3. Die huwelik en die bruilof.
Die huwelik is vir ons alleen van belang in sovèr dit die doel was van die liefde en die vryery (vgl. paragraaf 1), en veral in sovèr dit as 'n feestelike gebeurtenis die manier waarop die Afrikaner sy vreugde uit, openbaar, die dinge wat hy gebruik as sierade om die bruilof mee op te luister, dinge wat ons terugvind in die minneliedjies, en ten slotte in sovèr die bruilof na afloop van die huwelik die geleentheid bied vir sang, dans en spel.
'n Ruiterskaar begelei die bruidspaar na die kerk. Vóórop gaan 'n perderuiter, gewoonlik met 'n vlag, in die gewese republieke in die reël die Vierkleur. Sierlike ‘kaapse draaie’ voer hy uit met die stoet agter hom aan. Die glorie van die huwelik werd dikwels gemeet na die sierlikheid van die draaie en die getal van die ruiters. Na die kerkseremonie vind die feesmaaltyd plaas, opgeluister deur sang en musiek, en daarna volg gewoonlik allerlei speletjies en die dans. Die feestafel, borde, messe, vurke, stoele, ens. is, nes die perde en die rytuie vroeër in die dag, oordek met bont linte en strikke en papierblomme in die skerpste kleure, soos. rooi, groen, blou en oranje. Ons sien hier weer hoe prominent die ryperd is en hoe hoog 'n bonte kleuremengeling gewaardeer word, nes in die minneliedjies, wat dikwels ook by die bruilof gesing word. (vgl. b.v. A, 8 en B, 23). Schonken skryf: ‘Na de