44. ‘Wilhelmien’.
Dit is waarskynlik maar net 'n fragment van 'n minneliedjie hierdie, wat die uiterlike skoonhede beskrywe van Oom Kobus Malan, van Klein Vogelgesang, se dogter, Wilhelmien, wat moontlik een of ander jonkman se ‘soetliefie’ is... vandaar sy verheerliking van haar skoonheid. In hierdie opsig is hierdie liedjie 'n teëhanger van ‘Klein Miena's Lof’ (vgl. onder rubriek C), terwyl die versmaat 'n soort van naklank gee van ‘Dapper du Preez’. (Vgl. No. 23 onder rubriek B).