41. ‘Meisieslied’.
Waarom hierdie liedjie juis 'n ‘meisieslied’ moet heet, weet nugter, maar onder dié naam is dit bekend onder die boeremense, wat dit gewoonlik sing vir 'n noointjie, as sy haar jonkman of ‘kêrel’ die aand verwag, sodat dit 'n soort van spotliedjie geword is. Oorspronkelik was dit egter seker net 'n gewone minneliedjie wat vertel van die jonkman se koms. Ons het hier waarskynlik met slegs 'n fragment te doen. Die derde versie is besonder tiepies: die ou mense gaan slaap om die jonges 'n kansie te gee!
Tik-kie, tik-kie, aan die deur: Dit is Jan-nie
met ou Fleur. Jan-nie, haak die ou dier maar vas,
Dan kan jy jou ge-vreet kom was.