Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend§ 3. Hollandse (w.o. Duitse en Franse) Toneel.Ek behandel hierdie drie uitinge van toneel in een verband omdat hul in die wese van die saak bymekaar behoort. Almal is uitinge van die ‘Hollandse’ volksgroep aan die Kaap, van die ‘Hollandse’ kultuur in die breedste sin van die woord. Hulle kom voort uit elemente onder die Hollandse gemeenskap; hulle geniet hulle ondersteuning veral van die Hollandsprekendes; hulle hele wyse van inrigting is Hollands. Mettertyd verhollands hulle ook heeltemal vir sover hulle dit aanvanklik nie is nie. Ek behandel hulle in die tydsorde waarin hulle vermoedelik hul verskyning maak. | |
a. Duitse Toneel.Hiervan het ek alreeds melding gemaakGa naar voetnoot6). Onder 13 Februarie 1802Ga naar voetnoot7) verskyn die volgende advertensie: ‘Aanstaande week zal Het Hoogduitsch Gezelschap van het Liefhebbery Theater (Amateurs of the Stage), de Schachmaschine oder Genie Streiche ueber Genie Streiche, (Beck) vertoonen, ten voordeele van de Diaconiesarmen’. Dit is die oudste advertensie van enige opvoering in Suid-Afrika wat ons besit. Daarna het ander direk gevolgGa naar voetnoot8). Duitse liefhebbers met filantropiese motief: ook hier vind | |
[pagina 79]
| |
ons weer die kenmerkeGa naar voetnoot1) van vermaak en liefdadigheid. Op Saterdag 17 JulieGa naar voetnoot2) word aangekondig dat ‘de Liefhebbers van het Toneel en het Muziekgezelschap’ sal uitvoer in die Skouburg De (Der) Wildfang (Kotzebue), Bs. in drie Bed., en daarna De Moetwillige Jongen, Tsp. in 1 Bed. Dat dit die Duitse geselskap was blyk uit 'n advertensie onder 24 JulieGa naar voetnoot3) waarin 'n herhaling van bowestaande stukke aangekondig word vir dieselfde aand deur ‘Het Hoogduitsche Toneel-Gezelschap.... Op aanzoek van verscheidene goede, VriendenGa naar voetnoot4), dewelke uit hoofde van de Beknoptheid des Schouwburgs, jongst gepasseerde Zaterdag met geen Lootjes hebben kunnen geriefd worden.’ Die Duitse Geselskap geniet blykbaar die volste ondersteuning. Tog word dit 12 Maart 1803Ga naar voetnoot5) voor ons weer daarvan hoor. Moontlik het die politieke onrus van die Kaap se teruggawe aan die Hollanders sy invloed uitgeoefen, moontlik het die geselskap nie geadverteer nie. Dan kondig ‘Het Hoogduitsch Liefhebbery Toneel-Gezelschap onder de Zinspreuk Consacré à la bien faisance Honi soit qui mal y pense’, vir Dinsdag 15 Maart aan ‘het Toneelspel Die Ueberrasschung’, in 1 Bed., en daarna ‘Das Friedens-feyerGa naar voetnoot6) in twee Bedryven met zang’. Hierna het die geselskap ongetwyfeld opgehou om te bestaan. Ek vind taal nòg teken meer daarvan, terwyl ander geselskappe hulself nie genoeg kan adverteer nie. In 1803 maak 'n Hollandse en 'n Franse geselskap - laasgenoemde veral het baie gespeel - hul verskyning. Moontlik was hulle in die eerste plek verantwoordelik vir die tot niet gaan van die Duitse geselskap. Laasgenoemde het ook ongetwyfeld nie alleen in Duits gespeel nie. De Moeawillige Jongen van 1802 was seker 'n Hollandse stuk, hoewel miskien uit die Duits Der Muthwillige, oder Der Wirrwarr van Kotzebue vertaal. Van hul kragte kon dus bes naar die ander geselskappe oorgeloop hetGa naar voetnoot7). Interessant bly die vraag: Vanwaar kom hierdie Duitse geselskap aan die Kaap? Was dit uit die garnisoen of burgery of altwee? Dis bekend dat veral in die latere tyd - end 18de eeu - van die O.I.K. 'n baie groot persentasie, ongeveer die helfte, van sy bediendes uit Duitsers bestaan het. Van hierdie toestande merk ons natuurlik die terugslag op die Kaap. Sedert 1747 oortref die Duitse immigrasie die Nederlandse | |
[pagina 80]
| |
