Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend§ 4. Die OpvoeringGa naar voetnoot2).a. Skouburge.Die eerste bekende opvoeringe in hierdie tydperk het, soos geblyk het, in die Hospitaal plaasgevindGa naar voetnoot3); in die barakke wat bestaan het uit die ou Kompanie se hospitaal en se nuwe pakhuise, aan die kant van die Parade waar nou Darlingstraat isGa naar voetnoot4). Sir George Yonge rig die ‘Afrikaansche Schouwburg’ op die Boereplein op, wat ongeveer Oktober 1801 geopen wordGa naar voetnoot5). Dit is 'n private skouburg met aanvanklik 24 aandeelhouers, en gelykop vir Hollands- en Engelssprekendes bedoel. Dit word die uitsluitlike plek van opvoering tot 1806; en bly die vernaamste vir die grootste deel van die tyd tot 1839. Vir konserte, bals, ens. het dit soms gedienGa naar voetnoot6). Vir sy publiek was dit 'n ruim gebouGa naar voetnoot7), en uiterlik nie sonder artistieke pretensies, in Italiaans-klassieke styl, nie. Die vlakverdeling van die symure toon 'n mooie eweredigheid. Die portiko verlewendig aanmerklik die voorkant. Die vase vorm 'n aangename onderbreking van die daklyn, sowel as mooie afsluiting van die stutte. Die eenvoud van die geheel is treffend. Die kelders en pakhuise onderin moes dien om die ekonomiese kant van die onderneming te steunGa naar voetnoot8). Dit is tiepies van die Kaapse huise van vroeër, wat daardeur hul hoë stoepe gekry het. Ook die skouburg het sy hoë stoep. Die geheel is 'n suiwere voortsetting van die Nederlandse boutradiesie. Van binne moes die gebou smaakvol en mooi uitgesien het. Lady Anne Barnard praat van ‘a very pretty Theatre | |
[pagina 95]
| |
indeed’, en prys die ‘scenes’ as ‘very well done’, sommige deur die jonge Cockburn, 'n militêrGa naar voetnoot1). Iemand anders noem dit 'n ‘elegant theatre’, en sal vermoedelik aan die inwendige van die gebou gedink hetGa naar voetnoot2). Op die gordyn het in 1807 die spreuk All the World's a Stage gestaanGa naar voetnoot3). Van 1807-'08 het die Franse geselskap 'n eie lokaal, 'n pakhuis as sodanig ingerigGa naar voetnoot4). | |
b. Dekors en Kostuums.Hieraan is altyd besonder veel aandag bestee. Wat lady Anne hierbo vertel wys reeds in die rigting. Die aardGa naar voetnoot5) van die stukke het dit trouens 'n eerste vereiste gemaak. Baie van hul sukses het daarvan afgehang. Veelvuldig is dus die vermelding dat ‘vertoningen’ plaasvind met nuwe skerme, kostuums, ens.Ga naar voetnoot6). Hoeveel moeite inderdaad aan die dekors ens. gegee is, blyk uit die onkoste daarvoor gemaak. So moet in 1802 ekstra voorstellinge plaasvind om die gemaakte onkoste te dek en iets vir liefdadigheid oor te houGa naar voetnoot7). Dìt gebeur terwyl die seisoen blykbaar 'n groot sukses was en die pryse sekerlik nie gering nie. Hierdie geskiedenis herhaal homself meermaleGa naar voetnoot8). Uit die innames moes natuurlik die huur afgaan, maar so groot was dit nooit nie. | |
c. Bestuur.Die algemene bestuur van die Afrikaanse Skouburg was in die hande van 'n Skouburgkommissie, van wie die hoofpersoon die ‘Directeur en Thesaurier’Ga naar voetnoot9) was. Die eerste persoon in hierdie funksie, nog voor die bou van die skouburg, was die heer C. van Nuldt Onkruydt. Die kommissie is verteenwoordigend van Hollands- en Engelssprekendes. In die Akte van Transport van 25 November 1800Ga naar voetnoot10) bestaan die kommissie uit 6(5) lede waarvan twee Hollandssprekendes is, en die ander lede 'n sterk militêre element - die garnisoen - bevat. Die name verskil almal van die voriges. Hulle beheer die Skouburg namens die eienaars, wat vrywel volledige mag daaroor besitGa naar voetnoot11). Vermoedelik was die heer Jos. Bray, een van die lede, toe reeds Direkteur en Tesourier. Op 2 Mei 1801, in elk geval, handel hy namens die KomiteeGa naar voetnoot12), en op 26 September 1801 onder- | |
[pagina 96]
| |
teken hy hom ‘Tresaurier’Ga naar voetnoot1). In 1803 is die heer Strombom TesourierGa naar voetnoot2). Hy is dit nog aan die end van hierdie tydperkGa naar voetnoot3). Op 2 September 1807 vind 'n algemene vergadering van eienaars plaasGa naar voetnoot4) - vermoedelik in verband met die op hande synde renowasie van die SkouburgGa naar voetnoot5) - en die lede word gewaarsku om persoonlik of per gevolmagtigde teenwoordig te wees, tensy hul hul ‘extra privilegien’ wil verbeur. Waarskynlik het hierdie privileges saamgehang met die besit van ‘zilvere lootjes,’ wat vrye toegang tot alle voorstellinge verleen hetGa naar voetnoot6). Blykbaar was die geesdrif van eienaars om vergaderinge by te woon maar gering. Ondertussen blyk dat die hand aan die skouburg moet gehou word. Die rekeninge word klaarblyklik jaarliks afgesluit, waarna die verdeling van diwidend plaasvind - of nieGa naar voetnoot7). So word vir 1808Ga naar voetnoot8) aangekondig dat op 6 Januarie 1809 geleentheid vir die eienaars sal bestaan om in die Skouburg ‘de Rekeningen enz. te inspecteeren; na welke de verdeelingen in de volgende week ten Comptoire van de heeren Strombom & Co. op de Heerengragt No. 28 zullen betaald worden.’ | |
