Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend
[pagina 11]
| |
Hoofstuk I.
| |
[pagina 12]
| |
die vernaamste toneelliggame; uit hulle kom trouens, later in die 17de eeu, die professionele spelers voortGa naar voetnoot1). Die eerste Nederlandse skouburg word in 1638 in Amsterdam geopen; ander stede volg, hoewel betreklik veel later. Die opkoms van skouburge, van vaste en reisende beroepsspelers, het begrypelikerwyse die Rederykerskamers mettertyd agteruitgedringGa naar voetnoot2), veral in die groot stede. Aan die begin van die 18de eeu vind ons die Rederykerskamers reeds teniet in die meeste groot stede; maar op die platteland bestaan nog enkele. Daar was hulle toneelbedrywigheid in hoofsaak tot opvoeringe by kermisse beperk. In die twede helfte van die 18de Eeu egter sien ons'n groot opbloei van liefhebberygeselskappe, wat in baie opsigte die RederykerstradiesiesGa naar voetnoot3) voortsit. Kenmerkend in elk geval vir die hele 17de eeu is 'n geweldig ‘reges Leben’Ga naar voetnoot4) op toneelgebied in Nederland, kenmerkend ook is die mate waarin dit egte volkstoneel is en bly. Die publiek by opvoeringe van Rederykers of beroepspelersGa naar voetnoot5), het vernaamlik bestaan uit ‘de gemeente en 't slechte volck’Ga naar voetnoot6). By beide soorte spelers bly die klug in ere. By Rederykersopvoeringe word die klug as nastuk behou, 'n voortsetting van die middeleeuse tradiesie; by beroepspelers word klug- en blyspel die oorheersende vorm van toneel. Dit is begryplik uit die feit dat beroepspelers, veral rondreisende, hul bestaan moes vind; kermisse was vir hul die mees aangewese geleentheid om hul komedies ten gehore te bring. Hierby kom dat die 17de eeuse volk kragtig maar ru was; sy werklikheidsin sou nog later as ‘onkies’ bestempel word. By so 'n smaak om te bevredig, by so 'n uitgebreidheid van volkstoneel, is dit geen wonder dat klug- en blyspel moes bloei nie; ewenas wat dit moes kwyn in die slapper en vlakker 18de eeu, toe gekunstelde verfyndheid in die plek van bruisende lewensin gekom het. Vanself kom die vraag by ons op: In hoeverre het hierdie toestande van Rederykers- en volkstoneel, toestande wat selfs invloed uitgeoefen het op ander landeGa naar voetnoot7), hul weerklank aan die Kaap gevind? Die vraag word makliker en verklaarbaarder beantwoord as ons eers die toestande aan die Kaap kortliks nagaan. Die Kaap was eenvoudig bedoel as 'n verversingstasie op die weg naar Indië; as 'n noodsaaklike geldbelegging om die doeltreffendheid, uit direkte gesondheidsoogpunt, van die | |
[pagina 13]
| |
Oosindiese vaart te verhoog. Om die rede het van Riebeek met Kompanie se volk, geen ‘emigrante’ nie, gekom, teneinde 'n dergelike pos op te rig. Om die skepe van die nodige te voorsien, om die siekes geleentheid tot herstel te gee, was die bedoeling. Die eerste werk van stigting was swaar; eksploitasiekoste het hoog geloop. 'n Wisselvallige klimaat en onbetroubare Hottentotte het veel moeilikhede veroorsaak. Aan die vereistes van groente, koring, wyn en veral vleis kon die pos nie voldoen nie. Uit hierdie toestande word die eerste ware ‘koloniste’ van die Kaap gebore, ontstaan 'n burgery wat eers 'n aparte gemeenskap, en in die volheid van tyd 'n aparte volk word. In 1657 kry die eerste ‘Vryburgers’, oudgediendes van die Oosindiese Kompanie, grond naby die Kaap. Hiermee begin die skeiding tussen regerendes en geregeerdes, tussen O.I.K. en burgery en, sosiaal, veral tussen garnisoen en burgermaatskappy; 'n skeiding wat spoedig sy uitwerking op die kultuurtoestande van die tyd sal laat sien, nie die minste ten opsigte van die weinige toneellewe van die tyd nie. Die Kasteel, die setel van die O.I.K.,Ga naar voetnoot1) was in die eerste plek die leërplaas van sy garnisoen. Bewoon alleen deur beamptes en bediendes van die O.I.K.,Ga naar voetnoot2) tydelike verblywers aan die Kaap, voer dit uit die aard van die saak 'n eie, aparte lewe. Hierdie lewe kan in sekere sin meer bepaald ‘Hollands’ heet as die lewe van die burgermaatskappy, wat hom daarnaas ontwikkel, 'n lewe wat hoewel dit ontspring uit Hollandse bron en daar gedurig aanvulling uit kry, hom aan die land aanpas, die lewe word van 'n ingebore landsbevolking; kortom van 'n Hollands-Afrikaanse gemeenskap. Bowendien die burgermaatskappy gegrondves op meer seleksie en hoër maatskaplike beginsels, 'n natuurlike gevolg van sy duursamer en verantwoordeliker karakter, sou in sy ontwikkeling kultureel en sosiaal spoedig op 'n hoër sowel as ander plan kom te staan as die kasteelsamelewing. Werklike aanraking en omgang is alleen tussen die Kompanie se hoëre amptenare en die burgery gewees. Die eintlike ‘volk’ het daarbuite gebly.Ga naar voetnoot3) Dis hulle wat ek verder wil aandui as die kasteel- of garnisoensgroep. Die lewe van hierdie groep, byna uitsluitlik soldate, verder matrose, wat vir herstel aan die Kaap verkeer, was nie te gemaklik of aangenaam nieGa naar voetnoot4). Dit het, in natuurlike reaksie, allig in losbandigheid ontaard. Die omgang b.v. van die | |
[pagina 14]
| |
soldate en matrose met slawemeideGa naar voetnoot1) (sedert 1658 bestaan slawerny aan die Kaap) en ander kleurlinge was 'n gemeenplaas. Hier moet ek egter byvoeg, dat die gedrag van die soldate, onder meer tug en met 'n langer plaaslike verblyf, merkbaar beter was as die van die matroseGa naar voetnoot2). Ons moet dus duidelik in die oog hou, dat reeds gou in die geskiedenis van die Kaap, twee parallelgroepe naas mekaar kom te staan: 'n burgermaatskappy wat min of meer tred hou met die gang van Europese (Hollandse) beskawing, veral op sosiale en kulturele gebied, maar homself plaaslik adapteer en 'n eie karakter ontwikkel - ons sou dit kan noem 'n ‘inlandse’ groep; daarnaas die kasteelmaatskappy, waarvan die samelewing en gewoontes uit die aard van die saak dieselfde bly, maar in sekere sin as direkte oorplanting uit Europa, die meer ‘Europese’ (Hollandse) kan heet - ons sou dit kan noem 'n ‘uitlandse’ groep. Hierdie meer ‘Europese’ eienskap sal veral in later tyd blyk, en van belang wees in sover daar aanraking tussen die twee groepe bestaanGa naar voetnoot3) en