D. Fragmente?
40. ‘Die iep en die ap’.
Dit is 'n Transvaalse minneliedjie hierdie; al die plekke daarin genoem is dan ook in die Transvaal, waar die liedjie bekend is. Ons het dit opgeteken uit die mond van mense uit die streek van Mooirivier en Losberg.
Is die jonkman een van Kliprivier se ‘deurtrappers’? En gebruik hy ‘wit pampier’ of ‘Mooirivier se blou pampier’ om 'n brief te skrywe aan sy ‘soetliefie’, 'n ‘Magaliesberg se kortrokdraer, die rietskraal doringblaar’?
Dit lyk of die liedjie..... kort en fragmentaries, soos dit waarskynlik is...... elemente bevat van verskillende liedjies; b.v. die koeplet ‘Wie kom daar in die rooi pad aan?’ ens. was lang vóór die Boere-oorlog al bekend in die Aliwal-distrik, en kom in verskillende volksliedjies voor.
Die iep en die ap, en die wit pam-pier,
Jul deur-trap-pers van Klip-ri-vier, Ma-ga-lies-berg
se kort-rok-draer; Mooi-ri-vier se blou pam-pier.