d. Inwendige Bestuur en Indeling; Pryse.In hierdie opsigte skyn die huurders van die Afrikaanse skouburg volkome vry te gestaan het. Die oorspronklike plan was om 'n skouburg enkel met loges te hêGa naar voetnoot9). Die loges sou wees teen £ 24 per jaar, met ses plekke elk, en vir twaalf voorstellinge. Parterre (‘Pit’Ga naar voetnoot10), ‘Bak’Ga naar voetnoot11)) sou nie bestaan nie. Die uitvoering van hierdie plan sou die skouburg baie eksklusief en duur gemaak het. Lady Anne Barnard vind ook die pryse onmoontlik, veral vir die junior offisiereGa naar voetnoot12). Reeds spoedig word die plan ook gewysig soos blyk uit die prospektusGa naar voetnoot13). Die getal intekenaars word op 150 gestel, met twee kaarte per persoon. Die prys is 25 Rds. (ongeveer £ 5) per intekenaar vir twaalf voorstellinge. Met die oog op die grootte van die skouburg, moes, om vir 300 plekke voorsiening te maak, die parterre stellig bykom vir gebruik. Ook hierdie plan het stellig nie ongewysig deurgegaan nie. Reeds by die opening van die skouburg het lady Anne haar eie logeGa naar voetnoot14), met verskeie plekke. Verder sodra ons enige vaste | |
[pagina 97]
| |
berigte teenkom, merk ons van die ander bepalinge alleen dat alle plekke uit loges bestaan en dat alles by intekening gaan - per keer egter en nie per jaar nie. Ons eerste berigte is uit 1802 en ons eerste mededelinge in verband met die Engelse en Duitse geselskappe. By die Engelse hoor onsGa naar voetnoot1) van sekere ‘Sergeant Forthorpe, opziender over de Logies’ wat ‘Billetten’ teen 3 Rds. aflewer, en die geld mag ontvang by ‘afgaafe der Lootjes’. Vorige intekenaars het die keus om hul plekke te behou, aangesien dit 'n ekstra voorstelling is. Lyste tot intekening lê gereed, maar na 'n sekere tyd sal geen lootjies meer afgegee word nie, omdat ‘te dien dage de namen in het Registerboek der Logies zullen worden geïnsereerd’. Geen geld word aan die deur ontvang nie en lootjies mag nie ‘getransporteert’ word nieGa naar voetnoot2). Die Duitse geselskap vermeld alleen afsonderlike ‘lootjes’ wat ‘te bekomen zyn in voege als voren’ teen 2 Rds.Ga naar voetnoot3) Miskien beteken die ‘in voege’ dat hulle alleen op bepaalde tye ‘te bekomen zyn en uitgegeeven worden’Ga naar voetnoot4). Die woorden ‘Billetten’ en ‘Lootjes’ word hier deurmekaar gebruikGa naar voetnoot5), soos nog dikwels, maar staan oor die algemeen tog duidelik vir verskillende begrippe. Die Engelse woord vir albei is gewoonlik ‘tickets’; 'n enkele maal ‘lots’ vir ‘lootjes’. Verreweg die meesalgemene Hollandse woord is en bly, nog lang hierna, ‘lootjes’. 'n Hoogs enkele maal tref ons later in hierdie tydperk die woord ‘kaarten’ aan. ‘Billet’ is die gewone woord vir 'n toegangsbewys deur direkte verkoop, sonder willekeurige bepaling van plek. Die Engelse voorstellinge was by uitstek van 'n openbare karakter en ons vind hierdie stelsel van toelating meestal by hulle in gebruik. Te verwagte is dat die woord ‘billet’ meestal by hulle voorkom. Later kom ‘kaart’ in die plek daarvan. ‘Lootje’ is die gewone woord vir 'n toegangsbewys by intekening, met willekeurige bepaling van plek. Die bepaling vind plaas deur 'n ‘lootje’ te ‘trekken’. ‘Lootje’ word meestal deur die Hollandssprekendes gebruik, en hang saam met hul besondere stelsel van toneelorganisasie deur middel van liefhebberytoneelgeselskappe. Hierdie geselskappe was by uitstek - vir vreemdelinge was ook voorsiening gemaak - van 'n private karakter. Ondersteuners was lede daarvan en het ingeteken op die voorstellinge. Dit spreek vanself dat as iedereen selfstandig sy eie plek kon bepaal, daar allig onenigheid | |
[pagina 98]
| |
sou ontstaan. Gevoelens van rang en standGa naar voetnoot1), van persoonlike naywer, sou in die geding kom. Om moeilikheid van dergelike aard te voorkom, word die toevlug tot lootjiestrekkery geneem. Daarby kan die wens gegeld het om aan iedereen gelyke geleentheid vir goeie plekke te verseker. Die lootjiestrekkery in hierdie periode (ook gewoonlik later) skyn alleen tot die loges beperk te gewees het. Vir ander plekke word gewoonlik ‘biljette’ verkoop. Om terug te keer tot ons uitgangspunt, in 1802 bestaan dus 'n stelsel van intekening en lootjies. Biljette word hier blykbaar in die sin van lootjies gebruik. Die skouburg het enkel loges, wat ongetwyfeld bestaan het uit sy(de)- en parterreloges, soos spoedig in elk geval blyk. By die Engelse lê die intekenlyste by die Fiskaal en die Sosieteitshuis, waaruit reeds hul meer openbare karakter blyk. By die Duitsers lê dit by 'n private burger, wat weer sprekend is vir hulle meer geslote karakter. Hierdie verskil bly verder tiepies van die Engelse en non-Engelse (Duitse, Hollandse, Franse) geselskappeGa naar voetnoot2). Wat met die gaan (1803) en kom (1806) van die Engelse aan die Kaap, die ontstaan van Hollandse en Franse geselskappe (1803), tree allerlei wysiginge ten opsigte van bestuur, ens. in. Die Hollandse geselskap (1803-'04) sluit hom in 1803Ga naar voetnoot3) aanvanklik aan by die Duitse wat betref pryse, maar praat van ‘Billetten’, blykbaar in die betekenis van ‘lootjes’Ga naar voetnoot4). Later in die jaar word loges ‘inhoudende 6 billetten’ teen 10 Rds. ‘te Huuren’ aangekondig. ‘Enkelde Billetten’ kos 1 Rd. Van intekening is hier geen vermelding nie. Sou dit nie bestaan het nie of het ons met loges wat oorbly te doen? In hierdie nuwe manier van aankondiging, sowel as in die van 1804Ga naar voetnoot5), moet ons die voorbeeld van die gelyktydige Franse geselskap sien. In 1804 heet dit dat ‘ordinaire en parterre loges’ teen 10 Rds., en ‘Gaandery’ loges teen 8 Rds. (vir 6 plekke) te kry is. Met die Franse geselskap in 1803 maak eintlik die nuwe wysiginge hul verskyning. Tot 1806, onder Villet, het die geselskap ongetwyfeld 'n sterk saaklike kant. Privaatheid word dus weinig nagestreef. Die hoofsaak is om'n groot gehoor te trek. Reeds by die eerste voorstellingGa naar voetnoot6) verneem ons dat ‘Loges tegens betaling van 15 Rds. ieder, en Billietten à 2 Rds. te bekomen zyn’. Ons kan veilig aanneem dat hiermee, naas die gewone sy- en parterreloges, afsonderlike parterreplekke bedoel word. Die sal die geringer plekke gewees het, van- | |
