnoot4) word Don Juan herhaal met 'n nuwe dans, en ‘op byzonder verzoek een Pantomime Klugtspel, Harlequin Mr. Arnot, Hansworst Mr. Cuerton’, opgevoer. Mr. Arnot is blykbaar ook 'n gesiene speler in komiese rolle. Mnr. Cuerton set dus in hierdie jaar sy suksesse voort, o.a. met sy ballet. Sonder twyfel het dit weer invloed uitgeoefen op Boniface in sy Ballet Sapho in 1815Ga naar voetnoot5). Origens speel die Engelse betreklik weinig. Miskien was die gespeelde voorstellinge van T.N. en V. in hierdie jaarGa naar voetnoot6), naas die konserte van LemmingGa naar voetnoot7), die oorsake hiervan. In 1815 word weer druk gespeel. Eintlik val die jaar in twee gedeeltes: die eerste helfte van halwe beroepstoneel, die twede van suiwer liefhebberytoneel. Op 11 Maart 1815Ga naar voetnoot8) word aangekondig dat met permissie ens. ‘zal Mr. Cuerton de Schouwburg doen openen voor 7 avonden, gedurende het aanstaande winter Saisoen’, na uitvoering van die volledigste reparasiesGa naar voetnoot9). ‘Hy heeft alles gedaan wat in zyn vermogen was, om zoowel Dames als Heeren te engageren, waarover hy zich vleyt, dat hun best zullen doen om voldoening te geven. Gedurende dit Saisoen zullen gespeeld worden diverse Dramatike Stukken, eenige daarvan zyn nog nooit op dit Toneel vertoond en op ieder avond zullen vertoond worden Harlequinades of Ballet Pantomimes, nieuwe Danssen enz., enz.’ Cuerton kom dus voor die dag as beroepspeler. Ook die intekenlys vir al sewe voorstellinge bly by hom, Bergstraat 8. | ||||||||||
[pagina 146]
| ||||||||||
Hy probeer om ander kragte by te huur, vermoedelik onder dilettante. Vir die twedeGa naar voetnoot1) keer word damesspelers by die Engelse toneel vermeld. Pantomiems bly op die voorgrond. Tog sal Cuerton maar min sukses hê. Die reeks begin op Vrydag 7 AprilGa naar voetnoot2) met John Bull (Colman Jr.), Bs., en die ‘Harlequin Pantomime van Oud tot Jong Gemaald (ground), of De Krommesprongen van Harlequin’, met nieuwe Kleding en Decoratien’. Daar volg op Saterdag 6 MeiGa naar voetnoot3): De Wil voor de Daad (Dibdin), ‘een nieuw stuk nog nooit hier vertoond’ - ongetwyfeld iets ongewoons vir die Engelse toneel! - en dieselfde pantomiem as voorheen, ‘met vele byvoegingen’. Die heer Cuerton sal op versoek sing De Minzieke Snyder, wat pleit vir die populariteit daarvan. Dit is al meermale gesing. Vir Saterdag 27 MeiGa naar voetnoot4) word aangekondig: The Padlock (Bickerstaffe) Ks. in 2 Bed. - ook 'n oubekende -, waarby ‘Het Zingen zal vergezeld gaan met Muziek door Liefhebbers; na hetzelve wordt het Ballet gegeven The Shipwreck’ (Brandes), waarskynlik dieselfde as die van die jong Hollandse liefhebbers in 1810Ga naar voetnoot5). Tot dusver skyn die heer Cuerton met sy reeks te gekom het, maar nie verder nie. Hy verdwyn van die Kaapse toneel, maar vermoedelik nie sonder om een (of die enigste) dame van sy geselskap in moeilike geldelike omstandighede agter te gelaat het nie. Hoe moet ons anders die volgende advertensie, naar stukke en taal onteenseggelik van Engelse spelers, verklaar? Vir opvoering in die Afrikaanse Skouburg op Saterdag 22 JulieGa naar voetnoot8) word aangekondig: ‘Tot voordeel van Jufvrouw Delamore ... door een Societeit van Liefhebbers, en voor die avond alleen, een Comedie in drie Bedryven genaamd De Bergbewoonders (The MountaineersGa naar voetnoot9) (Colman) met de origineele Gezangen en Muziek; Gevolgd door een Komieke Pantomime met nieuwe Scenes, Kledings en Versiersels, alles onder het bestuur van eender Societeit, genaamd Matrozen aan de Wal, of Bedrog op Bedrog’. Jufvrou Delamore en die heer Laing verkoop lootjies. Die pantomiem word egter vervangGa naar voetnoot10) deur ‘het lagchende (sic!) Klugtspel, genaamd Fortuins Vrolykheid’ (Fortune's Frolic)Ga naar voetnoot11) (Allingham). 'n Benefiese vir ‘Jufvrouw’ Delamore deur haar gewese medespelers: wat is aanneemliker? Ga naar voetnoot6) Ga naar voetnoot7) | ||||||||||