vrugbaarmaking uitgegaan het van die garnisoensgroep op die burgermaatskappy. Van 'n enigsins homogene burgermaatskappy is voor die begin van die 18de eeu egter beswaarlik sprake. Van toneel inGa naar voetnoot4) hierdie maatskappy gedurende die 18de eeu is waarskynlik geen sprake nie. Intussen is die tydperk nie heeltemal ontbloot van toneel nie. Hierdie toneel gaan uit van die mees ‘Hollandse’ groep aan die Kaap: die garnisoensgroep. Verwant aan hulle is die seemanstoneel van Hollandse matrose wat om die Kaap vaar. Ook afgesien hiervan het ons vermelding van toneel. Al hierdie spore wil ek nagaan voor ek die burgermaatskappy en sy verhouding tot toneel bespreek. Die oudste vermelding van drama in Suid-Afrika is uit die jaar 1635, toe by die Fees van St. Francisus Xavier, die gereddes van die Portugese skip Nossa Senhora de Belem, wat op die Natalse kus ten noorde van die Oemzimvoeboerivier gestrand het, die geleentheid vier met 'n stiergeveg in 'n spesiaal daarvoor geboude omheining, en 'n komedie opgevoer het en baie ander stukke waardeur almal baie opgebeur isGa naar voetnoot5). Dan sou een van die vroegste toneelopvoeringe aan die Kaap nie op land nie, maar aan boord van een van die skepe in die baai plaasgevind het, wat ‘extremely appropriate to a sea-port town’ was. ‘Nothing more natural than that | |
[pagina 15]
| |
the ships which brought supplies and news from distant lands, should also import the latest plays’Ga naar voetnoot1). Dat daar inderdaad op skepe vanaf heel vroeë tyd komedie gespeel is, is heel waarskynlik, en word in elk geval vir latere tyd deur verskillende reisbeskrywers bevestig. Valentyn vertelGa naar voetnoot2) b.v. van Engelse koningskepe in die Noordsee wat vir skepe van die O.I.K. se retoervloot in 1695, ‘niet alleen veel spys en drank van hunne bodems tot onze verkwikking (medebrachten), maar ook al hunne speellieden tot onze vervroolyking’. Dat met ‘speellieden’ inderdaad akteurs bedoel word, blyk uit die volgende: ‘Terwyl deze speellieden .... 's middags na den eten wat voor ons op 't halfdek speelden’, kom daar 'n buitengewoon onhebbelike ‘seur’ of onderkoopman, wat hulle al baie las veroorsaak het, by, en ‘De Seur niet kunnende rusten zonder iets kwaads aan te richten, vraagde aan deze Engelschen, of zy de onthoofding van Koning Karel den Eerste niet spelen konden, wel wetende dat hy de Engelschen nergens doller mede maken kon.’ Vir iets later word komediespel vir Hollandse skepe duidelik bevestig deur Kolbe. Hy vertel van die heenreis naar die Kaap, in geselskap van 'n klein vloot van O.I.K.-skepe, begin 1705, in verband met ‘scheeps-spulletjes en vermakelykheden’, dat, afgesien hiervan en die vele musiek aan boord, ‘op een schip, als het mooi weer is, meer vrolykheid bedreven werd,Ga naar voetnoot3) als op het vrolykste gastmaal op het vaste land, aangezien men er zoo wel by danst en springt, eet en drinkt als op een boere bruiloft; zelfs worden er op de schepen in gevalle bequame perzonen daar op gevonden worden, zomwylen gansche Komedien gespeelt’.Ga naar voetnoot4) Ook vertel hy dat op die terugreis met die retoervloot van die O.I.K. naar Holland in Mei 1713: ‘Doordien nu de Zuid-oostewind nog gestadig onze zeilen deed zwellen, ons schip een goede vaart maakte, en 't bootsvolk weinig arbeid verschafte; zoo gaven zy zich zelven arbeid, speelden nu en dan een Comedie en hielden zich aldus in bestendige beweging, ten einde om de scheurbuik .... t'ontgaan’.Ga naar voetnoot5) | |
[pagina 16]
| |
Trouens die Neptunusfeeste, by die passeer van die Lienie, wat eintlik niks anders as ‘dramatische vertooningen’ was nie, wys ook in hierdie rigting, ofskoon volgens Kolbe: ‘Is de mode van vreemdelingen onder de linie te doopen, door de Nederlandsche O.I.C. t'eenemaal afgeschaft, schoon die langen tyd in zwang geweest is, zooals meest alle Reisbeschryvingen daar van melding maken’Ga naar voetnoot1). Ongetwyfeld is dit by ander seevarendes die geval gewees, soos Leguat in 1690Ga naar voetnoot2), Sparrmann in 1772Ga naar voetnoot3), mev. Parker in 1791Ga naar voetnoot4) en ander reisbeskrywers tot vandag toe vermeld. Die volk van Kolbe en die volk van Van Riebeek was in wese dieselfde slag van mense, verteenwoordigende elemente van die Nederlandse volk van die tyd. As ons dus volkstoneel, die toneel van kermis ens., klug- en blyspel, by die een groep kry (al skryf Kolbe ongeveer vyftig jaar na die koms van Van Riebeek), lyk dit redelik om dit ook by die ander te verwag. Matroos en soldaat sal hulle komedie ewe lief gehad het. Inderdaad vind ons toneel vermeld onder die soldate aan die Kaap in die twede kwart van die 18de eeu; daarvoor egter nie. Sal daar dan geen toneel onder die ‘volk’ aan die Kaap hiervoor gewees het nie? Tot ongeveer 1713 glo ek nie, voor die eerste keer van vermelding glo ek egter wel. Op watter gronde berus my mening? Neem ons eers die tydperk tot 1713. In die algemeen pleit die groot moeilikhede van die eerste tyd van bestaan van die nuwe neersetting teen die moontlikheid van komediespel. Hoe weinig ook, vereis hierdie vermaak altyd 'n sekere mate van voorbereiding en vrye tyd. Hiervoor sal, in die begin van die stigting, stellig geen tyd of geleentheid bestaan het nie. In die besonder egter pleit die feit dat Van Riebeek in sy Dagverhaal van 1652-1662 komediespel nooit noem nie, daarteen. Hierdie feit is buitengewoon sprekend, want Van Riebeek is volledig tot in die kleinste besonderheid. Hy vermeld dus ook die vermake. So vertel hy van 'n ‘Caepse kermis’Ga naar voetnoot5), wat jaarliks na die vertrek van die retoervloot naar Holland plaasvind, en direk gaan 'n mens aan komedie dink as jy van hierdie ou Hollandse gebruik hoor. Maar Van Riebeek lig ons kennelik anders inGa naar voetnoot6): ‘Alsoo 't jegen- | |
[pagina 17]
| |
