| |
24. ‘Swart Jasper’.
Dr. Lydia van Niekerk maak melding (t.a.p. bl. 123) van ‘'n gedichtje van zekere C.S.J., met de weinig passende titel: “'n Merkwaardige Gebeurtenis”.’ Ons kon hierdie gediggie egter nie in die eerste jaargang van ‘Ons Klyntji’ kry nie, waar 'n mens blykbaar daarna moet soek, want Dr. Van Niekerk beweer (op bl. 124): ‘Onder de titel “Jasper en Jatjie” is 't gedichtje nog eens in de tweede jaargang van “Ons Klyntji” afgedrukt, met enige kleine verbeteringen.’ Ons volg hier die laasgenoemde teks, en ons gee die liedjie ook 'n plek onder ons volksliedjies, omdat ons in die Vrystaat die liedjie hoor sing het in 'n vorm wat hier en daar afwyk van die ‘Ons Klyntji’-redaksie. Of die variante wat ons uit mondelinge oorlewering opgeteken het, berus op die vroeëre lesing, wat Dr. Van Niekerk noem, weet ons nie, en derhalwe gee ons as variante die afwykinge van die redaksie van ‘Ons Klyntji’ (Twede Jaargang, bl. 214).
Materialisties-berekenend is al weer die liefdesverhouding! Die paartjie wil gaan trou, maar bereken eers hul besitting aan vee: ‘vier bokke, twaalf skape, één koei met 'n kalf’. Karakteristiek is wat Schonken opmerk omtrent die so alombekende ‘opsitkers’: ‘Men spreekt dikwels van een gebruik...... opsit met die
| |
| |
kers.....dat hierin bestaan moet, dat de vrijer het meisje een kaars aanbiedt; wanneer deze wordt aangenomen, dan mag het jonge paar alleen opblijven, hetzij, totdat zij opgebrand is, of de plaats heeft bereikt, die de moeder met een speld aangegeven heeft. Het leven der vetkaars wist men te verlengen door er zout op te doen........ Veel hiervan houdt P. Kestell (echter) voor verzonnen.’ (O.K-H.V. bl. 121, voetnoot). En tog is die opsitkersverhaal nie 'n blote legende nie! (vgl. Inleiding, paragrawe 1 en 2).
Onder die boeremense heet die liedjie ‘Swart Jasper’..... 'n tietel wat ons hier behou, al wyk dit af van die wat daar vroeër aan gegee is. (vgl. bo).
Kom vrien-de, ek wil jul hier nou wat ver-tel. Van
Jas-per, hy het so-'n don-ker-bruin vel; Dus word hy ge-
noem: Swart Jas-per daar-bo. Hy ry om te vry toe dwars-
deur die Ka-roo. Daar was in die om-trek so ver as ek
weet, G'n ry-perd soos sy-ne so vu-rig en heet.
| |
| |
2.
‘Sy saal was nou korteliks weer nuut oorgetrek,
Nog heeltemal skoon en ook glad sonder vlek:
Die kleedjie was swart met groen breiding getint:
Met vier grote kwaste gemaak van geel lint.
Al was nou Swart Jasper maar sestien jaar oud,
Tog wil hy gaan vry en dus nog nie getroud.’
3.
‘Maar noudat die winter weer aankom, dog hy:
Dit word vir my tyd om 'n vroutjie te kry.
Ek het al 'n koei en 'n vark na my sin,
Twaalf skape, vier katte, om mee te begin;
Ek moet dus begin om te soek na 'n vrou,
Want so iets kan ek nou al goed onderhou.’
4.
‘Ek sal vir ou Dapper laat opsaal en ry,
En sien van Oom Stoffel vir Jatjie te kry.
Loop, Kiewiet, so gou as jy kan en loop haal
My perd uit die veld uit en sit op die saal,
Maar neem eers 'n bossie en veeg hom goed af,
En gee hom 'n dik voer van hawer en kaf.’
5.
‘Katryn, neem die emmer en loop na die dam,
En vra 'n stuk seep vir jou ma en 'n kam;
Bring somaar meteens ook 'n klein stukkie vet:
'k Wil daarmee my velskoene smeer, as sy het;
Dan moet jy my ook nog 'n skoon sakdoek gee;
Maak gou! en bring al die goed saam met jou mee!’
| |
| |
6.
‘Bring dit na my kamer, maak gou! dit word laat;
Want ek moet nog vèr ry en baie nog praat.’
‘Maar kyk toe Swart Jasper sy kamer uit kom,
Toe staan al die volk en die meide verstom:
So fraai lyk hy in sy swart lakense pak,
Met sakdoek wat effe uithang uit sy sak!’
7.