[pagina 147]
| ||||||||||
Intussen vier Honi hoogty met SaphoGa naar voetnoot1) ens. Maar die Engelse liefhebberytoneel roer hul weer spoedig in die twede helfte van 1815. Onder die gebruiklike sanksie en (nou ook)Ga naar voetnoot2) patronasie van die Goewerneur, word vir Saterdag 19 AugustusGa naar voetnoot3)) aangekondig John Bull or The Englishman's Fireside (Colman Jr.), en The Anatomist (Ravenscroft), Ks. ‘De rollen (zyn) door een Gezelschap Heeren die voornemens zyn, om de Inkomsten van het Huis aan liefdadige oogmerken te begunstigen. Indien het voornemen met goed gevolg zal vergezeld gaan, is het Gezelschap van mening om voortestellen verdere stukken van Volks Liefde, met geheele nieuwe Scenes en Decoratien, vertrouwende terwyl hun voornaamste oogmerk Liefdadigheid is, zy de ondersteuning van 't Publiek zullen genieten. Het Fonds spruitende uit de Vertooningen, zal geplaatst worden voor de Uitgaaf, in handen van eene Commissie van Heeren, wier namen in de aanstaande Kourant geplaatst zullen worden’. Die aangehaalde verklaar ook die keuse van John Bull as eerste stuk... om Engelse volksliefde te wek. Ook by die Hollandsprekendes? Immers lord Charles Somerset is goewerneur, en sy politiek is doelbewuste verengelsing. Terselfdertyd kan die verklaring 'n uitvloeisel wees van die patriotiese gevoel gewek deur die Napoleontiese oorlog, miskien die ‘Honderd Dae’. Per slot van rekening kom so heel veel nuwe stukke nie voor die dag nie. Vir Saterdag 9 SeptemberGa naar voetnoot4) word aangekondig - voortaan gebeur dit onder opskrif ‘Engelsche Komedie(n) (English Theatricals)’ -: Speed the Plough (Morton), en The Prize, or 2,5,3,8, (Prince Hoare) ‘met geheele nieuwe Schermen en Decoratien ... (en) toevallige Gezangen’Ga naar voetnoot5). Eers word die voorstelling uitgestel tot 11 SeptemberGa naar voetnoot6), dan tot Saterdag 23 September. ‘De Schouwburg (is) noodzaakelyk voor een tyd gesloten’. Dit was ongetwyfeld as bewys van eerbied by die dood van lady Somerset op 11 SeptemberGa naar voetnoot7) Op Saterdag 7 Oktober sou plaasvindGa naar voetnoot8): Folly as it Flies (Reynolds), en No Song No Supper (Prince Hoare), musikale Ks., maar dit word uitgestel tot 14 OktoberGa naar voetnoot9). Die rede hiervoor blyk uit die volgendeGa naar voetnoot10): ‘De Bestierders geven in aanmerking, dat de Liefhebbers opgekomen zyn om te spelen met een tweeledig vooruitzigt - om iets by te brengen tot vermeerdering van publieke vermaaken en, om een Fonds opterigten ter uitreiking van liefdadigheid. | ||||||||||
[pagina 148]
| ||||||||||