selfs aanmerklik. Trouens, wat betref die bloedmenging van die Afrikaanse volk, word die Duitse aandeel op 27% gestelGa naar voetnoot1). Sedert 1780 - na lange stryd - bestaan ook die Lutherse Kerk aan die KaapGa naar voetnoot2). Die meeste van die Duitsers het gekom as soldate in die diens van die Kompanie. Hulle was nie alleen soldate in Hollandse regimente nie; hele Duitse huurregimente was dikwels aan die Kaap, soos reeds tevore geblyk hetGa naar voetnoot3). In 1795 was daar nog 'n kleine afdeling Duitse manskappe van die regiment van Wurtemberg. Baie was daar ook in die infanterie, die sgn. ‘nationale bataillon’, en verskeie in die artillerieGa naar voetnoot4). Of, en indien wel, hoeveelGa naar voetnoot5) van hierdie Duitsers in Engelse diens oorgegaan het na die oorgawe in 1795, weet ek nie; maar in 1796 word 'n Hollandse vloot, onder admiraal Lucas, tot oorgawe aan die Engelse gedwing. Onder hom was 2000 soldate en matrose, waarvan die meerderheid Duitse soldate was. Hulle het direk in Engelse diens oorgegaan. Die meerderheid van hulle het egter kort daarna naar Indië vertrek, sodat onder die Engelse garnisoen in 1802 beswaarlik van 'n belangrike Duitse element sprake kan wees. Natuurlik is die moontlikheid nie volstrek afwesig nie. Ek dink egter dat die meeste Duitse spelers onder die burgery moet gesoek word. Ek het reeds aangetoon hoe die burgery uit die soldate afkomstig was. Turnbull lê nadruk op die groot aantal Duitsers aan die Kaap in hierdie tydGa naar voetnoot6). Hoe sterk die Duitse inslag van die bevolking was, getuig ook die stigting van die Concordia Sosieteit in 1797Ga naar voetnoot7). Die lede dra hoofsaaklik Duitse name. Die beste bewys egter vir die juistheid van hierdie opvatting blyk uit die feit dat die geselskap nog in 1803 speel, toe die Engelse garnisoen al ver weg was huistoe. Hul het ewenwel enige medewerking gehad het van Duitse soldate onder die Engelse garnisoenGa naar voetnoot8). Inisiatief of medewerking deur Duitsers van die garnisoen onder die Bataafse bewind val nie aan te neem nie. Wel was die 5de bataljon van Waldeck aan die Kaap, maar dat hul reeds ses weke na hul aankoms sou gespeel | |
[pagina 81]
| |
het, lyk my onmoontlik. Bowendien waarom speel hul dan nie verder nie, as die geselskap, geheel of vir die oorgrote gedeelte van die garnisoen was? Hierdie Duitse tussentyd dra origens 'n paar interessante kenmerke. Onder 17 Julie waar dit ‘Toneel en Muziek Gezelschap’ heet, die eerste geselskap van hierdie aard, kom die ware Duitse voorliefde vir musiek reeds voor die dag; ewenas by die konserteGa naar voetnoot1) waar Duitsers reedsdie voortou neem sedert 1800. Sulke konserte neem weer gereeld, alle Woensdae, sedert April 1803Ga naar voetnoot2) hulle aanvang. Hulle sal seker hul aandeel bygedra het tot die ondergang van die Duitse ‘Toneel’. Miskien het hul die toneelgeselskap verdringGa naar voetnoot3); miskien het hul die, om die konserte uit te voer, omgeset in 'n suiwer musiekgeselskap. Verder net soos by die Engelse, was die Duitse geselskap ‘consacré à la bien faisance’ Dat die geselskap sukses gehad het, het ons gesienGa naar voetnoot4). Ook John Barrow bevestig dit, maar om allesbehalwe redene van kunsGa naar voetnoot5). So verdwyn hierdie geselskap, maar terwyl andere reeds aan opkom is. | |
b. Hollandse Toneel.Die eerste vermelding van 'n Hollandse geselskap is onder Bataafse regime. Ek glo nie hulle het voor die tyd bestaan nie, want Barrow, waar hy die Engelse tyd in die oog het, vermeld wel andere geselskappe, maar geen Hollandse nieGa naar voetnoot6). In 1802 het Engelse en (veel minder) Duitse geselskappe die baan beheers. Die oorspronklike plan vir Hollandse en Engelse bespeling van die skouburg het dus blykbaar nie deurgegaan nieGa naar voetnoot7). In 1803 vertrek die Engelse geselskappe, en Hollandse (minder) en Franse geselskappe neem hul plek in. Tesame verdring hul vermoedelik die Duitse geselskap. Vanaf 1805 is blykbaar ook die Hollandse totaal deur die Franse verdring vir hierdie periode. Die eerste duidelik vermelde berigGa naar voetnoot8) van 'n Hollandse opvoering in Suid-Afrika - waarskynlik het hul al op 29 Jan. Zaïre van Voltaire opgevoerGa naar voetnoot9) - was as volg: | |
[pagina 82]
| |