woordigh - is den eersten sondagh na 't vertreck van de retourschepen, soo hebben de luyden heden na de jaarlixe gewoonte haer kermis laten houden, ende ten dien eynde vereert met ½ legger Spanse wyn, tabacq ende diverse vruchten uytte thuyn en om haar hert eens te laten op halen.’ 'n Drink- en smulparty dus, en op Sondag as vrye dagGa naar voetnoot1)! In 'n verbod in verband met die siekehuis, ‘opdat er stilte en rust zou zyn, (worden) geraas, zingen, spelen, (dobbel-F.B.) zich dronken drinken en vloeken er ten strengste verboden’Ga naar voetnoot2). Van komediespel geen sweem nie; hoewel in die Engelse tyd een van die eerste opvoeringe juis in die hospitaal sal plaasvind. Van Riebeek se tyd loop alleen tot 1662. Wat van die tyd tot 1713? Ook hier kan ons alleen negatief te werk gaan. Daar is niks wat ons wettig, om toneel onder die garnisoensgroep te veronderstel nie. Ten eerste maak hulle geskiedenis dit onwaarskynlik. Tot 1713 neem oorlogsrumoer en uitbreidingswerk - die besetting moes vir alle werk klaar staan - aan die Kaap die garnisoen druk in beslag. Dieselfde faktore was verantwoordelik vir 'n aansienlike uitbreiding van die garnisoen. Die strategiese ligging van die Kaap op die weg naar Indië, afgesien van binnelandse vereistes vir die handhawing van wet en orde ten opsigte van Hottentotte, slawe ens., het 'n sterke garnisoen nodig gemaak. Reeds in 1660Ga naar voetnoot3), in van Riebeek se tyd, gedurende die oorlog met Engeland, word die besetting met 300 man vermeerder, en hierdie geskiedenis sal hom meermale herhaalGa naar voetnoot4). Spoedig blyk ook die ou fort van van Riebeek beide uit die oogpunt van verdediging en doelmatigheid onvoldoende te wees. 'n Nuwe word gebou en in 1679 in gebruik geneem. Dit is die Kasteel wat vandag nog bestaan. Hiermee is verder die eerste vestigingsperiode verby. Onder Simon van der Stel (1679-1699) volg 'n periode van grote uitbreiding en opbou van die Kolonie. Die regering van sy seun, W.A. van der Stel (1700-1707), sien 'n tydperk van groot politieke woeling en stryd; tegelykertyd 'n groot gebruik van Kompaniesdienaars vir persoonlike doeleindes. Tenslotte was daar die Europese oorlog van 1701-1713. Die Kaap moes gedurig op sy hoede wees. Eers na die Vrede van Utrecht in 1713 tree allerweë 'n tydperk van rus en | |
[pagina 18]
| |
vrede aan die Kaap in, 'n tydperk wat baie lank sal duur, en waarin soiets soos garnisoenslewe die volste geleentheid sal kry om homself op die weg van roetiene, en stellig vermaak, in vaste bane te laat lei. Ten twede maak Kolbe se gebrek aan vermelding van komedie onder die garnisoen die bestaan daarvan uiters onwaarskynlik. Kolbe was aan die Kaap 1705-1713, en hy beskrywe die hele samelewing tot in die fynste besonderhede. Dat sy oë oop was vir komedie bewys sy vermelding daarvan onder die matrose op die skepe. 'n Des te sterker bewys vir die afwesigheid van toneel, word dus hierdie gebrek aan enige vermelding deur hom. Maar na 1713 kan komedie onder die garnisoen begin het. Ek het reeds gewys op die rus en vrede wat toe ingetree het. Kolbe getuig van komedie onder skeepsvolk teen hierdie tyd. In die volgende kwarteeu kom Mentzel met definitiewe vermelding van komedie onder die garnisoen, en sy mededelings is van so'n aard dat dit ook toneel laat vermoed voor die tyd waaroor hy skrywe. Die garnisoenslewe toon vir die grootste deel van die 18de eeu 'n baie vaste en goedgeorganiseerde vorm, 'n vorm wat deur KolbeGa naar voetnoot1) en Mentzel haarfyn beskrywe word. Gedurende hierdie tydperk was daar gemiddeld 200 man in gereelde diens in die Kasteel. As ambagslui op die buiteposte, as skoolmeesters, knegte ens. by die boere, het ongeveer 400 man diens gedoen. Die was eintlik 'n reserwe in tyd van nood. Die soldaat aan die Kaap was gewoonlik 'n Jantjie-van-alles. Die garnisoen was vol van die mees verskeie elemente op elke gebied. Dit word begrypliker as ons bedink dat vir die teleurgestelde sowel as die verlopene die Ooste nog altyd 'n laaste kans om weer op die bene te kom, gebied het. Dis duidelik ons het allesins 'n gemeenskap wat vir volkstoneel geskik is. Mentzel, wat self solank soldaat aan die Kaap was (± 1733-1741, waarvan hy tot 1736 aktiewe soldaat was)Ga naar voetnoot2), deel mee, hoedat die eerste van elke maand vir die hele wag 'n feesdag is van fuif, drink en vrolikheid. Ete en drank word mild uitgedeel, die musiekkorps speel, daar word gedans. Selfs die Goewerneur staak offisiële besoeke en sien af van die daaglikse lyfwag, sodat byna die hele wag aan die feestelikhede kan deelneem. ‘Soms’, vervolg hy, ‘word ook 'n mommery opgevoer deur die persone van die garnisoen, wat met histrioniese vermoëns begaaf is. Die spelers trek hulself op lagwekkende manier aan, maar die voorstelling is | |
[pagina 19]
| |
dikwels goed; gifte wyn word aan hul opgedring, dikwels meer as wat hul kan drink’Ga naar voetnoot1). Dat die koloniste hierdie klugtige voorstellinge sou bygewoon het is hoogs onwaarskynlik. Mentzel vermeld dit nie, en dit is eintlik afdoende bewys genoeg. Trouens die hele gees van sy mededeling maak m.i. duidelik dat ons eenvoudig met vermake onder en vir soldate te doen het. Hoe lank hierdie soort toneel aangehou het val nie te bepaal nie. Dit lê egter voor die hand om 'n voortbestaan daarvan te vermoed, solank hierdie garnisoenstoestande voortduur. Dan sou die voortbestaan allig tot 1780 kan gewees het, toe Nederland in die Engels-Amerikaanse oorlog betrokke, en 'n hele verandering in die garnisoenstoestande teweeg gebring is, 'n verandering waaruit 'n nuwe soort toneel voortkom en wat die Kapenaars waarskynlik vir die eerste keer met toneel laat kennis maak. Maar voor ons tot 'n beskouing van hierdie saamgaan van garnisoen en burgery oorgaan, is dit nodig om die burgermaatskappy en sy verhouding tot toneel te bespreek. Die ontstaan van die burgery as aparte groep in die Kaapse samelewing het ek reeds bespreekGa naar voetnoot2). Ek het ook gesê: enigsins homogeen kan hierdie burgermaatskappy nie heet voor die begin van die 18de eeu nie, en dat toneel, vir sover dit van hierdie maatskappy uitgaan, waarskynlik volkome afwesig bly gedurende die hele 18de eeu. Dit is 'n toestand wat bevreemding kan wek, en nadere beskouing verdien. Intussen is hierdie bespreking ook nodig om te laat sien hoe die maatskappy ryp word vir toneel in die volgende periode. Die Kaapse burgermaatskappy wat in 1657 sy ontstaan vind, kry eers sedert ongeveer 1707 'n eie karakter. In hierdie tyd word die grondslae gelê van die toekomstige Afrikaanse volk. Die suiwer ekonomiese basis van die Kaapse stigting was nie alleen verantwoordelik vir die snelheid (of andersins) van sy ontwikkeling nie, maar ook vir die aard daarvan. Die beperkte mark vir die Kaap van die Oosindiese handel, naas die algemene welvaart in Holland, het emigrasie naar die Kaap teengehou. Die gang van ontwikkeling derhalwe tot 1795 kan uit suiwer ‘koloniale’ oogpunt beskou, langsaam heet. Afgesien egter hiervan en met die oog alleen op die kleine kern bevolking wat hom aan die Kaap hoofsaaklik tussen 1657 en 1707 gevestig het, kan die ontwikkeling buitengewoon vinnig heet. Die vrugbaarheid van die Afrikaanse | |
