52. ‘Mama, maak tog oop die deur’.
Hierdie jonkman laat hom in liefdesake deur niks keer nie. Hy is van die ras van Bredero en Burns.
Hierdie fragment van 'n minneliedjie, wat in die Vrystaat goed bekend is, bevat elemente van 'n daarmee in woorde nou ooreenstemmende dansliedjie omtrent die ‘vaalhaar nooi’.
Ma-ma, maak tog oop die deur, Dat ek
die ink kan kry. En die pen en die skoon pam-pier;
Dit wil ek vir die blou-oog stuur.
Ek wil haar hê en ek sal haar kry,
Want sy is verloof aan my;
Ma kan praat en pa kan slaan,
Maar ek sal haar nog nooit laat staan.’
(Mondelinge oorlewering).