10. ‘Groenlands straatjies’.
Welke Groenland word hier op gesinspeel? of is die naam weer net 'n algemene pleknaam, soos in baie van ons Afrikaanse volksliedjies? (vgl. ons aantekeninge by die ‘Piekniekliedjies’). Dit is opvallend dat, terwyl die liedjie bekend gaan onder die naam ‘Groenlands Straatjies’ in die noordelike deel van die Kaap Provinsie en in die Oranje Vrystaat, die eerste koeplet, waaraan die liedjie sy naam ontleen, op die meeste plekke, veral in die O.V.S., verlore geraak is, sodat die mense daar nie meer weet waarom hul die liedjie so noem nie.
Na die taalvorme beoordeeld, lyk dit na 'n oorspronkelike Hollandse liedjie wat verafrikaans is. Dit vertoon hier en daar 'n Renaissancetrek, en herinner veral aan Hooft se ‘Amaryl,