‘Het Hollandsch Liefhebbery Genootschap tot Zinspreuk voerende (Tot Leering en Vermaak) zal de eer hebben op aanstaande Zaturdag den 5de Maart in de Publieke Schouwburg, Alhier te vertoonen: De Papegaay, Toneelspel in Drie Bedryven door A. von Kotzebue. De Billetten tegens twee Ryksdrs. zyn te bekomen by de Heer A. Burnet in de Loopstraat, No. 87’. Tot Leering en Vermaak: veelseggende sinspreuk! Waarskynlik het ons hier die begin van die geselskap Tot Nut en Vermaak wat in 1809 vir die eerste keer van hom laat hoor, en wat vir lange jare 'n roemryke loopbaan volg. Vermoedelik het op Maandag 18 Julie ook 'n opvoering plaasgevind. Dit kon Frans gewees het, maar ek is geneig om dit as Hollands aan te neem, om rede van die haas ongelooflike groot tussenpoos wat anders tussen die Hollandse opvoeringe sou bestaan hetGa naar voetnoot1). Vir Saterdag 24 September (eers?) word die volgende voorstelling berig. In die Skouburg, soos tevore, vind plaas: De Elfde JuniusGa naar voetnoot2), Bs. in 5 Bed., deur Lodewyk Holberg. Vir plaasbespreking word naar ‘den burger J.G. Brink’ verwys. Aardig is hierdie ‘burger Brink’! Dit was immers die tyd van die Bataafse Republiek. Vir die res van die jaar verneem ons van geen Hollandse opvoeringe nie. Die Franse geselskap vier hoogty. Vir Saterdag 19 Mei 1804Ga naar voetnoot3) word aangekondig dat ‘Met permissie van den Procureur-Generaal,Ga naar voetnoot4) is een zeker Liefhebbery Gezelschap voornemens om (na aftrek der onkosten) ten profyte van de door den brand nood geledene Drostdye van Stellenbosch’ in die Skouburg alhier te vertoon: Bramarbas, of De Snoevende Officier, Bs. in 4 Bed. door den Heer Holberg’. Gevolglik word ‘alle weldenkende en menschlievende Ingezetenen’ tot bywoning uitgenooi. Hier weer die liefdadigheid op die proppe en terwille van.... Stellenbosch se Drosdy. 'n Mooi voorbeeld van onderlinge maatskaplike belangstelling. Dit is die laaste wat ons van die Hollandse geselskap | |
[pagina 83]
| |
verneem. 'n Nuwe geselskap sal nie voor 1809 van hom laat hoor nie. Wat sou die oorsaak van hierdie onderbreking wees? Die weeruitbreek van die oorlog in 1804 en allerlei voorbereidsels teen moontlike Engelse aanvalle; die oorgang inderdaad van die Kaap aan die Engelse begin 1806Ga naar voetnoot1); die bloei in besonder van die Franse toneel in hierdie tydperk; die bloei van die Engelse tooneel (1807-'08) en ander vermaaklikhede, dit alles sal medeoorsaaklik gewees hetGa naar voetnoot2). Tog word Hollandse stukke nog 'n enkele keer gespeel deur die Franse geselskap wat sy loopbaan voortsit, ofskoon sedert 1805 ook met altyd verminderende vaart tot 1808. | |
c. Franse Toneel.Byna gelyktydig met die Hollandse begin die Franse geselskap. Hulle begin dus ook onder die Bataafse Bewind, 'n tyd, van die nouste samewerking tussen Holland en Frankryk. Hiervan het die Kaap, uit die aard van die saak, die terugslag ondervind. Vanwaar die Franse aldaar? Vermoedelik in die eerste plek van die garnisoen. Die Jagerregiment was 'n soort vreemdelingelegioenGa naar voetnoot3). Ook onder die gewone Hollandse troepe kom talryke Franse name voor, soos blyk uit die promosielyste wat gereeld voorkomGa naar voetnoot4). Ook Mauritius (Isle de France) was van invloedGa naar voetnoot5). So was daar 'n Franse afdeling by die slag van Blouberg in 1806 waarvan die manskappe afkomstig was van 'n Franse brik die Atalante, wat op 3 November 1805 in Tafelbaai gestrand hetGa naar voetnoot6), en uit 'n kaper van Mauritius, die Napoleon, wat in Houtbaai aan strand geloop hetGa naar voetnoot7). BorcherdsGa naar voetnoot8) vermeld sekere kapt. Picard uit Isle de France, en onder 14 Desember 1805Ga naar voetnoot9) heet die opvoering selfs van ‘les Amateurs de l'Isle de France’Ga naar voetnoot10). In hierdie geval kan ons die begin sien van die Franse artieste wat nog lang daarna by tussenpose die Kaap aandoen op weg van en naar Mauritius en vermoedelik die | |
[pagina 84]
| |
Ooste. Onder die Hollandse troepe kan ons veilig aanneem dat die offisiere goed met Frans sal bekend gewees het. Die besondere sosiale en politieke verhoudinge van toe het kennis van Frans meer as 'n gewone vereiste gemaak. Die betekenis van dergelike kulturele elemente vir ‘Franse’ toneel is duidelik. Verder ‘De militaire officieren gingen veel met de burgerij om, woonden bij de families in en werden daar familiare kennissen en vrienden’Ga naar voetnoot1), en sal ook seker hul belangstelling vir vermake aangewakker het. Wat die burgery betref, die het ook 'n groot aandeel in die Franse toneel gehad; na die vertrek van die troepe in 1806, selfs 'n uitsluitlike. Maar dan kwyn die geselskap ook merkbaar; wel 'n bewys van