Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend§ 2. Hollandse (w.o. Franse) Toneel.a. Franse Toneel.Die Franse liefhebberygeselskap waarvan die uitvaart op 26 November 1808 aangekondig was, herrys in hierdie jaar as 'n feniks uit die as, so skitterend en bedrywig as ooit. Die man wat die grootste aandeel aan hierdie wonderwerk sal gehad het was Charles Etienne Boniface, Fransman van geboorte, en | |||||||||||
[pagina 120]
| |||||||||||
alles en nog wat, op artiestieke, letterkundige en taalkundige gebied, van beroep. As die man van grootste betekenis in die toneellewe van hierdie tyd is dit nodig om sy persoon en lewe nader te bekyk. ‘De heer Boniface was te Parys geborenGa naar voetnoot1), en in 't begin van de Fransche Revolutie, bekleedde zyn vader den post van Gouverneur van de vermaarde “Temple” gevangenis. In het jaar 1793 werd sir Sydney Smith in dat kasteel bewaard, en de vader en familie van den heer B. toonden den vermaarden gevangene vele blyken van goedwilligheid. Een document zyne vrylating gelastende, en gezegd door de authoriteiten geteekend te zyn, aan den Gouverneur overhandigd zynde, werd sir Sydney toegelaten de gevangenis te verlaten, en slaagde naar Spanje of Portugal te ontkomen. Maar toen het ontdekt werd dat de order eene vervalsching was, werd de Gouverneur verdacht gehouden van daarin de hand gehad te hebben, ontslagen, en uit het land gebannen. Hy vervoegde zich tot zyn voormaligen gevangene, thans zyn patroon, in Spanje en deelde in zyne bescherming en lot in die gebeurtenisvolle tyden. Naderhand zette de oude Boniface en zyne familie zich neder in de Seychelle Eilanden, in de Indische Zee, van waar uiteindelyk de jonge Boniface naar de Kaap de Goede Hoop ging, alwaar hy zich vestigde kort na de cessie van dezelve aan Engeland in 1806Ga naar voetnoot2). Aldaar, gelooven wy, ontwierp en bestierde hy eenen tyd lang het invloed hebbende blad De Zuid-Afrikaan, maar zyn byzonder temperament wikkelde hem in processen en verliezen, hetgeen hem aanspoorde om omtrent negen jaren geleden zich alhierGa naar voetnoot3) (Pietermaritzburg) te vestigen. Hier was zyn geluk afwisselend, maar nooit helder voor eenigen langen tyd. Hy werd toegelaten als advokaat in dat Distrikts Hof te ageren, en hy droeg eenige jaren den mantel van een lid van de Balie gedurende een tyd, dat eene geregelde legale opleiding geen wezenlyke vereiste voor dien post was. Hy was ook voor een tyd de uitgever van de Natalier, een der eerste Nieuwsbladen, zoo niet het eerste, in Natal gepubliceerd; maar in beide betrekkingen bragt zyne byzondere geestgesteldheid hem in verwikkelingen en verliezen. Inderdaad gedurende zyn gansche leven opvliegend eu driftig, hoewel met dit al, zoo als wy gelooven, van een edelmoedige inborst, konde hy dat geluk in het leven niet bereiken, hetwelk andere met minder begaafdheden ten deel valt. Men zegt dat de overledene zes en zestig, niet | |||||||||||
[pagina 121]
| |||||||||||
zestig jaren oud was, zooals opgegeven’. (Dus 1787 gebore)Ga naar voetnoot1). Ongetwyfeld, sê die blad, het hy sy einde deur selfmoord gevind: deur oorverbruik van laudanum. Hy het 'n brief nagelaat ‘aan zyn geestelyken herder, den Eerw. Heer Sabon, den Roomsch Catholyken Leeraar dezer plaats, waarin de overledene verklaart, dat hy op eene lange reis gaat naar de eeuwigheid en zyne kinderen aan de zorg van den heer Sabon aanbeveelt’. Hy het dus kinders gehad. Ook elders word melding gemaak van 'n dogter wat by hom inwoon. Hy het trouens tevore al 'n poging tot selfmoord aangewend. ‘Neerslagtigheid van geest, veroorzaakt door teleur gestelde verwachtingen en door gedeeltelyke armoede, vermeent men, aanleiding te hebben gegeven tot den ontstelden staat des verstands, welke zoo noodlottig is afgeloopen. De heer Boniface was een man van buitengewone vermogens, vooral als een taalkenner, muzykant en kunstenaar. Hy was bekend met 7 hedendaagsche talen - het Engelsch, Hollandsch, Duitsch, Fransch, ltaliaansch, Spaansch en Portugeesch - behalve eene scholastieke kennis aan de Romeinsche en Grieksche schryvers. Zyne bekwaamheid als kunstenaar ontwikkelde zich vooral in de buitengewone behandeling van de pen, waarmede hy zeer volkomene schetsen konde maken, gelykstaande aan graveersels. Als een fraaye schryver was hy ook byzonder vernuftig, daar zyne handschriften het voorkomen hebben van gegraveerde of gedrukte documenten veel eer dan van geschrevene. Hy had zich ook veel toegelegd op oorspronkelyke letterkunde, en men zegt dat zyne M.S. tooneelstukken en gedichten en eenige plaatselyke politieke satiren, door hem geschreven, van zyn genie getuigen’Ga naar voetnoot2). Groom vertel van hom:Ga naar voetnoot3) ‘Monsieur Boniface...in his youth...was a midshipman under and protégé of the famous sir Sidney Smith; in after time professor of languages, editor, tutor, author, poetGa naar voetnoot4), who wrote the famous satires on de Lima De Limaçon, The Natal Bluetts, the Blasted Lyre etc., also gave lessons on the guitar, as I formerly knew a young Cape lady, a pupil of his, to whom he presented a guitar album of music, so beautifully written with a pen that it was difficult to distinguish it from copper-plate printing’. Dit bevestig sy fraaiskryweryGa naar voetnoot5). Hierby kan ek 'n | |||||||||||
[pagina 122]
| |||||||||||
