36. ‘Piet Visage’.
Hierdie kort liedjie bevat eintlik meer 'n voorspelling as die vervulling van die liefde.... dit gee maar net 'n suggestie van wat ‘saans’ na die werk van die dag gebeur. Hierin herinner dit ons aan die piekniekliedjie ‘Vanaand gaan die volkies koring snij!’ Maar geen een van die twee is waarskynlik 'n werkliedjie, d.w.s. 'n maaiers- of oes-liedjie, nie. ‘Piet Visage’ gee veeleer in 'n paar trekke die gedagtegang van Milton se ‘L'Allegro’ oor
a) | die baas en sy plaas, |
b) | die dagbreek met haangekraai en voëltjiesang, |
c) | die werk van die dag, en |
a) | die verposing wat die aand bring. |
Of in die eiename, Piet Visage (spreek uit Visasie), Driefontein en Soutrivier aanwysinge skuil omtrent die plek of die wyse van oorsprong van die liedjie is, soos in byna al dergelyke gevalle, moeilik om uit te maak.
Piet Vi-sa-ge, Drie-fon-tein, Die haan die kraai in die Sou-
ri-vier, Die voël-tjies fluit in die moer-bei-boom,
Be-dags, be-dags ko-ring sny, Saans, Saans, nooin-tjies vry.
(Mondelinge oorlewering).