‘Sy nuwe vaal keil en sy nuwe blou das,
Sy hare gekam en gesig skoon gewas.
Die swartgoed sê almal: “Hoe deftig lyk hy!
Swart Jasper gaan seker nou uit om te vry.”
Hy spring op sy ryperd en sonder te praat,
Vat Dapper die pad wat na Stoffel toe gaat.’
8.
‘'n Klein bietjie deuskant Oom Stoffel se plaas,
Laat Jasper vir Dapper so effentjies blaas;
Klim af toe en trek eers die buikgord goed vas,
En kyk of die kleedjie nog op sy plek was.
En toe met sy dubbel gevlegte karwats,
Klop hy vir ou Dapper net vurig en rats.’
9.
‘En toe hy die werf na Oom Stoffel opry,
Dans Dapper, dan éénkant, dan dié kant se sy;
En Jatjie, as of dit net so moes gebeur,
Die staan toevallig net vlak voor die deur.
Om agtuur die aand raak Oom Stoffel aan d'gaap,
En sê toe: “Wel kinders, ek wil nou gaan slaap”.’
| |
| |
10.
‘“Ek sal hier 'n kers op die tafeltjie laat,
So lang as hy brand, kan jul sit praat.”
'n Rukkie daarna gaan die kers skielik dood,
En Jatjie raak toe gedug in die nood;
Sy was wel verleë, maar glad tog nie kwaad;
Die kans was te mooi om nou soetjies te praat.’
11.
‘Want Jasper die gryp haar meteens by die hand;
Sy arme omvat haar net soos 'n lyfband;
Terwyl sy in stilte hom saggies hoor vra:
“Kom sal ons ons skapies in één klompie ja?”
Sy antwoord: “Dit doen ons nou eendag gerus”,
En segel die woord met 'n hoorbare kus!’
(Teks van ‘Ons Klyntji’, II, bl. 214-215.)
| |
Variante:
1. | I.p.v. vers 1, reëls 1-4:
‘Daar kom eenmaal 'n jonkman deur die Karoo,
Met sy ryperd, met sy ryperd, wil jul my glo;
Daar was nie in die buurt 'n ryperd so mooi,
So vurig as Dapper, as Dapper so rooi.’
|
2. | I.p.v. vers 2:
‘Sy saal was nou kort weer nuut oorgetrek,
So netjies, so glad, sonder enige vlek,
Sy kleedjie was blou met groen breidings gebind,
Vier klossies gebind en dit was van geel lint.
Swart Jasper sê, al is hy maar sestien jaar oud,
“Die winter kom aan, en ek slaap snags so koud!”’
|
| |
| |
3. | I.p.v. vers 3, reëls 1-2:
‘Hy sê, dit was vir hom al lang tyd geblyk,
So soetjies vir hom na 'n vroumens te kyk.’
|
4. | I.p.v. vers 5, reëls 1-2:
‘Hy vra vir Klaartjie 'n stukkie vet om sy velskoen te smeer,
En 'n stukkie seep om sy baard mee te skeer.’
|
5. | I.p.v. vers 6, reëls 3-4:
‘Toe Swart Jasper die oggend die kamer uit kom,
Toe staan al die meide en jongens verstom.’
|
6. | I.p.v. vers 7:
‘Sy nuwe swart jas en sy nuwe blou das,
Sy hare glad gekam en sy gesig skoon gewas,
Hul sê algar: “Ag, hoe deftig lyk hy!
Hy gaan seker uit om vanoggend te vry.”
Sy nuwe vaal hoed en sy nuwe swart pak,
Sy sakdoek hang effentjies buiten sy sak.’
|
7. | I.p.v. vers 8, reëls 1-2:
‘Daar deuskant Oom Stoffel, Oom Stoffel se plaas,
Laat hy vir ou Dapper 'n klein bietjie blaas.’
|
8. | I.p.v. vers 9, reëls 1-2 en 5-6:
‘Toe Swart Jasper daar deur die hawer na Oom Stoffel toe ry,
Toe kyk Dapper na dié kant, na dié kant se sy.’
|
| en
‘Die aand aan tafel begin die ou mense te gaap,
Hul sê: “Nou kinders, nou wil ons gaan slaap”.’
|
| |
| |
9. | I.p.v. vers 10, reëls 1-2:
‘Ons sal op die tafel 'n kersie verlaat,
Solang as dit brand, kan jul sit en praat.’
|
10. | I.p.v. vers 11, reëls 3-6:
“Ja, Jasper! Ja, Jasper! dit kan ons meer doen”,
Daarop hoor ek Swart Jasper, dat hy haar toe soen.
“Vier bokke, twaalf skape: dis net na my sin,
En één koei met 'n kalf is genoeg om te begin!”’
|
|
|