50. ‘Treurigheid en troos’.
Hierdie brokstukkie van 'n minneliedjie, wat in die noordelike Vrystaat bekend is, is net 'n generalisasie oor die treurigheid en die troos van 'n liefdesverhouding, en herinner aan enkele verse uit die ‘Klaaglied van 'n Minnaar’ (vgl. A, 5),.... net, hier is dit die klaaglied van 'n meisie. Ook hier, nes daar, is die taalvorme Hollands-Afrikaans. Dit wil ons voorkom of hierdie fragment net 'n verbastering en 'n nuwe toepassing is van die hoofmotief van die bogenoemde ‘Klaaglied van 'n Minnaar’. Dit gebeur nogal dikwels met volksliedjies!
Een on-trou het ek ver-la-te, Aan wie ek my hart