[pagina 99]
| |
daar die vermindering in prys. Dit sal dan die eerste keer wees wat in sulke plekke voorsiening gemaak word. Dat onder ‘loges’, sy- en parterreloges moet verstaan word, blyk vir die eerste keer uit die aankondiging van die volgende voorstellingGa naar voetnoot1). ‘Loges....à 10 Rds., parterre loges tegen 8 Rds. ieder, inhoudende 6 Billetten, en de enkele Billetten à 1 Rd.,’ word verkrybaar gestel. Prysvermindering op die vorige! Ons sien dat die parterreloges nie heeltemal gelyk gestel word met die syloges nie. Besonder duidelik kom dit uit waar eenkeerGa naar voetnoot2) gepraat word van ‘Les prémières loges’ en ‘loges du parterre’, vertaal met ‘zyde loges en parterre loges’ resp. Die benaming ‘zyde-Loges’ kom vir die eerste maal begin 1804 voorGa naar voetnoot3). By dieselfde geleentheid heet dit dat die syloges sowel ‘als de loges boven op het amphiteatre, ieder à 8 Rds. en de Parterre Loges à 10 Rds’, te kry is. Van besondere belang is hierdie mededeling omdat daaruit blyk dat die skouburg in die somer van 1803-1804 'n ‘Gaandery’Ga naar voetnoot4) of ‘Gallery’Ga naar voetnoot5), soos dit elders heet, moet ryker geword het. Eienaardig is dat die parterreplekke hier die duurste kos. Begryplik is dit dat die gaanderyloges goedkoper is as die ander, maar ook die sydeloges? Die geval was trouens 'n uitsondering. Direk daarop is die ou verhouding herstelGa naar voetnoot6). Van gaanderyloges hoor ons heeltemal nie meer nie. Die gaandery sal volslae die engelebak geword het. Die gewone prys vir ‘enkelde lootjes’ bly 1 Rd.Ga naar voetnoot7) tot 1806. Hierdie biljette sal vir die plekke op die gaandery bedoel gewees het. So verneem ons eenkeer van ‘chaque billet d' Amphitheatre à 1 Rd.’, wat vertaal word met ‘enkelde Lootjes à 1 Rd.Ga naar voetnoot8)’ Oor die algemeen was die pryse van die Franse geselskap (ook die Hollandse) van 1803-'04, 10-8-1 Rd(s). vir sy-, parterreloges en enkele lootjies resp.Ga naar voetnoot9) Van 1805-'06 vermeerder die pryse. Dit val te begrype, M. Delémery speel mee, en hy is 'n besondere aantreklikheid. Gemiddeld bedra die pryse 12-10-1 Rd(s).Ga naar voetnoot10). Van 1803-'06 is, met uitsondering van die eerste keer, C.M. Villet die man wat die lootjies in hande hetGa naar voetnoot11) | |
[pagina 100]
| |
In 1804 hervat die Engelse hul toneeloptrede. 'n Hele ommekeer vind plaas in die toestand. Die indeling van die skouburg heet eenvoudig balkon, bak en galleryGa naar voetnoot1); in 1808 boweloges, onderloges en galleryGa naar voetnoot2). Die pryse is aanvanklik ‘Balkon en Bak: 3 Rds.; Gallery: 12 Schell.’ (1½ Rds.). DanGa naar voetnoot3), ‘Terwyl het schynt dat het gevoelen de overhand heeft voor een vermindering in de pryzen der Lootjes,’ word die balkon, bak, en die twee voorste rye van die gallery, ‘dewelke ingerigt zullen worden als Bakken’, 2 Rds., gallery 1 Rd. in prys. In 1801 is die onderloges (bak), 2 Rds.; boweloges (balkon), 1½ Rds.; gallery, 1 Rd. Die rede waarom die parterreloges beter geag word as die syloges is duister. In 1807 kan die balkonplase op vasgestelde tye in die skouburg verkry wordGa naar voetnoot4); in 1808Ga naar voetnoot5) gebeur alle ‘Inschryvingen voor de plaatsen der loges’ daar. Lootjies (‘Tickets’) word by allerlei adresse in die stad en selfs in Simonstad, verkrybaar gestelGa naar voetnoot6). Duidelik blyk dit dat van vaste intekenaars oflootjiestrekkery by die Engelse geen sprake is nie. Hulle gee publieke voorstellinge sonder meer. Hoe gaan die met die Franse geselskap na 1806? Dit slaan eweneens 'n heeltemal nuwe weg in. Dit word die eerste private geselskap aan die Kaap met 'n eie lokaalGa naar voetnoot7). Ons verneemGa naar voetnoot8) dat vir plekke getrek en dat nuwe biljette uitgereik word op 'n bepaalde tyd voor elke voorstelling. Ou ongebruikte biljette van ‘voorleden Zaterdag’ (die gewone aand van opvoering) is nie geldig vir 'n volgende keer nie, en die here intekenare moet hul terugstuur aan die ‘Directeuren Nelson of Martin’. In 1808Ga naar voetnoot9) hoor ons van biljette teen 12 Skellings per stuk. Ook blyk daar later in die jaar parterre en gallery te bestaanGa naar voetnoot10). Die heer J.B. Verrume is gewoonlik die man vir biljetteGa naar voetnoot11). Met een algemene moeilikheid het die geselskappe gedurig te kampe: die vraagstuk van lootjes aan die deur verstrek, geld vir toegang aanneem of nie. Gewoonlik word dit geweierGa naar voetnoot12). As die geselskappe dit toestaan moet hulle steeds | |
[pagina 101]
| |