[pagina 20]
| |
vrouens is trouens steeds 'n dankbare onderwerp van kommentaar by byna alle reisbeskrywers gewees. Hierdie kern het uit weinig anders bestaan as Vryburgers, 'n klompie Hollandse emigrante in 1685, 'n keer of twee weesmeisies uit Amsterdam om die neersetting van vroue te voorsien, en as die belangrikste groep, as sulks, die betreklik klein aantal HugenoteGa naar voetnoot1) wat in 1688 uitgekom het. Van Riebeek was die hegte stigter van die Kaap; onder Simon van der Stel het die eerste wyse sistematiese uitbreiding gekom van die neersetting, weg van die Kaapse Skiereiland oor heel Suid-Afrika. So het Stellenbosch ontstaan. Ander plekke het gou gevolg. Die politieke stryd van die burgery met sy opvolger W. van der Stel het die samesmelting van die verskillende elemente onder die bevolking ten seerste bevorder. Vandaar dat ons sedert ± 1707 van 'n vrywel homogene samelewing kan praat. Ook die aard van stigting het in die eerste plek van sy doel afgehang. Groente, wyn, koring en vleis was die hoofbenodigdhede vir die skepe. Gevolglik was die nuwe koloniste by uitstek boere - die begin van die Boerevolk van Suid-Afrika. Bowendien goeie grond was skaars dig by die Kaap. Dit was 'n groot rede vir uitbreiding verder die binneland in. Wyn, koring, maar veral veeteelt eis ekstensiewe boerdery; dit, tesame met die beperkte mark en die toename van veeboerdery - tegelykertyd 'n maklike en baie voordelige bedryf - het gelei tot 'n klein en verspreide bevolking. Van hierdie groot maar dunbevolkte platteland is en bly Kaapstad die middelpunt by uitstek; die handels- en administratiewe sentrum. Maar wat 'n klein stadje - of liewer grote dorpdit moet gewees het, leer ons reg begryp, as ons bedink dat al vier ‘Colonien’ aan die Kaap: die stad en omgewing, Stellenbosch en distrik, Drakenstein en die Land van Waveren, nie meer as 2000 blankes en 1500 slawe aan die begin van die 18de eeu getel het nie! Die aanraking tussen stad en land was gedurig en dis eers later dat die skeiding tussen hierdie twee geprononseerd word. Intussen waar ek van die Kaap praat, bedoel ek, tensy die verband anders aantoon, Kaapstad en omgewing. Wat sou die karakter wees van 'n samelewing, gesprote uit so'n bodem? Hoe sou sy ontwikkeling gaan? Sou daarin plek wees vir toneelkuns? Goed sou dit wees om in hierdie verband eers enkele eise aan te dui wat toneelkuns stel. Toneelkuns, d.w.s. toneelkuns van enige waarde en as iets wat enigsins blywend beoefen | |
[pagina 21]
| |
word, vereis allereers 'n sekere mate van rus, welvaart en beskaafde publiek. Rus, nie alleen om die nodige tyd te verskaf vir toneelopvoeringe nie, maar veral ook om die behoefte tot tydverdryf te versterk; welvaart om sulke vermake materiëel moontlik te maak deur ruime ondersteuning van die kant van die publiek, ook b.v. wat betref die oprig van geskikte lokale; beskaafde publiek by wie die behoefte naar kunsgenot, naar kunsvorme soek, en deur wie kunseise gestel word. Byna onnodig om te sê, moet die publiek ook talryk genoeg wees om duursame toneelkuns moontlik te maak. Die Rederykerskamers, en later die liefhebberygeselskappeGa naar voetnoot1) van die Nederlandse burgermaatskappy in die 17de en 18de eeu, het op hierdie grondslae hul grootste bloei bereik. Hoe was dit egter aan die Kaap gestel? Kon die aan sulke eise voldoen? Die samelewing aan die Kaap, in die begin van die 18de eeu, bevat reeds die kieme van hierdie vereistes in hom. Tog sou dit byna 100 jaar duur voor tooneelkuns 'n integrale deel van die Kaapse samelewing word. Dan gebeur dit nog onder 'n vreemde prikkel; hoewel in direkte aansluiting by die Hollandse toneeltradiesies - liefhebberygeselskappe en Rederykerskamers. Interessant is dit om die groei en ryping van hierdie maatskappy in die 18de eeu na te gaan; om die verklaring te vind van die tog bevreemdende lang wegbly van toneel. Gelukkig is die 18de eeu nogal ryk aan reisbeskrywinge. Vyf van die vernaamste is: Kolbe, Mentzel, Bernardin de St. Pierre, De Jong en Le Vaillant. Die eerste vier staan, in die orde wat ek hul noem, iedereen vir ongeveer 'n kwart van die verloop van die 18de Eeu. Le Vaillant staan op homself. Hy beskrywe 'n buitengewone fase in die tagtiger jare. Die Kaap self het uit ongeveer twee honderd huise bestaan aan die begin van die 18de eeuGa naar voetnoot2). Kolbe vertel ons daar alles van. Die vernaamste geboue was die kasteel, die Nederduitse Hervormde Kerk (kerkbesoek was baie gereeld en baie vormlik), die groot siekehuis (dit was nog in die dae van skeurbuik), en die slawelosie vir die Kompanie se slawe. Van openbare plekke van vermaak is daar geen melding nie, daargelate 'n skouburg. Vóór 1800 het vermoedelik ook geen bestaan nieGa naar voetnoot3). Die trots van die Kaap onder die O.I.K. is altyd sy ‘Thuyn’ gewees, en ons kan aanneem tereg. Vandag na tydperke van verwaarlosing onder Engelse regime is dit weer een van die sierade van die Kaap. Hier het herstellende siekes verkwikking gesoek; hier was die wandelplaas by uit- | |
[pagina 22]
| |
