54. ‘Wie kom daar in die rooi pad aan?’
Dit is 'n eienaardige en tog tiepiese minneliedjie hierdie. Die eerste lyntjie laat dink aan 'n meisie wat die jonkman te perd sien aankom ‘in die rooi pad’, maar van die twede versreëltjie af lyk dit of dit 'n minnaar is wat verlang na sy ‘soetliefie’, een of ander dorp se blommetjie!
Dit is waarskynlik ook maar net 'n fragment en bevat tog heterogene elemente, soos b.v. die aanvangskoeplet, ‘Wie kom daar in die rooi pad aan?’ (vgl. D, 40.) wat ook in ander liedjies voorkom.