weer op hul besluit terugkomGa naar voetnoot1). Allerlei misbruik en moeilikhede ontstaan daaruit. Elders kom ek hier nader op terugGa naar voetnoot2). Hooggeplaatste persone het besondere loges gehad. Hulle word by die agterdeur (toneeldeur) binnegelaatGa naar voetnoot3). | |
e. Tyd.Die dag van speel by uitnemendheid, feitlik van die begin van toneel, was Saterdag. Onder die eerste Engelse besetting skyn die Engelse nog die voorkeur aan Maandag te geeGa naar voetnoot4), maar vanaf 1807 seker nie meer nieGa naar voetnoot5). Die Duitse en Hollandse geselskappe begin van meet af met SaterdagGa naar voetnoot6). Ook die Franse geselskap, behalwe in 1804, toe op Saterdags en Maandags afwisselend gespeel word, en in 1805 alleen op MaandagGa naar voetnoot7). Op ander dae word soms gespeel, maar gewoonlik om een of ander besondere rede: as ekstra voorstelling, as gevolg van uitstel, ens. Die aanvangstyd was oor die algemeen baie vroeg: immers 9 uur was eintlik slapenstyd, en straatverligting sou nog lank nie bestaan nieGa naar voetnoot8). Oor die algemeen kan ons sê dat die non-Engelse geselskappe, bestaande uit die eintlike burgery, d.w.s. die meer gevestigde en deegliker volkselement, vroeër begin as die Engelse geselskap, bestaande uit die militêre en amptelike wêreld, d.w.s. die uitgaande wêreld by uitstek. Die aanvangsure hou ook rekening met die seisoen. Gewoonlik word alleen in die winter gespeel, d.w.s. van Mei of Junie tot September. Voorstellinge buiten hierdie tyd vang later aan. So is die aanvangsuur - gewoonlik heet dit ‘Het Gordyn zal opgaan’ - van Engelse voorstellinge in 1802 om halfsewe; maar van September, d.w.s. byna lente, om 7 uurGa naar voetnoot9). Die Duitse daarenteen is om 6 uurGa naar voetnoot10) (opening half 6)Ga naar voetnoot11), ook in 1803. Die Franse geselskap in 1803, Junie tot Augustus, vang aan om half 7; vir die tyd daarvoor (Maart) en daarna (September-Desember) om 7 uurGa naar voetnoot12). Die Hollandse geselskap (September) doen dieselfdeGa naar voetnoot13). Hierdie toestand bestaan voort vir 'n deel van 1804Ga naar voetnoot14). Daarna word dit halfseweGa naar voetnoot15). In 1805 en | |
[pagina 102]
| |
1806 word dit die hele jaar deur 6 uurGa naar voetnoot1). Vir 1807 en 1808 word geen aanvangsure vermeld nie. Die Engelse begin in 1807 om half sewe (opening half 6); alleen in Oktober - lente - word dit half 8 (opening half 7)Ga naar voetnoot2). In 1808 word dit nog later: aanvang 7 uur (opening 6)Ga naar voetnoot3); so ook in 1809 behalwe vir die voorlaaste opvoering (Februarie), wat half 8 begin het (opening half 7), omrede van die buitengewoon lang voorstellingGa naar voetnoot4). | |
f. Sensuur.Die owerheid het die toneel, vir sover hul dit nie direk aangemoedig het nie, onder vrywel nominale kontrole gelaat. Die houding van die Engelse regering teenoor vermaaklikhede het ons alreeds gesien: gesonde vermake soveel moontlik aanmoedig, in besonder met die oog op die troepemenigtes aanwesigGa naar voetnoot5). Die eerste skouburg het selfs onder die regstreekse inisiatief van die goewerneur, sir G. Yonge, tot stand gekom; en die Akte van Transport laat duidelik sien hoe besonder vry die besitters gelaat isGa naar voetnoot6). Trouens die motiewe: vermaak en liefdadigheid, en die aard: liefhebberytoneel van gangbare stukke, by voorkeur van die lugtige genre, kon beswaarlik aanleiding tot strenge toesig gee, gewoonlik alleen die geval as die tooneel hom laat verlei tot ‘onsedelikheid’ of politiek. Wat was dan die toesig wat bestaan het? Onder 19 Februarie 1800Ga naar voetnoot7) proklameer sir George Yonge dat geen ‘Club or Society’ mag bestaan sonder ‘sanction and approbation of Government’ en 'n ‘annual License’ van 15 Rds. nie, op gevaar van sware bestraffing. Dat hierdie toesig baie slap moes gewees het, blyk uit die feit dat Janssens dit noodig ag, kort na die begin van die Bataafse bewind, om te proklameer ‘dat Goeverneur en Raaden, om zodanig gedoenteGa naar voetnoot8) voor 't vervolg voor te komen hebben goed gevonden en verstaan’, om die plakkaat van 1800 te hernuwe en aan te vul, te wete: ‘Alle vaste Societeiten of Gezelschappen 't zy dat dezelve alleen tot beoeffening strekken en opgerigt zyn, dan wel, in dezelven spys of drank voor geld genuttigd, eenig spel gespeeld, gedanst, of ander het zy publiek of privaat amusement | |
[pagina 103]
| |
gehouden worden, zullen alvorens te mogen byeenkomst houden, het consent van den Procureur Generaal, Landdrost of ander Officier der Justitie in 't Distrikt residerende, moeten bekomen, die na onderzoek en bevinding, dat zodanige Societeit, Gezelschap of Byeenkomst geenzints aan de algemeene rust en welvaart van den Lande en der in- of opgezetenen schadelyk is, nog in deszelfs aard ongeoorloofd’, hulle 'n sertifikaat sal verleen, wat dan nog verder aan Goewerneur en Rade moet voorgelê word, waarop ‘de vereischte licentie zal worden verleend by Ordonnantie geschreven op een zegel van 25 Rkxds.’, jaarliks te vernuwe op boete van 500 Rkds. - dieselfde ook vir ander oortredings van ‘deezer ordre’. Waarom hierdie verskerping en watter gedoente bedoel Janssens? Miskien kan die verklaring gedeeltelik gesoek word in die weeruitbreek van oorlog met Engeland op 12 Mei 1803Ga naar voetnoot1), en die wenslikheid om 'n strenge oog te hou op alle bedrywighede van verenigings ens., temeer waar nog 'n aansienlike