Afrikaanse volksliedjies. Deel 2. Minneliedjies
(1921)–S.P.E. Boshoff, L.J. du Plessis– Auteursrecht onbekend
[pagina 75]
| |
wat, soos die refreinagtige slotreëls by elke koeplet aantoon, gesing werd as 'n ‘koudleiliedjie’. By die slotreëls van elke koeplet het die danspaartjies, wat mekaar koudlei, klem bygesit aan die sing deur met die voete te stamp of met die hande te klap. Die liedjie was in vroeër jare in die Vrystaat op danspartytjies en by ander geselskapsgeleenthede, soos bruilofte en nuwejaarsvieringe, goed bekend en populêr. Vandaar dat daar allerlei ander koeplette met 'n opsomming van allerlei ander aardse goedere ‘ad infinitum’ gehoor word! Die ‘goud’ en die ‘kristal’ van hierdie liedjie is tiepies vir die middeleeuse ‘ballades’ en ‘romances’. Gee dit miskien iets aan die hand vir die nasporing van die oorsprong van die liedjie? Kom vrien-de, al-le hier in d'rond, Kom hoor eens wat ek hier
verkond van 'n jonkman in ons land, Wat rond-ry van hoek tot kant,
Maar ner-gens kon hy vin-de, Maar ner gens kon hy vin-de,
Maar ner-gens kon hy vin-de, Die hom van hart be-min-de.
| |
[pagina 76]
| |
2.
‘Sy huisie was 'n erdvarkgat,
Sy deurtjie was 'n springbokmat,
Sy venster was 'n bottelglas,
Wat in 'n hoek gemessel was.
Wie het dan so'n huisie? (3 maal.)
Wie hier op dese aard?’
3.
‘Sy ete die was altoos koud,
'n Vet gestoofde paddabout,
Of anders 'n gebraaide slak,
Die smulde hy op sy gemak.
Wie het dan so'n ete? (3 maal.)
Wie hier op dese aard?’
4.
‘Sy perdjie droeg die naam van Fleur,
Hy had dan ook 'n skimmel kleur:
Sy haartjies was so sag en fyn,
As die skoonste perd kon syn.
Wie het dan so'n perdjie? (3 maal.)
Wie hier op dese aard?’
5.
‘Sy stalletjie was ook goed geboud,
Die vloertjie was gelê met goud,
Die krippie was geheel en al
Ook uitgelê met kristal.
Wie het dan so'n stalletjie? (3 maal.)
Wie hier op dese aard?’
(Mondelinge oorlewering). |
|