Voor 't eerst hebben zy, aan hare zyde, geene onkosten of moeite gespaard; wat het twede betreft, vertrouwen zy op de gewillige ondersteuning van het publiek. Zy zyn genoodzaakt deze aanmerking te maken, wyl zy in de laatste Vertoning opgemerkt hebben, dat vele Personen in het Huis zyn gekomen, zonder aan de Deur betaald, noch Entré Lootjes bekomen te hebben’. Sonder die prikkels van liefdadigheid en ‘Hier is noch zweet, noch geld gespaard!’ skyn die Kaapse publiek maar moeilik warm te hou! Dan nog doen hulle alle moeite vir gratis toegang! Mettertyd verbeter die toestand egter. 'n Stukkie egte kermistoneel, 'n alleenstaande geval, vind by die sportvergadering in Simonstad op 23 Oktober 1815Ga naar voetnoot1) plaas. ‘Een groote Kwakzalvers Toneelspel (Grand Mountebank Scene)’ word vermeld. Die Engelse Komedie volg ‘tot Voordeel van een Weeskind’ op Saterdag 4 NovemberGa naar voetnoot2) met: Wild Oats (O' Keefe), ‘met eene toepaslyke Aanspraak, geschreven door den Heer Thomas SheridanGa naar voetnoot3)’. (Nie te verwar met die grote Richard nie!) Vir 'n uitsondering het ons weer 'n stukkie oorspronklike werk op die Engelse toneel. Daar is ‘Een Vermaak Spel’ op die program. Selfs staande plase in die ‘Boxen’ is verkrybaarGa naar voetnoot4). Klaarblyklik word 'n groot gehoor verwag. Die verwagting word nie teleurgestel nie. ‘De edelmoedige onderstand’ van die publiek het 511 Rds. ‘zynde het zuiver bedragen dier avond’ aan die Wees, 'n regimentskind, besorgGa naar voetnoot5). Die ‘vyfde en laatste Vertooning in dit Saisoen’ op Saterdag 18 NovemberGa naar voetnoot6) bestaan uit: Raising the Wind (Kenney) en The Mock DoctorGa naar voetnoot7) (Fielding), i.p.v. die eers aangekondigde The Devil to Pay (Coffey) ‘met gezangen’. Tenslotte word 'n ekstra - voorstelling, met patronasie van beide Goewerneur en Lt.-Goewerneur, aangekondig ‘zoodra als de Intekening Lyst vol is,... (van) het zeer beroemd en pragtig Toneelstuk, genaamd The Castle Spectre (Lewis). Met nieuwe Schermen, Kleding en Decoratien. Tot voordeel van de Waterloo Intekening. Daar de onkosten zeer groot zullen zyn om bovengem. Toneelstuk op te voeren, zal men het zelve twee Avonden vertoonen, met een verschillend Klugtspel, teneinde de zuivere Inkomst van een Avond tot het Waterloo Fonds kan besteed wordenGa naar voetnoot8)’. | ||||||||||
[pagina 149]
| ||||||||||
Die WaterloofondsGa naar voetnoot1) was natuurlik ‘ter ondersteuning en voordeel der Families van de Dappere Krygshelden van het Britsche Leger, welken onder den Doorluchtigen Generaal Wellington in de beroemde overwinning te Waterloo en in... den tegenwoordigen Veldtogt gesneuveld en gewond zyn’. Daar moes hard aan die stuk gewerk wees. Tog het dit betreklik langsaam met die voorbereidinge gevorder. Op 23 DesemberGa naar voetnoot2) kan die geselskap berig, dat die opvoering begin Januarie kan verwag word. Die intekenlyste is nog nie volteken nie. Die opvoering word vervolgens vasgestel vir Saterdag 13 Januarie 1816Ga naar voetnoot3), maar vind tenslotte op 20 JanuarieGa naar voetnoot4) plaas. Dit kom deur ‘eene onverwagte omstandigheid’, blykbaar ‘uit hoofde der onlangs gearriveerde schepen (waarvoor) de Intekenings Lyst opengehouden wordt tot 3 uren hedenmiddag in beide Societeiten’. Klugspel is The Village Lawyer (Mrs. Macready). Die twede voorstelling het Saterdag 3 FebruarieGa naar voetnoot5) plaasgevind ‘met bygevoegde Decoratien’. Kennisgewing geskied, dat alle vorderinge op die geselskap so spoedig moontlik by H. Murray, Kerkstraat, moet ingestuur wordGa naar voetnoot6). Dis begryplik dat die geselskap na hierdie kragtoer enigsins uitgeput was. Hierby was die jaar ryk aan konserte van die heer LemmingGa naar voetnoot7), en die Skouburg blykbaar nie in te goeie toestand nie. Reparasies word onderneemGa naar voetnoot8); in Oktober veral sal