getal Engelse aan die Kaap wasGa naar voetnoot2). Maar waarskynliker het meer praktiese redene gegeld. Dit het, tenminste wat die komediehuis betref (ook vir konserte ens. gebruik), nie altyd rustig toegegaan nie. Veelvuldig is die waarskuwinge wat betref toegang: geen geld aan die deur word aangeneem nie vanweë ‘desordres’ ens.Ga naar voetnoot3) En net voor die proklamasie verskyn twee sonderlinge advertensies in die Kaapsche Courant van 23 Julie 1803. In die eerste bied R. Fettel 'n goeie beloning aan vir die vind van ‘een egte gebloemde Tjaal... op Maandag avond (d.w.s. 18 Julie)... in de Schouwburg verlooren’; in die twede deel lt. Knorsies van ‘'s Lands brik’ 't Haasje mee, dat hy ‘by de laatste vertooning in 't Comedie-Huis zyn brievetas’ met sy luitenantskommissie, geld ens. daarin ‘vermist heeft’. Op 30 Julie volg die proklamasie! Is my vermoede reg dat daar verband moet gesoek word tussen hierdie gebeurtenisse en die proklamasie, dan was dit inderdaad 'n heel uitsonderlike toestand. Daar moes in diè geval elemente aan die Kaap bestaan het, gelukkig absoluut uniek, en wat nooit weer hul verskyning maak nie. Inteendeel die Kaapse publiek word juis besonder geroem vir hul gedragGa naar voetnoot4), afgesien van wanordelikhede aan die deur ensGa naar voetnoot5). Sedert 1804 begin, as gevolg van die proklamasie, alle | |
[pagina 104]
| |
advertensies ‘Met Permissie van den Heer Procureur-GeneraalGa naar voetnoot1),’ wat in 1806 sal word van die ‘GouvernementGa naar voetnoot2)’ en daarna ‘GouverneurGa naar voetnoot3).’ | |
g. Publiek.Die publiek wat die voorstellinge bygewoon het was veelsoortig maar goed: Hollands- en Engelssprekendes, nl. militêre, hoë amptenare en die gewone burgery van Kaapstad en naaste omgewing; selfs die Mariene in Simonstad geniet mee van ‘Theatrale’ plesierGa naar voetnoot4). Wat die burgery betref moet 'n mens in die oog hou dat dit 'n heel goeie gesete burgery wasGa naar voetnoot5). Soos Borcherds, sprekende in die eerste plek oor toestande gedurende die Bataafse tydperk van 1803-1806, sê: ‘De meest respectabele lieden van de gemeenschap gingen daar heen.’ Jan Rap en sy maat het bestaan, en bestaan vandag nog in Suid-Afrika, in die eerste plek uit die kleurlinge - toe meestal slawe en Hottentotte. Desulkes word streng afgesonder. Hulle kom nie in dieselfde openbare geboue ens. As daar af en toe rumoerige elemente onder die skouburgbesoekers was, veral in latere tyd, moet die gesoek word onder die jongeliede van die maatskappyGa naar voetnoot6), van wie dit nou eenmaal 'n tiepiese eienskap is om hulle self aan luidrugtigheid oor te geeGa naar voetnoot7) - in die goedkoopste plekke natuurlik. Miskien kan daar, onder Engelse bewind tenminste, garnisoenselemente bygereken word. Ook geld hierdie toestande alleen vir voorstellinge wat geheel of grootliks 'n publieke karakter het, soos b.v. by die Franse geselskap, 1803-1806; die Engelse vanaf 1807; en buitengewone voorstellinge. Voorstellinge in geslote kring val vanself daarbuite: uit die aard van die saak word alleen uitgesogte elemente toegelaat. Lady Barnard gee ons die eerste besonderhede oor die publiek van toe, tenminste van die Engelse opvoeringe van 1800-1802.Ga naar voetnoot8) Militêre maak aanvanklik die grootste deel van die gehoor uit; ‘society’ is voltallig aanwesig, tot die Goewerneur toe. Trouens die bywoning van Goewerneur ens. bly lank die gewoonteGa naar voetnoot9). Ook 'n Engelse offisier vertel ons een en ander. Dit is egter meer merkwaardig vir die Engelse ‘meerderwaardigheidsbesef’ wat daaruit spreek as vir iets andersGa naar voetnoot10). Maar dit | |
[pagina 105]
| |
kan ons onder meer help begryp waarom die Hollandssprekendes al gou daartoe kom om hul eie geselskappe en lokale in te rig. Hy sê: ‘We have endeavoured to introduce among them a taste for theatrical amusements. An elegant theatre has been built at great expense and such gentlemen of the garrison as are theatrically inclined come forward to tread the Cape boards.’ In interessante vergelyking met ander Britse geweste vervolg hy: ‘Our neighbours however in New South Wales are beforehand with us in theatricals, but they have always at their command a company renowned for their versatile abilities, and adequate to all the shifting scenes of mimic life’. Kenmerkendste van alles, en heeltemal ongeregverdig soos die toekoms sal wys, is die volgende sin: ‘Should the Dutch be again put in possession of the Cape they will probably convert the Cape Drury into pakhuises for commercial purposes.’ Die mening van BarrowGa naar voetnoot1) is natuurlik nog minder vleiend: ‘Men had er eens een nieuwen schouwburg opgerigt; doch wanneer er in het Engelsch, Fransch of Hoogduitsch gespeeld wierd werd het by hen voor de vervelendste van alle vermaken gehouden: drie uren lang ook naar een stuk te luisteren was voor hun een zware straf. Ik herinner my, dat de toehoorders eens op zekeren tijd zeer veel genoegen hadden. Dit was dat een oude Hoogduitsche soldaat al spelende zyn pyp rookte en dit karakter, waarmede al het andere dat hy deed evenredig was, had zooveel toejuiching en medewerking dat het gehele huis welhaast door een wolk van tabaksrook vervuld wierd.’ Om dinge in 'n haatlike daglig te stel, gee die woord aan Barrow! Rook in skouburge was destyds 'n gewone dingGa naar voetnoot2). Oor die gedrag van die gehoor in die skouburg vind ek in hierdie tyd - en lank daarna - geen onaangename aanmerkinge nie. InteendeelGa naar voetnoot3), maar wat betref die gedrag van die publiek daarbuite, in verband met toegang tot die skouburg, het dikwels moeilikhede ontstaan. Die aanleiding hiertoe het gelê in die verkoop van lootjies aan die deur, die aanneem van geld vir toegang. Verskeie kere word dit geprobeer; altyd weer mislukGa naar voetnoot4) dit. Tog dwing die publiek blykbaar steeds daarom, sodat keer op keer moet gewaarsku wordt dat lootjies nie aan die deur verkoop of geld ontvang word nie. Veelvuldigste moet | |
