Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend
[pagina 36]
| |
§ 3. 1795-1855. Besondere Kenmerke.Die koms van die Engelse, voorlopig 1795-1802, blywend sedert 1806, met die meebring van hul eie beskawing, word die prikkel wat die Kapenaar noop om met sy eie kultuur voor die dag te kom, tensy hy hom in 'n minderwaardige lig wil stel. Hierdie prikkel - dis tegelykertyd 'n bewys van hoe skerp die verskil gevoel word - geld aanvanklik alleen sosiaal en kultureel; weldra ook politiek, op sy beurt grotendeels ingegee deur ekonomiese toestande. Die inherente verskil van opvatting tussen ‘Afrikaner’ d.w.s. iemand met 'n suiwer inheemse en plaaslike opvatting van landsbelang, en ‘Engelsman’ d.w.s. iemand met 'n uitheemse en ‘Britse’ - ondergeskik aan Groot-Brittanje - opvatting van landsbelang, laat hom spoedig blyk en lei tot velerlei botsings. Ek dink hier aan die bekende reeks gebeurtenisse: Swarte Ommegang (1812), Slagtersnek (1815), Hottentot-verordening (1828), Slaweafskaffing (1834), Grote Trek (1836), grootliks as gevolg van die Engelse Kafferpolitiek; Anti-Bandiete Agitasie (1849), die enigste geleentheid waar Hollands- en Engelssprekendes gemeenskaplike weerstand teen die Imperiale Regering gebied het. Hierby kom dat die geleidelike verengelsing deur middel van 'n versoeningspolitiek nie vinnig genoeg naar die sin van die Engelse owerheid gegaan het nie. Dit lei tot allerlei kragtige maatreëls van regeringsweë om die doel te bereik, soos Cradock se onderwysstelsel (1810)Ga naar voetnoot1); Somerset se anti-Hollandse taalverordening ten opsigte van regspleging, ens., maar veral van onderwys (1822); die koms van die ‘British Settlers’ (1820) ens. Ons moet, wat betref al hierdie faktore - sosiale, kulturele, politieke - van die staanspoor uit 'n onderskeid trek tussen die invloed wat daarvan uitgegaan het op die Kaap (Kaapstad en naaste omgewing) en tussen die op die platteland. Op die platteland onder die Boerebevolking, het die politiekekonomiese faktore die grootste invloed uitgeoefen, het aldaar soos te begrype val, die sosiale en kulturele faktore - essensieël attribute van die stad - verreweg oorskadu. Hierdie faktore het die Hollands-Afrikaanse nasionale gees sterk aangewakker, en het per slot van rekening die vernaamste dryfveer geword tot die Grote Trek wat tot die opening van die Noorde gelei het, en tot die stigting van Hollands-Afrikaanse politieke groepe in die Oranje-Vrystaat en Transvaal na 1850. Hierdie stigting sal in die volgende periode sy | |
[pagina 37]
| |
terugslag sterk aan die Kaap laat voel: nasionale samehorigheidsgevoel lei tot hernude kulturele, in besonder dramatiese, opbloeiGa naar voetnoot1). Uit algemene oogpunt sou ons die verloop van Afrikaanse volkswording kan indeel as volg: 1806-1836 is die negatief-bewuste periode; 1836-1902 is die positief-bewuste. Die oorlog van 1899-1902 voltooi die ontwikkelingGa naar voetnoot2). Byna net andersom as op die platteland het die verskillende faktore invloed uitgeoefen op die Kaap. Politiek-ekonomiese faktore laat hulself natuurlik geld b.v. die slaweafskaffing in 1834. Die vernaamste rol speel egter sosiale en kulturele faktore. Hierdie faktore is nie altyd suiwer nie. Kultureel-politiek sou ons kan noem die oprig van private Hollandse onderwysinrigtinge as gevolg van die regering se verengelsingstelsel van onderwysGa naar voetnoot3); die oprig van 'n blad soos die Zuid-Afrikaan in 1830 om 'n suiwer Afrikaanse politiek te voer, soos sy naam reeds aandui. Kultureel-sosiaal sou ons kan noem die verskyning van Boniface se drama: De Temperantisten in 1832 as gevolg van die matigheidsbeweging ten opsigte van drankgebruik. Al neem ons egter net die suiwer sosiale en kulturele faktore, bly hul nog die vernaamste invloede in die Kaapse samelewing. Onder hierdie faktore is natuurlik godsdiens inbegrepe. Die Kaapse samelewing was, in die grond van die saak, die voortsetting van 'n maatskappy, nog te kragtig, bewus van homself en homogeen, om hom somar voetstoots aan 'n ander kultuur gewonne te gee. 'n Gesonde wedywer ontstaan as die Engelse hul kultuur tot die algemene wil verhef. Die Hollands-Afrikaanse kultuur is soos 'n slapende wat wakker word. Nou ontplooi hy homself in sy volle krag, en sal in die eerste worsteling met die Engelse kultuur segevierend en met veel louere daarvan afkom, nie die mins op dramatiese gebied nie. Daarna egter sal lis hom verskalk, waar mag misluk het. Hollands-Afrikaanse kultuur, maar ek het reeds daarop gewys, verreweg meer Hollands as Afrikaans. De MistGa naar voetnoot4) e.a. praat van verbastering en verval van sede (Nederlandse) aan die Kaap. Beter kon hul hier van ‘verandering’ gepraat het, en daarmee die Afrikaanse element bedoel het. By uitstek was die Kapenaar egter nog Hollands: in karakter,Ga naar voetnoot5) in taal- | |
[pagina 38]
| |