hierdie werksaamhede hulleself laat voel. Dit word duidelik waarom die jaar verder maer is. Op Saterdag 20 AprilGa naar voetnoot9) word opgevoer: The Poor Gentleman (Colman Jr.), Bs., en Raising the Wind (Kenney), Ks. Dan kom 'n lang tussenpoos. Op Saterdag 17 AugustusGa naar voetnoot10) word The Castle Spectre (Lewis) herhaal. Eweneens, Saterdags, volg op 14 SeptemberGa naar voetnoot11): The Heir at Law (Colman Jr.), Bs., en Sy(i)lvester Daggerwood (Colman Jr.) Ks.; op 2 NovemberGa naar voetnoot12): A Cure for the Heartache (Th. Morton), Bs. Dit vind plaas na 'n uitstel van 26 OktoberGa naar voetnoot13). 'n Ongenoemde naspel word weggelaat ‘wegens de lange komedie en 't late Seizoen’. Rede van die uitstel was, dat ‘De Schouwburg verscheidene Reparatien ondergaan (had)’Ga naar voetnoot14). Des te begrypliker word egter dat die voorstelling plaasvind ‘met nieuwe Scenen en Decoratien’. | ||||||||||
[pagina 150]
| ||||||||||
In 1817 gaan alles op die ou trant voort, behalwe dat die jaar met Shakespeare geopen word. Ongeveer maandeliks - Saterdags - word opgevoer; 'n verbetering dus in aantal op 1816. Die vermaakkuns bloei kennelik hierdie jaar; veel konserte word gegeeGa naar voetnoot1) en Tot Nut en Vermaak betoon veel bedrywigheidGa naar voetnoot2). Op 5 JulieGa naar voetnoot3) word gespeel: The Merchant of Venice, Trs. van Shakespeare, ‘De rol van Shylock door Capt. Carter, de beroemde Liefhebbery Treurspeeler’. Verder volg Barnaby Brittle (Betterton), Ks. Op 19 JulieGa naar voetnoot4) volg: Laugh When You Can (Reynolds), Bs., The Adopted Child (Birch), Ks. Vir 16 AugustusGa naar voetnoot5) word aangekondig: Folly as it Flies (Reynolds), Bs., en op besondere versoek The Adopted Child (Birch) in herhaling. Hierdie voorstelling het ‘geen voortgang nie’; in plaas daarvan word op 30 AugustusGa naar voetnoot6) opgevoer: The Mountaineers (Colman)Ga naar voetnoot7), ‘Toneelstuk’, en The Anatomist (Ravenscroft)Ga naar voetnoot8), Ks. Blykbaar het die voorstelling van 16 Augustus deurgeval weëns gebrek aan ondersteuning. Die geselskap vind dit weer nodig om daarop te wysGa naar voetnoot9) ‘dat hunne mening om te spelen is en.... blyft, om in zekere graad iets toe te dragen tot de vermeerdering van het publieke vermaak en ook tot publieke liefdadigheid’, vir sover daar 'n ‘overige Fonds’ oorbly, ‘vertrouwende deswegens eene meer uitgebreide gunst te ontmoeten.’ Die ‘meer uitgebreide gunst’ skyn nie agterweë te gebly het nie. Reeds vir die voorstelling op 39 Augustus word vroeë aansoek aangeraaiGa naar voetnoot10). Vir 13 SeptemberGa naar voetnoot11) word 'n herhaling van The Mountaineers (Colman) berig. Dit moes dus sukses gehad het. ‘De rol van Octavian door Capt. Carter’. Ook The Adopted Child (Birch)Ga naar voetnoot12) sal herhaal word. ‘Tusschen de twee stukken zullen er beroemde Arias gezongen worden.’ ‘Uit hoofde van het smertelyk afsterven van Capt. Thomas Sheridan..... als een behoorlyk bewys van agting aan den Overledenen’ word die komedie tot 20 SeptemberGa naar voetnoot13) uitgestel. Met die verdienstelikheid van die heer Sheridan as lid van die geselskap het ons reeds kennisgemaakGa naar voetnoot14). As laaste voorstelling word aangekondig: Laugh When You Can (Reynolds), en The Turnpike Gate (Knight), Musi- | ||||||||||
[pagina 151]
| ||||||||||