nemendheid vir die bedaarde deftige burgers van Kaapstad met hul gesinne saans en veral Sondags. Oor die algemeen het welvarendheid aan die Kaap geheers. Die skepe was die vernaamste bron van inkomste, beide deur die handel daarmee en deur die algemene inneem van verbygaande vreemdelinge as loseergaste, selfs by die deftigste famielies. Hierdeur het die Kaap grotendeels sy reputasie vir geselligheid en gasvryheid gekry; ofskoon ook soms die beskuldiging in hierdie tyd deur Valentyn geuit: ‘De Kaap heet niet tevergeefs de Kaap’Ga naar voetnoot1), nie ontbreek het nie. Maar kultureel moes so 'n noue aanraking met Europese persone van groot belang gewees het, veral as 'n mens in aanmerking neem, hoeveel waarlik beroemde manne die Kaap in hul tyd besoek het: De la Caille, Bernardin de st. Pierre, Cook ens. By 'n beoordeling van die beskawingstoestande van die Kaap, word m.i. met hierdie gebruik nie genoegsaam rekening gehou nie, 'n gebruik wat tot ver in die 19de eeu nog algemeen aan die Kaap wasGa naar voetnoot2). Die vroue sou veral op rang en stand gelet het b.v. by besoeke, kerkgang ensGa naar voetnoot3). Desnietemin was die oor en weer besoeke, 's middags gewoonlik, maar ook saans, die veelvuldigste vorm van vermaak, soos nog lank daarna vermeld word. Dan word daar tee geskink, 'n glasie wyn gedrink, gerook en gesels, allerlei lekkernye gepresenteer en dikwels kaart gespeel: ombre en klawerjas (gravejas) - laasgenoemde veral. Buitengewoon gelief, en ongedwonge, was die sit op die stoep in die koelte van die aand, veral in die somer, en dieselfde oor en weer besoeke. Selde het die samekomste later as neënuur geduur. As die slaweklok lui, was dit tyd vir goeie burgers om naar bed te gaan. Onderlinge feestelikhede was volop. Selfs 'n begrafnismaal was heelwat. Veral by huwelike het die maat oorgeloop. Die het meer uit 'n reeks feeste as iets anders bestaan. Eet, drink, musiek en dans het daarby nie ontbreek nie. Kolbe verhaal van die | |
[pagina 23]
| |
nahuwelikse fees:Ga naar voetnoot1) ‘En op zulke wys word de avond met allerhande vrolykheden, (daaronder somtyds ook masqueraden)Ga naar voetnoot2) en 't grootste gedeelte van de nagt doorgebragt’ ens. Sou ‘masqueraden’ hier toneelopvoeringe beteken? Waarskynlik nie; dan sou Kolbe veeleer van ‘komedies’ gepraat hetGa naar voetnoot3). Maar onmoontlik bly dit nie. Musiek d.w.s. beroepsmusiek, en dans is trouens altyd 'n hoofbestanddeel van die Kaapse samelewing gewees. Die goewerneurs met hul ontvangste, dinees en bals het hiertoe veel bygedra;Ga naar voetnoot4) om die jaarlikse miliesieoefeningeGa naar voetnoot5) nie te vergeet nie. In verband met opvoedingstoestande aan die Kaap was Kolbe kwalik te spreekGa naar voetnoot6). Hy het dit allerweë sleggevind. Maar vir die natuurlike verstand van die kinders het hy alle lof. Lees-, skryf- en syferkuns was die hoofsaak in die onderwys. In besonder het sy kritiek die kindertug gegeld: die kinders sou, in die eerste plek te veel aan slawe toevertrou wees; die sieketroosters of voorlesers, wat ook gewoonlik die skoolmeesters was, sou te lui wees. MentzelGa naar voetnoot7) noem Kolbe baie misleidend; en sonder twyfel is Mentzel veel vertroubaarder as KolbeGa naar voetnoot8). Maar Mentzel verloor uit die oog, dat hy ongeveer dertig jaar na Kolbe praat. Sodat 'n mens met sy kritiek op Kolbe ook versigtig moet wees. Mentzel weerspreek die bewering dat kinders so veel aan slawe toevertrou sou wees, inteendeel hul geniet besonder veel ouderlike sorg. Onderwys was natuurlik alleen laer onderwys, waar ‘die lewe nog primitief was en die Kompanie se bestuur wet’. Tog was dit algemeen en taamlik goed. Meer aandag word aan jongetjies as aan meisies gewy; laasgenoemde ontvang weer gouer huishoudelike en sosiale opvoeding tuis. Vermoënde ouers het hul seuns dikwels naar Batawië of Holland gestuur vir hoëre opvoeding. Verder kan Mentzel nie woorde genoeg vind om die meisies te prys vir hulle goeie smaak, maniere en intelligensie nie. ‘Models of deportment’ noem hy hulle. Hulle is aantreklik, en van nature elegante danseresse. Hulle hou nie te veel van wandel nie. Selfs toe was al 'n soort piekniek - nog altyd 'n geliefkoosde vorm van vermaak in die verlokkende klimaat van Suid-Afrika - gebruiklik. Met hierdie sosiale karakter van die Kaap gedurende die eerste helfte van die 18de eeu in die oog, is dit duidelik, dat waar geen van die reisbeskrywers melding maak van | |
[pagina 24]
| |
drama en toneel nie, daar ook weinig rede is om die bestaan van toneel te veronderstel. Afgesien van die kleinheid van die maatskappy, maak veral die gebrek aan hoëre geestelike beskawing en kunsbehoeftes toneel onwaarskynlik. Die praktiese sorge vir 'n aangename lewensbestaan het die gedagtes van die burgery heeltemal in beslag geneem.Ga naar voetnoot1) Daarbuite het hul geestelike belangstelling selde gereik. Hulle vermake, vir sover hul tydverdryf gesoek het, was in hoofsaak sintuiglik en vir hulle genoeg: eet, drink, dans ens. Dat hul weinig lees, was toe al 'n algemene klagte, maar hierby moet steeds in die oog gehou word, dat die Kaapse klimaat vanself lei tot 'n meer opeluglewe, tot die buitegeselligheid van stoeplewe - die so tiepiese karaktertrek van die Kaap. Behalwe vir die ‘Kaapse dokter’, die suidoostewind, en volgens Valentyn, vlieë in die somerGa naar voetnoot2), is inderdaad, in die woorde van 'n latere skrywer, selfs ‘the Cape winter like a mild English summer’. Die Kapenaars het ook nie stil gestaan nie. By Mentzel kon ons reeds die vooruitgang op Kolbe se tyd sien: hy stel o.a. die aantal huise reeds op vyfhonderdGa naar voetnoot3). Ons volgende getuie, besonder belangrik ook omdat hy juis die vraagstuk van toneel in hierdie maatskappy bespreek, is Bernardin de St. PierreGa naar voetnoot4), die beroemde skrywer van Paul et Virginie. In 1771 was hy aan die Kaap, op sy heenreis naar Mauritius. Ons moet egter in die oog hou, soos Busken Huet reeds aangetoon hetGa naar voetnoot5), dat Bernardin geneig is om sy beskrywing deur die idilliese van sy Rousseauaanse opvattinge te veel te laat kleur. Bernardin de St. Pierre het weinig anders as lof vir die Kaap oor. Hy prys die buitengewone gasvryheid, ‘selfs aan diere’Ga naar voetnoot6), en noem met verrukking die ‘gelukkige mense’ en ‘geseënde aarde (terre abondante)’. Die inwoners sê hyGa naar voetnoot7), speel (dobbel) nie, en heg weinig aan staatsiebesoeke. Die vrou hou haar aan haar huislike taak, die man wy hom aan sy sake. Saans in die koelte gaan die gesin graag wandel. Grote gehegtheid bestaan tussen bloedverwante en daar is nog geen aanstellerigheid van die deftiger stad teenoor die eenvoudiger land nie. Jongmeisies is fluks en huislik. ‘Hierdie mense’ vervolg hy,’Ga naar voetnoot8) tevrede met die huislike geluk wat uit deug voortvloei, het dit nog nie in romans of op die toneel leer soek nie. Daar is geen toneelvoorstellinge aan die Kaap | |