en kultuurstrewe. Daarom kan ons hier praat van 'n ‘Nederlandse’ Renaissance. Hoe was dit met die Kaapse samelewing in hierdie tyd gestel? Die neersetting aan Tafelbaai het teen die begin van die 19de eeu werklik 'n stadje van belang geword. Waar vandag die hart van die sakewêreld is, was toe nog die hart van sakewêreld en samelewing: die Keisers- en Heregragte, sedert verdoop tot Adderley- en Darlingstrate. Die bevolkingGa naar voetnoot1) het in 1805 bestaan uit 6.273 Europeane en 10.711 gekleurdes, waarvan die grootste deel slawe was. Afgesien van openbare geboue was daar 1258 ander, en volgens PercivalGa naar voetnoot2), anders ongunstig genoeg in sy oordeel, was die Kaapse huise gemiddeld beter as die Engelse. Tot bynaGa naar voetnoot3) die eind van ons tydvak is die vermeerdering in al die genoemde getalle gestadig, sodat teen 1855 die hele bevolking ongeveer uit 24.000 bestaan hetGa naar voetnoot4): in vyftig jaar dus met ± 50% vermeerder. Op sosiale gebied vertoon die Kaap in die meeste opsigte dieselfde kenmerke soos voorheen. Dieselfde gesellige ‘onder ons’ gees oorheers; dieselfde stoepsittery smiddags met sy teepartytjies vir die dames, rook- en geselspartytjies vir die here, bestaan voort. Die wandelinge in die Tuine, later op die Parade by voorkeurGa naar voetnoot5), duur voort. Hierdie plesiertjies word egter vermeerder met ‘Straatlopen’ op maanskynnagte in die somerGa naar voetnoot6) of met rytoertjies oordag. Erg in trek is die aandpartytjies tussen die famielies onderling. Die here sit aan die een kant en gesels of speel kaart, die dames sit aan die ander met handwerk en eweneens te geselsGa naar voetnoot7). Verjaars- en ander feesdae word op die gebruiklike wyse gevier. Vroeg in die môre koffiedrink en opstaan was die reël; so ook was die middagslapie. Saans om neënuur, na die kasteelskot, was slapenstyd. Hierdie gewoonte verklaar die vroeë aanvangstyd van vermake. Die dagindeling is origens nog hede die mees algemene in Suid-Afrika buitekant die stede. Die Kaap het nog geen straatverligting gehad nie; vir die stadsvervoer het dus saans lantern- en draagstoeldraers bygekom, gewoonlik slaweGa naar voetnoot8). | |
[pagina 39]
| |
Die samelewing bly dus een van baie noue onderlinge aanraking. Huislikheid is die kern, gasvryheid en geselligheid die oorheersende kenmerke daarvan, soos trouens te verwagte val in 'n klein gemeenskap waar mense op mekaar in hoofsaak vir hul genoegens aangewys is. Die lewenswyse is gemaklik. Teen swaar werk het die klimaat en volop goedkope arbeid van slawe seker veel bygedra. Die beskuldiging van ‘luiheid’ deur die Engelse was egter ongegrondGa naar voetnoot1). In baie opsigte het dus alles min of meer by die oue gebly. Hiernaas sluip allerlei nuwe gebruike in, bo alles onder Engelse invloed. Die bittertjie van 11 tot 12 smôrens op die sosieteit - die hoofdete was smiddags -, sal nog 'n goeie Hollandse gebruik gewees het, hoewel miskien uit later tyd; die sosieteit was egter iets nuuts en waarskynlik aan die Engelse te danke. Vóór 1795 in elk geval het ek daar geen melding van kon vind nieGa naar voetnoot2). So sal ander Engelse gewoontes, voor alles op gebied van vermaak en sport, in meer of minder mate die Hollandse samelewing beïnvloed. Onder Engelse moet ons hier verstaan, vóór 1803, die garnisoen en amptenaregroep; na 1806 die garnisoen, die amptenaregroep, 'n opkomende Engelse burgery, en, vir lange tyd, 'n belangrike groepie ‘Indian Visitors’. Hierdie Indiese besoekers was Engelse op verlof uit Voor-Indië. Voor die opening van die Sueskanaal was die Kaap 'n geliefkoosde vakansieoord vir hulle. Hulle was, in besonder, 'n steun by alle vermake, soos byna vanself spreek. Die onskeidbare samehang van die vermaakslewe in die algemeen en die toneel in die besonder; die invloede hiervan op die Hollandse samelewing wil ek nou nader beskou. Die Engelse garnisoen aan die Kaap van 1795 tot 1803 was 'n groot garnisoen, gemiddeld 5000 manGa naar voetnoot3), en pure garnisoen, nie met allerhande ander elemente vermeng soos in die dae van die O.I.K. nie. Bowendien was dit 'n beroepsleër, waarvan die offisiere byna uitsluitlik uit die hoëre kringe in Engeland gekom hetGa naar voetnoot4). Hulle was dus mense, gewoond | |
[pagina 40]
| |
aan die beste wat die Engelse sosiale en kulturele wêreld toentertyd kon bied en oor die algemeen ruim met geldmiddele bedeel. Dit spreek vanself dat 'n lange inkwartiering in 'n plek soos die Kaap met sy kleine bevolking en sy gebrek aan vermaaklikhede, waarby nog kom sy oorwegende Hollandse karakter, met die gepaardgaande deeglikheid en huislikheid, tot verveling aanleiding moes gee en moes aanspoor tot die op-tou-sit van eie vermakeGa naar voetnoot1). Om ‘Clubs’, ‘Races’, ‘Foxhunting’, ‘Balls’, ‘Theatres’ het die Engelse sosiale lewe van die tyd gedraai; gou maak dus hierdie dinge hul verskyning aan die Kaap - Engelsman bly Engelsman altyd - onder die inisiatief, in die eerste plek, van die garnisoen. Natuurlik was die outoriteite nie blind vir die heilsame van gesonde vermake vir sulke troepemassas nie en het aan sommige dinge, b.v. 'n skouburg, dikwels alle moontlike hulp verleenGa naar voetnoot2). Een van die eerste dinge deur die Engelse, die garnisoen, ingevoer was die ‘Races’Ga naar voetnoot3), reeds ± 1796. Die wedrenne hang weer nou saam met die opkoms van die sosieteitswese. Ander vermake wat die wedrenne in sy sleep meegevoer het, was gereëlde ‘Raceballs’ en soms 'n toneelvoorstelling. Die renbaan was op Groenpunt; die samekomste tweemaal per jaar: April en September gewoonlik, die najaars- en voorjaarsbyeenkomste. By beide geleenthede heet dit ‘Raceweek’. Die wedrenne het ook oorspronklik 'n volle week geduur; later duur dit gewoonlik vier dae. Van die staanspoor uit het die Hollandssprekendes baie deelgeneem, d.w.s. in die eerste tyd vir sover dit die bywoning betref, veral as deel van ‘society’. Egter hier reeds moes hulle in onaangename aanraking met Engelse spot en aanmatiging kom; tiepiese Engelse eienaardighede wat baie bydra om die rasseverskil te verskerp. Kenmerkend by wyse van vergelyking, is die verdwyn van die wedrenne onder die Bataafse Republiek; daarenteen die grotere omvang van konsert- en toneellewe. Inderdaad die Hollandse aard verskil van die Engelse. Met die twede Engelse besetting kom die wedrenne natuurlik terug, neem die Hollandssprekendes weer aktief deel daaraan. Trouens sedert ongeveer 1814 is die leiding op hierdie gebied hoofdsaaklik in hande van Afrikaners, o.a. die Cloetes, Van der Byls, Myburghs, Theunissens e.a. By hulle was dit natuurlik in die eerste plek 'n kwessie van perdeteelt. Ook buiten Kaapstad word die wedrenne algemeen. Sedert 1810 | |