die betekenis van die garnisoen daarvoor. Vanwaar kom hierdie Franse onder die burgery? Hiervoor moet ons teruggaan ook tot vòòr die Bataafse tyd, tot die bondgenootskap van 1780 tussen Nederland en Frankryk. Ewenas by die Duitsers blyk die garnisoen 'n groot faktor te gewees het in die vermeerdering van burgers van Franse afkoms. Colenbrander vermeld 'n aanwins van 10 persone ('n relatief groot getal in verhouding met die voorafgaande tyd) tussen 1778 en 1807Ga naar voetnoot2). Sy opgawe is egter nie voltallig nieGa naar voetnoot3); daarby kom nog persone na 1807 Name o.a. soos Villet (sedert 1803), wat eintlik die Franse toneel begin, en sedert 1807 J. Riaux, J.A. Rouvière, J.G. Tredoux, F. Agron, C.E. Boniface, L. Meurant, almal welbekende name in verband met Franse en Hollandse tooneel, noem hy nie. Natuurlik kan die Hollandse burgery, en in die Bataafse tyd die amptenaarskringe, goeddeels as ‘Frans’ aangereken word - al is dit alleen in die sin dat hul genoeg Frans geken het om 'n uiting in die taal te waardeer. Immers aan die Kaap was dit, net soos in Holland, altyd enigsins 'n vereiste van goeie opvoeding om Frans te ken - die appel het nie ver van die boom geval nie! Barrow vermeld dit van die meisiesGa naar voetnoot4) en daar was ook 'n Franse skool in 1803Ga naar voetnoot5). Wat betref leermeesters in FransGa naar voetnoot6) was o.a. Villet en Boniface sodaniges. Frans het dus seker in die algemene opvoeding behoorlik die aandag geniet. Dat die Franse toneel 'n tydlang kragtig aan die Kaap kon bloei, word begryplik. Hierby sal die aard van die | |
[pagina 85]
| |
Franse toneel, lugtig, kleurig, en veral ‘à la mode’, met sy operettes ens., seker 'n sterk aanbeveling gewees het. En wie weet hoever die voorstellinge van 1783 nog in die geheue voortgelewe hetGa naar voetnoot1)! Uniek is dat voorstellinge vir liefdadigheid geen enkele maal by die Franse geselskap vòòr 1807 voorkom nie; gedurende die tyd wat dit onder Villet se leiding staan. Villet het stellig nie alleen uit liefde vir die kuns gearbei nie! Die jaar 1803 was inderdaad 'n merkwaardige aan die Kaap. Die terugkeer van 'n Hollandse regering skyn algemeen 'n buitengewone opgewektheid te laat ontstaan het. Behalwe die bestaande Duitse toneel, neem die Hollandse 'n aanvang; maar op gebied van konserte en Franse toneel was die grootste bloei. Soos BorcherdsGa naar voetnoot2) vermeld: ‘Amateur concerten en tooneeluitvoeringen maakten hoofdzakelijk de publieke vermakelijkheden uit’Ga naar voetnoot3). Op 19 Maart 1803Ga naar voetnoot4) verskyn die volgende advertensie: ‘Een Fransch Gezelschap van Liefhebbers van het TheaterGa naar voetnoot5) voornemens zynde op Woensdag den 23en dezer in den Schouwburg alhier te vertoonen: Les Prisonniers de Guerre, Tooneelspel in twee bedryven, door J.J. Rousseau. En na hetzelve Arlequin Afficheur klugtspel in een bedryf met zang, door Desfontaines (en Barré)’, word 'n ieder wat die voorstellinge wil bywoon, versoek om homself vir biljette by die heer S.J. de Beer te vervoeg. Vir Saterdag 11 JunieGa naar voetnoot6) om half sewe in die Skouburg kondig ‘zeker Fransch Liefhebbery Theater Gezelschap’ weer aan: Les Deux Jumeaux de Bergame (de Florian), Arlequin Afficheur en La Revanche Forcée, aldrie klugspele in een bedryf, waarvan die laaste twee ‘met zang’. Die voorstelling het per slot van rekening op 18 Junie plaasgevind deur ‘indispositie van de musicanten’. Die herhaling van Arlequin Afficheur wys op populariteit. Die sang-element neem toe. Die naam van C.M. Villet, wat eintlik die draer word van die Franse toneel in hierdie tyd - hy heet elders ‘Entrepreneur’ - verskyn hier vir die eerste maal. Villet is die eerste naam van betekenis op gebied van toneel onder die Hollandssprekende bevolking. Hy is die eerste groot stigter van die tradiesie van liefhebberytoneel. Immers, die Franse toneel was nie alleen by uitstek van die Hollandse bevolking vir sy bestaan afhanklik nie, | |
[pagina 86]
| |