[pagina 25]
| |
nie en die mense verlang ook nie daarnaar nie; iedereen sien reeds in sy eie huis die aandoenlikste (fort touchants) tonele.’ Die Kapenaar besit reeds die vreugdes wat'n mens tevergeefs in die ryk van die verbeelding soek. Daar word nie veel gepraat nie, want die maatskappy as sulks lewer nie veel stof tot onderhoud op nie. Die liefde by die meisies is 'n natuurlike gevoel, waarvoor hulle uitkom; hulle bepaal hul eie keuse. Ook die jonkmans is net so rond en openlik. Hulle bly getrou selfs as hul naar Europa gaan. Gewoonlik volg dus ook gelukkige huwelike. Hul liefde vir Holland, die ‘patria’, bly groot. Selfs vreemdelinge praat van ‘vaderland’. Die Kaap het 'n nette kerk met ordelike diensviering. Die Hugenote is gelukkig, ofskoon hul nog heimwee naar Frankryk het. Groot respek en liefde bestaan vir die goewerneur, Ryk Tulbagh. Hy gee geen publieke feeste nie, voer'n eenvoudige lewenswyse, verleen vrye toegang aan almal. Hy is 'n eerlike en rondborstige man, gasvry vir vreemdelinge, belese. Bernardin de St. Pierre se laaste woorde is: ‘bons Hollandais du Cap!’Ga naar voetnoot1). Kapt. James Cook in sy reise - en watter reisbeskrywer was betroubaarder as Cook? - van 1768-1779, was viermaal aan die Kaap en het weinig anders as goeds daarvan te sê; in hoofsaak dieselfde as Bernardin. In sy eerste besoek in 1771 prys hy die stad, aanleg, klimaat, beleefdheid van die inwoners ens., en veral die vlyt en deursettingsvermoë van die Hollanders wat uit so'n ‘barren country’ so'n lushof kon maak. Verder bevestig hy dat daar ‘de beste huisvrouwen van de waereld’ (ook as moeders) isGa naar voetnoot2). Hy laat volg:Ga naar voetnoot3) ‘Daar zijn geen openbaare vermaaklijkheden, en die welke afzonderlijk gehouden worden, bij welke fatsoenlijke vreemdelingen altoos worden toegelaaten, waren opgeschort terwijl wij er waren door het uitbreeken van de mazelen.’ In 1772 meld hy nog, dat in Kaapstad ‘de beste lufferschap..... meest al niet onbevallig (is, en) gemeenlijk goed zingt, danst en op de luit speelt en daardoor vergoeding maakt voor't gebrek van beschaafde manieren en kiesheid van gevoelens’ -Ga naar voetnoot4) waaruit ons sien dat musikale opvoeding ook al 'n essensiële element vir meisies geword het. Kulturele vooruitgang dus. Hoe moet by dit alles, die volgende nou rym? In 'n boek The Cape Peninsula deur René Juta (1910) vind ons die volgendeGa naar voetnoot5) oor die Kaapse samelewing teen hierdie tyd: ‘Not a decent school in the town, not a sign of a library, | |
[pagina 26]
| |
only a theatre whose productions bored them intolerably.’ ’“Ach, foei toch, Mijnheer Cook”, says the lady with the smallest feet in all Kaapstad to the famous sailor Cook, who was the guest of her father, Mijnheer le Roux, “go to the theatre? To listen for three hours to a conversation?”’ Hierdie gesprek sou plaasgevind het by Cook se twede besoek in November 1772. Ten spyte van die noukeurigste ondersoek in alle moontlike bronne, gedruk sowel as manuskripte van en omtrent Cook, het ek geen nadere bewys of andere bronvermelding van hierdie bewering kon vind nie. Dit staan dus uitsluitlik op die gesag van mej. JutaGa naar voetnoot1). Hoe dit sy, 'n jaar tevore het Cook nog verklaar: ‘There are no public amusements at the Cape’. Alle geskrifte daarvòòr, daartydens en daarna staaf bowendien hierdie bewering. StavorinusGa naar voetnoot2), wat aan die Kaap in 1768 en 1771 was, vermeld geen toneel nie, hoewel hy 'n vry volledige beskouing oor die Kaap gee, en 'n oop oog vir toneel blyk te hêGa naar voetnoot3). Hy lê o.a. veral nadruk op die gemaklikheid van die Kaapse leweGa naar voetnoot4). Dieselfde is die geval met Thunberg, wat tussen 1770-1779 aan die Kaap was. Baie wetenswaardighede deel hy oor die Kaap mee; die volksvermakeGa naar voetnoot5) ens. vermeld hy, maar van komedie praat hy geen woord nie, hoewel hy dit elders op sy reisGa naar voetnoot6) wel doen. Ek kan nie anders as tot die slotsom kom nie, dat die mededeling van mej Juta 'n vergissing of onjuistheid is. En so het die lewe aan die Kaap sy gemaklike gang bly gaan, met sy besoeke, slaap, geséls en dans - tot daar | |
[pagina 27]
| |
in Junie 1781 skielik 'n hele omwenteling kom, die eerste saamgaan van burgery en garnisoen op gebied van toneel. Dit was die tydperk van die Anglo-Amerikaanse oorlog wat in 1776 uitgebreek het; en waarin Frankryk in 1778 en Nederland in 1780 as bondgenote teen Engeland betrokke raak. Dit het beteken dat die Kaap, die sleutel op die weg naar Indië, weer in gevaar gekom het van 'n Engelse aanval. Aangesien Nederland self nie voldoende mag te land of te see besit het om haar oorsese geweste te beskerm nie, het die Franse bondgenote, wat per slot van rekening ook groot belange in die Ooste gehad het, bygespring, en 'n vloot en soldate uitgestuur om die Kaap teen die Engelse te beskerm. Hoe dringend die gevaar was, blyk uit die feit, dat die Engelse alreeds 'n vloot uitgestuur het. Na 'n geveg onderweg, geluk dit die Franse om die Kaap eerste te bereik en dit te vrywaar teen 'n Engelse aanval. Die vloot is later weg, maar 'n aansienlike getal Franse troepe moes agterbly as versterking van die Kaapse garnisoen. Op die manier bereik die garnisoen 'n getal van 2000 tot 3000 man, waarvan selfs na 1783, toe vrede gesluit is 'n regiment tot 1784 aan die Kaap gebly het. Trouens, die besef van die belangrikheid van die Kaap het ook na 1784 gemaak dat steeds 'n garnisoen van by die 2000 man daar gelaat is, regimente grotendeels bestaande uit Switserse en Duitse huursoldateGa naar voetnoot1). Hierdie regimente word veral vir later tyd belangrikGa naar voetnoot2). Die