[pagina 106]
| |
die Engelse en Franse geselskappeGa naar voetnoot1) die waarskuwing laat hoor. C.M. Villet kondig eenkeer aan: ‘Nademaal by het ontfangen van Geld aan den ingang of de deur van den Schouwburg reeds menigvuldige desordres hebben plaats gehad, tot groot nadeel van den Entrepreneur; zo word hiermede een ieder verwittigd, dat er volstrekt geen Geld meer aan de deur zal aangenomen worden’ ens. Die skouburg het maar een deur van toegang gehad. Dit moes die maklikste ding in die wereld gewees het vir persone om by enige gedrang kosteloos binne te sluip. Te moeiliker sal die kontrole gewees waar die meeste mense met vooraf verkreë lootjies - soms virses persone - gekom het. Die toegangspryse was nie goedkoop nie en poginge om kosteloos binne te dring word begryplik. 'n Ander poging kan ons vermoedelik sien in die grappige waarskuwing dat niemand sonder lootjie toegelaat sal word nieGa naar voetnoot3), 'n waarskuwing waarskynlik teen die s.g. ‘tuis-vergeet.’ Die waarskuwing van die Engelse geselskap in 1807 dat ‘geen persoon hoegenaamd agter het toneel mag gelaten worden’Ga naar voetnoot4), is waarskynlik bedoel om die lastigvallery en nuuskierigheid, so kenmerkend van goeie vriende en kennise by liefhebberytoneel, teë te gaan; maar kan ook 'n middel wees om ‘vrye toegang’ te voorkom. Dieselfde kan geld vir die weiering om mense by die agterdeur binne te laat. In hierdie geval sal dit bysaak gewees het. Die hoofsaak blyk uit die volgendeGa naar voetnoot5): ‘Niemand hoegenaamd zal in de agterdeur toegelaaten worden, behalven de Gouverneur, de Generaal, Admiraal, Commandant, en Suite, waar een persoon zal vaceeren om de lootjes te ontvangen’. Hiermee is die poginge om kostelose toegang te verkry nog nie uitgeput nie. EenkeerGa naar voetnoot6) hoor ons - weer van die Engelse geselskap in 1808 - dat: ‘Niemand zal op oude Billietten geadmitteerd worden, terwyl de Billetten voor deze Comedie dubbeld gestempeld zyn.’ Voorwaar daar was voorsorg nodig; dit bowendien by 'n liefdadigheidsvoorstelling! 'n Ander keerGa naar voetnoot7) heet dit: ‘Niemand hoegenaamd zal zonder Billet by de repetitie toegelaten worden’ - wat ongetwyfeld die aand van die grote uitvoering goed te stade sal gekom het! Vervelend, tenslotte, moes dit wees om teen die beset van besproke plekke te waarsku om ongenoegens te voorkomGa naar voetnoot8). Tog is dit dinge van ondergeskikte belang per slot vanGa naar voetnoot2) | |
[pagina 107]
| |
rekening. Dit was oor die algemeen 'n fatsoenlike publiek wat hom fatsoenlik gedra het. | |
h. Kritiek.Gereelde kritiek bestaan in hierdie tydperk hoegenaamd nie. Die enigste blad van enige soort was die Kaapsche Courant, en die meeste wat hy hom veroorloof is 'n editoriale aankondigingGa naar voetnoot1) 'n enkele maal. Lady Anne Barnard, in die alreeds aangehaalde stukke, kan die eerste, en 'n vry goeie kritiekus heet. Barrow, Borcherds en Gleanings in South Africa geealleen 'n paar interessante algemene besonderhedeGa naar voetnoot2). | |
i. Spelers en Stukke.Die spelers vir sover bekend, is uitsluitlik van die Engelse en Franse geselskappe. Alleen by uitsondering word name genoem. Van die Engelse het ons verreweg die meeste name. Die Engelse toneel het haas sonder uitsondering uit ‘heren van het guarnisoen’ bestaan. Uit die tyd van lady Anne het ons dr. Somers, wat die toneel begin in die hospitaal in 1800, en, minstens tot die opening van die Afrikaanse Skouburg, die leiding neem; verder majoor Glegg en kol. Barlow. Miskien kan ons kol. Vandeleur byrekenGa naar voetnoot3). Die name van Somers en Glegg kom trouens voor as lede van die Kommissie van Toesig oor die Skouburg wat in die Akte van Transport genoem wordGa naar voetnoot4). Ook die vrouerolle word deur manne waargeneem, b.v. dr. Somers en majoor Glegg. Wel word geprobeer om die dames tot deelneming te beweeg, maar tevergeefs. Etiket het verbied dat hulle in voorstellinge mag optree waarby geld gevra word vir toegang en wat nie volkome privaat was nieGa naar voetnoot5). Behalwe één uitsondering - mev. Kinniburgh, van die garnisoen of uit die burgery, in 1807Ga naar voetnoot6) - bly dit die geval vir hierdie hele tydperkGa naar voetnoot7). Hoe die here in blyspele hul vrouerolle soms moes uitgebuit het, kan ons vermoed, wanneer vir die opvoering van Shakespeare se Taming of the Shrew (1809), hierdie feit selfs spesiaal aangekondig wordGa naar voetnoot8). Vir die tydperk 1807-1809 het ons gesien dat die dryfgeeste sekere mnr. (lt.) Morgan, ‘Bestierder’Ga naar voetnoot9), kapiteins Collins en Frazer was. Vir die ander spelers verwys ek eldersGa naar voetnoot10). In 1808 kom Billy Pitt byGa naar voetnoot11). | |
