8. ‘Die wêrelds beloop’.
('n klaaglied).
Van hierdie klaagliedjie, vol van ‘Weltschmerz’, sowel as van die volgende teenoorgestelde liedjie, vol van wêreldvreugde en liefdesgeluk (n.l. No. 9: ‘Hoe vermaaklik is die dae’), getuie ‘Ons Klyntji’ IV, 1899, bl. 221)’: ‘Die twee (eerste) liedjies is oue Hollandse liedere, wat vroeër dae baie gesing werd op bruilofte en in geselskappe’. (Die kursivering is deur ons gemaak, en die spelling veranderd.)
Dit is dus al weer een van die verafrikaanste minneliedjies, maar ons het hier nadere gegewens, want ons word meegedeel dat dit een van die liedjies is wat op bruilofte en geselskappe gesing werd. ....die plekke waar die Afrikaanse minneliedjies gelewe het onder ons volk. (vgl. die Inleiding).
Daar is so iets van 'n refreinmotief in die laaste twee reëltjies van elke versie .....om klem by die klaaglied te sit.