die Franse geselskap speel soms selfs Hollandse stukkeGa naar voetnoot1); dit gaan tenslotte onder Boniface volkome tot Hollandse toneel oor. Villet verdien dus dat ons nader by hom stilstaan. Charles Mathurin Villet was Fransman van geboorte en moes in 1803 onder die Bataafse Bewind naar die Kaap gekom het. Op 8 Junie 1856 is hy in Groenpunt oorlede in die ouderdom van 77 jaarGa naar voetnoot2), sodat hy op sy vroegste in 1778 kan gebore wees. Neem ons hierdie jaar aan, dan was hy 25 jaar by sy aankoms in Suid-Afrika. Hy moes iemand gewees het van energie en veelsydige talent op gebied van kuns, wetenskap, en veral sake, soos sy verdere loopbaan aan die Kaap uitwys. In besonder het hy sake en wetenskap weet te verbind. Hy het dit later tot besondere welgesteldheid en algemene bekendheid gebring. Met die oog op hierdie karaktertrekke kan ons aanneem dat hy tussen sy tyd van aankoms en die aanvang van sy bedrywigheid, geen gras onder sy voete sou laat groei het nie. Die eerste vermelding van hom vind ek onder 28 Mei 1803Ga naar voetnoot3) in verband met die twede Franse opvoering. Daarna bly sy naam onafgebroke met die Franse toneel verbind tot 1806. Ook verskeie kere in 1809 en 1810 word hy in verband daarmee genoemGa naar voetnoot4). Dat hy aan die toneel sou meegedoen het enkel of sels hoofsaaklik uit liefde daarvoor, glo ek nie. Sy latere lewenswyse waarin hy hierdie kuns heeltemal vaarwel sê, pleit daar ook teen.Ga naar voetnoot5) Hy heet gewoonlik ‘Entrepreneur’, wat nogal saaklik klink, en geniet af en toe benefieses, miskien as ekstra vergoedingGa naar voetnoot6). Aan liefdadigheid maak die geselskap hulle onder hom nie skuldig nie. Hy sal dus stellig persoonlike belang in die opvoeringe gehad het. Tog was dit m.i. nie sy hoofdoel nie. Die was om homself aan die Kaapse publiek bekend te stel - ons sien dit ook by ander gebeurGa naar voetnoot7) - om 'n rede wat ons in die Kaapsche Courant van 14 April 1804 vind. Hy stel hom voor om 'n skool op te rig van nie meer as 12 leerlinge nie, en om onderwys te gee in die Franse, Hollandse en Engelse tale en in die ‘Rekenkunst.’ Kosgangers word ingeneem; hulpmeester is die heer B. de la MotteGa naar voetnoot8). Naas so'n doel om reklame vir homself as onderwyser, in besonder in Frans, te maak, kan die toneel verder as byverdienste gekom het. Onder 5 April 1806 berig hy: ‘Villet (dus reeds 'n bekende naam - F.B.) heeft de eer aan 't Publiek bekend te maken, | |
[pagina 87]
| |
dat hy zyn Fransche en Hollandsche School weder opgerigt heeft, No. 7 op het KerkpleinGa naar voetnoot1) naast Juffrouw Swanenveld’. Miskien het die verstoring in sy onderwys gekom deur die politieke gebeurtenisse van begin 1806 en deur die feit dat hy en De la Motte uitmekaar gegaan hetGa naar voetnoot2). Die baantjie van skoolmeester was egter nooit 'n voordelige nie. Konkurrensie was volop. Hier vind ons o.a. alreeds de la Motte, as onderwyser op sy eie (in Engels), en sedert 1809 Boniface as Franse onderwyser. Hy begin dus in 1809Ga naar voetnoot3) 'n ander bedryf. Hy word ‘naturalist (of natuurkundige) en zaadhandelaar’ met 'n winkel in die LangstraatGa naar voetnoot4); menagerie en botaniese tuin in Somerset-weg, Groenpunt. In alle gedierte, opgesette en andersins, het hy handel gedrywe; van insekte en voëls tot leeus, lewend en dood - inderdaad 'n voordelige handel in daardie dae van ontluikende wetenskaplike bewussyn. Hy moes knap in sy vak gewees het en het besonder bekend geraak. Wetenskaplikes van naam en allerlei reisigers vermeld homGa naar voetnoot5). Tot op Mauritius laat hul van sy plante kom | |
[pagina 88]
| |
en noem die met lofGa naar voetnoot1). Hy was besonder welgesteld, maar vrekkig. Hy het hom in die Hollandssprekende bevolking opgelos en het Protestant geword.Ga naar voetnoot2)