advertensie van hom in Greig se Almanak van 1832 voeg, waarin 'n pentekening van die huis waar hy inwoon, voorkom, ongetwyfeld van sy hand afkomstig. Groom vertel van die tyd van goewerneur Somerset (1814-1826), en gee ons 'n goeie idee van die Hollandse toneel en van Boniface se rol in verband daarmeeGa naar voetnoot1): ‘At this period there existed in Cape Town two great Dutch amateur theatrical Companies, performing in the old town theatre, Hottentot Square, now St. Steven's Church, performing some of the most celebrated Dutch and French plays for the amusement of the people under the patronage of Lord and Lady Ch. Somerset: these performances were the life and soul of Cape Town. The one under the Motto Honi soit qui mal y pense was under the management of Monsieur C.E. Boniface; the other took as a motto Tot Nut en Vermaak’. Byna altyd was die Goewerneur aanwesig, ens. Groom vermeld Boniface se vertaling van De Burger Edelman uit Molière vir Honi Soit ens., en noem hom its ‘highly educated manager, the elever but eccentric Boniface’. Tenslotte praat AragoGa naar voetnoot2), wat aan die Kaap in 1818 was, oor die Skouburg en sê: ‘Here are sometimes performed French pieces done into verse by one Ignace Boniface, who is the favourite dramatist of the Cape. He has lately translated into irregular verse Robert, Chef de Brigands (Lamartélière), Jocrisse Corrigé (Seurin), and other masterpieces of the same stamp’, - 'n aardige berig, al gooi Arago sy feite bietjie deurmekaar. Robert is reeds uit 1809 en Jocrisse uit 1815. Vir die betroubaarheid van sy inligting pleit die feit dat hy hulle in hoofsaak van Rouvière hetGa naar voetnoot3). Behalwe taal- en musiekmeester was Boniface ook ‘Gezwooren Translateur.’ Hy was eerste redakteurGa naar voetnoot4) en medeoprigter van die Zuid-Afrikaan, maar het ses maande na die oprigting alweer uitgetreeGa naar voetnoot5). Die Zuid-Afrikaan was reeds in hofmoeilikhede gewikkel en Boniface het onenigheid met sy medeoprigters gekry. Ons kan dit goed begryp om te oordeel naar die felle, dikwels persoonlike toon van sy artiekels. Inderdaad moes hy 'n moeilike man gewees het om mee oor die weg te kom. Iemand van grote skrywersbegaafdheid en geleerdheid, kunssinnig, van grote energie en vlug van verstand, het hy twee dinge gemis: selfbeheersing en die ‘milk of human kindness’. Met sy skerp intellek het hy dinge gou raak gesien; hy kon, helaas, nooit as versoenende krietikus optree nie. Sy spot was altyd fel, sy be- | |||||||||||
[pagina 123]
| |||||||||||
ywering het alleen vyande gewek. Hy word bewonder, of gevrees en gehaat; gelief selde of nooit nie. In sekere opsigte, en in klein formaat natuurlik, herinner hy aan Bilderdyk. Om rede van sy temperament het alles, ten spyte van sy grote gawe, uiteindelik op mislukking uitgeloop. Hy was getroud met 'n Kaapse dame, Maria Geertruida Heyneman, en moes verskillende kinders gehad het. Sy vrou is op 1 Augustus 1835 oorlede. Na Natal deur die Voortrekkers ingeneem en deur die Britse Regering weer afgeneem is, is hy soontoe in 1844 om sy geluk te beproef. Met die heer Moll, vroeër van The Moderator (later De Meditator), het hy De Natalier opgerig. Ook hiervan lui dit in No. 34 reeds dat Boniface uit die vennootskapGa naar voetnoot1) is; soos Sam Sly sê die ‘Chiltern Hundreds’Ga naar voetnoot2) aangeneem het. Sam Sly vervolg met die volgende versies:
MollGa naar voetnoot3) thinks - and justly thinks, you'll say -
She better can support her place
By throwing out her strength and charms
Without another Bonny-face.
Moll writes - and wisely writes, you'll say -
To keep alive a hopeless case;
Where two might starve, one may survive,
And still preserve her Bonny-face.
Moll acts - and shrewdly acts, you'll say -
For whilst together in thc race,
She might he censured by mistake,
Or, for another Bonny-face.
Moll hopes - and fairly hopes, you'll say -
That she may shortly mend her pace,
For half-a-load with conscience clear
Is better than a Bonny-face.
Dus ook in Natal weer .... teleurstelling. Inderdaad: ‘Zyn leven was niet benydenswaardig en zyn einde ellendig’Ga naar voetnoot4). In die beskrywing van die geskiedenis van die toneel, sal sy belangrike rol daarin en ander feite in verband met sy lewe vanself uitkom. Hier memoreer ek nog sy werk van enige belang. | |||||||||||
[pagina 124]
| |||||||||||
Vertalinge en Bewerkinge:
| |||||||||||
Oorspronklike Werk:
Boniface het aan die Kaap in 1807Ga naar voetnoot5) gekom, dus hoogstens 20 jaar oudGa naar voetnoot6). Hy sal waarskynlik direk by die Franse geselskap aangesluit het. Hulle speel in elk geval 'n stuk van hom (L'Enragé) driekeer daardie jaarGa naar voetnoot6). Maar eers in 1809 kry ons die eerste vermelding van hom, begin hy werklik op die voorgrond tree. Hyself dateer | |||||||||||
[pagina 125]
| |||||||||||
sy eintlike tooneelloopbaan van daarGa naar voetnoot1). Hy, in die eerste plek, weet die Franse toneel weer 'n jaar van grote bloei te besorg. Daarna word die drang van omstandighede hom te magtig. Hy gaan oor tot die Hollandse toneel. Sy Franse aard en smaak sal hy egter nie verloën nie, en 'n enkel maal speel hy nog 'n Franse stuk. Origens vereenselwig hy hom met die Hollandssprekendes: in politiek, maatskaplike lewe ens. Sy Hollands het hy aan die Kaap geleerGa naar voetnoot2). Die eerste voorstellingGa naar voetnoot3) van die jaar het plaasgevind - dit bly verder die geval, immers hul eie lokaal was weg - in die Afrikaanse Skouburg. Met goedkeuring van die Goewerneur ens. word op Saterdag 4 Februarie opgevoer: Les deux Frères ou La Réconciliation, Bs. in 4 Bed., in prosa, van A. von Kotzebue, en Le Petit Matelôt ou Le Mariage Impromptu (Pigault le Brun), Opera Comique, in 1 Bed. Die ou tradiesie van ligte stukke - sangspele ens. - bly voortlewe. Tegelykertyd sien ons hier 'n wysiging in tiepiese Hollandse rigting: om één groot stuk - treur- of toneelspel - op te voer, gevolg deur 'n vermaaklike nastuk. By die volgende voorstelling word nuwe kragte aangekondig. Dit heet dat op Woensdag 22 FebruarieGa naar voetnoot4) Les Plaideurs, Bs., deur J. Racine, in 3 Bed. en in Rym, en Le Derviche (de Saint-Foix), Ks. in 1 Bed., sal vertoon word, en - dit veral van belang - ‘in 't eerste stuk zullen vier nieuwe aangekomene Heeren speelen en in 't laatste een.’ Ek vermoed dat Rouvière, Meurant, Riaux en Agron onder hierdie viertal sal bedoel wees. Immers, voor hierdie tyd is hul onbekend, al vier se name kom nog dikwels voor in verband met toneel, met uitsondering van Rouvière is almal geheel of ten dele dans- en (of) musiekmeesters. Daar volg op Saterdag 11 MaartGa naar voetnoot5): Le Tambour Nocturne, ou Le Mari Devin, Bs. in 4 Bed., van Destouches, ‘Waarin een nieuw Liefhebber zal speelen,’ en Les Jumeaux de Bergame (Florian), Bs. in 1 Bed., met sang; Saterdag 25 MaartGa naar voetnoot6): Le Jeu (de l') Amour et du Hasard, in 3 Bed., deur Marivaux, en Les deux Avares (Fenouillot de Falbaire), Opera Comique in 2 Bed.; 8 AprilGa naar voetnoot7): Le Projet Manque, VaudevilleGa naar voetnoot8) in 1 Bed., en La Paysanne Curieuse (Framery), Opera Comique in 1 Bed. Die voorstelling word beslote met Les Troubadours | |||||||||||
[pagina 126]
| |||||||||||
(Floquet). Tot dusverre was die lootjies soos voorheen by Verrume. Hierdie keer is dit by ‘Messrs. Bareau & Co.’ in die Kortemarkstraat. Was van die (nuwe) spelers miskien daar werksaam? Tot hiertoe was die voorstellinge vrywel om die 14 dae. In die vervolg word dit ongeveer maandeliks. Miskien was die intree van Tot Nut en Vermaak in die toneelperk van invloed in hierdie opsigGa naar voetnoot1). Die naam nie alleen nie, ook die hand van Boniface word nou duidelik sigbaar in die Franse toneelbedrywigheid. Vir Maandag 24 AprilGa naar voetnoot2) heet dit dat daar vertoon sal word: Robert, Chef de Brigands (Lamartelière), Tsp. in 5 Bed., ‘in Poezy, met Gevecht en andere daartoe vereischte Militaire Manoeuvres, Nieuwe Decoratiën etc.’; 'n stuk wat Boniface later in Hollands sal vertaal en baie keer opvoer, soos hierdie beskrywing goed laat begryp. 'n Ou liefde, Le Tonnelier (Audinot), Opera Comique in 1 Bed., en in prosa, volg. Ook die lootjies is alleen by intekening by C. Boniface, Loopstraat 63, verkrybaar. Hy het dus goed die boel in hande. Robert moes sukses gehad het. Op Saterdag 3 Junie word dit herhaalGa naar voetnoot3), en heet ‘door C. Boniface’. Die outeurskap slaan op die ‘in poezy’Ga naar voetnoot4) - of ook op 'n bietjie teksverandering met die oog op die Kaapse toneelGa naar voetnoot5) -, tensy hier 'n Hollandse voorstelling bedoel word, wat onwaarskynlik is. Die stuk was eintlik van J.H.F. de Lamartélière (1786), en gewoon 'n omwerking van die Räuber van SchillerGa naar voetnoot6). By die volgende voorstelling op Saterdag 8 JulieGa naar voetnoot7) heet die stukke: Eopipore, ou La Resurrection, en Le Mariage de Biribi, Bs. in 3 Bed., ‘vertaald (deur Boniface - in verse omgewerkGa naar voetnoot8)?) van Sire Barago, en Oromidas, ou Le Balêt des Balais, (outeur onbekendGa naar voetnoot9) Pantomime in drie Bedryven, waarvan ieder bedryf in een byzonder, echter bekend Werelddeel omgaat’, 'n steek aan die adres van Engeland, of 'n plaaslike allusie? Tiepies is so'n uitdrukking van Boniface. Hierdie voorstelling sou eers op 28 Junie plaasvind, maar word skielik tot 1 Julie uitgestel. Bowendien berus lootjies alleen by Villet. Boniface word heeltemal nie genoem nie; ook nie verder nie tot 1813Ga naar voetnoot10). Verder word die Franse liefhebberygeselskap as sulks nie meer genoem nie, en is ongetwyfeld van die baan. Sou ons hier 'n eerste uitbarsting | |||||||||||
[pagina 127]
| |||||||||||
van Boniface se vulkaniese natuur hê? Ek vermoed van wel en die begin - of sou dit reeds 'n gevolg wees? - van die kwaad kan waarskynlik gesoek word in die pasgenoemde pantomiem. Miskien kon dit Boniface op die oomblik ook nie erg skeel nie. Hy wou reklame vir homself as onderwyser in Frans ens. gemaak het en hy was daarin geslaagGa naar voetnoot1). Franse opvoeringe word egter nog gegee, waarby Boniface se kompatriotte, die dans- en musiekleermeesters Riaux, Meurant en Agron die voortou neem; soms vir liefdadigheid, maar meer vir hulself. Half-professionele toneel maak dus sy verskyning. Liefhebbers speel mee. Trouens in 1810 is hierdie toneel die enigste wat bestaan; in 1811 vermoedelik alleen vermeerder met die Engelse. Eers op 29 AugustusGa naar voetnoot2) word die volgende voorstelling vermeld, ongetwyfeld tot voordeel van Riaux self. Dit heet: ‘Comedie Les Précieuses Ridicules, in een bedryf, door Molière, gevolgt van Cantasmagorie, (Fantasmagorie? - sien verder) en een Ballet door de Pupelen van Mr. Riaux’. Bareau & Ko. of Riaux self verskaf lootjies. Hierdie laaste feit pleit vir Riaux se persoonlike belang in die voorstelling. Ons kom later Fantasmagorie van Meurant teen. Sal hy soms met Riaux saamgewerk het? Riaux neem ook met hierdie voorstelling die draad van ballette of pantomiems deur leermeester en leerlinge weer op waarvan die begin lê by die Engelse geselskap in 1802Ga naar voetnoot3). Ongetwyfeld het die kinderballet sukses gehad. Op Maandag 23 OktoberGa naar voetnoot4) volg ‘ten voordeele eener ongelukkige Weduwe door een Gezelschap van Toneelliefhebbers’: Le Comte de Comminge, ou Les Aman(t)s Malheureux, Trs. in 3 Bed. van D'Arnaud, en ‘Ulysses op het Eiland van Circé (uit die Spaans van C. de la Barca?) Ballet in twee Bedryven, welke uitgevoerd zal worden door een Gezelschap van Jonge Lieden uit deze Colonie’. Hierdie mededeling is belangrik. Dis die eerste van die bewuste deelname van ‘jonge’ inheemse spelers aan toneel. Riaux word nie genoem nieGa naar voetnoot5); die voorstelling is vir liefdadigheid. Hierdie ballet moes groot sukses gehad het. Op Saterdag 11 NovemberGa naar voetnoot6) word dit herhaal in 3 Bed., ‘volgens een uitgebreider plan’, weer vir dieselfde weduwee. Ons het hier beslis met 'n ander onderneming as die van Riaux te doen. Die inisiatief gaan klaarblyklik uit van dilettante self. Waarskynlik kom hier een of ander leermeester by, vir 'n bietjie self-reklame, tenminste om te oordeel naar | |||||||||||