kale Ks.Ga naar voetnoot1). OokGa naar voetnoot2) hier vind 'n uitstel van 4 tot 11 OktoberGa naar voetnoot3) plaas: ‘To morrow being Sacrament Sunday’..... ‘The proceeds of the night will be appropriated to the use of the Free School’. Op besondere versoek word The Mayor of Garratt (Foote) as klugspel opgevoerGa naar voetnoot4). Een van die vernaamste jare in die geskiedenis van die Engelse toneel van 1800-1855 word die volgende: 1818. 'n Samesmelting van 'n paar beroepskragte met die liefhebbers word oorsaak van 'n seldsame bloei. Met Tot Nut en Vermaak in volle fleur word dit origens 'n uitstaande jaar, tenminste wat die aantal opvoeringe betref, in besonder van die Engelse toneel, op gebied van die Kaapse toneel as geheel. Die jaar is verder merkwaardig vir die verskyning van die eerste koerantekritieke aan die Kaap, alhoewel alleen twee keer, oor Engelse voorstellinge, en meer per ongeluk as iets anders. Onder patronasie van lord Charles Somerset kondig die Engelse liefhebberygeselskap (Amateur Company) aan dat ‘assisted by a Gentleman and three Ladies from the Theatre Royal Liverpool,’ hulle op Saterdag 24 JanuarieGa naar voetnoot5) sal opvoer The Honey Moon (Tobin), Bs., en The Devil To Pay (Coffey), Ks. Hierdie voorstelling gee aanleiding tot die eerste bewuste krietiese verslag van 'n opvoering aan die Kaap. Dit verdien hierom al om volledig aangehaal te word. Die peil van die kritiek is lofwaardig. Onder ‘African Theatre’ verneem onsGa naar voetnoot6): ‘The admirers of the Drama must have been highly gratified with the performances which took place last Saturday Evening at this Theatre. The admirable exertions of the Performers from Liverpool, who have unsolicited (onuitgenoodigd) come forward to amuse (te verlustigen) the town during their short stay here, drew from every individual in the house, the most rapturous (verrukkende) applause. Indeed we have seldom witnessed, even in England, more just discrimination (billyke onderscheiding), more chaste and natural acting, (zedige en natuurlyke uitvoering), than was displayed by Mr. and Mrs. (Hr. en Jufvr.) Cooke and Miss Williams throughout their arduous Characters in The Honey Moon - Although the image (afbeeldzel) of our lamented Comic Actress (Klugt-Actrice) Mrs. Jordan, must ever dwell with delight upon the recollection of those who have beheld her extraordinary powers, particularly in her favorite Character | ||||||||||
[pagina 152]
| ||||||||||
of ‘Nell’ in the Afterpiece of The Devil to Pay, yet we may without fear of contradition, assert, that in this Colony at least, the plebeian humor (humeur der lage klasse) of that Part, was never so truly and faithfully portrayed (afgeschetst) as it was by Mrs. Cooke on Saturday Evening. The Gentlemen Amateurs, who assisted (especially one whose Name it would be superfluous te mention), to whom we are indebted for our occasional Theatrical Amusements (tydverkortingen), seemed to vie with each other in their efforts to please, and the burst of approbation (uitgalming der goedkeuring), which followed the announcement of a second Performance, sufficiently attested the satisfaction of the audience, and warrants the general expectation that the House will prove “a bumper” (opgepropt) this evening’; d.w.s. op datum van die verslag. Die voorstelling geniet dus een en al lof en prys. Die name van die beroepspelers blyk te wees die heer en mev. Cooke en mej. Williams; mev. Brough was waarskynlik 'n anderGa naar voetnoot1). Mev. Cooke skitter in die komiese rol. Die uitbundige sukses van die geselskap