Die Franse opvoeringe solank dit onder Villet se leiding staan, vind ewenas die ander in die Afrikaanse Skouburg plaas. Saterdag is die gewone speeldag, behalwe waar anders vermeld. Op 13 AugustusGa naar voetnoot3) het die Franse Geselskap opgevoer Toinon et Toinette (Desboulmiers) Ks. in 2 Bed., en Le Tableau Parlant (Anseaume), Ks. in 1 Bed.; op 15 OktoberGa naar voetnoot4) Les Jardiniers (Davesne), Bs. in 2 Bed., en Le Tonnel(l)ier (Audinot), Ks. in 1 Bed., almal met sang. Hierna moes die Franse toneel 'n buitengewone aanwins gekry het in die persoon van die heer Delémery, vermoedelik 'n beroepspeler. Hy is in die geval die eerste akteur aan die Kaap wat spesiaal vermeld word. Vir 29 OktoberGa naar voetnoot5) word aangekondig ‘Pi(y)gmalion (Rousseau), en na 't zelve Le Directeur de (la?) Comédie, zullende de Heer de Léméry in beide deze stukken de hoogste rol speelen’. Die koerant vermeld hom spesiaalGa naar voetnoot6): ‘De heer Delémery zal hedenavond op het Tooneel verschynen, wien men verneemt, dat buitengewone talenten bezit, en waarvan men niet twyffelt, dat de Schouwburg opgedrongen zal zyn met Toeschouwers.’ Vermoedelyk het die heer Delémery met die plaaslike geselskap saamgespeel, en was hy op weg naar Mauritius. Hierna verdwyn hy plotseling en word nie weer vermeld voor 8 Junie | |
[pagina 89]
| |
1805Ga naar voetnoot1) nie; dus byna 20 maande later. Dan tree hy in 'n hele reeks voorstellinge op van die ‘Liefhebbery Gezelschap’. Daar word ook gepraat onder 14 Desember 1805Ga naar voetnoot2) van ‘Amateurs de l'Isle de France’. Intussen gaan die ou geselskap sy gang en speel op 10 Desember: Le Fou Résonnable ou l'Anglais (Patrat), Bs. in 2 Bed., en Les deux Chasseurs et la Laitière (Anseaume), Bs. in 1 Bed., met sang. Tot hierdie tydperk kan ook gereken word, hoewel dit in die volgende jaar val, die opvoering van 7 Januarie 1804 2), waarin ‘op versoek van veele Liefhebbers’ vertoon word Annette et Lubin (Favart), Bs. in 2 Bed., en herhaal word Le Tonnelier (Audinot), Ks., beide met sang. Ook word gesê dat die stukke is ‘de laatste Opera's die alhier vertoond zullen worden’. Eintlik word bedoel Opera Comique of Operette. Veranderinge is dus op koms wat betref die Franse toneel. Dit sou kan samehang met die feit dat Janssens in Januarie 1804 sy beste regiment naar Java moes stuurGa naar voetnoot3), en die geselskap dus spelers verloor het. Inderdaad vind daar 'n hele omkeer ten opsigte van die Franse toneel plaas. Onder 14 April 1804Ga naar voetnoot4) verskyn die volgende ‘Tooneel-Bericht’. ‘Met Permissie van den Heer Procureur GeneraalGa naar voetnoot5) zal een nieuw Fransch Blyspel-Gezelschap, 't welk zich met de ordinaire Fransche Tooneel-Liefhebbers alhier vereenigd heeft, de eer hebben op Zaturdag den 2den dezer maand in den Schouwburg (te) vertoonen: Le Barbier de Seville (Beaumarchais), Blyspel in 4 Bedryven benevens eene fraaye Pantomime, verçierd met verscheidene Militaire Evolutien.’ Die veranderinge dus wat die Franse geselskap ondergaan het is dat die vorige sangspele van die baan is; nuwe kragte het bygekom; die geselskap bepaal homself tot blyspele; dans skyn die plek in te neem van sang. Die ‘Militaire Evolutien’ kan 'n aanduiding wees van die (militêre) aard van die geselskap en sy publiek. Hierdie voorstelling was egter geen groot sukses, tenminste finansieel, nie. DusGa naar voetnoot6) ‘Het Fransche Liefhebbery Geselschap, hebbende door hunne vertooningen op den 2den dezer maand, hun doelwit niet kunnen bereiken, namelyk om aan Mr. Villet | |
[pagina 90]
| |
eene redelyke innaame te verschaffen’ om rede van die sware onkoste, het hom ‘eene tweede subscriptie vergunt... En daar hun aanstaande vertrek van hier naar Europa niet toegelaaten heeft eene nieuwe Comedie in zoo korten tyd te bewerkstelligen’ sal hul op Maandag 30 April weer opvoer ‘den Barbier de Seville... van Beaumarchais, Gevolgt door Arlequin Afficheur’, die ou gunsteling, Bs. in 1 Bed. ‘met zang, van Mrs. Desfontaines en Barrê (Barré)’. Deur ‘de beweegredenen van weldadigheid tegen den bovengen. Entrepreneur (en) de goedkeuring... by de eerste vertooning van zo veelen inwoonders dezer stad verkreegen’ hoop hulle op 'n ‘gunstige uitkomst.’ 