[pagina 128]
| |||||||||||
die hieropvolgende voorstelling in Desember van 'n ‘nuwe’ geselskap, wat vermoedelik in wedywer is. Die spelers van hierdie onderneming tree weer in 1810 in 'n Hollandse liefdadigheidsvoorstelling opGa naar voetnoot1). Vir Saterdag 2 DesemberGa naar voetnoot2) kondig ‘een nieuw Liefhebbery Genootschap’ aan Les Fourberies de Scapin, Bs. in 3 Bed. van Molière, en La Fantasmagorie, ‘vergroot met 6 levendige Afbeeldzels, welke de aanschouwers zullen verwonderen (sic! - F.B.). Na de Comedie zal een Dans geïntroduceerd worden’. Ek glo ons het hier te doen met die eerste onderneming van Meurant, wat die volgende jaar weer van hom sal laat hoor, en ook 'n groot konsert en ‘30 Phantasmagorische Figuren’ vertoonGa naar voetnoot3). Hier is dit hom waarskynlik te doen om reklame en miskien wins. Miskien het hy ook die samewerking van Riaux; soos in die volgende jaar. Die laaste opvoering van die jaar is 'n persoonlike van die heer Bourcherville, wat toentertyd ook konserte gegee hetGa naar voetnoot4). Hy verkoop verder die lootjies self. Daar word gegee op Saterdag 9 DesemberGa naar voetnoot5): Une Folie (Bouilly), Opera in 2 Bed., met ‘musiek van den vermaarden Méhul’, en vooraf La Comédie Universelle, in 3 Bed., met enige liedere tussendeur. ‘N.B. De Heer de Bourcherville zal de rol van Florival in Une Folie spelen’. Nog twee jaar laat die Franse toneel op sporadiese wyse van homself hoor. Die Hollandse toneel (Tot Nut en Vermaak) sedert 1809, en die Engelse sedert 1811, kom al meer en meer op die voorgrond. Die Franse toneel word verdring. Leermeesters, liefhebbers (jonge by voorkeur), en leerlinge bly die spelers solank dit bestaan. Trouens in 1810 bestaan alle toneel uit sulke kragte. Op Saterdag 13 OktoberGa naar voetnoot6) word opgevoer deur ‘eenige Liefhebbers en Leerlingen van Mr. Riaux onder deszelfs directie...: Le Somnambule ou Orgia (Pont-de-Vesle), Nieuwe Comedie in een bedryf in Prosa, Door groote Liefhebbers gespeeld. Waar na volgt Het LiefdenestGa naar voetnoot7), Nieuw Ballet en Anacreontique in drie Bedryven en in Melodrame, Vercierd met nieuw Muziek, gecomponeerd door Mr. Meurant, Met danzen en nieuwe passen, Groot Finaal, Decoraties, nieuwe Kledingen, Werktuigen, enz. enz. Welk Ballet door Kinderen beneden de 12 jaren, zal gespeeld worden en alle leerlingen | |||||||||||
[pagina 129]
| |||||||||||
van M J. Riaux. Caracter Dansen zullen tusschen de twee stukken gedansd worden.’ Die voorstelling sal 'n persoonlike gewees het; Agron en Riaux self, met A. RouvièreGa naar voetnoot1), beheer die lootjiesverkoop. Origens is dit 'n duidelike reklame vir Meurant as musieken Riaux as dansmeester. Die ballet het sukses gehad. Vir Saterdag 27 OktoberGa naar voetnoot2) hoor ons dus: ‘Mr. Riaux (is) voornemens door jonge Liefhebbers te laaten vertoonen: Le Baiser (Florian), Bs. in I Bed., Gevolgt door eene twede representatie van Le Nid d'Amour (ens.), met eenige nieuwe vercierzelen door dezelfde kinderen’, wat voorheen in Nederduits gespeel het, maar dit hierdie keer in Frans sal doen. Onteenseggelik was hierdie voorstelling ten bate van die leermeesters self. So ook die ‘finale’ van hierdie ‘jeugtoneel’ op Saterdag 15 Julie 1811Ga naar voetnoot3), deur ‘eenige Jongelingen beneden de 14 jaren onder het opzicht van hunnen Onderwyzer François Agron in 't Fransch, (van) het nieuwe stuk Asmodée, ou La Philosophie du DiableGa naar voetnoot4). Hetzelve is zedekundig en zoo wel Treur- als Klugtspel in 5 Bedryven en in prosa’ - wel 'n nodige verduideliking met die oog op die woord ‘diable’, sowel as 'n aanbeveling deur die ‘Elck wat wils’ karakter van die stuk. Die lootjiedriemanskap bestaan uit Villet, Meurant en Agron. Dieselfde klompie kinders speel later in die jaar, maar in NederduitsGa naar voetnoot5). Hiermee sterf die Franse liefhebberytoneel vergoed uit. Nog 'n enkele maal sal 'n Franse stuk by Hollandse voorstellinge voorkom, maar met 'n Franse liefhebberygeselskapGa naar voetnoot6) as sulks is dit gedaan. Gedaan kan ons ook sê met operettes en dansspele as oorwegende genre. | |||||||||||
b. Hollandse Toneel.1. Jeugtoneel.Voor ek tot die hoofsaak in hierdie verband kom wil ek eers 'n onderdeel, wat onmiddellik by die voorafgaande Franse ‘jeugtoneelGa naar voetnoot7) aansluit, behandel. So word in die | |||||||||||
[pagina 130]
| |||||||||||