[pagina 108]
| |
Die werk wat gelewer word kan ons in oorspronklike en onoorspronklike verdeel. Die oorspronklike is sulke dinge soos liedjies, pro- en epiloge. Dit begin al in die HospitaalGa naar voetnoot1); duur naar alle waarskynlikheid deur die hele eerste Engelse besetting voort - getuige die opening van die SkouburgGa naar voetnoot2) en afskeidsrede in Junie 1802Ga naar voetnoot3) -, en kom veral weer gedurende 1807-1809 in sterke beoefeningGa naar voetnoot4). Die voortbrengsels van 1807-1809 skyn heelwat geestiger en spontaner te gewees het as die van die begintyd. Die sou meer geleerdheid as gees geopenbaar het, tenminste as ons lady Anne Barnard kan glo - waarteen geen rede bestaan nie. Daar berus verder in die Kaapse Biblioteek 'n dagboek van 1797-1800 van sekere S.E. Hudson, Hoofklerk van Doeane aan die KaapGa naar voetnoot5), en lid van die eerste Kommissie van die SkouburgGa naar voetnoot6). Hy skyn 'n besonder swartgallige persoon te gewees het. Hy sien alles ‘in die lelike’ en is dus juis die teenoorgestelde van lady Anne; ook in politieke en persoonlike sin. So b.v. is hy anti-Macartney en pro-Yonge. Intussen was hy ook anti-Dundas, d.w.s. teen die waarnemende Goewerneur, en dit bring hom - ek haal mej. Fairbridge aan - tot ‘a biting little satire inscribed in his journal under the title of “The New Comic Opera (tekenende vorm vir die tyd) of He wou'd be a Governor”. “The principal characters”, he says, “to be supported by those well-tried veterans in the service whose powers have allready and so often been the subject of admiration”. He sets the first scene in “A Beautifull garden with the palace of Banterino.... among the Trees,’ (Goewerneur Dundas se residensie in die Tuine). Die orige van die stuk is 'n swaargeestige poging om byna iedereen - van Goewerneur tot klerk, lady Anne meegereken - te hekel, egter meer giftig as geestig. Moet ons Hudson glo dan moes die Kaap 'n plek van skinder en kritiek gewees het, byna onmoontlik om persoonlik grootmoedig en hartelik in te wees, soos lady Anne per slot van rekening tog was. Die onoorspronklike werk is natuurlik die gespeelde stukke. Reeds die allereerste in die Hospitaal - Teasle van FooteGa naar voetnoot7) - is tieperend. Blyspel of klugspelGa naar voetnoot8) heet die meeste van die Engelse stukke: kort stukkies, ligte kos, om aangenaam die tyd mee te verdryf, verder niks nie. As weerkaatsing van die toneel in Engeland is hul tiepies van die lae peil waartoe die | |
[pagina 109]
| |
toneelkuns destyds in diè land gedaal hetGa naar voetnoot1). Trouens deur die hele Europa was dit toentertyd nie van die hoogste nie. Tog was daar soms goeie stukke onder hierdie soort b.v. Goldsmith; en selfs Shakespeare, The Taming of the Shrew word gespeel. Wat laasgenoemde betref was daar waardering genoegGa naar voetnoot2). Daar word soms liedjies tussendeur die stukke gesing. Lady Anne vertel reeds daarvanGa naar voetnoot3) en in 1807 word dit vermeldGa naar voetnoot4). Ons het dus eintlik gevalle van ‘Vaudeville’, in die 18de eeu so populêr. Ook die ‘Opera Comique’ of sangspel was toe baie populêr, waarvan The Poor Soldier (O'Keefe), in September 1802Ga naar voetnoot5) 'n eerste vermelding is. Ewenseer in die mode, maar nuut vir die Kaap - tenminste vir sover die vermelding gaan - was in Junie 1802Ga naar voetnoot6) die tussenspel The Magic Zone; en veel belangriker as genre The Cunning Wife, or The Lover in a Sack, ‘Ballet Pantomime’, deur die heer Petersen en sy leerlinge uitgevoer: die eersteling van wat 'n by uitstek Hollandse tradiesie word tot die end van die 19de eeu, ja selfs tot die eerste tiental jare van die 20ste eeu. Selfs die historiese drama laat 'n kantjie van hom sien in die ‘Historische Romance van Koning Alfred (O'Keefe), (1802)Ga naar voetnoot7). 'n Toneelspel The Sultan (Bickerstaffe) word opgevoerGa naar voetnoot8); en twee treurspele: die eerste, Douglas (Home) (na die 2de besetting), en die twede The Gamester (Moore), egter alleen op besondere versoekGa naar voetnoot9); tensy'n burlesk-treurspel Tom Thumb (Fielding) tot 'n derde gereken moet wordGa naar voetnoot10). Hoe die meerderheid van hierdie stukke staan in verhouding tot hul tyd sal uitkom waar ek nou die Franse stukke wil bespreek, want hulle is oorwegend van dieselfde ligte gehalte. Die ‘opera comiqueGa naar voetnoot11)’ kom op in Frankryk sedert ongeveer 1720, en was verwant aan die kermistoneel, die ouere vaudeville (oorspronklik 'n klug, met liedjies tussendeurgevoeg, wat op bekende wysies gesing word), en aan die Italiaanse komedie, met (H)arlekyn as hoofpersoon. Reeds gou kry dit die vorm van 'n drama, deels in verse, deels in prosa, waarin sowel gesing as gepraat word. Panard gee aan hierdie genre 'n soort morele kleur, en in die begin speel die sangspel meestal in landelike kring. Favart, Sedaine, Anseaume o.a. Le Tableau Parlant en Marmontel - ± 1770 - | |
[pagina 110]
| |