[pagina 41]
| |
vind hul al op Elsenburg plaas; sedert 1817 op StellenboschGa naar voetnoot1); daarna ook b.v. op Pêrel, Swellendam, Graaff-Reinet, Cradock ens. met die gewone nasleep van dinees en bals. Die groot dryfveer vir die wedrenne was in die eerste plek die uitvoer van perde naar Indië. Plaaslik, vir Kaapstad en omgewing, was ook die aanwesigheid van die ‘Indian Visitors’ van invloed. Hul was sterk ondersteuners daarvan uit die oogpunt van vermaak. Dit kan nie ontken word nie dat die wedrenne op die lange duur 'n element tot verengelsing was. Sommige van die Afrikaanse name hierbo genoem het teen die end van die 19de eeu byna spreekwoordelik geword as voorbeelde van verengelsing. Sodaniges het sosiaal baie onder die Engelse verkeer. Die invloed tot verengelsing van die wedrenne is dus kultureel van belang. Te groot was die invloed egter nie. Hy het hom tot enkele sentra beperk. Tot die grote gros van die Afrikaanse volk, soos b.v. by die volk in Engeland, het dit nooit deurgedring nie. Die verval van die perdeuitvoer en -teelt omstreeks 1850 het grootliks die belangstelling in die wedrenne verminder, en die Afrikaanse godsdienstige gevoel het ongunstig op die weddenskappe gereageer. In intieme verband met die ‘Races’ staan die opkoms, sedert 1807, van Jagklubs aan die Kaap: ‘Hunt-clubs’, wat jakhalse (i.p.v. vosse), met die gebruiklike ‘hounds’ op die Kaapse vlaktes jaagGa naar voetnoot2). Ek kan egter nêrens ontdek nie, dat Hollandssprekendes hier enigsins noemenswaardig aan deelgeneem het nie. Vir offisiere en andere besoekers mag dit sport gewees het; die Afrikaner het te veel van die ware jagGa naar voetnoot3) gehou om sy tyd hieraan te gee. | |
[pagina 42]
| |
In noue samehang met die opkoms van ‘Races’, is die sosieteitswese. Vir die offisiere van die garnisoen, amptenare ens., later vir die ‘Indian Visitors’ of ‘Hindoos’, was 'n lokaal waar hul gesellig tesame kon kom, vrywel vanselfsprekend; temeer waar die meeste van hul by die burgery ingewoon hetGa naar voetnoot1) . Bowendien was die Engelse ‘Clubs’ by uitstek die middelpunte van waar allerlei op gebied van sport en vermaak gerëel word. So ook hier met wedrenne, bals, opvoeringe ens. Die vernaamste sosieteitGa naar voetnoot2) in hierdie tydperk was die Afrikaansche Societeits Huis, of net Afrikaansche Societeit, Heregrag 22, 'n sosieteit wat tot 1849 voortbestaan, en in die wandel bekend was as die ‘Herehuis’. By uitstek was dit die versamelplaas van offisiere en Indiese besoekers; die middelpunt van vermaak vir dans, wedrenne, en in sekere sin vir toneel- as bespreekplek vir plekke, by bowenal Engelse opvoeringe. Biljart, kaartspel, geséls, lees, eet en drink was daar almal te doen. Alleen van 1803-1810 het dit 'n ander naam, onder die Bataafse bewind ontstaan, die Bataafsche Harmonie gedra. Van 1797-1810 het sekere Concordia Societeit bestaanGa naar voetnoot3) vir die burgery. Die lede dra hoofsaaklik Duitse name. Die doel was suiwer sosiaal; politiek word streng geweer; goeie gedrag was 'n vereiste. So word o.a. dobbelspel verbied. Na 1810 het die Engelse element die oorheersende begin word in die Afrikaanse Sosieteit. Dit was waarskynlik die aanleiding tot die stigting van 'n Hollandse: De Vriendschap, ongeveer 1815. Al hierdie sosieteite kom herhaaldelik voor as middelpunte van organisasie vir konserte, opvoeringe ens. Ook ander klubs - maar sonder eie lokaal - verskyn, en verdwyn. So b.v. die Cape (Colony) Club (Kaapsche Kolonie Klub), wat tussen 1806 en 1815 gebloei, dikwels in die Afrikaanse Sosieteit vergader, en daarna verdwyn het. Dit skyn 'n eetklub te gewees het, wat gereeld tesame gekom en uit Engelse, mees militêre, bestaan het. Uit die aard van die saak het 'n dergelike klub buiten die lewe van die huislike inheemse Afrikaners gestaan. Van invloed op die Hollandssprekendes val hier dus nie te spreek nie. Anders is dit met die vrymesselaarsvereniginge gedurende die 19de eeu gestel. Hulle kom sterk op en beleef 'n periode van grote bloei. Die begin van vrymesselary was | |
[pagina 43]
| |
egter nie aan die Engelse te danke nie. Inteendeel; miskien juis andersom. Maar miskien het die toenemende verengelsing in later tyd gehelp om die Hollandssprekendes nog meer saam te bring in sulke vereniginge. In 1772Ga naar voetnoot1) is reeds die losie De Goede Hoop onder die ressort van die ‘Groot Oosten der Nederlanden’, opgerig. Sy grootste skrede vooruit was toe De Mist op 7 Julie 1803, as Gedeputeerde Grootmeester vir Suid-Afrika die nuwe tempel in teenwoordigheid van ongeveer 200 lede ingewy hetGa naar voetnoot2); 'n tempel wat tussen 1814 en 1816 verder uitgebrei word, om geselligheidslokale by te kryGa naar voetnoot3), en wat tot 1892, toe hy afgebrand is, een van die besienswaardigste geboue aan die Kaap wasGa naar voetnoot4), en, in die eerste kwart van die 19de eeu veral, 'n vry belangrike sentrum vir Hollandse kultuur, in besonder vir musiekbeoefening was. In 1816 vind ek die eerste vermelding van 'n Britsche LogeGa naar voetnoot5). Die naam verklaar reeds sy rede van bestaan. By 1833Ga naar voetnoot6) bestaan daar De Goede Hoop en De Goede Trouw as Hollandse losies; die Union, die British (in die ou Concordia)Ga naar voetnoot7), L'Esperance en The Hope as Britse. In 1843 is die getal