Afrikaanse Skouburg op Saterdag 18 AugustusGa naar voetnoot1) 1810, vertoon ‘door een gezelschap van jonge toneel- en dansliefhebbers uit deze Colonie ten voordeele van de Armen: De Schipbreuk, of De Korsaren op het Eiland Ivica’ (Brandes?), Ballet in 3 Bed., met nuwe musiek. Die spelers is ongetwyfeld dieselfde as die van die Franse voorstelling van 23 Oktober 1809Ga naar voetnoot2). Die ‘nuwe musiek’ herinner aan MeurantGa naar voetnoot3). Die sukses van die voorstelling was dusdanig dat dit op 25 Augustus herhaal wordGa naar voetnoot4). Hiervan het ons toevallig 'n verslag van 'n verbygaande reisigerGa naar voetnoot5). Dit is des te belangriker omdat ons daaruit kan opmaak dat vrouens aan die Hollandse toneel deelgeneem het. Hy vertel dat op dieselfde aand van sy aankoms het ‘native amateurs’, of soos hulle in die wandeling genoem word ‘Africantes’ (Afrikanders) 'n toneelspel vertoon. ‘The piece was named The Shipwreck, a medley of tragedy, comedy, farce, pantomime and dance; the interior of the theatre was sufficiently neat and the other performers were, as well as the performance, much superior to what we had been led to expect. The language indeed, grated on the ear, but even in our estimation seemed infinitely mellowed when conveyed through the medium of some pairs of pretty, pouting lips.’ Op Saterdag 24 AugustusGa naar voetnoot6) volg ‘door eenige Liefhebbers in het Nederduitsch.... de twee nieuwe stukken: Iste Gallus bene cantat, of Is hy het wel? Klugtspel in een Bedryf en in prosa. Daarna De Reis van't Vernuft rondom de Wereld. Hetzelve is zedekundig, en zoowel Treur- als Klugtspel, in 5 Bed. en in prosa.’ As ons verder let op die feit dat lootjies by Villet, Meurant en Agron uitgereik word, dan word die verband van hierdie voorstelling met die Franse van 13 Julie duidelikGa naar voetnoot7). Die oueres laat in 1810 en 1811 weinig of niks van hul merk nie. Die jeug handhaaf intussen op hierdie manier die Hollandse toneeltradiesie. | |||||||||||
2. Tot Nut en Vermaak.Om tot die hoofsaak wat betref Hollandse toneel terug te keer, sien ons in 1809 'n ontwaking uit die slaap wat in 1804Ga naar voetnoot8) begin het - tenminste vir sover ons gegewens gaan. Ten opsigte van die bekendmaking van hul bedrywighede skiet juis die Hollandse geselskappe in besonder te kort. As geslote geselskappe het hul dit nie altyd nodig geag om | |||||||||||
[pagina 131]
| |||||||||||
hul voorstellinge te adverteer nie. Tye van skerpe konkurrensie of ekstra voorstellinge of besondere mededelinge was dikwels nodig om hul sover te bring. Uit verspreide aanwysinge kry ons soms die vermoede of 'n aanduiding dat hulle speel. Reeds 1809 is tiepies hiervoor. Vir Saterdag 10 JunieGa naar voetnoot1), in die Skouburg, word aangekondig ‘Ter Benifice van het nieuw op te richten Weeshuis’:Ga naar voetnoot2) De Kluizenaar op het Eiland Formentera, Tsp. in 2 Bed. - 'n eerste opvoering uit vele! - en De Verwarring (vertaal deur v. Esveldt Holtrop), Bs. in 3 Bed., beide deur A. von Kotzebue. Wie die spelers was, sowel as die gevolg van hierdie opvoering, leer ons uit die volgende berigGa naar voetnoot3): ‘De Directie van het Toneellievend Gezelschap, onder de zinspreuk Tot Nut en Vermaak, geeft hiermede te kennen, dat het saldo der Rekening van dat Gezelschap gevoegd by de inkomsten der Representatie van den 10 Juny 11., te zamen’ 'n som van 350 Rds., aan die Weeshuis gestuur is. Die erkenning hiervan verskyn ookGa naar voetnoot4). Die belangrikste van hierdie berig is dat die woorde ‘gevoegd by’ en ‘te zamen’ duidelik aantoon dat tevore opgevoer is. Tot Nut en Vermaak het in 1809 gereeld gespeel; maar meer kan ons nie sê nie. Ongetwyfeld is Tot Nut en Vermaak die voortsetting van Tot Leering en Vermaak. Die name gelyk sprekend op mekaar en die volgende opvoering is van 'n oubekende uit 1803Ga naar voetnoot5), De Elfde Junius, of De Algemeene Betaaldag, Bs. in 5 Bed., deur Baron Holberg. Dit word opgevoer op Saterdag 29 JulieGa naar voetnoot6). Uitgesonder vir 'n enkele beriggie uit 1814 verneem ons verder niks van T.N. en V. tot 1817 nie. Behalwe vir jare soos 1810Ga naar voetnoot7), toe daar oor die algemeen weinig gespeel is, 1812 toe daar pokkies geheers hetGa naar voetnoot8), en 1815 toe Honi van homself as ‘Het Hollandsche Toneel Gezelschap’Ga naar voetnoot9) kon praat, kan ons veilig aanneem dat T.N. en V., hoewel afwisselend, meermale in die tussentyd sou gespeel het. Die berig uit 1814 sterk my in die mening. Dit is slegs 'n toevallige - daar word dus nie gereëld geadverteer nie. Tegelykertyd toon dit 'n lewende geselskap aan. Dit luiGa naar voetnoot10): ‘De Vyfde Representatie van het Toneelgezelschap Tot Nut en Vermaak, zal plaats hebben op Zaterdag 29 dezer, des avonds precies te 7 uur’. Die vyfde dus van 'n hele reeks! | |||||||||||
[pagina 132]
| |||||||||||
In 1817 kry ons alle besonderhede van voorstellingeGa naar voetnoot1), behalwe dat die stukke nooit genoem word nie. Dit blyk dat Tot Nut en Vermaak sy eie ‘nieuwe’ skouburgGa naar voetnoot2) pas opgerig het; intekenare en lootjiestrekkery vir loges (ook 1817) is aan die orde van die dag; die geselskap geniet die patronasie van goewerneur Somerset; van 7 AugustusGa naar voetnoot3) tot 1 Desember (op verskillende dae) word byna om die 14 dae gespeel; ag voorstellinge word altesaam gegee. Uit alles blyk dat Tot Nut en Vermaak 'n grondige reorganisasie moes ondergaan het en fluks aan die arbeid wees. Met weinige onderbrekinge bly Tot Nut en Vermaak van nou af deurspeel tot 1839. Daarna herleef dit ook 'n tydlang. Gelukkig verbeter die geselskap verder aansienlik in die bekendmaak van sy bedrywighede. In 1818 - 'n welige bloeijaar - word alle voorstellinge volledig aangekondig. Met die ‘Engelsche Komedie’Ga naar voetnoot4) beheers Tot Nut en Vermaak die baan: die Engelse in die Afrikaanse Skouburg, Tot Nut en Vermaak in sy eie. Die voorstellinge bly meestal om die 14 dae. Die seisoen open op Saterdag 2 MeiGa naar voetnoot5) met: Het Geweeten, Burgerlike Trs. in 5 Bed. van Iffland (vertaal deur Steenbergen van Goor). Vir die populariteit van die voorstellinge pleit die feit dat buiteliede, wat selfs meer as 'n uur van Kaapstad woon, aanwesig isGa naar voetnoot6).
