Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend
[pagina 33]
| |
Hoofstuk II.
| |
[pagina 34]
| |
aan te sien. Hy gryp weer naar die Nederlandse kultuur om homself te handhaaf - nog steeds voel hy homself ‘Hollands’ - maar kom nou ook vir die eerste keer, ofskoon in beperkte kring (1875 die Eerste Afrikaanse Taalbeweging), tot die klare ontdekking dat hy ‘Afrikaner’ geword het, en dat sy heil lê nie in 'n Nederlands-Afrikaanse kultuur nie, maar in 'n Afrikaans-Dietse. Hierdie periode kan gevoeglik die oorgangsperiode genoem word. Die daaropvolgende periode is die periode van die Twede Afrikaanse Taalbeweging, van, globaal gesproke, die eerste kwart van die 20ste eeu. Die besef van 'n Afrikaans-Dietse kultuur dring orals deur. Die Afrikaanse kultuur lewer sy eerste voldrae vrugte op. In die ‘Taalbond’, in middelpunte soos Kaapstad (Algemeen Nederlands Verbond) met b.v. die herleefde Rederykerskamer Aurora, en Stellenbosch, Ons Spreekuur, sal die Nederlands-Afrikaanse kultuurpoginge 'n laaste mooie opflikkering sien. Die minderwaardigheidskompleks van die Afrikaner, die miskenning van eie Dietse wese, wat sy hoogtepunt bereik het in die tien- tot twintigtal jare voor en in die eerste tiental jare na 1900, as gevolg van die jarelange oorheersing van die Engelse op regeringsgebied en van die stelselmatige gesuggereer van Engelse kant van die onvergelyklike voortreflikhede van die Engelse taal en kultuur, begin uiteindelik wyk vir 'n nuwe gelykwaardigheidskompleks, gebore uit eie politieke magsbesit en uit die opkoms van 'n eie Afrikaanse kultuur. Van vernederlandsing is die swaartepunt naar verafrikaansing verskuiwe, maar op Dietse grondslag. Grafies voorgestel lyk die hele verloop van die ontwikkeling ongeveer as volg: |
|