maak daar groot opgang mee, en baie knappe musisie het meegewerk om dit werklik tot iets heel moois en oorspronkliks te maak. Dat dit van Frankryk ook spoedig naar ander lande oorgewaai het o.a.Nederland, spreek haas vanself. Ook klein stukkies soos divertissemente, pantomiems, ballette, tussenspele was soms sangspele, en in hierdie tyd, die 2de helfte van die 18de eeu, in Holland - as weerkaatsing van elders - baie gelief. Ook kinders doen daar aan mee (soos later ook aan die Kaap). Insonderheid word baie gedans in die skouburge: ballette of dansspele. Trouens byna geen uitvoering word gegee nie of daar is 'n ballet of uitvoerige dans by. Italiane en Franse (ook aan die Kaap) was orals te vinde hiervoor. Veral onder die Bataafse Republiek was die ballette pragtig en gewoonlik uit Frankryk ingevoer o.a. Arlequin, of De Gelukkige Visscher (anoniem) ens. Aan die KaapGa naar voetnoot1) vertoon al hierdie verskynsele hulself duidelikste in die Franse toneel, wat onder die Bataafse bewind sy aanvang neem. Ons sien dus die noue aanraking met Europa. Die jaar 1803 sien veral die bloei van die ‘Opera Comique’. Gewoonlik heet dit bly- of klugspel met sang. Van die bekendste word in hierdie genre gespeel (1803, ook later) b.v. Le Tableau Parlant (Anseaume), Le Tonnelier (Audinot), en besonder veel, Arlequin Afficheur (Desfontaines en Barré). Anseaume kry egter die leeueaandeel. In Desember 1801 word die ‘Laatste Operas’ aangekondigGa naar voetnoot2). Daar moes dus goeie sangers onder die Franse geselskap gewees het, wat toe vertrekGa naar voetnoot3), want die geselskap bly voortspeel, egter tot bly- en klugspel beperk (1804)Ga naar voetnoot4). Die kunspeil styg aanmerklik: die jaar begin met Le Barbier de Séville van Beaumarchais; Le Médecin malgré Lui van Molière word opgevoer; met Zaïre van Voltaire word geëindig. Vir die eerste keer vind by die Franse geselskap 'n pantomiem plaas, by die opvoering van Die Barbier van Seville. In 1805 maak Delémery weer sy verskyning en vind daar byna 'n volslae terugkeer tot die ou lugtige genre plaasGa naar voetnoot5). Die stukkies is populêrder as ooit. Daar is 'n ‘Comédie Parade’ en 'n ‘Comédie Lyrique’, 'n pantomiem van skimme met musiek, 'n herderspel, en ook nuut - en die nuwe - 'n blyspel in onrym d.w.s. in rymlose verse; verder blyen klugspele. Die jaar eindig met 'n ‘Opera Comique’ van Sedaine. By hierdie opvoering het ons ook die eerste geval van variété op die Kaapse toneel. | |
[pagina 111]
| |
Die leidende gees in hierdie bedrywigheid is M. Delémery, die enigste Franse akteur bekend. Reeds in 1803 het hy 'n eerste vlugtige verskyning gemaak aan die Kaap; van 1805-1806 is hy daar weer. Sy afsonderlike vermelding pleit vir sy bekendheid. In 1806 moes ook J.G. Tredoux sy werksaamhede begin hetGa naar voetnoot1). Apart van die Kaapse liefhebbers word een keer Liefhebbers van Mauritius genoem, wat aan die Kaap optreeGa naar voetnoot2). In 1806Ga naar voetnoot3) vind 'n ‘Lyrische Scene’ plaas; Ariettes word gesing. Origens is die stukke van die Franse geselskap korte blyen klugspele - nes die van die Engelse. Wat betref Duitse en Hollandse spelers besit ons geen enkele naam nie. Barrow vertel alleen van die rokende Duitse soldaatGa naar voetnoot4). Moontlik het vroue by hul opgetreeGa naar voetnoot5). Ongetwyfeld was hul kunsstrewe hoër, hul stukke van meer belang, veral by die Hollandse geselskap. Die Schachmaschine (Beck) en Der Wildfang (Kotzebue) van die Duitsers was groot stukke, hoewel blyspele; maar kort stukke word ook gespeel. In Die Friedens-Feyer het ons selfs 'n sangspelGa naar voetnoot6). Ons sou kan sê dat die Duitse toneelGa naar voetnoot7) die oorgang vorm tussen die Hollandse toneel en die ander in hierdie tyd. Die Hollandse toneel bestaan alleen uit groot stukke, by uitstek blyspele, maar in Zaïre (Voltaire) het ons 'n treurspel, en in De Papegaay die eerste - maar lang nie die laaste nie - Kotzebue aan die KaapGa naar voetnoot8). Op 28 Mei 1809Ga naar voetnoot9) verskyn 'n berig dat ‘op de Gouvernements Drukkery by A. Richert zyn (o.a.) te bekomen: De Vaderlandsche Boer, Blyspel in één Bedryf à 4 Schell.’, ens. van A. Lamme, waarvan dit verder heetGa naar voetnoot10): ‘Het Stukje is gemaakt by gelegenheid der Capitulatie van de Engelschen en Russen in Noord-Holland en met veel graagte op het Nederlandsch Liefhebbery-Toneel ontvangen’Ga naar voetnoot11). Sou Richert gewoon eksemplare uit Holland gekry en dit verkoop het? Of sou hy dit nagedruk het? Ek is geneig om die laaste aan te neem. Daar was nog geen boekwinkels aan die Kaap nie, maar ook verneem ons verder van geen boekverkope van Richert nie. Sou hy alleen één keer toneelstukke invoer en nie weer nie? Dit lyk onwaarskynlik. Veleer dink ek dat mense die boek vir een of ander onvermelde opvoering wou gebruik, dat Richert dit nagedruk en die eksemplare verkoop het - aangesien ook juis toe die eerste | |
[pagina 112]
| |
Hollandse toneel aan die Kaap sy verskyning maak. Tenslotte verskyn op 18 Aug. '04Ga naar voetnoot1) 'n berig, dat in verband met die boek uitgegee deur A. Richert, hy geen reg het om hom boekhandelaar van die Goewernement te noem nie. As hierdie boek slaan op die stuk van Lamme, dan was dit die oudste literêre boekwerk aan die Kaap gedruk. Allesins sien ons is die Europese dramatiese kuns goed aan die Kaap verteenwoordig. Treurspel, toneelspel, blyspel, klugspel, sangspel, pantomiem en ballet, almal word teruggevind en hou tred met die stand van hierdie soorte kuns in die bakermat self: Europa. |
|