netto gevolg van hierdie nuwe toestand was 'n skielike verandering van die rustige, deftige Kaap in 'n ‘Klein Parys’, en 'n direkte oorplanting van die swier en verfyning van die Paryse ‘Pruiketyd’ naar die Kaap. Die groot welvaart wat insgelyks skielik aan die Kaap ontstaan het uit hierdie vermeerderde handel en bedryf, het die Kapenaars spoedig in staat gestel om lustig in alles mee te doen en om te laat sien dat die Kaap in niks vir Europa hoef agteruit te staan nie! Kortom 'n hele ekonomiese, sosiale en kulturele omwenteling het plaasgevind. Die bietjie politieke agitasie wat alreeds aan die Kaap ontbrand het, as refleks van Europese gebeurtenisse uit die tyd, het heeltemal verdwyn. Op kulturele gebied, het hierdie tyd sy duursaamste uiting gevind in die pragtige ou-Hollandse boustylGa naar voetnoot3), wat onder Anton Anreith en Louis Thibault tot sy hoogste bloei gekom hetGa naar voetnoot4). Die tydsinvloede sien ons in die veelvuldige barok- en rokoko-elemente daarin. Verder kom daar op toneelgebied 'n skielike oplewing. | |
[pagina 28]
| |
Le VaillantGa naar voetnoot1) sê immers dat waar Franse gaan, skyn die toneelkuns hulle altyd te vergesel! Hierdie oplewing skyn eweneens skielik dood te gaan. In waarheid is dit alleen die voorteken, en miskien in sekere mate die vrugbaarmaking, van 'n lewe wat twintig jaar daarna weer sal begin, maar om dan waarskynlik nooit meer dood te gaan nie. Hierdie fase in ons kultuurgeskiedenis het Le Vaillant, die Franse reisiger wat aan die Kaap van 1781-'85 was, vir ons beskrywe. Dis 'n fase wat uit algemene, kulturele oogpunt nog lank bly deurwerk aan die Kaap, en dit verdien dus ons besondere aandag. Le Vaillant keer van 'n binnelandse reis terug. Hy vind die Kaap van 'n bekoorlike, sierlik-geklede maar ingetoë jong meisie tot 'n grillige modepop verword. Die sedige Hollandse nooientjie wil haarself as 'n Franse nuffie aanstel. Ja, tot selfs in die boerewoninge van die omgewing, sê hy, het hierdie ‘dwaze drift’ oorgeslaan. Die mooiste volstruisvere wat hy meegebring het, verdwyn weldra in geskenke - onmoontlik vir die gevoelige Fransman om aan vroueskoon iets te weier! Hy erken ronduit dat waar hy die kans skoon gesien het om verskillende offisiere en galante Kapenaars op die manier uit te stof, hy sekerlik van sy kans gebruik gemaak het om ‘zig in de goede gunst van de schoonen in te dringen’. Le Vaillant kan dan ook nie help om te moraliseer nie oor die oorwig wat die Franse en hul kultuur, bo alle andere nasies, orals waar hul kom, skyn te verkry; in besonder sou hul die voorkeur by die vrouens geniet, deur hulle innemendheid en beslissende toon. Ook die komedie maak sy verskyning en veroorsaak gou-gou geweldige gisting. Le Vaillant vertel - die tyd is so begin 1783Ga naar voetnoot2) - dat die Franse regimente aan die Kaap, die van Pondicherry, die Switserse van Meuron, en die legioen van Luxemburg was. Onder laasgenoemde het hy selfs ou kennisse gehad, wat pleit vir sy noue aanraking met en kennis van hierdie gebeurtenisse. Hy verhaal: ‘Schoon de stad zig enkel met oorlogs-toebereidzelen bezig hield en men elken dag verwagtede door de Engelsche vloot aangetast te zullen worden, hadden de Fransche officieren, er egter reeds den smaak voor de vermaaken ingevoerd. De soldaaten exerceerden 's morgens en speelden 's avonds de comedie. Een gedeelte van de barakken wierd door hen in een comedie-zaal veranderd. Vermits zy in de stad geene vrouwen hadden kunnen vinden, die in staat | |
[pagina 29]
| |
waren de vrouwen-rollen te vervullen, lieten zy die speelen door die van hunne makkers, die door hunne jongheid, door hun zagt gelaat en frisheid van kleur best voor de kleding pasten. Dat nieuw slag van actrices maakte het spel nog belangryker en vrolyker. Wat de acteurs belangt, daar waren er onder hen die veel talent voor die konst hadden en ik herinner my dat een van hun de Figaro in de Barbier van Seville zoo uimuntend speelde, dat men hem aan de Kaap en in zyn regiment niet anders dan “Figaro” noemde. Deze geestige tydkortingen vermaakten my ongemeen, dat moet ik bekennen; maar wat er my het meest van behaagde was dezelfde in Afrika voortgeplant te zien, dat is in de nabuurschap van de leeuwen, de panthers en hyenas. Wat de creolen aangaat, die tot hier toe nooit iets dergelyks gezien hadden, zy waren in verrukking. De gesprekken in de gezelschappen in de stad liepen voornamelyk over niets anders meer dan over de fransche comedie; men dagt niet meer dan aan fransche comedie; een ieder was 'er verzot op.’ Maar nie altyd het dit suiwer vermaak en kuns gebly nie. ‘Om het algemeen vermaak nog grooter te maken, maakten de fatsoenlikste vrouwen het zich tot eene plicht den soldaaten, zoo acteurs als actrices, alles wat zy hadden van kanten, kleinodiën, ryke stoffen en kostbaaren opschik te leenen; maar enige hadden ook reden om het zich te beklaagen en het gebeurde meer dan eens dat de edele Gravinne van Almaviva haaren geleenden opschik by de zoetelaars verpand gelaaten hebbende, de vrouwen, die haar dien geleend hadden, verpligt waren, om denzelven wedertekrygen, de tabak, de brandewyn en alle de verteeringen van de heldin te laaten betaalen.’ En Cupido het natuurlik sy neus in die saak gesteek tot grote onrus van sorgsame moeders en deftige vaders: ‘In het midden van die verrukking en de gisting, welke deeze tydkortingen veroorzaakten, speelde de liefde ook haare rol en daar kwamen van tyd tot tyd zekere ergerlyke liefde-gevallen aan den dag, die de kwaadspreekendheid stof verschaften en de huisgezinnen in onrust bragten. Het is waar, dat midden onder die gevalletjies hymen ook dikwyls de dwaasheden van zynen broeder kwam verhelpen en dat 'er uit zynen stroperyen veele huwelyken sprooten, die alles weder te regt hielpen. Maar die klagten, schoon gesmoord en geheim gehouden, waren 'er egter. De waakzaamheid der moeders was buiten raad. De mannen, des te meer verbitterd omdat zy genoodzaakt waren hunne jaloezy te verbergen, vervloekten in het geheim toneel en acteurs, terwyl de oude mamas die zich zoo niet inhielden tegens de wan- | |
[pagina 30]
| |