word voorgesit. Reeds by die volgende voorstelling op Saterdag 31 JanuarieGa naar voetnoot2) word die bak as loges ingerig, ‘the whole of the boxes being already engaged’. Die stukke bestaan uit: Lovers' Vows (Kotzebue), en No Song, No Supper (Prince Hoare). Die kritiek hieroor lui (die mening oor Kotzebue kan ons vrywel deel, as volg:Ga naar voetnoot3) ‘We have never been partial to the German Dramatic Muse, although it may possibly be ‘an article well calculated for Home Consumption’. Those principals (sic! - F.B.) of Moral Conduct, which have ever distinguished the little corner of Europe from whence we derive our Birthrights, cannot sanction (however flowery the Language, or universal the celebrity, of the Author) the glaring improperties (uitstekende ongerymdheden), in that sense of most of the German Writers for the Stage, particularly Kotzebue. Lovers' Vows (De Onegte Zoon) however, if ill suited to the dignity of these sentiments, is tolerably well adapted for the display of Scenic Effect; and it is with a peculiar degree of pleasure (vermaak), we have again te notice, the uncommon proofs of genuine excellence which distinguished the leading Performers in that Piece on Saturday last, particularly in the concluding and most interesting scene, where the illegitimate Son is restored te an yielding and repentant Father, and the unfortunate Deceived receives the reward due to her long sufferings and sorrows.’ | ||||||||||
[pagina 153]
| ||||||||||
Wat betref die spelers ‘who have so much tended to brighten the dull uniformity of our pastime, by their splendid abilities’, mnr. Cooke was ‘Frederick exactly as the author designed him’; mej. Williams as Agatha Friburg het bewys ‘that Tragedy is her forte’; maar as ‘the innocent, the unassuming, the captivating Amelia’ was die uitbeelding van ‘simplicity’ deur mev. Cooke onoortroffe, soos ‘the unbounded plaudits of an overflowing and discerning Audience’ ook getoon het. ‘The Entertainment of No Song, No Supper (Prince Hoare), at best but a trifling production, was performed with considerable humor, and the Airs were delightfully sung by Mrs. Cooke in the Character of Margrietta’. Die bestuur word geprys vir hul ‘judicious arrangements’ in verband met plekke in die bak, waardeur meer besoekers geriefliker gesit het as die vorige keer. Die krietikus hoop, dat 'n soortgelike reëling vir daardie aand (d.w.s. vir die voorstelling van 7 Februarie) getref sal word. Dit gebeur en daar word ten gehore gebring:Ga naar voetnoot1) Speed the Plough (Th. Morton) Bs., en The Spoiled Child (Bickerstaffe), Ks. Die Skouburg het verbeteringe en versorging nodig gehad. Van buite word dit gereeld deur die eienaars onderhouGa naar voetnoot2). Van binne moes die spelers dit self in orde bring. Hulle het dit grondig gedoen. Ook Men Doet Wat Men Kan sal daar voordeel van trekGa naar voetnoot3). Ons verneem: ‘N.B. The Amateur Company having been at considerable expense in making alterations and Improvements to the Stage, the full Receipts of this night's Performance will be applied towards defraying the Charges incurred’Ga naar voetnoot4). Hierdie voorstelling was op Saterdag 28 Maart. Die stukke was: John Bull, or An Englishman's Fireside (Colman), Bs., en Bombastes Furioso (Rhodes), ‘Satyrike Klugtspel (Burlesque Entertainment)’. Op versoek volg - vermoedelik op Saterdag 11 AprilGa naar voetnoot5) - die ou gunsteling The Honey Moon, or How to rule a Wife (Tobin), Bs.; daarna 'n ‘Comiek Lied (comic song)’ en The Weathercock (Forrest), Ks. Die heer Cooke en dames het oorspronklik ‘unsolicited’ naar vore gekom en waarskynlik kosteloos gespeel, vermoedelik om die kat so'n bietjie uit die boom te kyk. Hulle het egter besonder in die smaak geval; die Kaap bied blykbaar goeie moontlikhede vir 'n bietjie semi-professionele toneel aan en gevolglik word berigGa naar voetnoot6): ‘The Committee of Management with a view te contribute to the Amusement | ||||||||||
