3. ‘Skoon Isabel’.
Hierdie minneliedjie is heeltemal in die trant van die middeleeuse pastorale pastorale poësie van die Renaissancetyd. Nes die voorgaande is dit 'n bietjie lang vir 'n gewone volksliedjie, veral vir 'n Afrikaanse volksliedjie, wat gewoonlik nogal baie kortaf is. Dit is ook waarskynlik, dat van ‘Skoon Isabel’, nes van ‘Die Nonnetjie en die Riddertjie’, slegs enkele versies of koeplette gesing werd as 'n ‘koudleiliedjie’ gedurende die pouse tussen twee danse. (Vgl. Inleiding). Dat dit werklik in Suidafrika bekend was en gesing werd... in elk geval 'n vyftig jaar gelede... daarvan getuie o.a. ‘Ons Klyntji’ (Twede Jaargang, 1897-1898, bl. 114 vgg). Ons teks is die van die ‘Ons Klyntji’ lesing, en daar ons die nie uit 'n mondelinge oorlewering of andersins kon kontroleer nie, is dit natuurlik onbetroubaar (vgl. Inleiding, paragraaf 1). So kon ons b.v. ook nie die wysie van hierdie liedjie kry nie.
Die taalvorme vertoon nog 'n tussending tussen Hollands en Afrikaans, en die liedjie is dan ook seker, wat sy oorlewering in Suidafrika betref, van Hollandse oorsprong, en ewemin as die vorige is dit tiepies vir die Afrikaanse liefdesopvatting. Maar die moraliserende slotvers is tiepies Hollands-Afrikaans!
(Wysie ons onbekend).
1.
‘Skoon Isabel, hoor na my droewig klae,
Ontvang my trou in so 'n korte stond.
Jou hart en siel die staan in my behae,
Jou liewe lippies en jou rooie mond.
Wat ek voel aan my hart.’