nag by die flou kersliggie mekaar nie altyd op 'n passelike manier vermaak het nie. (vgl. B, 24, bo aangehaald).
Baie stories word vertel van die vetkers, die ‘opsitkers’, van planne om sy lewe te verleng enersyds, en andersyds om sy lig te verminder. Hoeveel daarvan waar is, kan moeilik uitgemaak word. (vgl. Schonken: ‘O.K.-H.V.’ bl. 121, noot).
Die oorsaak van die degenerasie van die Afrikaanse opsitgewoonte moet waarskynlik gesoek word in die laksheid van baie ouers. Waar vroeër alleen wedersydse liefde die reg daartoe gegee het en die slaaptyd deur die ouers bepaal werd, is later aan enige jongkêrel dikwels toegelaat om op te sit met die dogter vir enige tyd. Hoe dit ook al mag wees, seker is dit dat die omgang tussen jongmense van verskillende geslag in die ‘ou’ tyd baie kuiser was as in ons tyd. (vgl. Schonken: ‘O.K.-H.V.’ bl. 37).
Altyd egter het die liefdesverhouding tussen die kêrel en die nooi oorvloedig stof gebied vir humoristiese kommentaar, waarvan ons minneliedjies ook volop getuienis aflê. (vgl. A, 11; B, 20; B, 22; B, 24; C, 29; C, 30; C, 32; C, 33; C, 39; D, 49 en D, 60, ens.). Dit neem darem nie weg nie dat die opvatting van die huwelik by die Afrikaner in die verlede altyd ernstig was. Die ouers het die erns daarvan altyd aan die kinders voorgehou en ook die volksmond het dit (taamlik lughartig) geformuleer in die spreekwoord: ‘Trou is nie perde-koop nie!’ En een van ons meer ernstige minneliedjies eindig met die moraliserenddidaktiese slotwoorde:-
Skei die mens nie van mekaar.’ (A, 3).