[pagina 154]
| ||||||||||
of the Colony, propose with assistance of Mr. Cooke and Ladies, to get up 12 plays during the ensuing winter; and at the suggestion of several respectable Inhabitants’ dink hulle om die loges by intekening te verhuur. Die register lê by die Heer Cooke, en plekke word toegestaan op die beginsel ‘First come, first serve’. Ons kry dus publieke voorstellinge wat die stelsel van die private geselskappe onder die arm neem om van voldoende steun verseker te wees. Daar volg - Saterdags - op
| ||||||||||
[pagina 155]
| ||||||||||
Die reeks was ewenwel afgeloop, want die benefiese-voorstellinge begin vir die hoofspelers. By hierdie geleenthede verkoop die spelers self die lootjies, 'n verder bewys dat dit die gewoonte was by persoonlike voorstellinge. Die eerste voorstelling is ‘For the Benefit of Mrs. Cooke’ op 26 SeptemberGa naar voetnoot3) met: The Wandering Boys (Pixéricourt) Melodrama; aan die end daarvan ‘The Bird Duet by Mr. and Mrs. Cooke. And two Songs by W. Pitt Esq.’ Waarna The Miller and His Men (Pocock) volg. 'n Voorstelling van 3 Oktober word tot die 10de uitgestelGa naar voetnoot4), en opgevoer word The Battle of Hexham (Colman), en The Jew and the Doctor (Dibdin), Ks. Sou dit die agterstallige voorstelling op die reeks gewees het? Op 24 OktoberGa naar voetnoot5) kry mej. Williams haar benefiese. Gespeel word: Othello (Shakespeare), Trs., (mej. Williams is tragedienne by uitnemendheid)Ga naar voetnoot6); en The Poor Soldier (O'Keefe), Mus. Ks. ‘The character of Jago, in the tragedy, will be attempted by a gentleman lately arrived from India’ - 'n ‘Indian Visitor?’ Vervolgens word berig dat alle vorderinge op die geselskap sedert 24 Januarie l.l. vir skerme, kostuums ens., vóór 31 Oktober moet ingelewer weesGa naar voetnoot7). Die end van die geselskap beteken dit nog nie. Op 7 NovemberGa naar voetnoot8) word as benefiese vir mev. Brough - sonder twyfel die derde dame van die geselskap, en speelster waarskynlik in kleinere rolle - opgevoer: The Will (Reynolds), Bs., en Two Strings to your Bow (Cherry), Ks. Uiteindelik volg op 21 NovemberGa naar voetnoot7) ‘the last night of the Season’, as benefiese vir die heer Cooke, met Catherine ana Petrucchio (Shakespeare), Bs., en Crotchet Lodge (Hurlstone), Ks.; ook 'n ‘Divertisement (Vermaakspel)’ Sandy ana Jenny, or Love in a Sack (Griffin) vind plaas. Op 28 NovemberGa naar voetnoot8) verskyn 'n dankbetuiging van die heer | ||||||||||
[pagina 156]
| ||||||||||
