56. ‘Niggie, niggie, sê tog ja!’
Die volgende liedjie is eintlik 'n dansliedjie, maar na die inhoud beoordeeld, is dit 'n minneliedjie, en ons gee dit hier veral as 'n parallel en tog as 'n teëhanger van die voorgaande, ‘Toe maar niggie, sê maar ja!’ (vgl. No. 55 bo.)
Nig-gie, nig-gie sê tog ja! Die rooi span os-se
en die bont bok-wa, Daar-mee sal ons kerk toe ry,
As ek maar net vir jou kan kry.
(Teks by Schonken, O.K.-H.V. bl. 96, (3).