51. ‘Die blouoog’.
Kort en bondig is hierdie liedjie, en tog is dit 'n geheel, alhoewel dit moontlik maar 'n fragment is. Dit is die vraag van 'n ‘kêrel’ wat seker wil maak van sy saak, en ‘Blouoog’ se antwoord daarop. ‘Blouoog’, ‘swartoog’ en ‘bruinoog’, ‘vaalhaar’, ‘swarthaar’ en ‘geellokhaar’ is konvensionele kleure in die Afrikaanse erotiek.
‘Blou-oog, blou-oog, is dit jy, Wat die kê-rels so ver-lei?’
‘Nee, nee dit is nie ek nie, Wat die kê-rels so ver-lei.’
(Mondelinge oorlewering).