onveranderd; interessant is alleen dat in Graaff-Reinet ook De Vereeniging bestaan. Sedert 1848 bestaan bowendien 'n soort half-masonieke vereniging, die Odd Fellows' Society.Ga naar voetnoot7) In die ‘Odd Fellows' Hall’ sal in die volgende periode nog dikwels opgevoer word. By 1853 bestaan alleen nog die twee Hollandse losies en die twee Engelse: British Lodge, No. 419, en Hope Lodge, No. 473Ga naar voetnoot8). Die rede van die agteruitgang van die Britse losies sal gedeeltelik gelê het in die feit, dat in besonder gedurende die twede kwart van die 19de eeu, geweldig veel nuwe verenigings, meestal filantropies van aard, opgespring het: Cape Town Friendly Society, Ladies' Benevolent Society, Temperance Soeiety, Total Abstinence Society, Bible Society ens; Hierdie vereniginge is tiepies as uiting van die toenmalige geestesstroming, en het byna uitsluitlik kleurlingverheffing tot doel gehad. Veral tussen 1830 en '40 bereik hierdie filantropiese ‘genootskappery’ sy hoogtepunt. Ons moet dit egter aansien as deel van 'n meer algemene filantropiese bewegingGa naar voetnoot9), wat | |
[pagina 44]
| |
'n tydlank die heerskappy voer aan die Kaap, en homself op alle gebiede, sosiaal, politiek en kultureel, laat geld. Op sosiale en kulturele gebied word die stryd veral heftig gevoer teen die ‘wereldse’ vermake van dans en toneel, toneel wat dan ook teen 1839 die stryd verlore moet gee. Eers teen 1845 begin laasgenoemdes weer tot hul reg te kom. Natuurlik was daar verset teen hierdie dwepery, veral op politiek-ekonomiese gebied, b.v. ten opsigte van die slaweafskaffing, drankbestryding ens., in besonder deur die Hollandssprekendes, wat die meeste onder hierdie toestande te ly gehad het. So ontstaan daar b.v. die oudste bestaande Hollands-Afrikaanse drama, De Temperantisten, in 1832 deur C.E. BonifaceGa naar voetnoot1). Die stuk is teen hierdie ‘genootskappery’, en in besonder teen die drankbestrydingsaksie gerig. Ook andersins het die genootskappery 'n kulturele nasleep. Benefiese-toneelvoorstellinge word soms ten behoewe van hulle gegeeGa naar voetnoot2). Om terug te keer tot sosieteite en losies, nie alleen was hul van belang, as middelpunte vir vermake soos musiek, dans en konserte nie; hul was ook die bespreek- en reëlingsplekke vir toneelvoorstellinge en begryplikerwyse ondersteuners daarvan. Opvoeringe onder beskerming van vrymesselaarslosies was geen uitsondering nie. In verband met die Hollandse losies, is daar nog 'n punt van belang, waarop sover ek weet nooit gewys is nie, nl. die rol wat hul moes gespeel het in die behoud en handhawing van Dietse kultuur in Suid-Afrika. Hul was immers 'n vaste band om die Hollandssprekendes as groep saam te hou en te versterk; om onderlinge samewerking, kennis en steun te bevorder. Vrymesselary was 'n lewende mag in daardie dae; byna iedereen het aan een of ander losie behoor; die koerante weerspieël hul veelvuldige bedrywigheid op meerderlei gebied: sosiaal (bals, ens.), en kultureel (konserte ens.) Ek is daar oortuig van, dat 'n man soos Suasso de Lima nooit so keer op keer weer op sy bene tereg sou gekom het, as hy geen vrymesselaar was nie. In 'n volgende periode sal Melt Brink nog baie op sy vrymesselaarskap gestel wees en dit gebruik om toneel te bevorder. Aan die kerk en die losies het die Hollandse samelewing aan die Kaap veel te danke vir die handhawing van sy eenheid en aard. Behalwe vir opvoeringe, was bals en konserte die veelvuldigste vorm van vermaak. Dans, dit het al eerder geblyk, was 'n ou tradiesie aan die Kaap. Dit word in hierdie tyd glansryk voortgeset, en oefen in besondere opsig direkte invloed op | |
[pagina 45]
| |
die toneel uit. Musiek- en dansmeesters het dikwels gretig naar die toneel gegryp, nie alleen om 'n bietjie geld te verdien nie, maar sonder twyfel om in besonder deur die prestasies van hul leerlinge, in kinderballette, pantomiems, sangspele en ander jeugtoneel, reklame vir hulself te maakGa naar voetnoot1). Dans en toneel gryp dus dikwels in mekaar; geen wonder dat by die bestryding daarvan, dans en toneel gewoonlik in één asem genoem word nie. In teenstelling is dit interessant om te sien hoe konserte, d.w.s. musiekbeoefening, met 'n hoogs seldsame uitsonderingGa naar voetnoot2), steeds die hartlike ondersteuning van kerk en maatskappy ondervind. Wat dans, in besonder, hierdie periode betref, vind dit sy groot teenstelling met die vorige in die kragtige opkoms, onder Engelse invloed, van openbare danspartye. Die bals van owerheidsweë, deur die Goewerneur in die Kasteel of die Tuine, bly soos voorheen voorbestaanGa naar voetnoot3). Ander private danspartye bly natuurlik ook hul gang gaan. Die openbare danse egterGa naar voetnoot4), wat insonderheid na 1806 in die nouste samehang met die sosieteitswese opgekom het, en naas toneelvoorstellinge, die vernaamste vermaak gevorm het, speel verreweg die grootste rol. Vir lange tyd was die Afrikaanse Sosieteitshuis die middelpunt van hierdie danse; sedert 1885 word dit die saal van die Koopmansbeurs. Die openbare danse het die vorm aangeneem van ‘Inteekenings Bals’ vir die winterseisoen; soms heet hul ook ‘Winter Assemblies’. Dit was natuurlik in navolging van die Europese gewoonte, waarin die winter die vernaamste tyd vir vermaak is. (Ook die toneelseisoen aan die Kaap was om dieselfde rede in die winter). Verder het die Turfklub soms spesiale bals gegee. Partikuliere, meestal vertrekkende persone, het ook dikwels speciale bals gegee - of geniet. Met 'n soepee het die bals gewoonlik besluit. Hier, soos by ander vermake, het 'n baie groot, miskien die grootste, deel van die ondersteuning van garnisoensoffisiere en Indiese besoekers uitgegaan. Die regeringsbeamptes en ‘élite’ onder die burgery het egter nie ver agtergebly nie.Ga naar voetnoot5) Die skoonheid van die Kaapse meisies was bekend. Gewoonlik het die Goewerneur of sy vrou beskerming | |