Hierna volg - gewoonlik Saterdags - op
| |||||||||||
[pagina 133]
| |||||||||||
Dit was die laaste (en neënde) ‘vertooning’ van die jaar, wat dus vry laat geduur het, tot in die somer. Groot stukke neem die vernaamste plek in, ofskoon die ligte soort nie verwaarloos word nie. Iffland veral geniet die voorkeur. Toneelspele is mees algemeen in trek. Tenspyte van die oënskynlike kragtige en gesonde lewe aan die dag gelê was daar ‘something rotten’ in die toestand van Tot Nut en Vermaak. Miskien het die dodelike venyn van tweespalt voortgekom uit die onaangename gebeurtenis van 6 Junie. Die deurspeel na die seisoen tot in Desember van kennelik populêre stukkies, wys in die rigting van geldelike nood. Dit verbaas ons dus nie om onder 20 Februarie 1819Ga naar voetnoot8) die volgende berig te vind nie: ‘De Sequester is voornemens op publieke Vendutie by Executie te doen verkoopen als: - Voor reekening van J.C. GieGa naar voetnoot9) een party Decoratien, Banken en Kledingstukken, behoord hebbende tot 't Komediehuis Tot Nut en Vermaak.’ Exit dus Tot Nut en Vermaak - tot hy in 1822 weer in die Afrikaanse Skouburg (aanvanklik) sy verskyning maak. | |||||||||||
3. Men Doet Wat Men Kan.Intussen duik in 1819 'n paddestoelgeselskap, onder goedkeuring en patronasie van die Goewerneur, op: ‘Het Hollandsch Toneellievend Gezelschap, spelende uit een weldadig oogmerk, | |||||||||||
[pagina 134]
| |||||||||||
onder de zinspreuk: Men doet wat men kan’ - tietel van 'n bekende blyspelGa naar voetnoot1) -, wat baie naar 'n verklede Tot Nut en Vermaak lyk. Die soort stukke wat hy speel, organisasie ens. is - aanvanklik tenminste - vrywel presies dieselfde; selfs die Sekretaris daarvan, J.C. Gie, was vroeër Sekretaris van Tot Nut en Vermaak. Miskien was dit die muiters van Tot Nut en Vermaak; miskien ook 'n poging om alle Hollandse spelers in één geselskap te bring: die reste van Tot Nut en Vermaak en Honi. Sekerlik was daar 'n Honi-element in en diè vier teen die end van die seisoen die botoon. Immers Boniface self is daarbyGa naar voetnoot2). Vir ‘Eerste Representatie’ word aangekondig op Saterdag 5 JunieGa naar voetnoot3): Menschenhaat en Berouw (The Stranger) Trs. in 5 Bed., van Kotzebue (vertaal deur v. Esveldt Holtrop), en Uilenspiegel (Kotzebue, vertaal deur v. Esveldt Holtrop), Ks. in 1 Bed. Die berig word dadelik verbeter met die mededelingGa naar voetnoot4) dat Menschenhaat ens., 'n toneelspel is, en dat die intekenlys lê by die heer J.C. Gie, nie by die heer Wentzel nie. Tenslotte word die voorstelling uitgestel tot Saterdag 12 JunieGa naar voetnoot5). Op Saterdag 10 JulieGa naar voetnoot6) volg: De Dochter van Pharao, Bs. in 1 Bed., naar die Hoogduits van Kotzebue (vertaal deur v. Esveldt Holtrop), en Montoni, of Het Kasteel van Udolpho, Trs. in 5 Bed. uit die Frans van Duval (vertaal deur Bruggemans). ‘Met nieuwe Decoratiën, kleeding, Muziek enz.’ Hierby word gesê: ‘Het zal misschien niet onnoodig zyn onze geëerde Inteekenaren hier eenige regels ten opzichte van dit laatste stuk by te voegen. Het is getrokken uit een welbekende Engelsche roman door de geestige Miss Ann Radcliff geschreven, onder den Tytel van The Mysteries of Udolpho. Het stuk op zichzelf is van een gansch zonderlingen en hier nog onbekenden trant, heeft op eene der eerste Schouwburgen van Europa een algemeen en buitengewoon succes gehad, en tegelykertyd de roem gemaakt van Duval (de Schryver) en Baptiste (de Tooneelspeelder), die de rol van Montonie vervulde. Het zou ons zeker onmogelyk geweest zyn, de vertooning van zulk een stuk hier te durven wagen, als het Engelsch Amateurs Gezelschap zoo vele verbeteringen aan het Tooneel des Afrikaanschen Schouwburgs niet hadden gemaaktGa naar voetnoot7); en zoo onze liefhebbers niet overeengekomen waren om op hunne eigen kosten voor hunne costuums te zorgen - eene kleine opoffering die gewis by onze verstandige Inteekenaren zal gelden; en die, onzen | |||||||||||
[pagina 135]
| |||||||||||
goeden wil aanduidende, zeker tot eene verschooning zal strekken, wanneer onze pogingen niet geheel en al onze wederzydsche verwachting beantwoorden)’. Intussen was die grote Kotzebue deur sluipmoord gevel en die slag van sy val is tot aan die Kaap gehoor. Onder 24 Julie 1812 verskyn in die Kaapsche Courant 'n uitvoerige verslag van die hele gebeurtenis. Op Saterdag 7 AugustusGa naar voetnoot1) word opgevoer: De Speler, Tsp. in 5 Bed. ‘uit 't Hoogduitsch van A.W. Iffland, (waarin de rol van Carel door een kind van 7 jaren zal worden vervuld)’, en De Belagchelyke Juffers, Ks. in 1 Bed., (vertaal deur Bouberg Wilson) vry gevolg naar Les Précieuses Ridicules van Molière. Die toneelstukke Aballino, de onechte Zoon (nie De Groote Bandiet, deur Zschokke nie?), en Gustavus, of De Zweedsche Mynwerkers (Lamartélière) word te leen gevra. Merkwaardig in hierdie voorstelling is die eerste verskyning van so 'n jong kind in 'n afsonderlike rolGa naar voetnoot2). Onder 28 AugustusGa naar voetnoot3) word berig dat met die oog op die ‘thans naby zynde Zomer Saisoen’ alleen twee voorstellinge nog sal plaasvind, waarvan die laaste 'n ballet is. Die Honi-karakter, met sy voorliefde vir dans, musiek en sensasies, begin kennelik voor die dag kom. Vir Saterdag 18 SeptemberGa naar voetnoot4) word Komplimenten en Wind, Bs. in 4 Bed. uit die Hoogduits van Bretzner, aangekondig. Weëns siekte van een van die hoofpersone word dit vervang deur 'n herhaling van Montoni, op 25 SeptemberGa naar voetnoot5), daar die stuk ‘in 't algemeen schynt zeer wel te hebben voldaan,... met nieuwe Muziek, Dressen (sic!) en Decoratiën enz., en waarin ditmaal een nieuwe Dans La Sabotière genaamd, is geintroduceerd geworden, die met yzere schoenen door een Liefhebber, zal worden gedansd’Ga naar voetnoot6). Montoni was dus 'n sukses, alhoewel nie oorweldigend nie; die Liefhebber met yster skoene het in 1815 vir Honi opgetreeGa naar voetnoot7), wat 'n verdere bewys is dat vroeëre lede van Honi tot die geselskap behoortGa naar voetnoot8). Groter in sy onmiddellike sukses as Montoni was die voorstelling van Saterdag 16 Oktober met: Men doet wat men kan en niet wat men wil (Dorvigny, vertaal deur Ogelwight Jr.), waarin weer ‘een amateur in 9 verschillende karakters’ voorkom, soos in 1815Ga naar voetnoot9) by Honi. Verder volg Dago, of De | |||||||||||
