38. ‘Die vaalhaar noointjie’.
(Die rietskraal meisie).
Hierdie liedjie van die ‘Vaalhaar noointjie’ of die ‘Rietskraalmeisie’ het, nes ‘Piet Visage’ (vgl. No. 36 bo), so'n tintjie van liefdes-suggestie, maar die voorstelling is by die plastiese verby....tot by die platte. Die minnaar stel sig die beminde seker ‘op trek’ voor....die hele famielie is op die wa!
Die liedjie is in die Vrystaat goed bekend, en is ons bekend uit ons prilste jeug.