Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend
[pagina 56]
| |
Hoofstuk III.
| |
[pagina 57]
| |
stukke en ernstiger kuns. Dit is inderdaad kenmerkend van van die Hollandse toneel. Die Hollandse volksaard in sy deeglikheid en ernstigheid van lewensopvatting - aan die Kaap Kalvinisties, hoe vormlik dikwels en verdraagsaam - weerspieël homself in sy toneel. Deeglike organisasie, stukke van belang, vir die tyd tenminste, is kenmerkend daarvan. Maar aan die anderkant, ten opsigte van suiwer vermaak, bly die Hollandssprekende ook sy aard getrou. In die klugte, met hul suiwer Hollandsrealistiese sin vir humor, sien ons die bewys hiervan. Hier kom by! Die Engelse opvoeringe het begin en vir die res van hierdie tydperk veral uitgegaan van die garnisoen: offisiere en manskappeGa naar voetnoot1). Dit was, soos ek reeds aangetoon het, 'n onderdeel van die grotere vermaakslewe. Hulle het, in die reël, van die owerheid die volste steun gekry. Die owerheid het die waarde van 'n gesonde tydverdryf vir sulke troepemassas besefGa naar voetnoot2), het hulle beskerming gul verleen, en het 'n eie lokaal in die barakke aan die garnisoen gegee, wat onder die naam van ‘Garnisoens Theater (Garrison Theatre)’ lank voortbestaan. Uit die aard van die saak egter was die spelers ‘birds of passage’: alleen aanwesig aan die Kaap solank hulle regimente daar bly, gewoonlik vier jaarGa naar voetnoot3). Op die manier was hul spel besonder afhanklik van toevallige omstandighede, b.v. oorlogsomstandighede, maar in besonder van die aanwesigheid of andersins van goeie speelkragte. Die ‘ups and downs’ van die garnisoen se toneelbestaan is ook opvallendGa naar voetnoot4). Soiets as die vorming van 'n vaste toneeltradiesie wat oor hele geslagte loop, was uitgesluit. Hierin het juis die krag van die Hollandse toneel geskuil. Verskillende geselschappe b.v.: Tot Nut en Vermaak, Honi soit qui mal v pense, Door Yver bloeit de Kunst, Aurora; en verskillende persone: Villet, Tredoux, Boniface, Combrink, Brink staan as landpale op die weg van vaste Hollandse toneeltradiesie van 1802 tot 1897Ga naar voetnoot5). Daar was wisselwerking en 'n heel enkele maal samewerking tussen Hollandse en Engelse toneel. Wat betref wisselwerking ontstaan die Hollandse toneel in die eerste plek onder prikkel van die EngelseGa naar voetnoot6), wat dit ook soms in meer of min ondergeskikte opsigte tot voorbeeld neemGa naar voetnoot7). Daarenteen is die Hollandse liefhebberytoneelorganisasie die | |
[pagina 58]
| |
Engelse tot voorbeeld, veral as die Engelse burgery later begin deelneem aan toneelspelGa naar voetnoot1). So ontstaan, met sinspreuk en alles, 'n Engelse geselskap soos: All the World's a Stage, wat enkele jare 'n eervolle bestaan voer; so allerlei ‘Amateur Dramatic Companies’. Eers in die volgende periode sou ‘Dramatic Clubs’ op Engelse trant aan die Kaap in swang kom b.v. Royal Alfred Dramatic Club ens. Die Hollandse voorliefde vir ballette sal die Engelse beïnvloedGa naar voetnoot2), maar omgekeerd sal soms van die Engelse ook invloed in hierdie opsig uitgaan. Verder beïnvloed die Engelse toneel die Hollandse enigermate ten opsigte van nuwe stukke, dekors of variété-elementGa naar voetnoot3). Samewerking word geprobeer 'n enkele maal by liefdadigheidsvoorstellinge b.v. by geleentheid van die skipbreuk van L'EoleGa naar voetnoot4); maar dit bly meer by poginge as iets anders. Die Engelse en Hollandse publiek het mekaar se opvoeringe ondersteun. Natuurlik was die wedersydse ondersteuning nie eweredig nie. Die leeueaandeel het van die Hollandssprekendes gekomGa naar voetnoot5). Hulle was nie alleen die oorgrote meerderheid naar getal nie, maar die Engelse, veral in latere tyd, het hul nie in dieselfde mate ondersteun as hulle die Engelse nie. Hier sal die besondere geestesgesteldheid van die Engelse, wat hul afkerig maak van alles wat nie Engels is nie, tot verklaring in aanmerking kan kom. Natuurlik het die Engelse die bywoning van Hollandssprekendes by hulle voorstellinge graag gesien en aangemoedig. Deur sodanige sosiale aanraking word immers die verengelsing bevorderGa naar voetnoot6). Dat die Hollandssprekendes spoedig hul eie lokale aanskaf, kan gedeeltelik sy oorsaak gevind het in die feit dat die ondersteuning van Engelse kant reeds vroeg in die tydperk te wense oorgelaat het. Later hou dit byna heeltemaal opGa naar voetnoot7). |
|