'n Benefiese dus vir Villet met medespelendes, vermoedelik van 'n Franse vloot afkomstigGa naar voetnoot1), wat terloops meedoen aan Kaapse toneel op hul deurreis naar Europa. Die volgende opvoering vind plaas op 23 Junie metGa naar voetnoot2) Le Médecin malgré-lui, Bs. in 3 Bed. deur ‘J.B.P. de Molière’, en Le(s) trois Africaines, Bs. in 1 Bed. Vervolgens word opgevoer op Maandag 23 JulieGa naar voetnoot3): Zaïre, Trs. in 5 Bed. deur ‘de Voltaire’. Van belang is hierdie opvoering, omdat nou vir die eerste keer 'n groot ernstige stuk gespeel word. Trouens die hoëre peil het al met die vorige stuk, die Barbier van Seville (Beaumarchais), begin. Ons kan ons indink dat die publiek mettertyd genoeg van die gedurige opvoer van vaudeville en opera comique sal gekry het; en vir 'n keer - dis bowendien 'n Hollandse publiek - swaarder kos verlang. Tot 8 Jun. 1805Ga naar voetnoot4) verneem ons niks van die Franse geselskap nie. Vermoedelik was dit voorlopig uitgeput. Dan kom daar 'n skielike herlewing, heeltemal in die ou trant. Die heer Delémery maak nogmaals sy verskyning. Die Franse liefhebberygeselskap kondig vir Maandag 17 JunieGa naar voetnoot5) weer aan: (Janot, ou) Les Battus paient l'Amende, (Dorvigny), ‘comédie parade’ in 1 Bed., en Les Souldiers Mordorés, ou La Cordonnière Allemande (Ferrières), ‘comédie lyrique’, in 2 Bed. ‘Mr. Delemery remplira le rôle de Jannot et celui de Michel, il fera le compliment d'ouverture en vers.’ 'n Styging ineens van die toegangspryse pleit vir die heer Delémery. Vir Maandag 12 Augustus 1805Ga naar voetnoot6) word vermeld ‘eene eerste | |
[pagina 91]
| |
vertooning van Arlequin protégé par Blephégor zynde eene Pantomime of Stommespel van onvoelbaare Schimmen, die men nog nooit in deze Stad gezien heeft.... met passende Muziek’. Vooraf gaan: Eraste, ou l'Enfant proscrit de (par) son Père, zynde een Herderspel in één Bedryf.’ Tenslotte volg: ‘Le Paysan, soldat malgré lui,Ga naar voetnoot1) Blyspel in onrym’ in 1 Bed. ‘Mr. Delémery zal in dit Stuk de rol van Mr. de la Branche spelen, en alle de Krygsbewegingen doen uitvoeren. In Eraste zal hy de Rol des Vaders spelen, en die van Hansworst in de Pantomime; dewelke zal vertoond worden door de volgende Persoonen namentlyk Cassandre, Colombine, vier Ruiters te paard, drie Dieven, twee Duivels, een Tovenaar, Harlequin, Pierrot, etc. etc.’ 'n Skimmespel, 'n herderspel, 'n blyspel, musiek, Mr. Delémery en prysverlaging: inderdaad aantreklikhede genoeg om enige publiek te trek. Besonder verteenwoordigende 18e eeuse toneelkuns is dit ook, terwyl die talent van die heer Delémery aan veelsydigheid weinig te wense skyn oor te laat. Reeds die volgende Maand, op 30 September,Ga naar voetnoot2) volg: La Clochette (Anseaume), ‘Comédie’, La Meunière De Gentilly (Monier), Le Mariage Forcé (Molière). Ieder in een bedryf. Die heer Delémery behou sy karakter van transformateur soos blyk uit die mededeling: ‘Mr. Delémery zal de rol van Jean le Blanc in La Meunière, dezelve van Nicodème in La Clochette, en die van de twee Docters, en de Broeder in Le Mariage Forcé speelen.’ Vyf rolle in één aandGa naar voetnoot3)! Op 23 Desember 1805Ga naar voetnoot4) gee in die ‘Théatre du (de la) Société (SocieteitsschouwburgGa naar voetnoot5)... les Amateurs de l' Isle de FranceGa naar voetnoot6) au Bénéfice de Mr. Villet’: Le Soldat Magicien (Anseaume), Bs., en On ne s'avise de tout, ‘Comédie Melée d'Ariettes de Mr. Sedaine’. ‘Gezang’ heet dit in Hollands. Hierna sal nog ‘deux amateurs feront quelque(s) tour(s) d'addresse(s) (lichamelyke behendigheden)’: die eerste voorbeeld van variété op die Kaapse toneelGa naar voetnoot7). Van begin 1806 was die Engelse terug aan die Kaap, en kwyn die geselskap. Advertensies verskyn nou in Engels en Hollands; ook verander die aanhef daarvan. So begin die aankondigingGa naar voetnoot8) vir die eerste opvoering van die jaar, op | |
[pagina 92]
| |
31 Mei, ‘Met Permissie van het Gouvernement.’ Stukke was die ou gunsteling Pi(y)gmalion (Rousseau), Bs. in 1 Bed.; 'n ‘Lyrische Scene (Lyric Comedy)’ deur Delémery, en Men doet wat men kan, maar niet wat men wil (naar die Frans van Dorvigny, vertaal deur Ogelwight Jr.), Bs. in 1 Bed., klaarblyklik in Hollands. Ook ‘zal men eenige Arietten (Airs) zingen’. Die opvoering geskied in die Skouburg. Die skokkende gebeurtenisse van hierdie jaar, en die veelvuldigheid van konserteGa naar voetnoot1) kon die aktiwiteite van die geselskap hierdie jaar en die begin van die volgende nadelig beïnvloed het. Die waarskynlikste rede is egter: hul is besig om planne te maak vir 'n eie skouburg. In 1807 verminder die konserte, maar 'n Engelse geselskap vang kragtig met speel aan. Van die Franse toneel verneem ons niks tot 5 DesemberGa naar voetnoot2) nie. Dan heet dit: ‘De Heeren Intekenaaren van het Fransche Liefhebbery Theatre worden verwittigd dat op Zaterdag den 12den dezer den 2den Representatie zal worden gegeven bestaande in La Revanche Forcée en De l'Astronomanie. En zulks alle 14 dagen zal worden gecontinueerd in de nieuwe Schouwburg.’ Hieruit blyk: die geselskap het homself opnuut saamgestel as 'n intekenonderneming; hierdie voorstelling is al die twede; die geselskap dink om alle 14 dae op te voer. Laasgenoemde sal naar Engelse voorbeeld gewees hetGa naar voetnoot3), miskien as teenprestasie van Hollandse kant. Verder het hul 'n eie lokaalGa naar voetnoot4), 'n pakhuis wat as sodanig ingerig isGa naar voetnoot5). Tenslotte - exit Villet; solank tenminste die geselskap op hierdie voet bestaan. In hierdie jaar sal ook L'Enragé van Boniface gespeel gewees hetGa naar voetnoot6) Hier begin naar alle waarskynlikheid die tradiesie onder die Hollandssprekendes om vry algemeen as geslote geselskappe in eie lokale - meestal verklede pakhuise of kelders - hul kuns uit te oefen. By sulke onderneminge sal die verlange naar afgeslotenheid, naar ‘onder ons’ wees, terwille van die samewerking en ter voorkoming van openbare kritiekGa naar voetnoot7), naas miskien die wens tot afsondering van die Engelse, gegeld het. Moontlik was die Afrikaanse Skouburg ook te groot en te duur vir die Hollandssprekendes se doel; was hul in elk geval afhanklik van die | |
[pagina 93]
| |
hele publiek om dit te vul. Hierby sou Engelse steun - bowendien in 'n tydperk toe die Engelse toneel self 'n bloeityd beleef het - allig ontbreek het; afgesien van die onaangenaamheid van Engelse kritiekGa naar voetnoot1). Hier ook reeds, jammer genoeg, begin die gewoonte van die Hollandssprekendes om allesbehalwe gereëld hul bedrywigheid aan te kondig, sodat veel van hul aktiwiteit op die manier waarskynlik vir altyd in duisternis gehul sal bly. Die eerste aankondiging in 1808 is van 'n opvoering op Woensdag 18 MeiGa naar voetnoot2), en die voorstelling begin byna tegelykertyd met die Engelse winterseisoen. Stukke is ‘in 't Hollandsch’: De Snyder en Zyn Zoon (Fusz) en De Dragonder te Thionville (Bourlin Dumaniant), beide blyspele. Verder ‘zal het geene dat deze representatie mogte worden gebeurd, komen ten profyte van de armen dezer stede’ Dis die eerste vermelding van weldadigheid van die kant van die Franse liefhebberytoneelgeselskap. Die speel van Hollandse stukke is leersaam vir die invloede wat in die geselskap blyk werksaam te wees. ‘Hollandse’ spelers en gehoor laat hul aanwesigheid duidelik voel. Nog geen twee weke daarna nie, op 28 MeiGa naar voetnoot3), volg in Frans Alexis ou l'Erreur d'un bon Père (Marsollier en Vivetières) en L'Opéra ComiqueGa naar voetnoot4). Die geselskap bly klaarblyklik hul voornemens van die vorige jaarGa naar voetnoot5) in die oog hou, en speel ewenas die Engelse om die veertien daeGa naar voetnoot6). Stilte volg weer, ofskoon die geselskap waarskynlik intussen voortgespeel het. Die volgende vermelding van wat ongetwyfeld 'n ekstra voorstelling is, en die daaropvolgende vermelding van verkoop, wek hierdie vermoede. Op 8 OktoberGa naar voetnoot7) word aan intekenaars en ander bekend gemaak, dat die stukke: Le Petit Matelot, ou Le Mariage Impromptu (Pigault le Brun), Ks. in 1 Bed., en Le Jour de Fête, ou Le Pouvoir de la Bienfaisance, Bs. in 2 Bed., met ‘een Ballet door Kinderen’ - steeds 'n kenmerk van Hollandse toneel - op Dinsdag 11 Oktober ‘strekken zullen ten profyte van eene Weduwe’. Die algemene ondervinding van die geselskap uit hierdie tyd moes egter minder suksesvol gewees het. Op 26 Novem- | |
[pagina 94]
| |
berGa naar voetnoot1) verskyn die volgende betekenisvolle berig: ‘The French Theatrical Company intending to leave off performing, present for sale by Private Contract in one lot all the Scenery, Dresses, Seats etc., belonging to their Theatre’; en so die goed nie voor 1 Desember van die hand gesit is nie, sal dit by publieke veiling op diè dag verkoop word ‘at the store appropriated for the Theatre’. Hier sal ons voorlopig die Franse toneel laat; want voor hy finaal sterf, sal hy onverwags 'n verjongingskuur ondergaan, waarin hy sy hoogste glorie van voorheen miskien oortref. |
|