[pagina 46]
| |
verleen; Hollands- en Engelssprekendes het sonder onderskeid deelgeneemGa naar voetnoot1). Twee kommissarisse, één Hollands en één Engels, het die reëlings getref en die persone het by iedere bal gewissel. Advertensies het tweetalig verskyn. As sentra van spesiale aanraking, het hierdie bals op die duur seker veel bygedra tot die verengelsing van Kaapstad - tenminste in die voorste kringe. Soortgelik sal die uitwerking gewees het van die gereëlde bals van goewerneurswëeGa naar voetnoot2). Wedrenne, sosieteitslewe, bals - ook konser teGa naar voetnoot3), of liewer musiekbeoefening in die algemeen, vind in hierdie tydperk 'n grote bloei. Die konserte was gewoonlik vokaal en instrumentaal. Van twee soorte mense het dit uitgegaan: musiekleermeesters en deurreisende artieste. Die eerste soort oorheers in die eerste helfte van die periode en is meestal kennelik Duitsers; die twede soort in die twede helfte. Selde ook het die konserte sonder deelname, veelal die oorgrote, van liefhebbers, plaasgevind. Hieronder het soms, veral in die begin van die periode, sommige van die voorste lede van die maatskappy, hulle bevind. Vir lange tyd was reekse van intekenkonserte deur musiekgeselskappe - dieselfde stelsel soos by bals en opvoeringe - die gebruik. Een of ander musiekmeester het gewoonlik die leiding. In die later gedeelte van die twede helfte van die periode maak suiwer koorgeselskappe hul verskyningGa naar voetnoot4). Ander konserte was sporadies en het uitgegaan van leermeesters - dan gewoonlik aspirant - om hulself aan die publiek bekend te stel. Was hul eenmaal gevestig, was meestal alleen benefiese konserte vir een of ander goeie doel die motief tot verder publieke optrede. Filantropie en kuns was steeds boesemvriende aan die Kaap. Die filantropie het 'n menigte van sonde bedek. In die twede helfte van die periode word konserte van deurreisende artieste die veelvuldigste. Sommige kom as artieste; maar bly as leerkragte. As plekke van uitvoering het die Afrikaanse Sosieteitshuis, en die Goede Hoop Losie veral gedien; later die KoopmansbeursGa naar voetnoot5). Hierdie musiekbedrywigheid gryp, ewenas dans, diep die toneellewe in. Musiekmeesters, gee soms opvoeringe; | |
[pagina 47]
| |
dikwels help hul, met of sonder hul leerlinge, as orkes of kore by voorstellinge. In 1802 bestaan selfs 'n Duitse Musieken Toneelgeselskap. Verder het ballet, pantomiem, en sangspel, veral in die eerste helfte van hierdie tydperk, veel aan die musiekmeesters en hul leerlinge te dank. Gevalle waar hul oorspronklike musiek by stukke gekomponeer het (b.v. 1813, 1815) was selfs nie 'n uitsondering nie. Hoe was dit met opvoeding en onderwys toentertyd gestel? Ek hoef ternouernood te wys op die oorwegende belang van hierdie vraagstuk in 'n samelewing van sulke teenstrewende kultuurstrominge. Goeie opvoeding is immers een van die noodsaaklikste voorwaardes vir 'n sterke, gesonde kultuur. Dit was trouens, toe hierdie bolwerk later ingeneem is, dat die Hollandse beskawing aan die Kaap die vinnigste verengels het: in kerk, kultuur, samelewing. Die kering van die gety kom eers as in die opvoedingstoestande 'n grondige verandering kom. Alreeds teen die end van die Hollandse bewind in 1791, het die Hollandssprekendes 'n kragtige poging aangewend om die skoolopvoeding, wat uit weinig anders as lees, skryf en rekenkunde bestaan het, deur sieketroosters en rondtrekkende skoolmeesters onderwys, te verbeter. 'n Groot som geld is gekollekteer en 'n mooi skema uitgewerk - wat 'n baie gunstige lig werp op die Kaapse bevolking -, maar die uitvoering van die plan het grotendeels in duie geval: deels deur 'n dwase regulasie, deels deur die politieke ineenstorting van die O.I.K., en deels deur die besetting van die Kaap deur die EngelseGa naar voetnoot1). Onder die eerste Engelse bewind het die toestand nagenoeg onveranderd gebly. Toe De Mist in 1803 kom, vind hy o.a., afgesien van die gewone laer onderwys van nege Hollandse skole, ook 'n Latynse skool aan die Kaap, vermoedelik die voortbestaan van die poging tot beter onderwysGa naar voetnoot2) van 1791. BorcherdsGa naar voetnoot3) vermeld ook 'n skool vir jonge dames, vermoedelik nog deur die Engelse opgerigGa naar voetnoot4), en 'n Franse skool, vermoedelik die ‘Fransche Jufferschool’, van sekere Pahud en sy vrouGa naar voetnoot5). De Mist het 'n pragtige sekulêre stelsel van opvoeding probeer invoer. Nasionale doeltreffendheid was sy doel. Teenstand van die bevolking op godsdienstige gronde, en die weerinbesitname van die Kaap deur die Engelse, het die uitvoering daarvan | |
[pagina 48]
| |
