Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend§ 2. Indeling.Ga naar voetnoot8)Die geskiedenis van die toneel aan die Kaap laat homself vir hierdie tydvak beste in drie periodes verdeel: a. 1800-1808. Die begin van toneellewe deur die garni- | |
[pagina 59]
| |
soen; die bou van 'n Skouburg op die Boereplein; die opkoms van allerlei liefhebberygeselskappe. Die spelers egter Engelse en non-Engelse is byna uitsluitlik uitheemse kragte: vreemdelingetoneel dus. b. 1809-1839. Van die verskyning van C.E. Boniface en die begin van die geselskap Tot Nut en Vermaak, die twee faktore van die grootste belang vir die Hollandse toneel, d.w.s. ook vir die toneel in die algemeen aan die Kaap tot die einde van die eerste Skouburg op die Boereplein (1839). Die periode sien die opkoms en bloei van Hollandse toneel oorwegend deur inheemse kragte beoefen: ingeborenestoneel. Die leiding gaan egter nog uit van byna uitsluitlik uitheemse kragte. Die Engelse toneel bly in hoofsaak soos vroeër. Die natuurlike verloop en ontwikkeling van hierdie periode maak die volgende verdere indeling miskien die beste. Op gebied van Hollandse toneel: 1. 1809-1821. Tydperk van sporadiese spel. Uitheemse kragte oorweeg nog. Opkoms van inheemse toneelbeoefening onder leiding van uitheemse kragte. 2. 1822-1839. Uitheemse kragte op agtergrond. Volle bloei van ingeborenestoneel. Duursame spel. Byna uitsluitlik egter nog onder uitheemse leiding. Op gebied van Engelse toneel: 3. 1809-1821. Sporadiese spel. Bloeiperiodes garnisoenstoneel, meestal met behulp van beroepselemente. 4. 1822-1839. Garnisoenstoneel soos gewoonlik. Opkoms en bloei burgertoneel daarnaas; dikwels in wedywering met burgertoneel. Bereik bloei veral met behulp van beroepskragte. c. 1840-1855. Na tydelike agteruitgang deur toneelbestryding, weer opkoms van liefhebberytoneel tot 1855. Die Hollandse geselskappe bestaan oorwegend uit ingeborenes. Ook die leiding is oorwegend in die hande van ingeborenes. Die Engelse het misskien 'n iets groter ingeboreneselement in geselskappe uit die burgery as voorheen. Na 1855 tree 'n tydperk van volkome verval van Hollandse toneel in. Daarenteen kry ons die kragtige opkoms en vestiging van uitheemse Engelse beroepstoneel.
In die periode 1822-'39 kry ons ook die eerste toneel weg van die Kaap: Stellenbosch op gebied van Hollandse toneel (1833-'38); Grahamstad op gebied van Engelse toneel, (1837 e.v.). In die periode 1840-'55 is Hollandse toneel weer beperk tot die Kaap; Engelse toneel, afgesien van Grahamstad brei hom uit tot Port Elizabeth en Kingwilliamstown. |
|