orden raasden en openlyk de comedie de schuld gaven.’ Per slot van rekening gebeur die onvermydelike - in die kern van die saak was hierdie paddestoeltoestande tog ongesond -: ‘Eindelyk, tot groot verdriet van de jonge lieden, maar tot groote blydschap van de mannen en oude vrouwen, nam de comedie eensklaps een einde en het kwam door een vreemde oorzaak, welke men niet had kunnen voorzien. Schoon de Kaap niet aangetast was en zelfs niet aangetast is geweest zoo lang de vyandlykheden duurden, had zy egter reeds enige der plaagen van den oorlog ondervonden. De vrees voor de Engelsche vlooten had belet, gemunt geld daar henen te zenden. In weinig tyds was 'er gebrek aan gereede penningen; de eetwaren steigerden in prys en de verlegenheid wierd algemeen. In dit gebrek meende de Hollandsche maatschappy papieren geld te moeten maaken. Maar deeze nood-munt, die geene andere borgtogt of zeekerheid had dan het vertrouwen in de teekenaars, was een kwaad by een ander kwaad gevoegd. De meeste inwoners van de binnenlanden weigerden die halstarrig en veele van hun vreezende in papier betaald te worden, bragten geene eetwaren meer in de stad. Hierdoor wierd alles duurder en het gebrek kwam weldra tot het uiterste. In die omstandigheden geraakten onze acteurs, die misschien hunne soldy niet al te naauwkeurig ontvingen, of die ten minsten zoo veel niet ontvingen als zy verteerden, in groote verlegenheid. Twee hunner bedagten, om zig te redden, het papieren geld natemaaken en hunne noodmunt ook aan den man te brengen. Ongelukkig gongen zy daar zoo ruw mede te werk en waren zoo onbehendig, in het namaaken van het schrift, dat zy weldra ontdekt wierden. Toen nam 'er de Justitie kennis van, de zaak nam zelfs eene ernstige keer en men vreesde langen tyd dat onze twee toneel-helden droevig aan hun eind zouden komen; maar het schikte nog en, hetzy dat men hunne persoonen of hunne regimenten ontzien wilde, hetzy men enige erkentenis wilde betoonen voor het vermaak, dat zy verschaft hadden, men hield zich tevreden met hen te bannen en hen in een schip intescheepen, dat naar Europa vertrok. Ik zag hen vertrekken. De troep bleef gebrekkig: beschaamd over dat geval durfde men geene opvolgers zoeken of weder beginnen te speelen.’ So het hierdie toneel jammerlik genoeg tot 'n einde gekom. Kenmerkend was, dat dit onder die garnisoen begin het; die mees ‘Europese’ deel van die samelewingGa naar voetnoot1). Merkwaardig | |
[pagina 31]
| |
is dat die burgery daar nou lewendig in betrek word. Eers onder Engelse bestuur in 1800, sou ons onder soortgelike toestande, 'n herlewing van die toneel onder die Hollandse burgery kry. Maar terselfdertyd sal dit ongetwyfeld in enkele opsigte 'n uitbotting wees van sommige sade deur hierdie wonderboom laat val. In hierdie verband is reeds die keuse van stukke waarskynlik 'n aanduiding. Seker is dat, wat ook die lot van die toneel mag gewees het, dit moet veel goeds bevat het. Nuwigheid alleen is nie genoegsaam om so'n belangstelling te wek nie. Ook die keuse van die stukke het waarlik nie veel te wense oorgelaat nie, stellig nie wat betref moderniteit nie. Immers Le Barbier de Séville is op 23 Februarie 1775 in Parys vir die eerste keer opgevoer, het spoedig die hewigste opskudding gewek, en was ook inderdaad 'n gebeurtenis. Die hertogin van Almaviva bestaan as sulks nog nie in die Barbier nie; wel in Le Mariage de Figaro. Is die Mariage dus ook aan die Kaap gespeel? In geval van wel, moes dit begin 1783 plaasgevind het d.w.s. nog voor die eerste opvoering in Frankryk toegelaat is op 27 April 1784. Die moontlikheid bestaan, want in 1781 het die stuk reeds verskynGa naar voetnoot1). Wat 'n eer dan vir die Kaap, om selfs Parys voor te wees in ‘moderne’ stukke! Dit is seker dat hierdie verblyf van die Franse nog lank sy invloed nagelaat het. Nie ineens - en nooit volkome nie - het die Kaapse juffer teruggekeer tot die ou lewenswyse nie. De Jong, Kommandant van 'n Hollandse fregat, wat in 1791 en 1794-'95 aan die Kaap was, en ook met 'n Kaapse meisie getroud is, skrywe: ‘De Franschen bedierven de eenvoudige zeden..... men kleedde zich prachtiger en leefde rykelyker.’ Ook De Mist bevestig dit in 1803Ga naar voetnoot2). ‘Het lang verblyf der fransche Vlootelingen, in den oorlog 1781-1784, en de vreemde Regementen, aldaar in bezetting, heeft de gehele wyze van leven aldaar verbasterd, en de luxe, en de zucht tot onafgebroken divertissementen in top doen stygen. De vrede heeft de toenmaalige bronnen van groote winsten opgedroogd, doch de lust tot pracht en fainéantise is gebleven’. Wat hierdie ‘divertissementen’ in hoofsaak was, in elk geval na 1785 en tot 1795, toe die Kompanie sy laaste asem uitgeblaas het, vertel de Jong ons. Behalwe die wandelinge in die Tuin, die besoeke, die kaartpartytjies, die hartstog vir dans (ia selfs die Boerenooiens dans ‘wezenlik contradansen en menuetten’)Ga naar voetnoot3), ens., is bygekom, onder die mans, die liefde tot ‘ryden en schieten’ (jag)Ga naar voetnoot4). Hy bevestigGa naar voetnoot5) Le Vaillant, | |
[pagina 32]
| |
dat klavierspeel tot die algemene opvoeding van die meisies behoort - ofskoon die opvoeding origens maar op 'n lae peil staan. By publieke feeste is al illuminasies bekendGa naar voetnoot1). In hoofsaak bly die lewe egter sy gang gaan van lekker eet, drink ens., en om tienuur is haas almal reeds te bed: ‘Koffiehuizen, nieuwstydingen of publieke vermakelykheden heeft men niet; en het eentonige grenst gemeenlyk vry na aan het vervelende’Ga naar voetnoot2). Alweer dus ten spyte van alle vooruitgang, geen toneel aan die Kaap nie. Elders blyk dit duidelik dat De Jong onder ‘publieke vermakelykheden’, ook toneelkuns verstaanGa naar voetnoot3). Sedert 1791 het trouens 'n ekonomiese depressie aan die Kaap ingetree wat hom lank en skerp sou laat voel; wat 'n grootskeepse skema om opvoeding aan die Kaap te verbeter sou laat mislukGa naar voetnoot4); en wat selfs tot ongereeldhede onder die oostelike grensbewoners sou lei. Sulke toestande sou seker hulle deel bygedra het in die kulturele agterstand van die Kaap aan die end van hierdie tydperk. |
|