31. ‘Mooie meisies, fraaie bloeme’.
(Nonnaslied.)
Hierdie minneliedjie ‘Mooie meisies, fraaie bloeme,’ by party mense bekend as ‘Nonnaslied’, werd gewoonlik gesing by gesellige geselskapsgeleenthede, soos pandspeel, en ander speletjies, waarby die meisies of nonnas op 'n ry sit, terwyl die jonkman voor hul staan. Maar ook by ander geleenthede, selfs by danse, waar dit soms as 'n ‘koudleiliedjie’ gesing werd, werd die nonnaslied gehoor as 'n soort geleentheidslied.