laat misluk. Alleen die Skool van ‘Tot Nut van 't Algemeen’ bly, as erfstuk van hierdie tyd, van 1805-1870 die fakkel van goeie, verligte algemene Hollandse onderwys hooghouGa naar voetnoot1), en het sedert omstreeks 1830 baie van sy bloei aan die kerk, in die persoon van ds. A. Faure, te dankeGa naar voetnoot2). Die Engelse na hul terugkoms gryp al dadelik naar die skole om hul verengelsingsplanne te bewerkstelligGa naar voetnoot3), eers indirek deur die stelsel van ‘Kosterscholen’ van sir John Cradock (1810), daarna direk deur die van lord Charles Somerset (1822). Hy laat hoegenaamd geen Hollands in die Regeringskole toe nie, en stig selfs orals Engelse vryskole. Die onmiddellike verset teen hierdie maatreëls het hulle hopeloos laat misluk. Die Afrikaner se selfrespek, sy gevoel vir die taal van sy vadere, van sy godsdiens (van sy Bybel en erediens), het in opstand gekom. Private skole en skoolmeesters het meer as ooit gebloei. In 1834Ga naar voetnoot4) begin egter die verandering wat tot heeltemal ander toestande sal lei: vryskole word nie verder gestig nie en Hollands word weer toegelaat in die onderwys. Allerlei praktiese omstandighede het die werking van hierdie reëling nog vertraag. Die aanstelling van 'n Superintendent van Onderwys in 1839 het tot 'n grondige reorganisasie van alles en tot die gewenste resultate (uit Engelse oogpunt) gelei. Met die lokmiddel van 'n bietjie Hollandse onderwys word die Afrikaanse kinders in die byna uitsluitlike Engelse skole gehaal. Onder hierdie stelsel van 'n bietjie toegee en baie neem, bereik die Engelse owerheid veel meer as wat dit met magsuitoefening ooit kon doen. Die Hollandssprekende kinders het op die regeringskole teruggekeer: eers vry langsaam tot 1855Ga naar voetnoot5), daarna hoe langer hoe vinniger. Teen 1842 is byna alle Hollandse skole uitgesterf ofskoon die plaasskoolmeesters nog lang voortbestaan. Baie belangrik vir die Dietse kultuur is dus die jaar 1839, want dan word die eerste vaste voet gesit op die weg van verengelsing. Teen 1855Ga naar voetnoot6) merk ons ook duidelik die gevolg hiervan aan die Kaap. Die klagtes oor verengelsing word hoe langer hoe meer. Die volgende periode kry sy oorheersende kenmerke hierdeur. Inderdaad, die ‘Engelse’ onderwys het sy werk deeglik gedoen. Immers, ‘Engelse’ onderwys het nie alleen die byna uitsluitlike gebruik van die Engelse taal beteken nie, maar ook die | |
[pagina 49]
| |
aankweek van die ‘Engelse’ gees, d.w.s. die verheerliking van Engeland en al wat ‘Engels’ is. Die verwaarlosing van Hollandse-Afrikaanse tradiesies spreek vanself. Geen wonder dat in latere tyd 'n minderwaardigheidskompleks by die Afrikaner ontstaan nie. Ook ander instellinge van onderwys sal die Engelse invloed ondergaan. Ek dink in die eerste plek aan die private instituut van dr. Changuion vir laer en middelbare onderwys, en aan die ‘Zuid-Afrikaansche Athenaeum’ (1839 gestig) vir hoër onderwys in Kaapstad. Ten opsigte van laasgenoemde inrigting het veral ds. A. Faure die inisiatief geneem, met steun van die KerkGa naar voetnoot1). Dit was in die eerste plek bedoel vir die Hollandssprekende bevolking. Die koms van dr. Changuion uit Holland in 1831 was aan die Athenaeum te danke. Hy het gekom om professor aan die inrigting te wees. Die toenemende verengelsing daarvan - die regering het spoedig geweet om 'n groot seggingskap daarin te verkryGa naar voetnoot2) - het dr. Changuion aanleiding gegee om sy eie Instituut in Strandstraat op te rig (1842-1860)Ga naar voetnoot3). Baie onderwysers het o.a. uit sy inrigting voortgekomGa naar voetnoot4) en sy skool was 'n ligpunt vir hoogstaande Hollandse onderwys aan die Kaap in hierdie periode, ofskoon ook dit mettertyd teen die verengelsing nie meer voldoende bestand was nieGa naar voetnoot5). Verder was daar natuurlik talryke ander private inrigtinge van onderwys, egter van minder belang. Franse en Engelse Jufferskole, Akademies vir onderwys van allerlei soort ens., vrywel almal Engels, kom en vergaanGa naar voetnoot6). Verder het die Kaap altyd sy musiek- en dansleraars en -leraresse gehad: Riaux, Agron, Meurant, Bertrand, Boonzaaier, Schultz ens. Van hierdie soort onderwys het veral die dames gebruik gemaak. Die liefde vir musiek en dans, in besonder onder die skone geslag, was trouens spreekwoordelik aan die KaapGa naar voetnoot7). Liefhebbery musiek- en sanggeselskappe het gewoonlik gebloei en verskillende het 'n bestaan van belang gehad b.v. die Vriendschap en Harmonie en Eendragt musiekgeselskappe; Amateur Musical Society, English Church | |
[pagina 50]
| |
Choral Society ensGa naar voetnoot1). Die samehang hiervan met toneel het ek alreeds aangeduiGa naar voetnoot2). 'n Nuwe fase in die kultuurontwikkeling van hierdie tyd is die opkoms van 'n Hollands-Afrikaanse literatuur en joernalistiekGa naar voetnoot3). Die waarde hiervan, veral van laasgenoemde, as weerspieëling van die hele sosiale, kulturele en politieke lewe aan die Kaap, is natuurlik van die allergrootste belang. Veral sosiale en kulturele omstandighede sou hiersonder 'n nooit behoorlik te kenne gebied wees nie. Die algemene aanmerkinge soos dikwels in reisbeskrywinge gevind, die weergawe van toestande in literatuur van die tyd, sou vir enige grondige en volledige studie ten enemale onvoldoende blyk. Sonder die koerante sou b.v. van die drama, al bitter weinig tereg kom. In advertensies en kritieke is nagenoeg die enigste reëlmatige mededelinge van toneel aan die Kaap bewaar; teen die end van hierdie en in die volgende periode word die medewerking van koerante selfs 'n geprononseerde element in die bestaan van toneellewe. As die vernaamste van die koerante ens., in die genoemde opsigte, noem ek die volgende: die ou Kaapsche Courant, later Cape Government Gazette (veral vir die tydperk 1800-1826), eintlik 'n staatskoerant wat ook allerlei berigte en advertensies opgeneem het; die South African Commercial Advertiser (1824 en 1825-1853), eintlik die eerste koerant in die ware sin van die woord in Suid-Afrika, gewoonlik ‘suiwer’ Engels in sy opvattinge; die Cape Town Mail en Mirror (1842-1853), van 1853-1867 met die South African Commercial Advertiser verenig, eweneens Engels van opvattinge; die Zuid-Afrikaan sedert 1830, met C.E. Boniface as eerste redakteur, die verteenwoordiger by uitstek van die ‘Hollandse’ sienswyse, soos die blad se naam reeds aandui; die Cape Monitor (1850-1856), ultra-Engels van rigting maar wat betref kunskritiek van besondere waarde. Van belang ook, al was hul bestaan kort, was The Moderator (later De Meditator), van besadigde Hollandse sienswyse (1837-1838), en Sam Sly's African Journal (1843-1853),Ga naar voetnoot4) 'n soort vermaaklike literêre blad, wat baie in sy tyd gedoen het om weer gesonde vermaak in die lewe te roep, na die Metodistiese geesdrywery van ± 1835. Uitgesonder die Monitor en Sam Sly was hierdie koerante tweetalig. Van tydskrifte, algemeen en literêr, staan eerste in orde van tyd en belangrikheid die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift (1824-1843), waaraan twee name in besonder verbonde is: ds. A. Faure, die stigter, en dr. Changuion (A.N.E.C.) | |
