6. ‘Ewig sal ek jou beminne’.
('n Ou minnelied.)
Onder die tietel ‘'n Ou Minnelied’ werd hierdie liedjie in Ons Klyntji’ (III, bl. 192) gepubliseer. Ons teks is die hier genoemde, terwyl die variante deur ons opgeteken werd uit mondelinge oorlewering in die distrik Senekal, O.V.S.
Dit is een van die sentimentele Afrikaanse minneliedjies, waarvan ons in die Inleiding by hierdie liederebundel beweer het, dat hul nie 'n natuurlike vertolking van die Afrikaanse liefdesopvatting is nie, temeer in hierdie geval, daar hierdie