[pagina 136]
| |||||||||||
Spaansche Bedelaars (Cuvelier), Tsp., Ballet in 3 Bed., met nuwe kleding, dekorasies, musiek ens. Wat laasgenoemde betref: ‘By gebrek aan de egte Muziek tot dit stuk, is men verpligt geweest eene nieuwe te componeeren, dierhalven is Mons. Cesar, Kapelmeester der Bende (sic!) van Z.M. 54 Regiment de Componist van de Ballet Muziek, zoowel als de heer Boniface van die, wat de Guitarre en de zang in 't algemeen, betreft. De veranderingen in dit stuk gemaakt, en buiten welke hetzelve op het Afrikaansche Toneel niet kan vertoond worden, zyn ook door den laatstgenoemden Heer bewerkt. N.B. Tusschen de Bedryven zal door 't orchest een English Favorite Air worden gespeeld, met verscheidene Variatiën, door Monsr. Cesar. Dis 'n tiepiese Boniface-opvoering: musiek, sang en dans, en volop romantiek. Vir die eerste keer bekend word die Engelse militêre musiekkorps by 'n Hollandse opvoering betrek. Dit sal nog dikwels die geval wees. Die voorstelling het sukses gehad; 'n sukses wat die ‘onderwyser’ Boniface ten goede sal gekom hetGa naar voetnoot1) en tot die aankondiging van 'n weeropvoering op Woensdag 1 Desember lei. Maar die vrede onder die Hollandse liefhebbers is weer kort van duur - Boniface is daarby -, en so verneem onsGa naar voetnoot2) dat die geselskap ‘door de onverwachte en ontydige weigering van twee van deszelfs Amateurs om hunne eigene rollen te vervullen in 't stuk Dago, of De Spaansche Bedelaars, is genoodzaakt geworden, om de vertoning van hetzelve uittestellen tot op a.s. Maandag den 6den dezer. Om de schade enigszins te vergoeden welke 't ontberen der talenten van genoemde Amateurs aan 't stuk zal doen lyden, heeft de Directeur van het Ballet goed gevonden om de Dans door nieuwe Figuren te verlengen en te versieren’. Met sulke innerlike verdeeldheid is dit geen wonder dat wat Men doet betref, dit ‘die laaste sien van die blikkantien’ was nie. | |||||||||||
[pagina 137]
| |||||||||||
4. Honi Soit Qui Mal Y Pense.Dit is die ander groot geselskap wat hom naas Tot Nut en Vermaak aan die Kaap ontplooi. Boniface was toneelmeester. Die spreuk sal gewees het om moontlike krietisie by voorbaat te ontwapen. Immers die spelers was liefhebbers. Dit heet trouens sarkasties dat hulle: ‘With Honi soit qui mal y pense
Sometimes get through a vile romance’Ga naar voetnoot1).
Sedert sy vermelding in 1809 in verband met die Franse geselskap verneem ons regstreeks niks van Boniface nie. Dat hy aan die jeugvoorstellinge daarna sou deelgeneem het is m.i. hoogs onwaarskynlik. Hy sou sekerlik gesorg het dat hy vermeld word. Miskien het hy dit in die eerste fase van populariteit as taalmeester ens. te druk gehad om veel tyd vir ander dinge oor te houGa naar voetnoot2). Maar dan in 1813 kom hy meteens weer op die voorgrond en met oorspronklike werk. Hierdie tydperk tot 1815 moet aangesien word as die voorbereidende vir Honi, wat eers sedert dan bestaan. Vir Saterdag 11 SeptemberGa naar voetnoot3) word aangekondig dat ‘Met approbatie van Zyne Exc. den Gouverneur... en bescherming van Lady Theodosia Cradock, een gezelschap bestaande uit liefhebbers, meestal inboorlingen (Natives) dezer Volksplanting en wier goede smaak en geschiktheid 't geachte publiek reeds blyken heeft ontvangen; is voornemens... onder toeverzigt van Messrs. Lemming en Bertrand te geven een nieuw Ballet Pantomine in 3 Bedryven genaamd Het Beleg en het Nemen van Troyen, door Mr. C.B., waarvan het Muziek door Mr. Lemming en de dans door Mr. Bertrand zal gedirigeerd worden. N.B. Uit aanmerking der locale hindernissen terwyl het Muziek zoowel op 't tooneel als in 't Orcest grootendeels door liefhebbers moet uitgevoerd worden, maakt men staat op de toegeeflikheid van 't verstandig en redelyk publiek.’ Nederiger en vleiender kan dit beswaarlik. As opvolgers van die here musiek- en dansmeesters Riaux, Meurant en Agron skyn die here Lemming ('n ou bekende reeds uit 1805Ga naar voetnoot4) en Bertrand ('n nuweling) op te tree - vir persoonlike voordeel natuurlikGa naar voetnoot5). Boniface lewer die teks, wel die eerste oorspronklike pantomiem in Suid-Afrika, en Boniface se twede oorspronklike werk. Hierby moet ek voeg dat die Engelse kort tevore 'n groot pantomiemsukses gehad het. Hierdie stuk sal Boniface ongetwyfeld tot voorbeeld gestrek hetGa naar voetnoot6). | |||||||||||
[pagina 138]
| |||||||||||
Die vermelding van die meeste spelers as ‘inboorlingen dezer Volksplanting’ sal die voortsetting beteken van die Franse en Hollandse ‘Inboorlingen’ toneel uit 1809-'11Ga naar voetnoot1). Die uitheemse leiding is duidelik. Soveel beroepstalent naas soveel beskeidenheid: geen wonder dat die voorstelling 'n sukses was nie! Die ‘Afrikaansche Liefhebbery Gezelschap’Ga naar voetnoot2) (soos dit by die geleentheid heet), herhaal dit, na 'n uitstel teneinde die Goewerneur en vrou in staat te stel om die voorstelling by te woon. Dit vind plaasGa naar voetnoot3) op Saterdag 9 Oktober, met ‘verscheidene byvoegingen en veranderingen... N.B. Een kort uitlegging der Pantomime zal in 't Hollands en Engels onder de aanschouwers verdeeld worden’, wat met die oog op die klassieke inhoud nodig sal gewees het. Die jaar 1814 was waarskynlik verdeel tusschen T.N. en V. en die Engelse; in 1815 begin eintlik die groot rol van Boniface in die Kaapse toneellewe, en van Honi, as sy geselskap, hoewel die moontlikheid nie uitgesluit is nie dat hulle reeds in 1814 opgevoer hetGa naar voetnoot4). Die jaar begin (?)Ga naar voetnoot5) weer met 'n werk van Boniface. Op Donderdag 22 JunieGa naar voetnoot6) sal die Ballet Sapho (Boniface) vertoon word. Die lootjies is by Boniface self te kry. Dit wys op 'n persoonlike voorstelling. Hy verwag blykbaar soveel mense dat selfs ‘staanplaatsen’ beskikbaar gestel wordGa naar voetnoot7). Die geselskap speel in die Afrikaanse Skouburg, en ongetwyfeld sal die groot sukses van die Engelse ballet Don Juan in 1814, vir Boniface tot navolging aangespoor hetGa naar voetnoot8). In 'n volgende berigGa naar voetnoot9) word alles veel uitvoeriger gesê. Die naam van die geselskap word vir die eerste keer vermeld. ‘Het Nederduitsch Genootschap spelende onder de zinspreuk: Honi soit qui mal y penseGa naar voetnoot10),... onder de goedkeuring en bescherming van Zyne Excellentie Lord Charles Henry Somersest’ ens. kondig aan vir Saterdag 1 Julie ‘de eerste vertooning van het Tooneelstuk Sapho, Groot Ballet in 3 Bedryven, gemengd met Zamenspraken, Zang en Dans, Vertaald door P.C. SchonegevelGa naar voetnoot11), uit het Fransch van den Heer Boniface. Waarvan de Muziek gecomponeerd door den Heer Lemming, en den Dans door den Heer Petersen ontworpen is’. Daar werk goeie kragte aan: Lemming, die bekendste | |||||||||||
