33. ‘Klein Miena's lof’.
Hierdie volksliedjie, wat in die Transvaal (Potchefstroom) bekend is, lyk meer na 'n skimpliedjie of hekeldig as na 'n liefdesliedjie; maar dit behoort tot die soort van minneliedjies wat Bredero soms geskrywe het, en wat nie baie vleiend was vir die meisies nie.
Hierdie liedjie is te vergelyke met die refrein van ‘Ek is 'n arme Engelsman’ (No. 22 onder rubriek B), en is 'n teëhanger van 'n liedjie soos ‘Daar bo op die berg’ ens. (vgl. No. 44, onder rubriek D), waarin die geliefde se skoonhede opgesom word, maar anders as hier.
Ek sing Klein Mie-na's lof, E- - - -k sing Klein
Mie-na's lof, Ja, ja... ja! Ek sing Klein Mie-na's lof.