[pagina 51]
| |
as medewerker en later redakteur. Die Cape of Good Hope Literary Gazette (1830-1835) is van minder belang. Van groot betekenis ten opsigte van die bestryding van dans en toneel was die South African Christian Recorder (1836-1837). Van veel minder betekenis is die Cape of Good Hope Christian Magazine (1845-1846). Van besonder belang is verder die Almanakke uit die tydvak, vir persoonlike woon- en beroepsmededelinge, vir statistieke gegewens ens., maar ook soms vir hul opsomming van gebeurtenisse. In die genoemde koerante en tydskrifte moet, ook die oudste Hollands-Afrikaanse pennevrugte gesoek wordGa naar voetnoot1). Die biblioteekwese begin 'n groter plek in die samelewing in te neem. Die Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek aan die Kaap, bekend as die beste in die Suidelike halfrondGa naar voetnoot2), vind eintlik sy begin in die Hollandse tyd. In 1762 laat sekere Joachim von Dessin, 'n Kapenaar van Duitse geboorte, 'n uitstekende versameling boeke na, wat gestel word onder die kuratele sorg van die Kerkraad van die Nederduitse Hervormde Kerk van Kaapstad en in sy konsistorie tot 1824 berus. Daar was dus die eintlike bibliotheekGa naar voetnoot3) van die Kaap vir lange tyd. Toegang was egter moeilik en die leeslus van die publiek geringGa naar voetnoot4). Lord Charles Somerset het die eerste stappe geneem om 'n openbare biblioteek in die ware sin van die woord in 1818 te stigGa naar voetnoot5), teneinde die leeslus te probeer aanmoedig. Deur 'n wynbelasting sou in die onderhoud van so'n biblioteek voorsien word, en in 1822 word die biblioteek geopen in die ou slawelosie. In 1824 word die Dessiniaanse versameling daarheen oorgebring. In 1827 word die wynbelasting opgehef. Ander finansiële maatreëls word getref, en die biblioteek verhuis in 1828 naar 'n vleuel van die Koopmansbeurs, wat in 1819 opgerig was. Dit word nou 'n lees- en uitleenbiblioteek. In 1860 word die teenswoordige gebou geopenGa naar voetnoot6) en die biblioteek verryk met die kosbare versameling van sir George Grey. Die meeste gebruik van hierdie biblioteek in ons periode word deur Engelse en vreemdelinge gemaak, veral die Indiese besoekers. | |
[pagina 52]
| |
Sedert 1823 dateer die MuseumGa naar voetnoot1) van die ‘South African Institution’ met die South African Quarterly Journal as tydskrifGa naar voetnoot2). Hierdie museum groei veel later tot die Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad uitGa naar voetnoot3). Natuurlik het daar ook van vroeg af allerlei leesbiblioteke bestaan, gewoonlik terselfdertyd boek- en papierwinkels. Ons hoor ± 1800 al van 'n ‘circulating Library’ gestig deur 'n ‘Society of English Gentlemen’Ga naar voetnoot4). In 1806 berig sekere E.H. Wehdemann dat sy ‘Lees-Bibliotheek’ met Engelse, Franse, Hoog- en Nederduitse boeke ‘heropen’ isGa naar voetnoot5). Uit later tyd - die twede kwart van die 19de eeu - sal veral die name van James HowellGa naar voetnoot6) hoofsaaklik vir Engelse boeke, en J. Suasso de Lima hoofsaaklik vir Hollandse boeke bekend wees. Maar hul talryke verhuisinge en bankrotskappe pleit nie besonder vir betalende bedrywe nieGa naar voetnoot7). Bemoedigender is die vermelding van 'n leesgeselskapGa naar voetnoot8) ‘Scientia et Amicitia’ met 'n eie tydskrif Leesvruchten in 1837. Inderdaad, lees is nog nooit, ewe weinig as vandag, die sterk punt van die Afrikaanse samelewing gewees nie. Die hele aard van die samelewing, met die sterke elemente van buitelewe en sport, wat uit die klimaat voortvloei, oefen ongetwyfeld in hierdie opsig 'n ongunstige invloed uit. Vir sover die lektuur gegaan het, uitgesonder in vooraanstaande en besonder intellektuele kringe soos in Kaapstad, was dit in hoofsaak stigtelike, en later, politieke lektuur. Die geweldige omset in Bybels, Gesangboeke, en stigtelike geskrifteGa naar voetnoot9), die gestadige bloei van die koerante (sedert 1830), getuig hiervan. BarrowGa naar voetnoot10) sê dat in | |
[pagina 53]
| |
Boerehuise selde iets anders as ‘De Bybel en Sluiters Gezangen’ gevind word. Borcherds,Ga naar voetnoot1) sprekende oor Stellenbosch en omstreke, sê dat behalwe die ‘Bybel.... gebeden.... gezangen.... en andere godsdienstige boeken.... ook Flavius Josephus en het boek der Martelaren veel voor kwamen.’ 'n Ander bekende sangbundel was die van Groenewegen. Verder was die stigtelike geskrifte van van Brakel en Smytegelt, die wêreldse van Vader Cats bekendGa naar voetnoot2). 