Cooke en dames - in die gejaagdheid van die laaste voorstelling sê hy het hy geen kans daartoe kon kry nie - vir alle ondersteuning aan die Kaap ondervind. Hy bedank ‘The Amateur Company for their kind exertions, and the Inhabitants of the Town and its Vicinity for their liberal support’. Die heer Cooke en dames verdwyn en die Engelse Komedie kom vir drie jare tot stilstand. Ongetwyfeld sal die vertrek van Cooke en dames 'n groot slag, veral onmiddellik, vir die geselskap gewees het. Maar wat van die oorblywende spelers? En drie jaar lang swyg! Hiervoor moet ander redes bestaan het. Die Kafferoorlog van 1819, wat die aanwesigheid van die meeste troepe aan die front vereis het, kan een wees; en die aankoms van die Britse landverhuisers in 1820, met sy onvermydelike drukte, 'n ander. Die vernaamste rede sal egter die onbevredigende van suiwer dilettante- (en here-) opvoeringe, na 'n jaar soos 1818, gewees het. Enkele persoonlike getuienisse het ons origens wat nie alleen laasgenoemde rede en die stilstand bevestig nie, maar velerlei ander wetenswaardighede meedeel oor toneel. Eers 'n getuieGa naar voetnoot1) - ten opsigte van die Hollandssprekendes seker geen onbevooroordeelde nie -:Ga naar voetnoot2) ‘There is a pretty theatre where amateurs performed; but the actors are dispersed - even theatrical entertainments were too refined an amusement for the Dutch inhabitants of the Cape’. Om die Hollandse bevolking verantwoordelik te stel vir Engelse mislukkinge is natuurlik dwaasheidGa naar voetnoot3). Sy beskuldiging is bowendien onwaar, want die Hollandssprekendes het die Engelse toneel ondersteun soos die volgende getuie reeds meedeel. Ergerlik word die verklaring veral waar die Hollandssprekendes soveel opgevoer het, en.... op 'n hoër peil as die Engelse! 'n Veel betroubaarder getuie is 'n Engelse hoofamptenaar wat jarelank aan die Kaap wasGa naar voetnoot4). Hy sê o.a.: ‘There is a regular built theatre, about the size of those in English country towns, in the Hottentot's-Square. The shares have got into the possession of the English; and English farces, comedies and tragedies were performed, as long as the army was numerous enough to furnish officer-actors. Since the peace, (1815 - F.B.) plays have been occasionally got up, and two actresses on their way to Calcutta, performed for one season. As there remained a sufficiency of tolerable | ||||||||||
[pagina 157]
| ||||||||||
amateur players to perform with them, they were received with deserved applause. The continuance of a theatre was a desirable object, as the Cape Dutch frequented it regularly and it brought them and the English into nearer contact. Of late there has been no performance; for although many actors remain, who can endure a raw-boned fellow of 6 feet high performing the part of Juliet or Lady Teazle? And there are here at present no English females who have confidence enough to tread the boards. Nothing is so disgusting as the public exhibition of a man in petticoats, acting a female part in a love scene. It is not so with the other sex. Curiosity, accompanied by admiration, is gratified at seeing a female of elegant symmetry and form, act with spirit and effect, the part of one of the lords of creation. None of doubtful appearance are admitted to those seats in the theatre, where, by their behaviour, they might put modesty to the blush; nor are the eyes of innocence offended by the affrontery of immodest women, or of men heated by imtemperance. If libertinisim does prevail in private, the eye and ear are guarded from the public display of indecent conduct’. Dit is alles baie belangrik want ons leer hieruit o.a. dat mev. Cooke en mej. Williams ongetwyfeld die aktrieses op weg naar Calcutta moet gewees het; dat die gedurige speel van vrouerolle deur mans verveel het; dat die aard van die gehoor besonder gunstig vergelyk het by die in die vreemde. |
|