32. ‘Ag, Jannie, trou jou lewe nie(t)’.
Dit is nie juis 'n minneliedjie nie, maar dan tog die advies (van 'n vrou met ervaring aan een sonder ervaring?) oor liefdesake.... 'n advies wat herinner aan die van die ou ‘Nurse’ aan Juliet (in ‘Romeo and Juliet’), die lotgenoot van Jannie (= Jannetjie?). Die moontlikhede van wat die huweliksband kan meebring, word dan ook byna uitgeput; maar of Jannie per slot van saak die goeie raadgewing sal aanneem? Dis 'n ander saak! en 'n vraag!
Ag, Jan-nie, trou jou le-we niet, Dan raak jy in
ver-driet, Trou jy met 'n ou-e, Dan gaan hy vóór jou dood;
Trou jy met 'n jon-ge, Dan speel hy op jou skoot.