'n Mens kan die invloede van hierdie lektuur, veral die Bybel, beswaarlik te hoog skat. Hierdeur bowenal, ten spyte van Grote Trek en verengelste onderwys, het die Afrikaner nooit analfabeet geword nie, het hy sy taal behou, is sy sede vir verwildering bewaar, het hy 'n sekere mate van geestelike lewe - ook in kulturele sin - gehandhaaf. Die Bybel was vir hom nie alleen 'n Sondagsboek nie; dit het sy hele geesteslewe deurdrenk. Soggens en saans het hy daaruit voorgelees en het verder sy psalm of gesang weerklinkGa naar voetnoot3). Naas sy Trap der Jeugd was die Bybel ook die vernaamste boek in sy onderwysGa naar voetnoot4). Kortom, die Bybel was die kern van die Afrikaner se hele bewuste denke en lewenswyse. Hierdie toestande word natuurlik weerspieël in die literêre produksie aan die Kaap. Predikante was meestal die literatore; lering en vermaak die beweegredes. Die oudste letterkundige voortbrengsels aan die Kaap - behalwe 'n rym uit 1795Ga naar voetnoot5) - was van ds. M. Borcherds, predikant op Stellenbosch. Dit was 'n lied in 1800 ter ere van die eerste drukpers aan die Kaap, en 'n gedig De Maan. Wat die laaste betref, sou die leeslus so gebrekkig gewees het dat ‘zelfs het papier voor den druk benoodigd niet bekostigd werdGa naar voetnoot6).’ In die Kaapsche Courant van 8 Desember 1804 vind ons 'n gedig om die ‘Edele Zuid-Africaanen’ tot grootmoedigheid op te wek om gawes te gee vir oorlogsgeteisterdes. Die kuns as diensmaag van weldadigheid is tiepies vir hierdie tyd, en lang daarna, op alle gebiede. As later die koerante meer en meer opkom, sal hierdie literêre verskynsel hom meer en meer herhaal, en menige brokkie eerste Afrikaanse literêre kuns (of kunsvaardigheid?) lê in die ou Zuid-Afrikaan ens. verstoke. Die be- | |
[pagina 54]
| |
langrikste vir ons tydperk is egter die Nederduitsch Zuid-Africaansch Tydschrift. Ook hierin gaan 'n predikant voor, ds. A. Faure. Oorspronklike werk op gebied van poësie en letterkundige prosa kom daarin voor; oorwegend word egter godsdienstige, sedekundige en historiese onderwerpe behandel. Die eerste bestryding van dans en toneel vind ons in hierdie tydskrif.Ga naar voetnoot1) Iets van buitengewone letterkundige gehalte het die blad nie opgelewer nie. Vir sover sy letterkundige werk gaan was dit in die skool van Tollens en BilderdykGa naar voetnoot2). Tenslotte moet ek nog twee belangrike skrywers noem: C.E. Boniface (1788-1854) en J. Suasso de Lima (1791-1858). Hierdie twee persone word veels te veel verwaarloos in verband met die literêre geskiedenis uit hierdie tyd; trouens in verband met die hele Hollands-Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Afgesien van hul belangrikheid op dramatiese gebied - hul gedurige vyandskap met mekaar het hiertoe veel bygedra -, het hul veel ander werk geproduseer. Ongelukkig is daar baie van verlore gegaan. Maar de Lima in die algemeen op literêre gebied, Boniface in besonder op dramatiese gebied, het werk nagelaat, wat nie alleen as literêre kuriosum of uit kulturele oogpunt die aandag verdien nieGa naar voetnoot3). Wat betref Engelse literatuur, afgesien van wat in koerante ens. uit hierdie tyd te vinde is, sou ek eintlik alleen die talentvolle Letters of Lady Anne Barnard, om hul werklike fyne humor en rake skilderingGa naar voetnoot4), en die gedigte van Thomas Pringle wil noem. Onder laasgenoemdes is 'n paar egte juweeltjiesGa naar voetnoot5). Die inwerking van Engelse invloede - ek het dit reeds opgemerk - begin duidelik sigbaar word teen die end van hierdie periode. In hoever dit met onderwystoestande saamgehang het, het ek reeds aangetoon; ook in hoever met nuwe Engelse sosiale invloede. Laasgenoemde is vir hierdie periode seker nog van meer belang as eersgenoemde. | |
[pagina 55]
| |
Hierby en ook verder blyk dit dat die Engelse invloede nagenoeg uitsluitlik tot die Kaap beperk bly; en hier weer in hoofsaak beperk tot die elite van die Hollandse burgery, vir sover hierdie burgery tenminste hom by uitstek in Engelse sosiale kring, by wedrenne, op bals, ens. beweeg. Hierdie vermenging sal 'n politieke, sowel as sosiale dryfveer gehad het. 'n Sosiale dryfveer omdat die Engelse op hierdie gebied die toon aangegee het. Demokratiese regering het nog nie aan die Kaap bestaan nie. Die Engelse regeerders was die absolute magsbesitters. Uit dieselfde toestand ontstaan die politieke dryfveer. Die hele regering moes in Engels wees. Sedert ± 1825 word kragtige maatreëls in hierdie rigting geneem. Die toestand het natuurlik 'n direkte premie op Engels gestel en het dit vir die Hollandssprekende onmoontlik gemaak om 'n bestuursfunksie te beklee, tensy hy Engels volkome magtig was. Die duidelikste teken hierdie hele verengelsingsproses hom af in sy aantasting van die Hollandse taalposiesie. Ten opsigte hiervan verval die tydperk onder behandeling in twee dele: vóór ± 1825 en daarna. In die eersteGa naar voetnoot1) is die hegemonie van Hollands volkome; in die twedeGa naar voetnoot2) begin hy dit so bietjie vir bietjie verloor. Intussen moet ons in die oog hou, dat die verengelsing van die Kaap, op lange na nie die verengelsing van alle Hollandssprekendes beteken het nie. Dit het alleen 'n betreklik geringe aantal gegeld, 'n bietjie elite. Die groot oorsaak van die verengelsing van die Kaap het gekom deur die toenemende aantal van die Engelse self deur immigrasie ens. Hierdie immigrasie word veral sterk in die volgende periode, o.a. deur die ontdekking van allerlei minerale. Hierdie grote toestroming van nuwe bevolking ontneem die Kaap mettertyd sy Hollandse karakter. Tot die end van hierdie tydperk egter bly die Kaap oorwegend Hollands. Wat die Hollandssprekende gemeenskap intussen bewaar het, was hulle oorheersende posiesie naar getal; eweneens op sosiale, politieke, kulturele en ekonomiese gebied. Kerk, onderwys, ens. speel hul rol. In die oorheersing op kulturele gebied speel die toneel op sy beurt stellig die vernaamste rol. Tot die behandeling hiervan gaan ek nou oor. |
|