[pagina 139]
| |||||||||||
musikus; Petersen, die pionier op gebied van balletkunsGa naar voetnoot1); en Boniface, ‘beroemde’ dramaturgGa naar voetnoot2). Desniettemin voel hul gedronge om by te voeg: ‘N.B. Het Gezelschap slechts uit Liefhebbers bestaande, zoowel wat het Tooneel als het Orchest betreft, hoopt op de toegevenheid der Aanschouwers te mogen kunnen rekenen’. Op versoek vind die ballet tenslotte op Dinsdag 4 Julie plaasGa naar voetnoot3). Dit ondervind, soos ons kan verwag, 'n weeropvoering wat op Saterdag 29 JulieGa naar voetnoot4) plaasvind ‘met nieuwe en talryke Tooneelsieraden’Ga naar voetnoot5), voorafgegaan deur De verhinderde Dansparty, of Het orchest onder den tafel (Barré en Ourry, vertaal deur v. Ray), Opera (Klugtig Zangspel)Ga naar voetnoot5) in een Bedryf, met de echte Musiek; Versierd met Byvoegingen voor de Forte Piano door den Heer Lemming’. Of alle versieringe... ook verbeteringe sal gewees het? 'n Intekening volg vir 'n reeks van ‘drie Representatien, waarby gepraat word van ‘Het Hollandsch Toneellievend Gezelschap’ sonder meer (vermoedelik die enigste in die veldGa naar voetnoot6), en waarvan die eerste op Saterdag 2 SeptemberGa naar voetnoot7) sal plaasvind met: De Lauwerkrans, of Het Gezag der Wetten, Tsp. in 3 Bed., uit die Hoogduits van Ziegler, en De Belachelyke Zelfmoord (Martainville), Bs. in 1 Bed. uit die Frans. Die beheer van plekke is presies soos tevoreGa naar voetnoot8), d.w.s. Boniface bly in beheer. Deur die ‘ongesteldheid van een der Amateurs (wordt) de Hollandsche Komedie’ uitgestel tot Maandag 4 SeptemberGa naar voetnoot9). Hierop volg:
| |||||||||||
[pagina 140]
| |||||||||||
De Struikroovers geniet begrypelikerwyse 'n weeropvoering. Op Saterdag 11 NovemberGa naar voetnoot1) volg dit in 'n ekstra laaste voorstelling van die jaar, ‘met diverse nieuwe bygevoegde Dansen, Gevegten, waaronder een nieuwe soort van Hornpipe,Ga naar voetnoot2) genaamd Matelote Angloise, welke met yzere SchoenenGa naar voetnoot3) zal gedansd worden enz. Voorafgegaan door eene vermakelyke Inleiding in drie Taalen, genaamd Jean-Pierre-Diogenes, of L'Orateur dans un Tonneau, Met een nieuwe klugtspel genaamd Men doet wat men kan, niet wat men wil (Dorvigny), Hetwelk alleen door twee Heeren zal worden gespeeld, waarvan een in negen onderscheiden Rollen zal verschynen’. In 'n verdere wysigingGa naar voetnoot4) van die berig, verneem ons dat Men doet ens. aan De Struikroovers voorafgaan; Jean-Pierre ens. heet ‘een Epiloge in drie Taalen, Fransch, Engelsch en Hollandsch.... Dit zal door een zeker zwart Heer gesproken worden, die voormaals een der voornaamste Acteurs in het Koninkryk Acte was’. Verskeidenhede - en nuwighede - is weer volop: 'n nuwe horrelpyp; Men doet as die eerste transformasiestuk aan die Kaap; die eerste optrede van 'n neger op die toneel. (Ek meen dat die Koninkryk Acte in Madagascar was). Men doet was nie nuut vir die Kaap nie; in 1806 het die Franse geselskap dit gespeelGa naar voetnoot5). Maar die herlewing moes ingeslaan het. In 1819Ga naar voetnoot6) bestaan selfs 'n geselskap wat heet Men doet wat men kanGa naar voetnoot7). Tot 1823 vind ons verder geen regstreekse vermelding van Honi nie. Miskien het T.N. en V. dit verdring, moontlik reeds in 1816, hoogswaarskynlik gedurende 1817-18Ga naar voetnoot8). In 1819 vorm Honi ongetwyfeld 'n deel van Men doetGa naar voetnoot9). Uit die eerste koeranteberig in 1823Ga naar voetnoot10) kan mens weer aflei dat die geselskap reeds voor die jaar bestaan het. Direk sal blyk dat tot 1821 gespeel word, maar die vraag is deur wie? Die ligte aard van die stukke sluit T.N. en V. vrywel uitGa naar voetnoot11). Die beste bewys miskien dat Boniface met hierdie toneel te doen het, is die feit dat alles in tweedrag eindig. Die opvoeringe word nie in die koerante geadverteer nie. Dit sal vermoedelik toe te skrywe wees aan die feit dat die geselskap beide geslote en sonder konkurrensie was in hierdie jare. Sedert 1819 het die Engelse toneel ingeslaap. | |||||||||||
[pagina 141]
| |||||||||||
Bird deel meeGa naar voetnoot1) (1822): ‘The play-house is a favourite place of amusement and there exists a considerable degree of theatrical talent. The Cape-Dutch have not as yet been able to support a regular theatre with a company of actors; but until this season, a sufficiency of amateur performers was always to be found. There was a convenient play-house in St. John's-Street (die ou T.N. en V.? - F.B.)Ga naar voetnoot2) where farces (petite pieces) in Dutch were acted once a fortnight. No money was received at the door, but the subscribers gave tickets liberally to the English who were inclined to attend. This theatre has the advantage of actresses, for some of the Cape-Dutch young ladies have talents for the stage. It is understood that this agreeable little theatre was abandoned, in consequence of private disagreements, which in the paucity of places of amusements is much to be regretted. The only objection to it might perhaps be, that some of the pieces were rather too broad for English manners’. Vir die leersame vergelyking verwys ek naar 'n ander aanhaling uit 1820Ga naar voetnoot3), waarin die Hollandse bevolking, deur hul beweerde gebrek aan verfynde smaak vir dramatiese voorstellinge verantwoordelik gestel word.... vir die Engelse toneelineenstorting, in hierdie tyd! |
|