A. Afrikaanse volksliedere wat berus op ou Hollandse liedere.
1. ‘Jagters minnelied’.
Hierdie allegoriese ‘Jagters Minnelied’ is een van die populêrste en onder die boeremense bes bekende ‘koudleiliedjies’ (vgl. Inleiding). Die frisse allegorie word egter nie die hele liedjie deur volgehou nie.
Hierdie minnelied herinner ons aan die erotiese liriek van die Renaissance, en na die half-argaïstiese taalvorme beoordeeld, is dit seker van Hollandse oorsprong, maar dit is sterk verafrikaans deur die sing en die gedurig oorskrywe in ‘liedjiesboekies’ (vgl. ‘Ons Klyntji’ t.a.p. Inleiding).
Daar lewe vandag nog in ons land baie ou mense wat hierdie minneliedjie in hul jeug nog dikwels gedurende die pouses op danspartytjies gesing het, of op die weg daarheen of daarvandaan. Uit die mond van sulke landgenote kon ons nog die teks opteken, behalwe dat dit elders te vinde is. (vgl. ‘Ons Klyntji’, Twede Jaargang, Maart 1897-Februarie 1898 bl. 115 en Derde Jaargang, Maart-Desember, 1898, bl. 46.)
Die eerste versie wat ons tussen hakies geplaas het, kom in